document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,230 | Jy kan kies om die rente wat jy verdien teen dieselfde koers te herbelê en daardeur seker te maak dat jou kapitaal groei. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,231 | Jy mag nie die RSA Kleinhandel-effekte as kollateraal vir enige lening gebruik nie, wat verseker dat jou belegging veilig is. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,232 | Jy kan nie die RSA Kleinhandel-effekte in die mark verkoop nie, wat verseker dat jy nie aan markrisiko's blootgestel word nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,233 | As jy kies om jou rente te herbelê, is daar geen herbeleggingsrisiko nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,234 | Jy kan RSA Kleinhandel-effekte elektronies op die RSA Kleinhandel-effekte-webblad koop, of direk van die Nasionale Tesourie, of by enige tak van die Poskantoor, wat dit maklik maak om te belê. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,235 | Rente en kapitaal word direk op die rentebetalingsdatum in jou bankrekening inbetaal, wat verseker dat daar geen vertragings is nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,236 | Die RSA Kleinhandel-effekte is spesifiek ontwerp om jou te help om beheer oor jou beleggingsbesluite te neem. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,237 | As jy kontant dringend nodig het, kan jy na 12 maande 'n vroeë onttrekking maak, maar jy sal moet inboet as daar minder as R1 000 in die rekening oorbly. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,238 | Jy kan een of meer begunstigdes vir jou RSA Kleinhandel-effekte Portefeulje benoem. Dit beteken as jy sou sterf, sal jou RSA Kleinhandel-effekte nie in die administrasie van die boedel vasgevang wees nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,239 | As jy nie 'n begunstgide benoem nie, sal die Kleinhandel-effekte deel van jou boedel vorm. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,240 | Of jy 'n begunstigde benoem of nie, sal die Effekte in ag geneem word wanneer die boedelbelasting bereken word. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,241 | Daar is geen koste, kommissie of heffings wanneer jy in RSA Kleinhandel-effekte belê nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,242 | Ouer as 18 wees. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,243 | n Bankrekening by 'n bank in Suid-Afrika hê. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,244 | n Minimum van R1 000 en 'n maksimum van R1-miljoen belê. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,245 | Wanneer jy belê, sal 'n rentekoers kwoteer word wat vir die beleggingstydperk wat jy kies, vas sal wees. Jy kan kies om vir 'n tydperk van twee, drie of vyf jaar te belê. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,246 | Die rentekoers vir nuwe beleggings word elke maand bepaal en op die RSA Kleinhandel-effekte-webbladadverteer. Die koers wat van toepassing is wanneer jy die belegging maak, geld vir die hele beleggingstydperk. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,247 | Rente word elke ses maande, op 31 Maart en 30 September, direk in jou bankrekening inbetaal. Jy kan kies of jy die rente by jou belegging wil voeg (oftewel wil herbelê). |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,248 | die Effekte as kollateraal vir 'n lening gebruik nie die Effekte op die mark verkoop nie. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,249 | jou ID-nommer jou bankrekeningbesonderhede die voltooide aansoekvorm betaling. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,250 | een van jou ouers se handtekening op die aansoekvorm jou huweliksertifikaat n bewys dat meerderjarigheidstatus aan jou toegestaan is kragtens die Wet op die Ouderdom van Meerderjarigheid van 1972. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,251 | Jy kan ook die webtuiste verken of by jou plaaslike poskantoor nog inligting kry. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,252 | Die webtuiste bevat besonderhede oor die lening, sowel as die heersende rentekoerse. Daar is ook 'n aanlynrekenaar om jou te help uitwerk wat die waarde van jou belegging aan die einde van die beleggingstydperk sal wees. |
1,729 | GOV-ZA.595.services.7299.76210.2010-03-24.af.txt | 25,253 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,730 | GOV-ZA.5950.2010-03-24.af.txt | 25,255 | bystand met die ontwikkeling van bewustheids- en bevorderingsveldtogte vir programme en ander Gesondheidsdirektorate, en die skryf van toesprake en die reël van taaldienste vir die departementshoof en die Minister. |
1,730 | GOV-ZA.5950.2010-03-24.af.txt | 25,256 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,258 | Die Wes-Kaapse Minister van Toerisme en Dobbelary, Joyce Witbooi, het vanaand erkenning gegee aan vroue in hierdie provinsie wat oor die jare nie openbare erkenning gekry het vir hul toewyding tot toerisme nie, maar op hul eie stil manier betekenisvol tot toerisme ontwikkeling bygedra het. |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,259 | Gerig om 'n jaarlikse geleentheid te word, is die geleentheid gehou in die Bo-Kaap, by "Marco's African Place" met bekende radio persoonlikheid Shado Twala as seremoniemeester en twee vroue orkeste wat opgetree het, - die "Women Unite Marimba Band" en "Madame Afrique". |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,260 | In haar toespraak aan meer as 300 gaste, het Minister Witbooi, twaalf vroue vereer, waarvan die een 'n nadoodse toekenning was. Minister Witbooi het beklemtoon dat sy nie wenners aankondig nie. "Dis nie oor die beste nie. Dit gaan oor erkenning aan onbekende vroue vir hul bydrae tot toerisme en werkskepping." |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,261 | In haar toespraak het Minister Witbooi gesê "Ons vereer vroue wat oor die jare nie openbare erkenning vir hul toewyding tot die toerisme saak gekry het nie, maar wat op hul eie stil manier betekenisvol bygedra het tot die ontwikkeling van toerisme - nie tot hul eie voordeel of dié van hul besighede nie, maar tot die voordeel van die mense om hulle en van die groter gemeenskap." |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,262 | Hierdie vroue speel dikwels minder glansryke rolle, daar waar die media hulle gewoonlik nie raaksien nie, in 'n bedryf wat 'n breë spektrum dek - ontwikkeling, bemarking, entrepreneurskap. Die twaalf vroue is van alle vlakke van die samelewing en deur hulle individuele werk, staan hulle uit in wat hulle bereik het. |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,263 | Vanaand gaan oor die erkenning van daardie werk, wat dikwels ongenoem verbygaan. Hulle het nie 'n media profiel nie. Hulle is meer betrokke by aksie en impak, eerder as uitdagings en suksesse. |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,264 | Die twaalf vroue dien as 'n inspirasie vir alle vroue in die Wes-Kaap, van die landelike gebiede tot die stad - hulle wys dat toerisme werk en goed werk. |
1,731 | GOV-ZA.59554.2010-03-24.af.txt | 25,265 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,267 | Om te sê almal moet toegang hê tot die kunste, is 'n ware uitdaging vir ons as regering. Om seker te maak, end-uit, dat almal in Suid-Afrika, en veral in die Wes-Kaap, kan deel in die vreugdes en opbou van die kunste, is deel van hierdie uitdaging. Om te sorg dat die vroutjie wat moeilik loop van die ouderdom, die familie met die min geld in die sak, en die gestremde kind en sy vriende, uiteindelik op 'n sitplek in die teatergehoor kan gaan sit en die wynrooi fluweelgordyne sien oopgaan, is die konkrete uitvoer van hierdie eerbare onderneming. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,268 | Tien jaar gelede het die regering en mense van Suid-Afrika gelyke toegang - tot regeringsdienste én die kunste - amptelik begin vooropstel. Ons vier vanjaar tien jaar van demokrasie, en oor hierdie dekade is reeds baie gedoen om die mense van die Wes-Kaap en die land toegang te gee tot basiese dienste en ontwikkelings- en groeimoontlikhede. Ons NNP/ANC-koalisieregering weet dat daar nog baie gedoen moet word oor die volgende tien jaar om voort te bou op hierdie suksesse, veral in gemeenskappe waar voortdurende menswaardigheid nog gevestig moet word. Die Wes-Kaapse Regering is veral trots op dit wat in die kunste bereik is. As 'n mens kyk na die verskeidenheid kuns- en kultuurfeeste wat ontpop het en bly gedy, is dit duidelik dat van praat daad gekom het. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,269 | n Mens wil dan vanjaar juis dié mense wat die meesterbreine agter kunstefeeste is en was, die ywerige voete en hande wat die uitvoerwerk doen, die instellings wat finansieel sorg dat die feeste realiteit word, die kunstenaars wat unieke kleur daaraan verleen en die media wat die boodskap deurgaans verder dra, salueer. Dit is dié mense en instellings wat - in vennootskap met die regering - sorg dat die konsep van toegang tot die kunste 'n werklikheid vir die mense van die Wes-Kaap en die land word. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,270 | Die Wes-Kaapse Regering is geëerd om te kan deel wees van 'n projek wat eerbare verbintenisse in ware belewenisse vir ons mense omskep. Ons is trots om betrokke te wees by die Suidoosterfees en vanaand 'n tjek van R500 000 aan die organiseerders te kan oorhandig. Ons het verlede jaar gesê dat ons die Suidoosterfees as 'n Afrikaanse kunstefees met 'n unieke Kaapse identiteit vir die volgende drie jaar gaan ondersteun en ons staan by ons belofte. Dit is vir ons meer as bloot 'n eerbare verbintenis - dit is 'n belegging in die groei- en ontwikkelingspotensiaal van ons kunste, ons mense en ons provinsie. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,271 | Die Suidoosterfees is by uitstek 'n voorbeeld van 'n kunstefees wat hom op gemeenskapsbetrokkenheid en -ontwikkeling toespits. Vanjaar sit die feesorganiseerders sy tradisie van ontwikkelingsprojekte voort met die Olifantsrivierprojek wat saam met die Vredendal Kunste-ontwikkelingsforum aangebied word. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,272 | Die Suidoosterfees neem ontwikkeling, en veral jeugontwikkeling, selfs verder met sy vlagskipproduksie, Poppie - die drama, wat tot drama verwerk uit is Die Swerfjare van Poppie Nongena. Die prysenswaardige inisiatief om seshonderd gratis eksemplare van Poppie - die drama in samewerking met Tafelberg-uitgewers aan skole in die Skiereiland uit te deel as deel van 'n spesiale projek om dié drama as voorgeskrewe boek in die klaskamer te laat herleef en 'n liefde vir drama as voorgeskrewe boek op skoolvlak aan te kweek, dra by tot die ontwikkeling en verryking van ons kinders in die Wes-Kaap. Dit sluit aan by die Wes-Kaapse Regering se strewe om wêreldklas-onderwys vir ons leerlinge te verseker. Die verdere inisiatief om die leerlinge wat die gratis eksemplare ontvang het, saam met ander leerlinge uit te nooi na drie spesiale gratis opvoerings van Poppie - die drama oor die dae voor die Suidoosterfees, is nog 'n voorbeeld van hoe om die kunste lewend te maak en toegang tot die kunste 'n werklikheid te maak. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,273 | Dit is met projekte soos dié, en wanneer 1200 toeskouers op 24 September in die Skiereilandse Technikon se Sportsaal kan kom sit vir die Distell Middaguurkonsert en hulle gratis kan inleef in die ongelooflike klanke van die Kaapse Filharmoniese Orkes, dat toegang tot die kunste lewe kry. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,274 | Verlede week het die Wes-Kaapse Regering ons provinsiale vieringe van tien jaar van vryheid amptelik bekendgestel. Ons sal vanjaar dít wat ons tot dusver saam bereik het, vier deur gebeurtenisse soos die Suidoosterfees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Noordsee Jazzfees - geleenthede waarby al ons gemeenskappe betrek word. Daardeur illustreer ons dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal is. |
1,732 | GOV-ZA.59647.2010-03-24.af.txt | 25,275 | Twintig jongmense van die Vredendal-omgewing met hope potensiaal en verbasende speeltalent gaan opgelei word om 'n volwaardige produksie te kan lewer wat twee keer by die Suidoosterfees opgevoer sal word. Verlede jaar het die fees-organiseerders dieselfde ding gedoen met 'n groep geesdriftige jongmense uit Hawston wat Perlemoen my Ghoen - 'n perlemoenstorie opgevoer het. Soos die regisseur van albei hierdie stukke, Anthony Wilson, sê: die projek leer mense dat drama ook storievertel op die verhoog is; dit gee mense kans om hul eie stuk geskiedenis op die verhoog uit te kap. |
1,733 | GOV-ZA.5972.2010-03-02.af.txt | 25,277 | Ons grootste aanspraak op roem is waarskynlik dat dit die hospitaal is waar die eerste hartoorplanting in 1967 gedoen is. Besoek die GSH-museum om te sien hoe medisyne oor die jare verander het. |
1,733 | GOV-ZA.5972.2010-03-02.af.txt | 25,278 | Maar daar is baie gevierde werk wat gedoen word deur die hospitaal se talle departemente en meer as 3663 toegewyde personeel wat meer as 560 000 verwysings en binnepasiënt-toelatings per jaar versorg. |
1,733 | GOV-ZA.5972.2010-03-02.af.txt | 25,279 | Talle van die gevalle is ingewikkeld en dit is een van die redes waarom GSH 'n uitstekende opleidings-, sowel as helende instelling is. Vind meer oor die hospitaal se statistieke hier uit. |
1,733 | GOV-ZA.5972.2010-03-02.af.txt | 25,280 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,282 | In 1956 is die hospitaal se deure geopen as 'n toegewyde en hoogs-gespesialiseerde kindergesondheidsorggerief. Dit is 'n lewende eerbewys aan die soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog gesneuwel het. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,283 | Uit al nege provinsies en uit alle dele van Afrika word kinders na die hospitaal verwys vir omvattende gespesialiseerde pediatriese dienste. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,284 | Dit is 'n verwysingshospitaal - pasiënte word deur klinieke ne kleiner hospitale verwys - voordat hulle in die tersiêre inrigting opgeneem word. Die hospitaal is aktief in pediatriese uitreik- en steunprogramme oor die hele Suid-Afrika. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,285 | Dit is 'n sentrum van uitnemendheid vir die opleiding van alle kategorië van kindergesondheidslui. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,286 | Die Rooikruis Oorlogsgedenk-kinderhospitaal word beskou as Suid-Afrika se voorste sentrum vir nagraadse spesialis-pediatriese mediese en sjirurgiese opleiding. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,287 | Die Hospitaal het 'n personeel van 1100, wat wissel van akademici, dokters en verpleegpersoneel tot beroepe wat verband hou met medisyne, klerikale en nie-professionele personeel. Plaaslike voor- en nagraadse studente uit alle dele van die wêreld word opgelei en doen ondervinding in die sale en klinieke op. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,288 | Die hospitaal het akademiese bande met die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Kinder- en Adolessente Gesondheid, die Universiteit van die Wes-Kaap se Tandheelkundige Skool en die Universiteit van Stellenbosch. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,289 | Die Rooikruis Kinderhospitaal vier in 2006 sy 50ste bestaansjaar! Hou dié blad dop vir nuus oor hoe dit gevier gaan word. |
1,734 | GOV-ZA.5981.2010-03-24.af.txt | 25,290 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,735 | GOV-ZA.5981.services.11498.11498.2010-03-24.af.txt | 25,292 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,735 | GOV-ZA.5981.services.11498.11498.2010-03-24.af.txt | 25,293 | As u baba, kleuter of kind 'n middel enigiets van 'n skoonmaakmiddel tot 'n plant of medikasie, ens. |
1,735 | GOV-ZA.5981.services.11498.11498.2010-03-24.af.txt | 25,294 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,735 | GOV-ZA.5981.services.11498.11498.2010-03-24.af.txt | 25,295 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,736 | GOV-ZA.5987.2010-03-24.af.txt | 25,297 | Hierdie Hoofdirektoraat streef daarna om die Tygerberg Tandheelkundige/Akademiese Kompleks doeltreffend en doelmatig te bestuur. |
1,736 | GOV-ZA.5987.2010-03-24.af.txt | 25,298 | die bestuur van gehaltesorgprogramme en regs- mediese dienste, en die lewering van ingenieursdienste. |
1,736 | GOV-ZA.5987.2010-03-24.af.txt | 25,299 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,737 | GOV-ZA.5993.2010-03-24.af.txt | 25,301 | Hierdie Hoofdirektoraat se rol is om die lewering van geestes-, streek- en gespesialiseerde gesondheidsorgdienste te koördineer. |
1,737 | GOV-ZA.5993.2010-03-24.af.txt | 25,302 | om 'n doeltreffende en omvattende Vlak 2-gesondheidsorgdiens binne die Departement van Gesondheid te verseker, en om doeltreffende en omvattende lewering van gespesialiseerde hospitaaldienste te verseker. |
1,737 | GOV-ZA.5993.2010-03-24.af.txt | 25,303 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,738 | GOV-ZA.5993.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt | 25,305 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,738 | GOV-ZA.5993.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt | 25,306 | Geestesgesondheidsdienste vir binne- en buitepasiënte is beskikbaar vir kinders en volwassenes gedurende tydperke wanneer hul behoefte aan geestesgesondheidsorg meer intensiewe en omvattende sorg vereis as wat op die primêre vlak van sorg beskikbaar is. |
1,738 | GOV-ZA.5993.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt | 25,307 | Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primêre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels. |
1,738 | GOV-ZA.5993.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt | 25,308 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,310 | Wie onthou nog die verskriklike vrese vir die millennium-gogga op pad na 2000 Gelukkig was al die vrese onge-grond en het die wêreld se rekenaars nie in duie gestort nie. Dus kon skrywers ook volspoed voortgaan om boeke op hulle rekenaars uit te hamer. Gekyk na die groot oes Afrikaanse boeke wat in die nuwe millennium verskyn het, is dit duidelik dat dit eerder die skrywersgogga as die millen-niumgogga is wat gebyt het? |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,311 | Daar het inderwaarheid so 'n magdom boeke in Afrikaans verskyn die afgelope sewe jaar dat hierdie artikel nie alle genres kan omvat nie. Die baie gewilde genre van ontspan-ningsleesstof, insluitend die talle vertalings wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het, kom nie hier aan die beurt nie. So ook nie die vele baie interessante nie-.ksie en kinder- en jeugboeke nie. Die fokus hier is op literêre Afrikaanse boeke, met insluiting van sommige van die boeke uit die 'grys gebied' tussen literêre en ontspanningsleesstof. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,312 | Hierdie artikel is 'n poging om tendense van die afgelope paar jaar uit te lig. Aan die einde is daar 'n lys van al die boeke waarna verwys is, asook enkele ander van belang wat sedert 2000 verskyn het. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,313 | Wie het gedebuteer? |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,314 | Van Staden ontvang verskeie pryse en haar bundel word as volg beskryf: 'Watervlerk is die belangrikste en belowend-ste debuut op die gebied van die poësie van die afgelope dekade en meer.' (Kannemeyer). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,315 | Die eerste vier opvallende temas in die Afrikaanse literatuur van die nuwe millennium kan seker losweg in verband gebring word met die feit dat dit die era na die Mandela-wittebroodsjare van die Nuwe Suid-Afrika verteenwoordig, maar ook dat dit nog maar omtrent 'n dekade sedert die einde van die apartheidsera is. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,316 | Die temas ter sprake is die geskiedenis, die huidige Nuwe Suid-Afrika, toekomsvisies en Suid-Afrikaners in die buiteland: Agaat (Van Niekerk); Kroes (Stamatelos); 'n Stringetjie blou krale (Dido); Uit die binneland (Snyman); Die uitgespoe-ldes (Matthee); Vaselinetjie (Von Meck); Vyfmylpaal (Opperman), en andere, het almal tot 'n mindere of meerdere mate die apartheidsera as tema of agter-grond. Die dramatiese verandering in Suid-Afrika word uitstekend weerspieël in die publikasiegeskiedenis van Kroes. Die manuskrip is reeds twintig jaar gelede voltooi, maar in daardie apartheidstydgees het geen uit-gewer kans gesien om dit te publiseer nie. Ander boeke met 'n historiese inslag is Eilande (Sleigh) en Pieternella van die Kaap (Matthee), wat beide in die vroeë Kaap af-speel en boonop sommige historiese karakters deel; Bid-sprinkaan (Brink) wat vroeë Khoi en San gegewens en mites hanteer; Niggie (Winterbach) wat in die Anglo-Bo-ereoorlog afspeel; Die swye van Mario Salviati (van Heer-den) wat deels afspeel in die tydperk van die Tweede Wêreldoorlog met die Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika; en Slagoffers (Van Zyl) wat in die Angola van die 1980's afspeel, maar anders as die grensoorlog-genre wat in die 80's ontstaan het, het ons hier 'n vrou-like verslaggewer se perspektief. Laastens is daar ook 'n drietal wat met historiese Namibiese karakters en gege-wens werk, naamlik Anderkant die stilte (Brink); Jacoba Afrikaner (Maartens); en Jonker Afrikaner (Kotze). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,317 | Min hoop en baie donkerte word voorspel in die onheilspellende toekomsvisies: Horrelpoot (Venter); Mis-kruier (Botha); en Raka - die roman (Kombuis). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,318 | Suid-Afrikaners in die buiteland kom aan die beurt in: Bestemmings (Van der Vyver); Die hart van ons huis (Van der Vyver); Horrelpoot (Venter); In die buitenste ruimte (Marais); Moltrein (Roodt); Stiltetyd (Van der Vyver); en Trips (De Waal). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,319 | Boeke wat handel oor aftakeling, afskeid, verlies of die dood: Die aandag van jou oë (Müller); Agaat (Van Niekerk); Niggie (Winterbach); Stiltetyd en Vergenoeg (beide Van der Vyver); en Verweerskrif (Krog). 'n Mens sou hierby kon voeg, Dis ek, Anna (Lötter), wat handel oor emosionele en sielkundige af-takeling en verlies weens kindermolestering. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,320 | In die spanning-speurroman genres is hier 'n goeie vonds van 'n handvol boeke wat uitstyg bo die blote vlak van onts-panningsleesstof: Twee boeke wat beskryf sou kon word as 'intellektuele spanningsromans' is Akwarium (Van Rooyen) en Equatoria (Dreyer). Terloops, beide Equatoria en Venter se Horrelpoot voer intertekstuele gesprekke met Joseph Conrad se klassieke In the heart of darkness. Dit is egter in die genre van die speurroman waar Deon Meyer werklik homself telkens oortref. Met Orion, Proteus en Infanta 'stoot (hy) die peil van die Afrikaanse speurroman op tot 'n voorheen ongekende peil en behaal hy...deur die vertalings in Engels internasionale bekendheid.' (Kannemeyer). Francois Bloemhof se Spinnerak verdien vermelding omdat hy daarin die eerste vrouespeurder aan Afrikaans gee. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,321 | n Verdere handvol wyd uiteenlopende boeke, geskryf vanuit 'n kinder/tienerperspektief het om verskillende redes aandag ge-trek: Fanie Viljoen se debuut, Breinbliksem: tienerverkragting en -moord sonder om in die strik van moralisering te trap. Die jeugdige Jackie Nagtegaal met haar Daar's vis in die punch, geskryf in 'n 'Engfrikaanse tussentaal' (Kannemeyer). Francios Bloemhof se Nie vir kinders nie: manlike tienerprostitusie. Jan van Tonder se Roepman: perspektief van 'n dertienjarige seun in die 1960's. Anoescha von Meck se Vaselinetjie: pleegsorg, die lewe in 'n kinderhuis en die ewige Suid-Afrikaanse rassever-houdinge. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,322 | Die meerderheid van die boeke wat met humor speel, is re-delik aan die donker kant van die humorspektrum: 'n Pawpaw vir my darling (Goosen); Raka - die roman (Kombuis); Satan ter sprake (Walters); Seks & drugs & boeremusiek (Kombuis); en Stinkafrikaners (Dreyer). Ligter humor is wel te vind in die puik situasie- en karakterbeskrywings in Die hart van ons huis (Van der Vyver) en Uit die binneland (Snyman). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,323 | Kortverhale en essays word verteenwoordig deur: Afrikaans my darling (Kombuis); Bestemmings (Van der Vyver); Bly te kenne (Aucamp); Broodsonde (Botes); Die die-per dors (Kombuis); Die hart van ons huis (Van der Vyver); In die vroegte (Aucamp); My mam-ma is 'n taal (Kombuis); Nawelstring (Botes); Ook skaduwees laat spore (Aucamp); Skuins-lig (Aucamp); Die stilte na die boek (Van Heerden); en Uit die binneland (Snyman). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,324 | Dun ys voorwaar, maar, ter afsluiting is dit die moeite werd om dit te waag. Om net sewe werklik uitstaande boeke uit te sonder uit die afge-lope sewe jaar se oes. My lys bevat vyf romans, een digbundel en een dramabundel. In alfabetiese volgorde, soos dit 'n bibliotekaris betaam, is hulle: Andre P Brink se Bidsprinkaan, 'Ongetwyfeld 'n hoogtepunt in Brink se oevre.' (Kalahari.net); Koos Kombuis se Raka - die roman, 'In 'n skerp satire met baie donker ondertone beeld Kom-buis die verval van die Afrikaanse samelewing uit.' (Kalahari.net); Deon Opperman se Vyfmyl-paal, 'een van die indrukwekkendste prestasies van die Afrikaanse dramaliteratuur in die laaste twee dekades' (Kannemeyer); Henning Pie-terse se Die burg van Hertog Bloubaard, 'een van die belangrikste Afrikaanse digbundels van die afgelope tyd.' (Kannemeyer); Dan Sleigh se Eilande, 'een van die indrukwekkendste Af-rikaanse romans.' (Kannemeyer); Ettienne van Heer-den se Die swye van Mario Salviati, 'een van die belangrikste romans in die hedendaagse Afrikaanse literatuur' (Kannemeyer); Marlene van Niekerk se Agaat, ''n magtige greep op 'n hele stuk lewe van twee individue én 'n hele fase in die geskiedenis van die Afrikaners' (Kannemeyer). |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,325 | Mag die gevolg van al hierdie skrywersgoggas wat gebyt het, wees dat die boekwurms nou met mag en mening in hierdie boeke invaar. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,326 | Opperman, Deon. Vyfmylpaal.- Protea Boekhuis, 2004. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,327 | Dönges, Sarina. In die tyd van uile.- Protea Boekhuis, 2004. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,328 | Pieterse, Henning. Die burg van hertog Bloubaard.- Tafelberg, 2000. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,329 | Walters, MM. Satan ter sprake.- Protea Boekhuis, 2004. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,330 | Lötter, Elbie. Dis ek, Anna.- Tafelberg, 2004. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,331 | Kombuis, Koos. Die dieper dors. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,332 | Kombuis, Koos. My mamma is 'n taal.- Human, 2001. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,333 | Van der Vyver, Marita. Die hart van ons huis.- Tafelberg, 2004. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,334 | Van Rooyen, P. Die brandende man.- Protea Boekhuis, 2002. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,335 | Van Rooyen, P. Gif.- Protea Boekhuis, 2001. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,336 | Van Zyl, Dine. Slagoffers.- Tafelberg, 2001. |
1,739 | GOV-ZA.5_vol50_no6_13.2010-03-25.af.txt | 25,337 | Von Meck, Anoeschka. Vaselinetjie.- Tafelberg, 2004. |
1,740 | GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt | 25,339 | Beskrywing van Beplande Maatreëls t.o.v. Gehalteverbetering 13 n Volhoubare 'Tuiste vir Almal', nou en vir altyd. |
1,740 | GOV-ZA.5yr_srtat05.2010-03-25.af.txt | 25,340 | Om menslike welsyn te koester deur regverdige toegang tot natuurlike hulpbronne te bevorder, ekonomiese ontwikkeling te fasiliteer, die ruimtelike verlede te herstel en omgewings-integriteit te verseker, ten einde volhoubare ontwikkeling in die Wes-Kaap te bewerkstellig. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.