document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,671 | GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt | 24,472 | Die Reedstraat-kliniek in Bellville, Kaapstad, is spesifiek toegewy aan mense met beroepsgesondheidsprobleme. Dit is een dag per week oop en jy moet 'n afspraak maak. |
1,671 | GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt | 24,473 | Dit is noodsaaklik dat jy vir die verpleegkundige moet sê waaraan jy in jou huidige en vorige werkplekke blootgestel is. Dit kan insluit: geraas, stof, asbes, gas, dampe en vibrerende masjinerie, sowel as abnormale stres. |
1,671 | GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt | 24,474 | Na gelang van die ingewikkeldheid van die siekte of besering, kan jy verwys word na Groote Schuur Hospitaal se kliniek vir beroepsgesondheid en beroepsiektes. Werknemers kan ook verwys word na die Groote Schuur se werksrehabilitasie- en assesseringsentrum waar hulle geassesseer en gerehabiliteer sal word tot die punt waar hulle in staat sal wees om terug te keer werk toe. Indien nie, sal 'n span professionele gesondheidswerkers, met inbegrip van fisioterapeute en arbeidsterapeute, aanbeveel dat die kliënt herontplooi word of weens ongesteldheid afgekeur word vir werk. |
1,671 | GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt | 24,475 | Die werkgewer en die professionele gesondheidswerker wat jou behandel, moet ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, Wet 130 van 1993, vorms invul. Daar is 28 kategorieë beroepsiektes wat deur die Vergoedingskommissaris erken word. Indien jy die gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID-boekie, 'n verwysingsbrief (indien verlang) en enige medisyne wat jy neem, saam. As jy na 'n hospitaal verwys word, sal jy gevra word om jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te toon. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het. |
1,671 | GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt | 24,476 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,478 | Die staat verskaf tand- en mondheelkundige dienste aan die publiek wat daarop gemik is om mondgesondheid te bevorder, tandbederf te voorkom en enige ander probleme te behandel. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,479 | Watter tandheelkundige dienste word aangebied? |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,480 | Wie ontvang gesubsidieerde tandheelkundige dienste? |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,481 | Op die mees basiese vlak van gesondheidsorg (primêregesondheidklinieke) kan drie fasette van die tandheelkundige gesondheidsdiens / mondgesondheidsdiens onderskei word: bevordering, voorkoming en behandeling. In sommige gebiede in die provinsie (bv. Mosselbaai) word een basiese diens by die plaaslike hospitaal aangebied. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,482 | Op kliniekvlak bevorder gesondheidswerkers mondgesondheid deur mense op te voed oor hoe om hulle monde, tandvleis en tande gesond te hou, en deur mense te wys hoe om tandbederf en ander probleme rakende mondhigiëne te voorkom. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,483 | Die basiese behandelingsdienste wat beskikbaar is, is mondondersoeke, X-straalondersoeke, skraap en poleer van tande om plaak te verwyder en tandvleissiektes te voorkom, vulsels en noodverligting van pyn en ontsteking, waarby tandekstraksie ingesluit word. Krone en brûe is soms beskikbaar, maar geniet lae prioriteit. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,484 | n Pasiënt kan by 'n kliniek vir ernstige tandvleissiekte (periodontitis) behandel word. Indien daar egter mondpatologie is - letsels of sere in die sagte mondweefsel wat dikwels deur oormatige rook, drankgebruik of deur MIV-infeksie veroorsaak word - en daar 'n risiko vir kanker bestaan, sal die pasiënt na 'n tersiêre hospitaal verwys word. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,485 | Mense wat MIV-positief is en dié wat vigs het, ly dikwels aan orale sproei, of mondsproei. Dit is oop sere en letsels in die mond. Diflucan, 'n middel vir die behandeling van orale sproei, is gratis by primêregesondheidsorgklinieke beskikbaar. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,486 | Pasiënte kan by 'n primêregesondheidkliniek plaaslike verdowing vir die behandeling van tandheelkundige en mondprobleme ontvang. Indien algemene narkose benodig word, sal die tandarts die pasiënt by die plaaslike hospitaal op die teaterlys plaas en die prosedure by die hospitaal uitvoer. Die Hoopstraatkliniek in Kaapstad is die enigste kliniek waar algemene narkose beskikbaar is. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,487 | Frakture van die bokaak (dikwels as gevolg van huishoudelike geweld of motorongelukke) word na sekondêre of tersiêre hospitale verwys. Eenvoudige onderkaakfrakture kan by die primêregesondheidfasiliteit gehanteer word. Ingewikkelder gevalle sal na die sekondêre of tersiêre hospitale verwys word. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,488 | Die Provinsiale Regering subsidieer 'n tandheelkundige diens vir armlastige volwassenes, diegene wat ouderdomspensioene ontvang en diegene wat geïnstitusionaliseer is. Daar is wel 'n bedrag betaalbaar om laboratoriumkoste te dek. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,489 | Mense met ortodontiese probleme kan by primêregesondheidfasiliteite gesien word, maar sal na die tandheelkunde-fakulteite by die Universiteit van die Wes-Kaap en Tygerberg-hospitaal verwys word. Kinders wat draadjies aan hulle tande aangebring of verwyder moet hê, sal ook na hierdie tandheelkunde-fakulteite verwys word. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,490 | In stedelike klinieke bestaan die mondgesondheidspan uit 'n tandarts, 'n tandheelkundige assistent en 'n mondhigiënis. Plattelandse gebiede word deur 'n tandheelkundige span met mobiele toerusting besoek. Die toerusting kan as 'n nooddiens opgestel word, gewoonlik by skole. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,491 | Die program vir bevordering en voorkoming sluit besoeke in deur gesondheidswerkers aan sommige crèches en sommige laerskole. Inligting oor tand- en mondgesondheid word ook aan swanger vroue as deel van die voorgeboortediens gegee. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,492 | Laerskoolkinders word opgevoed oor die belang daarvan om die opbou van plaak te voorkom en oor hoe om dit deur die korrekte borsel en vlos van tande te verwyder. Tandeborsels en tandepasta word voorsien. Hulle ontvang ook 'n mondspoelmiddel wat fluoried bevat, as deel van die Fluoriedaanvullingsprogram. Fluoried maak tande sterker en help om tandbederf te voorkom. Kinders word opgevoed oor voeding en die belang van gesonde eetgewoontes om die opbou van plaak en tandbederf te voorkom. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,493 | Kaapstad is die enigste stad wat watervoorrade fluorideer ingevolge die regulasies van die Wet op Gesondheid (Wet 63 van 1977). Die Minister van Gesondheid en die Minister van Waterwese en Bosbou het hierdie regulasies gesamentlik goedgekeur. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,494 | Die diens is by alle primêregesondheidsorgklinieke of -sentra beskikbaar. Pasiënte met ingewikkelde probleme word na sekondêre of tersiêre hospitale vir verdere ondersoeke en behandeling verwys. Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,495 | Gratis, maar daar is 'n koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasiënte. |
1,672 | GOV-ZA.595.services.11514.6256.2010-03-24.af.txt | 24,496 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,498 | Die provinsiale Omgewingsgesondheidsdiens oudit (moniteer en evalueer), koördineer en ondersteun omgewingsgesondheidsdienste in die provinsie. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,499 | Die formulering van provinsiale omgewingsgesondheidsbeleid, -riglyne, -norme en -standaarde. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,500 | Die versekering dat koöperatiewe regering in samewerking met die toepaslike nasionale en provinsiale departemente en ander belanghebbendes plaasvind. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,501 | Ondersoek na en verslagdoening oor alle ministeriële (nasionale en provinsiale) navrae. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,502 | Fasilitering en koördinering van die reaksie van omgewingsgesondheid ten opsigte van rampbeheer. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,503 | Fasilitering en voorsiening van provinsiale insette oor omgewingsgesondheid ten opsigte van nuwe ontwikkelings en grondbenutting. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,504 | Beheer oor en fasilitering van provinsiale en nasionale voedselveiligheidsprogramme, asook die ondersoek van voorvalle van voedselvergiftiging. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,505 | Ouditering van wetlike nakoming van bestralingsfasiliteite en bestraalde kommoditeite namens die Nasionale Departement van Gesondheid. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,506 | Bestuur van gemeenskapsdiens van OGP's in die provinsie saam met die provinsiale koördineerder vir Gemeenskapsdienste. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,507 | Beheer oor die invoer, vervaardiging en verkope van gevaarlike stowwe (lisensiëring) en fasilitering van die ondersoek na vergiftiging deur plaagdoders, en landbou- en veemedisyne. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,508 | Fasilitering en koördinering van die omgewingsgesondheidsoptrede ten opsigte van die voorkoms van oordraagbare siektes. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,509 | Ouditering van omgewingsgesondheidstoestande by alle regeringsinstellings Parlement, hospitale, instellings van Korrektiewe Dienste, polisiestasies, ens. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,510 | Nadere besonderhede kan verkry word van die volgende provinsiale gesondheidsbeamptes. |
1,673 | GOV-ZA.595.services.11515.6338.2010-03-24.af.txt | 24,511 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,674 | GOV-ZA.595.services.11516.6461.2010-03-24.af.txt | 24,513 | Hierdie diens het ten doel om hulptoestelle soos rolstoele en loophokke en gehoortoestelle aan mense wat dit nodig het, te voorsien en voor te skryf dit in stand te hou en weer bruikbaar te maak. |
1,674 | GOV-ZA.595.services.11516.6461.2010-03-24.af.txt | 24,514 | Daar is in die algemeen 'n tekort aan hulptoestelle regoor die Wes-Kaap. Dienste is in die reël afhanklik van donasies vir tweedehandse items en die aankoop van nuwe toerusting. |
1,674 | GOV-ZA.595.services.11516.6461.2010-03-24.af.txt | 24,515 | Om 'n rolstoel of 'n oop karretjie (stootwaentjie) - in die geval van kinders - te bekom, moet u na die naaste primêre gesondheidsorgsentrum gaan wat hierdie diens aanbied. U sal deur 'n arbeidsterapeut, fisioterapeut of suster vir ortopediese nasorg geassesseer word en 'n besluit rakende die mees gepaste hulptoestel, indien nodig, sal gemaak word. Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. Indien u 'n hulptoestel nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien. |
1,674 | GOV-ZA.595.services.11516.6461.2010-03-24.af.txt | 24,516 | n Rolstoel, waarop die pasiënt lewensgebruik het, kos omtrent R395. Die oop karretjie kos R250 en moet aan die staat terugbesorg word wanneer dit nie meer gebruik word nie. Die oop karretjie sal herverkoop word, maar teen 'n laer koste. Alle hulptoestelle kan in maandelikse paaiemente afbetaal word. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos rolstoele en gehoortoestelle in. Die gratis diens behoort mense met permanente gestremdhede in te sluit wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word, asook ouer mense wat as verswak beskou word, en langtermynpasiënte in inrigtings vir geestesgesondheidsorg. Die maatstawwe vir assessering en die wyse waarop dit toegepas gaan word, word tans ondersoek. |
1,674 | GOV-ZA.595.services.11516.6461.2010-03-24.af.txt | 24,517 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,519 | Die hele Wes-Kaap word deur 'n enkele Ortotiese en Prostetiese Sentrum in Pinelands, Kaapstad, bedien. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,520 | Ortotiese toestelle word gebruik om die funksionele beweeglikheid van 'n gestremde persoon te optimeer, bv. skoeninsetsels en enkel-voet-ortose wat gebruik word om die enkel na 'n beroerte te stabiliseer. Hierteenoor vervang prostetiese toestelle 'n liggaamsdeel na die verlies van 'n ledemaat, óf by geboorte óf as gevolg van 'n ongeluk. Die sentrum is verantwoordelik vir die lewering van ortotiese en prostetiese dienste aan al vier die Wes-Kaapse streke, met die uitsondering van die Suid-Kaap/Karoo wat hierdie diens aan 'n private diensverskaffer uitgekontrakteer het. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,521 | U moet deur 'n ortopediese chirurg, ortopediese suster, fisioterapeut óf 'n arbeidsterapeut na die Pinelands sentrum verwys word. Personeel verbonde aan die sentrum bied een keer elke drie maande uitreikdienste by satellietklinieke in die onderskeie streke aan. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,522 | Ysterbeenstutte is beskikbaar vir mense met polio, neurologiese afwykings, beroerte of lae spiertonus. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,523 | Mense wat 'n fisiese of geestesongeskiktheid het, moet eers seker maak of daar 'n diens op primêre gesondheidsorgvlak is. Waar nodig sal hulle verder verwys word. Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. U moet na die Pinelands sentrum verwys word. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,524 | Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word. |
1,675 | GOV-ZA.595.services.11516.6463.2010-03-24.af.txt | 24,525 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,676 | GOV-ZA.595.services.11516.6465.2010-03-24.af.txt | 24,527 | Baie gestremdhede, insluitend spraak- en gehoorprobleme kom na vore tydens babas en kleuters se roetinetoetse vir ontwikkeling by primêregesondheidsorgklinieke. Die kind sal, indien nodig, na 'n gespesialiseerde kliniek verwys word. Terselfdertyd sal die kind na 'n rehabilitasiekundige bv. arbeidsterapeut op primêregesondheidsorgvlak (waar beskikbaar) verwys word. Volwassenes en kinders wat later probleme met hulle spraak en gehoor ontwikkel, sal hul primêregesondheidsorgkliniek moet besoek waar die omvang van hul gebrek bepaal sal word. |
1,676 | GOV-ZA.595.services.11516.6465.2010-03-24.af.txt | 24,528 | Kinders kan verwys word na 'n spraakterapeut en/of oudioloog by gespesialiseerde klinieke wat in 'n beperkte mate beskikbaar is in die Boland/Overberg streek en in die Weskus/Wynland streek. 'n Diens wat slegs vir binnepasiënte is, is beskikbaar in die Kaapse Metropool by die Booth Gedenkhospitaal en die Brooklyn Borshospitaal. Daar is geen dienste in die Suid-Kaap/Karoo nie. |
1,676 | GOV-ZA.595.services.11516.6465.2010-03-24.af.txt | 24,529 | Diegene wat die kliniek/sekondêre of tersiêre hospitaal die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Indien u 'n hulptoestel soos 'n gehoorapparaat nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien. Bring u ID en, in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. |
1,676 | GOV-ZA.595.services.11516.6465.2010-03-24.af.txt | 24,530 | Dienste op primêregesondheidsvlak is gratis. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos gehoorapparate in. Die gratis diens omvat mense met permanente gestremdhede wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word. |
1,676 | GOV-ZA.595.services.11516.6465.2010-03-24.af.txt | 24,531 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,533 | Die diens sluit in advies oor en die verskaffing van 'n reeks veilige, doeltreffende en aanvaarbare voorbehoedmetodes waaruit vroue, mans en tieners vrylik kan kies om ongewenste swangerskappe te voorkom. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,534 | Inligting rakende die onderskeie voorbehoedmetodes word verskaf om individue te help om 'n ingeligte keuse te maak in ooreenstemming met hulle persoonlike geskiedenis en fisiese ondersoek. Indien 'n seksueel oordraagbare infeksie (SOI) bespeur word, sal dit met medikasie by die kliniek behandel word of 'n brief van verwysing na 'n gespesialiseerde kliniek kan uitgereik word. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,535 | Wanneer 'n voorbehoedmetode gekies is, word die kliënt tydens opvolgbesoeke aan die kliniek vir moontlike newe-effekte gemoniteer. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,536 | Enige meisie of vrou kan besluit of sy 'n voorbehoedmiddel wil gebruik. Sy het nie die toestemming van haar metgesel of ouers nodig nie. Baie klinieke beskik vandag oor 'n toegewyde jeugdiens sodat jong mense inligting oor gesinsbeplanning in 'n gemaklike omgewing kan verkry. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,537 | Mondelikse voorbehoedmiddels vir vroue: Pille kom in pakkies van 28 en moet een keer per dag op dieselfde tyd geneem word. Daar is twee hooftipes pille: Gekombineerde Mondelikse Voorbehoedmiddels en voorbehoedmiddels wat slegs progestoroon bevat. Hulle is gratis beskikbaar by klinieke en hospitale en kan ook sonder 'n voorskrif by apteke gekoop word. Hierdie vorm van geboortebeperking voorkom nie SOI's of MIV/vigs nie. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,538 | Intra-uteriene apparaat (IUA): 'n IUA is 'n klein apparaat wat deur 'n spesiaal opgeleide gesondheidswerker in die vrou se uterus (baarmoeder) geplaas word. 'n IUA kan swangerskap vir ten minste vyf jaar voorkom. Dit voorkom nie SOI's of MIV/vigs nie. Indien 'n vrou of haar metgesel veelvoudige seksmaats het, moet die IUA nie die eerste keuse wees nie tensy kondome ook gebruik word om beskerming teen SOI/MIV-oordrag te verleen. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,539 | Daar word van vroue verwag om ses weke nadat die IUA ingesit is 'n opvolgondersoek by die kliniek te ondergaan. Dit is ook raadsaam om elke jaar vir 'n roetine-ondersoek te gaan. Die IUA is beskikbaar by sommige klinieke, maar kan ook by apteke gekoop word. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,540 | Noodvoorbehoedmiddels: Hierdie metode kan deur vroue gebruik word om swangerskap te voorkom omdat hulle onbeskermde seks gehad het, verkrag is, of vermoed dat die voorbehoedmiddel wat hulle tydens seksuele omgang gebruik het, nie behoorlik gewerk het nie. Noodvoorbehoedpille kan 72 uur (drie dae) na onbeskermde seks gebruik word om 'n ongewenste swangerskap te voorkom, maar hoe gouer die pille geneem word, hoe meer doeltreffend is hul werking. Pille is gratis beskikbaar by klinieke en hospitale en kan ook sonder 'n voorskrif by apteke gekoop word. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,541 | n IUA kan ook vyf dae na onbeskermde seks ingesit word om 'n ongewenste swangerskap te voorkom. Indien dit te laat is om hierdie noodvoorbehoedmetodes te gebruik, en 'n ongewenste swangerskap word vermoed, is die beëindiging van swangerskap (BVS) as laaste uitweg beskikbaar. BVS is wettig in Suid-Afrika. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,542 | Kondome: Vroulike en manlike kondome is die enigste enkele metode wat dubbele beskerming teen sowel ongewenste swangerskappe as seksueel oordraagbare infeksies, insluitend MIV/vigs, bied. Manlike kondome is gratis beskikbaar by klinieke en sommige openbare plekke. Kondome word ook goedkoop by die meeste apteke en winkels verkoop. Vroulike kondome is gratis beskikbaar by 'n paar aangewese klinieke en is te koop by sommige apteke. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,543 | Sterilisasie: Dit is 'n permanente voorbehoedmetode vir beide vroue en mans. Enige persoon van 18 jaar of ouer wat in staat is om toestemming te verleen, mag op sy of haar versoek gesteriliseer word. Dié prosedure behoort deur berading voorafgegaan te word. Dit is 'n kort en eenvoudige operasie wat nie 'n mens se sekslewe beïnvloed nie, behalwe dat 'n mens gemoedsrus oor ongewenste swangerskappe het. 'n Bespreking vir sterilisasie kan by die plaaslike kliniek gemaak word. Berading word voorsien en 'n versoekvorm sal onderteken moet word. Die operasie is gratis by sommige gemeenskapgesondheidsentrums en hospitale op elke vlak (primêr, sekondêr en tersiêr) beskikbaar. Die dokter wat die operasie uitvoer, sal die pasiënt vra om 'n toestemmingsvorm te onderteken. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,544 | Die operasie vir vroue staan bekend as 'n buisafbinding. Die Fallopius-buise wat die eiers vanaf die eierstokke na die uterus (baarmoeder) dra, word gebind of geblokkeer. Daar word verhoed dat die eiers deur die sperm bevrug word en swangerskap word voorkom. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,545 | Die prosedure vir mans staan bekend as 'n vasektomie, wat gewoonlik uitgevoer word terwyl die man by sy bewussyn is deur óf plaaslike verdowing óf algemene narkose te gebruik. Een of twee baie klein openinkies word in die vel naby die testes gemaak. Die vas deferens (spermbuis) wat die sperm vanaf elke testis dra, word gesny of gebind. Die operasie is nie onmiddellik doeltreffend nie en dit is nodig om 'n ander voorbehoedmetode vir drie maande na die operasie te gebruik, of vir die volgende 15-20 maal wat die man seks het. 'n Bevestigende toets (spermtelling) is nodig om te verseker dat die sperm nie langer in die buise teenwoordig is nie. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,546 | Sterilisasie voorkom nie SOI's of MIV/vigs nie. Soos in die geval van alle voorbehoedmetodes, is daar 'n geringe risiko dat die prosedure kan misluk. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,547 | Geestesgestremde persone kan ooreenkomstig die Wet op Sterilisasie, 1998 (Wet No. 44 van 1998) gesteriliseer word. Die ouer, voog, kurator of eggenoot/eggenote van 'n persoon wat nie in staat is om weens 'n geestesgestremdheid in te stem nie, kan versoek dat die persoon gesteriliseer word. Aansoek moet gedoen word en na die toepaslike hospitaal gestuur word. 'n Afspraak sal gemaak word vir 'n paneel bestaande uit drie geestesgesondheidskundiges om die kliënt, wat deur die aansoeker vergesel moet word, se toestand te bepaal. Na gelang van omstandighede sal die paneel besluit of daar met die sterilisasie voortgegaan moet word of nie. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,548 | Vereniging vir Vrywillige Sterilisasie van SA: tel. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,549 | Hierdie diens behoort by die meeste klinieke beskikbaar te wees. Indien die metode waarin u belangstel, nie beskikbaar is nie, vra om na 'n gesondheidsfasiliteit verwys te word wat wel die metode aanbied. Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u verwysingsbrief (indien van toepassing), enige medikasie wat u gebruik, en u kliniek- of hospitaalkaart indien u vantevore by die fasiliteit geregistreer het. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,550 | Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis en so ook is verdere verwysings. Ambulansdienste is gratis vir kliënte wat sterilisasie ondergaan. |
1,677 | GOV-ZA.595.services.11517.6473.2010-03-24.af.txt | 24,551 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,553 | Servikale en borskanker is die twee algemeenste vorms van kanker onder Suid-Afrikaanse vroue en alle vroue loop die risiko om hierdie kankers te ontwikkel. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,554 | Servikale kanker is een van die kankers wat die beste voorkom kan word. Alle vroue behoort ten minste elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af, 'n Pap-smeer te laat neem. Dit beteken, op die ouderdomme van 30, 40 en 50 jaar. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,555 | Die toetsingsprogram word toegespits op die opsporing en behandeling van die vroeë tekens van kanker van die serviks, wat bekend staan as die "baarmoedermond". Die toetsing behels die neem van 'n servikale smeer, wat 'n eenvoudige, vinnige vaginale ondersoek is, om vas te stel of die serviks gesond is. Enkele selle word versigtig van die serviks afgevee en na die laboratorium gestuur om getoets te word. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,556 | Die vroeë opsporing van abnormale selle beteken dat verdere ondersoeke gedoen en behandeling gegee kan word indien dit nodig is. Die ontwikkeling van kanker word sodoende voorkom. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,557 | Soms is die uitslae onduidelik en is dit nodig om 'n smeer te herhaal. Vroue wat getoets is, moet na die kliniek teruggaan om die laboratoriumuitslae te kry. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,558 | Onthou, die kliënt is geregtig daarop om vooraf te versoek dat die prosedure verduidelik word. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,559 | Servikale kanker kan voorkom word deur meer as een seksmaat te vermy, kondome te gebruik om die verspreiding van die menslike papilloomvirus (wat gekoppel is aan servikale kanker) te voorkom, die eerste seksuele omgang uit te stel tot 'n later ouderdom, en om nie sigarette te rook nie. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,560 | Gaan na jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek. As die uitslag van 'n Pap-smeer abnormaal is, sal 'n afspraak gemaak en 'n verwysingsbrief vir verdere toetsing en behandeling by 'n hospitaal op sekondêre of tersiêre vlak gegee word. Die kliënt sal dan vir opvolgbesoeke na die kliniek terugverwys word. As jy vir die eerste keer 'n gesondheidsfasiliteit besoek, sal jy gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam, ook jou verwysingsbrief (indien relevant), enige medikasie wat jy gebruik en jou kliniek- of hospitaalkaart, as jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,561 | n Vrou kan drie gratis Pap-smeertoetsings gedurende haar lewe kry, een elke 10 jaar, van die ouderdom van 30 jaar af. |
1,678 | GOV-ZA.595.services.11517.6515.2010-03-24.af.txt | 24,562 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,679 | GOV-ZA.595.services.11517.6517.2010-03-24.af.txt | 24,564 | Vroue word gewys hoe om hulle borste vir knoppe wat kankeragtig kan wees, te ondersoek. As 'n knop opgemerk word, sal die kliënt vir verdere ondersoek verwys word, wat 'n mammogram kan insluit, die verwydering en toetsing van die knop om uit te vind of dit nie-kwaadaardig (nie-kankeragtig) of kwaadaardig (kankeragtig) is, berading, en behandeling, indien nodig. |
1,679 | GOV-ZA.595.services.11517.6517.2010-03-24.af.txt | 24,565 | Opvoeding in selfondersoek van die borste word in klinieke gegee. 'n Verwysing na die klinieke vir buitepasiënte by streeks- en tersiêre hospitale waar volledige borskankerdienste verkry kan word, is nodig. As jy vir die eerste keer 'n kliniek of hospitaal besoek, sal daar van jou verwag word om 'n vorm in te vul en 'n kliëntelêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart, indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het, en die verwysingsbrief van die kliniek as jy verwys word na 'n borskankerkliniek by 'n hospitaal. |
1,679 | GOV-ZA.595.services.11517.6517.2010-03-24.af.txt | 24,566 | Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie 'n lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, mag daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Hospitale sal jou vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vra. |
1,679 | GOV-ZA.595.services.11517.6517.2010-03-24.af.txt | 24,567 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,680 | GOV-ZA.595.services.11517.6524.2010-03-24.af.txt | 24,569 | Reproduktiewe gesondheid is die gesamentlike verantwoordelikheid van 'n paartjie. Daarom speel mans 'n belangrike rol en behoort hulle hul regmatige deel van die verantwoordelikheid vir voorbehoeding en vir die gebruik van kondome te dra, om sodoende beide ongewenste swangerskappe sowel as die verspreiding van seksueel oordraagbare infeksies (SOI's), insluitende MIV/vigs, te voorkom. Mans en vroue behoort hul lewensmaats te raadpleeg oor die keuse van voorbehoeding en hulle moet oor 'n gemeenskaplik aanvaarbare metode van voorbehoeding onderhandel, asook oor wie die primêre gebruiker moet wees. 'n Vasektomie is byvoorbeeld 'n baie geringe prosedure vir 'n man om te ondergaan. |
1,680 | GOV-ZA.595.services.11517.6524.2010-03-24.af.txt | 24,570 | In die lig van wye beriggewing oor jong mans wat sterf as gevolg van onveilige besnydenis, kan jong mans gratis mediese ondersoeke by primêregesondheidsorgklinieke ontvang om seker te maak dat hulle goeie gesondheid geniet voordat hulle na tradisionele inisiëringskole gaan. Veilige, higiëniese besnydenisse kan by primêregesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word. Die prosedure kan op pasgebore seuntjies by onderskeie gesondheidsorgfasiliteite uitgevoer word. |
1,680 | GOV-ZA.595.services.11517.6524.2010-03-24.af.txt | 24,571 | Jy behoort na jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek te gaan. Besoekers wat vir die eerste keer na primêregesondheidsorgfasiliteite of hospitale gaan, moet 'n vorm invul en 'n lêer sal vir hulle oopgemaak word. Bring jou ID saam en kliniek- of hospitaalkaart indien jy voorheen by die fasiliteit geregistreer het. |
1,680 | GOV-ZA.595.services.11517.6524.2010-03-24.af.txt | 24,572 | Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis vir mense wat nie lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, kan daar kostes wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis. |
1,680 | GOV-ZA.595.services.11517.6524.2010-03-24.af.txt | 24,573 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,681 | GOV-ZA.595.services.11517.93225.2010-03-24.af.txt | 24,575 | Nood-voorbehoeding kan help om 'n onbeplande swangerskap te voorkom. Hoewel Nood-voorbehoeding tot 120 uur (5 dae) na onbeskermde seks gebruik kan word, behoort verkieslik binne 72 uur (3 dae) daarmee begin te word. Dit is die doeltreffendste as dit geneem word binne 24 uur na seks. Nood-voorbehoeding bekerm NIE teen MIV en vigs nie. |
1,681 | GOV-ZA.595.services.11517.93225.2010-03-24.af.txt | 24,576 | As jy inligting nodig het oor hoe om swangerskap te verhoed na onbeskermde seks, kan jy in verbind tree met die Nood-voorbehoedingsblitslyn by 0800 2 46 4 32 of besoek www.not-2-late.co.za. Die blitslyn kan jou die name en nommers gee van gesondheidslui in jou gebied wat nood-voorbehoeding aan jou kan verskaf. |
1,681 | GOV-ZA.595.services.11517.93225.2010-03-24.af.txt | 24,577 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,682 | GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt | 24,579 | Seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) word van een persoon na 'n ander deur seksuele kontak versprei. Hierdie infeksies veroorsaak Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS'e) wat algemeen voorkom, wat pyn kan meebring en wat onvrugbaarheid en sterfte kan veroorsaak indien dit nie behandel word nie. Van die algemene SOS'e is gonorree, trigomoniase, Chlamydial-infeksie en sifilis. Genitale vratte word deur die menslike papilloomvirus veroorsaak en sommige subtipes hiervan is vir die meeste gevalle van servikale kanker verantwoordelik. |
1,682 | GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt | 24,580 | Die meeste SOS'e kan behandel en genees word. Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) en die seksueel oordraagbare virus - Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) - wat vigs veroorsaak, kan egter nie genees word nie. MIV kan deur seksuele kontak, deur bloed en deur 'n swanger vrou aan haar kind gedurende swangerskap, geboorte, of borsvoeding oorgedra word. Alhoewel MIV nie genees kan word nie, kan die nagevolge daarvan soms vir 'n tydperk gestuit word. |
1,682 | GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt | 24,581 | Dit is belangrik om te onthou dat ander SOS'e soos sifilis en vaginale sproei 'n persoon se kanse om MIV te kry of dit aan ander oor te dra, verhoog. Dit is 'n goeie rede vir mense met SOS'e om dadelik behandeling te kry en indien moontlik getoets te word vir MIV en berading te ontvang. Dit kan by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums gedoen word. |
1,682 | GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt | 24,582 | Die Direktoraat vir MIV/vigs het 'n SOS-loodsprogram met 'n paar algemene praktisyns (AP's) in die Provinsie begin. Die program maak berading, diagnose en behandeling van SOS'e in 'n alternatiewe omgewing as 'n primêregesondheidsorgfasiliteit beskikbaar. Die AP sal 'n kliniese ondersoek en behandeling vir SOS'e verskaf indien nodig. Die kliënt sal konsultasiegelde moet betaal, maar die medikasie sal gratis verskaf word. Vind by jou plaaslike primêregesondheidsorgfasiliteit uit waar jy een van hierdie AP's kan vind. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.