document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,693
U kan slegs 'n egskeiding bekom indien u aan die hof kan bewys dat die huwelik "onherroeplik verbrokkel" het of dat een van die gades sielsiek of voortdurend bewusteloos is.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,694
Onherroeplike verbrokkeling beteken dat die paartjie nie langer saam kan leef nie en dat daar geen redelike kans is dat hulle hul geskille sal kan bylê nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,695
Die paartjie 'n ruk lank nie saam gebly het nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,696
Die paartjie mekaar nie langer lief het nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,697
U kan 'n egskeiding verkry indien u maat vir minstens twee jaar in 'n inrigting vir sielsiekes is en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,698
U kan 'n egskeiding kry indien u maat vir minstens ses maande nie by sy/haar bewussyn is nie en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,699
Indien u en u maat 'n skikkingsooreenkoms kan bereik voordat die dagvaarding uitgereik word, sal dit die proses baie vinniger en makliker maak. Indien u 'n ooreenkoms bereik, moet u dit op skrif stel en onderteken. Die toestemmingsakte moet dan by die dagvaarding vir 'n egskeiding aangeheg word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,700
n Verhoordatum sal bepaal word. Ten tye van hierdie verhoor sal die regter vrae vra om die inligting in die dagvaarding te bevestig. Wanneer alles afgehandel is, sal 'n egskeidingsbevel toegestaan word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,701
Indien u die Gesinshof in stede van 'n Hooggeregshof gebruik, mag u egskeiding vinniger en goedkoper afgehandel word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,702
Gebruiklike huwelike stem ooreen met burgerlike huwelike in soverre 'n hof 'n egskeidingsbevel moet uitreik en die egskeiding slegs toegestaan sal word indien daar gronde vir 'n egskeiding is (dit wil sê onherroeplike verbrokkeling, sielsiekte of volgehoue bewusteloosheid).
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,703
Die partye kan oor die bepalings van die egskeiding besluit en die regter sal dan die toepaslike bevele ten opsigte van beheer en toesig en onderhoud uitreik. Indien die hof oor hierdie aangeleenthede moet besluit, sal dit enige reëlings in ag neem wat kragtens gewoontereg gemaak is.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,704
Daar kan van die vrou se familie verwag word om die hele of 'n deel of van die lobola aan die man se familie terug te gee, tensy die man in die openbaar sy vrou sonder hoegenaamd enige rede verwerp het.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,705
Indien 'n man en 'n vrou deur 'n imam in die Moslem geloof of 'n priester in die Hindoe geloof in die huwelik bevestig is, is hulle kragtens die burgerlike reg nie getroud nie. Hulle kan dan skei sonder om na 'n hof te gaan, maar hulle moet die reëls van hulle geloof nakom.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,706
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,693
GOV-ZA.595.services.11532.83353.2010-03-24.af.txt
24,708
Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn huwelik-verifikasiediens ingestel as deel van die Gaan jou Huwelikstatus na-veldtog wat aan die begin van Augustus van stapel gestuur is.
1,693
GOV-ZA.595.services.11532.83353.2010-03-24.af.txt
24,709
Die diens is beskikbaar gestel om te help om voorvalle waar Sud-Afrikaners onwetend met buitelanders getroud is te voorkom en bloot te lê. Die buitelandse gades gebruik die huwelik om verblyf- en werkpermitte in Suid-Afrika te kry. Teen 18 Augustus 2004 het die Veldtog reeds 200 vals huwelike in Suid-Afrika aan die lig gebring.
1,693
GOV-ZA.595.services.11532.83353.2010-03-24.af.txt
24,710
Die Departrment het onderneem om verblyfpermitte, werkpermitte en die burgerskap van mense wat voordeel uit vals huwelike getrek het, nietig te verklaar.
1,693
GOV-ZA.595.services.11532.83353.2010-03-24.af.txt
24,711
As jy 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan jy jou huwelikstatus nagaan deur op die Departement van Binnelandse Sake se webblad aan te teken en jou ID-nommer in te vul. Jy kan ook jou status by jou plaaslike Binnelandse Sake-kantoor nagaan of in kantoortyd (07:15 - 15:45) die tolvry nommer 0800 10 1994 skakel.
1,693
GOV-ZA.595.services.11532.83353.2010-03-24.af.txt
24,712
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,714
Indien die hof beveel het dat 'n ouer onderhoud vir kinders moet betaal, is dit 'n kriminele oortreding om nie te betaal nie.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,715
Gaan na die onderhoudsbeampte en dien 'n klag in. Dit is belangrik om 'n formele klag in te dien elke keer wanneer die vader nie betaal nie.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,716
Die onderhoudskantoor teken elke keer aan wanneer die vader betaal. Hierdie rekord sal aantoon wanneer hy nie betaal nie en hoeveel hy skuld.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,717
As die vader werk en nalaat om die onderhoud te betaal, moet die moeder die hof versoek om te beveel dat die onderhoud direk van sy werkgewer verkry word.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,718
Indien die vader nie betaal nie, verontagsaam hy die bevel van die hof. Dit is 'n oortreding. Die hof sal 'n kennisgewing aan die vader stuur om hom in te lig dat hy op 'n sekere datum in die hof moet verskyn. Hy moet dan verduidelik waarom hy nie die geld betaal het nie. Indien hy nie 'n goeie rede het nie, sal die hof gewoonlik vir hom sê dat hy al die onderhoud wat hy skuld moet betaal, anders sal hy tronk toe gaan.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,719
Daar is mense wat onderhoudsondersoekers genoem word en wat die onderhoudsbeampte sal help om die vader op te spoor indien hy verdwyn het.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,720
Vir meer inligting, kontak die onderhoudsbeampte by jou plaaslike landdroshof.
1,694
GOV-ZA.595.services.11533.17467.2010-03-24.af.txt
24,721
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,695
GOV-ZA.595.services.11536.11536.2010-03-02.af.txt
24,723
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
1,695
GOV-ZA.595.services.11536.11536.2010-03-02.af.txt
24,724
Wanneer 'n mens te sterwe kom, word sy boedel verdeel tussen sy familielede of die mense wat hy wil laat erf.
1,695
GOV-ZA.595.services.11536.11536.2010-03-02.af.txt
24,725
Wanneer 'n persoon te sterwe kom, moet die familie dit by die Registrateur van Geboortes en Sterfgevalle aanmeld. Dit moet gedoen word sodra die familie 'n doodsertifikaat van die dokter ontvang.
1,695
GOV-ZA.595.services.11536.11536.2010-03-02.af.txt
24,726
Wanneer u 'n sterfgeval by die Departement van Binnelandse Sake registreer, sal 'n verkorte doodsertifikaat aan u uitgereik word.
1,695
GOV-ZA.595.services.11536.11536.2010-03-02.af.txt
24,727
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,729
Wanneer 'n mens te sterwe kom, word sy boedel verdeel tussen sy familielede of die mense wat hy wil laat erf.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,730
Die boedel bestaan uit 'n mens se persoonlike eiendom en besittings, asook enige geld or ander bates wat hy besit.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,731
Op wie u eiendom oorgaan, hang daarvan af of u 'n geldige testament gehad het of nie. As u 'n geldige testament het, word die eiendom verdeel volgens u wense. As u sonder 'n testament te sterwe kom (sogenaamd intestaat), word u eiendom verdeel onder u onmiddellike familielede ooreenkomstig die intestate erfreg.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,732
As u ouer as 16 is, kan u 'n testament opstel waarin u bepaal na wie u wil hê u eiendom moet gaan na u dood. Om geldig te wees moet u testament op die regte manier opgestel wees, en u moet verstandelik bevoeg wees ten tye van die opstel van die testament. Dit beteken dat u in staat moet wees om te verstaan watter gevolge die opstel van 'n testament inhou, dat u gemoedstoestand redelik moet wees en dat u moet kan onthou wat u besit.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,733
dat u elke bladsy van die testament geparafeer het en die laaste bladsy in die teenwoordigheid van die getuies onderteken het, en dat die getuies die testament geparafeer en onderteken het.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,734
n eksekuteur aanwys, en u eiendom verdeel.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,735
n Eksekuteur is die persoon wat seker sal maak dat u eiendom verdeel word ooreenkomstig u wense soos bepaal in u testament. Die eksekuteur betaal ook u uitstaande skuld. Indien u nie 'n eksekuteur aanwys nie, sal die hof iemand aanwys - gewoonlik 'n familielid - om as eksekuteur op te tree.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,736
U kan 'n prokureur vra om u te help met die opstel van 'n testament, of u kan 'n maklik invulbare vormtestament by 'n skryfbehoeftewinkel koop.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,737
As u nie 'n geldige testament het wanneer u te sterwe kom nie, word u eiendom verdeel volgens regsreëls.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,738
dat die eiendom verdeel word tussen ander familielede as daar geen eggenoot of kinders is nie, en dat as daar geen bloedverwante is nie, die eiendom na die staat gaan.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,739
Onder die tradisionele reg is daar verskillende reëls wat geld, maar dit het 'n situasie tot gevolg wat totaal onregverdig teenoor die vrou is.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,740
Breedvoeriger inligting oor testamente en bestorwe boedels is beskikbaar by die Departement van Justisie se webtuiste.
1,696
GOV-ZA.595.services.11536.17419.2010-03-24.af.txt
24,741
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,743
Alvorens 'n wettige aanneming kan plaasvind, moet die biologiese ouers instem tot die aanneming. Beide die moeder en die vader moet die instemmingsvorm onderteken.
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,744
Indien die ouers nie getroud is nie, moet die moeder eers die biologiese vader se instemming kry indien sy die kind wil laat aanneem. Sy hoef dit egter net te doen as die swangerskap nie die gevolg van geweld was nie, en as die vader skriftelik erken dat hy die vader is en sy identiteit en adres beskikbaar stel.
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,745
Wanneer jy 'n kind laat aanneem, word alle regte en verpligtinge tussen die kind en sy natuurlike ouers beëindig. 'n Aanneming is geheel en al finaal wanneer die aannemingsbevel gefinaliseer word, wat 60 dae nadat die kind sy intrek by die aanneemfamilie geneem het, gebeur.
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,746
Om 'n kind te laat aanneem is 'n moeilike ding om te doen en aannemingsagentskappe sal ondersteuningsdienste verleen om jou by te staan. Sodanige dienste kan berading en selfs huisvesting insluit.
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,747
Om nadere besonderhede te verkry, tree in verbinding met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling of met 'n aannemingsagentskap in jou gebied.
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,748
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,697
GOV-ZA.595.services.11575.17446.2010-03-24.af.txt
24,749
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,751
As 'n aangenome kind, kan jy met 'n soektog na jou biologiese ouers begin indien jy 18 jaar oud is. Indien jy tussen 18 en 21 is, sal jy jou aanneemouers se skriftelike toestemming nodig hê. Indien jy ouer as 21 is, kan jy die soektog sonder jou aanneemouers se toestemming onderneem.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,752
Voordat jy met die soektog kan begin, sal jy berading deur 'n maatskaplike werker ontvang.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,753
Aannemingsrekords word vir 70 jaar gehou en is die eerste bron van inligting. Die rekords word by die Registrateur van Aannemings in Pretoria gehou.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,754
Die Registrateur kan na goeddunke spesifieke inligting rakende 'n aanneming aan enige persoon verskaf. Maar die identiteit van die betrokkenes kan nie bekend gemaak word nie. Mediese inligting kan, byvoorbeeld, aan 'n geneesheer beskikbaar gestel word.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,755
Biologiese ouers kan slegs toegang tot die aannemingsrekords verkry indien die aanneemouers en die kind hul skriftelike toestemming verleen. Indien hulle weier, kan die biologiese ouers hul besonderhede in die lêer laat sodat hulle gekontak kan word indien die aanneemouers of kind van besluit verander.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,756
Om nadere besonderhede, skakel die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
1,698
GOV-ZA.595.services.11575.17461.2010-03-24.af.txt
24,757
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,759
Albei ouers het 'n wetlike verpligting om hul kinders te onderhou.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,760
Een ouer kan by die Onderhoudshof aansoek doen dat die ander ouer onderhoud vir hul kinders moet betaal. 'n Moeder sal gewoonlik aansoek doen om 'n bevel teen die vader.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,761
As die kinders nie by die moeder of die vader bly nie, kan die persoon wat vir hulle sorg, aansoek doen om onderhoud van die ouers. Indien 'n kind byvoorbeeld by die grootouers bly, kan die grootouers aansoek doen om onderhoud van die vader en moeder van die kind te kry.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,762
Sodra 'n hofbevel uitgereik is wat 'n ouer opdrag gee om onderhoud vir 'n kind te betaal, is dit 'n kriminele oortreding om nie te betaal nie.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,763
Daar is spesiale Onderhoudshowe by elke Landdroshof. Onderhoudsbeamptes werk in hierdie howe en help mense wat om onderhoud wil aansoek doen. Hulle hanteer ook aansoeke om meer of minder onderhoud.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,764
Dit is 'n lang en ingewikkelde proses en dit kan heelwat tyd in beslag neem.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,765
Gaan na die onderhoudsbeampte by die Onderhoudshof in jou omgewing om aansoek te doen om die hofbevel.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,766
Die onderhoudsbeampte sal 'n dagvaarding aan die vader stuur om hom te versoek om op 'n sekere datum na die onderhoudskantoor te gaan.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,767
Op die spesifieke datum moet jy en die vader na die kantoor gaan om te bepaal hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,768
Die onderhoudsbeampte sal jou help om uit te werk waarvoor jy alles elke maand moet betaal, hoeveel geld jy verdien en hoeveel geld die vader verdien.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,769
Indien die vader sê dat hy nie die kind se vader is nie, moet jy die hof versoek om te beveel dat 'n vaderskapstoets gedoen moet word.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,770
Indien julle ooreenkom hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal, sal die onderhoudsbeampte julle albei 'n dokument, naamlik 'n bevel van die hof, laat onderteken. Hierin word gesê dat die vader die ooreengekome bedrag geld elke week of elke maand moet betaal.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,771
Indien julle nie op 'n bedrag ooreenkom nie, of indien die vader nie op daardie dag na die kantoor gaan nie, sal die beampte vir jou sê dat jou saak na die Onderhoudshof verwys word. Die hof stuur 'n kennisgewing aan jou en aan die vader waarin julle albei opdrag kry om op 'n sekere datum in die Onderhoudshof te verskyn.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,772
Die landdros sal na albei ouers se stories luister. Hulle sal die moeder en die vader vra om aan te toon hoeveel hulle verdien en hoeveel hulle elke maand betaal vir goed soos huur, elektrisiteit en kos.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,773
Die landdros besluit dan hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal. Die landdros sal hierdie bedrag skriftelik 'n bevel van die hof maak.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,774
Die vader moet die bedrag onderhoud elke week of maand aan die onderhoudskantoor betaal. Die moeder moet die geld by die onderhoudskantoor gaan haal. Die vader kan ook sy onderhoud in die moeder se bankrekening inbetaal sodat die moeder nie die geld by die kantoor hoef te gaan haal nie.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,775
Vir meer inligting, kontak die onderhoudsbeampte by jou plaaslike landdroshof.
1,699
GOV-ZA.595.services.11575.17463.2010-03-24.af.txt
24,776
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,700
GOV-ZA.595.services.11575.17469.2010-03-24.af.txt
24,778
Alle aannemings moet in die geboorteregister van die kind aangeteken word indien dit so deur die aanneemouers versoek word.
1,700
GOV-ZA.595.services.11575.17469.2010-03-24.af.txt
24,779
Om dit te doen, moet jy 'n skriftelike versoek, vergesel van 'n gewaarmerkte afskrif van die aannemingsbevel, aan enige plaaslike kantoor van Binnelandse Sake rig. Indien die aannemingsbevel die verandering van die kind se van na dié van die aanneemouers magtig, sal dit gratis gedoen word.
1,700
GOV-ZA.595.services.11575.17469.2010-03-24.af.txt
24,780
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,782
Die provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting staan Nie-Winsgewende Organisasies (NWO's) by in terme van befondsing, terwyl die nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verseker dat alle NWO's geregistreer is.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,783
n Nie-winsgewende organisasie kan by die Direktoraat vir Nie-winsgewende Organisasies in die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling registreer. 'n Nie-winsgewende organisasie kan 'n trust, 'n maatskappy of enige ander vereniging van mense wees wat 'n openbare eerder as 'n private doel het en wat nie vir 'n wins bedryf word nie. Nie-winsgewend beteken dat die organisasie se eiendom of inkomste nie aan die ampsdraers uitbetaal word nie, tensy as 'n betaling vir werk wat gedoen is of dienste wat gelewer is.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,784
Enige ander vrywillige organisasie wat nie-winsgewend is.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,785
Daar is reeds 'n aantal nie-winsgewende organisasies in die Wes-Kaap geregistreer. Die registrasie van 'n nie-winsgewende organisasie is vrywillig, nie verpligtend nie. Registrasie verleen 'n mate van wetlikheid aan nie-winsgewende organisasies, en aansoeke om befondsing, by die regering of ander befondsingsinstansies, sal waarskynlik meer suksesvol wees wanneer die organisasie as 'n nie-winsgewende organisasie geregistreer is.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,786
Registrasie plaas egter verpligtinge op nie-winsgewende organisasies. Hulle moet byvoorbeeld jaarverslae en finansiële verslae by die Direktoraat indien en hulle moet aan 'n praktykkode voldoen.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,787
Die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting verskaf subsidies en programbefondsing vir nie-winsgewende organisasies wat ontwikkelingsgrigte welsynsdienste lewer. Enige nie-winsgewende organisasie kan aansoek doen om hierdie befondsing. 'n Nie-winsgewende organisasie sal meer waarskynlik suksesvol wees met 'n aansoek indien die dienste daarvan in lyn is met die Departement se Ontwikkelingsgerigte Maatskaplike Welsynsbeleid.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,788
Dit kos niks om as nie-winsgewende organisasie te registreer nie. Slegs nie-winsgewende organisasies wat 'n grondwet of een of ander stigtingsdokument het, kan geregistreer word. Die Nasionale Departement het 'n modelgrondwet opgestel.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,789
Om as 'n nie-winsgewende organisasie te registreer, moet 'n aansoekvorm en twee afskrifte van jou nie-winsgewende organisasie se stigtingsdokument (grondwet, trustakte, of akte van oprigting en statute) ingedien word.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,790
Dit sal ongeveer twee maande neem om jou aansoek om registrasie te verwerk. Na ontvangs van die aansoek sal 'n ontvangserkenning egter aan jou gestuur word. 'n Registrasiesertifikaat sal volg indien die aansoek suksesvol is. Dit is moontlik om appèl aan te teken indien jou aansoek nie slaag nie.
1,701
GOV-ZA.595.services.11583.47522.2010-03-24.af.txt
24,791
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,702
GOV-ZA.595.services.11586.72713.2010-03-24.af.txt
24,793
Bedrog kos jou geld. Sien dit raak, Meld dit aan, Sit dit stop! Bedrog en korrupsie in die maatskaplike welsynstelsel kos die regering tans elke jaar sowat R1, 5-duisend-miljoen. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het 'n teen-korrupsie inisiatief van stapel gestuur om bedrog in die welsynstelsel teen te werk.
1,702
GOV-ZA.595.services.11586.72713.2010-03-24.af.txt
24,794
Jy kan die tolvrye nasionale maatskaplike welsynsbedrogblitslyn skakel by 0800 203 293. Die inbelsentrumoperateurs is van Maandag tot Vrydag tussen 7:30vm en 4nm beskikbaar. As jy nie jou naam wil gee nie, kan jy iets anoniem aanmeld.
1,702
GOV-ZA.595.services.11586.72713.2010-03-24.af.txt
24,795
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,703
GOV-ZA.595.services.11587.11083.2010-03-24.af.txt
24,797
Deur die Toerismeondernemingsprogram (TOP) en in samewerking met Suid-Afrikaanse Toerisme is die Departement van Omgewingsake en Toerisme besig om 'n databasis vir swart ondernemings op te stel. Die databasis sal sorg dat hierdie besighede bemark word, dat die nodige vermoëboutussentrede plaasvind en dat hulle verkrygingsgeleenthede van die regering kry.TOP sal ook verantwoordelikheid aanvaar vir gehalteversekering op die produkte van voorheen benadeelde persone deur die fasilitering van gradering deur die Toerismegraderingsraad (TGCSA) op 'n gedeeldekostebasis tussen TOP, TGCSA en die onderneming self. Sodra gehalteversekering van die databasis afgehandel is, sal gegradeerde ondernemings voordeel trek deur eerste op SA Toerisme se webwerf te verskyn.
1,703
GOV-ZA.595.services.11587.11083.2010-03-24.af.txt
24,798
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,704
GOV-ZA.595.services.11588.11094.2010-03-24.af.txt
24,800
Die KMOOP is 'n skema wat kontanttoekennings as aansporing bied en bystand aan toerisme-verwante ondernemings in Suid-Afrika verleen. Bystand word verleen met nuwe of uitbreidingsprojekte.
1,704
GOV-ZA.595.services.11588.11094.2010-03-24.af.txt
24,801
Besighede wat as verskaffers van korttermynverblyf geklassifiseer is bv. hotelle, bed-en-ontbytplekke, herberge ("lodges") en chalets.
1,704
GOV-ZA.595.services.11588.11094.2010-03-24.af.txt
24,802
Toeroperateurs wat alleenlik toeriste bedien.
1,704
GOV-ZA.595.services.11588.11094.2010-03-24.af.txt
24,803
Besighede met 'n kabelspoor of privaatspoor, sweefspoor, watervervoermiddele op damme, mere en ander.
1,704
GOV-ZA.595.services.11588.11094.2010-03-24.af.txt
24,804
n Belastingvrye kontanttoekenning vir twee jaar gegrond op die koste van die belegging in geboue, meubels, toerusting en voertuie.