document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,682
GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt
24,583
BELANGRIK: Jy kan gewoonlik nie merk dat 'n persoon 'n SOS het nie; mense met SOS'e, insluitend MIV-positief, lyk gewoonlik nie siek nie. Dit kan van drie tot tien jaar neem voordat 'n persoon met MIV simptome toon.
1,682
GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt
24,584
Alle primêregesondheidsorgklinieke of -sentrums kan vir SOS'e toets en dit behandel. Indien nodig, kan persone verwys word na hospitale (sekondêre of tersiêre vlak) vir verdere toetsing en behandeling. Persone wat vir die eerste keer die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal vereis word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou vra vir 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5). Bring jou hospitaalkaart saam as jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
1,682
GOV-ZA.595.services.11518.6529.2010-03-24.af.txt
24,585
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,683
GOV-ZA.595.services.11520.2010-03-24.af.txt
24,587
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
1,683
GOV-ZA.595.services.11520.2010-03-24.af.txt
24,588
Die TB-Beheerprogram se doelstelling is om 80% van mense met TB te identifiseer en om hulle met die eerste poging te genees. Die program is ook 'n poging om die poel mense wat aansteeklik is, te identifiseer. Wat is TB?
1,683
GOV-ZA.595.services.11520.2010-03-24.af.txt
24,589
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,683
GOV-ZA.595.services.11520.2010-03-24.af.txt
24,590
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,684
GOV-ZA.595.services.11523.73721.2010-03-24.af.txt
24,592
Wanneer jy 'n eiendom koop, moet jy die transportakte op jou naam oorgedra kry. Dié akte is die bewys dat jy die eienaar van die eiendom is. Jy sal die dienste van 'n aktebesorger nodig hê om jou te help om die Transportakte op jou naam te kry.
1,684
GOV-ZA.595.services.11523.73721.2010-03-24.af.txt
24,593
Jy sal eers die eienaar van die eiendom word nadat die Registrateur van Akte die oordrag onderteken het.
1,684
GOV-ZA.595.services.11523.73721.2010-03-24.af.txt
24,594
n Afskrif van die transportakte word in die Aktekantoor gehou. Enigeen kan by die Aktekantoor nagaan wie die eienaar van 'n eiendom is.
1,684
GOV-ZA.595.services.11523.73721.2010-03-24.af.txt
24,595
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,597
Die nasionale Departemente van Grondsake en Behuising verskaf toelaes en subsidies vir die aankoop en ontwikkeling van grond en huise. 'n Enkele huishouding kan net subsidies van tot R16 000 kry. Dit is nie 'n lening nie en hoef nie terugbetaal te word nie.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,598
As jy op 'n stuk grond woon en dit wil koop of toestemming wil kry om permanent daar te bly, kan jy om dié toelaes aansoek doen. Dit kan ook gebruik word om huise te bou en waterpype, sanitasie, paaie en heinings aan te lê.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,599
n Suid-Afrikaanse burger wees ouer as 18 wees afhanklikes hê of saam met nog 'n volwassene woon in 'n huishouding woon waarvan die inkomste minder as R1 500 per maand is.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,600
As huishoudings saam aansoek wil doen, kan hulle. Die gemiddelde inkomste vir elke huishouding moet minder as R1 500 per maand wees.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,601
mense wat grond deur die grondrestitusieprogram kry mense wat tydens Apartheid grond verloor het maar nie deur die Wet op Grondrestitusie gedek word nie.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,602
Dié toelae kan gebruik word om beplanners en ander professionele mense te huur om 'n vestiging te beplan. Dit kan dienste dek soos regsgelde, grondgebruikbeplanning en infrastruktuurbeplanning.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,603
Die toelae word uitgewerk as 'n gedeelte van die R16 000 waarop elke huishouding op 'n nedersetting geregtig is. Die bedrag wat aan die professionele mense betaal word, word van elke huishouding se R16 000 afgetrek.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,604
n gemeenskapverteenwoordiger kies wat namens die groep aansoek doen met jou naaste kantoor van die Departement van Grondsake in verbinding tree en 'n registrasie van behoefte-vorm invul.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,605
Dié toelae help plaaslike owerhede om gemeenskaplike grond aan te koop wat die gemeenskap kan gebruik om hulle diere op te laat wei en gemeenskaplik oeste te plant. Lede van die gemeenskap kan hulle na die plaaslike regering wend en vra dat 'n "meent" geskep word. Hulle kan ook met die Departement van Grondsake in die provinsie in verbinding tree.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,606
moet bydra tot die koste van die grond hulle finansiële rekords aan die Departement van Grondsake moet toon n onderneming moet gee dat die grond beskikbaar gestel sal word vir die armste inwoners om te huur n lys van gemeenskapslede moet verskaf wat die grond gaan gebruik n plan van die gemeenskap moet voorlê waarin uiteengesit word hoe die grond gebruik sal word.
1,685
GOV-ZA.595.services.11524.5277.2010-03-24.af.txt
24,607
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,686
GOV-ZA.595.services.11530.17660.2010-03-24.af.txt
24,609
Indien u inligting by Binnelandse Sake soek, kan u die Binnelandse Sake-blitslyn by 0800 60 11 90 skakel.
1,686
GOV-ZA.595.services.11530.17660.2010-03-24.af.txt
24,610
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,686
GOV-ZA.595.services.11530.17660.2010-03-24.af.txt
24,611
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,687
GOV-ZA.595.services.11530.17666.2010-03-24.af.txt
24,613
Die Departement van Binnelandse Sake het telefoniese blitslyne om mense wat inligting omtrent immigrasie soek of wat vrae oor die Immigrasiewet van 2002 het, te help.
1,687
GOV-ZA.595.services.11530.17666.2010-03-24.af.txt
24,614
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,616
na Suid-Afrika te kom nadat hulle in die buiteland gewoon het.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,617
Mense wat nie burgers is nie, moet toestemming kry om Suid-Afrika binne te kom. Indien hulle wil aanbly, moet hulle ook 'n permit kry om hier te woon.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,618
Burgerskap kan verkry of verloor word. En mense wat eers burgers was, kan hulle burgerskap hervat.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,619
met dubbele burgerskap.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,620
Vir nadere besonderhede oor hierdie dienste, besoek die Departement van Binnelandse Sake se webwerf.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,621
Immigration Act, 13 of 2002 (Wet) (File type: pdf; size: 2.
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,622
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,688
GOV-ZA.595.services.11530.17690.2010-03-24.af.txt
24,623
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,625
Voordat u Suid-Afrika kan binnekom, moet u in besit wees van 'n visum. By die aankomspunt sal u visum vervang word deur 'n tydelike verblyfpermit wat aandui hoe lank u mag aanbly en om watter rede. U moet om spesifieke permitte aansoek doen voordat u na die land reis.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,626
besoekerspermit - vir mense wat Suid-Afrika besoek diplomatieke permit - vir diplomate studiepermit - vir mense wat in Suid-Afrika wil studeer verdragpermit - tydelike verblyfpermitte vir mense wat in Suid-Afrika moet wees ooreenkomstig 'n internasionale verdrag sakepermit - vir mense wat in 'n besigheid in Suid-Afrika wil belê of inkoop bemanningspermit - vir die bemanning van skepe permit vir mediese behandeling - 'n driemaande- permit vir mense wat mediese behandeling in Suid-Afrika ondergaan familiepermit - vir mense met familie in Suid-Afrika permit vir afgetrede persone -vir mense met 'n vaste aftree-inkomste van hulle land van oorsprong uitruilpermit - vir mense wat deelneem aan kulturele, ekonomiese of maatskaplike uitruilprogramme.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,627
U word nie toegelaat om op 'n werkpermit te studeer nie, en omgekeerd.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,628
U kan nie die land binnekom voordat die geldige permit aan u paspoort geheg is nie, tensy u alreeds 'n permit het en u dit na 'n ander een verander.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,629
Permitaansoeke word deur die Immigrasiewet van 2002 gereël.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,630
Die Departement keur aansoeke om werkpermitte goed op grond daarvan of 'n Suid-Afrikaner beskikbaar is om die pos waarvoor aansoek gedoen word, te vul of nie. Indien wel, is dit onwaarskynlik dat die werkpermitaansoek suksesvol sal wees.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,631
Die Departement keur werkpermitaansoeke vir sleutelpersoneel (vir byvoorbeeld 'n Hoof Uitvoerende Beampte) van buitelandse maatskappye wat in Suid-Afrika belê, geredelik goed.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,632
Die Immigrasiewet het 'n kwotastelsel vir werkpermitte ingestel.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,633
U moet 'n aansoek indien op vorm BI-159 via die Suid-Afrikaanse diplomatieke verteenwoordiger in die land waar u gewoonlik woonagtig is of die land waarvan u 'n paspoort hou.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,634
U kan ook aansoek doen deur middel van 'n Suid-Afrikaanse prokureur of agent wat volmag namens u het.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,635
n definitiewe werksaanbod en n brief van die voornemende werkgewer wat die volgende meld: die datum waarop die pos beskikbaar geword het, hoe dit geadverteer is en waarom dit nodig is om 'n nie-Suid-Afrikaner aan te stel.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,636
Die bedrag betaalbaar vir elke werkspermitaansoek is ongeveer US$186 (Amerikaanse dollar) en die proses duur gewoonlik agt tot twaalf weke. Aansoeke vir sleutelpersoneel duur egter ongeveer twee weke.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,637
Sodra u aansoek verwerk is, word die uitslag aan die SA verteenwoordigers in die land waar u aansoek gedoen het, gefaks.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,638
U moet eers aansoek doen om toelating by die hoëronderwysinstelling wat u wil bywoon. Wanneer u 'n brief van voorlopige aanvaarding ontvang, kan u om 'n studiepermit aansoek doen.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,639
U moet na die SA Missie gaan om aansoek te doen om die permit. U moet aansoekvorm B1-159 invul.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,640
Die voorgeskrewe bedrag.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,641
n Voorlopige brief van aanvaarding van die hoëronderwysinstelling.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,642
Bewys dat u u onderrig- en akkomommodasiegeld kan betaal en uself kan onderhou.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,643
n Kontantdeposito of bankgewaarborgde tjek gelykstaande aan die koste van 'n retoervlug.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,644
n Geskrewe onderneming dat u sal terugkeer na u land van verblyf of oorsprong wanneer u studies afgehandel is.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,645
n Doktersverslag of -brief van u dokter wat meld dat u goeie algemene gesondheid geniet.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,646
Indien u aansoek suksesvol is, sal u 'n meervoudigeterugkeervisum ontvang.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,647
Dit kan tot agt weke neem om 'n aansoek te verwerk. U kan Suid-Afrika nie binnekom voordat hierdie permit ontvang is nie.
1,689
GOV-ZA.595.services.11531.17710.2010-03-24.af.txt
24,648
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,650
Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 kan nie sonder spesiale vergunning in die huwelik tree nie en enigeen jonger as 21 moet hul ouers se toestemming kry alvorens hulle in die huwelik kan tree.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,651
n Huwelik wat sonder die vereiste toestemming gesluit is, kan ongeldig verklaar word. Dit beteken dat die Hooggeregshof dit nietig kan verklaar.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,652
Die ouers of voog kan by die Hooggeregshof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,653
binne ses weke nadat daar van die huwelik te wete gekom is.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,654
Die minderjarige mag te eniger tyd voordat hy/sy 21 word, of binne drie maande nadat hy/sy 21 geword het, by die hof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,655
Waar albei ouers lewe en nie een van die ouers die minderjarige se alleenvoog is nie, moet beide ouers skriftelik op vorm BI-32 tot die huwelik instem.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,656
Indien die minderjarige 'n kind is wat buite die huwelik gebore is, word slegs die moeder se toestemming op vorm BI-32 verlang.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,657
Indien een ouer as die minderjarige se alleenvoog aangewys is, word slegs daardie ouer se skriftelike toestemming op vorm BI-32 verlang.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,658
Indien die minderjarige in die sorg van 'n wettige voog is, is slegs die voog se skriftelike toestemming (BI-32) nodig.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,659
Indien 'n ouer wie se toestemming wettig vereis word, nie opgespoor kan word om vergunning te verleen nie, of die ouer handelingsonbevoeg is om vergunning te verleen, kan'n kommissaris van kinderwelsyn toestemming tot die huwelik verleen.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,660
Sou 'n minderjarige se ouers, en/of 'n kommissaris van kinderwelsyn weier om toestemming te verleen, kan die minderjarige by 'n regter van die Hooggeregshof aansoek doen om vergunning. Die regter sal nie toestemming verleen tensy daar voldoende bewyse is dat die huwelik in die belang van die kind is nie en dat vergunning onredelik geweier is.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,661
Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 moet, op dieselfde wyse as in die geval van minderjariges, die skriftelike toestemming van hulle ouers verkry om in die huwelik te tree. Hulle moet ook die toestemming van die Minister van Binnelandse Sake verkry.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,662
U kan ook by die Minister aansoek doen om 'n huwelik wat reeds sonder die verlangde toestemming voltrek is, te kondoneer.
1,690
GOV-ZA.595.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt
24,663
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,691
GOV-ZA.595.services.11532.17759.2010-03-24.af.txt
24,665
Wanneer u in die huwelik tree, sal 'n huweliksertifikaat gratis aan u uitgereik word.
1,691
GOV-ZA.595.services.11532.17759.2010-03-24.af.txt
24,666
die gelde betaal.
1,691
GOV-ZA.595.services.11532.17759.2010-03-24.af.txt
24,667
n Verkorte sertifikaat sal uitgereik word op dieselfde dag as waarop daarvoor aansoek gedoen is. 'n Aansoek om 'n volledige sertifikaat neem tussen ses en agt weke om te verwerk.
1,691
GOV-ZA.595.services.11532.17759.2010-03-24.af.txt
24,668
R7 vir 'n verkorte sertifikaat, R40 vir 'n volledige sertifikaat.
1,691
GOV-ZA.595.services.11532.17759.2010-03-24.af.txt
24,669
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,671
Getroude paartjies kan hul huwelike deur egskeiding ontbind. Dit beëindig die huwelik en geskeide partye kan weer wettig trou.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,672
Die egskeidingsproses sal daarvan afhang of die huwelik 'n burgerlike huwelike of 'n gebruiklike huwelik is. Burgerlike huwelike word ontbind in ooreenstemming met die reëls en prosedures vervat in die Egskeidingswet. Huwelike wat kragtens die Afrika Gewoontereg aangegaan word, word in ooreenstemming met die burgerlike reg ontbind, maar sommige van die gevolge word deur gebruike en tradisie bepaal. Moslem en Hindoe huwelike word kragtens die plegtighede en rituele van die geloof ontbind.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,673
Voordat die hof 'n egskeidingsbevel sal uitreik, moet daar besluit word wie na die kinders gaan omsien. Die ouers kan 'n reëling tref of die hof kan besluit.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,674
Die belangrikste oorweging wanneer daar besluit word oor watter ouer toesig en beheer moet verkry, is die beste belang van die kinders.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,675
Die Gesinsadvokaat by die hof kan help om te bepaal watter ouer die beste in staat is om na die kinders om te sien en kan, indien nodig, die kinders in die hof verteenwoordig.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,676
Indien die egskeiding uitgerek is, byvoorbeeld wanneer die partye nie ooreen kan stem nie, kan 'n tussentydse versorgingsbevel uitgereik word waarin uiteengesit word wie na die kinders sal omsien onderwyl die egskeiding afgehandel word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,677
In Afrika, Hindoe en Moslem gebruiklike huwelike kry die vrou gewoonlik beheer en toesig oor die kinders. Ooreenkomstig Afrika gewoontereg bly die vader gewoonlik die kinders se natuurlike voog. Kinders wat uit Hindoe en Moslem huwelike gebore is, word as buite-egtelik beskou en gevolglik is die moeder ook die natuurlike voog. In alle gevalle het die vader steeds 'n plig om die kinders te onderhou.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,678
Die ouer wat nie toesig en beheer kry nie, sal gewoonlik nog hulle kinders wil sien. Dit is dus nodig dat daar ooreengekom moet word wanneer, waar en hoe hierdie ouer toegang tot die kinders kan kry.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,679
As dit nie in die beste belang van die kinders is dat die ander ouer toegangsregte het nie, kan die hof toegang beperk.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,680
Wanneer 'n paartjie skei, is die een party dikwels in 'n beter finansiële posisie as die ander. Die persoon wat toesig en beheer oor die kinders verkry, sal ook uitgawes hê wat die ander ouer nie het nie. Die hof sal 'n onderhoudsbevel uitreik wat vereis dat onderhoud vir die kinders en, na gelang van omstandighede, vir die ander party betaal moet word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,681
Onderhoud vir die kinders word aan die ouer betaal wat toesig en beheer gekry het (maar dit is belangrik om te onthou dat hierdie reg die kind s'n en nie die ouer s'n is nie). Alle ouers het 'n plig om hul kinders te onderhou, insluitend kinders wat buite-egtelik is.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,682
Indien daar probleme met die onderhoud is nadat die egskeiding deur is, kan hierdie probleme na die Onderhoudsbeampte by die landdroshof geneem word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,683
Of die een party vir die onderhoud of ondersteuning van die ander party aanspreeklik gaan wees, sal van die omstandighede afhang. Indien die partye nie ooreen kan kom oor hoeveel betaal moet word nie, sal die hof besluit.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,684
Omdat Hindoe en Moslem huwelike nie ten volle as wettige huwelike erken word nie, het die vrou geen regstatus om onderhoud na die egskeiding te eis nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,685
Hoe die gesinseiendom verdeel gaan word, sal afhang van watter eiendomstelsel die paartjie aangeneem het toe hulle in die huwelik getree het. Dit sal gewoonlik in die huweliksvoorwaarde-ooreenkoms uiteengesit word en, as daar geen voorhuwelikse kontrak is nie, sal dit deur die wet bepaal word.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,686
Die verstekregstandpunt is dat burgerlike huwelike binne gemeenskap van goedere met aanwas is. Dit beteken dat alles wat u besit, gedeel word met die insluiting van eiendom en skuld. Aanwas beteken dat alles wat u verdien of gekoop het nadat u getroud is, ook deel word van die gesamentlike boedel.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,687
Indien u sou skei, word die gedeelde eiendom gelyk tussen u verdeel. Enige skuld word ook gedeel.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,688
buite gemeenskap van goedere met aanwas.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,689
Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere sonder aanwas is, hou elke persoon sy/haar eie eiendom van voor die huwelik en hou wat hulle ook al gedurende die huwelik verdien of bekom het.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,690
Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere met aanwas is, hou elke persoon sy/haar eiendom van voor die huwelik, maar alles wat gedurende die huwelik bymekaargemaak is, word gedeel. Sommige goed soos erflatings of geskenke word nie ingesluit nie.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,691
Die verstekeiendomstelsel het vir verskillende mense op verskillende tye verander. Die wette wat gegeld het toe u getroud is, sal bepaal watter eiendomstelsel op u huwelik van toepassing is.
1,692
GOV-ZA.595.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt
24,692
n Burgerlike huwelik moet deur 'n hof ontbind word.