document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,361
Swanger meisies en vroue word na moedersorgdienste of obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's) in stedelike gebiede verwys, en na satelliet- of vaste klinieke in die plattelandse gebiede. OEV's is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Dit is raadsaam vir verwagtende moeders om hulle eerste besoek aan die kliniek voor 20 weke te reël, of so gou moontlik daarna.
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,362
Die moeder word 'n volle aanvanklike assessering gegee en kry voorligting ten opsigte van wanneer sy vir haar eerste voorgeboortebesoek moet kom. Die swangerskap word deur gereelde opvolgbesoeke gemoniteer. Die moeder se gesondheid word ook deeglik gemoniteer. Sy word geweeg, haar bloeddruk word geneem en haar urine getoets. As daar geen komplikasies is nie, behoort sy ná twee weke vir haar eerste opvolgbesoek na die kliniek terug te kom vir die uitslae van die toetse wat tydens die eerste besoek gedoen is. Hierna moet sy elke ses weke na die kliniek terugkeer tot op 28 weke, dan op 34 weke, en daarna soos aangedui deur die kliniek-/OEV-personeel. Die frekwensie van besoeke kan van gebied tot gebied verskil.
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,363
Swanger moeders word gesif vir moontlike risiko's vir hulle gesondheid en die gesondheid van die fetus. Sowel tienermeisies as vroue ouer as 35 jaar wat swanger is, word as hoërisikogevalle beskou. Dit beteken hulle is meer geneig om komplikasies tydens swangerskap en die geboorte te ondervind. Swanger vroue kan ook as hoërisikopasiënte beskou word indien hulle verhoogde bloeddruk het, 'n geskiedenis van genetiese afwykings, 'n meerling-swangerskap of as hulle voorheen chirurgie, soos 'n keisersnee, gehad het. Moeders wat as hoërisikogevalle, gediagnoseer word, word verder na die voorgeboorteklinieke vir buitepasiënte by die sekondêre- of tersiêrevlakhospitale verwys, waar verdere ondersoeke en siftingstoetse uitgevoer word. Moeders met hoërisiko- swangerskappe word aangeraai om voorgeboorteklinieke vir buitepasiënte so dikwels nodig by te woon.
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,364
As u 'n gesondheidsorgfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. In stedelike gebiede word laerisiko-swangerskappe deur die OEV's (kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskappe bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte) gehanteer, en op die platteland deur satelliet- en vaste klinieke. Hoërisiko-swangerskappe word deur buitepasiëntklinieke by stedelike en plattelandse streekhospitale en tersiêre hospitale gehanteer.
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,365
Dienste is gratis.
1,660
GOV-ZA.595.services.11504.6396.2010-03-24.af.txt
24,366
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,368
Moeders kan geboorte skenk by vaste klinieke of by obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens, wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Indien daar tydens die geboorte komplikasies ontstaan, kan hulle verder na 'n hospitaal verwys word. Moeders wat MIV-positief is, kan by die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag-diens aansluit.
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,369
Verwagtende moeders word aangemoedig om 'n geboortemetgesel (man/vriend/familielid), wat in die diens as 'n doula bekend staan, saam te bring om met die geboorteproses by te staan. Daar is vasgestel dat moeders wat deur 'n doula vergesel word, minder pynmedikasie benodig omdat hulle voel hulle word ondersteun. Moeders kan 'n geboorteposisie (bv. hurk) versoek wat hulle die gemaklikste laat voel.
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,370
Die gesondheidsfasiliteit gee aan alle moeders 'n Pad-na-Gesondheid-kaart wanneer die baba gebore word. Hierdie kaart word by die huis gehou en moet aan die suster oorhandig word met opvolgbesoeke aan die kliniek. Die kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se gesondheid van geboorte tot op vyfjarige ouderdom.
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,371
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart, indien u een het.
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,372
Dienste is gratis.
1,661
GOV-ZA.595.services.11504.6398.2010-03-24.af.txt
24,373
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,375
Nageboortedienste raak beskikbaar nadat die moeder en haar pasgebore baba uit die OEV of kliniek ontslaan is. Dit gebeur gewoonlik ses uur ná die geboorte indien die moeder en baba albei in goeie gesondheid verkeer.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,376
Ná die geboorte moet die klein kindjie se naelstring vir drie dae elke dag tydens opvolgbesoeke aan die kliniek nagegaan word om seker te maak dat dit nie ontsteek raak nie.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,377
Kliniekpersoneel staan moeders by met borsvoeding of ander voedingsopsies om seker te maak dat die baba genoeg melk kry.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,378
As die baba 'n lae geboortegewig het, word moeders opgelei in kangaroe-moedersorg (KMS). Hierdie vorm van versorging behels dat die baba in 'n doek en 'n kappie aangetrek word en dan in 'n regop posisie teen die moeder se naakte bors, tussen haar borste en binne-in haar bloese geplaas word en te alle tyd daar gehou word. Indien moontlik moet die baba met moedersmelk gevoed word. Die baba se vordering word gemonitor tydens opvolgbesoeke aan 'n spesiale KMS-kliniek. Die baba se vader of ander lede van die gesin kan ook KMS doen.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,379
Die moeder se gesondheid word gesien as net so belangrik as dié van die pasgebore baba. Moeders word tydens opvolgbesoeke by die kliniek ondersoek om seker te maak dat die uterus (baarmoeder) na sy oorspronklike posisie teruggekeer het. Die personeel by die kliniek sal ook aanbied om aan moeders voorligting te gee oor beskikbare voorbehoedmiddels/gesinsbeplanningsopsies.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,380
Party vroue sukkel met die eise wat aan nuwe moeders gestel word en die personeel by die kliniek is opgelei om hulle te assesseer om vas te stel of hulle aan bababedruktheid, nageboortelike depressie of nageboortelike psigose ly. As daar 'n probleem is, kan die moeder berading ontvang, medikasie gegee word of na sekondêre of tersiêre hospitale verwys word vir verdere assessering of behandeling.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,381
As u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,382
Moedersorgdienste is gratis.
1,662
GOV-ZA.595.services.11504.6400.2010-03-24.af.txt
24,383
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,385
Fetale-alkoholsindroom of FAS is die algemeenste voorkombare vorm van intellektuele gestremdheid in die wêreld, en tog is dit 'n ernstige openbaregesondheidsprobleem in die Wes-Kaap.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,386
FAS beskryf kinders wat groeivertraging en fisiese abnormaliteite en afwykings van die sentrale senustelsel vertoon as gevolg van blootstelling aan alkohol terwyl hulle moeders hulle verwag het. Alkohol kan onomkeerbare skade aan die ontwikkelende fetus veroorsaak.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,387
Die diens is tweeledig. Eerstens beoog dit om FAS te voorkom deur opvoeding, inligting en voorligting aan moeders omtrent die gevare van drank terwyl hulle swanger is.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,388
Tweedens beoog dit om geaffekteerde kinders te diagnoseer en te behandel. Afgesien van fisiese abnormaliteite kan kinders met FAS ook neurologiese, gedrags- en leerprobleme hê. Programme word tans ontwikkel om hoërisiko-moeders te identifiseer en by te staan en om kinders met FAS so vroeg moontlik te diagnoseer. Alhoewel baie van hierdie kinders leerprobleme ervaar, word programme met betrekking tot stimulering en hantering ontwikkel om ouers en versorgers by te staan.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,389
Enige alkohol wat deur 'n swanger moeder ingeneem word: Dit is nie veilig om enige alkohol tydens swangerskap te gebruik nie!
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,390
Die tydstip gedurende swangerskap waarop alkohol gedrink word.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,391
Hoe ouer die swanger moeder is wat alkohol gebruik, des te hoër die risiko vir die fetus.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,392
Indien die moeder aanhou drink, raak die gevolge wat alkohol vir die ontwikkelende fetus inhou, erger met elke daaropvolgende swangerskap.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,393
Genetiese faktore: die genetiese samestelling van die moeder en/of fetus kan hulle beskerm teen die uitwerking van alkohol, of hulle juis kwesbaar maak.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,394
Die gesondheid en voedingstatus van die moeder.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,395
Die lae opvoedingspeil van die moeder.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,396
Die aanwesigheid van 'n drinkmaat.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,397
U kan hierdie diens by primêregesondheidsorgklinieke, voorgeboortelike klinieke of by sekondêre en tersiêre hospitale kry indien u verder verwys word.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,398
As u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart. Indien u bekommerd is oor u alkoholinname of vrae aan die gesondheidswerker wil vra, doen dit gerus.
1,663
GOV-ZA.595.services.11504.6425.2010-03-24.af.txt
24,399
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,664
GOV-ZA.595.services.11504.6433.2010-03-24.af.txt
24,401
Daar word beraam dat 150 000 kinders wat jaarliks in Suid-Afrika gebore word, deur 'n beduidende geboortedefek of genetiese afwyking geaffekteer word teen die tyd dat hulle vyf jaar oud is.
1,664
GOV-ZA.595.services.11504.6433.2010-03-24.af.txt
24,402
Die Wes-Kaap fokus ook hierop (met die uitsondering van albinisme, wat 'n lae voorkoms het), terwyl FAS die hoogste prioriteit het.
1,664
GOV-ZA.595.services.11504.6433.2010-03-24.af.txt
24,403
Die diens beoog om te verhoed dat kinders met hierdie toestande gebore word deur betyds gepaste genetiese voorligting aan hoërisiko-individue en/of pare te gee. Ten einde dit te kan doen, moet hierdie individue eers geïdentifiseer word. Hulle kan geïdentifiseer word via die bestaande dienste by die klinieke van waar hulle na die gespesialiseerde genetiese dienste wat via uitreikprogramme in plattelandse gebiede en deur tersiêre sentrums in Kaapstad aangebied word, verwys sal word.
1,664
GOV-ZA.595.services.11504.6433.2010-03-24.af.txt
24,404
Enigeen wat geaffekteer is of wat 'n familielid het wat geaffekteer is, of wat bekommerd is oor moontlike genetiese defekte, kan by 'n primêregesondheidsorgkliniek aanmeld waarvandaan hulle verder verwys sal word.
1,664
GOV-ZA.595.services.11504.6433.2010-03-24.af.txt
24,405
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,665
GOV-ZA.595.services.11504.6521.2010-03-24.af.txt
24,407
Vroue wat vervroegde menopouse ervaar (voor die ouderdom van 45 jaar) of wat in menopouse is en ongemaklike simptome ervaar, kan 'n ginekologiese assessering en ondersoek ondergaan. Hormonale toetse kan gedoen word om op behandeling te besluit. Vroue kan berading vra om te besluit op die beste behandelingsopsie.
1,665
GOV-ZA.595.services.11504.6521.2010-03-24.af.txt
24,408
Jy kan jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek besoek, en na gelang van die probleem, kan jy verwys word na die ginekologiese dienste van 'n streekshospitaal of tersiêre hospitaal (Groote Schuur of Tygerberg) vir hormonale toetse, verdere ondersoeke en behandeling. Jy het 'n verwysing nodig om streeks- of tersiêre hospitale waar ginekologiese dienste aangebied word, te besoek. As jy vir die eerste keer besoek aflê, sal jy 'n vorm moet invul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart as jy voorheen by die relevante fasiliteit geregistreer het.
1,665
GOV-ZA.595.services.11504.6521.2010-03-24.af.txt
24,409
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis as jy nie lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, kan koste daaraan verbonde wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Dit mag nodig wees om te betaal vir medikasie soos Hormoonvervangingsterapie. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
1,665
GOV-ZA.595.services.11504.6521.2010-03-24.af.txt
24,410
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,666
GOV-ZA.595.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt
24,412
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
1,666
GOV-ZA.595.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt
24,413
Geestesgesondheidsdienste vir binne- en buitepasiënte is beskikbaar vir kinders en volwassenes gedurende tydperke wanneer hul behoefte aan geestesgesondheidsorg meer intensiewe en omvattende sorg vereis as wat op die primêre vlak van sorg beskikbaar is.
1,666
GOV-ZA.595.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt
24,414
Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primêre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels.
1,666
GOV-ZA.595.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt
24,415
Die Primêre Gesondheidsorgdiens spoor algemene geestesgesondheidstoestande op, diagnoseer en behandel dié toestande, en reël die verwysing van meer ingewikkelde geestesgesondheidsprobleme na meer gepaste vlakke van geestesgesondheidsorg.
1,666
GOV-ZA.595.services.11505.11505.2010-03-24.af.txt
24,416
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,418
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,419
Geestesgesondheidsdienste vir binne- en buitepasiënte is beskikbaar vir kinders en volwassenes gedurende tydperke wanneer hul behoefte aan geestesgesondheidsorg meer intensiewe en omvattende sorg vereis as wat op die primêre vlak van sorg beskikbaar is.
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,420
Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primêre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels.
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,421
Die Primêre Gesondheidsorgdiens spoor algemene geestesgesondheidstoestande op, diagnoseer en behandel dié toestande, en reël die verwysing van meer ingewikkelde geestesgesondheidsprobleme na meer gepaste vlakke van geestesgesondheidsorg.
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,422
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,667
GOV-ZA.595.services.11505.2010-03-24.af.txt
24,423
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,425
Die Primêre Gesondheidsorgdiens spoor algemene geestesgesondheidstoestande op, diagnoseer en behandel dié toestande, en reël die verwysing van meer ingewikkelde geestesgesondheidsprobleme na meer gepaste vlakke van geestesgesondheidsorg.
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,426
As jy aan 'n geestesgesondheidstoestand ly, kan jy na jou plaaslike kliniek gaan waar 'n gesondheidswerker jou sal assesseer en aanvanklike behandeling sal aanbied.
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,427
Die Departement van Gesondheid gee ook gedeeltelike subsidies aan NRO's in sommige streke wat groephuise het vir volwassenes met geestesiektes en dagsorgsentrums vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar met diepgaande en ernstige intellektuele gestremdhede. Navrae oor plek by hierdie fasiliteite wat deur NRO's bedryf word, moet aan die betrokke NRO gerig word.
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,428
Persone wat 'n plaaslike kliniek die eerste keer besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word as jy 'n hospitaal besoek. Hospitale sal jou vra om jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) te toon. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,429
Wat Is Geestesgesondheid?
1,668
GOV-ZA.595.services.11505.6435.2010-03-24.af.txt
24,430
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,432
Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primêre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,433
Kliënte met probleme met die misbruik van dwelmmiddels kan toegang kry tot behandeling by klinieke vir primêre geestesgesondheid.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,434
Detoksifikasie vir buitepasiënte kan, indien nodig, op primêre vlak aangebied word. Kliënte wat van dwelmmiddels afhanklik is, kan, afhangend van die middel en ander faktore, matige tot erge onttrekkingsimptome ervaar wanneer hulle ophou om die middels te gebruik. Detoksifikasie is 'n mediese ingryping wat help om die fisiese en psigologiese impak te beperk en om moontlike mediese risiko's van onttrekking van die middel te bestuur voordat die kliënt vir verdere behandeling en rehabilitasie gaan.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,435
Wanneer 'n kliënt se probleem met die misbruik van dwelmmiddels meer intensiewe dienste benodig, is die onderstaande dienste beskikbaar.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,436
Streekshospitale (sekondêre vlak) bied detoksifikasiedienste aan vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid voor toelating tot die sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik vir verdere behandeling en rehabilitasie.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,437
De Nova Behandelingsentrum in Kraaifontein word ten volle deur die Departement van Maatskaplike Dienste gesubsidieer en verskaf binnepasiëntbehandeling vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid. Die diens is vir behoeftige kliënte en vir dié wat deur die kriminele regstelsel verwys is. Psigiatriese en psigologiese dienste word op 'n sessiebasis aangebied deur professionele geestesgesondheidswerkers wat in diens van die Departement van Gesondheid is.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,438
Sekere sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik wat deur nie-regeringsorganisasies bedryf word, is geregistreer by en word gedeeltelik gesubsidieer deur die Departement van Maatskaplike Dienste. 'n Paar private sentrums vir die behandeling van dwelmafhanklikheid is deur die Departement van Gesondheid gelisensieer om programme vir die misbruik van dwelmmiddels, met inbegrip van detoksifikasieprogramme, aan te bied. Stikland Hospitaal bied ook 'n alkoholrehabilitasiediens vir binnepasiënte aan.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,439
Elke sentrum het spesifieke prosedures vir verwysing. Inligting oor hierdie prosedures kan verkry word deur die sentrums te skakel. Kontakbesonderhede van die sentrums verskyn in die geestesgesondheidsgids.
1,669
GOV-ZA.595.services.11505.6449.2010-03-24.af.txt
24,440
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,442
Die Geïntegreerde Voedingsprogram streef daarna om die voedingstatus van al die mense in die Provinsie Wes-Kaap te verbeter.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,443
Wat is wanvoeding?
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,444
Wanvoeding is 'n ernstige probleem in Suid-Afrika en dit is een van die faktore wat die meeste bydra tot kindersiektes en -sterftes. Daar word beraam dat ongeveer 30% van Suid-Afrika se kinders se groei vertraag word as gevolg van 'n gebrek aan toereikende voeding gedurende hul vroeë lewensjare.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,445
Onvoldoende voedselinname, siekte en psigologiese stres/trauma is die belangrikste onmiddellike oorsake van wanvoeding. Armoede en 'n gebrek aan hulpbronne is basiese faktore wat tot wanvoeding bydra. Die Geïntegreerde Voedingsprogram probeer om hierdie stille epidemie op verskillende maniere te hanteer.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,446
Op die vlak van primêre gesondheidsorg sal kinders wat ondersoek word en as ondervoed geïdentifiseer word (dit sluit kinders en volwassenes wat MIV-positief is en dié met tuberkulose in) voedingaanvullings, met inbegrip van versterkte mieliemeel en 'n hoë-energiedrankie, ontvang. Aanvullings word volgens sekere kriteria aan geïdentifiseerde kliënte gegee. Gesondheidswerkers verskaf ook berading, inligting en opvoeding oor gesonde diëte en die gesondste maniere om voedsel voor te berei. Dieetkundiges lewer gespesialiseerde dienste aan die gemeenskap.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,447
Om te help om wanvoeding in die vroeë kinderjare te bekamp, moedig gesondheidswerkers vroue aan om hul kinders tot op die ouderdom van ses maande uitsluitlik te borsvoed en om daarna aan te gaan met borsvoeding saam met die gepaste komplementêre kossoorte totdat die kind twee jaar oud is. Ander voedingsopsies word bespreek met moeders wat MIV-positief is. Volgens die inisiatief vir babavriendelike hospitale is Vredendal Hospitaal en Groote Schuur se Kraamsentrum babavriendelike hospitale in die Provinsie.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,448
Alle kinders word gereeld geweeg as deel van die groeimoniteringsprogram, 'n sensitiewe aanduider van die kind se groei. Die kind se gewig word op die Pad na Gesondheid-kaart aangeteken. Daar word ondersoek ingestel na onderliggende oorsake vir gewigsverlies, byvoorbeeld aansteeklike siektes, 'n tekort aan voedsel by die huis en kinderverwaarlosing. Aansteeklike siektes speel 'n groot rol in ondervoeding en hierdie siektes word op die vlak van primêre gesondheidsorg behandel. Diarreesiektes is nou verwant aan swak omgewingshigiëne (sanitasie en watervoorsiening) en ondervoeding of swak voeding van 'n baba, wat die kind meer kwesbaar maak vir ernstige en uitgerekte diarree.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,449
Armoedige huishoudings word geïdentifiseer en na een van die regering se programme vir armoedeverligting verwys. Daar word intersektoraal aandag gegee aan voedselsekuriteit van huishoudings, en die toepaslike ingrypings en ondersteuning word verskaf.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,450
Die beheer van tekorte aan mikronutriënte is 'n noodsaaklike deel van die diens. Mikronutriënte is natuurlike stowwe soos vitamiene en minerale wat in klein hoeveelhede in kos aangetref word en wat baie belangrik is vir die instandhouding van goeie gesondheid. Die Geïntegreerde Voedingsprogram verskaf vitamien A-aanvullings aan geteikende kinders. Kinders met 'n tekort aan vitamien A verloor gewig, groei nie behoorlik nie en is meer geneig om infeksies op te doen en daarvan te sterf. 'n Tekort aan vitamien A beskadig ook die oë en is een van die belangrikste oorsake van blindheid onder kinders.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,451
Kinders met 'n lae geboortegewig ontvang vitamien A-kapsules wat hul immuunstelsel bevorder en help met die kind se ontwikkeling en groei. Babas van 6 tot 11 maande ontvang 'n enkeldosis vitamien A (100 000 IU) om ernstige siektes te voorkom. Kinders van 12 maande tot vyf jaar ontvang 'n enkeldosis van 200 000 IU op 12 maande en dan 'n dosis van 200 000 IU elke ses maande tot die ouderdom van vyf jaar.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,452
Bykomende dosisse vitamien A word gegee aan kinders wat aan ernstige wanvoeding ly of wat aanhoudend aansteeklike siektes het soos diarree, masels of MIV-infeksie.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,453
Gewigsverlies by kinders kan ook die gevolg wees van besmetting met wurms, en dit kan met ontwurmingsmedikasie by die kliniek behandel word.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,454
Opvoeding, inligting en berading oor voeding word op alle vlakke van sorg aangebied vir mense wat beroerte gehad het, aan hoë bloeddruk, diabetes, MIV/vigs en tuberkulose ly.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,455
Die voedingsprogram vir primêre skole is beskikbaar by subekonomiese skole wat spesifiek geïdentifiseer is. Hierdie skemas word tans saam met die Departement van Onderwys aangebied. Die provinsiale regering streef daarna om teen 2004 125 000 kinders by 847 primêre skole in die Provinsie te bereik met die voedingsprogram by skole.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,456
Die Geïntegreerde Voedingsprogram dra ook by tot die institusionele versorging van kliënte deur voedseldiensstelsels vir die voorsiening van gebalanseerde voeding.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,457
Persone wat die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) verlang. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
1,670
GOV-ZA.595.services.11512.6451.2010-03-24.af.txt
24,458
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,460
Beroepsgesondheid het te doen met die gesondheid en veiligheid van werknemers by die werk. Die doel van die beroepsgesondheidsdienste is om gesondheid, 'n veilige en bevredigende werksomgewing, en 'n gesonde, aktiewe en produktiewe werker te verseker. Daar is egter werkplekke wat onveilig is, en dit beïnvloed die gesondheid van die werkers.
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,461
Professionele persone by alle gesondheidsfasiliteite wat met beroepsgesondheid te doen het (dokters/verpleegkundiges), is opgelei om werknemers met chroniese siektes en beserings as gevolg van beserings in die werkplek of as gevolg van blootstelling aan gevaarlike stowwe by die werk te identifiseer, te diagnoseer, te behandel en te rehabiliteer.
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,462
Inspekteurs van die Inspeksie- en Toepassingsdienste van die Nasionale Departement van Arbeid (kyk arbeidsdienste) bring roetinebesoeke aan fabrieke en ander werkplekke. Hulle maak seker dat die werkplek voldoen aan die gesondheids- en veiligheidstandaarde wat neergelê word deur die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Wet 85 van 1993, wat deur die Departement van Arbeid geadministreer word. Die inspekteurs adviseer bestuurders en eienaars oor maniere waarop werksomstandighede waar nodig verbeter kan word, en mag die arbeidswet toepas deur kennisgewings oor oortredings te bedien, dienste op te skort en persone te vervolg.
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,463
Omgewingsgesondheidspraktisyns wat ingevolge die Wet op Gesondheid, Wet 63 van 1977, werk, kontroleer net sekere werkplekke soos restaurante, lughawens en hawens om seker te maak dat hulle aan gesondheidsregulasies voldoen.
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,464
Het die werk wat ek doen my gesondheidsprobleme veroorsaak?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,465
Vererger die werk wat ek doen die siekte of besering?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,466
Ondervind ek simptome binne 'n sekere tyd nadat ek klaar gewerk het?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,467
Ondervind enige van my kollegas soortgelyke simptome?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,468
Sal dit wat ek nou doen my gesondheid oor 10 of 15 jaar benadeel?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,469
Is my werksomgewing veilig?
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,470
Onthou dat indien jy beseer word of siek raak as gevolg van die werk wat jy doen, jy vergoeding kan eis. Vergoeding word deur die Departement van Arbeid geadministreer en nie deur die Departement van Gesondheid nie. Jy kan vergoed word vir alle redelike mediese koste.
1,671
GOV-ZA.595.services.11513.6453.2010-03-24.af.txt
24,471
As jy siek is as gevolg van blootstelling by die werk of werkspraktyke, of as jy by die werk beseer word, moet jy dit by jou werkgewer aanmeld. Die werkgewer word volgens wet verplig om jou na 'n gesondheidsfasiliteit te stuur vir ondersoek en behandeling. Primêregesondheidsorgpersoneel kan jou na 'n sekondêre of tersiêre hospitaal verwys, na gelang van die ingewikkeldheid van die siekte of besering.