document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,640 | GOV-ZA.595.services.11458.93366.2010-03-24.af.txt | 24,141 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,143 | sonering en bouwerk waterbesoedeling afvalbestuur lugbesoedeling vuurwerke informele handeldryf parkering. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,144 | Munisipale Howe hanteer ook sake wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys word wat met verkeersoortredings te doen het. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,145 | Daar is tienMunisipale Howe in die Stad Kaapstad se gebied. Jy behoort 'n verkeersboete van enige plek in die Stad Kaapstad by enige van dié Munisipale Howe te kan betaal. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,146 | Die meeste Munisipale Howe is in die Landdroshowe in daardie gebied geleë. Die Nasionale Departement van Justisie verskaf die landdroste vir die Munisipale Hof. Dié landdroste tree gewoonlik ook in die gewone Landdroshof op. Die Departement lei ook die Klerke van die Munisipale Hof op. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,147 | Die Stad Kaapstad verskaf die aanklaers, persele en administrasie. Die Direkteur van Openbare Vervolgings het stadsraadamptenare die gesag gegee om sake oor munisipale regulasies te vervolg. Die Direkteur het die mag om gesag om te vervolg oor te dra aan enige amptenaar, of enige werknemer. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,148 | As jy 'n verkeersboete wil betaal, moet jy na die navraagkantoor van jou naaste Munisipale Hof gaan. Hulle sal jou stuur na die persoon wat die gebied hanteer waarin jou verkeersoortreding gepleeg is. Jy kan dan die boete by die kontantkantoor betaal. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,149 | Let asseblief daarop dat die navraagkantoor om 3.00nm en die kontantkantoor om 3.30nm sluit. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,150 | As jy 'n dagvaarding ontvang het om in 'n Munisipale Hof te verskyn, sal die betrokke Hof op jou dagvaarding aangedui word, sowel as die tyd en datum waarop jy moet verskyn. |
1,641 | GOV-ZA.595.services.11458.96443.2010-03-24.af.txt | 24,151 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,153 | Daar is talle organisasies in Suid-Afrika wat oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe met die Jeug werk. Dit sluit nie-winsgewende organisasies, geloof-gegronde organisasies, regerings-geborgde inisiatiewe en gemeenskap-gesteunde inisiatiewe in. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,154 | Die Nasionale Jeugkommissie onderhou 'n dataversameling van 135 organisasies in Suid-Afrika wat met jongmense werk. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,155 | Die dataversameling bevat besonderhede van hierdie organisasies, sowel as besonderhede oor hulle dienste en, waar dit moontlik is, verwysings na hulle webblaaie. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,156 | Die dataversameling kan volgens sleutelwoorde deursoek word. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,157 | Soek deur die dataversameling deur die Nasionale Jeugkommissie se webblad te besoek. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,158 | die organisasie se naam die soort diens die provinsie die distrik/metropool. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,159 | Vir meer inligting kan jy die Jeugverbinding Oproepsentrum by 08600 YOUTH (08600 96884) skakel. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,160 | Talle nie-winsgewende organisasies in die Wes-Kaap is by die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting geregistreer. Om uit te vind watter organisasies in jou omgewing bedrywig is, kan jy die lys geregistreerde organisasies aanlyn besigtig. |
1,642 | GOV-ZA.595.services.11463.72588.2010-03-24.af.txt | 24,161 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,643 | GOV-ZA.595.services.11473.72545.2010-03-24.af.txt | 24,163 | Die Umsobomvu Jeugwebtuiste bevat besonderhede oor talle loopbaangeleenthede en die studie-vereistes vir elkeen. |
1,643 | GOV-ZA.595.services.11473.72545.2010-03-24.af.txt | 24,164 | die vereiste tersiëre opleiding moontlike werkgewers nuttige inligtingsbronne oor die loopbaan verwante loopbaanmoontlikhede geleenthede vir beurse. |
1,643 | GOV-ZA.595.services.11473.72545.2010-03-24.af.txt | 24,165 | Umsobomvu het 'n publikasie met die titel"Loopbaanbeplanning en Ontwikkeling: 'n Gids vir Jongmense " die lig laat sien om jou te help om oor jou loopbaan te besluit. |
1,643 | GOV-ZA.595.services.11473.72545.2010-03-24.af.txt | 24,166 | Die webtuiste bevat ook inligting oor hoe om werk te soek. |
1,643 | GOV-ZA.595.services.11473.72545.2010-03-24.af.txt | 24,167 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,644 | GOV-ZA.595.services.11489.2010-03-24.af.txt | 24,169 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,644 | GOV-ZA.595.services.11489.2010-03-24.af.txt | 24,170 | Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word. |
1,644 | GOV-ZA.595.services.11489.2010-03-24.af.txt | 24,171 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,644 | GOV-ZA.595.services.11489.2010-03-24.af.txt | 24,172 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,174 | Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,175 | Die Wet op Mariene Lewende Bronne lê klem daarop dat al die natuurlike mariene lewende bronne van Suid-Afrika en die omgewing waarin hulle leef, 'n nasionale bate en die erfenis van al Suid-Afrika se mense is. Die wet beheer visvangste en help so ons mariene bronne beskerm. Die Wet probeer ook beheer wie toegang tot mariene bronne het om te verseker dat dié bronne regverdig versprei word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,176 | Kragtens die wet moet jy betaal vir die reg om mariene bronne te ontgin. Die geld wat met lisensies en permitte ingesamel word, word gebruik vir navorsing oor en die beskerming van die bronne. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,177 | Almal wat mariene bronne gebruik moet 'n permit hê. Dit sluit ontspannings- en bestaansvissers in. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,178 | Sommige visspesies word deur 'n kwotastelsel beskerm wat keer dat mense meer as 'n sekere hoeveelheid van die soort vis vang of probeer vang. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,179 | Sekere spesies mag net in die oop seisoen gevang word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,180 | In 2000 was daar 'n noodtoestand in die lynvisbedryf omdat daar bepaal is dat 'n aantal lynvisbronne ineengestort het. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het bepaal dat die aantal vaartuie en bemanning beperk sou word tot hoogstens 450 vaartuie en 3 450 bemanningslede. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,181 | Handelsvisvangregte is aan voltydse lynvissers toegeken wat vir hulle voortbestaan van lynvisvang afhanklik is. As gevolg daarvan is 376 visvangregte (2 148 bemanningslede) toegeken. In totaal sal visvangregte aan 450 vaartuie toegeken word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,182 | Die Departement se toekenning van regte sal die werksgeleenthede van 3 450 bemanningslede verseker. Werkgewers in die lynvisbedryf moet nou aan arbeidswette voldoen en sekuriteit vir lynvissers verskaf. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,183 | Mense aan wie regte toegeken is kan sonder beperking snoek en talle ander lynvisspesies vang, waarvan die meeste onderworpe is aan streng sakbeperkings. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,184 | Na nog ondersoeke en samesprekings, sal vrystellings om lynvis te vang aan vaartuie wat in die verlede met tradisionele visdorpies verbind is, toegeken word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,185 | Ontspannings- en kus-lynvisvang word tans deur streng sakbeperkings beheer, wat ons lynvisbronne beskerm deur te keer dat mense te veel vis vang. Dié soort visvangste sal in die toekoms streng volgens die sakbeperkings beheer word. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,186 | Alle kategorië van ontspanningsvissers moet kragtens die Wet op Mariene Lewende Bronne van 1998 (Wet 18 van 1998) ontspanning-visvangpermitte hê. Dié permitte kan landwyd by Poskatore verkry word en kos R50 vir hengelpermitte en R65 vir perlemoen, kreef, visjag en ander permitte. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,187 | Permitte is 'n jaar lank van die dag van uitreiking geldig, behalwe as die permitte vir spesies is wat net binne die seisoen gevang kan word. Dié tipe permitte verval aan die einde van die seisoen. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,188 | Jou permit en identiteitsdokument moet wanneer jy visvang altyd by jou wees. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,189 | Jy mag nie vis wat jy met 'n ontspanningspermit gevang het, verkoop nie. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,190 | Vir verdere inligting kontak 021 402 3911. |
1,645 | GOV-ZA.595.services.11489.21501.2010-03-24.af.txt | 24,191 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,193 | Bejaardes het dikwels gespesialiseerde gesondheidsdienste nodig. Hiermee saam is soms ook ander gespesialiseerde dienste soos behuising of vervoer nodig. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,194 | Hoewel die bestuur van Tehuise vir Bejaardes (TB's) 'n funksie van die Departement van Maatskaplike Dienste is, is die Departement van Gesondheid indirek en direk betrokke by die gesondheidsbehoeftes van bejaardes. Bejaarde pasiënte, met inbegrip van bejaardes met chroniese siektes, het op alle vlakke toegang tot gesondheidsorg vir medikasie, rehabilitasie en ander gesondheidsbehoeftes. Pasiënte kan klinieke en hospitale soos nodig op hulle eie besoek, hetsy van TB's of van hulle eie huise of woonplekke af. Vervoer word deur sommige TB's voorsien. Daarbenewens kontroleer die Departement die voedingsgehalte van maaltye wat by TB's voorsien word. Tuisversorging vir bejaardes is ook beskikbaar en kan via gemeenskapsgesondheidsentra in die Metro verkry word. Hierdie diens sal ná Maart 2004 vir bejaardes in plattelandse gebiede beskikbaar wees. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,195 | Mishandeling van bejaardes is 'n ernstige probleem en word gesamentlik deur die Departemente van Maatskaplike Dienste en Gesondheid en soms ook die Departement van Gemeenskapsveiligheid gehanteer. Die nuwe wet op bejaardes omskryf mishandeling van bejaardes en wie die voorkoms daarvan moet aanmeld. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,196 | Die oorsake van mishandeling is veelvoudig, hoewel dit meer waarskynlik sal voorkom indien die bejaarde persoon fisies afhanklik is, onvoldoende inkomste het om selfstandig te wees, en vergeetagtig, besluiteloos of verward is. Ander moontlike faktore is armoede, werkloosheid, ontoepaslike behuising, huweliksprobleme, alkohol- en dwelmmisbruik en swak kommunikasie met of deur die bejaarde persoon. Van die vyf soorte mishandeling (liggaamlik, emosioneel, finansieel, verwaarlosing en seksueel) is liggaamlike mishandeling die skadelikste, en bring dit liggaamlike, emosionele en psigiese pyn en lyding mee. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,197 | Gesondheidspersoneel op alle versorgingsvlakke kan familielede en vriende inlig oor die tekens waarna hulle kan oplet indien hulle mishandeling van 'n bejaarde vermoed, of dit by 'n bejaarde se huis, in 'n TB, ander instelling of woonplek plaasvind. Gesondheidspersoneel hou 'n register van alle gevalle van mishandeling wat aangemeld word. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,198 | Families en die publiek kan mishandeling by hulle naaste Welsynskantoor aanmeld. Daar is ook 'n nasionale hulplyn (0800 0030 81) waar mishandeling aangemeld kan word. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,199 | Deur die maatskaplike welsynsdienste in 'n noodgeval te skakel kan 'n bejaarde persoon in 'n veilige plek by een van 'n paar tehuise vir bejaardes geplaas word totdat verblyf gereël kan word of die probleem opgelos kan word. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,200 | Gesondheidsdienste voorsien hulptoestelle soos rolstoele aan bejaardes om hulle minder afhanklik te maak. Hulle kan ook aangemoedig word om by ondersteuningsgroepe vir bejaardes aan te sluit. Bejaardes moet aangemoedig word om so lank as moontlik met ondersteuning in hulle eie huise te bly. Bejaardes moet hulle regte ken sodat hulle bemagtig kan word om omstandighede aan te meld wat ongewens is. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,201 | Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,202 | Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste, en op die getal afhanklikes van pasiënte. Daar was planne om alle hulptoestelle van 1 Julie 2003 af gratis te voorsien. |
1,646 | GOV-ZA.595.services.11494.6342.2010-03-24.af.txt | 24,203 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,205 | Moeders/versorgers word aangeraai om hulle pasgebore babas na primêregesondheidsorgklinieke te bring vir gereelde ondersoeke. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,206 | Ontwikkelingsifting word gedoen as 'n roetine tydens besoeke vir immunisering aan die kliniek. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,207 | maande, en maande oud is. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,208 | Die kind word fisies ondersoek en waargeneem. Die siftingstoets help om fisiese en psigososiale ontwikkeling te monitor. Die toetse evalueer of die kind se groei in ooreenstemming is met sy/haar ouderdom en kontroleer ontwikkelingsmylpale soos sit, staan, kruip, loop, praat en hantering van voorwerpe. Die kind se visie en gehoor word ook nagegaan. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,209 | As daar 'n probleem is, word die kind na 'n spesialiskliniek of 'n professionele persoon gemoeid met rehabilitasie, bv. 'n arbeidsterapeut, verwys indien beskikbaar en na gelang van die probleem en die behoeftes van die kind. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,210 | Die bevindinge van die siftingstoets word op 'n kliniekkaart en 'n groeikaart aangeteken, wat albei by die kliniek gehou word. Die kind se gewig word ook op die Pad-na-Gesondheid-kaart aangeteken. Dié kaart word aan die moeder gegee wanneer haar kind gebore word, en sy hou dit by haar. Die Pad-na-Gesondheid-kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se vordering en die moeder moet dit met alle opvolgbesoeke na die kliniek toe saamneem. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,211 | Monitering van groei maak die basis uit van omvattende kindergesondheidsorg. Dit sluit die gereelde bepaling van gewig (en soms lengte) van die kind in. Daar word met geboorte begin om die kind te weeg en dit gaan voort tot die kind vyf jaar oud is. Ideaal gesien, moet die kind se gewig een maal per maand bepaal word tot die ouderdom van twee jaar en dan drie maal per maand tot die kind vyf jaar oud is. Die klinieksuster teken die baba se gewig op die Pad-na-Gesondheid-kaart aan. Die gewig word ook vergelyk met die groeikaart om vas te stel of die gewig binne die aanvaarbare grense vir die kind se ouderdom val. Indien die kind ondergewig is, is daar voedingsaanvullings by klinieke beskikbaar of die kind word na hospitale op die sekondêre of tersiêre vlak verwys. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,212 | Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en u kliniekkaart of 'n hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,213 | Dienste is gratis. |
1,647 | GOV-ZA.595.services.11495.6409.2010-03-24.af.txt | 24,214 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,216 | GHKS is 'n strategie wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se afdeling vir kindergesondheid en ontwikkeling en UNICEF ontwikkel is. Dit is in meer as 30 lande wêreldwyd ingevoer om aan siektesyfers en sterftes by kinders jonger as vyf jaar aandag te gee. Die strategie fokus op die kind as 'n geheel eerder as op 'n enkele siekte of toestand. Siek kinders beland dikwels by primêregesondheidsorgfasiliteite met 'n aantal siektes en moet dan op 'n geïntegreerde wyse by die huis en by die kliniek behandel word. |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,217 | Daar sterf elke jaar omtrent 12 miljoen kinders in ontwikkelende lande voordat hulle hulle vyfde verjaardag bereik, baie tydens hulle eerste lewensjaar. Sewe uit 10 van hierdie sterftes is die gevolg van vyf belangrike siektes: akute asemhalingsinfeksies (veral longontsteking), diarree, masels, wanvoeding, en malaria (wat net in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorkom). |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,218 | Riglyne is deur die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid ontwikkel om die WGO se lys aan te vul en om dit aan te pas om prioriteitstoestande wat kinders in die Wes-Kaap in die besonder aantas, in te sluit. |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,219 | Primêregesondheidsorgpersoneel is opgelei om kinders wat hierdie siektes het, te identifiseer. Siek kinders word geassesseer op grond van hulle simptome en tekens. Behandeling word gegee indien nodig, en die versorger/ouer word voorgelig en geadviseer met betrekking tot die opvolg van die pasiënt. Ernstige siek kinders word dringend na 'n hospitaal verwys, redelike siek kinders kry spesifieke behandeling op primêre- gesondheidsorgvlak en tuis en dié wat net effens siek is, ontvang ondersteunende terapie en berading. |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,220 | Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, as u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring ook die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart. Obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens of primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums bied geïntegreerde hantering van kindersiektes. As u of u kind verder verwys word, sal u na 'n stedelike of plattelandse streekhospitaal of 'n tersiêre hospitaal gestuur word. |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,221 | Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis. |
1,648 | GOV-ZA.595.services.11495.6415.2010-03-24.af.txt | 24,222 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,224 | Die diens is daarop gemik om kinders van geboorte tot 14 jaar oud wat fisies, seksueel of emosioneel mishandel en verwaarloos is, te identifiseer en te behandel. Kinders wat vermoedelik mishandel is, kan na 'n primêregesondheidsorgkliniek geneem word waar hulle gediagnoseer sal word en berading sal ontvang. Die klinieksuster of -dokter sal 'n volledige fisiese ondersoek doen en sal ook die kind se geskiedenis aanteken. Dit is noodsaaklik dat die mishandelde kind so gou moontlik na 'n gesondheidsfasiliteit geneem sal word. Hoe langer uitgestel word, hoe groter is die waarskynlikheid dat die kind erge emosionele en sielkundige trauma sal ervaar. Hou in gedagte dat sommige kinders oor baie jare mishandel is en hulle het dalk nie 'n fisiese ondersoek met die eerste besoek nodig nie, of hulle kan emosioneel mishandel wees en nie seksueel nie, in welke geval hulle berading sal ontvang en dienooreenkomstig behandel sal word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,225 | In die geval waar die kind seksueel mishandel is, moet spesiale ondersoeke uitgevoer word, soos monsters wat geneem word vir forensiese bewyslewering. Die kind kon blootgestel gewees het aan seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) en MIV/Vigs. Behandeling vir SOI's word gewoonlik gegee wanneer die uitslae van die toetse wys dat die kind 'n infeksie het. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,226 | Ouers of versorgers behoort voorligting te kry oor die potensiële risiko dat die kind met die MI-virus geïnfekteer kan wees. Die versorger sal gevra word om sy/haar toestemming te gee dat 'n MIV-toets op die kind uitgevoer kan word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,227 | n Middel teen Vigs (Zidovudine) sal die kind aangebied word indien hy/sy binne 72 uur ná die seksuele mishandeling na die gesondheidsfasiliteit gebring word. Die middel het GEEN impak op die voorkoming van MIV-oordrag nie indien die kind later as 72 uur ná die mishandeling eers na die fasiliteit gebring word. Kinders wat deur 'n mediese fonds gedek word, behoort 'n voorraad AZT vir drie dae te ontvang en 'n voorskrif vir die oorblywende 25 dae. Dié wat nie deur 'n mediese fonds gedek word nie, behoort 'n voorraad vir 'n week te ontvang en 'n datum een week later vir herassessering. Alle kinders moet ná een week aanmeld vir 'n opvolg- assessering om die uitslae van alle toetse te kry. Die res van die AZT behoort tydens daardie besoek gegee te word (die voorraad sal genoeg wees vir drie weke). AZT is beskikbaar by die 52 fasiliteite in die provinsie waar slagoffers van kindermishandeling behandel word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,228 | In gevalle waar dit bekend is dat kinders MIV-positief is, behoort AZT nie gegee te word nie. Sodanige kinders behoort berading te kry en moet na 'n geskikte gesondheidsfasiliteit verwys te word vir langtermynhantering van hulle MIV-status. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,229 | Tienermeisies wat al begin menstrueer het en wat verkrag is, behoort 'n swangerskapstoets te ondergaan om 'n bestaande swangerskap voor die verkragting uit te sluit. Indien hulle binne 72 uur ná die verkragting na die gesondheidsfasiliteit kom, sal hulle berading ontvang en noodkontrasepsie sal toegedien word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,230 | Die gesondheidsdienste werk met die polisie, gemeenskapsveiligheid, maatskaplike dienste en NRO's saam ten einde te probeer om die onaanvaarbare hoë vlakke in kindermishandeling in die Wes-Kaap te bestry. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,231 | Maatskaplike werkers speel 'n essensiële rol daarin om die kind te help om ná die mishandeling te herstel. Die maatskaplike werker sal opvoeding, inligting en berading aanbied. Indien die maatskaplike werker glo dat die kind ná ontslag uit 'n gesondheidsfasiliteit die risiko loop van verdere mishandeling en dat dringende beskerming nodig is, kan hy/sy 'n Vorm 4-aanhoudingsbevel uitreik om die kind na 'n veiligheidsplek te neem. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,232 | Verder, indien 'n kind se geestelike toestand meer gespesialiseerde/psigiatriese intervensies vereis, kan die kind na die geskikte gesondheidsfasiliteit verwys word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,233 | Daar is twee wette wat fisiese/seksuele mishandeling en verwaarlosing van kinders dek. Artikel 15 van die Wysigingswet op Kindersorg sê dat enige persoon wat enigiets te doen het met die versorging van kinders - byvoorbeeld opvoeders, maatskaplike werkers en dokters - en wat vermoed dat 'n kind mishandel is, dit aan die Departement van Maatskaplike Dienste moet rapporteer. Die Wet op die Voorkoming van Gesinsgeweld, Wet 133 van 1993 (Artikel 4), bepaal dat gevalle waar kindermishandeling vermoed word, aan 'n polisiebeampte of 'n kinderwelsynsbeampte of maatskaplike werker gerapporteer moet word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,234 | Rapcan - voorkoming van kindermishandeling: tel. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,235 | Kinderlyn Suidelike Afrika: 24-uur tolvrye hulplyn - 0800 055 555. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,236 | Daar is 52 gesondheidsorgfasiliteite in die provinsie wat verbind is tot die hantering van kinders en volwassenes wat mishandel is. Indien u nie na een van hierdie fasiliteite kan gaan nie, gaan na u naaste gesondheidsorgfasiliteit. As u vermoed dat 'n kind mishandel is, kan u die kind direk na 'n primêregesondheidsorgkliniek neem. Mishandelde kinders kan deur die Kinderbeskermingseenheid, 'n polisiebeampte of maatskaplike werkers na 'n kliniek verwys word. |
1,649 | GOV-ZA.595.services.11495.6420.2010-03-24.af.txt | 24,237 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,650 | GOV-ZA.595.services.11497.11497.2010-03-24.af.txt | 24,239 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,650 | GOV-ZA.595.services.11497.11497.2010-03-24.af.txt | 24,240 | Chroniese Gesondheidsorg n Chroniese siekte is een wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hoë bloeddruk (hipertensie). |
1,650 | GOV-ZA.595.services.11497.11497.2010-03-24.af.txt | 24,241 | Die diens is daarop gerig om oogtoestande wat blindheid tot gevolg het, te voorkom en om mense te behandel wat sigprobleme het. |
1,650 | GOV-ZA.595.services.11497.11497.2010-03-24.af.txt | 24,242 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,244 | n Chroniese siekte is een wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hoë bloeddruk (hipertensie). |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,245 | Wat is chroniese siektes? |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,246 | Chroniese siektes kan oorerflik wees, maar dit is bekend dat verskeie lewenstyl- en omgewingsfaktore soos die rookgewoonte, ontoepaslike dieet, gebrek aan oefening en oormatige alkoholverbruik risiko's beduidend verhoog. Hierdie faktore is in 'n sekere mate binne die beheer van 'n goed ingeligte persoon, maar daar is dikwels ander faktore, soos armoede, ondervoeding tydens swangerskap en die babajare, genetiese vatbaarheid/geneigdheid en ouderdom, waaroor die individu min of geen beheer het nie. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,247 | Benewens vroeë diagnose, behandeling en die beperking van skade is die fokus van die diens grotendeels op die voorkoming van siekte en die bevordering van gesonde gedrag. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,248 | Chroniese siektes wat prioriteit geniet, is hoë bloeddruk of hipertensie, asma, epilepsie, beroerte, niersiektes, kanker, obstruktiewe longsiekte en Diabetes Tipe 2. (Diabetes Tipe 1, wat meesal in die vroeë kinderjare gediagnoseer word, kom minder algemeen voor.) Die meeste van hierdie siektes is langtermynsiektes en, hoewel baie van hulle nie genees kan word nie, kan hulle beheer word. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,249 | Mense van alle ouderdomme word deur chroniese siektes aangetas, maar die risiko om 'n chroniese siekte te ontwikkel is hoër onder bejaardes; so ook die kans dat die chroniese siekte tot liggaamlike ongeskiktheid kan lei. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,250 | Op die vlak van primêregesondheidsorg berus die diens op voorkoming, deur mense oor die voordele van 'n gesonde lewenstyl op te voed. Elke kliniek het 'n personeellid wat oor die vaardighede beskik om chroniese toestande by pasiënte van alle ouderdomme te diagnoseer en dit te behandel. Dit is vir pasiënte moontlik om dieselfde verpleegster vir opvolgbesoeke te sien as hulle gereeld op die bepaalde kliniekdag vir diabetes, hipertensie of asma aanmeld. Hulle ontvang 'n spesiale kaartjie of plakker op hulle lêer wat gebruik word om deurlopende gesondheidsorg te verseker. Berading en pasiëntsamewerking maak ook deel van die diens uit. Dokters/mediese beamptes besoek van tyd tot tyd klinieke om pasiënte met chroniese siektes te evalueer. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,251 | Reëlings word deur die kliniek getref om pasiëntvervoer tot die minimum te beperk (veral vir bejaardes) deur 'n voorraad middels voor te skryf wat van een tot drie maande sal hou. Die personeel fasiliteer dikwels die totstandkoming van klubs en spesiale ondersteuningsgroepe vir mense met chroniese siektes. Hierdeur word 'n pasiënt in staat gestel om meer inligting oor spesiale sorg en gesondheidsopvoeding oor hulle toestand te bekom. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.