document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,252 | Indien komplikasies ontstaan, word pasiënte na die volgende vlak van gesondheidsorg verwys. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,253 | Asma affekteer volwassenes en kinders. Dit is 'n chroniese inflammasie van die lugweë en word deur 'n allergie veroorsaak. Asma kan nie genees word nie, maar kan doeltreffend behandel word deur daagliks voorkomende medikasie te neem. Die evaluering en behandeling van volwassenes vind by primêregesondheidklinieke plaas waar kliënte ondersoek word, spesiale ondersoeke uitgevoer word en behandeling voorgeskryf word. Kliënte word opgevoed oor hoe om hulle asma te bestuur en ingelig oor faktore wat dit kan vererger, soos sigaretrook, gebrek aan oefening en huisstofmyte. Vir kliënte wat ernstige asma-aanvalle kry, mag noodbehandeling en verwysing na 'n hospitaal nodig wees. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,254 | Hipertensie of hoë bloeddruk is 'n lewenstylsiekte wat voorkom en behandel kan word. Indien die bloeddruk te lank hoog bly, kan ernstige komplikasies intree. Dit kan die bloedvate, die hart, die niere en die oë aantas. Die gevolge van hipertensie kan beroerte, hartsiekte of nierversaking en selfs die dood insluit. Op die vlak van primêregesondheidsorg sal kliënte met hoë bloeddruk ingelig word oor hoe om hulle algemene gesondheid te verbeter en ander risikofaktore vir hartsiekte te verminder, deur bv. oefening te kry, die rookgewoonte te laat vaar en die gebruik van alkohol en dwelms te staak, en soutinname te verminder. Indien die bloeddruk hierna hoog bly, sal behandeling voorgeskryf word. Vir gereelde ondersoeke en medikasie moet kliënte die kliniek besoek. Ernstige komplikasies soos beroerte, hartsiekte en nierversaking moet op hospitaalvlak behandel word. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,255 | Chroniese gesondheidsdienste op al drie vlakke - primêr, sekondêr en tersiêr - fasiliteer die lewering van welsynsdienstoelaes aan mense wat dit nodig het. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,256 | Hierdie dienste is by alle klinieke en hospitale regdeur die Wes-Kaap beskikbaar. Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,257 | Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasiënt se verdienste en die getal afhanklikes van pasiënte. |
1,651 | GOV-ZA.595.services.11497.5788.2010-03-24.af.txt | 24,258 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,652 | GOV-ZA.595.services.11498.2010-03-02.af.txt | 24,260 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,652 | GOV-ZA.595.services.11498.2010-03-02.af.txt | 24,261 | Verskeie staats- en nie-regeringsorganisasies bied noodreddings- en vervoerdienste aan. Hierdie nooddienste verskaf kitsbystand aan pasiënte en neem sulke pasiënte ook hospitaal toe. |
1,652 | GOV-ZA.595.services.11498.2010-03-02.af.txt | 24,262 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,652 | GOV-ZA.595.services.11498.2010-03-02.af.txt | 24,263 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,265 | n Persoon wat wil vasstel of hulle met MIV geïnfekteer is, kan na 'n kliniek of enige openbare gesondheidsfasiliteit gaan vir Vrywillige Toetsing en Berading (VTB). "Vrywillig" beteken dat die persoon self besluit om die toets te ondergaan. Niemand kan gedwing word om 'n MIV-toets te ondergaan nie. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,266 | Die drie hoofstappe wat gevolg word, is voortoetsberading, toetsing en natoetsberading. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,267 | Voortoetsberading word voor die MIV-toets deur 'n dokter, verpleegsuster of opgeleide lekeberader gegee om seker te maak dat die persoon genoeg weet om 'n ingeligte besluit oor 'n MIV-toets te neem. Die gesprek is privaat en vertroulik en sluit inligting oor MIV-vigs en die toets in. Die persoon kan ná voortoetsberading nog steeds die MIV-toets weier. Indien die persoon besluit om die toets te ondergaan, moet hy of sy 'n toestemmingsvorm onderteken. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,268 | Toestemming kan ook deur volmag gegee word. Dit beteken dat een persoon wetlik geregtig is om namens 'n ander persoon toestemming te gee. 'n Ouer of voog van 'n kind jonger as 14 jaar kan byvoorbeeld toestemming gee vir 'n MIV-toets op die kind. Kinders wat 14 jaar of ouer is en toestemming gegee het vir 'n MIV-toets, moet self hulle toetsuitslae ontvang. Die inligting mag nie sonder hulle toestemming aan hulle ouers verskaf word nie. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,269 | MIV-toetsing vir 'n werknemer by die werkplek word verbied tensy dit deur 'n bevel van die Arbeidshof ooreenkomstig die Wet op Diensbillikheid, Wet 55 van 1988 Artikel 72 geregverdig word. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,270 | Die MIV-toets is 'n akkurate wetenskaplike toets wat aantoon of 'n persoon met MIV geïnfekteer is en word gewoonlik op 'n bloedmonster van die persoon uitgevoer. Die meeste klinieke gebruik 'n sneltoets, wat beteken dat die resultate binne sowat 20 minute beskikbaar is. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,271 | Die sneltoetsresultate word tydens die natoetsberading aan die persoon gegee. Die sessie is vertroulik en dit is onwettig vir enige gesondheidswerker of berader om 'n negatiewe of positiewe toetsresultaat sonder die toestemming van die persoon wat getoets is aan enige ander persoon bekend te maak. 'n Persoon wat MIV-negatief is, sal berading kry oor die gevare van riskante seksuele gedrag en ingelig word oor veilige sekspraktyke, soos die gebruik van kondome. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,272 | n Persoon wat MIV-positief is, sal berading kry oor hoe om die nuus te verwerk, en ook inligting oor veilige sekspraktyke en voeding. Die persoon mag deurlopende berading kry of na 'n ondersteuningsgroep of organisasie verwys word. 'n Swanger vrou wat positief getoets word, sal die opsie kry om by die Program vir die Voorkoming van Moeder-na-kind-oordrag aan te sluit. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,273 | Indien u enige vrae oor MIV-vigs het, skakel die gratis 24-uur-vigshulplyn by 0800 012 322. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,274 | Vrywillige toetsing en berading is by die meeste klinieke en gemeenskapsgesondheidsentrums beskikbaar. Indien 'n gesondheidsfasiliteit nie hierdie diens kan lewer nie, moet die persoon verwys word na 'n beradingsagentskap of ander fasiliteit met die vermoë om voor- en natoetsberading te verskaf. Indien u 'n nuwe besoeker aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en sal 'n lêer sal vir u oopgemaak word. Bring u ID-boek saam. |
1,653 | GOV-ZA.595.services.11500.6358.2010-03-24.af.txt | 24,275 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,277 | Anti-retrovirale is medisyne wat gebruik word om mense te behandel wat MIV(Menslike Immuniteitsgebrek Virus) positief is. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,278 | MIV of die Menslike Immuniteitsgebrek Virus , veroorsaak MIV infeksie. Waneer 'n persoon geïnfekteer is met die virus is dit vir die res van hul lewe. MIV veroorsaak op die lang temyn Vigs (Verworwe Immuniteits Gebrek Sindroom). Vigs mag slegs ontwikkel na jare se infeksie met MIV. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,279 | Die MIV word oorgedra van persoon tot persoon deur liggaamsvloeistowwe. Die mees moontlikste manier om met die virus geinfekteer te word is om aan 'n MIV positiewe persoon se seksuele vloeistowwe blootgestel te word gedurende seksuele omgang. Een in elke ses persone in Suid Afrika is MIV positief. 'n Persoon hoef nie baie seksmaats te hê of gereeld seks te beoefen om met MIV geïnfekteer te word nie. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,280 | MIV kan ook oorgedra word deur bloed of deur 'n geïnfekteerde moeder na haar baba tydens swangerskap, geboorte of borsvoeding. Dit kan nie oorgedra word deur soen, deur die deel van eetgerei of deur dieselfde toilet te gebruik nie. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,281 | Voorkoming en bewustheid bly die hoeksteen van die Departement van Gesondheid se benadering tot die behandeling van MIV/Vigs. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,282 | Onthouding van seks - Dit is die enigste onfeilbare beskerming teen MIV-infeksie. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,283 | Wedersydsegetrouheid - Seksmaats moet aan mekaar getrou bly. Hulle moet vry wees van MIV en ander seksueel oordraagbare siektes en met niemand anders seks he nie. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,284 | Gebruik konsekwent 'n kondoom- Gebruik dit elke keer tydens seksuele omgang en gebruik dit reg. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,285 | Jou liggaam het 'n immuun stelsel wat dit beskerm en wat jou gesond hou. MIV val die "soldate" in die immuun stelsel(genoem CD4 selle) aan en maak hulle dood. Sonder hierdie CD4 selle kan jou liggaam nie homself beskerm teen kieme nie. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,286 | Dit neem die MIV baie jare (tussen 3 en 20) om al die CD4 selle te vernietig, dus neem dit 'n lang tyd voor dat daar te min is om die liggaam te beskerm. Dit is baie jare na infeksie wat 'n persoon gesond kan bly. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,287 | Stadium 1: Gedurende hierdie periode is die "soldate" nog redelik sterk. 'n persoon met stadium 1 MIV lyk en voel gewoontlik goed. Kliere wat opswel in die nek en lieste is normaal - dit is 'n teken dat die immuun stelsel die MIV beveg. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,288 | Stadium 2: Soos die CD4 telling daal sal minder erenstige siektes ontwikkel, soos vel uitslag en diarrhoea. Mense met Stadium 2 infeksie kan gewig begin verloor. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,289 | Stadium 3: Tuberkulose is 'n algemene stadium 3 in die Wes-Kaap. Mense met stadium 3 siekte kan sproei in hulle monde opmerk. Meer gewigsverlies en diarrhoea kan voorkom tydens stadium 3 voorkom. Ander infeksies soos longontsteking kan voorkom. Mense met Stadium 3 MIV moet medisyne , genoem co-trimoxazole, elke dag drink. Dit help om bors infeksies en diarrhoea te voorkom. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,290 | Stadium 4: 'n Persoon met stadium 4 MIV infeksie staan gevaar om opportunistiese infeksies te ontwikkel. Hierdie infeksies kom net voor in mense met baie swak immuun stelsels(CD4 tellings van minder as 200 selle/mm3). Wanneer een van hierdie siektes voorkom, word daar gese dat die persoon Vigs het. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,291 | Baie siektes wat MIV geinfekteerde persone ontwikkel kan behandel word, veral waar dit vroegtydig gediagnoseer word. Party ander siektes kan voorkom word. Dit is baie belangrik dat MIV geinfekteerde persone hul verpleegster of dokter gaan spreek indien hulle ongesteld raak, sodat die probleem vroegtydig behandel kan word. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,292 | Anti-retrovirale is medisyne wat vir mense met MIV gegee word om die virus in die bloed te onderdruk. DIT GENEES NIE MIV/Vigs NIE. Dit velaag net die vlakke van die virus in die bloed. Dit laat die immuun stelsel toe om te herstel(die CD4 telling kan toeneem). Mense wat anti-retrovirale middels neem mag vind dat hulle eetlus verbeter, hulle tel gewig op en probleme soos diarrhoea of vel uitslae verbeter. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,293 | Indien anti-retrovirale middels gereeld en korrek geneem word, kan die medisyne die virus in die bloed verlaag tot 'n vlak waar dit nie meer gemeet kan word nie (onopspoorbaar). |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,294 | Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling Mense wat met MIV besmet is hoef nie die ant-retrovirale middles te gebruik terwyl hulle immuun stelsel nog sterk is nie(Stadium 1, 2 en 3). Anti-retrovirale middels moet slegs gebruik word wanneer die immuun stelsel verswak het. Anti-retrovirale behandeling moet oorweeg word wanneer 'n volwasse persoon se CD4 telling 200 selle, of indien hulle 'n erenstige Stadium 4 siekte ontwikkel het. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,295 | Anti-retrovirale medisyne sal net effektief wees indien dit gereeld en korrek gebruik word. Mense wat anti-retrovirale behandeling oorweeg moet bereid wees om elke dag , twee keer op 'n dag tablette te drink. Mense met 'n dwelmmiddel afhanklikheids probleem, soos alkohol misbruik, vind dit moeilik om medisyne betroubaar te neem elke dag. Dwelm misbruik probleme moet eers aangespreek word voordat daar met anti-retrovirale behandeling begin word. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,296 | Kinders benodig anti-retrovirale behandeling wanneer hulle siek word met MIV verwante siektes of indien hulle 'n lae Code4 persentasie het. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,297 | Antiretrovirale medisyne(ARMs) maak deel uit van die versorging van MIV positiewe mense. MIV positiewe mense kan 'n gesonde lewe lei vir baie jare voordat hulle ARMs behandeling moet ontvang. Dit is baie belangrik dat mense wat MIV positief is gereeld hulle primêre gesondheidsorg eenheid vir 'n ondersoek gaan. Mense wat MIV positief is moet dadelik na hulle primêre gesondheidsorg eenheid gaan indien hulle siek voel. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,298 | Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek, sekondêre of tersiêre hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n lêer vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam. |
1,654 | GOV-ZA.595.services.11500.6374.2010-03-24.af.txt | 24,299 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,655 | GOV-ZA.595.services.11500.6387.2010-03-24.af.txt | 24,301 | Behandeling is beskikbaar vir opportunistiese infeksies wat, in teenstelling met vigs, meesal geneeslik is. Dit sluit diarree, tuberkulose, pneumonie (longontsteking) en candida (orale of vaginale sproei) in, wat 'n MIV-positiewe persoon maklik kan opdoen omdat hulle immuunstelsels deur MIV verswak word. Die behandeling van opportunistiese infeksies is beskikbaar vir MIV-negatiewe en MIV-positiewe mense. Enigeen met simptome van hierdie opportunistiese infeksies kan na 'n kliniek gaan waar hulle met antibiotika behandel sal word. Daar is reeds bewys dat hierdie behandeling die voorkoms van opportunistiese infeksies in vigs met 50% kan verminder. Die provinsie is ook deel van die Diflucan Vennootskapsprogram, wat die middel by 62 fasiliteite beskikbaar maak, waarvan 39 primêregesondheidklinieke is. Die middel behandel esofageale kandidiase en kriptokokkale meningitis. Onthou dat hoe gouer u 'n kliniek vir 'n MIV-toets besoek, hoe gouer kan u voorkomende behandeling kry om die aanvang van opportunistiese infeksies te keer indien die toetsresultaat positief is vir MIV. |
1,655 | GOV-ZA.595.services.11500.6387.2010-03-24.af.txt | 24,302 | Behandeling is by alle primêregesondheidklinieke beskikbaar. Indien nodig, sal u na die gespesialiseerde vigs-kliniek by G.F. Jooste Hospitaal in die Metropool-streek verwys word. Daar is ook 20 toegewese vigs-klinieke in die provinsie waarheen u verwys kan word. Nuwe besoekers aan die kliniek of gemeenskapsgesondheidsentrum sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Die pasiënt moet sy of haar ID-boek saambring. Wanneer 'n pasiënt 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Hospitale vra pasiënte vir hulle mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Pasiënte wat reeds by die hospitaal geregistreer is, moet hulle hospitaalkaarte saambring. |
1,655 | GOV-ZA.595.services.11500.6387.2010-03-24.af.txt | 24,303 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,305 | Moeder-na-kind-oordrag kom voor wanneer MIV, die virus wat vigs veroorsaak, tydens swangerskap, tydens geboorte of tydens borsvoeding van 'n moeder na haar baba oorgedra word. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,306 | Die VMNKO-program beoog om die risiko van oordrag van MIV van die ma na haar baba te verminder. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,307 | Wat is die VMNKO-program? |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,308 | Wanneer 'n moeder na 'n kliniek, 'n obstetriese eenheid met vroedvroue aan diens of 'n hospitaal gaan vir haar eerste voorgeboortelike besoek, kry sy voorligting en word sy gevra of sy 'n MIV-toets wil ondergaan. Die uitslag is vertroulik, wat beteken dat net die berader en gesondheidwerkers wat na die moeder omsien, die uitslae sal bespreek. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,309 | As die moeder die toets ondergaan en daar vasgestel word dat sy MIV-positief is, sal sy die keuse hê om haar gratis by die VMNKO-program aan te sluit. As deel van die program sal sy Nevirapine en Zidovudine, wat middels teen MIV is, kry. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,310 | Die ma moet die Zidovudine van die 34ste week van haar swangerskap af neem, en sal Nevirapine gegee word wanneer die geboortepyne begin en sy by die hospitaal of kliniek aanmeld. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,311 | Die medikasie verminder slegs die moontlikheid dat die virus in die moeder se liggaam tydens kraam na die baba oorgedra word. Oordrag tydens kraam is die faktor wat verantwoordelik is vir 60-85% van die oordrag van die virus van die moeder na haar baba. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,312 | Babas wat die virus kry terwyl die moeder swanger is of as gevolg van borsvoeding, sal nie deur die teen-retrovirale medisyne beskerm word nie. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,313 | Die medikasie word slegs gebruik om die baba te probeer beskerm. Dit kan nie die ma van MIV genees nie. Enige ma wat wil weet wat haar MIV-status is kan by enige voorgeboortelike gerief in die Wes-Kaap toegang tot MIV-toetse en -behandeling kry. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,314 | Voorligting en raad oor voeding vir babas van MIV-positiewe moeders is beskikbaar. Ma's kry die keuse om óf vir vier tot ses maande uitsluitlik te borsvoed, óf om uitsluitlik te bottelvoed. Uitsluitlik borsvoed beteken dat die baba slegs borsmelk moet kry, en geen tee, geen water en geen sap nie. Dit verminder die moontlikheid dat die virus in die borsmelk na die baba oorgedra word. Moeders wat egter verkies om te bottelvoed sal vir ses maande gratis melkpoeier kry. Hulle sal by ontslag ná die geboorte twee blikkies melkpoeier kry en sal ook ag blikkies per maand by die plaaslike babakliniek kry. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,315 | Die moeder moet gereeld na die nageboortelike kliniek gaan om die baba te laat weeg en te laat inent, om melkpoeier te kry en Co-trimoxazole, 'n medisyne wat longontsteking voorkom, te ontvang. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,316 | Babas word op 14 weke vir MIV getoets. As die toets negatief is, het die baba nie meer Co-trimoxazole nodig nie. As die baba positief toets, moet daar voortgegaan word met Co-trimoxazole. 'n Baba wat positief toets, sal vir die res van sy of haar lewe spesiale sorg nodig hê. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,317 | MIV kan vir 'n lang tyd (3 tot 10 jaar) in die liggaam leef, al voel die moeder fiks en gesond. Dit is waarom ma's aangemoedig word om gereeld na die kliniek te gaan om medisyne teen opportunistiese infeksies te kry sodat hulle langer gesond kan bly. Die ma word ook aangemoedig om sonder uitsondering 'n kondoom tydens seks te gebruik sodat sy haar en haar maat teen besmetting met die virus kan beskerm, of om te voorkom dat hulle meer van die virus kry as albei maats MIV-positief is. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,318 | Die moeder sal ook voorligting ontvang oor voorbehoeding keuses ná die geboorte. Die gesondheidwerker sal die ma aanmoedig om aan die pa van die baba te sê dat sy MIV-positief is sodat hy ook getoets kan word. Dit kan gedoen word met die hulp van die berader of gesondheidwerker. Dit is belangrik dat die moeder by 'n groep aansluit wat haar sal ondersteun en aan haar inligting sal gee oor voedsame kos en hoe om na haarself en die baba om te sien. Formele steungroepe is beskikbaar en die plaaslike kliniek het meer inligting daaroor. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,319 | Onthou dat seksueel oordraagbare siektes by die ma die risiko van MIV-oordrag verhoog. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,320 | Gaan na 'n obstetriese eenheid met vroedvroue aan diens in stedelike gebiede en na vaste of mobiele klinieke en primêregesondheidsorg sentrums. As jy verder verwys word, sal jy na stedelike of plattelandse streekhospitale of tersiêre hospitale gestuur word. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,321 | Suid-Kaap/Karoo: Me. I. Reynierse 044 874 217 / 044 803 2700 |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,322 | Iemand wat vir die eerste keer na die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal gaan, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal vir die pasiënt begin word. Bring jou ID-boekie saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek word vereis wanneer 'n hospitaal besoek word. |
1,656 | GOV-ZA.595.services.11500.6389.2010-03-24.af.txt | 24,323 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,325 | Tuisversorging is die verskaffing van basiese verpleegsorgdiens deur formele of informele versorgers aan mense in hulle eie huise. Hierdie diens is beskikbaar vir mense wat geestes-, fisiese, emosionele en sosiale behoeftes het. Onder mense wat vir hierdie versorging tel, is diegene wat beroerte gehad het, wat met MIV/Vigs leef, wat fisies of verstandelik gestrem is, en ook verswakte bejaardes of diegene wat terminaal siek is. Die versorging wat gegee word, is bedoel om die individu se maksimum vlak van gemak, funksionering en gesondheid, met inbegrip van versorging met die oog op 'n waardige dood, te herstel en in stand te hou. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,326 | Wie verskaf tuisversorging? |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,327 | Tuisversorgingsdienste in die Wes-Kaap word verskaf deur organisasies sonder winsoogmerk (OSW's) wat deur die provinsiale regering gesubsidieer word en waarvoor hulle ook tender. Pasiënte wat ná ontslag uit die hospitaal voortgesette versorging by die huis benodig, word na 'n gesondheidsfasiliteit op primêregesondheidsorgvlak in die omgewing waar hulle woon verwys. Die verpleegsuster by die kliniek of primêregesondheidsorgsentrum verwys die pasiënt na die OSW-vennoot verantwoordelik vir tuisversorgingsdienste in die omgewing. Die OSW-koördineerder (verpleegsuster) sal die individu se behoeftes in sy/haar huis assesseer en 'n individuele versorgingsplan ontwikkel. Die suster ken dan 'n versorger toe aan die individu. Die versorger sal die diens lewer volgens die instruksies op die versorgingsplan en die suster sal die individu besoek om seker te maak dat die plan uitgevoer word. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,328 | Tuisversorging is nie 'n 24-uurdiens nie en vervang nie die familie as die primêre versorgers nie. Dit is slegs bedoel om 'n aanvullende en ondersteunende diens te wees om te voorkom dat die versorgers wat vir siek familielede moet sorg, ooreis raak. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,329 | Versorgers van die verskillende organisasies moet 'n tuisversorgingskursus wat deur die Departement van Gesondheid gefasiliteer word, deurloop. Voortgesette indiensopleiding word deur die Departement verskaf om bekwaamheid te verseker. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,330 | Daar word van versorgers verwag dat hulle pasiënte en hulle familielede sal help om onafhanklik te leef en reg te kom. Vrywilligers word ook gewerf om die dienste wat deur versorgers gelewer word, aan te vul. Hulle stel hulleself beskikbaar as geselskap, om medikasie te gaan haal, om inkopies te gaan doen, ens. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,331 | Let asseblief daarop dat hierdie diens nog nie in alle gebiede geïmplementeer is nie. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,332 | Nie alle bedekte koste wat deur die OSW-vennote aangegaan word, word voldoende gesubsidieer nie en ten einde 'n afhanklikheidsindroom te voorkom, kan 'n klein vrywillige bydrae aan die OSW-vennoot gemaak word om vir vervoerkoste wat deur hulle vrywilligers aangegaan word, te vergoed. |
1,657 | GOV-ZA.595.services.11501.6392.2010-03-24.af.txt | 24,333 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,335 | Immunisering/inenting beskerm volwassenes en kinders teen gevaarlike maar voorkombare siektes. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie red immunisering jaarliks drie miljoen lewens. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,336 | Wat is immunisering? |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,337 | Teen watter siektes kan u kind beskerm word? |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,338 | Die Departement van Gesondheid raai moeders sterk aan dat hulle hulle kinders teen aansteeklike siektes moet beskerm deur hulle van geboorte af tot wanneer hulle vyf jaar oud is, te laat inent. Inenting is gratis beskikbaar by alle gesondheidsfasiliteite. Die Departement reël ook immuniseringsveldtogte en gesondheidswerkers word na primêre skole gestuur om die kinders te immuniseer. Die provinsie beplan 'n massa-immuniseringsveldtog teen masels en polio vir 2004. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,339 | Immuniserings is veilig. Alhoewel newe-effekte ná immuniserings wel voorkom, is hulle gewoonlik lig en klaar gou op. Skakel u kliniek vir raad as u bekommerd is. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,340 | Polio word veroorsaak deur kieme (poliovirusse) wat die senuwees aantas en swakheid of verlamming van die bene en/of arms veroorsaak. In 'n ernstige graad kan dit die asemhalingspiere aantas. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,341 | Masels veroorsaak 'n hoë koors en 'n uitslag en kan lei tot diarree en ontwatering, doofheid, oogkomplikasies, longontsteking, breinskade en selfs die dood. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,342 | Haemophilus Influenzae Tipe B (Hib) is 'n ernstige siekte wat hoofsaaklik kinders onder die ouderdom van 5 jaar aantas, en sterfte as gevolg van Hib-siekte is algemeen by kinders onder die ouderdom van een jaar. Party van die kinders wat Hib-siekte oorleef, hou permanente skade soos blindheid, doofheid, breinskade of verlamming oor. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,343 | Hepatitis B is 'n infeksie van die lewer, wat lewerskade, lewerkanker en die dood kan veroorsaak. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,344 | Kinkhoes begin met 'n hoofpyn, koors en 'n hoes. Swaar hoesbuie maak dit vir die kind moeilik om te eet, te drink of selfs asem te haal. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,345 | Tetanus (klem-in-die-kaak) kom voor wanneer die tetanus-kiem wat in grond leef en die liggaam by 'n sny of wond binnekom, 'n toksien produseer. Die kiem kan spierspasmas, asemhalings- en hartprobleme veroorsaak en selfs tot die dood lei. Die moontlikheid dat iemand weens hierdie toestand kan sterf, is baie hoog. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,346 | Witseerkeel is 'n gevaarlike bakteriële siekte wat dit moeilik maak om asem te haal. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,347 | Tuberkuleuse (TB) Meningitis is 'n ernstige siekte wat mense van alle ouderdomme kan aantas. Diegene wat TB kry, kla van hoes oor 'n lang tydperk, borspyn, nagsweet, gewigsverlies en die persoon kan selfs sterf indien die toestand nie behandel word nie. By jong kinders kan die TB-kiem die brein aantas en meningitis veroorsaak, of dit kan ook in die bloed beland en na ander dele van die liggaam versprei. By jong mense kan TB die dood veroorsaak. Die beste beskerming vir jong kinders teen siektes wat deur die TB-kiem veroorsaak word, is die BCG-entstof. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,348 | Babas wat nie die BCG-entstof by geboorte ontvang nie, word gewoonlik geïmmuniseer wanneer hulle na die kliniek geneem word vir die volgende immuniseringsbesoek, op ses weke oud. Enige baba jonger as een jaar wat nie die BCG-entstof by geboorte gekry het nie, moet na die naaste kliniek geneem word waar die entstof gegee sal word. Babas wat met die MIV geïnfekteer is, wat siek is en tekens van vigs toon, moet NIE die BCG-entstof kry nie. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,349 | Die immuniseringskedule hieronder toon die ouderdomme vir elke immunisering. Dit is belangrik om die volle kursus immuniserings te voltooi soos in die tabel aangetoon. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,350 | Immunisering is beskikbaar by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums sowel as by gesondheidsorgfasiliteite op sekondêre en tersiêre vlak. Neem met elke besoek altyd u kind se Pad-na-Gesondheid-kaart saam na die kliniek om seker te maak dat al die immuniserings bygewerk bly. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,351 | Al die entstowwe in die roetine-skedule is gratis by alle primêregesondheidsorgfasiliteite en sentrums beskikbaar. |
1,658 | GOV-ZA.595.services.11502.6539.2010-03-24.af.txt | 24,352 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,354 | Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primêregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan by 'n apteek gekoop word. |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,355 | Die verpleegster sal u om 'n urinemonster vra wat getoets sal word. |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,356 | Sodra swangerskap bevestig is, is daar verskeie opsies. Indien die kliënt die swangerskap wil behou, sal sy na gesondheidsfasiliteite, bekend as obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's), verwys word. Dit is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheid-sorgpasiënte. Indien die moeder nie haar swangerskap wil hê nie, kan sy vra vir ander opsies, met inbegrip van be indiging van die swangerskap. |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,357 | Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik, en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,358 | Toetse is gratis by staatsgesondheidsfasiliteite, maar gaan beskikbaarheid na, veral in die plattelandse gebiede. |
1,659 | GOV-ZA.595.services.11504.6394.2010-03-24.af.txt | 24,359 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.