document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,181 | Indien die minderjarige 'n kind is wat buite die huwelik gebore is, word slegs die moeder se toestemming op vorm BI-32 verlang. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,182 | Indien een ouer as die minderjarige se alleenvoog aangewys is, word slegs daardie ouer se skriftelike toestemming op vorm BI-32 verlang. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,183 | Indien die minderjarige in die sorg van 'n wettige voog is, is slegs die voog se skriftelike toestemming (BI-32) nodig. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,184 | Indien 'n ouer wie se toestemming wettig vereis word, nie opgespoor kan word om vergunning te verleen nie, of die ouer handelingsonbevoeg is om vergunning te verleen, kan'n kommissaris van kinderwelsyn toestemming tot die huwelik verleen. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,185 | Sou 'n minderjarige se ouers, en/of 'n kommissaris van kinderwelsyn weier om toestemming te verleen, kan die minderjarige by 'n regter van die Hooggeregshof aansoek doen om vergunning. Die regter sal nie toestemming verleen tensy daar voldoende bewyse is dat die huwelik in die belang van die kind is nie en dat vergunning onredelik geweier is. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,186 | Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 moet, op dieselfde wyse as in die geval van minderjariges, die skriftelike toestemming van hulle ouers verkry om in die huwelik te tree. Hulle moet ook die toestemming van die Minister van Binnelandse Sake verkry. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,187 | U kan ook by die Minister aansoek doen om 'n huwelik wat reeds sonder die verlangde toestemming voltrek is, te kondoneer. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,188 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,190 | Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 kan nie sonder spesiale vergunning in die huwelik tree nie en enigeen jonger as 21 moet hul ouers se toestemming kry alvorens hulle in die huwelik kan tree. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,191 | n Huwelik wat sonder die vereiste toestemming gesluit is, kan ongeldig verklaar word. Dit beteken dat die Hooggeregshof dit nietig kan verklaar. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,192 | Die ouers of voog kan by die Hooggeregshof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,193 | binne ses weke nadat daar van die huwelik te wete gekom is. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,194 | Die minderjarige mag te eniger tyd voordat hy/sy 21 word, of binne drie maande nadat hy/sy 21 geword het, by die hof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,195 | Waar albei ouers lewe en nie een van die ouers die minderjarige se alleenvoog is nie, moet beide ouers skriftelik op vorm BI-32 tot die huwelik instem. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,196 | Indien die minderjarige 'n kind is wat buite die huwelik gebore is, word slegs die moeder se toestemming op vorm BI-32 verlang. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,197 | Indien een ouer as die minderjarige se alleenvoog aangewys is, word slegs daardie ouer se skriftelike toestemming op vorm BI-32 verlang. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,198 | Indien die minderjarige in die sorg van 'n wettige voog is, is slegs die voog se skriftelike toestemming (BI-32) nodig. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,199 | Indien 'n ouer wie se toestemming wettig vereis word, nie opgespoor kan word om vergunning te verleen nie, of die ouer handelingsonbevoeg is om vergunning te verleen, kan'n kommissaris van kinderwelsyn toestemming tot die huwelik verleen. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,200 | Sou 'n minderjarige se ouers, en/of 'n kommissaris van kinderwelsyn weier om toestemming te verleen, kan die minderjarige by 'n regter van die Hooggeregshof aansoek doen om vergunning. Die regter sal nie toestemming verleen tensy daar voldoende bewyse is dat die huwelik in die belang van die kind is nie en dat vergunning onredelik geweier is. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,201 | Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 moet, op dieselfde wyse as in die geval van minderjariges, die skriftelike toestemming van hulle ouers verkry om in die huwelik te tree. Hulle moet ook die toestemming van die Minister van Binnelandse Sake verkry. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,202 | U kan ook by die Minister aansoek doen om 'n huwelik wat reeds sonder die verlangde toestemming voltrek is, te kondoneer. |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,203 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,481 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-24.af.txt | 23,204 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,206 | Getroude paartjies kan hul huwelike deur egskeiding ontbind. Dit beëindig die huwelik en geskeide partye kan weer wettig trou. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,207 | Die egskeidingsproses sal daarvan afhang of die huwelik 'n burgerlike huwelike of 'n gebruiklike huwelik is. Burgerlike huwelike word ontbind in ooreenstemming met die reëls en prosedures vervat in die Egskeidingswet. Huwelike wat kragtens die Afrika Gewoontereg aangegaan word, word in ooreenstemming met die burgerlike reg ontbind, maar sommige van die gevolge word deur gebruike en tradisie bepaal. Moslem en Hindoe huwelike word kragtens die plegtighede en rituele van die geloof ontbind. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,208 | Voordat die hof 'n egskeidingsbevel sal uitreik, moet daar besluit word wie na die kinders gaan omsien. Die ouers kan 'n reëling tref of die hof kan besluit. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,209 | Die belangrikste oorweging wanneer daar besluit word oor watter ouer toesig en beheer moet verkry, is die beste belang van die kinders. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,210 | Die Gesinsadvokaat by die hof kan help om te bepaal watter ouer die beste in staat is om na die kinders om te sien en kan, indien nodig, die kinders in die hof verteenwoordig. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,211 | Indien die egskeiding uitgerek is, byvoorbeeld wanneer die partye nie ooreen kan stem nie, kan 'n tussentydse versorgingsbevel uitgereik word waarin uiteengesit word wie na die kinders sal omsien onderwyl die egskeiding afgehandel word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,212 | In Afrika, Hindoe en Moslem gebruiklike huwelike kry die vrou gewoonlik beheer en toesig oor die kinders. Ooreenkomstig Afrika gewoontereg bly die vader gewoonlik die kinders se natuurlike voog. Kinders wat uit Hindoe en Moslem huwelike gebore is, word as buite-egtelik beskou en gevolglik is die moeder ook die natuurlike voog. In alle gevalle het die vader steeds 'n plig om die kinders te onderhou. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,213 | Die ouer wat nie toesig en beheer kry nie, sal gewoonlik nog hulle kinders wil sien. Dit is dus nodig dat daar ooreengekom moet word wanneer, waar en hoe hierdie ouer toegang tot die kinders kan kry. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,214 | As dit nie in die beste belang van die kinders is dat die ander ouer toegangsregte het nie, kan die hof toegang beperk. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,215 | Wanneer 'n paartjie skei, is die een party dikwels in 'n beter finansiële posisie as die ander. Die persoon wat toesig en beheer oor die kinders verkry, sal ook uitgawes hê wat die ander ouer nie het nie. Die hof sal 'n onderhoudsbevel uitreik wat vereis dat onderhoud vir die kinders en, na gelang van omstandighede, vir die ander party betaal moet word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,216 | Onderhoud vir die kinders word aan die ouer betaal wat toesig en beheer gekry het (maar dit is belangrik om te onthou dat hierdie reg die kind s'n en nie die ouer s'n is nie). Alle ouers het 'n plig om hul kinders te onderhou, insluitend kinders wat buite-egtelik is. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,217 | Indien daar probleme met die onderhoud is nadat die egskeiding deur is, kan hierdie probleme na die Onderhoudsbeampte by die landdroshof geneem word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,218 | Of die een party vir die onderhoud of ondersteuning van die ander party aanspreeklik gaan wees, sal van die omstandighede afhang. Indien die partye nie ooreen kan kom oor hoeveel betaal moet word nie, sal die hof besluit. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,219 | Omdat Hindoe en Moslem huwelike nie ten volle as wettige huwelike erken word nie, het die vrou geen regstatus om onderhoud na die egskeiding te eis nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,220 | Hoe die gesinseiendom verdeel gaan word, sal afhang van watter eiendomstelsel die paartjie aangeneem het toe hulle in die huwelik getree het. Dit sal gewoonlik in die huweliksvoorwaarde-ooreenkoms uiteengesit word en, as daar geen voorhuwelikse kontrak is nie, sal dit deur die wet bepaal word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,221 | Die verstekregstandpunt is dat burgerlike huwelike binne gemeenskap van goedere met aanwas is. Dit beteken dat alles wat u besit, gedeel word met die insluiting van eiendom en skuld. Aanwas beteken dat alles wat u verdien of gekoop het nadat u getroud is, ook deel word van die gesamentlike boedel. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,222 | Indien u sou skei, word die gedeelde eiendom gelyk tussen u verdeel. Enige skuld word ook gedeel. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,223 | buite gemeenskap van goedere met aanwas. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,224 | Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere sonder aanwas is, hou elke persoon sy/haar eie eiendom van voor die huwelik en hou wat hulle ook al gedurende die huwelik verdien of bekom het. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,225 | Indien die huwelik buite gemeenskap van goedere met aanwas is, hou elke persoon sy/haar eiendom van voor die huwelik, maar alles wat gedurende die huwelik bymekaargemaak is, word gedeel. Sommige goed soos erflatings of geskenke word nie ingesluit nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,226 | Die verstekeiendomstelsel het vir verskillende mense op verskillende tye verander. Die wette wat gegeld het toe u getroud is, sal bepaal watter eiendomstelsel op u huwelik van toepassing is. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,227 | n Burgerlike huwelik moet deur 'n hof ontbind word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,228 | U kan slegs 'n egskeiding bekom indien u aan die hof kan bewys dat die huwelik "onherroeplik verbrokkel" het of dat een van die gades sielsiek of voortdurend bewusteloos is. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,229 | Onherroeplike verbrokkeling beteken dat die paartjie nie langer saam kan leef nie en dat daar geen redelike kans is dat hulle hul geskille sal kan bylê nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,230 | Die paartjie 'n ruk lank nie saam gebly het nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,231 | Die paartjie mekaar nie langer lief het nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,232 | U kan 'n egskeiding verkry indien u maat vir minstens twee jaar in 'n inrigting vir sielsiekes is en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,233 | U kan 'n egskeiding kry indien u maat vir minstens ses maande nie by sy/haar bewussyn is nie en dokters van mening is dat hy/sy nooit gaan herstel nie. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,234 | Indien u en u maat 'n skikkingsooreenkoms kan bereik voordat die dagvaarding uitgereik word, sal dit die proses baie vinniger en makliker maak. Indien u 'n ooreenkoms bereik, moet u dit op skrif stel en onderteken. Die toestemmingsakte moet dan by die dagvaarding vir 'n egskeiding aangeheg word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,235 | n Verhoordatum sal bepaal word. Ten tye van hierdie verhoor sal die regter vrae vra om die inligting in die dagvaarding te bevestig. Wanneer alles afgehandel is, sal 'n egskeidingsbevel toegestaan word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,236 | Indien u die Gesinshof in stede van 'n Hooggeregshof gebruik, mag u egskeiding vinniger en goedkoper afgehandel word. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,237 | Gebruiklike huwelike stem ooreen met burgerlike huwelike in soverre 'n hof 'n egskeidingsbevel moet uitreik en die egskeiding slegs toegestaan sal word indien daar gronde vir 'n egskeiding is (dit wil sê onherroeplike verbrokkeling, sielsiekte of volgehoue bewusteloosheid). |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,238 | Die partye kan oor die bepalings van die egskeiding besluit en die regter sal dan die toepaslike bevele ten opsigte van beheer en toesig en onderhoud uitreik. Indien die hof oor hierdie aangeleenthede moet besluit, sal dit enige reëlings in ag neem wat kragtens gewoontereg gemaak is. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,239 | Daar kan van die vrou se familie verwag word om die hele of 'n deel of van die lobola aan die man se familie terug te gee, tensy die man in die openbaar sy vrou sonder hoegenaamd enige rede verwerp het. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,240 | Indien 'n man en 'n vrou deur 'n imam in die Moslem geloof of 'n priester in die Hindoe geloof in die huwelik bevestig is, is hulle kragtens die burgerlike reg nie getroud nie. Hulle kan dan skei sonder om na 'n hof te gaan, maar hulle moet die reëls van hulle geloof nakom. |
1,482 | GOV-ZA.4771.services.11532.17761.2010-03-24.af.txt | 23,241 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,483 | GOV-ZA.4771.services.11536.17416.2010-03-24.af.txt | 23,243 | Wanneer u 'n sterfgeval by die Departement van Binnelandse Sake registreer, sal 'n verkorte doodsertifikaat aan u uitgereik word. As u 'n vervangingskopie of 'n volledige doodsertifikaat nodig het, kan u daarom aansoek doen by u naaste Binnelandse Sake-kantoor deur vorm BI-132 in te vul. 'n Verkorte doodsertifikaat kos R7 and 'n volledige doodsertifikaat kos R40. |
1,483 | GOV-ZA.4771.services.11536.17416.2010-03-24.af.txt | 23,244 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,484 | GOV-ZA.4771.services.11575.2010-03-24.af.txt | 23,246 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,484 | GOV-ZA.4771.services.11575.2010-03-24.af.txt | 23,247 | Alle aannemings moet in die geboorteregister van die kind aangeteken word indien dit so deur die aanneemouers versoek word. |
1,484 | GOV-ZA.4771.services.11575.2010-03-24.af.txt | 23,248 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,484 | GOV-ZA.4771.services.11575.2010-03-24.af.txt | 23,249 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,251 | Die meeste nie-Suid-Afrikaanse burgers wat Suid-Afrika wil binnekom, moet oor 'n geldige visum beskik. In die visum word die doel en duur van die besoek aangedui. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,252 | Wie moet vir 'n visum aansoek doen? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,253 | Waar kan jy vir 'n visum aansoek doen? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,254 | n geldige en aanvaarbare paspoort / reisdokument vir die tydperk wat jy beplan om in die land te bly n geldige visum, indien dit vereis word voldoende fondse n retoer-/deurgangskaartjie n geelkoorsinentingsertikaat indien jy deur die geelkoorsstrook van Afrika of Suid-Amerika reis. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,255 | WIE MOET VIR 'n VISUM AANSOEK DOEN? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,256 | Besoekers wat nie Suid-Afrikaanse paspoorte het nie, moet aansoek doen vir visums. Dit sluit mense in wat met vakansie na Suid-Afrika kom of op 'n sakebesoek is. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,257 | Besoekers met paspoorte van die Verenigde Koninkryk of Groot-Brittanje en Noord-Ierland (insluitend die Britse eilande Bailiwick of Guernsey en Jersey, die eiland Man en Maagde-eilande, die Ierse Republiek sowel as oorsese Britse grondgebied) is volwaardig vrygestel van Suid-Afrikaanse visumkontrole en het nie visums nodig vir enige rede/doel nie. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,258 | Besoekers van sekere ander lande is ook in sekere omstandighede vrygestel van die visumvoorwaardes. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,259 | WAAR KAN JY VIR 'n VISUM AANSOEK DOEN? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,260 | Jy moet reël om 'n visum te kry voordat jy na Suid-Afrika kom. Jy kan nie by inklaringshawens in Suid-Afrika vir 'n visum aansoek doen nie. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,261 | Indien daar 'n Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat in jou land is, moet jy jou visumaansoek by hulle indien. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,262 | Onthou dat jy nie vir 'n visum aansoek kan doen wanneer jy in Suid-Afrika aankom nie. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,263 | Wanneer jy by die Suid-Afrikaanse inklaringshawe aankom, bv. Johannesburg Internasionale Lughawe, sal jy 'n tydelike verblyfpermit ontvang wat jou visum sal vervang en sal aandui hoe lank jy in die land mag bly. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,264 | Hierdie tydelike verblyfpermit (TVP) moet geldig gehou word en 'n aansoek om verlenging (BI-159) kan by enige streek- of distrikskantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Suid-Afrika ingedien word. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,265 | HOE OM VIR 'n VISUM AANSOEK TE DOEN? |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,266 | R425,00 of US$47 of e43 visumgeld betaal, indien van toepassing (kyk lys van lande onderhewig aan visumgeld), en kan bewys dat jy 'n vliegkaartjie bespreek het. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,267 | Indien jy vir 'n sakevisum aansoek doen, moet jy ook 'n uitnodigingsbrief van die Suid-Afrikaanse maatskappy wat jy gaan besoek, sowel as 'n brief van jou maatskappy indien. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,268 | Vir meer inligting oor hoe om vir 'n visum vir 'n besoek aan Suid-Afrika aansoek te doen, tree in verbinding met die Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat naaste aan jou of besoek die webwerf van die Department van Binnelandse Sake. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,269 | Besoekers van sekere lande moet aansoekgeld van R425, US$47 of e43 betaal. |
1,485 | GOV-ZA.4771.services.11594.20865.2010-03-24.af.txt | 23,270 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,486 | GOV-ZA.4782.2010-03-24.af.txt | 23,272 | Die Ministerie is verantwoordelik vir die ontwikkeling van beleid en wetgewing in die behuisingsektor. |
1,486 | GOV-ZA.4782.2010-03-24.af.txt | 23,273 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,486 | GOV-ZA.4782.2010-03-24.af.txt | 23,274 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,487 | GOV-ZA.4788.services.11524.10635.2010-03-24.af.txt | 23,276 | Die Departement van Behuising het 'n 24-uur-blitslyn wat geskakel kan word vir inligting oor die Departement en sy projekte en dienste. |
1,487 | GOV-ZA.4788.services.11524.10635.2010-03-24.af.txt | 23,277 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,487 | GOV-ZA.4788.services.11524.10635.2010-03-24.af.txt | 23,278 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,488 | GOV-ZA.4800.2010-03-02.af.txt | 23,280 | Die doel van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling is die handhawing en beskerming van die Grondwet en die oppergesag van die reg, en om bereikbare, regverdige, snelle en koste-effektiewe administrasie van geregtigheid, in die belang van 'n veiliger Suid-Afrika te lewer. |
1,488 | GOV-ZA.4800.2010-03-02.af.txt | 23,281 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,489 | GOV-ZA.4800.pubs.plans.2010-03-24.af.txt | 23,283 | Die Regering se strategiese en besigheidsplanne volgens jaar gelys. |
1,489 | GOV-ZA.4800.pubs.plans.2010-03-24.af.txt | 23,284 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,489 | GOV-ZA.4800.pubs.plans.2010-03-24.af.txt | 23,285 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,490 | GOV-ZA.4800.pubs.public_info.2010-03-24.af.txt | 23,287 | Algemene publikasies is alfabeties gelys. |
1,490 | GOV-ZA.4800.pubs.public_info.2010-03-24.af.txt | 23,288 | Hierdie dokumente is ook onder die toepaslike lewensgebeure en kategorieë in die Jou Lewe en Onderwerpe gedeeltes geplaas. |
1,490 | GOV-ZA.4800.pubs.public_info.2010-03-24.af.txt | 23,289 | Die brosjure ontleed die algemeenste mites oor balju's en verduidelik presies wie die balju's is en wat hulle magte is. |
1,490 | GOV-ZA.4800.pubs.public_info.2010-03-24.af.txt | 23,290 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.