document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,071 | Deelnemers sal betrokke wees by 'n gestruktureerde program wat oor drie jaar strek en in die tweede helfte van Januarie begin. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,072 | Die program bestaan uit twee fases. Die eerste behels gestruktureerde indiensopleiding vir ses maande. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,073 | Die tweede fase behels 'n projek waarin die betrokke indiwidu onafhanklike navorsing doen. Omdat die tweede fase plaasvind in samewerking met die betrokke Departement van een van die plaaslike universiteite, sal kandidate wat aan al die relevante vereistes voldoen met voltooiing 'n Meestersgraad behaal. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,074 | Wie sal Oorweeg word vir die Program? |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,075 | uit 'n voorheen-benadeelde groep kom van plan wees om 'n landbouloopbaan te volg n Suid-Afrikaanse burger wees in besit wees van, of in die proses wees van die afhandeling van 'n honneursgraad in staat wees om die program te voltooi. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,076 | Hoewel nie 'n voorvereiste nie, word 'n spesiale poging aangewend om vroue by die program betrokke te kry. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,077 | Aansoeke moet vroeg in Oktober ontvang word. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,078 | Deelnemers aan die program sal geregtig wees op mededingende vergoeding vir die drie-jaar tydperk van die program. 'n Beurs wat studentegeld by 'n plaaslike universiteit dek sal ook verskaf word. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,079 | Die program maak voorsiening vir navorsingsgeriewe en redelike navorsingsuitgawes. Elke kandidaat is egter verantwoordelik vir haar/sy eie verblyf- en lewenskoste. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,080 | Na voltooiing van die opleidingstydperk sal deelnemers volgens kontrak verplig wees om aangestel te word vir 'n tydperk gelykstaande aan minstens hulle deelname aan die program as 'n paslik-gefinansierde vakature beskikbaar sou wees op die gebied van die opleiding wat die persoon ontvang het. |
1,470 | GOV-ZA.4648.services.16234.6735.2010-03-24.af.txt | 23,081 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,083 | Mense wat hulp nodig het met die misbruik van middels, kan in Sentrums vir Dwelmbehandeling opgeneem word of hulle kan toegang kry tot dwelm- en alkoholberadingsdienste. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,084 | Enigiemand met 'n probleem met dwelmafhanklikheid kan na 'n sentrum vir dwelmbehandeling verwys word. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,085 | Die persoon kan aansoek doen om vrywillige toelating. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,086 | 'n Hof kan beveel dat die persoon opgeneem moet word. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,087 | Die persoon kan deur 'n hof gevonnis word om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word nadat hy/sy aan 'n dwelmverwante misdaad skuldig bevind is. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,088 | Jy kan dwelmberading kry by sentrums vir dwelmberading sonder dat jy in 'n behandelingsentrum opgeneem word. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,089 | Daar is ook 'n alkoholveiligheidskool, wat 'n opsie vir vonnis is vir diegene wat skuldig bevind word aan dronkbestuur, en 'n dwelminligtingskool vir jong mense tussen 12 en 21 jaar wat 'n dwelmverwante oortreding begaan het. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,090 | Enigiemand wat namens hom- of haarself optree, of wat deur 'n vriend of deur 'n ouer of voog (namens 'n minderjarige) optree, kan aansoek doen om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word. Dit word vrywillige opname genoem. Om aansoek te doen om vrywillige opname, moet jy die behandelingsentrum waar jy opgeneem wil word, kontak u naaste sentrum vir dwelmbehandeling. 'n Maatskaplike werker moet 'n verslag oor jou maatskaplike omstandighede opstel en jou mediese verslag of psigiatriese verslag kry om die vrywillige opname te ondersteun. Hierdie verslae moet na die hoof van die behandelingsentrum gestuur word, wat dan sal besluit of jy voordeel sal trek uit die behandeling en of jy dus toegelaat moet word, en of jy kan bekostig om vir die behandeling te betaal en of jy gesubsidieer moet word. Vrywillige opname is vir enige tydperk tot ses maande. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,091 | Jy kan 'n kommittering kry deur 'n hofbevel vir iemand met 'n probleem met afhanklikheid wat nadelig is vir die persoon. Om dit te doen, moet jy 'n klag indien by die staatsaanklaer in die landdrosdistrik waar die persoon woon. Jy kan ook na enige maatskaplike werker gaan en versoek dat die klag namens jou gelê word. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,092 | Jou klagte moet ondersteun word deur 'n beëdigde verklaring, deur jou of deur die maatskaplike werker, waarin jy beskryf hoe die persoon afhanklik is van dwelms en in watter opsig hierdie afhanklikheid skade veroorsaak. Die aanklaer sal dan die klerk van die hof vra om 'n dagvaarding uit te reik wat deur 'n polisiebeampte by die persoon afgelewer moet word. Die dagvaarding sal die persoon versoek om voor 'n landdros te verskyn vir 'n ondersoek. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,093 | Indien die aanklaer reeds 'n verslag van 'n maatskaplike werker oor die maatskaplike omstandighede van die persoon het, kan die aanklaer die landdros versoek om 'n lasbrief vir inhegtenisneming uit te reik vir hierdie ondersoek. Vir die ondersoek moet 'n maatskaplike werker 'n verslag opstel wat by die landdros ingedien moet word. Indien daar bevind word dat die persoon afhanklik is van dwelmmiddels en dat enigiemand nadelig geraak word daardeur, en dat dit in die belang van die gemeenskap is dat hy behandeling moet ontvang, kan daardie persoon na 'n behandelingsentrum verwys word. Die besluit kan herroep word of dit kan deur die Hooggeregshof hersien word. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,094 | Indien 'n persoon skuldig bevind word aan 'n dwelmverwante misdaad wat die gevolg was van die feit dat die persoon aan dwelms of alkohol verslaaf is, kan 'n vonnis opgelê word dat die persoon na 'n behandelingsentrum moet gaan. 'n Proefbeampte of maatskaplike werker moet egter ook vir die hof 'n verslag invul met 'n aanbeveling dat hierdie persoon behandeling vir die afhanklikheidsprobleem nodig het. |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,095 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,471 | GOV-ZA.47509.2010-03-02.af.txt | 23,096 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,098 | Mense wat hulp nodig het met die misbruik van middels, kan in Sentrums vir Dwelmbehandeling opgeneem word of hulle kan toegang kry tot dwelm- en alkoholberadingsdienste. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,099 | Enigiemand met 'n probleem met dwelmafhanklikheid kan na 'n sentrum vir dwelmbehandeling verwys word. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,100 | Die persoon kan aansoek doen om vrywillige toelating. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,101 | n Hof kan beveel dat die persoon opgeneem moet word. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,102 | Die persoon kan deur 'n hof gevonnis word om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word nadat hy/sy aan 'n dwelmverwante misdaad skuldig bevind is. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,103 | Jy kan dwelmberading kry by sentrums vir dwelmberading sonder dat jy in 'n behandelingsentrum opgeneem word. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,104 | Daar is ook 'n alkoholveiligheidskool, wat 'n opsie vir vonnis is vir diegene wat skuldig bevind word aan dronkbestuur, en 'n dwelminligtingskool vir jong mense tussen 12 en 21 jaar wat 'n dwelmverwante oortreding begaan het. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,105 | Enigiemand wat namens hom- of haarself optree, of wat deur 'n vriend of deur 'n ouer of voog (namens 'n minderjarige) optree, kan aansoek doen om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word. Dit word vrywillige opname genoem. Om aansoek te doen om vrywillige opname, moet jy die behandelingsentrum waar jy opgeneem wil word, kontak u naaste sentrum vir dwelmbehandeling. 'n Maatskaplike werker moet 'n verslag oor jou maatskaplike omstandighede opstel en jou mediese verslag of psigiatriese verslag kry om die vrywillige opname te ondersteun. Hierdie verslae moet na die hoof van die behandelingsentrum gestuur word, wat dan sal besluit of jy voordeel sal trek uit die behandeling en of jy dus toegelaat moet word, en of jy kan bekostig om vir die behandeling te betaal en of jy gesubsidieer moet word. Vrywillige opname is vir enige tydperk tot ses maande. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,106 | Jy kan 'n kommittering kry deur 'n hofbevel vir iemand met 'n probleem met afhanklikheid wat nadelig is vir die persoon. Om dit te doen, moet jy 'n klag indien by die staatsaanklaer in die landdrosdistrik waar die persoon woon. Jy kan ook na enige maatskaplike werker gaan en versoek dat die klag namens jou gelê word. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,107 | Jou klagte moet ondersteun word deur 'n beëdigde verklaring, deur jou of deur die maatskaplike werker, waarin jy beskryf hoe die persoon afhanklik is van dwelms en in watter opsig hierdie afhanklikheid skade veroorsaak. Die aanklaer sal dan die klerk van die hof vra om 'n dagvaarding uit te reik wat deur 'n polisiebeampte by die persoon afgelewer moet word. Die dagvaarding sal die persoon versoek om voor 'n landdros te verskyn vir 'n ondersoek. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,108 | Indien die aanklaer reeds 'n verslag van 'n maatskaplike werker oor die maatskaplike omstandighede van die persoon het, kan die aanklaer die landdros versoek om 'n lasbrief vir inhegtenisneming uit te reik vir hierdie ondersoek. Vir die ondersoek moet 'n maatskaplike werker 'n verslag opstel wat by die landdros ingedien moet word. Indien daar bevind word dat die persoon afhanklik is van dwelmmiddels en dat enigiemand nadelig geraak word daardeur, en dat dit in die belang van die gemeenskap is dat hy behandeling moet ontvang, kan daardie persoon na 'n behandelingsentrum verwys word. Die besluit kan herroep word of dit kan deur die Hooggeregshof hersien word. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,109 | Indien 'n persoon skuldig bevind word aan 'n dwelmverwante misdaad wat die gevolg was van die feit dat die persoon aan dwelms of alkohol verslaaf is, kan 'n vonnis opgelê word dat die persoon na 'n behandelingsentrum moet gaan. 'n Proefbeampte of maatskaplike werker moet egter ook vir die hof 'n verslag invul met 'n aanbeveling dat hierdie persoon behandeling vir die afhanklikheidsprobleem nodig het. |
1,472 | GOV-ZA.47509.2010-03-24.af.txt | 23,110 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,112 | Die provinsiale Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting staan Nie-Winsgewende Organisasies (NWO's) by in terme van befondsing, terwyl die nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verseker dat alle NWO's geregistreer is. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,113 | n Nie-winsgewende organisasie kan by die Direktoraat vir Nie-winsgewende Organisasies in die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling registreer. 'n Nie-winsgewende organisasie kan 'n trust, 'n maatskappy of enige ander vereniging van mense wees wat 'n openbare eerder as 'n private doel het en wat nie vir 'n wins bedryf word nie. Nie-winsgewend beteken dat die organisasie se eiendom of inkomste nie aan die ampsdraers uitbetaal word nie, tensy as 'n betaling vir werk wat gedoen is of dienste wat gelewer is. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,114 | Enige ander vrywillige organisasie wat nie-winsgewend is. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,115 | Daar is reeds 'n aantal nie-winsgewende organisasies in die Wes-Kaap geregistreer. Die registrasie van 'n nie-winsgewende organisasie is vrywillig, nie verpligtend nie. Registrasie verleen 'n mate van wetlikheid aan nie-winsgewende organisasies, en aansoeke om befondsing, by die regering of ander befondsingsinstansies, sal waarskynlik meer suksesvol wees wanneer die organisasie as 'n nie-winsgewende organisasie geregistreer is. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,116 | Registrasie plaas egter verpligtinge op nie-winsgewende organisasies. Hulle moet byvoorbeeld jaarverslae en finansiële verslae by die Direktoraat indien en hulle moet aan 'n praktykkode voldoen. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,117 | Die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting verskaf subsidies en programbefondsing vir nie-winsgewende organisasies wat ontwikkelingsgrigte welsynsdienste lewer. Enige nie-winsgewende organisasie kan aansoek doen om hierdie befondsing. 'n Nie-winsgewende organisasie sal meer waarskynlik suksesvol wees met 'n aansoek indien die dienste daarvan in lyn is met die Departement se Ontwikkelingsgerigte Maatskaplike Welsynsbeleid. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,118 | Dit kos niks om as nie-winsgewende organisasie te registreer nie. Slegs nie-winsgewende organisasies wat 'n grondwet of een of ander stigtingsdokument het, kan geregistreer word. Die Nasionale Departement het 'n modelgrondwet opgestel. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,119 | Om as 'n nie-winsgewende organisasie te registreer, moet 'n aansoekvorm en twee afskrifte van jou nie-winsgewende organisasie se stigtingsdokument (grondwet, trustakte, of akte van oprigting en statute) ingedien word. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,120 | Dit sal ongeveer twee maande neem om jou aansoek om registrasie te verwerk. Na ontvangs van die aansoek sal 'n ontvangserkenning egter aan jou gestuur word. 'n Registrasiesertifikaat sal volg indien die aansoek suksesvol is. Dit is moontlik om appèl aan te teken indien jou aansoek nie slaag nie. |
1,473 | GOV-ZA.47522.2010-03-24.af.txt | 23,121 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,123 | Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > Z > Wat is Familiegroep Konferensies? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,124 | Wat is Familiegroep Konferensies? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,125 | Familiegroep konferensies is een van die talle herstellende regsmeganismes wat gebruik word om jong oortreders weer by die gemeenskap te laat inskakel. Dié kort artikel verduidelik wat familiegroep konferensies is en hoe dit werk. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,126 | Die familiegroep konferensie is 'n herstellende regsmeganisme waardeur families en gemeenskappe betrokke is by besluite oor kinders wat van misdade aangekla word. Die familiegroep konferensie streef onderhandelde skikkings vir konflik na. Dit is ontwerp om die skeuring in maatskaplike verhoudings wat deur misdaad veroorsaak word, te heel. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,127 | Die familiegroep konferensie het in die 1980's in Nieu-Seeland ontstaan toe hulle jeugregstelsel hervorm is. Dit is 'n vorm van herstellende geregtigheid wat ontwerp is na beraadslaging met die publiek oor die hele Nieu-Seeland, wat die Maoris en Stille Oseaan-mense insluit. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,128 | Die eerste stap is dat die kind verantwoordelikheid vir sy of haar optrede moet aanvaar. Die familiegroep konferensie self is 'n byeenkoms van al die mense wat 'n rol in die kind se lewe speel, sowel as die slagoffer en die mense wat die slagoffer steun. Die hoofdoel met die konferensie is om 'n plan uit te werk oor hoe wat verkeerd is, ten beste reggestel kan word. Al die partye stem in oor die uiteindelike uitkoms. Die partye mag byvoorbeeld besluit dat die kind om verskoning moet vra, of gesteelde goed moet teruggee. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,129 | Konferensies word veral as gepas vir jong oortreders beskou, omdat dit die geleentheid vir vroeë ingryping skep vir wat andersins 'n misdaadloopbaan kan word. Kinders kan ook meer vatbaar wees en beter reageer op die proses, wat hulle laat skaam voel op hulle optrede. Hulle persoonlikhede is nog besig om te ontwikkel en mense wat na aan hulle is, soos hulle ouers en families, is by die proses betrokke. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,130 | Australië, Kanada, Amerika en die Verenigde Koninkryk het almal een of ander vorm van familiegroep of gemeenskap konferensie as afwending- of vonnisoplegging-opsie van stapel gestuur. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,131 | In Suid-Afrika het NIMRO in 1992 die eerste keer die gedagte van afwending van kinders van die strafregstelsel, met die gebruik van herstellende geregtigheid, voorgestel. In 1995 het die Inter-Ministeriële Komitee oor Jongmense in Gevaar 'n loods-familiegroep konferensie in Pretoria ingestel. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,132 | Ander Suid-Afrikaanse voorlopers van familigroep konferensie is die Bousteneprojek in Port Elizabeth, die Durbanse Beoordeling, Ontvangs- en Verwysingsentrum, die Noordwes Provinsie se Departement van Maatskaplike Dienste, Kuns, Kultuur en Sport en die Herstellende Geregtigheidsentrum. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,133 | Die Wetsontwerp op Kindergeregtigheid maak daarvoor voorsiening dat familiegroep konferensies 'n vonnisoplegging keuse kan wees. In gevolge die Wetsontwerp kan 'n hof aanbevelings uit 'n familiegroep konferensie bevestig, vervang of wysig. As die hof nie die aanbeveling bevestig nie, moet redes gegee word. As 'n kind nie aan die aanbeveling wat deur die hof onderskryf is voldoen nie, moet die proefbeampte die hof in kennis stel en kan 'n lasbrief vir die kind se inhegtenisneming uitgereik word. |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,134 | What is NICRO? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,135 | What is Diversion? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,136 | What is Restorative Justice? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,137 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,474 | GOV-ZA.47589.2010-03-24.af.txt | 23,138 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,475 | GOV-ZA.4771.public_entities.262.5768.2010-03-24.af.txt | 23,140 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,475 | GOV-ZA.4771.public_entities.262.5768.2010-03-24.af.txt | 23,141 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,143 | n Geboortesertifikaat word uitgereik wanneer 'n kind by die staat geregistreer is. Dit bevat die besonderhede van die kind en word vereis as bewys van identiteit. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,144 | As jy jou geboortesertifikaat verloor het of nog 'n eksemplaar daarvan nodig het, kan jy by die naaste Binnelandse Sake-kantoor daarom aansoek doen. Iemand wat buite die land is, kan by 'n Suid-Afrikaanse missie of konsulaat aansoek doen. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,145 | Jy kan aansoek doen om 'n verkorte sertifikaat of 'n volledige sertifikaat. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,146 | Vul asseblief vorm BI-154 in swart ink in en dien dit in. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,147 | n Verkorte geboortesertifikaat kan dieselfde dag beskikbaar gestel word en sal R10 kos. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,148 | Dit neem ongeveer ses na agt weke om 'n aansoek om 'n volledige geboortesertifikaat te verwerk. Die koste is R45. |
1,476 | GOV-ZA.4771.services.11525.17389.2010-03-24.af.txt | 23,149 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,477 | GOV-ZA.4771.services.11525.2010-03-24.af.txt | 23,151 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,477 | GOV-ZA.4771.services.11525.2010-03-24.af.txt | 23,152 | 'n Geboortesertifikaat word uitgereik wanneer 'n kind by die staat geregistreer is. Dit bevat die besonderhede van die kind en word vereis as bewys van identiteit. |
1,477 | GOV-ZA.4771.services.11525.2010-03-24.af.txt | 23,153 | Jy moet jou kind se geboorte binne 30 dae laat registreer. |
1,477 | GOV-ZA.4771.services.11525.2010-03-24.af.txt | 23,154 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,477 | GOV-ZA.4771.services.11525.2010-03-24.af.txt | 23,155 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,157 | 'n Identiteitsdokument is 'n amptelike dokument wat gebruik word om 'n persoon te identifiseer. Elke land moet sy burgers kan identifiseer. Privaat en openbare instellings het ook bewyse nodig dat u is wie u sê u is (byvoorbeeld vir banksake en om te stem). |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,158 | U kan 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument kry indien u 'n Suid-Afrikaanse burger is of permanente verblyfreg het en indien u 16 jaar en ouer is. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,159 | Indien u identiteitsdokument verlore, gesteel of beskadig is, kan u aansoek doen dat dit vervang word. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,160 | u tydelik in die buiteland woon en voorheen 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument gehad het. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,161 | 'n Immigrant wat 'n geldige permanente verblyfpermit het, kan ook 'n identiteitsdokument kry. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,162 | 'n Tydelike identiteitsdokument dien as bewys van u identiteit terwyl u wag dat u aansoek om 'n identiteitsdokument verwerk word. 'n Tydelike identiteitsdokument is slegs vir 'n kort tydperk geldig. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,163 | Vir nadere besonderhede oor hoe om aansoek te doen om 'n identiteitsdokument, besoek die Departement van Binnelandse Sake se webwerf. |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,164 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,478 | GOV-ZA.4771.services.11530.17663.2010-03-24.af.txt | 23,165 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,167 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,168 | 'n Identiteitsdokument is 'n amptelike dokument wat gebruik word om 'n persoon te identifiseer. Elke land moet sy burgers kan identifiseer. Privaat en openbare instellings het ook bewyse nodig dat u is wie u sê u is (byvoorbeeld vir banksake en om te stem). |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,169 | Indien u inligting by Binnelandse Sake soek, kan u die Binnelandse Sake-blitslyn by 0800 60 11 90 skakel. |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,170 | Die Departement van Binnelandse Sake het telefoniese blitslyne om mense wat inligting omtrent immigrasie soek of wat vrae oor die Immigrasiewet van 2002 het, te help. |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,171 | Suid-Afrikaanse burgers het sekere regte wat mense wat nie burgers is nie, nie het nie, byvoorbeeld die reg om:te stem; 'n Suid-Afrikaanse paspoort te hê, en, na Suid-Afrika te kom nadat hulle in die buiteland gewoon het. |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,172 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,479 | GOV-ZA.4771.services.11530.2010-03-24.af.txt | 23,173 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,175 | Seuns jonger as 18 en dogters jonger as 15 kan nie sonder spesiale vergunning in die huwelik tree nie en enigeen jonger as 21 moet hul ouers se toestemming kry alvorens hulle in die huwelik kan tree. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,176 | n Huwelik wat sonder die vereiste toestemming gesluit is, kan ongeldig verklaar word. Dit beteken dat die Hooggeregshof dit nietig kan verklaar. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,177 | Die ouers of voog kan by die Hooggeregshof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,178 | binne ses weke nadat daar van die huwelik te wete gekom is. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,179 | Die minderjarige mag te eniger tyd voordat hy/sy 21 word, of binne drie maande nadat hy/sy 21 geword het, by die hof aansoek doen om die huwelik nietig te verklaar. |
1,480 | GOV-ZA.4771.services.11532.17757.2010-03-02.af.txt | 23,180 | Waar albei ouers lewe en nie een van die ouers die minderjarige se alleenvoog is nie, moet beide ouers skriftelik op vorm BI-32 tot die huwelik instem. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.