document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,208
GOV-ZA.32303.2010-03-24.af.txt
21,609
Howe vir Kleineise het jurisdiksie om enige siviele saak aan te hoor waarby minder as R3000 betrokke is (mits beide die persoon wat dagvaar en die persoon wat gedagvaar word instem om die eis te beperk tot minder as R3000). Die regter in die Hof vir Kleineise word 'n kommissaris genoem en is gewoonlik 'n praktiserende advokaat, prokureur of regsakademikus wat gratis as kommissaris optree. Nóg die eiser (die persoon wat dagvaar), nóg die verweerder (die persoon wat gedagvaar word) mag prokureurs hê. Die kommissaris se besluit is finaal en daar kan nie appelleer word na 'n hoër hof nie. Jy kan met jou naaste Hof vir Kleineise in verbinding tree deur jou naaste Landdroshof.
1,208
GOV-ZA.32303.2010-03-24.af.txt
21,610
Gemeenskapshowe en Howe vir Stamhoofde en Hoofmanne het ook jurisdiksie om sekere sake aan te hoor op die vlak van landdroshowe. Hulle is ontwerp om geskille aan te hoor in terme van die gewoontereg. 'n Gemagtigde Afrikahoofman of sy adjunk kan oor sake besluit op grond van inheemse wette of gebruike, wat aan hom voorgelê word deur 'n Afrikaan teen nog 'n Afrikaan in sy jurisdiksiegebied. Dié howe staan algemeen bekend as stamhoofhowe. 'n Persoon met 'n eis het die reg om te kies of hy die eis wil voorlê aan die stamhoofdehof of aan 'n landdroshof. Skakel jou plaaslike stamhoof as jy 'n saak in sy hof aangehoor wil hê.
1,208
GOV-ZA.32303.2010-03-24.af.txt
21,611
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,208
GOV-ZA.32303.2010-03-24.af.txt
21,612
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,614
aanvaar in vennootskap met plaaslike regering medeverantwoordelikheid om suksesvolle munisipaliteite in die Wes-Kaap te hê.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,615
bevorder en fasiliteer geïntegreerde en volhoubare behuisingsvestigings in die Wes-Kaap.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,616
Lees meer oor hoe ons aandag aan so 'n belangrike kwessie gee. Kry die jongste nuus en vind uit watter rol ons in die moderne wêreld speel.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,617
Lees meer oor vergoeding vir raadslede soos dit in die Staatskoerant gepubliseer is.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,618
Sal dit nie interessant wees om prente van 'n paar van die projekte, nuus en programme te sien nie?
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,619
Vind meer uit oor Behuisingsubsidies: hoe om aansoek te doen, die aansoekproses en waar om aansoek te doen.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,620
Die Landelike Gebiede was nie die gevolg van opsetlike regeringsaksies om "Kleurlingreservate" te skep nie, maar hulle het eerder ontstaan as gevolg van verskillende historiese redes. Hierdie dokument verskaf inligting oor die geografiese gebiede en die transformasie van hierdie gebiede.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,621
Die Huurbehuisingstribunaal verskaf gratis dienste aan huurders en verhuurders oral in die Wes-Kaapprovinsie.
1,209
GOV-ZA.325.2010-03-24.af.txt
21,622
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,210
GOV-ZA.325.public_entities.4200.2010-03-24.af.txt
21,624
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,210
GOV-ZA.325.public_entities.4200.2010-03-24.af.txt
21,625
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,627
Dié dokument is 'n algemene opsomming van die belangrikste dele van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes van 1997. Werkers moet 'n opsomming by hulle werkplekke kan sien in die amptelike tale wat daar gepraat word.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,628
Op Wie is die Wet van Toepassing?
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,629
Die Wet is van toepassing op alle werkers en werkgewers, behalwe lede van die Nasionale Weermag, die Nasionale Intelligensieagentskap, die Suid-Afrikaanse Geheime Diens en onbetaalde vrywilligers wat vir liefdadighede werk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,630
Die Wet moet gehoorsaam word, selfs as ander ooreenkomste daarvan verskil.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,631
Dié afdeling is nie van toepassing op senior bestuurders nie (diegene wat kan aanstel, dissiplineer en ontslaan), verkoopspersoneel wat reis en werkers wat minder as 24 uur per maand werk nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,632
uur in enige week werk uur per dag, as 'n werker 5 dae of minder 'n week werk, of uur per dag, as 'n werker meer as 5 dae per week werk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,633
As oortydwerk nodig is, moet werkers daartoe instem en hulle mag nie meer as 3 uur oortyd per dag of 10 uur oortyd per week werk nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,634
Oortyd moet betaal word teen 1.5-keer die werker se normale betaling, of deur 'n ooreenkoms om betaalde aftyd te kry.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,635
Daar kan oor meer aanpasbare werkstyd onderhandel word as daar 'n kollektiewe ooreenkoms met 'n geregistreerde vakbond is. Dit kan byvoorbeeld voorsiening maak vir meer buigbare ure vir werkende ma's en trekarbeiders.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,636
Saamgepersde werksweek: Jy kan instem om tot 12 uur per dag te werk en dan minder dae in 'n week te werk. Dit kan werkende ma's en trekarbeiders help om langer naweke te hê.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,637
Gemiddelde berekening: 'n Kollektiewe ooreenkoms kan toelaat dat die gemiddelde werksure oor 'n tydperk van tot vier maande uitgewerk word. 'n Werker wat deur so 'n ooreenkoms gebind word, kan nie meer as 'n gemiddelde van 45 gewone ure per week en 'n gemiddeld van vyf uur oortyd per week oor die ooreengekome tydperk werk nie. Daar moet elke jaar weer onderhandel word oor 'n kollektiewe ooreenkoms oor gemiddelde berekening.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,638
Etenstydonderbrekings en rusperiodes n Werker moet 'n etenstydonderbreking van 60 minute na 5 ure se werk hê. Maar 'n geskrewe ooreenkoms kan dit verlaag tot 30 minute en wegdoen met die maaltydonderbreking as die werker minder as 6 uur per dag werk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,639
n Werker moet 'n daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure en 'n weeklikse rusperiode van 36 aaneenlopende ure hê wat, behalwe as anders ooreengekom, Sondag moet insluit.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,640
Sondagwerk n Werker wat soms op 'n Sondag werk moet dubbelbetaling kry. 'n Werker wat gewoonlik op 'n Sondag werk moet 1.5-keer die normale loon kry. Daar kan 'n ooreenkoms aangegaan word vir betaalde aftyd in plaas van oortydbetaling.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,641
Nagwerk is ongesond en kan tot ongelukke lei. Dit is werkers wat tussen 6:00 die aand en 6:00 die oggend werk en hulle moet ekstra betaling kry of in staat wees om minder ure vir dieselfde bedrag geld te werk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,642
Vervoer moet beskikbaar wees maar moet nie noodwendig deur die werkgewer verskaf word nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,643
Werkers wat gewoonlik tussen 11:00 die aand en 6:00 die oggend werk moet ingelig word oor die gesondheid- en veiligheidrisikos. Hulle is geregtig op gereelde mediese ondersoeke, waarvoor die werkgewer betaal. Hulle moet na 'n dagskof verskuif word as nagwerk 'n gesondheidsprobleem veroorsaak. Alle mediese ondersoeke moet vertroulik gehou word.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,644
Werkers moet betaal word vir enige openbare vakansiedag wat op 'n werksdag val. Werk op 'n openbare vakansiedag vind deur ooreenkoms plaasen betaling is teen dubbel die normale koers. 'n Openbare vakansiedag is deur ooreenkoms uitruilbaar.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,645
Jaarlikse verlof n Werker kan tot 21 aaneenlopende dae se jaarlikse verlof neem, of, deur ooreenkoms, 1 dag vir elke 17 dae gewerk, of 1 uur vir elke 17 ure gewerk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,646
Verlof moet nie later nie as 6 maande na die einde van die verlofsiklus geneem word.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,647
n Werkgewer kan net 'n werker betaal in plaas daarvan om verlof te gee as die werker die pos verlaat.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,648
Siekverlof n Werker kan tot 6 weke se betaalde siekverlof neem tydens 'n siklus van 36 maande.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,649
Tydens die eerste 6 maande kan 'n werker een dag se siekverlof neem vir elke 26 dae gewerk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,650
n Werkgewer kan 'n mediese sertifikaat vereis voordat 'n werker betaal word wat vir langer as 2 dae op 'n keer of meer as twee keer in 8 weke siek is.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,651
Kraamverlof n Swanger werker kan tot 4 aaneenlopende maande kraamverlof neem. Haar verlof kan op enige tyd binne 4 weke voor die verwagte datum van die geboorte begin OF op 'n datum wat 'n dokter of 'n vroedvrou sê nodig is vir haar gesondheid of dié van haar ongebore kind. Sy mag ook nie werk vir 6 weke na die geboorte van haar kind nie, behalwe as 'n dokter of 'n vroedvrou haar gesond genoeg verklaar om dit te doen.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,652
n Werker wat swanger is of borsvoed word nie toegelaat om werk te doen wat vir haar of haar kind gevaarlik is nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,653
Voltydse werkers wat langer as 4 maande in diens is kan op versoek 3 dae se betaalde familieverantwoordelikheid-verlof per jaar neem wanneer die werker se kind gebore word of siek is, of vir die dood van die werker se eggenoot of lewensmaat, ouer, aanneemouer, grootouer, kind, aangenome kind, kleinkind of broer of suster.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,654
n Werkgewer kan 'n bewys vereis dat die verlof nodig was.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,655
Werkgewers moet aan nuwe werkers skriftelike inligting oor hulle pos en diensvoorwaardes gee. Dit sluit 'n beskrywing in van enige relevante raads- of sektorale bepaling en 'n lys van enige ander verwante dokumente.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,656
die werker se naam en pos tyd wat gewerk is geld wat betaal is die geboortedatum van werkers wat jonger as 18 is.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,657
in Suid-Afrikaanse geld daagliks, weekliks, twee-weekliks of maandeliks in kontant, per tjek of met 'n direkte deposito.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,658
die werkgewer se naam en adres die werker se naam en pos die betaaltydperk die werker se loon die bedrag en doel van enige aftrekking van die salaris af die werklike bedrag wat aan die werker betaal is.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,659
die gewone betaalkoers en die oortydbetaalkoers die aantal gewone en oortydure wat in die betaaltyd gewerk is die aantal ure wat op 'n Sondag of 'n openbare vakansiedag in die tydperk gewerk is die totale aantal gewone en oortydure wat in die tydperk van gemiddelde berekening gewerk is, as daar 'n ooreenkoms oor die berekening van gemiddeldes bestaan.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,660
die werker skriftelik instem die aftrekking vereis word deur die wet of toegelaat word kragtens 'n wet, 'n kollektiewe ooreenkoms, hofbevel or arbitrasietoekenning.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,661
Lone word gegrond op die aantal ure wat normaalweg gewerk word.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,662
Die maandelikse loon is 4 en 1/3-keer die weeklikse loon.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,663
weke, as die werkers 'n jaar of meer in diens is.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,664
Kennisgewing moet skriftelik wees, behalwe as 'n werker nie kan skryf nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,665
Werkers wat in 'n werkgewer se akkomodasie woon moet 1 maand kennis van die beëindiging van die kontrak gegee word, of alternatiewe verblyf kry totdat die kontrak wettig beëindig is.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,666
n Werkgewer wat kennis gee, keer nie dat 'n werker die afdanking uitdaag kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge of enige ander wet nie..
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,667
Uitdiensstellingsbetaling n Werkgewer moet 'n werker wat weens die werkgewer se operasionele vereistes afgedank word, 'n bedrag betaal wat gelyk staan aan minstens een week se uitdiensstellingsbetaling vir elke jaar van aaneenlopende diens by die werkgewer.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,668
Wanneer 'n werk eindig, moet 'n werker 'n dienssertifikaat kry.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,669
Dit is onwettig om 'n kind onder die ouderdom van 15 jaar in diens te neem.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,670
Kinders onder 18 mag nie gevaarlike werk of werk wat vir 'n volwassene bedoel is doen nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,671
Dit is onwettig om iemand te dwing om te werk.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,672
werkers se beskerming verminder wat gesondheid en veiligheid en familieverantwoordelikhede betref nie jaarlikse verlof tot minder as twee weke verminder nie kraamverlof op enige manier verminder nie siekverlof op enige manier verminder nie beskerming van nagwerkers verlaag nie enige kinderarbeid of gedwonge arbeid toelaat nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,673
Kollektiewe ooreenkomste en individuele ooreenkomste moet met die Wet ooreenstem.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,674
Die Minister van Arbeid mag bepaal dat 'n basiese diensvoorwaarde gewysig of uitgesluit mag word. Dit kan ook gedoen word met 'n aansoek deur 'n werkgewer of 'n werkgewerorganisasie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,675
Sektorale bepalings kan gemaak word om basiese voorwaardes vir werkers in 'n sektor en gebied op te stel.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,676
Die Wet maak voorsiening vir die Kommissie op Diensvoorwaardes om die Minister van Arbeid raad te gee.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,677
Arbeidsinspekteurs moet werkers en werkgewers inlig oor hulle arbeidsregte en -verantwoordelikhede. Hulle inspekteer, ondersoek klagtes, ondervra mense en inspekteer, maak afskrifte van en verwyder aantekeninge.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,678
n Inspekteur mag 'n voldoeningsbevel uitreik deur te skryf aan die Direkteur-Generaal van die Departement van Arbeid, wat die feite sal nagaan en sal saamstem oor die bevel of dit wysig of kanselleer.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,679
Die besluit kan in die Arbeidshof teengestaan word.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,680
Werkers mag nie onregverdig behandel word omdat hulle kragtens die Wet op hulle regte aandring nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,681
n arbeidsinspekteur of enige ander persoon wat die Wet gehoorsaam te hinder, keer of verkeerdelik te probeer beïnvloed om 'n dokument in die hande te probeer kry deur te steel, te lieg of deur 'n vals of vervalsde dokument te toon voor te gee om 'n arbeidsinspekteur of enige ander persoon te wees wat die Wet gehoorsaam te weier of nie ten volle enige wettige vraag te beantwoord wat gevra word deur 'n arbeidsinspekteur of enige ander persoon wat die Wet gehoorsaam nie te weier of nie gehoorsaam te wees aan 'n arbeidsinspekteer of enige persoon wat kragtens die Wet optree nie.
1,211
GOV-ZA.3342.2010-03-24.af.txt
21,682
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,684
Maklik toeganklike inligting vir werkers oor wat gebeur wanneer iemand 'n werksbesering of -siekte opdoen.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,685
Wat gebeur as ek by die werk beseer word?
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,686
En as ek 'n siekte opdoen?
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,687
Wat van wetgewing?
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,688
Stel Dadelik jou Toesighouer in Kennis (skriftelik, indien moontlik, maar beslis voor die einde van die skof). Kry Noodhulpbehandeling indien nodig.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,689
Die Werkgewer moet die "Werkgewer se Verslag oor Ongeluk-"vorm invul en Deel B aan jou gee, wat jy aan die dokter moet gee wat jou behandel.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,690
Die dokter wat jou behandel moet die "Eerste Mediese Verslag" en 'n Mediese Rekening voltooi.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,691
As jou besering baie ernstig is en lank neem om te genees, moet jou dokter elke maand 'n "Vorderings Mediese Verslag" invul.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,692
As jou toestand bestendig is, sal jou dokter die "Finale Mediese Verslag" invul.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,693
Jou werkgewer moet die "Hervattingsverslag" voltooi wanneer jy na die werk terugkeer.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,694
Beroepsiektes word veroorsaak deur toestande waaraan 'n persoon blootgestel word in die werkplek. Daar is 28 kategorië van Beroepsiektes wat erken word deur die Kompensasiekommissaris (Skedule 3).
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,695
Werker stel werkgewer in kennis.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,696
Werkgewer stuur die verslag aan die Kommissaris.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,697
Dokter dien die mediese verslae in (waaronder die vorderings- en finale mediese verslae).
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,698
Werkgewer vul die "Hervattingsverslag" in.
1,212
GOV-ZA.3352.2010-03-24.af.txt
21,699
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,701
n Enkele inligtingstuk wat syfers en die voorkoms van borskanker en die risikofaktore wat met dié vorm van kanker verbind word, uiteensit.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,702
Westerse Samelewings het die hoogste voorkoms van borskanker, 60 -70 per 100 000 vroue.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,703
Borskanker is die mees algemeen-gediagnoseerde kanker in vroue en op die oomblik die voorste oorsaak van die voorkoms van kanker onder vroue in Suid-Afrika (16.6 %).
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,704
Dit is die nommer 1 kankerdianose onder die Wit en Asiese vrouebevolkings (17.9% en 24.4% onderskeidelik), afgesien van velkanker.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,705
Tussen 1993 en 1995 is 'n jaarlikse gemiddeld van 3 785 nuwe gevalle gediagnoseer.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,706
Elke vrou loop die risiko van Borskanker. Die gevaar raak groter hoe ouer jy word.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,707
Baie risikofaktore is vir Borskanker uitgeken. Maar al die faktore gee net die redes vir omtrent 1/3 van die voorkomste. Al die ander gevalle bly 'n raaisel, en navorsing word daaroor gedoen deur wêreldwye inisiatiewe.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,708
Tot op datum is kennis oor risikofaktore nie omgesit in praktiese maniere om Borskanker te voorkom nie en daarom is die beste manier om sterftes weens Borskanker te voorkom, vroeë opsporing.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,709
Baie teorië lui dat moontlike oorsake oorerwing, dieet, omgewingsfaktore, hormoonaktiwiteit of 'n kombinasie daarvan insluit.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,710
Vroue kom self op 9 uit 10 knoppe af.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,711
Die meeste knoppe (omtrent 80%) is nie kwaadaardig nie maar 'n knop kan af en toe 'n vroeë teken van Borskanker wees. Enige verandering moet egter deur 'n dokter nagegaan word.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,712
Borssiekte is uiters algemeen. Dit begin as 'n knop of verdikking in die bors, wat klinies ondersoek moet word.
1,213
GOV-ZA.3419.2010-03-24.af.txt
21,713
Borsselfondersoek (BSO) is die borskankertoetsmetode wat jy self kan gebruik, saam met 'n borsondersoek deur jou dokter en mammogramme (bors-x-strale).