document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,148
HOE EIS 'n MENS VAN DIE FONDS?
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,149
U kan self van die Fonds eis of u kan 'n prokureur kry om namens u te eis, maar u sal vir sy/haar dienste moet betaal. Daar is inligtingskantore by alle kantore van die Fonds wat u kosteloos kan help.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,150
U moet die eis instel binne drie jaar na die datum van die ongeluk, as u weet wie die ongeluk veroorsaak het. As u nie weet wie die bestuurder of eienaar is van die motor wat die ongeluk veroorsaak het nie, moet u binne twee jaar eis.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,151
U dien die eis in deur die Eisvorm (Vorm 1) in te vul. Elke toepaslike paragraaf moet ingevul word. Die dokter wat u onmiddellik na die ongeluk behandel het, moet die medieseverslagafdeling van die vorm invul. U moet ook die vorm onderteken.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,152
n Mediese verslag.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,153
Indien iemand in die ongeluk gedood is, 'n rekord van die geregtelike doodsondersoek.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,154
n Klagstaat van die polisie.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,155
Alle rekeninge, kwitansies en bewysstukke om mediese en hospitaalkoste te bewys.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,156
n Brief van die dokter om te sê hoeveel u in die toekoms vir mediese koste sal betaal as gevolg van die ongeluk.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,157
n Skets van die ongelukstoneel.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,158
Die naam van die polisiestasie waar die ongeluk aangemeld is, die polisie se saaknommer en die polisieverslag.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,159
n Brief van u werkgewer om te sê hoeveel geld u deur onbetaalde lone verloor het.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,160
n Skriftelike toestemming vir die hospitaal wat aan die Fonds toestemming verleen om insae in u hospitaalrekords te kry.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,161
n Beëdigde verklaring van die persoon wat die eis instel en van enige getuies.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,162
WAAR DIEN 'n MENS 'n EIS IN?
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,163
U kan u eis indien by of meer inligting verkry van die Padongelukfonds se kantore in Kaapstad.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,164
U kan die status van u eis aanlyn nagaan.
1,147
GOV-ZA.21955.2010-03-24.af.txt
21,165
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,167
Die regering het 'n plan aangekondig om gratis basiese water- en elektrisiteitdienste vir almal te verskaf. Daar is ook 'n inisiatief vir gratis sanitasiedienste.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,168
Hoewel dit 'n Nasionale besluit is, word water, sanitasie en elektrisiteit deur plaaslike owerhede verskaf. Die gevolg is dat die eintlike verskaffing van dié gratis dienste die verantwoordelikheid van jou plaaslike munisipaliteit is.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,169
Teen Julie 2001 het bykans 23-miljoen mense in Suid-Afrika reeds Gratis Basiese Water ontvang.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,170
Die uiteindelike doel is om aan arm huishoudings gratis 'n basiese voorraad van 6 000 liters veilige water per maand te verskaf. Dit kan van munisipaliteit na munisipaliteit wissel en jy moet jou munisipaliteit direk skakel om uit te vind presies watter gratis basiese waterdiens hulle verskaf.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,171
As jy meer water as die gratis voorraad gebruik, moet jy daarvoor betaal.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,172
Gratis elektrisiteitdienste is spesifiek op arm huishoudings toegespits. Dié huishoudings sal 'n klein hoeveelheid elektrisiteit gratis kry, maar hulle moet vir enige elektrisiteit wat bo die basiese diensvlak gebruik word, betaal.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,173
Die voorgestelde hoeveelheid gratis elektrisiteit is 50kWh per huishouding per maand vir 'n netwerk-baseerde stelsel. Dit is min of meer die hoeveelheid energie wat nodig is vir basiese beligting, 'n klein swart-en-wit tv-stel en 'n klein radio, basiese strykwerk en die basiese kook van water met 'n elektriese ketel. 50Wp sal per nie-netwerk gekoppelde voorsieningstelsel verskaf word vir alle huishoudings wat aan die amptelike nie-netwerk stelsels gekoppel is.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,174
Gebruikers wat voorafbetaalde elektrisiteitmeters het, sal kan sien wanneer die gratis elektrisiteit opgebruik is en sal self vir nog elektrisiteit kan betaal. Gebruikers met kredietmeters sal nie maklik kan sien wanneer hulle eenhede opgebruik is nie. Hulle sal aan die einde van elke maand vir die bykomende gebruik geëis word.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,175
Gratis Basiese Elektrisiteit sal van Julie 2003 af ingestel word, nadat Munisipaliteite hulle fondse van die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering ontvang het.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,176
Na die suksesvolle instelling van die Gratis Basiese Water-program, is die Departement van Waterwese en Bosbou nou besig om 'n Nasionale Gratis Basiese Sanitasie-strategie te ontwikkel. Dit word gedoen onder die leiding van die Nasionale Gratis Basiese Water en Sanitasie Taakspan, waarvan SALGA die voorsitter is en wat deur DWWB koördineer word. Die doel is om 'n aanpasbare nasionale strategie te ontwikkel, wat die uitgebreide kennis en praktiese ervaring binne die water- en sanitasiesektor saamvat.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,177
Wanneer die strategie afgehandel is, sal dit deur die plaaslike owerhede wat sanitasiedienste verskaf ingestel word.
1,148
GOV-ZA.22195.2010-03-24.af.txt
21,178
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,149
GOV-ZA.22312.2010-03-24.af.txt
21,180
Kliek op 'n fasiliteit vir volledige besonderhede. Net in Engels beskikbaar.
1,149
GOV-ZA.22312.2010-03-24.af.txt
21,181
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,149
GOV-ZA.22312.2010-03-24.af.txt
21,182
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,150
GOV-ZA.22652.2010-03-24.af.txt
21,184
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,150
GOV-ZA.22652.2010-03-24.af.txt
21,185
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,152
GOV-ZA.262.2010-03-24.af.txt
21,188
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,152
GOV-ZA.262.2010-03-24.af.txt
21,189
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,153
GOV-ZA.269.2010-03-24.af.txt
21,191
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,153
GOV-ZA.269.2010-03-24.af.txt
21,192
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,194
Die opgawe wat aan u uitgereik is is spesi.ek saamgestel om u persoonlike belasting behoeftes aan te spreek soos aangedui toe u die ITR12 individuele belastingopgawe versoek het.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,195
Deur jou naaste SARS takkantoor te besoek.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,196
Hierdie gids is saamgestel om u te help om u opgawe eerlik en korrek te kan voltooi. Indien u meer inligting nodig het raadpleeg asseblief die Omvattende Gids wat beskikbaar is op die SARS webwerf www.sars.gov.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,197
Tax season 2008. Indien u enige verdere hulp nodig het met die voltooiing van u opgawe kan u al u stawende dokumente bymekaar maak en u naaste SARS takkantoor besoek.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,198
Finansiële state, indien van toepassing b.v.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,199
Let asseblief daarop dat alhoewel u die dokumentasie sal gebruik in die voltooiing van u opgawe moet dit nie saam met die opgawe by SARS ingedien word nie. U moet dié dokumentasie vir 'n tydperk van vyf jaar bewaar indien SARS dit sou versoek.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,200
Gebruik 'n swart pen om die opgawe in hoo.etters te voltooi en skryf in die spasies wat voorsien is. Alhoewel u 'n persoonlik saamgestelde opgawe ontvang het kan daar nogtans velde wees wat nie op u van toepassing is nie. U word versoek om al hierdie velde, wat nie op u belastingsake betrekking het nie, oop te laat. Moet asseblief nie NVT invul of die velde deurhaal nie.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,201
Moet asseblief nie korreksie ink gebruik of enige van die velde deurhaal as u 'n fout sou gemaak het nie aangesien ons skandeerders die veranderinge sal verwerp. Indien u 'n fout maak versoek 'n nuwe opgawe (sien inleiding). Ons wil u egter graag aanraai om u opgawe elektronies in te dien want u sal op die stelsel veranderinge kan aanbring.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,202
Ons versoek ook voorts dat u nie die opgawe sal vou wanneer u dit indien nie aangesien dit die verwerking van u opgawe mag vertraag. U moet al die toepaslike gedeeltes van u opgawe voltooi. Enige onvolledig voltooide opgawe sal aan u teruggestuur word en as "nie ingedien" beskou word totdat die korrek voltooide opgawe ontvang is. Dit kan tot die hef. ng van boetes vir die laat indiening van u opgawe lei.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,203
Hierdie is 'n voorbeeld van die boonste gedeelte van u opgawe wat vooraf deur SARS ingevul is.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,204
Handtekening: Hierdie opgawe is 'n wetlik bindende verklaring wat u a.ê waarin u al die inkomste ontvang, belasting en aftrekkings vir die jaar van aanslag verklaar. Sonder u handtekening is die opgawe nie bindend nie en sal dus aan u teruggestuur word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,205
Persoonlike besonderhede: U moet u adres- en kontakbesonderhede invul. Die besonderhede moet u eie wees en nie die van 'n belastingpraktisyn indien u van een gebruik sou maak.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,206
Bankbesonderhede: Sonder die korrekte bankbesonderhede kan ons nie 'n terugbetaling maak nie. Om bedrog en diefstal te bekamp betaal SARS slegs terugbetalings elektronies in geveri.eerde tjek en spaar (transmissie) bankrekeninge wat deur belastingpligtige (nie 'n derde party nie) geopen is by 'n geregistreerde Suid-Afrikaanse instelling.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,207
Inkomste ontvang: Verseker dat alle inkomste deur u ontvang verklaar is.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,208
Huwelikstatus: Aangesien u huwelikstatus u belastingaanspreeklikheid kan beïnvloed is dit belangrik dat u aandui of u op 29 February 2008 getroud of ongetroud was. Indien u getroud was moet u ook aandui of dit BINNE of BUITE gemeenskap van goedere was.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,209
Dui u voorkeur metode van kontak aan deur die toepaslike blokkie te merk met die syfers 1 tot 5. Die syfer 1 sal u mees gekose metode aandui terwyl die syfer 5 die mins gekose metode sal wees.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,210
Indien u van die dienste van 'n belastingpraktisyn gebruik maak sal hierdie inligting afdeling deur die persoon voltooi word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,211
Baie van die verpligte velde sal reeds voltooi wees met die inligting tot die beskikking van SARS. Dit sluit u persoonlike inligting sowel as die besonderhede van u inkomste in as u 'n werknemer is (as u 'n IRP5 ontvang).
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,212
Maak asseblief seker dat u u adresbesonderhede voltooi aangesien dit nie ingevul sal wees nie. SARS wil van hierdie geleentheid gebruik maak om u adresbesonderhede in die voorgeskrewe formaat te opdateer ten einde aan voorskrifte te voldoen.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,213
Hierdie jaar sal SARS ook die inligting wat betrekking het op die inkomste wat u vanaf u werkgewer of pensioenfonds verkry het voltooi, gebaseer op die IRP5/IT3(a) serti. kaat inligting voorsien, mits SARS dit betyds ontvang het.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,214
In sulke gevalle het u net nodig om die vooraf voltooide inligting te vergelyk met die inligting op u IRP5/IT3(a) serti. kate wat u ontvang het.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,215
Indien u tevrede is kan u na die volgende afdeling gaan. Indien u van mening is dat die inligting foutief is moet u die SARS Inbelsentrum by 0800 00 SARS skakel.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,216
Indien u in diens van meer as een werkgewer gedurende die jaar van aanslag was en ook betaling vanaf 'n uittredingsannuïteitsfonds ontvang het sou u twee IRP5 en een IT3(a) serti.kate ontvang het en moet u opgawe dus drie aparte bladsye bevat vir die IRP5/IT3(a) inligting: een vir elke serti. kaat. Indien die opgawe wat u ontvang het nie voorsiening maak vir voldoende bladsye om al die IRP5/ IT3(a) inkomste te verklaar nie sal u die korrekte opgawe moet aanvra.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,217
U moet enige inkomste wat u vanuit beleggings ontvang het in hierdie afdeling verklaar. Dit sluit plaaslike rente, buitelandse rente en buitelandse dividende in. Hierdie afdeling maak ook voorsiening dat u enige buitelandse belasting wat teruggehou is ten opsigte van buitelandse rente en buitelandse dividende kan verklaar.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,218
Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is moet u al die bedrae wat uself en u gade ontvang het ten opsigte van plaaslike rente, buitelandse rente en buitelandse dividende bymekaar tel.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,219
Indien u buite gemeenskap van goedere getroud of ongetroud is moet u slegs u eie beleggings-inkomste verklaar.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,220
Let asseblief daarop dat die bruto bedrae verklaar moet word aangesien SARS die vrystellings sal toepas.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,221
Voltooi asseblief die toepaslike lynitems. Let asseblief daarop dat alle buitelandse inkomste in die Suid-Afrikaanse geldeenheid verklaar moet word. Vir verdere inligting raadpleeg asseblief die Omvattende Gids wat op die SARS webwerf www.sars.gov.za beskikbaar is.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,222
Alle kapitaalwins transaksies moet apart verklaar word met die uitsondering van die beskikking (verkoop) van aandele wat per serti. kaat gegroepeer kan word. Plaaslike en buitelandse transaksies moet voorts ook apart verklaar word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,223
As oor 'n bate beskik is, is die bedrag wat ontvang is of die bedrag wat die verkoper van die bate toeval die opbrengs van die beskikking.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,224
Die basiskoste van die bate is gewoonlik die onkoste werklik aangegaan vir die verkryging van die bate tesame met enige uitgawes wat direk verband hou met die verbetering en direkte kostes in verband met die aanskaf.ng en die beskikking, en sekere eiendomskostes. Die basiskoste sluit nie enige bedrae in wat andersins toegelaat is as 'n aftrekking vir inkomstebelastingdoeleindes nie.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,225
Hoe word die basiskoste bereken van 'n bate wat op 1 Oktober 2001 reeds in u besit was?
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,226
Elke beskikking moet apart in die opgawe verklaar word en moet die volgende inligting bevat, opbrengs, basiskoste, uitsluitings (indien van toepassing) en óf die wins óf die verlies. Die opgawe moet soos in die onderstaande voorbeeld voltooi word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,227
Voorbeeld:'n Belastingpligtige koop in 2002 'n huis wat as primêre woning gebruik word vir 'n bedrag van R1 miljoen. Die huis word gedurende die 2008 jaar van aanslag vir 'n bedrag van R2.8 miljoen verkoop.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,228
Let asseblief daarop dat SARS die jaarlikse uitsluiting programmaties sal bereken en u moet dit dus nie op die opgawe as uitsluiting invul nie. Die insluitingskoers sal ook deur SARS toegepas word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,229
Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is moet die bruto bedrae ten opsigte van uself en u gade verklaar word aangesien SARS programmaties die 50% verdeling sal toepas. Indien u buite gemeenskap van goedere of ongetroud is moet u slegs u eie beskikkings verklaar.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,230
Dui aan of u enige bydraes tot 'n mediesefonds gemaak het gedurende die jaar van aanslag deur óf die "Ja" óf die "Nee" blokkie met 'n "X" te merk. Indien u bydraes deur u werkgewer of pensioenfonds oorbetaal is, of u self die bydraes oorbetaal het deur middel van u bankrekening, moet u die "Ja" blokkie merk.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,231
As u 'n lid van 'n mediesefonds was moet u verklaar vir hoeveel lede (uself ingesluit) bydraes per maand, beginnende by Maart 2007, aan die fonds gemaak is.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,232
Indien dit die geval is moet u nie die bedrag in hierdie gedeelte van u opgawe teenoor die kode 4005 invul nie aangesien die inligting alreeds op die "Werknemersbelasting" serti.kaat gedeelte van u opgawe is. U sal dus slegs 'n bedrag teenoor die kode 4005 in hierdie gedeelte van u opgawe invul as u bydraes aan die mediesefonds nie deur u werkgewer oorbetaal is nie maar u dit self b.v. maandeliks vanuit u bankrekening oorbetaal het. As u dit wel self betaal het moet u die staat wat u vanaf u mediesefonds ontvang het gebruik om die bedrag te bepaal.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,233
Indien u aan 'n mediesefonds behoort sal die bedrag ook op die staat verskyn wat u vanaf u mediesefonds ontvang het.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,234
Indien u nie aan 'n mediesefonds behoort het nie moet u al die bedrae van die kwitansies wat u betaal het ten opsigte van kwali. serende mediese uitgawes bymekaar tel en hier invul langs die kode 4020. Vir verdere inligting raadpleeg asseblief die Omvattende Gids wat op die SARS webwerf www.sars.gov.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,235
Indien u, u gade of u kind 'n liggaamsgebrek het moet die onkoste wat direk hiermee verband hou en nie van die fonds verhaal is nie hier, langs die kode 4022, ingevul word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,236
Uitgawes vir gestremdheid n "Gestremde persoon" beteken 'n persoon wat blind is, 'n persoon wat doof is, 'n persoon wat as gevolg van 'n permanente gebrek 'n rystoel, loopyster, of kruk benodig om te beweeg, of 'n persoon wat 'n kunsledemaat benodig. Dit sluit ook 'n persoon in wat aan 'n geestesongesteldheid ly - soos omskryf in die Wet op Geestesongesteldheid.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,237
Verwys na die Omvattende Gids, wat op die SARS webwerf www.sars.gov.za beskikbaar is, om vas te stel watter dokumentasie bewaar moet word vir 'n tydperk van vyf jaar om u eis te staaf.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,238
Slegs agterstallige pensioenfondsbydraes wat in die betrokke jaar van aanslag aangekoop is en wat nie op u IRP5/IT3(a) serti. kaat verskyn nie, moet hier langs die kode 4002 ingevul word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,239
Slegs bydraes wat gemaak is ten opsigte van 'n polis waarvan u die begunstigde is, mag gebruik word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,240
Gebruik die bedrag wat op die serti.kaat, wat u vanaf die betrokke instansie ontvang het aan wie die bydraes gemaak is, om die veld te voltooi.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,241
Let asseblief daarop dat die bedrae wat op u IRP5/IT3(a) serti.kaat verskyn (sien beeld) nie as 'n aftrekking oorweeg sal word, nie aangesien u die bedrae moet gebruik wat op die serti. kaat verskyn.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,242
Indien u enige bydraes gemaak het om u inkomste te beskerm, sou u 'n serti.kaat van die betrokke instansie waar die bydraes gemaak was, ontvang het. Gebruik die bedrag op die serti.kaat om die bedrag langs kode 4018 op u opgawe te voltooi.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,243
Indien u 'n reistoelaag ontvang het, het u die keuse om kilometers te eis gebaseer op werklike kilometers afgelê of om gebruik te maak van die geagte kilometers waarvoor in die Inkomstebelastingwet voorsiening gemaak word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,244
U moet in besit wees van volledig voltooide ritboek ten einde werklike kilometers gereis te kan eis.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,245
Die rede vir die reis.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,246
Indien u hierdie keuse uitoefen moet u die "Ja" blokkie merk teenoor die vraag of u 'n ritboek wil gebruik.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,247
Geagte kilometersIndien u nie gekies het om "ja" te antwoord op die ritboek opsie sal SARS aanneem dat u van die geagte kilometers gebruik wil maak. Ingevolge die bepalings van die geagte kilometers sal die eerste 18 000 kilometers afgelê geag wees as private kilometers afgelê. In die berekening van die toelaatbare eis sal die totale kilometers gereis beperk word tot 32 000 kilometers.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,248
Hieronder is 'n voorbeeld van hoe hierdie afdeling voltooi moet word indien u nie 'n ritboek gebruik nie.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,249
Let asseblief daarop dat sonder die bogenoemde inligting SARS nie in staat sal wees om die reis eis te bereken nie en dit dus nie sal kan oorweeg nie.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,250
Waar akkurate rekords van uitgawes bygehou is: Indien u van hierdie metode gebruik wil maak moet u die lynitems onder die hoof "waar akkurate rekords van uitgawes gehou is" voltooi.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,251
Waar geen rekords van uitgawes gehou is: Die vastekoste skaal sal in die geval gebruik word om die eis te bereken. Indien u enige van die lynitems wat na werklike koste verwys voltooi, sal dit aanvaar word dat die werklike koste toegepas moet word.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,252
Slegs sekere aftrekkings is toelaatbaar indien u 'n salaris verdien. Sekere van hierdie aftrekkings soos pensioen en uittredingannuïteisfondsbydraes is reeds in hierdie gids aangespreek. Die oorblywende aftrekkings wat kwali.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,253
Indien u 'n verblyftoelaag ontvang het wat teenoor die kode 3704 op u IRP5/IT3(a) serti.kaat aangetoon is, moet u die bedrag van u eis teenoor die kode 4017 in hierdie gedeelte van u opgawe invul.
1,154
GOV-ZA.28771_AfrIndividualITR12Guide.indd.2010-03-25.af.txt
21,254
Indien u 'n verblyftoelaag ontvang het wat teenoor die kode 3715/3754 op u IRP5/IT3(a) serti.kaat aangetoon is, moet u die bedrag van u eis teenoor die kode 4019 in hierdie gedeelte van u opgawe invul.