document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,662 | Kortings vir Gestremdes en Afgetredenes Verhoog. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,663 | Een van die grootste veranderinge aan die begroting is 'n styging in kortings vir gestremdes en afgetrede persone. Die korting is verhoog om mense met 'n inkomste tot 'n maksimum van R3 000 per maand te akkommodeer. Die res van die maatskaplike besteding in die begroting is onveranderd. Altesaam R385 miljoen is toegewys vir 'n reeks gratis basiese dienste insluitende water, riool en elektrisiteit. Dié toekenning is bo en behalwe die vrystelling van eiendomsbelasting van sowat 100 000 eiendomme in die stad wat vir minder as R50 000 gewaardeer is. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,664 | Eiendomsbelasting- en Tariefverhogings onder Inflasiekoers. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,665 | Die Stadsregering kan sy inkomste deur verbeterde insamelingstelsels verhoog. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,666 | Eiendomsbelasting, vullisverwydering en sanitasie verhoog met 5%. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,667 | Water sal met 7% styg waarvan 4% aan die nuwe Bergrivierdamprojek gaan. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,668 | Elektrisiteit gaan met 4,9% op. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,669 | Elke Stadswyk gaan R100 000 meer kry as waarvoor daar in die konsepbegroting voorsiening gemaak is. Elk van die Stad se 105 wyke sal nou R400 000 vir gemeenskapsprojekte ontvang waarvan R200 000 vir kapitale projekte en R200 000 vir bedryfsuitgawes sal gaan. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,670 | R240 Miljoen Inspuiting vir Infrastruktuur. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,671 | Daar is addisionele infrastruktuurbesteding in die nuwe Stadsbegroting voorgestel. 'n Bedrag van R75 miljoen is vir Vervoer, Paaie en Stormwater infrastruktuur toegeken, 'n gebeurlikheidsvoorsiening van R125 miljoen vir 2010 Sokker Wêreldbekerprojekte en 'n verdere R100 miljoen per jaar oor die volgende twee finansiële jare vir die Sokker Wêreldbeker. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,672 | R40 Miljoen vir Veiligheid en Sekuriteit. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,673 | Burgemeester Zille het addisionele kapitale toekenning vir die Metropolisie en die Stad se Nooddienste aangekondig. Die Metropolisie kry 'n ekstra R9,5 miljoen om hulle wetstoepassingsvermoëns te versterk terwyl Nooddienste 'n verdere R6,5 miljoen bo en behalwe die R31 miljoen kry wat vroeër vanjaar aangekondig is. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,674 | Agt Stappe om die Begroting Beter te laat Werk. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,676 | Die Stad Kaapstad het 'n gemeenskapsgebaseerde leerlingskaptoetsprojek vir 2007 goedgekeur. 'n Tussentydse komitee van Stadsbeamptes en raadslede sal die beplanning doen. Die Stad ondersteun tans 13 leerlingskappe vir 285 leerders. Die huidige programme fokus hoofsaaklik op interne personeel met slegs 24 werklose leerders. Die projek is daarop gemik om die konsep na die breeër gemeenskap uit te brei. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,677 | Twee suksesvolle haaiwaarskuwingsprogramme is die afgelope 18 maande in werking. Dit het daartoe gelei het dat strande by 187 geleenthede gesluit is om die publiek te beskerm. 'n Konsepbeleid wat daarop gemik is om die risiko van haai aanvalle in strandgebiede te beperk sal 'n langtermyn benadering verseker vir 'n aangeleentheid wat verskeie maatskaplike en ekonomiese gevolge inhou. 'n Finale haaiwaarsku-wingsprogram met besonderhede van die bedryfs- en begrotingsvereistes sal in Maart volgende jaar ter tafel gelê word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,678 | Die Stadsraad het 'n Onthullings- en Bedrogsvoorkomingsbeleid goedgekeur om 'n kultuur te skep om bedrog en korrupsie hok te slaan. Volgens die beleid sal personeel wat inligting jeens kriminele en ander onreëlmatige gedrag in die Stad openbaar, beskerming geniet . Die Beleid maak ook voorsiening vir regstellende stappe in gevalle waar werkers weens hulle openbaarmakings mog ly. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,679 | Die toegangs- en hoofroetes in Du Noon gaan verbeter word met sypaadjies, fietsrypaadjies en taxi staanplekke ter waarde van R1,28 miljoen. Die Stadsraad het die Gemeenskaps Toegangspadprojek (CARP), wat deur die provinsiale regering gefinansier word, goedgekeur. Die hoofdoelwit, buiten die verskaffing van infrastruktuur, is gemik op werkskepping, opleiding en die bemagtiging van die plaaslike gemeenskap. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,680 | Die Stadsraad het 'n R15 miljoen projek vir die installering van geslotebaan televisie op die Klipfonteinkorridor goedgekeur. Die provinsiale regering het 'n ooreenkoms met die Stad gesluit om die projek as deel van die Klipfonteinkorridor Mobiliteitstrategie te finansier. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,681 | Die Stadsraad het die voortsetting van die formele vennootskap tussen die Stad en die Westelike Provinsie Lewensreddersvereniging vir die verskaffing van lewensreddingsdienste op strande goedgekeur. Die vennootskap het twee jaar gelede begin en het tot doeltreffende strandbestuur gedurende die spitsseisoen en die vermindering van verdrinkingsinsidente gelei. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,682 | Khayelitsha Kry R1 Miljoen Vir Nuwe Begraafplaas n Bedrag van R1 miljoen gaan van die Metro Suid-oos begraafplaas in Mfuleni na die nuwe Khayelitsha begraafplaas oorgeplaas word. Die provinsiale grondoordrag van die Mfuleni-grond kan nie in die huidige finansiele jaar geskied nie. Die Stadsraad het die oordrag van R1 miljoen tot die Khayelitsha ontwikkeling goedgekeur ten einde vanjaar groter vordering te bewerkstellig. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,683 | Die Stadsraad het die voortsetting van die drieparty vennootskap tussen die Stad Kaapstad, the OR Tambo Distriksmunisipaliteit en die Walter Sisulu-universiteit ondersteun. Die Uitvoerende Burgemeester en Stadsbestuurder mag voortgaan om 'n befondsingooreenkoms van R950 000 met die Ontwikkelingsbank te teken om 'n projekbestuurskantoor te vestig wat die vennootskapprojekte sal bestuur. (Item C77/10/06). |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,684 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 3 in die noordelike voorstede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitale projekte soos sypaadjies, verkeerstekens, omheinings, landskapontwerp, speel-parktoerusting en sportklubgeriewe ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende hulptoekennings, onkruidbeheer, die snoei van bome, die oorverf van padtekens, die vee van strate, dam-onderhoud en die verbetering van sportgronde aangewend word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,685 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 4 in die noordelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal R200 000 vir kapitaalprojekte soos plaveisels vir mediaaneilande, spreiligte, hoë-mas sekuriteitsbeligting, sopkombuise, heinings en die opgradering van crèches ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte insluitende onkruid- en pesbeheer, parkonderhoud, die snoei van bome, gemeenskapsopruiming en hulptoekennings gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,686 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 5 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal nie noodwendig gelyke bedrae ontvang nie omdat die Sub-raad besluit het om die beskikbare fondse volgens die dringendste behoeftes van die gebied toe te ken. R265 000 gaan vir die teer van die Bishop Lavis SSG en R130 000 op 'n nuwe dak vir die Valhallapark-kliniek gegee word. Die orige R800 000 sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, maatskaplike ontwikkelingsprojekte, parkonderhoud en gemeenskapsopruimingsprojekte gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,687 | Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 6 in die noord-oostelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vyf wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls en beligting, speelparke, sportgeriewe en 'n leeskamer ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskeppingsprojekte, parkonderhoud en toerusting vir sopkombuise aangewend word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,688 | Die Stadsraad het die volle R2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 7 in die noord-westelike gebiede van die stad goedgekeur. Die toekenning word tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Kapitale projekte sluit in verkeerskalmeringsmaatreëls en beligting, sportgeriewe en bergingshouers. Bedryfsprojekte sluit in betaling van vrywillige bibliotekarisse, parkonderhoud, boomaanplanting, en straat- en bosopruiming. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,689 | Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 8 in die Helderberg-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, sportgeriewe, omheinings, plaveisels en sypaadjies ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos die opgradering van parke, sopkombuise, verskeie ondrhoudsprojekte en hulptoekennings gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,690 | DIE Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die noordoostelike deel van die stad goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang om onder meer drie crèches en vier jeugsentrums te bou. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping, jeugontwikkeling en hulptoekennings aangewend word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,691 | Die Stadsraad het R2,8 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 10 in die Khayelitsha-omgewing goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte soos gemeenskapsgeriewe, hoë-mas beligting, 'n nuwe veeldoelige sentrum en die aankoop van meubels kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekennings, die ontwikkeling van sportgeriewe, gebiedopruiming en kapasiteitsontwikkeling gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,692 | Die Stadsraad het R2,8 milljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 9 in die Guguletu, Manenberg en Langa gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale en bedryfsprojekte verdeel. Elke wyk sal R200 000 vir kapitale projekte ontvang vir onder meer 'n spazahouer, 'n mini-saal, sypaadies, speelparke en die uitbreiding van crèches. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte wat wissel van voedseltuine, naaldwerkprojekte en sportontwikkeling tot senior burgeronderrig, spreiligte en 'n gospelkompetisie gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,693 | Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 12 in die Mitchells Plain-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos die opgradering van parke, sypaadjies, toiletgeriewe en beligting ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos werkskepping en hulptoekennings aangewend word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,694 | Die Stadsraad het die volle R2,4 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 13 in die Philippi/Khayelitsha-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die ses wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte insluitende speelparke, beligting, verkeerskalmerings-maatreëls, parkopgraderings, en 'n veeldoelige sentrum by Brown's Farm kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeugontwikkeling, kostuine en onderhoud gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,695 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Nyanga/Guguletu-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, opvoedkundige sorgsentrums, beligting en uitbreidings aan 'n saal ontvang. Die orige R200 000 per wyk sal vir projekte soos gebiedsopruiming, jeug- en sportontwikkeling, voedseltuine en opvoekundige sorg gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,696 | Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 in die sentraal suid-oostelike gebiede goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die drie wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte soos verkeerskalmeringsmaatreëls, sypaadjies, ouetehuise en parkopgraderings en heinings kry. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos parkonderhoud, herstelwerk en opruiming aangewend word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,697 | Die Stadsraad het die volle R1,2 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 15 wat die Atlantiese kus en 'n deel van die stadsentrum dek goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. 'n Bedrag van R400 000 gaan vir die bou van 'n sokkerveld in Houtbaai gebruik word. Die res van die kapitale begroting sal vir straatligte en toerusting in Seepunt se biblioteek en burgersentrum, en die omheining van die Meulstraatbrug in die SSG gebruik word. R600 000 sal op bedryfsprojekte soos parkonderhoud, reiniging, werkskepping en haweloses bestee word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,698 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Athlone-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte ontvang insluitende die herbedekking en teer van gebiede, opgra-dering van sportvelde en stedelike vernuwing. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,699 | Die Stadsraad het 'n bedrag van R1,3 miljoen se kapitale wykstoekennings vir Sub-raad 18 in die suidelike gebiede goedgekeur. 'n Bedrag van R744 000 sal aan bedryfsprojekte gaan wat hulptoekennings, werk-skepping, gemenskapsopheffing en HIV/Vigsbewustheid. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,700 | Die Stadsraad het die volle R1,6 miljoen se wykstoekennings vir Sub-raad 14 in die Suid-Skiereiland-gebied goedgekeur. Die toekenning word gelykop tussen kapitale- en bedryfsprojekte verdeel. Elk van die vier wyke sal sowat R200 000 vir kapitale projekte wat wissel van voedseltuine en fynbos rehabilitering to die opgra-dering van sportgeriewe, burgersentrums en museums aangewend word. Die orige R200 000 per wyk sal vir bedryfsprojekte soos hulptoekeningsprojekte, die toesig en onderhoud van openbare toilette, reiniging, en die verwydering van graffiti gebruik word. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,701 | Wykstoekennings van R2 miljoen is vir kapitale en bedryfsprojekte in Sub-raad 20 in die suidelike voorstede goedgekeur. Kapitale projekte sluit in die opgradering van speelparke en die Maynardville-park, en die oprigting van heinings, bou van voetpaaie en die installering van 'n vloeimonitor by Hoofweg in Dieprivier. Die bedryfprojektoekennings maak voorsiening vir biblioteekmateriaal, straattekens, vergroeningsprojekte, bosopruiming en die verwydering van graffiti. |
1,062 | GOV-ZA.2006.nov.148107.E.2010-03-24.af.txt | 19,702 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,063 | GOV-ZA.2006.oct.148105.148105.2010-03-24.af.txt | 19,704 | Die Wes-Kaapse Departement Landbou se subprogram verantwoordelik vir plaaswerkersake het onlangs 'n projek genaamd Water Wise van die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) befonds om plaaswerkerkinders in die gebiede van Worcester, Mosselbaai, die Kaapse Metropool en Knysna, bewus te maak van water en hulle op te lei in die veilige benutting van waterbronne. |
1,063 | GOV-ZA.2006.oct.148105.148105.2010-03-24.af.txt | 19,705 | In hierdie wonderlike sonnige land van ons waar ons graag in die water wil baljaar, is dit tragies dat verdrinking die tweede hoogste rede vir sterfte as gevolg van beserings is," het Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Landbou, gesê tydens die bekendmaking van hierdie projek by die Brandvleidam buite Worcester. "Baie Suid- Afrikaanse jongmense en kinders word aan water aktiwiteite blootgestel sonder dat hulle weet van die potensiële gevare van water in die see, damme, riviere, mere en reservoirs. Die doel is om aan 5000 kinders praktiese ondervinding van CPR te gee." |
1,063 | GOV-ZA.2006.oct.148105.148105.2010-03-24.af.txt | 19,706 | Dit is veral by voorheen benadeelde en plaaswerkergemeenskappe waar die grootste risiko's voorkom en veral onder die ouderdomsgroepe van 1 tot 4 jaar en dan weer in die groep van 9 tot 14. Daar is feitlik elke dag insidente van verdrinkings of amperse verdrinkings. |
1,063 | GOV-ZA.2006.oct.148105.148105.2010-03-24.af.txt | 19,707 | Hierdie NSRI Water Wise projek bestaan uit 'n reeks werkwinkels wat daarop gemik is om kinders en jongmense op te voed om met verantwoordelikheid en kennis die waterbronne te kan geniet. Vaardighede sluit in kennis van veiligheidsmaatreëls in en naby water ten opsigte van getye seestrome, windrigtings en plaaslike omstandighede, wat om in 'n noodgeval te doen; wie om te kontak en aksies wat geneem moet word terwyl daar op hulp gewag word. Die werkswinkel leer jongmense die basiese beginsels van eerstehulp en die belangrikheid van die eerste paar minute wat krities is vir die pasiënt. |
1,063 | GOV-ZA.2006.oct.148105.148105.2010-03-24.af.txt | 19,708 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,064 | GOV-ZA.2006.sep.143233.143233.2010-03-24.af.txt | 19,710 | In die voortdurende interaksie met produsente, Agri Wes-Kaap en ander rolspelers in landbou het dit duidelik geword dat daar 'n dringende behoefte is aan interaksie en bespreking met landbouers/produsente in die Wes-Kaap en die noodsaak aan terugvoer tot die regering. |
1,064 | GOV-ZA.2006.sep.143233.143233.2010-03-24.af.txt | 19,711 | Gevolglik het Cobus Dowry, Minister van Landbou in die Wes-Kaap 'n Boere Beraad belê wat op Dinsdag 5 September 2006 te Elsenburg, Stellenbosch gehou sal word. Die doel van die dag is om aan 180-200 leidende kommersiële produsente, bedrywe en meningsvormers die geleentheid te bied om knelpunte op die tafel te plaas en ook deur sinvolle gesprek te kyk na moontlike oplossings. |
1,064 | GOV-ZA.2006.sep.143233.143233.2010-03-24.af.txt | 19,712 | Van die kwessies wat aangespreek gaan word sluit in Tolpaaie, Effek van Wisselkoerse, landbou subsidies, Munisipale heffings en belastings, die All Pay maatskaplike stelsel, Behuising, Mediese versorging, Veiligheid op plase, Grond Hervorming, ESTA wetgewing en implikasies. |
1,064 | GOV-ZA.2006.sep.143233.143233.2010-03-24.af.txt | 19,713 | Verskeie lede van die Wes-Kaap se kabinet, lede van die provinsiale Staande Komitee op Gemeenskapsontwikkeling, Hoofde van Departemente en Burgemeesters van die Wes-Kaap gaan die geleentheid bywoon. Na afloop van die beraad sal die insette van die dag ook aan die verskillende vlakke van regering voorsien word vir die nodige aandag. |
1,064 | GOV-ZA.2006.sep.143233.143233.2010-03-24.af.txt | 19,714 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,716 | Die uitbreek van siektes onder diere en die gepaardgaande gevolge kan katastrofiese afmetings aanneem binne die landbousektor. Nie alleen kan dit vir boere miljoene rande se verlies aan inkomste veroorsaak nie, maar kan dit ook die verlies van duisende werksgeleenthede tot gevolg hê. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,717 | Ons weet almal dat die voëlgriep wat in Julie 2004 op twee volstruisplase in die Oos-Kaap gevind is, gelei het tot 'n 15-maande lang verbod op die uitvoer van volstruisvleis. Hierdie verbod het 'n R700 miljoen verlies tot gevolg gehad. Sowat 4 000 werksgeleenthede is ook in die proses verloor. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,718 | Die Wes-Kaap is die hartland van die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf met sowat 70% van die totale produksie wat hier plaasvind. Die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf verskaf werk aan sowat 16 000 mense en verdien R1, 2 miljard per jaar aan buitelandse valuta vir die land. Dit is 'n bedryf wat 90% uitvoergerig is. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,719 | Die afgelope jaar, 18 maande het ons met verskeie ander dreigende rampe te make gehad, in die vorm van Europese Varkpes en Afrika Perdesiekte. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,720 | Siekte voorkoming en beheer is tot 'n groot mate afhanklik van goeie voorligting aan alle boere, beide gevestigde en nuwe toetreders. Terselfdertyd is vinnige optrede wanneer daar tekens van 'n moontlike uitbraak van een of ander siekte is, van kardinale belang. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,721 | Uitvoere is egter ook afhanklik van gereelde inspeksies van uitvoer slagfasiliteite deur beamptes van Veeartsenydiens waartydens voorgeskrewe monsters by hierdie fasiliteite geneem word vir laboratorium monitering van higiëne. Sonder hierdie aksies word vleis nie aanvaar in lande waarheen dit uitgevoer word nie. Die gereelde monitering vir belangrike siektes soos voorheen genoem dra ook by tot die aanvaarding van ons vleisprodukte in die buiteland. Om kompeterend te wees in die internasionale arena is dit noodsaaklik dat ons op die voorpunt sal bly. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,722 | Ons het hierdie jaar R25 673 miljoen vir ons Veeartsenydienste in ons begroting toegeken sodat ons hoofsaaklik vyf baie belangrike aspekte kan aanspreek, naamlik: Dieresiekte voorkoming en beheer, voortdurende monitering vir verskeie belangrike siektes, uitvoer fasilitering, veiligheid van vleis produkte en Laboratorium diagnostiese dienste. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,723 | Goeie, goedtoegeruste Laboratoriums speel 'n belangrike rol in die effektiwiteit van ons dienste aan ons kliënte en daarom het ons dan ook ons Laboratorium fasiliteite uitgebrei en is dit vir ons aangenaam om hierdie fasiliteite vandag amptelik te open. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,724 | Nuwe tegnologie het tot gevolg dat nuwe tegnieke gesien word as die norm vir sekere diagnostiese toetse. PKR (polimerase ketting reaksie) toetse word gebruik vir die identifikasie van veral virusse. Die tegniek is nie goedkoper ten opsigte van reagense en toetse nie, maar is vinnig, meer sensitief en meer spesifiek. Hierdie nuwe seksie van die laboratorium is ook bedoel om die aangrensende provinsies te bedien as deel van die 3-provinsie samewerking. Omdat die laboratoriums wat die tegniek uitvoer beperk is, word daar tans dikwels vertragings ondervind met die verkryging van resultate. Weens die delikate aard van die prosedures is dit nodig om baie spesifieke beheer te verkry oor die toegang tot die verskillende vertrekke en hiervoor is daar 'n rekenaar beheerde stelsel in plek geplaas. Daar sal begin word met toetse vir voëlgriep virus en daarna vir Newcastle siekte en Afrika Perdesiekte virusse. Hierdie seksie is reeds volledig toegerus met apparaat. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,725 | Weens die vereistes van die Europese Unie vir vleis en ook om die veiligheid van dierlike produkte vir interne gebruik te verseker is dit nodig om vir residue van middels en toksiese stowwe te toets. Tans word hierdie toetse by een of twee laboratoriums gedoen en duur dit tot 12 maande voordat resultate beskikbaar word. 'n Voorlegging is reeds na die EU verteenwoordiger om fondse te beding vir die aankoop van toerusting. Die laboratorium spasies is nou geskep om sulke toerusting te huisves. Hierdie is weereens 'n aksie wat deel uitmaak van die samewerking tussen die provinsies. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,726 | Vir beide PKR werk en residu bepalings word water suiwering van 'n besondere mate benodig. Ook hiervoor is spasie beskikbaar en is die toerusting reeds in plek. In dieselfde vertrek word toerusting vir die vriesdroog van serum en isolate gehuisves. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,727 | Monsters waarop toetse uitgevoer word moet behou word vir 'n periode sodat dit weer kan benut word indien hertoetsing of alternatiewe toetse benodig word. Die lengte van die periode hang af van die tipe monster en die toetse wat daarop uitgevoer word. Die berging van sulke monsters vind oral in die laboratorium plaas en yskaste en vrieskaste neem spasie in wat vir ander doeleindes aangewend kan word. Derhalwe is daar 'n inloop yskas en inloop vrieskas in die uitbreiding ingebou vir die kort- en medium termyn berging van monsters. Hierdie kan ook beskou word as medium termyn argiewe vir monsters. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,728 | Ons het reeds goeie vordering gemaak met die dokumentasie wat nodig sal wees vir akkreditasie van verskeie toetse. Dit is egter nodig dat die beheer hiervan gesentraliseer word met beamptes wat spesifiek hierdie saak as hul verantwoordelikheid het en hiervoor is daar nou 'n "kwaliteit kantoor" beskikbaar gemaak sodat die werk in die regte omgewing gedoen kan word. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,729 | Ek is oortuig daarvan dat hierdie verbeterings en uitbreidings wat aangebring is, ons in staat sal stel om nog beter dienste aan ons kliënte te lewer. Dit sal ons verder op die voorpunt plaas in die voorkoming en beheer van die virusse en siektes wat toenemend voorkom en 'n bedreiging inhou, nie net vir die Landbousektor nie, maar ook vir die verbruikers, plaaslik sowel as internasionaal. |
1,065 | GOV-ZA.2006.sep.143237.143237.2010-03-24.af.txt | 19,730 | Ek wil aan u vreugdevolle en vrugbare ure agter u mikroskope en tussen u serum monsters toewens en die vertroue uitspreek dat u sal voortgaan om u dienste wyer as die Wes-Kaap te lewer in belang van die totale Landbousektor. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,732 | Volgens Dr James Kitching, hoof van die laboratorium, het nuwe tegnologie tot gevolg dat nuwe tegnieke gesien word as die norm vir sekere diagnostiese toetse. "PKR (polimerase kettingreaksie) toetse word gebruik vir die identifikasie van veral virusse," verduidelik hy. "Die tegniek is nie goedkoper ten opsigte van reagense en toetse nie, maar is vinnig, meer sensitief en meer spesifiek." |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,733 | Hierdie nuwe seksie van die laboratorium sal ook die aangrensende provinsies bedien. Omdat die laboratoriums wat die tegniek uitvoer beperk is word daar tans dikwels vertragings ondervind met die verkryging van resultate. Weens die delikate aard van die prosedures is dit nodig om baie spesifieke beheer te verkry oor die toegang tot die verskillende vertrekke en hiervoor is daar 'n rekenaar beheerde stelsel in plek geplaas. Daar sal begin word met toetse vir die voëlgriep virus en daarna vir Newcastle siekte en Afrika Perdesiekte virusse. Hierdie seksie is reeds volledig toegerus met apparaat. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,734 | Weens die vereistes van die Europese Gemeenskap (EG) vir vleis en ook om die veiligheid van dierlike produkte vir interne gebruik te verseker, is dit nodig om vir residue van middels en toksiese stowwe te toets. Tans word hierdie toetse by een of twee laboratoriums gedoen en duur dit tot 12 maande voordat resultate beskikbaar word. 'n Voorlegging is reeds na die EG verteenwoordiger om fondse te beding vir die aankoop van toerusting. Die laboratoriumspasies is nou geskep om sulke toerusting te huisves. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,735 | Vir beide PKR-werk en residubepalings word water suiwering benodig. Ook hiervoor is spasie beskikbaar en is die toerusting reeds in plek," sê Kitching. "In dieselfde vertrek word toerusting vir die vriesdroog van serum en isolate gehuisves." |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,736 | Monsters waarop toetse uitgevoer word moet behou word vir 'n periode sodat dit weer benut kan word indien hertoetsing of alternatiewe toetse benodig word. Die lengte van die periode hang af van die tipe monster en die toetse wat daarop uitgevoer word. Die berging van sulke monsters vind oral in die laboratorium plaas en yskaste en vrieskaste neem spasie in wat vir ander doeleindes aangewend kan word. Derhalwe is daar 'n inloopyskas en inloopvrieskas in die uitbreiding ingebou vir die kort- en mediumtermyn berging van monsters. Hierdie kan ook beskou word as mediumtermyn argiewe vir monsters. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,737 | Soos die geval met die berging van monsters het die berging van dokumentasie 'n groot probleem geword. Met die omvang van die nood om dokumente te berg het dit nodig geword om 'n spesifieke argief aan te bou. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,738 | Die laboratorium het reeds goeie vordering gemaak met die dokumentasie wat nodig sal wees vir akkreditasie van verskeie toetse. Dit is egter nodig dat die beheer hiervan gesentraliseer word met beamptes wat spesifiek hierdie saak as hul verantwoordelikheid het. Hiervoor is daar 'n "kwaliteitskantoor" beskikbaar gemaak. |
1,066 | GOV-ZA.2006.sep.143598.143598.2010-03-24.af.txt | 19,739 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,741 | As Minister is ek verantwoordelik vir Landbou in die Wes-Kaap en Minister Dugmore is verantwoordelik vir Onderwys, maar saam met die ander lede van die Kabinet is ons verantwoordelik vir die skep van omstandighede waarin elke mens wat in die Wes-Kaap werk en woon en skoolgaan en lewe altyd sal weet dat ons wil hê dat u môre beter moet leef as gister. Met ander woorde ons wil hê dat u hoop moet hê vir die toekoms. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,742 | Ek self het grootgeword in 'n baie arm gesin, waar my pa op die spoorweë gewerk het en waar ek by 'n kerslig moes leer en op die ou einde al in standerd sewe uit die skool uit is. Ek was gelukkig dat daar iemand was wat vir my omgege het en my aangemoedig het om te leer en vandag het ek twee grade agter my naam en was die Here so goed vir my dat ek die Minister van Landbou in die Wes-Kaap is. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,743 | Ek wonder wie van u het al gehoor van "IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL." Ek wil hê die leerders moet dit agter my aan herhaal en dit nie vergeet nie. Sê saam met my IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL. H ierdie is twee begrippe wat die Wes-Kaapse Regering baie ernstig oor is en net soos wat onderwyser en leerder en plaas en plaaswerker nie los van mekaar kan wees nie, kan ons ook nie hierdie twee gedagtes losmaak van mekaar nie. Dit vorm 'n eenheid met die visie van die regering om aan elkeen van u nuwe hoop op 'n beter lewe te gee. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,744 | Ons sê die Wes-Kaap moet 'n ware Wêreldklasprovinsie wees en ons wil ons jeug bemagtig om wêreldwyd mee te ding. Ons wil hê julle as leerders moet goeie slaagsyfers behaal in Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie sodat julle eendag die leiers in die wêreld kan wees. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,745 | Aan die ouers en senior mense hier teenwoordig wil ek sê dat geen land kan bekostig om agter te raak met die onderrig van sy kinders nie. Geen nasie kan toelaat dat sy toekomstige geslagte grootword met enigiets behalwe die heel beste geleenthede wat gebied kan word nie. Uitnemendheid in onderwys is nie 'n luukse nie, maar 'n absolute noodsaaklikheid as ons die toekoms van ons provinsie en van ons mense in die Wes-Kaap wil verseker. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,746 | In vergelyking met die meeste ander lande - en veral met ons hoofhandelsvennote is die standaard van Wetenskap, Wiskunde en Tegnologie en Suid-Afrikaanse skole maar bra power. Tog is dit juis hierdie vakke wat ekonomiese groei, bemagtiging en ontwikkeling aandryf. Ons is laaste op die lys van 39 deelnemende lande in Wiskunde- en Wetenskapgeletterdheid vir graad 8, en die swak slaagsyfer in matriekwiskunde en -wetenskap op hoër graad veroorsaak groot kommer. 'n Deel van die probleem is die wyse waarop hierdie kwessies in die verlede aangepak is. Te dikwels moes onderwysdepartemente te veel vir te veel leerders doen met te min hulpmiddele. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,747 | Die rol van ouers is al eeue terug gedefinieër toe George Herbert gesê het; " Een vader is meer werd as honderd skoolmeesters" en Napoleon Bonaparte het gesê: "Die kind se bestemming is altyd die ma se werk." Daar is selfs 'n ou chinese spreekwoord wat lui; " Dit neem 'n hele dorp om 'n kind op te voed." |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,748 | Wat is die rol van die ouer in die skep van 'n wêreldklas onderwysstelssel in 'n wëreldklas provinsie As ouer begin u verhouding met die skool op die dag wat u kind geregistreer word by 'n spesifieke skool. Dan is dit nie die staat wat die verantwoordelikheid opneem nie - u kind bly nog steeds u verantwoordelikheid en is dit nog steeds u taak om u kultuur, familie-en-gesinswaardes, morele standaarde en beginsels na u kind en of kinders oor te dra. Die staat het die verantwoordelikheid om 'n behoorlike onderwys grondslag vir u kind te lê. Ons as samelewing moet dus nie ons verantwoordelikhede teenoor ons kinders ontduik nie. Soos wat GK Chesterton gesê het: Opvoeding is bloot die siel van 'n samelewing wat van een generasie na 'n ander oorgeplaas word.? |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,749 | Die totstandkoming van hierdie wonderlike fasiliteit, waar leerders toegang sal hê tot rekenaars en boeke, is 'n sprekende voorbeeld van die resultate wat behaal kan word deur die proses van mede eienaarskap. As dit nie was vir die betrokkenheid en die bydrae van die departement van Onderwys en die bydrae van die departement van Landbou onder leiding van Me Joyene Isaacs nie, sou ons nie hierdie sentrum kon open nie. Baie dankie vir u toewyding aan hierdie projek en die ruim bydrae wat u gelewer het om nuwe geleenthede aan die leerders van hierdie skool te bied. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,750 | Mede eienaarskap beteken ook mede verantwoordelikheid en daarom wil ek 'n beroep doen op elke leerder, onderwyser en ouer om jaloers te waak oor die instandhouding en versorging van elke apparaat in die sentrum. Hierdie sentrum is een van die geleenthede wat geskep is waardeer ons die ongeregtighede van die verlede kan aanspreek in ons poging om die speelveld gelyk te maak. Kom ons herinner onsself aan die spreekwoord wat sê: Die pen is magtiger as die swaard. Kom ons rus onsself toe vir die toekoms deur die elektroniese pen op te neem en rekenaarvaardig te word, en onsself te verryk deur die geskrewe woord, wat ons gedagtes moet vul om skeppend en vernuwend te dink. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,751 | Weereens, aan die hoof, personeel, beheerraad en leerders, mag julle baie vreugde uit hierdie sentrum put, en aan die bydraers tot die projek wil ek namens die regering baie dankie sê vir die hulp om die tuiste vir almal toe te rus. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,752 | Fotos op aanvraag beskikbaar. |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,753 | Don't understand government jargon or an acronym Use the GLOSSARY? |
1,067 | GOV-ZA.2006.sep.144922.144922.2010-03-24.af.txt | 19,754 | | QUESTIONS Just ask us: [email protected]? |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,756 | Op 'n meer ernstiger noot wil ek namens die Departement van Landbou weereens beklemtoon hoe belangrik hierdie kompetisie vir ons as departement is. Hierdie kompetisie is 'n bewys dat produsente en privaat instansies ook aan u as plaaswerkers erkenning wil gee vir die bydrae wat u lewer om landbou in stand te hou en so ook n groot bydrae lewer tot die ekonomie van die Provinsie. Ek glo ook dit dra aan u as plaaswerkers 'n boodskap oor dat u 'n integrale deel is van Landbou en dat die bydrae wat u lewer, nie ongesiens verbygaan nie. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,757 | Dit is egter nie net omdat u 'n belangrike bydrae lewer tot die ekonomie van die Wes-Kaap, dat ons na u wil omsien nie, maar ook omdat ons glo dat u volwaardige burgers van hierdie Provinsie en die land is dat u geregtig is daarop om ook as gelykes behandel te word. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,758 | Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutel areas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,759 | As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,760 | Die terugvoer wat ek gekry het van die beoordelingspaneel is dat die 122 deelnemers aan die kompetisie baie bewus is van die aspekte wat ek nou genoem het. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,761 | Ek glo dat die feit dat daar verlede jaar 44 inskrywings vir die kompetisie was en vanjaar 122, is 'n bewys dat u ernstig is oor u eie prestasie en bydrae tot u plaas se sukses. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,762 | Die groot vraag is egter, hoeveel van die 202 949 permanente werknemers op Wes-Kaapse plase is bewus van die belangrikheid wat hierdie afdelings in die sukses van die boerdery-aktiwiteite speel en dus ook in die sukses van u plaas en watter rol dit in die provinsie se ekonomie speel. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,763 | Dit is nie net die Regering se plig om na u om te sien nie, maar ons het elke produsent en elke besigheid wat 'n voordeel uit Landbou en sy werkers trek, se samewerking nodig om na u en u 1.5 miljoen afhanklikes se totale welstand om te sien. Daarom wil ek ook dan sommer nou vir Sanlam wat die hoof borg van ons kompetisie vir plaaswerkers is, baie dankie sê. So ook vir Paarlberg BMW en Kaap-Agri, Pakmateriaal, vir u bydrae. Die Produsente wat aan hulle werkers die geleentheid gebied het om deel te neem, is 'n voorbeeld vir hulle ander kollegas. Ek glo hulle doen dit nie om net te spog met hulle plase nie, maar hulle doen dit omdat hulle daartoe verbind is om aan u ook die geleentheid te bied om u magic aan ander ten toon te stel. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,764 | Baie van u weet dat plaaswerker aangeleenthede een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap is. Dit is juis onder die Subprogram, plaaswerkerontwikkeling dat ons ook n bydrae lewer tot die kompetisie. Die doel van die spesifieke program in die Departement is egter baie meer as net kompetisies. Ons het hierdie afdeling ingestel met die spesifieke doel om dienste, veral sosio-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,765 | Toe ek verlede jaar hier by u was, was ons nog besig om 'n strategiese plan vir plaaswerkers op te stel. Daardie program is in Desember deur die Wes-Kaapse Kabinet goedgekeur. Die program bevat prakties uitvoerbare prosesse wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswerkers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. Ons wil hê dat u saam met ons moet hoop hê vir die toekoms. Die President het vroeër die jaar tydens die opening van die parlement daarna verwys toe hy gesê het dat ons nou na die eerste tien jaar van die nuwe Suid-Afrika 'n nuwe seisoen van hoop binnegaan. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,766 | Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,767 | Ons wil ook hê dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. 'n Goed toegeruste werker kan 'n positiewe bydrae lewer tot die aktiwiteite op die plaas. |
1,068 | GOV-ZA.2006.sep.144936.144936.2010-03-24.af.txt | 19,768 | As minister is ek nie net baie ernstig oor die welstand van alle plaaswerkers en die bevordering van u lewensomstandighede nie. Ek en die Regering wil hê dat u ook beter toegerus moet wees deur middel van opleidingsprogramme wat ons by die Departement aanbied. Ek kan u ook die versekering gee dat die produsente van hierdie streek net soos ons wil hê dat u beter opgelei moet word. U weet dat hulle sê kennis is mag. Wanneer jy toegerus is met kennis kan jy soveel meer bydra tot die sukses van die boerdery waarby jy betrokke is. Meer nog, jy kan jouself beter laat geld in die werkplek en jy kan vir jouself 'n beter toekoms uitkap. Ook hier is dit verblydend om te verneem dat daar baie van u is wat aan die kompetisie deelgeneem het, wat graag meer wil bereik as net die huidige posisie waarin u op die plaas is. Daar is reeds van u wat van verlede jaar af tot nou toe, groot vordering in u werk gemaak het. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.