document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,556 | In die aanhef tot hierdie ooreenkoms erken u die u verdeel is en dat u daardeur oneffektief is en nie sake soos uitsettings, onbillike arbeidspraktyke en behuising na behore kan aanspreek nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ek met u in gesprek getree het om u huis in orde te kry en u behoorlik te organiseer sodat u almal in dieselfde koor sal sing wat suiwer klanke namens u lede sal voortbring. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,557 | Dit is slegs wanneer u in 'n verenigde front namens u lede sal optree, wat u 'n verskil sal kan maak aan die omstandighede en die uitdagings wat in hierdie dokument vervat is. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,558 | Ek wil u versoek om moeite te maak om op hoogte te kom van die inhoud van die Strategiese Plan vir Plaaswerkers, aangesien dit nie in sy wese verskil met die probleme wat u dokument aanspreek nie. Dit is nie nodig vir u om weer die wiel te ontdek nie, want die meeste van u was deel van die proses wat ons by die plan uitgebring het. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,559 | U het nie net 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die regte van 'n bepaalde groep mense in die samelewing nie, maar u het ook 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die sektor van die ekonomie waarin die plaaswerkers hulle brood moet verdien. U moet dus terselfdertyd so optree dat u ook Landbou in sy geheel kan dien en help uitbou en daarom moet u optrede altyd van so 'n aard wees dat u nie die beeld van Landbou sal skaad nie. Dit beteken ook dat u 'n verantwoordelikheid het om aan die verhouding tussen werkgewer en werknemer te bou. U moet nie produsente en boere as u vyand beskou nie. U moet weet en verstaan dat net soos wat boere hulle werkers nodig het, so het plaaswerkers boere nodig om 'n inkomste te hê. Ek maak dit vandag u verantwoordelikheid om u te beywer vir beter werksomstandighede deur beter verhoudings. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,560 | Hierdeur sê ek nie dat u nou soos 'n Bulldog sonder tande moet wees nie, maar u weet dat ons binne die Landbou familie eerder met mekaar om die tafel sit en praat as wat ons deur die koerante en die nuusmedia met mekaar gesels. U gaan baie verder kom deur konsultasie as wat u deur konfrontasie en sensasie gaan kom. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,561 | Ek wil 'n verdere beroep op u doen, naamlik dat hierdie dokument nie net 'n dooie stukkie papier sal wees met 'n paar handtekeninge daarop wat na die ondertekening vandag, iewers vergete gaan lê nie, maar dat dit 'n lewende dokument sal wees wat u elkeen jaloers oor sal waak om seker te maak dat u die ondernemings wat hierin vervat is, gestand sal doen. |
1,055 | GOV-ZA.2006.jul.144930.144930.2010-03-24.af.txt | 19,562 | Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groot tree vooruit om die mense te dien wat agtergebly het in die nuwe Suid-Afrika en vir u te vra dat u dit in u harte sal inbrand dat u nie daar is om uself te dien nie, maar dat u daar is om saam met ons 'n bydrae te lewer om die kwaliteit van lewe van plaaswerkers te verbeter sodat hulle ook volwaardige huisgenote sal wees in die tuiste vir almal in die Wes-Kaap. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,564 | Baie dankie vir die uitnodiging en die eer om vandag se kongres te kom open en met u 'n paar woorde oor Landbou, en die uitdagings wat ons in die gesig staar, te deel. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,565 | Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop verhouding tussen my kantoor en die verskillende bedrywe bestaan. Ons praat op 'n gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind. Ek glo egter dat daar geen opwindender tyd in die Landbou was as juis nou nie. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,566 | Ek wil dit waag om te sê dat die Wynbedryf die voorloper in die proses van transformasie binne die landbou sektor is en ek wil u hiervoor bedank. Baie dankie dat u lankal reeds die kopskuif gemaak het en die voorbeeld stel. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,567 | In die Wes Kaap erken die Provinsiale regering die belangrike rol wat Landbou in sy geheel, en u as 'n bedryf, tot nou toe gespeel het in die skep van groei en welvaart van die ekonomie van die Provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons ook alle nuwe toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,568 | Voordat ons verder gaan wil ek net die kwessie aanraak wat miskien nie heeltemal hier op u kongres hoort nie, maar President Mbeki ook Maandag op Swellendam hieroor gepraat, en dit is die kwessie van plaaswerkers en hulle omstandighede en die jongste fokus op uitsettings. Ek is deeglik bewus wat baie boere doen om die omstandighede van hulle werkers te verbeter en watter tipe behuising baie boere aan hulle werkers voorsien. Dit is egter so dat daar nog steeds boere is wie aan hulle werkers 'n honger loon betaal en wat nog nie besef dat daar 'n nuwe stel reëls in hierdie land is wanneer dit by die menswaardige behandeling van hulle werkers kom nie. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,569 | Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die Wes- Kaap. Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die ander rolspelers inniverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te stimuleer en te versnel. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,570 | Kritiese oplossings, nie slegs met betrekking tot grond eienaarskap nie, maar ook vir die daaglikse aktiwiteite, moet ontwikkel en geimplementeer word. Dit is van uiterste belang dat sukses-verhale, met rolmodelle wat ander kan inspireer om vinniger deel te word, aan die groot klok gehang sal word. U rol as mentors is hier van groot belang. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,571 | Wes-Kaap landbou is die grootste bydraer tot SA landbou-uitvoere en die aandeel van die wynbedryf word jaarliks al hoe groter. Landbou is een van die heel belangrikste bydraers tot die ekonomie van die Wes-Kaap. Dit is ook die grootste bron van werksgeleenthede in ons provinsie en dra derhalwe beduidend by tot die sosio-ekonomiese welstand in ons provinsie. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,572 | Die wynbedryf het 'n geweldige groot beïnvloedingsrol om te speel deur sy reeds gevestigde, positiewe houdingsingesteldheid binne landbou en u moet help om te verseker dat die Wes-Kaap toekomsgerig sal wees. Saam moet ons toesien dat die oorkoepelende beeld van landbou in die Wes-Kaap optimaal positief is en bly! |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,573 | Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is deeglik bewus daarvan dat u nie die pad alleen kan loop nie, en sou graag wou sien dat ons dit as vennote moet doen. Daarom het dit ook van ons sekere klemverskuiwings gevra sodat ons, ons volledig kon herposisioneer om die leiding te neem en die nodige ondersteuning aan alle rolspelers te verleen. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,574 | Ons wil dus aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet opereer ten einde met vertroue voort te gaan op die koers wat u ingeslaan het. Vir ons as Departement lê die uitdaging daarin dat ons die totale landbousektor sal dien en ons programme so plooi dat ons te gelykertyd tred sal hou met die behoeftes en probleme van die bestaande industrieë en die nodige ontwikkelingsgeleenthede skep vir jong groeiende toetreders soos fynbos, buchu, rooibostee en essensiele olies. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,575 | Wat is dus die uitdagings waarmee die meeste bedrywe sal moet deel? |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,576 | As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke stowwe geinisieer word en sal ons gesonde boerderypraktyke moet toepas wat ook "tracking and tracing rekords" daar sal stel wat bo verdenking is. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,577 | Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,578 | Die skuif van kommoditeits gedrewe produksie na die 21e eeuse niche produkte en markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waarde toevoeging deur middle van verwerking van die basiese produk. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,579 | Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur NEPAD. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,580 | Voorsitter ons sal op 'n effektiewe wyse tegnologiese ontwikkelings moet inisieer wat aan ons die "competitive edge" in die volgende dekade sal voorsien wat ook sal help met lae insetkoste en die versekering van volhoubare boerdery praktyke. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,581 | Om in lyn te kom met die groei en ontwikkelingstrategie van die Provinsie sal die departement voortgaan met sy nuwe initiatiewe ten opsigte van landelike ontwikkeling, plaaswerker ontwikkeling, agri-besigheid, die ontwikkeling van waterbronne, opleiding, en die verskerping van uitgebreide navorsing en ontwikkelings programme. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,582 | Internasionale vennootskappe wat daarop ingestel is om ons navorsingskapasiteit uit te brei is reeds 'n geruime tyd in plek en ooreenkomste met Bavaria, Florida en Boergondië werp reeds vrugte af. Ons rol in Afrika word ook duideliker namate ons program om Afrika te gaan renetreer, groter beslag kry. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,583 | Klimaatsverandering vra van ons om proefnemings te doen met nuwe gewasse en varieteite en die aanwending van sateliet tegnologie om weerstoestande en groeipatrone te bepaal. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,584 | Die vooruitgang van die Landbousektor is direk gekoppel aan die mate waartoe primêre produksie ooreenstem met die behoeftes van die ekonomie, beide wat direkte verbruik van basiese kommoditeite en die vraag na landbouprodukte vir verwerking aan betref asook rou produkte in die vervaardigingsbedryf. Dit is daarom dat dit belangrik is dat die visie vir Landbou binne die breër visie van die globale ekonomie gesien moet word, eerder as 'n beperkte fokus op basiese Landbouproduksie. Om hierdie rede is dit belangrik dat ons maatskaplike en besigheidsvennote deur hulle ondersteuning ook daarna moet streef dat Landbou kan bydra tot ekonomiese stabiliteit en groei en ontwikkeling wat tot voordeel moet strek van almal, as die ruggraat van 'n florerende plaaslike en provinsiale ekonomie. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,585 | Ek het aangedui dat ek glo dat landbou 'n rol te speeI het in Afrika en daarom moet ons beplanning vir die toekoms ook pertinent moet kyk na NEPAD en sy eie visie en program van aksie vir die ontwikkeling van Afrika as ons 'n speller in Afrika wil wees wat op ons drumpel is. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,586 | Versnelde volhoubare groei en ontwikkeling bevorder. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,587 | Wydverspreide armoede uitwis. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,588 | Die marginalisering van Afrika binne die globaliserings prosese verhoed. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,589 | Markte binne Afrika skep en tegnologie oordrag bevorder veral met betrekking tot sake van gemeenskaplike belang. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,590 | Tydens die NEPAD vergadering van Staatshoofde in Julie 2002 is Landbou en Marktoegang is deur NEPAD as een van ses prioriteits areas bevestig. Daarom is daar reeds 'n projek van stapel gestuur om te fokus op Landbounavorsing en ondersteuning. Ek glo dat ons 'n betekenisvolle bydrae kan lewer. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,591 | Ons moet Landbou ontwikkeling aktief ondersteun en terselfdertyd produsente aanmoedig om hulle produksiebasis na die res van Afrika uit te brei wat vir ons 'n legio voordele kan inhou. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,592 | Voorsitter ek hoop dat ek vir u so 'n bietjie insig kon gee in die pad wat ons wil loop. Baie van die punte is moontlik nie spesifiek op u bedryf van toepassing nie, maar ek glo dat daar tog 'n hele paar raakpunte is. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,593 | Ek wil afsluit deur vir u te vra hoe gereed is ons vir die opwindende uitdagings wat vir ons voorlê en hoe bereid is ons om hierdie pad te stap. Ek wil vir u sterkte toewens met u beraadslagings by hierdie kongres en die hoop uitspreek dat u ook na afloop van hierdie kongres met ons in gesprek sal tree sodat ons saam kan werk aan die antwoorde om ook u bedryf sterk te maak. |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,594 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,056 | GOV-ZA.2006.may.131865.131865.2010-03-24.af.txt | 19,595 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,597 | Die welstand van ons pasiënte in ons fasiliteite geniet die hoogste prioriteit en die behandeling wat hulle ontvang moet vergelyk met die beste in die wêreld. Dit is egter net moontlik as ons vir ons verpleegpersoneel omstandighede skep waarbinne hulle diens van hoogstaande gehalte kan lewer het min. Uys gesê. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,598 | Min Uys het tydens 'n saamtrek van verpleegpersoneel hulde gebring aan die onbaatsugtige taak wat verpleegsters daagliks lewer. " Ek weet dat die druk op julle daagliks toeneem, maar is bemoedig deur die positiewe gesindheid van ons verpleegsters dwarsoor die provinsie " het Uys gesê. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,599 | Die Wes-Kaap gaan ook , soos wêreldwyd, gebuk onder 'n ernstige tekort aan genoeg verpleegsters, maar ons is daagliks besig om kreatief en doelgerig aan oplossings te werk sê Uys. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,600 | Min Uys het bekend gemaak dat die departement van gesondheid ver gevorder het om 'n Direktoraat vir Verpleegdienste te skep en dat die poste binnekort geadverteer sal word. Die Direktoraat sal verantwoordelik wees vir advies aan die departement en die koordinering van verpleegstersverwante sake. Daar sal ook sterk gefokus word op aangeleenthede wat dienslewering raak. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,601 | Gereelde vergaderings met 'n verteenwoordigende verpleegsters bestuurskomitee waar aangeleenthede soos oortydbetaling en skaarsvaardighede toelae aangespreek word. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,602 | Die opgradering en uitbreiding van fasiliteite om 'n vriendelike werksomgewing te skep soos die groot projekte tans by die hospitale in George, Worcester, Paarl, Stikland en Vredenburg. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,603 | Die toekenning van meer beurse vir verpleegstudente. Vanjaar is 2948 beurse toegeken. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,604 | Die vervanging en opgradering van toerusting. In die huidige boekjaar spandeer die departement R174m aan nuwe mediese toerusting. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,605 | Verpleegster welsynprogramme is in plek om druk en spanning te hanteer, emosionele bystand te lewer en selfs te help met huishoudelike probleme. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,606 | Min Uys het gesê op nasionale vlak is hy deel van 'n proses wat ver gevorder het om te kyk na die verbetering van professionele verpleegsters se salarisse. Dit is tyd dat verpleegsters beter vergoed word vir die onmisbare diens wat hulle lewer. |
1,057 | GOV-ZA.2006.may.132597.A.2010-03-24.af.txt | 19,607 | Daar is geen twyfel dat genoeg verpleegsters direk gelyk gestel kan word aan beter behandeling van pasiënte en dus laer sterftegevalle nie. Ek doen 'n beroep op jong mense om die verpleegberoep ernstig as 'n loopbaan te oorweeg. Dit is 'n opwindende beroep met vele fasette en bied die geleentheid vir bevordering, veral as u lief is om met mense te werk het Uys afgesluit. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,609 | Die welstand van ons pasiënte in ons fasiliteite geniet die hoogste prioriteit en die behandeling wat hulle ontvang moet vergelyk met die beste in die wêreld. Dit is egter net moontlik as ons vir ons verpleegpersoneel omstandighede skep waarbinne hulle diens van hoogstaande gehalte kan lewer het min. Uys gesê. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,610 | Min Uys het tydens 'n saamtrek van verpleegpersoneel hulde gebring aan die onbaatsugtige taak wat verpleegsters daagliks lewer. " Ek weet dat die druk op julle daagliks toeneem, maar is bemoedig deur die positiewe gesindheid van ons verpleegsters dwarsoor die provinsie " het Uys gesê. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,611 | Die Wes-Kaap gaan ook , soos wêreldwyd, gebuk onder 'n ernstige tekort aan genoeg verpleegsters, maar ons is daagliks besig om kreatief en doelgerig aan oplossings te werk sê Uys. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,612 | Min Uys het bekend gemaak dat die departement van gesondheid ver gevorder het om 'n Direktoraat vir Verpleegdienste te skep en dat die poste binnekort geadverteer sal word. Die Direktoraat sal verantwoordelik wees vir advies aan die departement en die koordinering van verpleegstersverwante sake. Daar sal ook sterk gefokus word op aangeleenthede wat dienslewering raak. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,613 | Gereelde vergaderings met 'n verteenwoordigende verpleegsters bestuurskomitee waar aangeleenthede soos oortydbetaling en skaarsvaardighede toelae aangespreek word. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,614 | Die opgradering en uitbreiding van fasiliteite om 'n vriendelike werksomgewing te skep soos die groot projekte tans by die hospitale in George, Worcester, Paarl, Stikland en Vredenburg. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,615 | Die toekenning van meer beurse vir verpleegstudente. Vanjaar is 2948 beurse toegeken. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,616 | Die vervanging en opgradering van toerusting. In die huidige boekjaar spandeer die departement R174m aan nuwe mediese toerusting. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,617 | Verpleegster welsynprogramme is in plek om druk en spanning te hanteer, emosionele bystand te lewer en selfs te help met huishoudelike probleme. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,618 | Min Uys het gesê op nasionale vlak is hy deel van 'n proses wat ver gevorder het om te kyk na die verbetering van professionele verpleegsters se salarisse. Dit is tyd dat verpleegsters beter vergoed word vir die onmisbare diens wat hulle lewer. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,619 | Daar is geen twyfel dat genoeg verpleegsters direk gelyk gestel kan word aan beter behandeling van pasiënte en dus laer sterftegevalle nie. Ek doen 'n beroep op jong mense om die verpleegberoep ernstig as 'n loopbaan te oorweeg. Dit is 'n opwindende beroep met vele fasette en bied die geleentheid vir bevordering, veral as u lief is om met mense te werk het Uys afgesluit. |
1,058 | GOV-ZA.2006.may.132597.E.2010-03-24.af.txt | 19,620 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,622 | Ongeveer ses weke gelede is bekend gemaak dat Afrika Perdesiekte uitgebreek het op die grens tussen die Worcester en Robertson distrikte in die Wes-Kaap. Om te verseker dat die publiek op hoogte gehou word van die uitbreking word die huidige situasie hieronder uiteengesit. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,623 | Die siekte is op ses persele in die Breederiviervallei op die grens tussen die Worcester en Robertson distrikte gediagnoseer. Die diagnoses is bevestig deur virus isolasies en identifikasie prosedures wat uitgevoer is op monsters van perde wat dood is. Die toetsresultate van 'n sewende perseel is nog nie bekend nie. In totaal het agtien perde kliniese tekens van die siekte getoon en van hierdie diere is agt dood en twee is van kant gemaak. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,624 | Die siekte het nie buite 'n radius van ongeveer vyftien kilometer om die perseel waar die eerste geval voorgekom het versprei nie en bly steeds beperk tot die Breede-riviervallei, waar omstandighede gunstig vir die oordraer muggies is. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,625 | Gedurende die laaste twee weke het beduidend minder nuwe gevalle voorgekom as in die voorafgaande twee weke. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,626 | Met die koms van die winter en gepaardgaande daling in temperature, behoort muggiegetalle skerp af te neem. Dit vertraag die oordrag van hierdie siekte met gevolglik al hoe minder kliniese gevalle. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,627 | Dit is egter baie belangrik dat die beheer maatreëls wat in werking getree het met die aanvang van die uitbraak steeds van krag bly. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,628 | Die reëling dat perde mag 'oorstaan' in die Afrika perdesiekte Beheer area voordat hulle in die Waarnemings- of Vry Sones mag inbeweeg, bly steeds opgehef. Die wydverspreide voorkoms van die siekte in ander dele van die land laat nie toe dat hierdie maatreël verslap word nie. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,629 | Geen beweging van sulke diere tussen persele binne die Worcester en Robertson landdrosdistrikte van die Wes-Kaap Provinsie mag plaasvind nie. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,630 | Perde van buite die Waarnemingsone mag slegs die Waarnemings- en Vry Sones binnegaan as hulle voldoen aan die protokol vereistes wat reeds sedert 1997 van krag is. Omdat die siekte so wydverspreid in ander dele van die land voorkom, word verwag dat min of geen perde tans aan hierdie vereistes sal voldoen. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,631 | Bewegings permitte moet van die Staatsveearts in die area vanwaar die diere kom, bekom word voordat perde vervoer word. Die nodige vooraf kennisgewing van die beplande beweging moet ook voor vertrek gedoen word. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,632 | Die voertuie wat sulke perde vervoer mag slegs op die N1 snelweg deur die Worcester distrik reis en mag nie van die N1 afdraai binne die Worcester distrik nie. Die Worcester distrik strek vanaf Konstabel spoorwegstasie (omtrent halfpad tussen Touwsrivier en Matjiesfontein) in die Noorde, tot by die Rawsonville afdraai voor Du Toitskloofpas in die Suide. Op hierdie roete mag voertuie wat perde vervoer nie lank stop nie en geen perde mag op- of afgelaai word langs hierdie roete nie. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,633 | Die vervoer van sulke diere op die N1 in die Worcester distrik mag slegs tussen 08H00 en 17H00 plaasvind. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,634 | Die binnekant van voertuie waarin perde karwy word moet met insekdoders bespuit word voordat die diere gelaai word vir die vervoer deur die Worcester landdrosdistrik. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,635 | Alle perde behoort geënt te word volgens die voorskrifte van die Perdesiekte entstof. Dit mag selfs nodig wees om jong vullens van geënte merries selfs voor 6 maande ouderdom te ent, al sou die enting na 'n paar maande herhaal moet word. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,636 | Hou perde uit laagliggende of nat kampe, veral saans, deur die nag tot midoggend. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,637 | Gebruik insek afweermiddels wat geregistreer is vir perde, veral vir diere wat nie oornag op stal gehou kan word nie. |
1,059 | GOV-ZA.2006.may.135309.135309.2010-03-24.af.txt | 19,638 | Namens die Wes-Kaapse Departement van Landbou wil ek graag waardering uitspreek vir die samewerking wat van alle belanghebbenes verkry is om effektiewe beheermaatreëls in plek te stel. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,640 | Hoogtepunte van die begroting van die Stad Kaapstad soos goedgekeur by die spesiale Raadsvergadering op 31 Mei 2006. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,641 | Burgemeester Zille Mik vir 8% Groei. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,642 | Die Uitvoerende Burgemeester van die Stad Kaapstad, Helen Zille, het 'n rekord R17,2 miljard begroting vir 2006/07 ter tafel gelê om ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling te steun. Die kapitale begroting beloop R3 miljard en die bedryfsbegroting R14,2miljard. Die tariefverhogings is onder die inflasiekoers van 5,2%. Sy het die Stad tot 'n volhoubare groei van 6 to 8% verbind. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,643 | Kortings vir Gestremdes en Afgetredenes Verhoog. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,644 | Een van die grootste veranderinge aan die begroting is 'n styging in kortings vir gestremdes en afgetrede persone. Die korting is verhoog om mense met 'n inkomste tot 'n maksimum van R3 000 per maand te akkommodeer. Die res van die maatskaplike besteding in die begroting is onveranderd. Altesaam R385 miljoen is toegewys vir 'n reeks gratis basiese dienste insluitende water, riool en elektrisiteit. Dié toekenning is bo en behalwe die vrystelling van eiendomsbelasting van sowat 100 000 eiendomme in die stad wat vir minder as R50 000 gewaardeer is. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,645 | Eiendomsbelasting- en Tariefverhogings onder Inflasiekoers. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,646 | Die Stadsregering kan sy inkomste deur verbeterde insamelingstelsels verhoog. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,647 | Eiendomsbelasting, vullisverwydering en sanitasie verhoog met 5%. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,648 | Water sal met 7% styg waarvan 4% aan die nuwe Bergrivierdamprojek gaan. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,649 | Elektrisiteit gaan met 4,9% op. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,650 | Wykstoekennings Verhoog met R100 000. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,651 | Elke Stadswyk gaan R100 000 meer kry as waarvoor daar in die konsepbegroting voorsiening gemaak is. Elk van die Stad se 105 wyke sal nou R400 000 vir gemeenskapsprojekte ontvang waarvan R200 000 vir kapitale projekte en R200 000 vir bedryfsuitgawes sal gaan. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,652 | R240 Miljoen Inspuiting vir Infrastruktuur. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,653 | Daar is addisionele infrastruktuurbesteding in die nuwe Stadsbegroting voorgestel. 'n Bedrag van R75 miljoen is vir Vervoer, Paaie en Stormwater infrastruktuur toegeken, 'n gebeurlikheidsvoorsiening van R125 miljoen vir 2010 Sokker Wêreldbekerprojekte en 'n verdere R100 miljoen per jaar oor die volgende twee finansiële jare vir die Sokker Wêreldbeker. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,654 | R40 Miljoen vir Veiligheid en Sekuriteit. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,655 | Burgemeester Zille het addisionele kapitale toekenning vir die Metropolisie en die Stad se Nooddienste aangekondig. Die Metropolisie kry 'n ekstra R9,5 miljoen om hulle wetstoepassingsvermoëns te versterk terwyl Nooddienste 'n verdere R6,5 miljoen bo en behalwe die R31 miljoen kry wat vroeër vanjaar aangekondig is. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,656 | Agt Stappe om die Begroting Beter te laat Werk. |
1,060 | GOV-ZA.2006.may.135778.2010-03-24.af.txt | 19,657 | | IMIBUZO Sibuze nje wena: [email protected]? |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,659 | Hoogtepunte van die begroting van die Stad Kaapstad soos goedgekeur by die spesiale Raadsvergadering op 31 Mei 2006. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,660 | Burgemeester Zille Mik vir 8% Groei. |
1,061 | GOV-ZA.2006.may.135778.A.2010-03-24.af.txt | 19,661 | Die Uitvoerende Burgemeester van die Stad Kaapstad, Helen Zille, het 'n rekord R17,2 miljard begroting vir 2006/07 ter tafel gelê om ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling te steun. Die kapitale begroting beloop R3 miljard en die bedryfsbegroting R14,2miljard. Die tariefverhogings is onder die inflasiekoers van 5,2%. Sy het die Stad tot 'n volhoubare groei van 6 to 8% verbind. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.