document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,341
Vanmiddag word nog 'n hoofstuk geskryf in die proses om die ongeregtighede van die verlede uit te wis en aan mense wat vir geslagte bygedra het tot die opbou van die landbousektor in Suid-Afrika, 'n regmatige plek binne die sektor te gee.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,342
Twaalf jaar gelede het die regering begin om planne in werking te stel wat gehoor moes gee en uitvoering moes bring aan die selfopgelegde taak om toe te sien dat die grond en rykdom verdeel sal word tussen die wat dit besit, diegene wie dit help bewerk het, die wie 'n behoefte het om grond te besit en te bewerk, maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen nie.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,343
Ons het dit vir onsself ten doel gestel om vir eens en vir altyd toe te sien dat rasgebaseerde beperking op grondeienaarskap tot 'n einde sal kom deur die nodige middele en infrastruktuur te voorsien. Ons wil dit moontlik maak vir elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, hetsy om daarop te woon of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,344
Die vryheidsmanifes sê dat die staat die kleinboere sal voorsien van implemente, saad, trekkers en damme om die grond te bewaar en die werkers te ondersteun terwyl vryheid van beweging gewaarborg sal word.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,345
Dit is vir ons belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere moet vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede. Ons by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol hierdie uitdagings te deel. Ons fokus baie ernstig op die voorsiening en voorligting; ondersteuning en fasilitering van opleiding van boere, met spesiale aandag aan opkomende boere in die implementering van grondhervormingsprogramme en landelike ontwikkelingsprojekte.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,346
Ons het die afgelope jaar geweldig vordering gemaak ten opsigte van die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere uit die historiese benadeelde gemeenskappe. Op hierdie manier is die regering van die Wes-Kaap saam met u besig om op, 'n doelgerigte manier die ongeregtighede van die verlede uit te wis.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,347
Vir ons is Waardigheid, Billikheid en Welvaart die pilare waarop IKAPA ELIHLUMAYO staan, in ons strewe om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Dit is net onder die vaandel van die ANC wat ons werklik ernstig besig is om armoede te bestry, ongelykhede uit te wis en sodoende die kwaliteit van lewe van al die mense te verbeter.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,348
Hierdie tuiste wat die regering wil skep vir almal, beteken ook dat ons projekte, soos hierdie waarby u betrokke is, in ons gemeenskappe wil vestig om u deel te laat hê aan ekonomiese welvaart wat ons in die Provinsie wil skep. Dit beteken dat u wat by hierdie projek betrokke is op 'n waardige wyse ondersteun moet word om u regmatige plek binne die landbousektor te kan inneem.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,349
Hierdie projek is 'n sprekende voorbeeld wat vermag kan word wanneer kommersiële boere en werkers mekaar se hande vat vir die bereiking van die doelwitte wat die regering gestel het vir bemagtiging in die Landbousektor. Dit is projekte soos hierdie wat ons sal help om die grondhervormings doelwit van 30% teen 2014 te behaal.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,350
Môrester Landgoed, is 'n familie onderneming van bykans 95 jaar oud. Môrester is al baie jare besig om die kwaliteit van lewe van sy werknemers te verbeter deur opleiding, verskaffing van fasiliteite met o.a. 'n kliniek, bewaarskool, sportgronde en gemeenskap sentrum asook bemagtiging in die werksplek. In 2002 het Môrester besluit dat hy graag die proses van bemagtiging wil uitbou deur eienaarskap te vestig en het toe saam met die permanente personeel 'n werkers trust nl. Harmony Trust gestig.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,351
Hoewel u aansoeke vir LRAD vir fondse ingedien het, het u nie agteroor gesit en wag vir die hulp van die staat af nie. U het voortgegaan om intussen op klein skaal in vennootskap te boer met groente en beeste. Ek verstaan u het intussen 'n stewige Bankbalans opgebou. Harmony Trust het nou die 1084ha plaas Harmonie gekoop en vandag besit die 84 begunstigdes 100% van die grond met 'n plaas as betaalde bate ter waarde van R2.8milj, met 'n stewige bankbalans en beeste ter waarde van R200 000, wat u sowat R3.12miljoen sterk maak.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,352
Die plaas word verbou deur "Harmony Farming" wat 'n 50/50 vennootskap is tussen Harmony Trust en Môrester Landgoed. U vennootskap is 'n bevestiging van die suksesse wat behaal kan word wanneer mentorskap behoorlik geïmplementeer word. Dit bevestig ook my siening dat elke bemagtigingsprojek gekoppel moet wees aan 'n volledige mentorskap program.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,353
Ek wil glo dat die Môrester Landgoed se betrokkenheid as mentor daartoe bydra dat Harmony reeds 'n sterk "BRAND" gevestig het met aartappels en uie op die munisipale markte oor die afgelope 3 jaar.
1,040
GOV-ZA.2006. Nov.147447.147447.2010-03-24.af.txt
19,354
Ek wil u almal bedank vir die pragtige bydrae om te toon dat grondhervorming en bemagtiging binne Landbou suksesvol kan plaasvind. Baie geluk met u prestasie tot dusver en alle sukses met u planne vir die toekoms. Ek wil die hoop uitspreek dat u nog van krag tot krag sal gaan en as een van die blink sterre binne landbou sal skyn.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,356
Op 15 Januarie 2003 was ek ook hier vir die roudiens van slagoffers van die treinongeluk op 7 Januarie 2003 toe 'n passasierstrein met 'n goederetrein gebots het by die Klipheuwel/Stellenbosch verbinding naby die R304. Weer eens staan ek vanaand hier met baie hartseer in my - maar dalk nog meer as 3 jaar gelede omdat dit plaaswerkers is wat baie onskuldig oppad was om te gaan werk.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,357
Wat 'n dag moes wees, vol hoop en verwagtinge vir die nuwe week het ontnugtering en groot verdriet gebring. Wat 'n dag moes wees met 'n tydelike afskeid omdat mense werk toe gegaan het, het 'n permanente afskeid geword.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,358
Die Wes-Kaap rou saam met die gemeenskap van Klapmuts. Baie families se lewens is onherroeplik geraak deur die dood van hul naasbestaandes. Baie families in die Wes-Kaap sonder broodwinners moet nou aangaan met hul lewens en moet probeer om vrede en berusting te vind.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,359
Die Kabinet van die provinsiale regering het met leedwese en skok verneem van die tragedie in u gemeenskap. Woorde kan nie altyd vergoed vir die groot verlies wat mens in hierdie tyd ervaar nie. Namens die Premier van die Wes-Kaap, mnr Ebrahim Rasool en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan die families en die gemeenskap van Klapmuts. 20 Lewens vol belofte en vol hoop vir die toekoms is van hul families en uit die gemeenskap weggeruk en daar is nie altyd antwoorde vir die wroeginge en worstelinge van die families na so 'n tragedie nie.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,360
Iemand het eenkeer gesê: "Die dood is nie 'n afskakeling van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het." Die twintig slagoffers van die treinongeluk se lampe is vroeër uitgeblaas as wat dit moes en onder omstandighede wat onbegryplik en onverstaanbaar is. Baie families in die Wes-Kaap is in rou gedompel en heelwat families het meer as een familielid aan die dood afgestaan. 'n Paar gemeenskappe moet weer die skerwe optel na die tragiese dood van hierdie mense. Daarom is daar begrip vir die rou en die seer van die gemeenskap. Langs hierdie weg wil ek graag die wens uitspreek dat u as families, vriende en gemeenskap wel berusting sal vind maar in die wete dat tyd die groot heler en geneser is.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,361
Lewe is die kosbaarste besitting wat 'n provinsie en sy regering moet koester en omvou. Die provinsiale regering het ten doel om die kwaliteit van lewe van al die mense in die provinsie te verbeter. Ons wat in regering is het hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Die treinongeluk waarin 20 mense dood is en soveel beseer is bring die realiteit van die kosbaarheid van lewe na vore. Alvorens die amptelike ondersoek afgehandel is, kan en moet geen instansie of individu geblameer word nie. Die reg moet sy loop neem en ons as breë gemeenskap van die Wes-Kaap moet toelaat dat dit gebeur en nie voortydig vingers wys nie.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,362
Dit is onder hartseer en tragiese omstandighede maar ook met heimweë dat ek vandag in Klapmuts is. Enersyds omdat ek hier grootgeword het en omdat ek afhanklik was van die trein sodat ek skool toe kon gaan en omdat my pa en ek self vir die spoorweë gewerk het. Net so is duisende mense se lewens afhanklik van ons openbare spoorvervoer stelsel. Wanneer 'n ongeluk wel gebeur moet ons alles in ons vermoë doen om vas te stel wat die oorsaak daarvan was sodat ons ook daaruit kan leer en 'n volgende ongeluk vermy kan word.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,363
Ons moet ook alle personeel van die verskillende nooddienste wat betrokke was bedank en loof vir die spoedige reaksie en optrede na die ongeluk.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,364
n Ideale en perfekte wêreld weet nie van treinrampe, motor en vliegtuig ongelukke, brande, vloede en dade van oorlog en terreur nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die verskriklike hartseer waardeur families moet gaan na die tragiese dood van 'n familie lid nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die skok vir 'n gemeenskap nie. Ons is vandag hier omdat ons leef in 'n wêreld wat nie ideal en perfek is nie. Die taak van een en elkeen van ons wat hier is, is om toe te sien dat ons 'n wêreld probeer skep wat so na as moontlik aan die ideaal is. Daarom moet ons ons koppe optel en met groot dankbaarheid dink aan hulle wie se nagedagtenis ons vandag hier eer.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,365
Iemand het eenkeer gesê: "wie in die gedagtes van sy geliefdes leef, is nie dood nie, hy is net ver."
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,366
Ter afsluiting wil ek vandag vir u as families en gemeenskap van Klapmuts sê - u staan nie alleen nie - u rou is ons rou, u seer is ons seer en u verlies is ons verlies. Die regering van die Wes-Kaap gtaan u nie versaak in u tyd van hartseer nie. Ons is tans op verskeie fronte aan die werk om te kyk hoe ons u kan help.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,367
Die Provinsiale Regering is tans aan die werk Dr Lionel Louw van die Premier se Kantoor is persoonlik getaak om die begrafnis reëlings te koördineer en gaan die regering ook die koste van die begrafnisse dra.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,368
In samewerking met Agri Wes-Kaap wat aangebied het om 'n noodfonds te administreer vir die families van naasbestaandes I'n fonds begin en het ek vanoggend by Die Burger R50 000 ontvang wat hulle bygedra het tot die fonds. Ons dank ook aan Agri Wes-Kaap wat die fonds administreer en hulle infrastruktuur en personeel beskikbaar stel met die fonds. Die fonds sal na die medium en langtermyn behoeftes kyk van families wie se broodwinners weg is en om te kyk na onder andere skool en verdere onderrig behoeftes veral vir die kinders.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,369
Ek was reeds in gesprekke met Dr Christo Wiese van Pep Stores en met Shoprite Checkers nadat hulle aangebied het en kan ek ook vandag vir u sê dat vir al die families vir ten minste die volgende 3 maande die nodige ondersteuning sal kry om kos op die tafel te sit en Januarie skool toe te gaan omdat skoolklere en skryfbehoeftes reeds voor gesorg is.
1,041
GOV-ZA.2006. Nov.148824.148824.2010-03-24.af.txt
19,370
Wees ook verseker dat u in gebede opgedra word en daarom glo ek ook dat die families die nodige vertroosting sal vind en ook die krag van God sal ontvang om u deur hierdie tyd te dra.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,372
Paasfees is die heiligste tydperk in die godsdienstige jaar vir ons Christen-susters en -broers. Dié tyd is ryk aan geestelike simbole en tradisies ter nagedagtenis van Jesus se gevangeneming, verhoor, dood en opstanding.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,373
Die afwagting op Paasfees begin vir die meeste Christene met Aswoensdag wanneer daar met as van die palmblare wat by die vorige jaar se optog op Palmsondag gebruik is, 'n kruisie getrek word op Christene se voorkoppe as teken van berou. Die 40 dae van Aswoensdag tot Palmsondag is die Vastyd en word gekenmerk deur selfonthouding en geestelike verruiming.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,374
Op Palmsondag word Jesus se triomfantelike aankoms in Jerusalem herdenk, toe skares armes hom tot aardse Koning verklaar het en hom met swaaiende palmtakke verwelkom het. Op die daaropvolgende Donderdagaand van die Heilige Week het Jesus egter die 'Laaste Avondmaal' of Joodse Pasga saam met sy twaalf apostels gevier. Daarna, deur Judas se toedoen, is hy vir verraad in hegtenis geneem terwyl hy besig was om in die Tuin van Getsemane te bid.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,375
Die destydse godsdienstige en politieke leiers het Jesus ter dood aan die kruis veroordeel. Hy moers sy eie kruis na die Kopbeenplek buite die stad dra waar hy saam met twee diewe gekruisig is. Ter nagedagtenis hieraan is kerke op Goeie Vrydag gestroop van enige ornamente om Jesus se afwesigheid te simboliseer.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,376
Christene gedenk die 'Sewe Kruiswoorde' en die bonatuurlike gebeure op Goeie Vrydag met bidure. Daar is 'n groot mate van hartseer oor Jesus se opoffering om die mens en God te herenig. Tradisioneel word Paasbolletjies ('hot cross buns') wat die kruisiging versinnebeeld, op Goeie Vrydag voorgesit.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,377
Op Paassondag het Maria Magdalena op die leë graf afgekom en die opstanding van Jesus uit die dood lei tot groot feesviering en danksegging. Paaseiers word uitgeruil om die leë graf te simboliseer.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,378
Aan almal wat hierdie geestelike reis van Jesus onderneem, wens ek 'n sinvolle groeitydperk toe. Jesus word deur so vele godsdienste geëer en leer ons dat ons baie meer daaruit kry om in 'n beter toekoms te belê as om kortstondige glorie te soek.
1,042
GOV-ZA.2006.apr.130046.130046.2010-03-24.af.txt
19,379
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,381
Vanjaar se tema vir Wêreld Gesondheidsdag, Werk Saam vir Gesondheid, plaas die kritieke rol van ons gesondheidswerkers in die kollig asook die belangrikheid van saam werk om die beste resultate vir ons pasiënte te behaal, het Minister Uys op 'n saamtrek van gesondheidswerkers op George gesê.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,382
Gesondheidswerkers is die hartklop van gesondheidssorg in ons provinsie. Hulle is die manne en vroue wat onselfsugtig hul pligte nakom, dikwels onder moeilike omstandighede, sê Uys. Dit sluit tandartse, verpleërs, vroedvroue, aptekers, tuiversogers, tegnici, kokke, skoonmakers en die hele spektrum van gesondheidswerkers in.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,383
Met verwysing na die tekort aan gesondheidswerkers in die Wes-Kaap en die geweldige druk waaronder gesondheidswerkers hul pligte moet uitvoer, het Minister Uys gesê sy departement konsentreer nou op alle gesondheidswerkers, die uitdagings waarmee hulle op 'n daaglikse basis gekonfronteer word en die behoefte van bestuur om te begryp, ondersteuning te verleun en vraagstukke aan te spreek.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,384
Die skepping van beter werksomstandighede deur middel van hernuwings- en instandhoudingsprogramme aan infrastruktuur.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,385
Dit is belangrik dat die breë gemeenskap ook meer waardering toon vir ons gesondheidswerkers, en hulle dienste nie net as vanselfsprekend aanvaar nie, het Uys gesê.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,386
Die rol wat ons gesondheidswerkers speel in die verskaffing van 'n aanvaarbare, volhoubare, kwaliteit- en kosteffektiewe gesondheidsdiens is noodsaaklik vir die gesondheid van die mense van die Wes-Kaap. "'n Gesonde provinsie is 'n gelukkige provinsie", sê Uys.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,387
Gesondheidsinstansies dwarsdeur die hele provinsie vier Wêreldgesondheidsdag vandag. "Oop dae" word by alle klinieke beplan en gemeenskappe sal uitgenooi word om self te kom kyk wat 'n dag in die lewe van 'n gesondheidswerker behels deur dit met hulle te deel die oomblik dat hulle deur die veiligheidshekke stap totdat hulle hul medikasie ontvang.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,388
Met die ondersteuning van ons gesondheidswerkers, ons vrywilligers, ons gemeenskapswerkers, ons gesondheidsforums en tuisversorgers, kan ons die gehalte diens lewer wat van ons verwag word, sê Uys.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,389
Die Wes - Kaap Regering is trots op sy gesondheidswerkers en sal uit sy pad gaan om hulle te ondersteun in die uitvoering van hul lewensnoodsaaklike plig. Ons het groot waardering vir u toewyding en gee om vir u elkeen , het Uys gesê.
1,043
GOV-ZA.2006.apr.135809.135809.2010-03-24.af.txt
19,390
Op Wêreldgesondheidsdag sal Minister Uys en Prof Craig Househam, Hoof van die Departement van Gesondheid - Wes-Kaap, gesondheidswerkers van die Suid-Kaap en Karoo more toespreek op George. Dit vind plaas in die Banketsaal van die munisipaliteit vanaf 11:00.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,392
"Vanjaar se tema vir Wêreld Gesondheidsdag, Werk Saam vir Gesondheid, plaas die kritieke rol van ons gesondheidswerkers in die kollig asook die belangrikheid van saam werk om die beste resultate vir ons pasiënte te behaal", het Minister Uys op 'n saamtrek van gesondheidswerkers op George gesê.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,393
"Gesondheidswerkers is die hartklop van gesondheidssorg in ons provinsie. Hulle is die manne en vroue wat onselfsugtig hul pligte nakom, dikwels onder moeilike omstandighede", sê Uys. Dit sluit tandartse, verpleërs, vroedvroue, aptekers, tuiversogers, tegnici, kokke, skoonmakers en die hele spektrum van gesondheidswerkers in.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,394
Met verwysing na die tekort aan gesondheidswerkers in die Wes-Kaap en die geweldige druk waaronder gesondheidswerkers hul pligte moet uitvoer, het Minister Uys gesê sy departement konsentreer nou op alle gesondheidswerkers, die uitdagings waarmee hulle op 'n daaglikse basis gekonfronteer word en die behoefte van bestuur om te begryp, ondersteuning te verleun en vraagstukke aan te spreek.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,395
Die skepping van beter werksomstandighede deur middel van hernuwings- en instandhoudingsprogramme aan infrastruktuur.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,396
"Dit is belangrik dat die breë gemeenskap ook meer waardering toon vir ons gesondheidswerkers, en hulle dienste nie net as vanselfsprekend aanvaar nie", het Uys gesê.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,397
"Die rol wat ons gesondheidswerkers speel in die verskaffing van 'n aanvaarbare, volhoubare, kwaliteit- en kosteffektiewe gesondheidsdiens is noodsaaklik vir die gesondheid van die mense van die Wes-Kaap. "'n Gesonde provinsie is 'n gelukkige provinsie", sê Uys.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,398
Gesondheidsinstansies dwarsdeur die hele provinsie vier Wêreldgesondheidsdag vandag. "Oop dae" word by alle klinieke beplan en gemeenskappe sal uitgenooi word om self te kom kyk wat 'n dag in die lewe van 'n gesondheidswerker behels deur dit met hulle te deel die oomblik dat hulle deur die veiligheidshekke stap totdat hulle hul medikasie ontvang.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,399
"Met die ondersteuning van ons gesondheidswerkers, ons vrywilligers, ons gemeenskapswerkers, ons gesondheidsforums en tuisversorgers, kan ons die gehalte diens lewer wat van ons verwag word", sê Uys.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,400
" Die Wes - Kaap Regering is trots op sy gesondheidswerkers en sal uit sy pad gaan om hulle te ondersteun in die uitvoering van hul lewensnoodsaaklike plig. Ons het groot waardering vir u toewyding en gee om vir u elkeen ", het Uys gesê.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,401
Op Wêreldgesondheidsdag sal Minister Uys en Prof Craig Househam, Hoof van die Departement van Gesondheid - Wes-Kaap, gesondheidswerkers van die Suid-Kaap en Karoo more toespreek op George. Dit vind plaas in die Banketsaal van die munisipaliteit vanaf 11:00.
1,044
GOV-ZA.2006.apr.135809.A.2010-03-24.af.txt
19,402
| IMIBUZO Sibuze nje wena: [email protected]?
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,404
Ek wil heel aan die begin my dank uitspreek teenoor die organiseerders van die Agri-Megaweek vir die uitnodiging om hier saam met julle te wees. Hierdie byeenkoms het reeds sy merk deeglik op die Suid-Afrikaanse Landboukalender gemaak.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,405
Ek wil ook vir u dankie sê vir die rol wat u speel om nie net ons gevestigde produsente nie, maar ook opkomende boere en plaaswerkers te bemagtig met die gebeure tydens die week.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,406
Ons wil hê dat u deeglik moet begryp dat u as plaaswerker 'n belangrike rol speel in die ekonomie van die Wes-Kaap en so wil ons ook hê dat daar dienooreenkomstig na u gekyk moet word. U moet verstaan dat hoe beter dit met die ekonomie gaan, hoe beter behoort dit met u te gaan.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,407
Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutelareas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,408
As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,409
Miskien besef u dit nie, maar u elkeen, speel 'n baie belangrike rol in die aspekte waarna ek nou net verwys het en so speel elkeen van die ongeveer 202 949 werknemers op Wes-Kaapse plase 'n rol in die provinsie se ekonomie.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,410
Plaaswerker aangeleenthede is een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap. Om gestalte te gee hieraan het ons reeds verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosio-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,411
Om die subprogram in staat te stel om effektiewe uitvoering te gee aan die doel waarvoor dit geskep is, het ons geluister na die behoeftes wat deur die betrokkenes uitgespreek is. Ons het besluit dat daar 'n behoorlike proses van strategiese besinning moet wees wat uiteindelik uitgeloop het op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne wat deurgevoer moet word.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,412
Hierdie program van ons bevat prakties uitvoerbare prosesse wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswerkers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. Ons wil hê dat u saam met ons moet hoop hê vir die toekoms. Die President het vroeër die jaar tydens die opening van die parlement daarna verwys toe hy gesê het dat ons nou na die eerste tien jaar van die nuwe Suid-Afrika 'n nuwe seisoen van hoop binnegaan.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,413
Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land. Omdat ons in die Wes-Kaap die regering se visie deel en glo in die kontrak wat ons met die mense gesluit het in die verkiesing, sal ons toesien dat die plaaswerkergemeenskap op elke terrein van u lewe ondersteun word.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,414
Die boodskap wat ek aan u as plaaswerkers wil oordra is dat u 'n integrale deel is van Landbou en ons wil seker maak dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. 'n Goed toegeruste werker kan 'n positiewe bydrae lewer tot die aktiwiteite op die plaas.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,415
As minister van landbou is ek baie ernstig oor die welstand van alle plaaswerkers en die bevordering van plaaswerkers se lewensomstandighede, ook op die terrein van opleiding. Ek kan u ook die versekering gee dat die regering van die Wes-Kaap en die Departement van Landbou in sy geheel groot waarde heg aan die opleiding van werkers en ek weet ook dat die produsente van hierdie streek net soos ons wil hê dat u beter opgelei moet word. U weet dat hulle sê kennis is mag. Wanneer jy toegerus is met kennis kan soveel meer bydra tot die sukses van die boerdery waarby jy betrokke is. Ons wil graag opleiding nader bring aan u werkplek, daarom dat ons ook besluit het om n opleidingsentrum hier op Bredasdorp in te rig.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,416
Ek is seker dat daar van u is wat nog nie gehoor het van "IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL" nie. Dit is 'n strategie wat die regering het om die lewensomstandighede van al die mense van die Wes-Kaap te verbeter. Die regering het tydens die verkiesing van 2004 'n kontrak met die mense van Suid-Afrika aangegaan om op elke gebied te veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval sodat u lewensomstandighede kan verbeter.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,417
President Mbeki het gevra dat ons almal 'n poging moet aanwend om weg te beweeg van totale maatskaplike afhanklikheid na ekonomiese selfstandigheid. Dit beteken dat elkeen van ons moet probeer om ons beter te bekwaam sodat ons nie nodig het om van die staat afhanklik te wees nie. As ons dit doen sal ons armoede bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die kwaliteit van lewe van al ons mense verbeter.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,418
Die regering kan nie alleen veg teen armoede en die verval wat daar onder ons mense is nie. Ons het die hulp van ons Boere en ander instansies nodig om u omstandighede te verbeter en daarom is ek dankbaar vir hierdie erkenning wat die produsente ook aan julle as plaaswerkers bied deur hierdie konferensie aan te bied. Dit is belangrik dat u gebruik moet maak van die geleenthede wat aan u gebied word sodat u u kwaliteit van lewe kan verbeter.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,419
Ons sien u as plaaswerkers ook as kliente van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, net soos wat boere ons kliente is, en daarom is ons doelwit om al die dienste, veral sosio-ekonomies en polities, wat aan plaaswerkers verskaf moet word, effektief te koördineer.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,420
Ons doel as Departement is primêr om Landbou te laat groei en almal wat betrokke is moet hulle deel bydra. Ons moet verstaan dat ons in Landbou een groot familie is en dat ons mekaar nodig het. Die boer het u nodig maar u het ook die boer nodig en so het ons as regering vir u en die produsente nodig sodat ons kos op die tafel kan sit vir die mense van hierdie mooi land van ons.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,421
Dit is maklik om 'n geleentheid soos hierdie te gebruik om modder te gooi en te kla. Ek wil egter die hoop uitspreek dat u almal sal deelneem aan hierdie konferensie en dat u hiervan sal gebruik maak om 'n positiewe bydrae te lewer wat tot voordeel van uself en Landbou sal wees.
1,045
GOV-ZA.2006.aug.142822.142822.2010-03-24.af.txt
19,422
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,424
Op 15 Januarie 2003 was ek ook hier vir die roudiens van slagoffers van die treinongeluk op 7 Januarie 2003 toe 'n passasierstrein met 'n goederetrein gebots het by die Klipheuwel/Stellenbosch verbinding naby die R304. Weer eens staan ek vanaand hier met baie hartseer in my - maar dalk nog meer as 3 jaar gelede omdat dit plaaswerkers is wat baie onskuldig oppad was om te gaan werk.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,425
Wat 'n dag moes wees, vol hoop en verwagtinge vir die nuwe week het ontnugtering en groot verdriet gebring. Wat 'n dag moes wees met 'n tydelike afskeid omdat mense werk toe gegaan het, het 'n permanente afskeid geword.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,426
Die Wes-Kaap rou saam met die gemeenskap van Klapmuts. Baie families se lewens is onherroeplik geraak deur die dood van hul naasbestaandes. Baie families in die Wes-Kaap sonder broodwinners moet nou aangaan met hul lewens en moet probeer om vrede en berusting te vind.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,427
Die Kabinet van die provinsiale regering het met leedwese en skok verneem van die tragedie in u gemeenskap. Woorde kan nie altyd vergoed vir die groot verlies wat mens in hierdie tyd ervaar nie. Namens die Premier van die Wes-Kaap, mnr Ebrahim Rasool en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan die families en die gemeenskap van Klapmuts. 20 Lewens vol belofte en vol hoop vir die toekoms is van hul families en uit die gemeenskap weggeruk en daar is nie altyd antwoorde vir die wroeginge en worstelinge van die families na so 'n tragedie nie.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,428
Iemand het eenkeer gesê: "Die dood is nie 'n afskakeling van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het." Die twintig slagoffers van die treinongeluk se lampe is vroeër uitgeblaas as wat dit moes en onder omstandighede wat onbegryplik en onverstaanbaar is. Baie families in die Wes-Kaap is in rou gedompel en heelwat families het meer as een familielid aan die dood afgestaan. 'n Paar gemeenskappe moet weer die skerwe optel na die tragiese dood van hierdie mense. Daarom is daar begrip vir die rou en die seer van die gemeenskap. Langs hierdie weg wil ek graag die wens uitspreek dat u as families, vriende en gemeenskap wel berusting sal vind maar in die wete dat tyd die groot heler en geneser is.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,429
Lewe is die kosbaarste besitting wat 'n provinsie en sy regering moet koester en omvou. Die provinsiale regering het ten doel om die kwaliteit van lewe van al die mense in die provinsie te verbeter. Ons wat in regering is het hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Die treinongeluk waarin 20 mense dood is en soveel beseer is bring die realiteit van die kosbaarheid van lewe na vore. Alvorens die amptelike ondersoek afgehandel is, kan en moet geen instansie of individu geblameer word nie. Die reg moet sy loop neem en ons as breë gemeenskap van die Wes-Kaap moet toelaat dat dit gebeur en nie voortydig vingers wys nie.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,430
Dit is onder hartseer en tragiese omstandighede maar ook met heimweë dat ek vandag in Klapmuts is. Enersyds omdat ek hier grootgeword het en omdat ek afhanklik was van die trein sodat ek skool toe kon gaan en omdat my pa en ek self vir die spoorweë gewerk het. Net so is duisende mense se lewens afhanklik van ons openbare spoorvervoer stelsel. Wanneer 'n ongeluk wel gebeur moet ons alles in ons vermoë doen om vas te stel wat die oorsaak daarvan was sodat ons ook daaruit kan leer en 'n volgende ongeluk vermy kan word.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,431
Ons moet ook alle personeel van die verskillende nooddienste wat betrokke was bedank en loof vir die spoedige reaksie en optrede na die ongeluk.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,432
'n Ideale en perfekte wêreld weet nie van treinrampe, motor en vliegtuig ongelukke, brande, vloede en dade van oorlog en terreur nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die verskriklike hartseer waardeur families moet gaan na die tragiese dood van 'n familie lid nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die skok vir 'n gemeenskap nie. Ons is vandag hier omdat ons leef in 'n wêreld wat nie ideal en perfek is nie. Die taak van een en elkeen van ons wat hier is, is om toe te sien dat ons 'n wêreld probeer skep wat so na as moontlik aan die ideaal is. Daarom moet ons ons koppe optel en met groot dankbaarheid dink aan hulle wie se nagedagtenis ons vandag hier eer.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,433
Iemand het eenkeer gesê: "wie in die gedagtes van sy geliefdes leef, is nie dood nie, hy is net ver."
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,434
Ter afsluiting wil ek vandag vir u as families en gemeenskap van Klapmuts sê - u staan nie alleen nie - u rou is ons rou, u seer is ons seer en u verlies is ons verlies. Die regering van die Wes-Kaap gtaan u nie versaak in u tyd van hartseer nie. Ons is tans op verskeie fronte aan die werk om te kyk hoe ons u kan help.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,435
Die Provinsiale Regering is tans aan die werk Dr Lionel Louw van die Premier se Kantoor is persoonlik getaak om die begrafnis reëlings te koördineer en gaan die regering ook die koste van die begrafnisse dra.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,436
In samewerking met Agri Wes-Kaap wat aangebied het om 'n noodfonds te administreer vir die families van naasbestaandes I'n fonds begin en het ek vanoggend by Die Burger R50 000 ontvang wat hulle bygedra het tot die fonds. Ons dank ook aan Agri Wes-Kaap wat die fonds administreer en hulle infrastruktuur en personeel beskikbaar stel met die fonds. Die fonds sal na die medium en langtermyn behoeftes kyk van families wie se broodwinners weg is en om te kyk na onder andere skool en verdere onderrig behoeftes veral vir die kinders.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,437
Ek was reeds in gesprekke met Dr Christo Wiese van Pep Stores en met Shoprite Checkers nadat hulle aangebied het en kan ek ook vandag vir u sê dat vir al die families vir ten minste die volgende 3 maande die nodige ondersteuning sal kry om kos op die tafel te sit en Januarie skool toe te gaan omdat skoolklere en skryfbehoeftes reeds voor gesorg is.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,438
Wees ook verseker dat u in gebede opgedra word en daarom glo ek ook dat die families die nodige vertroosting sal vind en ook die krag van God sal ontvang om u deur hierdie tyd te dra.
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,439
Don't understand government jargon or an acronym Use the GLOSSARY?
1,046
GOV-ZA.2006.dec.150969.150969.2010-03-24.af.txt
19,440
| QUESTIONS Just ask us: [email protected]?
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,442
Dankie vir die geleentheid om vandag hier saam met u te wees om die begin van hierdie groente projek as 'n ware af te skop met die befondsing van die projek.
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,443
Elf jaar gelede het die regering begin om planne in werking te stel wat gehoor moes gee en uitvoering moes bring aan die selfopgelegde taak om toe te sien dat die grond en rykdom verdeel sal word tussen die wat dit besit, diegene wie dit help bewerk het, die wie 'n behoefte het om grond te besit, die wie 'n behoefte het om grond te bewerk maar nog nooit 'n geleentheid gehad het om dit te doen nie en daardie gemeenskappe wie se grond van hulle weggeneem is en aan wie dit terugbesorg moes word.
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,444
Ons het dit vir onsself ten doel gestel om vir eens en vir altyd toe te sien dat rasgebasseerde beperking op grondeienaarskap tot 'n einde sal kom deur die nodige middele en infrastruktuur te voorsien om dit moontlik te maak vir elke Suid-Afrikaner om die eienaar van sy of haar stukkie grond te word, hetsy om daarop te woon of om dit te bewerk in 'n poging om 'n bestaan daaruit te maak en ook in 'n poging om hongersnood en armoede te beveg.
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,445
Dit is vir ons belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol hierdie uitdagings te deel. Ons fokus baie ernstig op die voorsiening en voorligting; ondersteuning en fasilitering van opleiding van boere, met spesiale aandag aan opkomende boere in die implimentering van grondhervorming programme en landelike ontwikkelingsprojekte.
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,446
Ons het die afgelope jaar geweldig vordering gemaak ten opsigte van die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan plaaswerkers en hulpbronarm boere uit die historiese benadeelde gemeenskappe. So gaan ons later hierdie maand nog 'n opleidingsfasiliteit op Oudtshoorn open waar ons plaaswerkers en opkomende boere wil toerus vir die Landbou. Ook op hierdie manier is die ANC regering van die Wes-Kaap besig om op; n doelgerigte manier die ongeregtighede van die verlede uit te wis.
1,047
GOV-ZA.2006.feb.124039.124039.2010-03-24.af.txt
19,447
Vir ons is Waardigheid, billikheid en welvaart die pilare waarop IKAPA ELIHLUMAYO staan in ons strewe om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Dit is net onder die vaandel van die ANC wat ons werklik ernstig besig is om armoede te bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die kwaliteit van lewe van al die mense verbeter.