document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,129
"Hierdie Desember, as deel van ons Kers-diensleweringsveldtog, sal die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement miljoene bestee aan mediese toerusting in 'n poging om toegang tot mediese dienste van gehalte te verbeter," het Uys gesê.
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,130
Die Gesondheidsstelsel kry 'n hupstoot deur die aankoop van verskeie gesofistikeerde en broodnodige mediese toerusting soos die gastroskoop, X-straal kamers en 'n kolposkoop. Die toerusting sal by inrigtings waar die nood die grootste is, geïnstalleer word.
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,131
Die departement ondervind'n toename in die aantal pasiënte en dit gaan gepaard met 'n groter vraag na mediese dienste. Tesame met die feit dat toerusting by gesondheidsinrigting dikwels verouderd is, is nuwe toerusting as 'n prioriteit geïdentifiseer. In hierdie finansiele jaar sal die departement bykans R130m aan nuwe toerusting spandeer.
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,132
"Ons verbeter nie slegs toegang tot beter gehalte mediese diens met die aankoop van hierdie toerusting nie, maar ons vergemaklik ook die taak van ons mediese personeel om daardie dienste te lewer" sê Uys.
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,133
"Die nuwe toerusting kom op die regte tyd, aangesien die feesseisoen gewoonlik 'n baie groter werklas op gesondheidsdienste plaas, hoofsaaklik weens padongelukke en geweld" het Uys gese.
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,134
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,028
GOV-ZA.2005.nov.123704.2010-03-24.af.txt
19,135
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,137
Ons as regering van die Wes-Kaap is tans met 'n Imbizo program besig en het reeds vandag heeldag, van vroeg vanoggend af hier in u omgewing met verskillende belange groepe ontmoet. Ons aktiwiteite word mÔre om 8uur op Vredendal voortgesit en sluit Sondag middag op Grabouw af.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,138
Laat my toe om u eerstens geluk te wens met die verrigtinge vanaand en ook dan spesifiek die 100 jarige feesvieringe wat u op 'n paslike wyse laat plaasvind. Die geskiedenis van water en die Nuyrivier is 'n merkwaardige een wat ook aandui dat die probleme en die uitdagings van toe en nou nog steeds dieselfde is soos blykmyuit die geskiedenis.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,139
As gevolg van wisselende klimaatsomstandighede en periodieke droogtes was water in die Nuy-omgewing van tyd tot tyd in oorvloed, maar meestal heeltemal ontoereikend en wisselvallig. Dit was dan die oorheersende faktor wat aanleiding gegee het tot die versoek van 11 boere uit die Nuyvallei dat 'n Besproeiingsdistrik hier gestig word. 'n Proklamasie op 31 Mei 1905 verleen toestemming tot die stigting van die Nuyrivier Besproeiingsraad in dieselfde jaar.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,140
Reeds met die 2de Raadsvergadering in dieselfde jaar word besluit op die bou van 'n Deeldam by Vierde Drif. Hier sou die hele stroom in 2 gelyke dele verdeel word tussen Boonste Besitters en Onderste Besitters. Hierdie Deeldam is offisieËl op 30 September 1908 deur John X. Merriman geopen.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,141
Die belangrikste bron van water vir die Nuyvallei gedurende daardie jare en steeds vandag kom vanaf Keerom in die Montagu distrik. As gevolg van geskille tussen die Raad en Keerom - bewoners oor onreËlmatige verdeling van water, word daar met die De Kock broers van Keerom onderhandel en grond word in dele hier aangekoop teen 18725 pond. Totale onkostes vir hierdie hele projek sou min of meer 35000 pond beloop.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,142
Reeds in 1920 is beplan om 'n Bewaringsdam by Keerom op te rig, maar eers in 1953 word Keeromdam, 'n private onderneming, gebou teen 'n koste van 152 000 pond met 'n kapasiteit van 1900 miljoen gellings. Die dam word in 1954 voltooi en oorstroom sy walle in Augustus van dieselfde jaar.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,143
In Januarie 1981 beleef die Nuyvallei die Laingsburg - vloed wat 'n spoor van verwoesting nalaat. Wingerde en landbougrond van onskatbare waarde word verwoes en toegeslik. Om die gehawende Nuyrivier min of meer tot sy oorspronklike loop te kanaliseer sou ± R160 000 beloop. Hiertoe dra die Staat 80% by d.m.v 'n subsidie. As gevolg van toeslikking en groter waterbehoeftes word die wal van Keeromdam gedurend 1889 - 1990 met 3 - 4 verhoog. Die onkoste beloop R1135 000 en die kapasiteit word met ± 3 miljoen m3 vermeerder.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,144
Dit is duidelik dat daar 'n vennootskap was tussen die mense van die omgewing en die regering van die dag, anders sou daar geen aksie gewees het rondom die belangrike aspek van water nie en ek wil vir u sÊ dat daardie vennootskap vandag nog net so belangrik is..
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,145
Die Sagte Vrugte Bedryf met al sy vertakkings is vir die Wes-Kaapse Regering van groot belang aangesien die bedryf in sy geheel 'n baie groot bydrae maak tot die ekonomie van die Provinsie. Nie alleen verskaf die bedryf aan baie mense werk nie, maar is dit ook vir ons 'n advertensie dwars oor die wÊreld as gevolg van die vrugte wat op die winkelrakke van meeste lande oorsee te vinde is.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,146
Die grootste uitdaging vir ons in Landbou is sekerlik die kwessie van bemagtiging in al sy fasette, maar veral die kwessie van grondhervorming en die vestiging van opkomende boere. Ons wil glo dat ons in die Wes-Kaap gerat is om die uitdagings die hoof te bied en dat hoewel die proses stadig begin het, ons in staat sal wees om spoed op te tel. Daar is vir ons twee belangrike beginsels wat moet geld, naamlik dat die vestiging van nuwe boere op so 'n wyse sal geskied dat dit volhoubaar is en tweedens dat ons moet omsien na die welstand van ons kommersiËle boere. U het 'n belangrike taak ten opsigte van mentorskap en om te sorg dat die Landbousektor sy belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie sal speel.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,147
In hierdie opsig glo ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap dat een van die hoekstene van landbou se bydrae tot die ekonomie, doelgerigte voorpunt navorsing is, en daarom het ek hierdie jaar byna R46 miljoen vir Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling in die Landboubegroting bewillig.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,148
Wat navorsing betref is dit belangrik om te beklemtoon dat dit langtermyn van aard is, met uitkomste gerig op die bevordering van die mededingendheid en volhoubaarheid van die landbousektor van die Provinsie, met ander woorde op ekonomiese groei wat weer werkskepping en -instandhouding tot gevolg het. Inligting wat gegenereer word deur die navorsingsaktiwiteite van die Departement, vorm die basis van tegnologie-oordrag en boerdery-ondersteuningsprogramme aan die totale landbougemeenskap van die Provinsie. Ons het dit as volg opgedeel.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,149
R25,4 miljoen word aangewend vir die befondsing van direkte navorsing, waarvan R9,8 miljoen spesifiek vir diereproduksienavorsing, R8,8 miljoen vir plantproduksienavorsing en R2,6 miljoen vir hulpbrongerigte navorsing aangewend word. 'n Verdere bedrag van ongeveer R2,0 miljoen word spesifiek geoormerk vir die ontwikkeling en opgradering van navorsingsinfrastruktuur op die sewe proefplase van die Departement. Die rol wat proefplase as buitelug laboratoria speel vir die demonstrasie van beste landboupraktyke, kan nie onderskat word nie. Dit speel ook 'n sleutelrol in die opleiding van die groeiende opkomende landbousektor van die provinsie.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,150
Ontledings het aangetoon dat die waterverbruik van die Kaapse Metropool binnekort die voorsiening vanuit die beskikbare waterbronne gaan oortref. Kompetisie tussen die verskillende verbruikersektore om die beskikbare water gaan nog toeneem. Die besproeiingssektor is verantwoordelik vir ongeveer 50% van totale huidige verbruik en moet dus betrokke raak by die vind van gebalanseerde oplossings.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,151
U weet dat ons hierdie jaar die 50ste herdenking van die vryheidsmanifes vier en daarin word die regte van elke Suid-Afrikaner uitgestippel. Die vryheidsmanifes vorm ook die basis van die Grondwet. Ons as Regering in die Wes-Kaap is intens bewus van ons verantwoordelikheid teenoor elke lid van die samelewing en die ideale waarna ons moet streef om die vryheidsmanifes 'n lewende dokument te maak. So onthou ons ook die woorde van Hoofman Albert Luthuli in 1958, toe hy sy visie vir ons land vir die eerste keer beskryf het as 'n "Tuiste vir Almal" Hy het ook gepleit vir die ruimheid van gees en 'n oproep om eenheid onder al ons mense gedoen. Hy het gevra dat ons almal saam sal bou aan 'n toekoms met groter gelykheid, nie-rassigheid, multikulturaliteit, godsdiensverdraagsaamheid, veeltaligheid en nie-seksisme.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,152
Die Regering van die Wes-Kaap het dit aangegryp en ons eie gemaak en met u 'n kontrak aangegaan in ons visie van "'n Tuiste vir Almal". Met ons visie sÊ ons dat ons nie mekaar hoef te vrees nie; dat ons verskille en diversiteit nie verdelend hoef te wees nie, maar dat ons juis daaruit moet put om 'n groter eenheid te vorm waarin ons mekaar kan aanvul met die rykheid van dit waaroor ons elkeen beskik. Terwyl ons aan 'n verenigde Provinsie bou, moet daar ruimte wees vir al ons identiteite om verstaan, gerespekteer en gewaardeer te word. Ons moet almal kan sÊ, dat ongeag ras, klas, geslag, ouderdom, godsdiens, kultuur, taal, etnisiteit, geografiese of seksuele oriËntasie, die Wes-Kaap 'n Tuiste vir Almal is. Die harde werklikheid is dat ons mekaar nodig het en dat nie een van ons op ons eie sal oorleef nie.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,153
Ek wil vir u dankie sÊ dat u as kommersiËle boere lankal reeds ook besig is om u bydrae te maak om ons te help om te bou aan hierdie tuiste vir almal en dat u nie wegskram van hierdie verantwoordelikheid nie.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,154
Ek wil u sterkte toewens met die volgende 100 jaar en die versekering gee dat ons van die Departement van Landbou se kant af daarna uitsien om die pad saam met u te loop.
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,155
Don't understand government jargon or an acronym Use the GLOSSARY?
1,029
GOV-ZA.2005.oct.114948.114948.2010-03-24.af.txt
19,156
| QUESTIONS Just ask us: [email protected]?
1,030
GOV-ZA.2005.oct.115747.115747.2010-03-24.af.txt
19,158
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, het onlangs die Instituut vir Dowes op Worcester besoek as deel van die regering se Imbizo-program. Tydens hierdie geleentheid het hy 'n tjek van R53 000 aan die Instituut oorhandig vir onder andere die oprigting van kweekhuise en die aanlê van groentetuine.
1,030
GOV-ZA.2005.oct.115747.115747.2010-03-24.af.txt
19,159
In hierdie Provinsie moet ons saam werk om dit 'n tuiste vir almal te maak, en dit sluit mense met gestremdhede in," sê Minister Dowry. "Dit is vir Departement Landbou belangrik dat ook hierdie persone in die breë landbousektor opgeneem moet word."
1,030
GOV-ZA.2005.oct.115747.115747.2010-03-24.af.txt
19,160
Die Wes-Kaapse Departement Landbou slaag met sy ondersteuning aan die Instituut om die sowat 60 000 dowes en meervoudig gestremde persone deel te maak van 'n ekonomiese proses waarby hulle voorheen uitgesluit was. "Die waarde van betrokkenheid by landbou en die aanleer van landbouvaardighede vir gestremdes is hulle met hierdie vaardighede 'n werk kan bekom, hulle kan lewe van hul eie produkte en kan boonop daarvan verkoop om finansieel onafhanklik te word," verduidelik Deon de Villiers, hoof van die Instituut.
1,030
GOV-ZA.2005.oct.115747.115747.2010-03-24.af.txt
19,161
Deur middel van Departement Landbou se betrokkenheid kan die Instituut nou sy eie groente kweek wat in sy voedselverwekingsaanleg verwerk en dan bemark sal word. Verder kan die Instituut addisionele fondse bekom deur saailinge te kweek en te verkoop.
1,030
GOV-ZA.2005.oct.115747.115747.2010-03-24.af.txt
19,162
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,164
Voorsitter ek wil net eers met u praat oor die breË visie van die Wes-Kaapse Regering. In die Wes-Kaap wil ons n tuiste vir almal skep in ons poging om om ons ideaal te dereik van"IKAPA ELIHLUMAYO", wat beteken,"die Groeiende Kaap". Hierdie twee begrippe kan nie los wees van mekaar nie, maar vorm 'n eenheid wat deel is van die breËr visie van die regering.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,165
Hoofman Albert Luthuli het in 1958, toe hy sy visie vir ons land vir die eerste keer beskryf het, dit beskryf as 'n "Tuiste vir Almal" Hy het ook gepleit vir die ruimheid van gees en 'n oproep om eenheid onder al ons mense gedoen. Hy het gevra dat ons almal saam sal bou aan 'n toekoms met groter gelykheid, nie-rassigheid, multikulturaliteit, godsdiensverdraagsaamheid, veeltaligheid en nie-seksisme.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,166
Die Regering van die Wes-Kaap het dit aangegryp en ons eie gemaak en met u 'n kontrak aangegaan in ons visie van "'n Tuiste vir Almal". Met ons visie sÊ ons dat ons nie mekaar hoef te vrees nie; dat ons verskille en diversiteit nie verdelend hoef te wees nie, maar dat ons juis daaruit moet put om 'n groter eenheid te vorm waarin ons mekaar kan aanvul met die rykheid van dit waaroor ons elkeen beskik. Terwyl ons aan 'n verenigde Provinsie bou, moet daar ruimte wees vir al ons identiteite om verstaan, gerespekteer en gewaardeer te word. Ons moet almal kan sÊ, dat ongeag ras, klas, geslag, ouderdom, godsdiens, kultuur, taal, etnisiteit, geografiese of seksuele oriËntasie, die Wes-Kaap 'n Tuiste vir Almal is. Die harde werklikheid is dat ons mekaar nodig het en dat nie een van ons op ons eie sal oorleef nie.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,167
Ek wil vir u dankie sÊ dat u as kommersiËle boere lankal reeds ook besig is om u bydrae te maak om ons te help om te bou aan hierdie tuiste vir almal en dat u nie wegskram van hierdie verantwoordelikheid nie. Die volle rol van landbou word egter selde goed verstaan en dit is soms moeilik om die belangrikheid en bydrae van landbou tot die ekonomie en die samelewing by mense tuis te bring.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,168
Omdat voedsel die oorgrootte gedeelte van marginale uitgawes uitmaak onder laer-inkomstegroepe, bied boerdery die fisiese goedere om toenemende werksverskaffing, hoËr loon-inkomste en verbeterde lewenstandaarde te verseker.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,169
Ons is deeglik bewus daarvan dat die verhouding tussen landbouproduksie, werkverskaffing en sosiale harmonie die bestanddele is vir volgehoue ekonomiese groei. Deurlopende landbouontwikkeling is 'n voorvereiste vir hierdie bydraes.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,170
Meneer die voorsitter dit is daarom vir ons uiters noodsaaklik dat die toestande geskep word om dit vir ons boere moontlik te maak om volhoubaar te boer. Vir ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is dit 'n baie hoË prioriteit dat alles moontlik gedoen moet word om boere op hulle plase te hou.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,171
In die tweede plek moet ons sorg dra dat wit boere ten volle hulle verantwoordelikheid sal opneem in die proses van grondhervorming en die vestiging van nuwe toetreders, ten einde te verseker dat hulle van die begin af suksesvol en volhoubaar sal boer.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,172
Vir my is daar twee defnitiewe groeperings, naamlik, gevestigde boere en opkomende boere. Biede u en ons by die Departement van Landbou het n verpligting om om te sien na opkomende boere en die verantwoordelike verdeling van grond om die ongelykhede van die verlede uit te skakel. Binne die Departement sal ons egter so optree dat ons nooit die een ten koste van die andersal dien of afskeep nie.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,173
Opkomende boere moet van die staanspoor af die nodige ondersteuning kry om volhoubaar te boer en daarom moet alle rolspelers, in die proses van bemagtiging van voorheen benadeelde persone, hulle verantwoordelikheid van die staanspoor af opneem.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,174
U het ook'n baie belangrike rol wanneer dit kom by die vestiging van nuwe boere wat soms nie die vermoË het nie, en soms nie die vrymoedigheid het om tot u organisasie toe te tree nie. Ek wil vanaand vir u vra dat u dit 'n staande punt van bespreking sal maak oor hoe u, u rol in die Agri SEB proses sien en hoe om opkomende boere by u organisasie te betrek.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,175
Voorsitter ek is in voortdurende gesprek met georganiseerde landbou en ander rolspelers binne die sektor oor die uitdagings en probleme wat produsente ervaar. So het gister byvoorbeeld met verteenwoordigers van die Sagte Vrugte Bedryf n lang sessie gehad. Behalwe vir hulle eiesoortige probleme het ons ook na die algemene probleme van insetkoste teenoor opbrengs en prys gepraat. Belangrike kwessies soos arbeidskoste, behuising, subsidies invoerheffings, water, eiendomsbelasting, veranderende markvereistes en hoË landbouskuld is van die sake wat ons aangeraak het. In hierdie verband is ek van plan om binne die volgende twee weke n gesprek met Agri Wes-Kaap te voer oor die pad vorentoe, die samestelling van 'n taakspan en 'n moontlike ekonomiese landbouberaad vroeg in die nuwe jaar.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,176
Ten slott, wil ek twee belangrike kwessies aanraak naamlik gedurige berigte oor die dopstelsel wat nog na bewering op sommige plase toegepas word en die ongetoetste bewerings oor onwettige afsettings van plase af.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,177
Ek het by herhaling die versekering gegee dat ons dit nie sal duld nie, maar ek het ook by herhaling gesÊ dat mense nie net kan rondgaan en wilde bewerings maak nie. Ek nooi weereens, soos in die verlede die mense wat hierdie bewerings maak uit om die name te verskaf. Ons ondersoek sulke bewerings behoorlik en het die samewerking van beide die Georganiseerde Landbou en die Departement van Grondsake. Die probleem is egter dat daar geen substansie gevind is in die bewerings wat gemaak word en wat onafhaklik ondersoek word nie , of dat diegene wat die bewerings maak, nie na vore kom met die name van die beweerde aandadiges nie.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,178
Ek wil ook weereens n versoek rig aan produsente sowel as plaaswerkers om verantwoordelik op te tree wanneer dit by behuising en afsettings kom en om hulle te vergewis wat die wet toelaat en nie toelaat nie, na beide kante toe. Dit word ook al hoe duideliker datdie beweging van plaaswerkers na dorpe toe, groter druk op behuisingsprojekye plaas. Ek is van mening dat ons as Regering ook weer opnuut sal moet kyk na die skep van Agri - villages waar beide permanente sowel as seisoenale plaasarbeiders gehuisves kan word.
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,179
Don't understand government jargon or an acronym Use the GLOSSARY?
1,031
GOV-ZA.2005.oct.115791.115791.2010-03-24.af.txt
19,180
| QUESTIONS Just ask us: [email protected]?
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,182
Die voorkoms van borskanker onder Suid-Afrikaanse vroue is aan die toeneem met meer as 3 800 nuwe gevalle elke jaar, sÊ Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,183
In 'n verklaring ter ondersteuning van Nasionale borskankerbewustheidsmaand, sÊ Uys borskanker is een van die mees algemene vorme van kanker onder vroue in Suid-Afrika. "Baie vroue assosieer borskanker nog steeds met 'n doodsvonnis, maar in der waarheid is dit behandelbaar indien dit vroegtydig opgespoor word", sÊ Uys.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,184
Ongeveer 90% van alle pasiËnte oorleef 'n borskankerdiagnose wanneer dit in 'n vroeË stadium opgespoor word. Dit het noodsaaklik geword om die Suid-Afrikaanse publiek in te lig oor die gevare van borskanker, veral oor die noodsaaklikheid van gereelde selfondersoek, gereelde mammogramme en die verskaffing van inligting oor vroeË diagnose en die beskikbare behandelingsopsies.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,185
'n Bewustheidsmaand soos die een wat nou in Oktober in Suid-Afrika gehou word, weerspieËl 'n landswye veldtog deur openbare en private gesondheidsektore om die Gesondheid van die Vrou en Borskanker, in die kollig te plaas.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,186
Risikofaktore vir borskanker sluit onder meer in vroeË maandstonde, eerste swangerskappe by gevorderde ouderdom, 'n hoËvetdieet en sekere genetiese mutasies. Ander risikofaktore sluit ook tot 'n mindere mate hoË alkoholgebruik in asook die gebruik van sekere hormoonvervangings tydens menopouse.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,187
Die risiko van borskanker onder Suid-Afrikaanse vroue tussen 0 en 74 jaar is 1 uit elke 31 vroue.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,188
Uys sÊ gesondheidsdienste die wÊreld oor het reeds ver gevorder in die bekamping van hierdie gevreesde siekte. "Behandeling is egter duur en elke nuwe fasiliteit wat hierdie provinsie kry om kanker te bekamp, word verwelkom. Ons het pas 'n nuwe CT-skandeerder by Groote Schuur Hospitaal aangekoop, en ons het ook 'n ekstra R1 miljoen bewillig vir die behandeling van hoofsaaklik borskanker."
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,189
"Ons doen dit omdat ons weet dat borskanker uiters behandelbaar is met die regte toerusting en fasiliteite. Ons in die Wes-Kaap is bevoorreg dat ons uitstekende kankerbehandelingsgeriewe dwarsdeur die provinsie het, maar die belangrikheid van vroeË opsporing deur gereelde ondersoeke verbeter kanse op oorlewing drasties, " sÊ Uys.
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,190
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,032
GOV-ZA.2005.oct.116206.2010-03-24.af.txt
19,191
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,033
GOV-ZA.2005.oct.116342.116342.2010-03-24.af.txt
19,193
Die ontydige dood van Ricardo Mowries, wie Maandagaand beswyk het nadat hy deur 'n lem van n baalmasjien getref is, word deur die hele Landbou gemeenskap betreur. Namens die Regering van die Wes-Kaap en die Departement van Landbou, vir wie elke werker se lewe kosbaar is, wil ek my meegevoel aan die familie en naasbestaandes betuig. U verlies is ook ons verlies.
1,033
GOV-ZA.2005.oct.116342.116342.2010-03-24.af.txt
19,194
Ek het reeds 'n verslag van die Departement van Arbeid in Worcester aangevra oor die voorval en sal meer omvattend oor die voorval reageer sodra die amptelike besonderhede bekend is.
1,033
GOV-ZA.2005.oct.116342.116342.2010-03-24.af.txt
19,195
Die veiligheid van werkers in die werkplek is vir alle rolspelers binne landbou van groot belang. Hierdie aangeleentheid geniet ook in besonder aandag in die Strategiese Plan wat die Departement opgestel het na afloop van die plaaswerker indabas wat die afgelope jaar plaasgevind het.
1,033
GOV-ZA.2005.oct.116342.116342.2010-03-24.af.txt
19,196
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,033
GOV-ZA.2005.oct.116342.116342.2010-03-24.af.txt
19,197
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,199
Soos altyd is dit vir my aangenaam om hier saam met u te kan wees. Ek sien sommige van u so dikwels in die laaste tyd dat dit voel of ons familie is. Ek moet onmiddelik sê dat dit is hoe ek dit in elkgeval sou wou hê, dat die Landbou gemeenskap 'n groot familie moet word.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,200
Laat my onmiddelik toe om u geluk te wens met hierdie byeenkoms wat vir die eerste keer in die geskiedenis van Landbou plaasvind en nou die hoogtepunt is van die jaarlikse plaaswerker van die jaar kompetisie. Ek glo dat hierdie kompetisie nog gaan ontwikkel tot een van die grootste en strafste kompetisies binne landbou.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,201
Ek dink nie u sal my verkwalik as ek die HTA gelukwens en bedank vir die vergesig wat u gehad het om reeds in 2002 met hierdie kompetisie te begin om erkenning te gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat die plaaswerker tot die volhoubaarheid en groei van die landbou lewer nie.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,202
Baie dankie ook aan Sanlam wat aktief betrokke is en die verskillende streekskompetisies geborg het, en so ook hierdie een.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,203
Die kompetisie het gegroei van die 36 inskrywings vanaf 6 plase in die Hexvallei in 2002 tot 284 inskrywings in vyf streke vanjaar. Laat ek dan nie nalaat om die produsente uit die Hexvallei, Koue Bokkeveld, die Breede Vallei en die Bergrivier Produsente te bedank vir hulle samewerking om hulle werkers aan die kompetisie te laat deelneem nie. Ek wil vir u vra om ons vennote te word in ons sterwe om die kompetisie te laat groei en werkers in elke uithoek van die Provinsie by die Kompetisie te betrek.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,204
Ek wil spesifiek met u as deelnemers aan hierdie kompetisie praat.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,205
Baie van u is bewus dat plaaswerkeraangeleenthede een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap is. Om gestalte te gee hieraan het ons reeds verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosiaal-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,206
Om die nuutgestigte subprogram in staat te stel om effektiewe uitvoering te gee aan die doel waarvoor dit geskep is, het ons geluister na die behoeftes wat deur die betrokkenes uitgespreek is. Ons het besluit dat daar 'n behoorlike proses van strategiese besinning moet wees wat sal uitloop op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne wat deurgevoer moet word.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,207
Hierdie program van ons moet prakties uitvoerbare prosesse bevat wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswekers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,208
Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land. Omdat ons in die Wes-Kaap die regering se visie deel en glo in die kontrak wat ons met die mense gesluit het in die verkiesing, sal ons toesien dat die plaaswerkergemeenskap op elke terrein van u lewe ondersteun word.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,209
Dit is kompetisies soos hierdie, wat meehelp om aan ons plaaswerkers 'n boodskap oor te dra dat u 'n integrale deel is van Landbou en wat ons help om u gelyke toegang tot landbou te verseker en seker te maak dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,210
Ons wil hê dat u deeglik moet begryp dat u as plaaswerker 'n belangrike rol speel in die ekonomie van die Wes-Kaap en so wil ons ook hê dat daar dienooreenkomstig na u gekyk moet word. U moet verstaan dat hoe beter dit met die ekonomie gaan, hoe beter behoort dit met u te gaan.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,211
Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutelareas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,212
As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,213
Elkeen van u wat aan die kompetisie deelgeneem het, speel 'n baie belangrike rol in die aspekte waarna ek nou net verwys het en so speel elkeen van die ongeveer 202 949 werknemers op Wes-Kaapse plase 'n rol in die provinsie se ekonomie.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,214
Dit is nie net die Regering se plig om na u om te sien nie, maar ons het elke produsent en elke besigheid wat 'n voordeel uit Landbou en sy werkers trek, se samewerking nodig om na u en u 1.5 miljoen afhanklikes se totale welstand om te sien.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,215
Ek is besorg oor aspekte soos onder andere behuising en die beskikbaarheid van water en behoorlike sanitêre geriewe. Ek word feitlik weekliks gekonfronteer met bewerings en vingerwysings na Landbou.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,216
In reaksie op die ontydige dood van Ricardo Mowries, wie beswyk het nadat hy deur 'n lem van 'n baalmasjien getref is, het ek gesê elke werker se lewe is kosbaar en dat dit ook ons verlies is. Die veiligheid van werkers in die werkplek is vir alle rolspelers binne landbou van groot belang en dit geniet ook in besonder aandag in die Strategiese Plan wat die Departement opgestel het na afloop van die plaaswerker Indabas wat die afgelope jaar plaasgevind het.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,217
Hierdie voorval het weereens die kollig geplaas op arbeidspraktyke en ek sal dit ook in detail met Georganiseerde Landbou bespreek wanneer ons in die nabye toekoms ontmoet.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,218
Ons moet mekaar help om die skewe beeld van Landbou wat daar by mense bestaan, te verander.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,219
As Minister wat verantwoordelik is vir Landbou is dit vir my noodsaaklik dat 'n kompetisie soos hierdie nie net "windowdressing" moet wees nie. Elke aksie moet daarop ingestel wees om ons mense te bemagtig en toe te rus ten einde te groei in kennis en lewenservaring. Ek was dus bly toe ek Dinsdag by 'n diploma- plegtigheid vir die modulêre kursus in wingerdbou verneem dat daar verskeie vorige wenners en van die huidige finaliste wat vanaand hier is, ook ingeskryf is vir die nuwe kursus.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,220
Ten slotte wil ek u gelukwens met die prestasie dat u vanaand hier is as finaliste. Sterkte met die senuwees wat knaag voor die wenners aangekondig word. Hoewel daar in elke kategorie net een wenner kan wees, wil ek u verseker dat u elkeen in u eie reg 'n wenner is. U moet hiervandaan elke dag soos 'n wenner leef en werk en in u optrede teenoor u mede werkers en werkgewers die beeld uitstraal van mense wie se begeerte is om Landbou in die Wes-Kaap die uiteindelike wenner te maak. Hiermee gaan u ook ons hand as Regering sterk maak om 'n werklike tuiste vir almal in die Wes-Kaap te bou.
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,221
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,034
GOV-ZA.2005.oct.116814.116814.2010-03-24.af.txt
19,222
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,224
In die Wes-Kaap is daar ernstige gesondheidsverwante probleme soos byvoorbeeld alkohol-en dwelmmisbruik. Probleme wat nou verwant is aan grootskaalse armoede, lae geletterheid, status van die vrou, geweld en portuurgroepdruk. Die effek hiervan het 'n geweldige impak op die provinsie se gesondheidsdienste en kan gesien word in nie net die voorkoms van sekere siektes en trauma nie, maar het ook 'n effek op ons kinders en ongebore kinders.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,225
Die Wes-Kaap Provinsie het tans die hoogste gerapporteerde voorkomssyfer van FAS in die wêreld! 7 uit elke 100 kinders in sommige van ons gemeenskappe het FAS!
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,226
Fetale Alkoholsindroom (FAS) is die versamelnaam wat gegee word aan 'n groep aangebore afwykings wat voorkom by 'n kind van 'n moeder wat tydens haar swangerskap alkohol gebruik het. Hierdie kinders is kleiner as normal by geboorte en het ook 'n baie laer intelligensie as wat hul normaalweg sou hê. Hulle mag ook verskeie ander liggaamlike en gesondheidsprobleme hê. Hierdie permanente skade kon verhoed geword het as die moeder nie tydens swangerskap alkohol gebruik het nie!
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,227
Vroue se metabolisme hanteer alkohol verskillend en dus word daar aanbeveel om eerder géén alkoholiese drank tydens swangerskap te gebruik nie. Die Minister van Gesondheid in die Wes-Kaap, Mnr Pierre Uys, sê: "Moet nie eers dink aan drink waneer swangerskap beplan word of tydens swangerskap nie. Ons kan nie bekostig om ons kinders te kniehalter nog voordat hulle die eerste lewenslig gesien het nie."
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,228
Hy sê alle vorms van alkohol kan permanente defekte by babas veroorsaak. "Alkohol gaan in die moeder se bloedstroom na die ongebore baba en beskadig so die baba se organe en veral die brein." Hy doen 'n beroep op ouers, familie en vriende, en op alle gemeenskappe om swanger vroue bewus te maak van die probleem en hulle aan te moedig om nie alkohol tydens swangerskap te gebruik nie.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,229
Sommige van die FAS-kinders wat gebore word het 'n kenmerkende liggaamsbou en gelaatstrekke en dit is dus maklik vir gesondheidspersoneel om hulle te identifiseer en te diagnoseer. Daar is FAS-kinders wat nie hierdie uiterlike tekens toon nie, maar omdat hul breine wel aangetas is, het hulle verskeie FAS-verwante probleme soos leergestremdhede en gedragsprobleme.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,230
September staan bekend as Internasionale FAS-dag, want 9 minute oor 9 op die 9de van die 9de maand huldig ons 'n minuut stilte om te dink aan moeders wat vir 9 maande swanger is met 'n kosbare baba.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,231
Min Uys sê: My department besef die omvang van die uitdaging terdeë en die Sub-direktoraat vir die gesondheid van moeders, kinders en vroue is doelgerig besig om gesondheidswerkers bewus te maak van die probleem en hul te betrek by voorkomingsaksies. Die jongste hiervan is 'n Nasionale FAS Kongres wat op 6 en 7 Oktober 2005 by die Sportinstituut in Kaapstad gehou gaan word. Tydens hierdie kongres gaan plaaslike en internasionale navorsers hul jongste navorsingsbevindinge bespreek en gesondheidswerkers gaan die voorkomingsprogramme wat reeds ontwikkel is, voordra.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,232
Ook wynboere en die wynindustrie het reeds hul ondersteuning aan hierdie kongres toegesê. Departmente soos Onderwys, Maatskaplike Dienste, Landbou en Ekonomiese Ontwikkeling wat 'n gedeelde verantwoordelikheid in die voorkoming en hantering van FAS het, gaan ook aan die kongres deelneem.
1,035
GOV-ZA.2005.sep.112714.112714.2010-03-24.af.txt
19,233
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,036
GOV-ZA.2005.sep.114602.114602.2010-03-24.af.txt
19,235
Laat my toe om reg aan die begin die organiseerders van hierdie kompetisie te bedank dat u ook op hierdie wyse erkenning gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat die plaaswerker tot die volhoubaarheid en groei van die landbou lewer.
1,036
GOV-ZA.2005.sep.114602.114602.2010-03-24.af.txt
19,236
Baie dankie ook aan Sanlam wat aktief betrokke is by die kompetisie en ons vennote geword het in die aanbied van die kompetisie en dan ook weer die aand borg. Hierdie is die vierde en laaste streeks- kompetisie voor die provinsiale kompetisie wat op 27 Oktober sal plaasvind. En waartydens die Premier ook teenwoordig sal wees.