document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,911
Katherine de Tolly en Dr Harold Wesso - Sentrum vir e-innovering; Seated: Dr Gilbert Lawrence - Direkteur-Generaal, Philipp Schmidt en Edwin Blake - bridges.org e-Geletterdheid werk aan die kombinasie van rekenaargeletterdheid en inligtingsgeletterdheid. "Dit beteken dat ons nie net mense leer hoe om rekenaars te gebruik nie; ons wys hulle ook hoe om IKT's te gebruik om toegang te kry tot inligting en kennis en hoe om dit op te wek en te beoordeel", sê Katherine de Tolly, die aanvoerder van die projek. "e-Geletterdheid is belangrik omdat ons in 'n era leef waarin mense al hoe meer dié vaardighede moet hê om deel van die ekonomie te wees."
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,912
As e-geletterdheid nie aandag kry nie, word die digitale kloof al hoe wyer: diegene met toegang en vernuf trek voordeel uit tegnologie en toegang tot inligting, terwyl diegene daarsonder al hoe meer opsygeskuif word (dit wil sê uitgesluit word uit werksgeleenthede, en van deelname aan regeringsprosesse en die openbare gesprek oor die kwessies wat hulle lewens raak).
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,913
Die Wes-Kaap kan dit nie bekostig om die verantwoordelikheid te ignoreer om inwoners e-geletterdheidsvernuf te gee nie; die gevaar bestaan om verder in die globale inligtinggemeenskap agter te raak as dit nie gedoen word nie.
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,914
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheidsprojek sal toegespits wees op die ontwikkeling van opleidingsmateriaal en die gee van onderrig by verskeie plattelandse Internettoegangspunte in die Wes-Kaap. Gegrond op lesse wat in die aanvanklike opleidingsessies geleer word, sal 'n strategie vir e-geletterdheid met 'n breë grondslag oor die hele provinsie ontwikkel word.
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,915
Die opleidingsmateriaal sal as oop inhoud gepubliseer word, wat beteken dat enigeen dit kan gebruik en aanpas, of dit nou nie-regeringsorganisasies, ander regerings, ondernemings of indiwidue is.
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,916
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,918
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheid-loodsprojek is op 17 Maart 2005 afgeskop met die ondertekening van 'n ooreenkoms tussen die provinsiale regering en bridges.org, 'n nie-regeringsorganisasie wat die doeltreffende gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in ontwikkelende lande bevorder om 'n verskil in mense se lewens te maak.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,919
"Met die iKapa Elihlumayo-strategie wys die provinsiale regering hoe ernstig hy is oor die uitbou van menslike en sosiale kapitaal, met die klem op die voorbereiding van die jeug vir indiensneming. Met diÉ e-geletterdheidprojek maak ons op 'n baie praktiese manier 'n werklikheid van diÉ erns", is die kommentaar van Dr Harold Wesso, die hoof van die Sentrum vir e-Vernuwing, die provinsiale regering se eenheid wat die projek beheer.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,920
Katherine de Tolly en Dr Harold Wesso - Sentrum vir e-innovering; Seated: Dr Gilbert Lawrence - Direkteur-Generaal, Philipp Schmidt en Edwin Blake - bridges.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,921
e-Geletterdheid werk aan die kombinasie van rekenaargeletterdheid en inligtingsgeletterdheid. "Dit beteken dat ons nie net mense leer hoe om rekenaars te gebruik nie; ons wys hulle ook hoe om IKT's te gebruik om toegang te kry tot inligting en kennis en hoe om dit op te wek en te beoordeel", sÊ Katherine de Tolly, die aanvoerder van die projek. "e-Geletterdheid is belangrik omdat ons in 'n era leef waarin mense al hoe meer diÉ vaardighede moet hÊ om deel van die ekonomie te wees."
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,922
As e-geletterdheid nie aandag kry nie, word die digitale kloof al hoe wyer: diegene met toegang en vernuf trek voordeel uit tegnologie en toegang tot inligting, terwyl diegene daarsonder al hoe meer opsygeskuif word (dit wil sÊ uitgesluit word uit werksgeleenthede, en van deelname aan regeringsprosesse en die openbare gesprek oor die kwessies wat hulle lewens raak).
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,923
Die Wes-Kaap kan dit nie bekostig om die verantwoordelikheid te ignoreer om inwoners e-geletterdheidsvernuf te gee nie; die gevaar bestaan om verder in die globale inligtinggemeenskap agter te raak as dit nie gedoen word nie.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,924
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheidsprojek sal toegespits wees op die ontwikkeling van opleidingsmateriaal en die gee van onderrig by verskeie plattelandse Internettoegangspunte in die Wes-Kaap. Gegrond op lesse wat in die aanvanklike opleidingsessies geleer word, sal 'n strategie vir e-geletterdheid met 'n breË grondslag oor die hele provinsie ontwikkel word.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,925
Die opleidingsmateriaal sal as oop inhoud gepubliseer word, wat beteken dat enigeen dit kan gebruik en aanpas, of dit nou nie-regeringsorganisasies, ander regerings, ondernemings of indiwidue is.
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,926
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,011
GOV-ZA.2005.mar.101610.2010-03-24.af.txt
18,927
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,929
Baie dankie vir die geleentheid om die aand met u te deel. Dit is altyd lekker om ons kinders te sien toneel speel en die gehoor te vermaak.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,930
Die eerste keer toe ek die skool besoek het, het die leiers van die Leerling Raad my meegedeel hul tema vir vanjaar is, "shifting horizons". Ek het vir hulle gevra: "Wat bedoel julle daarmee"?
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,931
Ek kan nie hul presiese antwoord onthou nie, maar ek weet dit was iets tot die effek dat hulle buitekant hul gemak-sone wil uitbrei. Dit het my baie beindruk. So, vir die ouers wil ek sê, julle het baie om op te trots te wees, jul kinders is wonderlik.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,932
Die feit dat u kinders ingestem het om te help met die transformasie van ons onderwys stelsel, is 'n wonderlike gebaar. Die skool se hoof, leerling leierskap en skoolbeheerraad het ingestem om 'n ekstra sowat 60 leerders van minder bevoorregte gemeenskappe te huisves weens akkommodasie probleme wat ons elders ondervind.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,933
Ek weet die ouers van die kinders wie aanvanklik om plekke aansoek gedoen he, het aangedui dat hul kinders reeds tuis is by die skole waar hulle is, so ek is dankbaar daarvoor dat die probleem opgelos is. Die feit dat almal van julle egter bereid was om die toegewing te maak, is 'n duidelike bewys dat julle bereid is om jul tema in die praktyk uit te leef.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,934
Ons as 'n Regering se sentrale filosofie in ons werk, is Transformasie. Baie mense het 'n wanopvatting van wat die filosofie "Transformasie" beteken. Eintlik is dit niks anders nie as om ons horisonne te verskuif - "Shifting Horizons".
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,935
Toe die nuwe Wes-Kaapse Regering verlede jaar ingesweer was, het die Premier ons visie vir die provinsie baie duidelik uitgespel, en dit is om die Provinsie te Bou as 'n Tuiste vir Almal.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,936
Die manier hoe ons by die visie wil arriveer, is met ons Ekonomiese Ontwikkelingsplan wat ons noem Ikapa Elihlumayo - om die Kaap te Groei en te Deel. En hierdie skool het 'n geweldige belangrike bydrae om te maak om die Kaap te Groei as 'n Tuiste vir Almal.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,937
U weet, een van die grootste kwessies op die oomblik wat baie mense bespreek, is moedertaal onderrig. Daar is 'n persepsie dat die Regering 'n oorlog teen Afrikaans verklaar het.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,938
Daar skyn 'n persepsie te wees dat ouers se soeke na onderrig vir hul kinders 'n bedreiging vir Afrikaans en die kultuur wat daarmee gepaard gaan, is. Daar is ook 'n persepsie by sommige skoolgemeenskappe dat sekere skole, wat eintlik staatbeheerde openbare skole is, net vir sekere kinders bedoel is.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,939
Die Kaapse Hooggeregshof het onlangs in die guns van die Laerskool Mikro se Skoolbeheerraad beslis, toe dié skool 'n opdrag van die Wes-Kaapse Onderwys Departement teengestaan het om 'n klas met engelse kinders te akkommodeer. Ek is seker die beslissing het ál daardie persepsies versterk.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,940
Laat ek vanaand vir een en elke ouer die versekering gee dat dit nie die geval is nie. Die beslissing van die hof, na my mening, bevorder geensins die saak van Afrikaans nie. Ons as Regering het 'n plig om in alle kinders se belange te voorsien.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,941
Indien 'n aantal Afrikaans sprekende ouers my more sou nader om in hul behoeftes te voorsien in 'n oorwegend engelse woonbuurt, sal ek verplig wees om hul naaste skool te vra om dit te doen.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,942
Daarom verskil ons met die uitspraak van die hof, en gaan ons ons tot die Appelhof wend. Dit is van nasionale belang en in die belang van miljoene ander kinders dat hierdie kwessie opgeklaar word, want dit het 'n geweldige impak op die Regering se grondwetlike plig om toegang tot onderwys vir al ons kinders te verseker.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,943
Ons beskou die Kaapse Hooggeregshof se uitspraak dus as 'n tydelike terugslag in ons strewe om 'n leer tuiste vir alle kinders te skep.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,944
Die antieke Grieke het nege Muses gehad, elkeen met 'n spesifieke spesialiteit. Elke area van kuns, wetenskap en algemene studie is deur hulle geinspireer en beskerm.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,945
Dit word vertel dat Euterpe, een van die nege wat verantwoordelik was vir musiek, die gunsteling Muse onder baie Grieke was. Dit is ook van haar wat ons woorde soos "eufories" kry, omdat dit die gevoel is wat haar spesifieke kunsvorm laat opwel het.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,946
Selfs die woord "musiek" het direk sy ontstaan uit die Muses, aangesien musiek, soos die ander Muses, die bron van groot inspirasie, krag en emosies is.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,947
Daar bestaan rotstekeninge in Frankryk wat terug dateer na 13,500 Voor Christus waar primitiewe musiekinstrumente gebruik word om die vyand mee te bedwelm en tot 'n val te bring.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,948
Uit hirogliewe in Egipte, weet ons dat die Egiptenare reeds 6,000 Voor Christus, agtergrondmusiek in hulle tempels gehad het om die Faros van te vermaak en die Gode te vereer. Daar word ook herhaalde kere in die Ou Testament verwys na die kalmerende invloed van musiek op Koning Salomo.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,949
Wanneer dit by die skep van musiek kom, is die wêreld al vir baie jare uitgesproke en erg verdeeld. Musiekstyle raak meer en meer gevariëerd en die uitvoering daarvan nog meer so.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,950
Daar word gesê dat die voordeel van luister na Bob Dylan op jou Walkman, is dat jy nie kan hoor as die batterye pap word nie, want dit klink dieselfde! En dat as Yoko Ono se invloed op popmusiek 'n boksgeveg was, hulle dit reeds in die eerste rondte sou stop!
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,951
Die werklik wonderlike ding van musiek, is hoe dit ons lewens binnegedring het en nou 'n totaal onmisbare deel daarvan geword het. Probeer een dag lank geen musiek luister nie. Dis onmoontlik, want dis oral om jou, sonder dat jy dit agterkom.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,952
Musiek vorm en beïnvloed ons lewens drasties en doen dit daagliks. Dit spreek tot ons liggaam en siel. In die boek "The Mozart Effect" word wetenskaplike bewys gelewer hoe musiek ons brein kan stimuleer en help om beter te konsentreer en leer.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,953
Dit kan ook help om die liggaam te help genees en siektes te voorkom. Dit mag wel soos goeëlary klink, maar die wat hulle met musiek ophou, is werklik besig met die dinge van die gode.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,954
En as jy dink die storie raak nou te esoteries en die bewerings te vergesog, dink gerus maar aan die sukses van die wonderlike skool wat julle hier het, met al sy prestasies deur die jare. Dit is 'n sprekende bewys van wat musiek in die praktyk, onder jong, talentvolle mense kan doen.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,955
Nie net het DFM vir jare lank elke jaar al wat koortrofee is, ingepalm nie, maar het ook verskeie wereldklas konsertpianiste, dirigente en musiekregiseurs opgelewer. Dit is nie moontlik om die naam DFM in musiek, teater of vermaaklikheidskringe in Suid Afrika te noem, sonder om 'n oud Dee Effer raak te loop nie.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,956
Boonop het DF twee lede van die Springbok Nude Girls, een van Suid Afrika se mees suksesvolle rockgroepe tot op hede, opgelewer. Baie meer onlangs, het DF ook gesorg vir Fokoffpolisiekar, wat die koerante, TV stasies en radios aan die praat het. Hulle kry alreeds gereelde lugtyd op landswye radiostasies soos 5 FM, en het so onlangs soos verlede week 'n gesogte toekenning gekry.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,957
n Mens sou vir ure kon aangaan en uitbrei oor musiek en hoe intens DF daarin betrokke was en steeds is, maar al wat mens sou doen is om nog voorbeelde op te noem en voor-die-hand-liggende feite te herhaal. DF is 'n puik skool met ongelooflike potensiaal wat op gereelde basis ontgin word. Op die Kaapse Vlakte sê ons: DF is duidelik!
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,958
Mag julle so voortgaan en steeds hoër hoogtes bereik. Wees verseker, dat geen D Effer onaangeraak en onopgevoed - musikaal gesproke - dié skool verlaat nie. Of jy nou polisie karre rondjaag, en of jy Rachmanioff bestreel of bestraf - musiek sal deel van jou lewe wees en bly.
1,012
GOV-ZA.2005.mar.101722.101722.2010-03-24.af.txt
18,959
Koester dit en waardeer geleenthede soos vanaand.
1,013
GOV-ZA.2005.mar.102068.102068.2010-03-24.af.txt
18,961
Die "beste", "skoonste" en "gesondste" trein wat nog die Wes-Kaap besoek het, stop vir vier dae op Malmesbury om tandheelkundige-, gesondheids-, sielkundige- en oogdienste asook medisyne te lewer aan die eerste van duisende mense tydens 'n toer van die provinsie gedurende die volgende drie maande.
1,013
GOV-ZA.2005.mar.102068.102068.2010-03-24.af.txt
18,962
Die Phelophepa-gesondheidstrein, 'n samestelling van die Sotho- en Tswana-idiome wat beteken "goeie, skoon en gesondheid" bied gesondheidsdienste op Malmesbury vanaf 22 Maart. Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, sal die trein vanaf 8 uur tot 10 uur op Dinsdagoggend besoek. "Ek glo die Phelophepa Gesondheidstrein is 'n uitstekende konsep van die Transnet Stigting en 'n voortreflike gemeenskapsuitreikprogram. Dit is in 1994 ingestel en het reeds sowat 800 000 pasiënte, van wie 700 000 kinders, behandel - 'n gemiddeld van 75 000 per jaar."
1,013
GOV-ZA.2005.mar.102068.102068.2010-03-24.af.txt
18,963
Uys sê organisasies soos die Colgate Palmolive Stigting en Roche Produkte, wat die trein se Tandheelkundige- en Gesondheidsklinieke borg, is nog 'n uitstekende voorbeeld van vennootskappe tussen die regering en private ondernemings. Die trein beskik reeds oor 16 waens waarvan vyf as klinieke ingerig is om tandheelkundige-, gesondheids- oog en sielkundige dienste te lewer asook 'n apteek vir die reseptering van medisyne. Die diens is nou ook uitgebrei om moeder- en babasorg in te sluit terwyl bloed-, diabetiese- en kankertoetse ook gedoen word. Die tandheelkundige diens bestaan uit ses stoele vir die skoonmaak en trek van tande. Drie van die stoele is ook toegerus met spesiale toerusting vir die herstel van tande terwyl 'n spesiale X-straal-eenheid mondplate neem.
1,013
GOV-ZA.2005.mar.102068.102068.2010-03-24.af.txt
18,964
Die gesondheidskliniek konsentreer op gesondheidsvoorligting asook die behandeling van minder ernstige ontstekings en siektes. Die kliniek is onlangs uitgebrei om diabetiese- en kankertoetse te doen. Aandag word ook aan voorligting geskenk. Spesiale onderrig met betrekking tot babasorg en eetgewoontes is ook op die program. Die sielkundige- en beradingsklinieke onderneem werkswinkels in gemeenskappe self en by skole. Bemarkingsagente het reeds alle haltes ses weke voor die trein se aankoms besoek om gemeenskappe oor die komende dienste in te lig asook oor aankomsdatums. Die trein sal vanaf 4 tot 8 April op Piketberg wees; vanaf 12 tot 15 April op Elgin; 18 tot 22 April op Worcester; 25 tot 29 April op Robertson, 2 tot 6 Mei op Ashton; 9 tot 13 Mei op Swellendam en vanaf 16 tot 20 Mei op Oudtshoorn.
1,013
GOV-ZA.2005.mar.102068.102068.2010-03-24.af.txt
18,965
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,967
Die "beste", "skoonste" en "gesondste" trein wat nog die Wes-Kaap besoek het, stop vir vier dae op Malmesbury om tandheelkundige-, gesondheids-, sielkundige- en oogdienste asook medisyne te lewer aan die eerste van duisende mense tydens 'n toer van die provinsie gedurende die volgende drie maande.
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,968
Die Phelophepa-gesondheidstrein, 'n samestelling van die Sotho- en Tswana-idiome wat beteken "goeie, skoon en gesondheid" bied gesondheidsdienste op Malmesbury vanaf 22 Maart. Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, sal die trein vanaf 8 uur tot 10 uur op Dinsdagoggend besoek. "Ek glo die Phelophepa Gesondheidstrein is 'n uitstekende konsep van die Transnet Stigting en 'n voortreflike gemeenskapsuitreikprogram. Dit is in 1994 ingestel en het reeds sowat 800 000 pasiënte, van wie 700 000 kinders, behandel - 'n gemiddeld van 75 000 per jaar."
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,969
Uys sê organisasies soos die Colgate Palmolive Stigting en Roche Produkte, wat die trein se Tandheelkundige- en Gesondheidsklinieke borg, is nog 'n uitstekende voorbeeld van vennootskappe tussen die regering en private ondernemings. Die trein beskik reeds oor 16 waens waarvan vyf as klinieke ingerig is om tandheelkundige-, gesondheids- oog en sielkundige dienste te lewer asook 'n apteek vir die reseptering van medisyne. Die diens is nou ook uitgebrei om moeder- en babasorg in te sluit terwyl bloed-, diabetiese- en kankertoetse ook gedoen word. Die tandheelkundige diens bestaan uit ses stoele vir die skoonmaak en trek van tande. Drie van die stoele is ook toegerus met spesiale toerusting vir die herstel van tande terwyl 'n spesiale X-straal-eenheid mondplate neem.
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,970
Die gesondheidskliniek konsentreer op gesondheidsvoorligting asook die behandeling van minder ernstige ontstekings en siektes. Die kliniek is onlangs uitgebrei om diabetiese- en kankertoetse te doen. Aandag word ook aan voorligting geskenk. Spesiale onderrig met betrekking tot babasorg en eetgewoontes is ook op die program. Die sielkundige- en beradingsklinieke onderneem werkswinkels in gemeenskappe self en by skole. Bemarkingsagente het reeds alle haltes ses weke voor die trein se aankoms besoek om gemeenskappe oor die komende dienste in te lig asook oor aankomsdatums. Die trein sal vanaf 4 tot 8 April op Piketberg wees; vanaf 12 tot 15 April op Elgin; 18 tot 22 April op Worcester; 25 tot 29 April op Robertson, 2 tot 6 Mei op Ashton; 9 tot 13 Mei op Swellendam en vanaf 16 tot 20 Mei op Oudtshoorn.
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,971
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,014
GOV-ZA.2005.mar.102068.2010-03-24.af.txt
18,972
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,974
Ons moet verstaan dat daar nie in Landbou plek kan wees vir 'n "ons" en "hulle" benadering nie. Almal binne Landbou moet ewe tuis hoort en weet dat wat die rol is wat hy of sy moet speel om van Landbou 'n sukses te maak," sê Mnr Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Landbou. "Net soos in elke ander aspek van die lewe, wil ons dus die rol en bydrae van vroue in Landbou erken en waardeer. Die jaarlikse Vroueboer van die Jaar kompetisie is een van die maniere waarop ons juis dit doen."
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,975
Meer as 100 vroue en vrouegroepe vanoor die hele Wes-Kaap het oor die afgelope 6 jaar aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die doel van die kompetisie is om vroue in landbou te bemagtig en hul sigbaarheid te verhoog. Dit dien terselfdertyd as instrument waardeur vroue se onontbeerlike bydrae tot die oorlog teen armoede erken kan word.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,976
Die kompetisie vind eers op provinsiale vlak plaas, waarna provinsiale wenners op nasionale vlak meeding.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,977
Belangstellendes kan in vier kategorieë inskryf of genomineer word, nl. top uitvoerder, top produsent vir nasionale markte, top produsent vir informele markte en top produsent vir huishoudelike gebruik.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,978
Om vir die eerste kategorie in aanmerking te kom, moet ten minste 30% van die totale produksie vir uitvoermarkte geoormerk wees.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,979
Die kriterium vir die tweede kategorie bepaal dat meer as 30% van produkte vir nasionale markte beskibaar gestel moet word.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,980
Kategorie drie is vir diegene wat aan informele markte verskaf en sodoende vir haar familie sorg. Die laaste kategorie is vir kandidate wat grootliks vir eie gebruik produseer, bv. groentetuine.
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,981
Behalwe vir goeie publisiteit en blootstelling vir die deelnemers, dien hulle as aansporing vir ander wat reeds in die landboubedryf betrokke is of dit as loopbaanopsie oorweeg. Groot pryse kan ook gewen word soos geborg deur ABSA, Total SA, Land Bank en Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).
1,015
GOV-ZA.2005.may.104157.104157.2010-03-24.af.txt
18,982
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,984
Soos altyd is dit vir my wonderlik om hier saam met u te kan wees. Die enigste probleem is dat ek vyf uur vanmiddag by die premier moet wees, so ek sal ongelukkig nie van u volle gasvryheid gebruik kan maak nie.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,985
Laat my onmiddelik toe om u geluk te wens met hierdie byeenkoms wat die hoogtepunt is van u jaarlikse plaaswerker van die jaar kompetisie en ook 'n datum op die Landboukalender wat 'n mens nie sommer moet mis nie.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,986
Baie dankie aan die HTA vir die vergesig wat u gehad het om reeds in 2002 met hierdie kompetisie te begin om erkenning te gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat die plaaswerker tot die volhoubaarheid en groei van die landbou lewer.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,987
Baie dankie ook aan Sanlam wat aktief betrokke is. Ek verstaan dat dit die vyfde kompetisie is wat Sanlam borg teen die baie mooi bedrag van R30 000 per kompetisie.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,988
Die Departement Landbou in die Wes-Kaap is so oortuig van die positiewe impak wat die kompetisie het, dat ons ook hierdie jaar R20 000 bydra tot die kompetisie.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,989
Dit is verblydend om te sien dat die kompetisie gegroei het van die 36 inskrywings vanaf 6 plase in 2002 tot 97 inskrywings van van 42 plase vanjaar. As ons in ag neem dat daar reeds ander streke is wat vantevore hier deelgeneem het en nou hulle eie kompetisies hou, het die kompetisie gekom om te groei tot iets veel groter as die gedagte wat u hier plaaslik gehad het.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,990
Ek was gisteraand by 'n vergadering van die Kwaggaskloof landbouvereniging by Brandvlei kelder, en die kommentaar oor die ontwikkeling van hulle eie soortgelyke kompetisie was duidelik: "Laat julle werkers aan die kompetisie deelneem, want dit het so 'n geweldige positiewe invloed op die deelnemers, dat hulle outomaties optree as motiveerders van hulle mede plaaswerkers. Moenie bang wees dat jy jou goeie werkers gaan verloor nie, dink eerder aan die goei invloed wat hulle kan uitoefen". Die eerste kompetisie in die Breëriviervallei het 27 inskrywings van 15 plase af gehad. Die wonderlike was, dat daar 5 vroue deelnemers in die kompetisie was.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,991
Voorsitter die afgelope tyd was daar groot reaksie in die media oor 'n uitlating wat ek gemaak het oor beweerde afsettings van plaaswerkers van plase af. Ek wil dit nie nou weer oopkrap nie. Wat van belang is, is dat ek en Georganiseerde Landbou met mekaar ontmoet het en dat daar besluit is dat ons saam daaraan sal werk om na die toename in klagtes te kyk en 'n strategie sal uitwerk om beide boere en plaaswerkers van hulle regte bewus te maak. Ons het saamgestem dat ons nie kan toelaat dat 'n paar vrot appels aan Landbou 'n slegte naam gee nie. U weet wat my standpunt is, naamlik dat boere nie sonder plaaswerkers kan klaarkom nie, maar dat die plaaswerker net soveel die boer nodig het.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,992
Dit het tyd geword dat, veral die onverantwoordelikes in die media moet besef dat hulle vir hulle 'n ander sektor moet gaan soek om sensasie te wek. Vir ons in Landbou is die vehouding tussen werkgewer en werknemer van kardinale belang en ons sal jaloers daaroor waak.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,993
Voorsitter daar kan met reg gevra word hoe belangrik is die plaaswerker vir die Regering van die Wes-Kaap en, meer spesifiek dan, vir die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Om vir u aan te dui, haal ek graag vir u aan uit die my toespraak tydens die Landbou begrotingsdebat.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,994
Soos u bewus is, staan Landbou ook nou "pa" vir die omstandighede van die plaaswerkers van hierdie Provinsie. Verskeie provinsiale en streeksindaba's is gehou om 'n stem aan die plaaswerkers te gee en vanjaar se begroting van sowat R7 miljoen sal aangewend word om hul bekommernisse deur middel van projekte aan te spreek. Op hierdie manier verseker ons ook dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir die meer as 220 000 plaaswerkers en hul families is. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ander rolspelers soos Gesondheid, Onderwys en Maatskaplike Dienste uit te daag om na die tafel te kom met inisiatief en vasberadenheid om hierdie groep, wat vir so lank aan die agterste speen gesuig het, op te lig en volwaardig deel te maak van die Wes-Kaap tuiste".
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,995
Voorsitter dit is by baie van u bekend dat die belangrikheid van die welstand van die paaswerker en sy gesin vir my, my genoop het om te vra dat ons as 'n vertrekpunt 'n plaaswerker indaba sal hou en daarna nog 5 streeks konferensies, waartydens ons met plaaswerkers en alle ander rolspelers 'n oop en eerlike gesprek sou voer. Dit het plaasgevind en daarna is daar 'n verslag opgestel wat onlangs voor die kabinet gedien het.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,996
Ons sê onder andere in die verslag dat die plaaswerkergemeenskap, 'n spesifieke sektor van die landelike gemeenskap, deur die jare heen gemanipuleer, benadeel en teen gediskrimineer is. Die negatiewe gevolg is dat die plaaswerkergemeenskap nie net fisies (materieel) verkneg is nie, maar ook psigies (geestelik). Hierdie realiteit is ook bevestig deur die navorsingsbevindinge, soos uitgebring in 'n verslag deur die Departement van Arbeid in samewerking met die onderskeie Landbou-unies, Agri SA, die Universiteit van Stellenbosch en die Centre for Rural Studies in Stellenbosch.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,997
Met plaaswerkeraangeleenthede as een van die hoofprioriteite, het die Department Landbou: Wes-Kaap nou verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosiaal-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,998
Ten einde die nuutgestigte subprogram in staat te stel om effektiewe uitvoering aan sy koördineringsfunksie te gee, is die behoefte deur die betrokkenes uitgespreek dat 'n proses van strategiese besinning, wat sal uitloop op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne, prioriteit sal geniet. Hiermee sal die effektiewe uitrol van die planne verseker word.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
18,999
Ons wil hê dat die proses waarin ons die kwaliteit van lewe van plaasweker wil verbeter een sal wees van MET MENSE, VIR MENSE. Met ander woorde, diegene vir wie daar beplan word, dit is u, is vanaf die begin en sal tot die einde deel van die beplanningsproses wees. Op hierdie manier wil ons sorg dat almal mede-eienaarskap van die Plan neem, wat weer die suksesvolle uitvoer daarvan sal verseker.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
19,000
In lyn met die gees en doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe, en spesifiek dié van die Wes-Kaapse premier, premier Ebrahim Rasool, word met hierdie proses beoog om die plaaswerkergemeenskap te ondersteun om beheer oor julle eie lewens en toekoms te neem sodat julle as demokratiese agente die Wes-Kaap kan help omskep in 'n tuiste ook vir die plaaswerkergemeenskap. Die proses en plan moet gedryf word deur die basis waarop Ikapa Elihlumayo gebou is, naamlik waardigheid, billikheid, en welvaart.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
19,001
Dit is kompetisies soos hierdie, wat meehelp om aan ons mense 'n boodskap oor te dra dat hulle 'n integrale deel is van Landbou en dat die bydrae wat die plaaswerker lewer nie ongesiens verbygaan nie.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
19,002
Baie dankie nogmaals en baie geluk aan die wenners. Mag dit die begin wees van nog groter dinge vir julle binne die tuiste vir almal.
1,016
GOV-ZA.2005.may.104978.104978.2010-03-24.af.txt
19,003
Ek handig met trots hierdie tjek aan julle oor.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,005
Baie dankie vir die uitnodiging om vanaand saam met u te mag verkeer. Dit is gewis vir my lekker om met die Landbousektor in al sy fasette, en met soveel as moontlik van die rolspelers binne landbou in aanraking te kom. U weet dat enige minister van landbou maar sy akkers moet ken om sy brood te verdien en hy moet maar sorg dat hy plat op die aarde bly, of soos hulle sÊ, 'n man moet maar in touch bly, anders mag hy dalk net te vernaam wees soos in die grappie oor die rol van 'n voorsitter.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,006
Die rol van 'n voorsitter van 'n maatskappy is soms maar 'n lastige een, veral in die oË van die bestuurder.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,007
Soos Koos gevind het toe hy 'n troeteldierwinkel besoek het. Daar sit drie papegaaie op 'n ry. Aan die eerste een se poot hang daar 'n prys van R5 000. "Hoekom is hy so duur" wil Koos weet. "Hy kan drie tale vlot praat: Afrikaans, Engels en Xhosa. Dit is 'n voËl vir die Nuwe Suid-Afrika.?
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,008
"En hierdie middelste papegaai Hy kos R10 000. Wat kan hy doen" "Hy kan Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe praat. Boonop kan hy skryf ook. Dit is 'n wonderlike papegaai.?
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,009
"As hy R10 000 kos, moet die derde papegaai seker enig in sy soort in die wÊreld wees. Ek sien hy kos R30 000. Wat kan hy doen" "Ek weet nie eintlik nie," sÊ die eienaar. "Maar die ander twee noem hom 'Meneer die voorsitter'. Nou wil ek vir u sÊ ek probeer om my nie as 'n meneer uit te gee nie, want dan sal ek nie Landbou in die Wes-Kaap kan dien as ek n meneer probeer wees nie.?
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,010
Manie, in Landbouweekblad, sÊ ek maak die boere die bliksem in. Ongelukkig ken Manie nie die waarheid nie, of hou nie nie van die waarheid nie, of hy hou baie van sensasie, en tweedens steur ek my nie aan gesiglose skrywers wat die waarheid verdraai nie. Hulle sÊ gewoonlik politici moeti nie met mense bakle wat ink in vate en papier in tonne koop nie, maar ek wil vanaand weereens aan Manie sÊ, hy is welkom om my te kom besoek en hom eerstehands te vergewis van my standpunt oor die onontbeerlike rol wat boere in landbou speel en die bydrae wat kommersiËle boere in die Wes-Kaap maak tot die transformasie van die Landbousektor. Dit wil nie sÊ dat ek sal swyg oor wat verkeerd is nie. Wanneer daar boere is wat verkeerd optree teenoor hulle wekers, dan is dit my plig om my daaroor uit te spreek. My standpunt was nog altyd dat die plaaswerker gemeenskap 'n integrale deel van landbou uitmaak en dat daar ook omgesien moet word na die welstand van plaaswerkers. Ek glo dat die verhouding tussen produsent en werker, in die Wes-Kaap, nog altyd n basiese gesonde verhouding was. Ons kan egter nie toelaat dat 'n paar vrot appels wat hulle werksmense swak en onmenslik behandel aan die hele boerdery sektor 'n slegte naam gee nie. Nie alleen is dit onmenslik nie, maar sulke optrede hou gevaar in vir Landbou se beeld in die buiteland, wat net skadelik kan wees vir ons verhouding met die EU en gepaardgaande uitvoere.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,011
In die Wes-Kaap is daar twee baie belangrike begrippe, naamlik: "IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL." Hierdie twee begrippe staan nie los van mekaar nie, maar vorm 'n eenheid wat deel is van die breËr visie van die regering, in die vorm van 'n volkskontrak met die mense van Suid-Afrika om op alle terreine te veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,012
IKAPA ELIHLUMAYO het as basis die begrippe," waardigheid, billikheid en welvaart", wat voortdurend die dryfveer moet wees vir die groeiende Kaap. Om 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep, is dit noodsaaklik dat daar sekere paradigma skuiwe moet kom wat onder andere vra vir 'n skuif vanaf totale maatskaplike afhanklikheid na ekonomiese selfstandigheid, die groei van die ekonomie, toename in werksgeleenthede en uitbreiding van eienaarskap. In hierdie proses sal ons armoede bestry, ongelykhede uitwis en sodoende die kwaliteit van lewe van al die mense verbeter.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,013
Die rol van landbou in die breË en die van kommersiËle boere is van kardinale belang in ons skep van 'n tuiste vir almal.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,014
Daar word algemeen aanvaar dat die skepping van inkomste- en werkgeleenthede in Suid-Afrika 'n hoË prioriteit in ontwikkelingstrategieË moet geniet. Die volle rol van landbou in so 'n ontwikkelingstrategie word egter selde goed verstaan.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,015
Omdat voedsel die oorgrootte gedeelte van marginale uitgawes uitmaak onder laer-inkomstegroepe, bied boerdery die fisiese goedere om toenemende werksverskaffing, hoËr loon-inkomste en verbeterde lewenstandaarde te verseker.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,016
Toenemende landbouproduksie genereer beide indiensneming- en inkomste binding dwarsdeur die ekonomie, wat weer op sy beurt aangewend kan word in werkverskaffingstrategiËe in industrieË en besighede.
1,017
GOV-ZA.2005.may.104980.104980.2010-03-24.af.txt
19,017
Die verhouding tussen landbouproduksie, ekonomiese groei, werkverskaffing en sosiale harmonie is duidelik: Indien 'n toename in werksgeleenthede, veral van laer-inkomstegroepe nie saamval met gepaardgaande stygings in landbouproduksie nie, sal daar 'n ontoereikende vraag na voedsel en reËle landbouproduksie en die verwante inter-sektorale skakel-effekte en vermenigvuldiger wees. Dit is belangrik om skepping van werksgeleenthede in verband te bring met entrepreneur ontwikkeling, omdat dit reeds bewys is dat so 'n benadering 'n betekenisvolle bydrae lewer tot die opwekking van werksgeleenthede en inkomste. Deurlopende landbou ontwikkeling is 'n voorvereiste vir hierdie bydraes.