document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,806
Eise rakende 'n persoon se status in terme van sy geestelike bevoegdheid.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,807
R7 000 oorskry nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,808
Is jy verplig om jou eis in te stel by die hof vir klein eise?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,809
Nee, jy mag besluit of jy jou eis wil instel by die hof vir klein eise of by enige ander geskikte hof.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,810
ding van jou eis.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,811
Verteenwoordiging deur 'n advokaat of prokureur word nie toegelaat nie. Jy mag wel, op eie kostes, vooraf advies inwin van 'n regsgeleerde.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,812
Regsassistente en klerke van die hof vir klein eise sal jou gratis help.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,813
Enige van die amptelike tale van Suid-Afrika mag in die hof gebruik word.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,814
Reëlings vir 'n tolk moet vooraf by die klerk van die hof gemaak word, indien bewyse gegee moet word in 'n taal waarmee een van die partye nie ten volle vertroud is nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,815
Kontak die teenparty (die persoon teen wie jy wettiglik prosedeer) in persoon, telefonies of skriftelik en versoek hom om jou eis na te kom.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,816
As die teenparty nie aan jou eis voldoen nie, stuur aan hom 'n skriftelike aanmaning (lys die besonderhede van die feite waarop die eis gebaseer is, asook die bedrag van die eis) met 14 dae vergunning, vanaf die datum van ontvangs van jou skriftelike aanmaning, om jou eis na te kom.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,817
Lewer die aanmaning af per hand of per aangetekende pos, aan die teenparty (die persoon teen wie jy wettiglik prosedeer).
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,818
Na 'n tydperk van 14 dae, rapporteer aan die klerk van die hof, in persoon met jou bewyse, dat die aanmaning afgelewer is aan die teenparty.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,819
Jou skriftelike aanmaning en die bewys daarvan (bv. die poskantoor strokie) dat dit afgelewer is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,820
Enige kontrak, dokument of enige ander bewyse waarop jou eis gebaseer is, of wat verband hou daarmee.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,821
Die teenparty se volle name, adres (woon en besigheidsadresse, indien beskikbaar) en telefoon nommers.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,822
Wat is die pligte van die klerk van die hof?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,823
Hy en die regsassistent sal jou dokumente deurgaan en jou help om 'n eenvoudige dagvaarding op te stel.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,824
Hy sal jou verwittig van 'n datum en tyd vir die verhoor van jou eis.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,825
Hy sal die dagvaarding uitreik en aan jou gee.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,826
Wat doen jy met die dagvaarding?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,827
Jy kan die dagvaarding aan die teenparty, in persoon, bestel/beteken. (Probeer om 'n ontvangserkenning te verkry).
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,828
Vir die betekening van die dagvaarding kan die dagvaarding en die geregsbode se diensfooi aan hom gegee word vir lewering aan die teenparty wat woonagtig is in sy distrik.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,829
Wat doen jy dan?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,830
As die geregsbode die diens aanvaar het, moet jy voor die verhoorda-tum 'n afskrif kry van sy skriftelike bewys dat hy dit gedoen het.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,831
Hou jou kontrak, dokumentasie of enige ander bewyse waarop jou eis gebaseer is, byderhand.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,832
Stel jou getuies in kennis van die verhoordatum en tyd en reël dat hulle teenwoordig sal wees by die hof op die bepaalde datum en tyd.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,833
Moontlike stappe van die teenparty nadat die dagvaarding ontvang is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,834
Hy mag dalk voldoen aan die klaer se eis.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,835
Hy mag dalk 'n skriftelike verklaring aan die klerk van die hof en 'n afskrif daarvan laat a.ewer aan die klaer, wat die re-des verskaf vir sy verdediging en die feite waarop dit gegrond is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,836
Hy mag dalk 'n teeneis instel, deur 'n skriftelike verklaring te laat a.ewer, wat dieselfde besonderhede bevat as dié wat nodig is vir 'n dagvaarding, deur die klerk van die hof.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,837
As 'n pleidooi of teeneis ingestel word moet die hofverigtinge nog steeds bygewoon word.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,838
Wat doen jy as die teenparty intussen jou eis nagekom het?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,839
Voorsien aan hom 'n skriftelike ontvangserkenning daarvoor.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,840
Stel die klerk van die hof onmiddellik in kennis daarvan dat jou eis nagekom is en dat jy dus nie verder sal voortgaan met die saak nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,841
Wat doen jy op die bepaalde datum en tyd van die verhoor?
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,842
Jy moet persoonlik in die hof verskyn.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,843
Maak seker dat jy al die dokumente by jou het waarop jou eis gebaseer is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,844
Maak seker dat alle getuies teenwoordig is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,845
Maak seker dat jy die skriftelike bewys het dat die dagvaarding aan die teenparty bestel is.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,846
Die hofverrigtinge is informeel en eenvoudig.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,847
Geen advokaat of prokureur mag namens jou verskyn nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,848
Die kommissaris van die hof sal jou versoek om jou eis te stel. Stel die feite so kort as moonlik.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,849
Beantwoord die vrae van die kommissaris en dien jou bewysstukke in.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,850
Geen kruisondervraging tussen die partye word toegelaat nie. Alhoewel, met die kommissaris se toestemming, mag jy 'n paar vrae rig aan die teenparty.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,851
Luister aandagtig na die teenparty se verduidelikings en as hy klaar gepraat het, bring al die feite wat hy in jou opinie nie korrek gegee het nie, onder die aandag van die kommissaris.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,852
Nadat die kommissaris na jou, die teenparty en enige getuies wat teenwoordig is, geluister het, kan die hof sy beslissing gee. (Die kommissaris mag dalk ook aandui dat hy jou skrif-telik in kennis sal stel van sy uitspraak op 'n later stadium).
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,853
Daar kan nie geappelleer word teen die uitspraak of beslissing van die hof nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,854
Algemene onreëlmatigheid rakende die verrigtinge.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,855
Die hof se beslissing is. naal, behalwe as daar sommige redes vir hersiening bestaan.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,856
Betaal die kostes wat die hof dalk teen jou mag maak. Die enigste kostes wat daar moontlik kan wees, is die kostes wat die teenparty aangegaan het vir die geregsbode.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,857
Aanvaar die beslissing van die hof.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,858
Die teenparty sal jou onmiddelik die bedrag betaal van die beslissing, as hy of sy die geld beskikbaar het. Gee hom onmiddellik, 'n kwitansie vir die bedrag ontvang.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,859
In 'n geval waar die teenparty nie dadelik aan die beslissing kan voldoen nie, sal die hof sy. nansiële posisie en vermoë om die skuld en kostes te delg ondersoek en daarvolgens 'n bevel vir die betaling uitreik.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,860
As die vonnisskuldenaar nie die beslissing of bevel van die hof nakom nie.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,861
As die vonnisskuldenaar nie die beslissing of bevel van die hof vir klein eise nakom nie en jy wil die betrokke beslissing of bevel afdwing, sal die saak na die magistraatshof verwys word en die uit-voerings prosedures soos beskryf is deur die Magistraatshof Wet, 1944 (Wet 32 van 1944), sal gevolg word. Dit is belangrik om gebruik te maak van regsverteenwoordiging vir hierdie prosedure.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,862
Hierdie pam.et lig jou slegs in oor die belangrikste stappe wat geneem moet word rakende die instel van 'n eis by die hof vir klein eise.
1,005
GOV-ZA.2004Scc_afr.2010-03-25.af.txt
18,863
Indien jy hulp benodig met enige saak, kan jy die adres en telefoon nommer van die klerk van die hof vir klein eise ver-kry by jou plaaslike landdroskantoor.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,865
Die prèmiere van Kampong vind op 1 Desember om 19:00 in die H.B. Thom-teater in Stellenbosch plaas. Op Vrydagaand 2 Desember kom die publiek aan die beurt en Saterdag om twaalfuur, vieruur en agtuur word die produksie vir plaaswerkers aangebied. Daar is reeds ongekende belangstelling in die produksie met versoeke wat instroom dat die produksie ook in ander dele van die land opgevoer word.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,866
Die plaaswerkergemeenskap sou met die toetrede van minister Cobus Dowry tot die portefeulje Minister van Landbou vir die eerste keer tot sy reg kom en sou nie net in woord nie, maar ook in daad prioriteit word.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,867
Nie net is daar 'n Subprogram: Plaaswerkerontwikkeling in die lewe geroep nie, maar is daar ook met 'n proses begin om met plaaswerkers vir plaaswerkers te verseker dat plaaswerkergemeenskappe die erkenning geniet vir die rol wat hulle in landbou en daarmee saam in die land as geheel speel.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,868
Vele studies onder plaaswerkergemeenskappe het 'n geskiedenis van marginalisering, diskriminasie en manipulasie blootgelê, wat tot fisiese en psigiese verknegting van die plaaswerkergemeenskap gelei het en wat nie sonder daadwerklike ingryping herstel sal kan word nie.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,869
Daar is derhalwe besluit op 'n proses om 'n strategiese plan daar te stel om die wanpraktyke van die verlede reg te stel. Een van die strategiese prioriteite van die plan, gefasiliteer deur dr Christa van Louw, sou wees om die kunste as instrument aan te wend om die skewe waarhede rondom plaaswerkergemeenskappe te dekonstrueer en te rekonstrueer.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,870
Die musiekblyspel, Kampong, geskryf deur Charl Frank met Jacoline Frank as choreograaf, doen juis dit. Werklose jongmense afkomstig van plase is die akteurs in 'n verhoogproduksie wat gevestigde persepsies oor plaaswerkergemeenskappe omkeer en 'n nuwe waarheid kom bring.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,871
Kampong toon dat die plaaswerkergemeenskap nie gelyk is aan die populêre mites van drankverslaafdes (produkte van die dopstelsel nie), die laag geskooldes en mense met geen potensiaal nie. Hierdie stereotipe beelde word weerlê met die ontsluiting en ontginning van sluimerende uitvoerende-kunstepotensiaal.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,872
Die verhaal van die skep van die musiekproduksie toon hoe eens verknegtes en reeds bemagtigdes na mekaar kan uitreik tot voordeel van beide partye. Randall Wicomb met sy eie unieke styl en besonderse kundigheid sou die geskrewe teks toonset soos net hy kan en daardeur enersyds in liriek en klank die ervaringe en belewenisse van plaaswerkergemeenskappe versinnebeeld en andersyds die sluimerende talente van agtergelates ontgin. Sy grootste frustrasie is die feit dat soveel talent vir jare onontgin gebly het. Die proses om dit om te keer, het nou maar net begin.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,873
Kampong, wat tydelike woning beteken, versinnebeeld 'n groter proses: om in die gees van versoening en in lyn met die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe te verseker dat Suid-Afrika 'n tuiste vir almal word, ook en veral vir plaaswerkergemeenskappe.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,874
Vir besprekings en navrae kan met Dalene Burger geskakel word by 082 922 4534.
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,875
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,006
GOV-ZA.2005.dec.119355.119355.2010-03-24.af.txt
18,876
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,878
Wat 'n wonderlike, blye geleentheid! Ek is opgewonde en ek hoop u is saam met my opgewonde oor hierdie mylpaal van die plaaswerker gemeenskap van die Wes-Kaap.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,879
Ek sê onomwonde dat die plaaswerker gemeenskap die stiefkind van die nuwe Suid-Afrika is. Die Wonderlike nuwe vryheid wat 11jaar gelede vir ons die weg moes baan na ons volkome menswaardigheid, het by die plaaswerker gemeenskap verby getrek. Die plaaswerker gemeenskap is agtergelaat as 'n groep sonder hoop wat tot 'n groot mate nog vasgebind is deur die kettings van apartheid op haas elke terrein van die lewe wat insluit gesondheidsdienste, onderwys, arbeid, sosiale dienste en behuising, om 'n paar te noem. Diep bewus van die miskenning van die regte van hierdie gemeenskap op ons groot uitgestrekte platteland, het ek as Minister van Landbou in die Wes-Kaap opdrag gegeee dat ons werk moet maak om 'n daadwerklike verandering in die kwaliteit van lewe van hierdie groep mense te weeg te bring.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,880
Die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Landbou erken die unieke behoeftes van die plaaswerkergemeenskap en het daarom 'n Subprogram: Plaaswerkeraangeleenthede geloods met die spesifieke doel om die dienste wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word effektief te koördineer. Die bevrediging van die ontwikkelingsbehoeftes van die plaaswerkergemeenskap verg egter 'n holistiese benadering waarin die sosiale, kulturele, ekonomiese en politieke behoeftes van die gemeenskap op 'n geïngtegreerde wyse aangespreek word.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,881
My opdrag was dan ook dat enige aksie gebaseer moet word op 'n konkrete strategiese raamwerk waarin duidelike prioriteite en doelwitte uiteengesit moet word sodat ons nie verder op 'n lukrake wyse met die lewe en toekoms van plaaswerkers sal omgaan nie. Dit is vir my aangenaam om vanaand bekend te maak dat hierdie strategiese plan gister deur die kabinetskommitee goedgekeur is vir voorlegging aan die Wes-Kaapse Kabinet.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,882
Ek wil glo dat dit nou die finale stap is om 'n program daar te stel wat 'n einde sal maak aan die marginalisering, diskriminasie en manipulasie wat 'n fisiese en psigiese verknegting van die plaaswerkergemeenskap tot gevolg gehad het en wat nou deur daadwerklike ingryping herstel kan word.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,883
Dit is dan ook met die oog hierop dat my Departement onder die Sub Program Plaaswerker Aangeleenthede 'n bedrag bewillig het om spesifiek ook aandag te skenk aan die kulturele ontwikkeling van ons plaaswerkers.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,884
Ons het 'n bedrag van R304 000 beskikbaar gestel aan die Plaaswerker-Kunste en Mediagroep (PKMG) wat moet fokus op die bewaring en uitbreiding van kultuuraktiwiteite in die plaaswerkergemeenskap om sodoende beeldende en uitvoerende kunste aan te wend vir opheffing en ontwikkelingsdoeleindes onder plaaswerkers.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,885
Die PKMG is 'n implementeringsagentskap wat in oorleg met die kantoor van die Subprogram: Plaaswerkerontwikkeling die sosiale uitdrukking van die plaaswerkersgemeenskap ontgin. Die klem val enersyds op die aanmoediging en ontwikkeling van kuns-, dans-, drama- en musiektalent om potensiaal bloot te lê. Andersyds word die kunste benut as voertuig vir inligtingsverskaffing en opheffing.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,886
Die rede vir laasgenoemde is gesetel in die lae skolastiese peile en veral die hoë vlakke van nie-geletterdheid in plaaswerkergemeenskappe. Kultuurbedrywighede word dus as 'n meganisme gebruik om sekere waardes op plase te herbevestig. 'n Vername doel van die projek is om inligting oor basiese menseregte, soos vervat in die Suid-Afrikaanse Grondwet en die Handves vir Menseregte aan plaaswerkergemeenskappe oor te dra. Spesiale klem word gelê op kinder- en vroueregte.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,887
Kinders en vroue is veral kwesbaar en uitgelewer en misdaadstatistiek dui op 'n kommerwekkende styging in onder andere onsedelike aanranding, kindermolestering en geweld teen vroue. As gevolg hiervan is 'n groot deel van die projek gewy aan die beskerming van kinder- en vroueregte. Interaktiewe gemeenskapteater, spesifieke forumteater, poppekas en rolspel word gebruik om probleme te identifiseer en dan saam met die hele deelnemende gemeenskap te bespreek en oplossings te soek. Bewusmaking en opvoeding ten opsigte van kwessies soos alkoholmisbruik en MIV/Vigs geskied ook deur middel van die kunste.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,888
Die musiekblyspel "Kampong" wat vanaand opgevoer gaan word is 'n direkte uitvloeisel van hierdie program. Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het R47 000 beskikbaar gestel om Kamong op die planke te bring.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,889
Hierdie musiekblyspel wat die geesteskind van Charl Frank is, het daarin geslaag om rou onontginde talent uit die plaaswerker gemeenskap, wat nog nooit naby 'n verhoog was, te ontwikkel om vanaand hierdie wonderlike droom te bewaarheid. Dit is verder moontlik gemaak deur die ondersteuning van 'n groot gees soos Randall Wicomb en afgerond is met die behartiging van die choreografie deur Jacoline Frank.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,890
Ek wil voorspel dat daar nog groot name uit hierdie groep na vore gaan tree soos wat Karin Kortjé die laaste klompie weke na vore getree het om haar hand namens die plaaswerker gemeenskap op te steek. In die Wes-Kaap is daar 'n poel van oor die 200 000 plaaswerkers met ongeveer 1.5 miljoen afhanklikes wat nog onontgin is.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,891
Kampong, wat tydelike woning beteken, versinnebeeld 'n groter proses: om in die gees van versoening en in lyn met die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe te verseker dat Suid-Afrika 'n tuiste vir almal word, ook en veral vir plaaswerkergemeenskappe.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,892
Vanaand is vir my die werklike begin van die pad om aan plaaswerkers 'n nuwe dimensie van lewe te gee op dieselfde dag waarop die vrystelling van die Kaapse slawe in 1838 herdenk word.
1,007
GOV-ZA.2005.dec.119739.119739.2010-03-24.af.txt
18,893
Ek wil u gelukwens met hierdie grootse poging en my dank en waardering uitspreek teenoor elke persoon en instansie wat 'n bydrae gelewer het om hiervan 'n sukses te maak. U lê hierdeur nog 'n steen in die skep van 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,895
Ek het vanoggend met die Premier en byna die helfte van die Kabinet ontmoet om die Droogte in die Provinsie te bespreek.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,896
Die Premier en die Regering is baie bekommerd oor die ekonomiese gevolg van die droogte, asook die maatskaplike impak op die mense van die gebiede wat direk deur die drooge geraak word.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,897
Op hierdie stadium word droogtehulp ten bedrae van R9 miljoen aan boere, in die vorm van veevoer, verskaf.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,898
Na beraming sal ons 'n verdere R25 miljoen benodig om die droogte oor die korttermyn aan te spreek.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,899
Oor die kort en mediumtermyn sal munisipaliteite boere bystaan met die aanry van water vir menslike sowel as dierlike gebruik in diè gebiede waar daar nie meer water beskikbaar is nie.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,900
n Taakspan bestaande uit die hoofde van die Departemente van Landbou, Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Maatskaplike Dienste, Plaaslike Regering en die Tesourie is saamgestel om so spoedig moontlik aanbevelings aan die Kabinet te doen oor die kort, medium en langtermyn oplossings oor die droogte situasie. Dr Piet van Rooyen, Departementshoof van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap sal as voorsitter optree.
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,901
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,008
GOV-ZA.2005.jan.96042.96042.2010-03-24.af.txt
18,902
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,009
GOV-ZA.2005.jan.97536.97536.2010-03-24.af.txt
18,904
Die landbou gemeenskap in die Wes-Kaap het met skok verneem van die moord op mnr. Gavin de Jager van die plaas De Poort aan die Dutoitskloofpas
1,009
GOV-ZA.2005.jan.97536.97536.2010-03-24.af.txt
18,905
Ons boere en hul werkers is sagte teikens en daarom is dit is uiters belangrik dat die gemeenskap saam met die SAPS moet saamstaan teen ongeregtigheid en misdaad soos hierdie, wat die samelewing lamlê. Ek wil 'n beroep op die SAPS doen om hierdie lafaards wat hulle skuldig maak aan sulke oortredings op te spoor sodat die volle gang van die reg sy loop kan neem.
1,009
GOV-ZA.2005.jan.97536.97536.2010-03-24.af.txt
18,906
Namens die provinsiale regering dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan mev Cathy de Jager en familie en breë gemeenskap.
1,009
GOV-ZA.2005.jan.97536.97536.2010-03-24.af.txt
18,907
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,909
Die Kaapse Vaardighede e-Geletterdheid-loodsprojek is op 17 Maart 2005 afgeskop met die ondertekening van 'n ooreenkoms tussen die provinsiale regering en bridges.org, 'n nie-regeringsorganisasie wat die doeltreffende gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in ontwikkelende lande bevorder om 'n verskil in mense se lewens te maak.
1,010
GOV-ZA.2005.mar.101610.101610.2010-03-24.af.txt
18,910
Met die iKapa Elihlumayo-strategie wys die provinsiale regering hoe ernstig hy is oor die uitbou van menslike en sosiale kapitaal, met die klem op die voorbereiding van die jeug vir indiensneming. Met dié e-geletterdheidprojek maak ons op 'n baie praktiese manier 'n werklikheid van dié erns, is die kommentaar van Dr Harold Wesso, die hoof van die Sentrum vir e-Vernuwing, die provinsiale regering se eenheid wat die projek beheer.