document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,871 | Iemand (''A'') wat wederregtelik en opsetlik 'n klaer of klaagster wat verstandelik gestremd is (''B''), hetsy vir. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,872 | deur die skepping, maak of vervaardiging; of op enige wyse hulp verleen by die skep, maak of vervaardiging, van enige beeld, publikasie, uitbeelding, beskrywing of reeks op enige wyse ook al van pornogra.e of kinderpornogra.e, is skuldig aan die misdryf van die gebruik van 'n persoon wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,873 | Iemand wat wetens en opsetlik op welke wyse ook al. nansiële voordeel trek uit, of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel ontvang as gevolg van die pleging van enige handeling beoog in subartikel 1, is skuldig aan die misdryf van voordeeltrekking uit die gebruik van 'n persoon wat verstandelik gestremd is vir pornogra.ese doeleindes. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,874 | Vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, tensy uit die samehang anders blyk, beteken-- ''aansoek'' 'n aansoek ingevolge artikel 30 of 32; ''belanghebbende persoon'' enige persoon wat 'n wesenlike belang in die welstand van 'n slagoffer het, met inbegrip van 'n gade, permanente lewensmaat van dieselfde of teenoorgestelde geslag, ouer, voog, familielid, sorggewer, kurator, berader, geneesheer, gesondheidsorgvoorsiener, sosiale werker of onderwyser of onderwyseres van so 'n slagoffer; ''geneesheer'' 'n persoon wat as 'n geneesheer ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe, 1974 (Wet No. 56 van 1974), geregistreer is en wat, vir doeleindes van artikel 33, gemagtig is om liggaamsmonsters soos in hierdie Hoofstuk beoog, te neem; ''liggaamsmonster'' enige liggaamlike monster wat gebruik kan word om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie vas te stel; ''liggaamsvog'' enige liggaamlike stof wat MIV of 'n ander seksueel oordraagbare infeksie kan bevat, maar nie speeksel, trane of sweet nie; ''misdryf'' 'n misdryf, behalwe 'n seksuele misdryf, ten opsigte waarvan die MIV-status van die beweerde oortreder relevant kan wees vir doeleindes van ondersoek of vervolging; ''MIV'' die Menslike Immunogebreksvirus; ''MIV-toets'' enige aanvaarde of medies erkende toets om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie in 'n persoon vas te stel; ''ondersoekbeampte'' 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat vir die ondersoek van 'n beweerde seksuele misdryf of 'n ander misdryf verantwoordelik is of 'n lid wat kragtens sy of haar bevel optree; ''PEP'' Na-blootstellingspro.lakse (''Post Exposure Prophylaxis''); ''seksuele misdryf'' 'n seksuele misdryf ingevolge hierdie Wet waarin die slagoffer aan die liggaamsvog van die beweerde oortreder blootgestel kon word; ''slagoffer'' enige persoon wat beweer dat 'n seksuele misdryf teenoor hom of haar gepleeg is; en ''verpleër'' of ''verpleegster'' iemand wat as sodanig ingevolge enige tersaaklike wetgewing geregistreer is en wat, vir doeleindes van artikel 33, gemagtig is om liggaamsmonsters in hierdie Hoofstuk beoog, te neem. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,875 | Dienste vir slagoffers met betrekking tot Na-blootstellingspro. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,876 | gratis mediese advies ontvang omtrent die toediening van PEP alvorens dit toegedien word; en iii voorsien word van 'n voorgeskrewe lys wat die name, adresse en kontakbesonderhede van toeganklike openbare gesondheidsinstellings in artikel 291a beoog, bevat; en b behoudens artikel 30, by 'n landdros aansoek doen om 'n bevel dat die beweerde seksuele oortreder op Staatskoste vir MIV getoets word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,877 | n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten opsigte van die beweerde seksuele misdryf gelê het; of n voorval ten opsigte van 'n beweerde seksuele misdryf op die voorgeskrewe wyse by 'n aangewese gesondheidsinstelling in subartikel (a)(i) beoog, aangemeld het, kan die dienste in subartikel (a) bedoel, ontvang. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,878 | die noodsaaklikheid om mediese advies en bystand aangaande die moontlikheid van ander seksueel oordraagbare infeksies te bekom; en iii die dienste in subartikel 1 bedoel; en b in die geval van 'n aansoek in artikel 30 bedoel, 'n kennisgewing ontvang wat voorgeskrewe inligting bevat aangaande die verpligte MIV-toetsing van die beweerde oortreder, in welke geval die inhoud daarvan aan hom of haar verduidelik moet word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,879 | Aanwysing van openbare gesondheidsinstellings vir doeleindes van die verskaffing van Na-Blootstellingspro. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,880 | a die verskaffing van PEP aan slagoffers; en die uitvoering van verpligte MIV-toetsing, en kan enige aanwysing kragtens hierdie artikel by kennisgewing in die Staatskoerant terugtrek mits 14 dae vooraf kennis in die Staatskoerant van sodanige terugtrekking gegee is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,881 | Die eerste kennisgewing in subartikel bedoel, moet binne twee maande na die implementering van hierdie artikel gepubliseer word, en dan minstens elke ses maande daarna. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,882 | die tersaaklike rolspelers binne sy of haar jurisdiksie; en die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste en die Direkteur-generaal van Gesondheid. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,883 | Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste en die Direkteur-generaal van Gesondheid moet die kennisgewing in subartikel bedoel onder alle tersaaklike rolspelers binne sy of haar jurisdiksie versprei. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,884 | die beweerde seksuele oortreder vir MIV getoets word en dat die uitslae daarvan aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde seksuele oortreder openbaar gemaak word; of ii die MIV-toetsuitslae ten opsigte van die beweerde seksuele oortreder wat op aansoek deur 'n polisiebeampte ingevolge artikel 32 bekom is, aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, openbaar gemaak word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,885 | n persoon is ten opsigte van wie 'n kurator deur die hof aangestel is; of n persoon is ten opsigte van wie die landdros oortuig is dat hy of sy nie in staat is om die nodige toestemming te kan gee nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,886 | indien dit deur 'n belanghebbende persoon gebring word, verklaar wat die aard van die verhouding tussen die belanghebbende persoon en die slagoffer is, en indien die belanghebbende persoon nie die gade, permanente lewensmaat van dieselfde of teenoorgestelde geslag of 'n ouer van die slagoffer is nie, die rede waarom die aansoek deur sodanige belanghebbende persoon gebring word; en verklaar dat minder as 90 dae verloop het sedert die datum waarop die betrokke misdryf na bewering plaasgevind het. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,887 | Die aangeleenthede in paragraaf (a) bedoel, moet deur die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, by wyse van 'n beëdigde of plegtige verklaring bevestig word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,888 | Die aansoek moet so spoedig moontlik nadat 'n klag gelê is, gebring word, en kan gedoen word voor of nadat 'n inhegtenisneming plaasgevind het. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,889 | Die aansoek moet aan die ondersoekbeampte oorhandig word, wat die aansoek so spoedig as wat redelikerwys doenlik is, aan 'n landdros van die landdrosdistrik waarbinne die seksuele misdryf na bewering plaasgevind het, moet voorlê. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,890 | Die landdros moet die aansoek beoog in artikel 30 so spoedig as wat redelikerwys doenlik is, in kamers oorweeg en kan aandring op die aanvullende getuienis wat hy of sy goedvind, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel moet vorm van die rekord van die verrigtinge. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,891 | a Vir die doel van die verrigtinge in subartikel 1 beoog, kan die landdros getuienis deur of ten behoewe van die beweerde oortreder oorweeg indien dit nie sodoende tot enige wesenlike vertraging sou lei nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,892 | Getuienis in paragraaf (a) beoog, kan in die afwesigheid van die slagoffer aangebied word, indien die landdros van oordeel is dat dit in die beste belang van die slagoffer sou wees. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,893 | Staat se geldende behandelingskriteria en protokols, met inbegrip van, waar nodig--(aa) die neem van twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder; en bb die uitvoering van een of meer MIV-toetse op die liggaamsmonsters wat redelikerwys noodsaaklik is om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie by die beweerde oortreder te bepaal, en dat die MIV-toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde oortreder, openbaar gemaak word; of ii in die geval waar die beweerde oortreder reeds vir MIV op aansoek van 'n polisiebeampte soos in artikel 32 beoog, getoets is, beveel dat die MIV-toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse aan die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, openbaar gemaak word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,894 | n Bevel bedoel in subartikel moet op die voorgeskrewe wyse gemaak en aan die ondersoekbeampte oorhandig word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,895 | die slagoffer of belanghebbende persoon, na gelang van die geval, van die uitslag van die aansoek verwittig; en die beweerde oortreder, indien 'n bevel ingevolge subartikel toegestaan is, daarvan verwittig deur aan hom of haar 'n kennisgewing wat die voorgeskrewe inligting bevat, te oorhandig en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing te verduidelik. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,896 | die beweerde oortreder vir MIV getoets word; of die MIV-toetsuitslag ten opsigte van die beweerde oortreder wat reeds bekom is op aansoek deur 'n slagoffer of enige belanghebbende persoon ten behoewe van 'n slagoffer soos in artikel 30 (a)(i) beoog, aan die ondersoekbeampte beskikbaar gestel word of, waar toepaslik, aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslag moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,897 | op sterkte van inligting wat by wyse van 'n beëdigde of plegtige verklaring bekom is, die gronde uiteensit waarop beweer word dat 'n seksuele misdryf of misdryf deur die beweerde oortreder gepleeg is; en gebring word nadat 'n klag gelê is, en kan gebring word voor of nadat 'n inhegtenisname plaasgevind het, of na skuldigbevinding. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,898 | die neem van twee voorgeskrewe liggaamsmonsters van die beweerde oortreder; en ii die uitvoering van een of meer MIV-toetse op die liggaamsmonsters wat redelikerwys noodsaaklik is om die aan-of afwesigheid van MIV-infeksie by die beweerde oortreder te bepaal, en dat die MIV-toetsuitslag op die voorgeskrewe wyse aan die ondersoekbeampte openbaar gemaak word of, waar toepaslik, aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslag moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge, asook aan die beweerde oortreder, indien die uitslag nie reeds aan sodanige oortreder ingevolge artikel 30 (a)(i) beskikbaar gestel is nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,899 | n Bevel in subartikel beoog, moet op die voorgeskrewe wyse gemaak en aan die ondersoekbeampte oorhandig word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,900 | Die ondersoekbeampte moet, so spoedig as wat redelikerwys doenlik is nadat 'n aansoek ingevolge subartikel toegestaan is, die beweerde oortreder verwittig deur aan hom of haar 'n kennisgewing wat die voorgeskrewe inligting bevat, te oorhandig en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing te verduidelik. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,901 | in die geval van 'n bevel in artikel 31 beoog, 'n verseëlde rekord van die toetsuitslae aan die slagoffer of die belanghebbende persoon, na gelang van die geval, asook aan die beweerde oortreder, oorhandig tesame met 'n kennisgewing wat voorgeskrewe inligting bevat oor die vertroulikheid van die MIV-toetsuitslae en die wyse waarop daarmee gehandel moet word en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing verduidelik; of ii in die geval van 'n bevel in artikel 32 beoog, 'n verseëlde rekord van die toetsuitslae aan die beweerde oortreder oorhandig tesame met 'n kennisgewing wat voorgeskrewe inligting bevat oor die die wyse waarop met die toetsuitslag gehandel moet word en, indien nodig, die inhoud van die kennisgewing verduidelik, en die ander rekord van die toetsuitslae op die voorgeskrewe wyse behou of, waar toepaslik, die rekord van die toetsuitslae beskikbaar stel aan 'n staatsaanklaer wat van die uitslae moet kennis neem vir doeleindes van die vervolging van die betrokke aangeleentheid of enige ander hofverrigtinge. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,902 | a 'n Bevel wat ingevolge artikel 313 verleen is, verstryk indien die klag deur die vervolging op versoek van die slagoffer teruggetrek word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,903 | Enige monsters wat geneem is of uitslae wat verkry is voor die verstryking van die bevel in paragraaf (a) beoog, indien daar is, moet vernietig word in ooreenstemming met die Departement van Gesondheid se geldende kriteria en protokols of, waar dit tersaaklik is, in ooreenstemming met die nasionale opdragte wat deur die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingevolge artikel 66 (c) uitgereik is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,904 | Die landdros kan, tydens of na die verlening van 'n bevel in artikel 31 of 32 beoog, 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van die beweerde oortreder uitreik indien daar gronde is om te glo dat sodanige oortreder die nakoming van sodanige bevel kan vermy of indien sodanige oortreder die nakoming van sodanige bevel vermy het. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,905 | sekondêre trauma te verminder en die slagoffer te bemagtig om oorwoë mediese, lewensstylgerigte en ander persoonlike besluite te neem; of ii die toetsuitslae as getuienis aan te wend in enige daaropvolgende siviele verrigtinge na aanleiding van die betrokke seksuele misdryf; of om 'n ondersoekbeampte in staat te stel om inligting te versamel ten einde dit as getuienis in strafregtelike verrigtinge te gebruik. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,906 | Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet toesien dat alle aansoeke wat ingevolge hierdie Hoofstuk gebring word en alle bevele wat aldus verleen word, in 'n register opgeneem word en gehou word op die wyse wat deur die Nasionale Kommissaris bepaal word, soos voorgeskryf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,907 | Toegang tot die register moet beperk word soos voorgeskryf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,908 | n staatsaanklaer; of ii behoudens artikel 35 , enige ander persoon wat van die toetsuitslae kennis moet neem vir doeleindes van strafregtelike ondersoeke of verrigtinge of siviele verrigtinge; en die persone aan wie die uitvoering van die bevel in artikel 33 beoog, opgedra is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,909 | n staatsaanklaer indien die beweerde oortreder getoets is soos in artikel 32 beoog; of ii enige ander persoon wat van die toetsuitslae kennis moet neem vir doeleindes van siviele verrigtinge of 'n hofbevel. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,910 | n Voorsittende beampte kan, in enige verrigtinge in hierdie Hoofstuk beoog of in enige daaropvolgende strafregtelike of siviele verrigtinge, enige bevel verleen wat hy of sy dienstig ag ten einde aan hierdie artikel uitvoering te gee, met inbegrip van die wyse waarop sodanige uitslae vertroulik gehou moet word en die wyse waarop die betrokke hofrekord mee gehandel moet word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,911 | Enigiemand wat kwaadwillig 'n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens ten opsigte van 'n beweerde seksuele misdryf lê en wat 'n aansoek ingevolge artikel 30 bring met die doel om die MIV-status van enigiemand vas te stel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,912 | Enigiemand wat kwaadwillig of op 'n growwe nalatige wyse die uitslae van 'n MIV-toets in stryd met artikel 37 bekend maak, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,913 | Die instelling van 'n vervolging weens 'n oortreding in paragraaf (a) of (b) bedoel, moet skriftelik deur die betrokke Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,914 | n Beweerde oortreder wat op enige wyse hoegenaamd versuim of weier om aan 'n hofbevel dat hy of sy vir MIV getoets word, te voldoen, of wat voldoening vermy of wat opsetlik 'n poging om sodanige hofbevel op hom of haar te laat beteken, verydel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,915 | enige aangeleentheid wat noodsaaklik is of vereis word om ingevolge hierdie Hoofstuk voorgeskryf te word; en enige ander aangeleentheid wat die Minister noodsaaklik of dienstig ag ten einde die oogmerke van hierdie Hoofstuk te bereik. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,916 | ten minste 30 dae voor die publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word; en uitgevaardig word na oorlegpleging met die kabinetslede wat onderskeidelik vir veiligheid en sekuriteit en gesondheid verantwoordelik is, behalwe vir die aangeleentheid wat in artikel 35 voorgeskryf word, waar dit in oorleg met die kabinetslid wat vir veiligheid en sekuriteit verantwoordelik is, uitgevaardig moet word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,917 | staatsdepartement of administrasie in die nasionale of provinsiale regeringsfeer of enige munisipaliteit in die plaaslike regeringsfeer; of ander funksionaris of instelling wanneer 'n bevoegdheid of 'n verpligting ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, of 'n provinsiale grondwet uitgeoefen of uitgevoer word, of wat 'n openbare bevoegdheid of 'n openbare funksie ingevolge enige wetgewing uitoefen of uitvoer, wat gemoeid is met die oorweging van aansoeke deur voornemende pleegouers, familieverwante versorgers, tydelike veiligheidsorg-versorgers, aannemende ouersof kurators;''lisensiëringsowerheid'' enige owerheid wat verantwoordelik is vir die toestaanvan lisensies vir of die goedkeuring van die bestuur of bedryf van enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat verband hou met die toesig oor of sorg van'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is;''Register'' die Nasionale Register vir Seks-oortreders wat kragtens artikel 42 ingestel is;''Registrateur'' die Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders inartikel 42 beoog;''serti.kaat'' 'n serti. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,918 | iemand wat aansoek doen om vir 'n werkgewer te werk of wat vir 'n werkgewer werk, en wat enige betaling, vergoeding, guns of voordeel ontvang of geregtig is om dit te ontvang; of iemand, behalwe iemand in (a) beoog, wat op enige wyse aansoek doen om bystand te verleen of wat bystand verleen in die uitvoering of bedryf van die besigheid van 'n werkgewer, ongeag of hy of sy geregtig is om enige betaling, vergoeding, guns of voordeel te ontvang. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,919 | Iemand wat aan die pleeg van 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977 Wet No. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,920 | geen lisensie toegestaan word of goedkeuring ontvang om enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n kind verband hou, of waar kinders teenwoordig is of vergader, te bestuur of te bedryf nie; of nie die pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger of aannemende ouer van 'n kind word nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,921 | geen lisensie toegestaan word of goedkeuring ontvang om enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, verband hou, of waar persone wat verstandelik gestremd is teenwoordig is of vergader, te bestuur of te bedryf nie; of nie die kurator van 'n persoon wat verstandelik gestremd is, word nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,922 | 'n Nasionale Register vir Seks-oortreders wat besonderhede bevat van persone wat aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, ongeag of dit voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg is en ongeag of dit binne of buite die Republiek gepleeg is, moet binne ses maande vanaf die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk en in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Hoofstuk en die regulasies daarkragtens uitgevaardig, ingestel en deur die Minister bygehou word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,923 | Die Minister moet 'n geskikte en gepaste persoon as Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders aanwys, met behoorlike inagneming van sy of haar ondervinding, pligsbesef en integriteit. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,924 | Die Registrateur moet sy of haar bevoegdhede, pligte en werksaamhede behoudens die bepalings van hierdie Hoofstuk en die regulasies daarkragtens uitgevaardig, uitoefen en verrig. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,925 | n werkgewer wat aansoek doen om 'n serti. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,926 | n lisensiëringsowerheid wat aansoek doen om 'n serti.kaat in hierdie Hoofstuk beoog, in te lig of die besonderhede van 'n applikant in artikel 47 beoog, in die Register opgeneem is al dan nie; en die relevante owerhede wat met pleegsorg, familieverwante versorging, tydelike veiligheidsorg-versorging, aanneming of kuratorskap gemoeid is, en wat aansoek doen om 'n serti.kaat in hierdie Hoofstuk beoog, in te lig of die besonderhede van 'n applikant in artikel 48 beoog, in die Register opgeneem is al dan nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,927 | Persone wat geregtig is om aansoek te doen om serti. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,928 | 'n Aansoek om 'n voorgeskrewe serti. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,929 | iemand in artikel 48 beoog wat aansoek doen om 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger of aannemende ouer te word, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede; of enigiemand wie se besonderhede in die Register verskyn, ten opsigte van sy of haar eie besonderhede. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,930 | op die datum van die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk enige werknemer in sy of haar diens het, kan vanaf die datum van die instelling van die Register op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om 'n voorgeskrewe serti.kaat wat vermeld of die besonderhede van die werknemer in die Register opgeneem is al dan nie; of vanaf die datum van die instelling van die Register beoog om 'n werknemer in diens te neem, moet op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om 'n voorgeskrewe serti.kaat wat vermeld of die besonderhede van die voornemende werknemer in die Register opgeneem is al dan nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,931 | behoudens paragraaf (d), nie voortgaan om 'n werknemer in subartikel (a) beoog, in diens te hou nie; of ii nie 'n werknemer in subartikel (b) beoog, in diens neem, wie se besonderhede in die Register opgeneem is nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,932 | n Werkgewer wat gedurende die loop van 'n diensverhouding vasstel dat die besonderhede van 'n werknemer in subartikel (a) beoog in die Register opgeneem is, moet, ongeag of sodanige oortreding gedurende die loop van sy of haar diens gepleeg is, behoudens paragraaf (d) onmiddellik die diens van sodanige werknemer beëindig. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,933 | Ondanks paragraaf (d) moet 'n werkgewer onmiddellik die diens van 'n werknemer beëindig wat versuim om te openbaar dat hy of sy skuldig bevind is aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is of die feit dat hy of sy na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, soos in artikel 41 beoog. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,934 | n Werkgewer moet redelike stappe doen om te verhoed dat 'n werknemer wie se besonderhede in die Register opgeneem is, voortgaan om toegang tot 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is in die loop van sy of haar diens te verkry, met inbegrip van stappe, indien dit redelik moontlik of doenlik is, om sodanige persoon uit die pos of posisie deur hom of haar gehou, na 'n ander pos of posisie oor te plaas: Met dien verstande dat indien sodanige stappe wat gedoen moet word nie die veiligheid van 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, sal verseker nie, die diensverhouding, die gebruik van dienste of toegang, na gelang van die geval, onmiddellik beëindig moet word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,935 | n Werkgewer wat versuim om aan 'n bepaling van hierdie artikel te voldoen, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,936 | 'n Werknemer wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk in die diens van 'n werkgewer is en wat aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of wat na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en met wie ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gehandel is, ongeag of sodanige misdryf gedurende die loop van sy of haar diens gepleeg of na bewering gepleeg is al dan nie, moet sodanige skuldigbevinding of bevinding onverwyld aan sy of haar werkgewer openbaar. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,937 | n Werknemer wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk aansoek doen om in diens geneem te word, moet, indien hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is, sodanige skuldigbevinding of bevinding openbaar wanneer die aansoek om indiensneming gedoen word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,938 | n Werknemer wat versuim om aan subartikel of te voldoen, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,939 | 'n Lisensiëringsowerheid mag nie 'n lisensie toestaan of die bestuur of bedryf van enige entiteit, besigheidsonderneming of bedryf wat met die toesig of sorg oor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, verband hou, goedkeur sonder om by wyse van 'n aansoek by die Registrateur om 'n voorgeskrewe serti.kaat, vas te stel of die besonderhede van sodanige persoon in die Register opgeneem is al dan nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,940 | Iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk by 'n lisensiëringsowerheid aansoek doen om 'n lisensie in subartikel beoog, moet openbaar dat hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,941 | n Lisensiëringsowerheid of persoon wat opsetlik 'n bepaling van hierdie artikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,942 | 'n Betrokke owerheid mag nie 'n aansoek oorweeg of die aanstelling goedkeur van iemand as 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger, aannemende ouer of kurator sonder om by wyse van 'n aansoek by die Registrateur om 'n voorgeskrewe serti.kaat, vas te stel of die besonderhede van sodanige persoon in die Register opgeneem is al dan nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,943 | Iemand wat na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk aansoek doen om 'n pleegouer, familieverwante versorger, tydelike veiligheidsorg-versorger, aannemende ouer of kurator te word, moet openbaar dat hy of sy aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, skuldig bevind is of na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het en ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,944 | n Betrokke owerheid of 'n persoon wat opsetlik enige bepaling van hierdie artikel oortree, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,945 | die persoon se laas bekende. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,946 | die seksuele misdryf teenoor 'n kind of iemand wat verstandelik gestremd is waaraan die persoon skuldig bevind is, die vonnis wat opgelê is, die datum en plek van skuldigbevinding en vonnis, asook die betrokke gevangene-identi. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,947 | die naam van 'n persoon se mediese instelling of geneesheer en besonderhede van die seksuele misdryf wat na bewering gepleeg is deur iemand met wie ooreenkomstig artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, mee gehandel is; en vii enige ander besonderhede wat by regulasie voorgeskryf mag word; en c indien die skuldigbevinding en vonnis in 'n buitelandse jurisdiksiegebied plaasgevind het, so ver moontlik inligting bevat soortgelyk aan dit wat in paragraaf b beoog word, soos van die betrokke land of van enige ander regsbron bekom word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,948 | wat in 'n buitelandse jurisdiksiegebied op 'n wyse soortgelyk aan dit wat in paragraaf (a)(ii) beoog word, mee gehandel is; of iii wie se besonderhede op 'n amptelike Register van enige buitelandse jurisdiksiegebied verskyn as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, of as gevolg van 'n bevel soortgelyk aan dit wat in paragraaf aii beoog word, hetsy voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk gepleeg. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,949 | iemand skuldig bevind het aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, moet in die teenwoordigheid van die veroordeelde persoon en nadat vonnis deur daardie hof vir die misdryf opgelê is; of ii n bevinding ingevolge artikel 77 of 78 van die Strafproseswet, 1977, gemaak of 'n lasgewing uitgereik het dat die persoon vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy of sy sy of haar verdediging na behore kan voer nie, of vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie strafregtelik toerekenbaar was vir die handeling wat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, uitmaak nie, moet in die teenwoordigheid van daardie persoon, n bevel maak dat die besonderhede van die persoon in die Register opgeneem word. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,950 | Wanneer 'n bevel beoog in paragraaf (a) gemaak word, moet die hof die inhoud en implikasies van sodanige bevel, met inbegrip van artikel 45, aan die betrokke persoon verduidelik. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,951 | verstryking van die tydperk vir aantekening van 'n appèl of op hersiening neem van die aangeleentheid; of afhandeling van die appèl-of hersieningsverrigtinge, in die geval van 'n appèl of hersiening, sodanige besonderhede óf in die Register opneem óf dit daaruit verwyder, afhangende van die uitslag van die appèl of hersiening, indien daar is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,952 | Waar 'n hof, om welke rede ook al, versuim om 'n bevel kragtens subartikel (a) te maak, moet die vervolgingsgesag of enigiemand onmiddellik of te gelegener tyd hierdie oorsig onder die aandag van die hof bring en moet die hof sodanige bevel maak. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,953 | a Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, die besonderhede van elke gevangene of voormalige gevangene in artikel 49 bedoel wat hy of sy op rekord het en wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien of uitgedien het as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind, met inbegrip van 'n misdryf beoog in artikel 14 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 Wet No. 23 van 1957, aan die Registrateur stuur, en moet, waar moontlik, die beskikbare besonderhede van elke gevangene of voormalige gevangene wat hy of sy op rekord het en wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vonnis van gevangenisstraf uitdien of uitgedien het as gevolg van 'n skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, met inbegrip van 'n misdryf in artikel 15 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, beoog, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,954 | Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste moet op die voorgeskrewe wyse en binne die voorgeskrewe tydperk elke dienende gevangene wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, inlig oor die implikasies daarvan. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,955 | Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, alle beskikbare besonderhede bedoel in artikel 49 wat hy of sy op rekord het van elke persoon wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk 'n vorige veroordeling vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind het, met inbegrip van, in die mate wat dit moontlik is, 'n veroordeling vir 'n misdryf beoog in artikel 14 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, en wat 'n vorige veroordeling vir 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, het, met inbegrip van, in die mate wat dit moontlik is, 'n misdryf in artikel 15 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957, beoog, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,956 | a Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet op die voorgeskrewe wyse en binne drie maande na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, die besonderhede in artikel 49 bedoel van elke persoon wat by die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk onderhewig is aan 'n lasgewing ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, as gevolg van 'n handeling wat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, uitgemaak het, aan die Registrateur stuur, en die Registrateur moet sodanige besonderhede onverwyld in die Register opneem. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,957 | Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet op die voorgeskrewe wyse en binne die voorgeskrewe tydperk elke persoon in paragraaf (a) bedoel, en wie se besonderhede aan die Registrateur gestuur is, inlig oor die implikasies daarvan. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,958 | a Iemand wie se besonderhede aan die Registrateur ingevolge hierdie artikel gestuur is en wie se naam of name, geslag, identiteitsnommer,. siese of posadres of ander besonderhede soos in artikel 49 beoog, verander het, moet die Registrateur binne 14 dae na sodanige verandering van die verandering in kennis stel. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,959 | Enigiemand in paragraaf (a) bedoel wat opsetlik versuim om die Registrateur van enige verandering beoog in daardie paragraaf in kennis te stel, is skuldig aan 'n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,960 | weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot gevangenisstraf, periodieke gevangenisstraf, korrektiewe toesig of tot gevangenisstraf in artikel 276 (i) van die Strafproseswet, 1977, beoog, sonder die keuse van 'n boete vir 'n tydperk van ses maande of minder, ongeag of die vonnis opgeskort is of nie, op aansoek soos in subartikel beoog, uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van sewe jaar verstryk het sedert die persoon uit die gevangenis vrygelaat is of die tydperk van opskorting verstryk het; of iii na bewering 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg het ten opsigte van wie 'n hof, hetsy voor of na die inwerkingtreding van hierdie Hoofstuk, 'n bevinding ingevolge artikel 776 of 786 van die Strafproseswet, 1977, gemaak en 'n lasgewing uitgereik het, op aansoek soos in subartikel 3 beoog uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van vyf jaar verstryk het sedert die persoon van die betrokke geestesongesteldheid of -gebrek herstel het en ingevolge die ''Mental Health Care Act, 2002'' Wet No. 17 van 2002, vrygestel is van enige beperkings wat op hom of haar geplaas is; of b wat weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot 'n mindere vorm van straf of 'n hofbevel, op aansoek soos in subartikel 3 beoog, uit die Register verwyder word nadat 'n tydperk van vyf jaar verstryk het sedert die besonderhede van daardie persoon in die Register opgeneem is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,961 | weens die skuldigbevinding aan 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gevonnis is tot gevangenisstraf, periodieke gevangenisstraf, korrektiewe toesig of tot gevangenisstraf in artikel 276 (i) van die Strafproseswet, 1977, beoog, sonder die keuse van 'n boete vir 'n tydperk wat agtien maande oorskry, ongeag of die vonnis opgeskort is of nie; of twee of meer veroordelings van 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, het, mag nie uit die Register verwyder word nie. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,962 | a Iemand wat in een van die kategorieë in subartikel 1 beoog, val, kan op die voorgeskrewe wyse by die Registrateur aansoek doen om sy of haar besonderhede uit die Register te laat verwyder. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,963 | Die Registrateur moet, na oorweging van die aansoek, die besonderhede van die persoon in paragraaf (a) beoog, uit die Register verwyder, tensy daar 'n ondersoek of 'n klag oor 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind of 'n persoon wat verstandelik gestremd is, teen die betrokke persoon aanhangig is en die betrokke saak of ondersoek nog nie afgehandel is nie, in welke geval die. nalisering van die aansoek uitgestel moet word totdat die Registrateur, op die voorgeskrewe wyse, in kennis gestel is van die uitslag van die ondersoek of saak. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,964 | Die Registrateur kan, op versoek van iemand wie se besonderhede in die Register opgeneem is, daardie besonderhede uit die Register verwyder indien die Registrateur oortuig is dat die besonderhede duidelik foutiewelik in die Register opgeneem is. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,965 | vir die doel om uitvoering te gee aan die bepalings van hierdie Hoofstuk; of wanneer deur enige bevoegde hof vereis word om dit te doen. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,966 | Behalwe in die mate wat dit nodig mag wees vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, is die Registrateur en enige ander persoon wat die Registrateur met die uitvoering van sy of haar bevoegdhede, pligte en werksaamhede bystaan, wat opsetlik enige inligting aan 'n ander persoon openbaar, skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,967 | a vir die doel om uitvoering te gee aan die bepalings van hierdie Hoofstuk; of wanneer deur enige bevoegde hof vereis word om dit te doen, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,968 | Behalwe in die mate wat dit nodig mag wees vir doeleindes van hierdie Hoofstuk, is enigiemand wat opsetlik enige inligting wat hy of sy as gevolg van 'n aansoek in artikel 44 beoog, of op enige ander wyse, verkry het, aan 'n ander persoon openbaar of publiseer, skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,969 | die wyse waarop die persone in artikel 44 genoem, by die Registrateur om 'n serti. |
1,070 | GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt | 19,970 | die formaat en inhoud van die serti. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.