document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,971
persone wat ingevolge artikel 44 vir 'n serti.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,972
die tydperk waarbinne 'n serti.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,973
die bewaring van en beskikking oor rekords; en enige aangeleentheid in hierdie Hoofstuk ten opsigte waarvan regulasies vereis word of nodig mag wees.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,974
Die bepalings van hierdie Hoofstuk is met die nodige veranderinge van toepassing op die kategorie werkgewers en werknemers wat in hulle diens is vanaf die datum van publikasie van die regulasies in subartikel (k) beoog.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,975
Regulasies wat ingevolge subartikel uitgevaardig is, kan, ten opsigte van enige oortreding daarvan of versuim om daaraan te voldoen, 'n boete of gevangenisstraf van hoogstens 12 maande as 'n straf voorskryf.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,976
n Regulasie ingevolge hierdie artikel uitgevaardig, moet minstens 30 dae voor publikasie daarvan in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,977
Iemand wat kennis daarvan dra dat 'n seksuele misdryf teenoor 'n kind gepleeg is, moet sodanige kennis onmiddellik by 'n polisiebeampte aanmeld.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,978
Iemand wat versuim om sodanige kennis soos in paragraaf (a) beoog, aan te meld, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,979
a Iemand wat kennis daarvan dra of 'n redelike oortuiging of vermoede het dat 'n seksuele misdryf teenoor 'n persoon wat verstandelik gestremd is, gepleeg is, moet sodanige kennis, oortuiging of vermoede onmiddellik by 'n polisiebeampte aanmeld.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,980
Iemand wat versuim om sodanige kennis, oortuiging of vermoede soos in paragraaf (a) beoog, aan te meld, is skuldig aan 'n misdryf en by skuldigbevinding strafbaar met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,981
Iemand wat te goeder trou sodanige oortuiging of vermoede aanmeld, is nie siviel of strafregtelik aanspreeklik as gevolg van sodanige aanmelding nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,982
met enigiemand anders saamsweer; of aan iemand anders hulp verleen of so iemand bystaan, oorhaal, aanspoor, aanhits, opdrag gee, beveel, adviseer of beweeg, om 'n seksuele misdryf ingevolge hierdie Wet te pleeg, is aan 'n misdryf skuldig en kan by skuldigbevinding gestraf word met die straf waarmee 'n persoon wat weens die werklike pleging van daardie misdryf skuldig bevind is, gestraf kan word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,983
Wanneer 'n beskuldigde persoon aangekla word van 'n misdryf kragtens artikel 3, 4, 5, 6 of 7, is dit nie 'n geldige verweer vir daardie beskuldigde persoon om aan te voer dat 'n huweliks-of ander verhouding tussen hom of haar en die klaagster of klaer bestaan of bestaan het nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,984
artikel 15 of 16, is dit, behoudens subartikel , 'n geldige verweer teen sodanige aanklag om aan te voer dat die kind die beskuldigde persoon mislei het om te glo dat, ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf, hy of sy 16 jaar of ouer was en dat die beskuldigde persoon redelikerwys geglo het dat die kind 16 jaar of ouer was; of artikel 16, is dit 'n geldige verweer teen sodanige aanklag om aan te voer dat beide die beskuldigde persone kinders was en dat die ouderdomsverskil tussen hulle, ten tyde van die beweerde pleeg van die misdryf, nie meer as twee jaar was nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,985
Die bepalings van subartikel (a) is nie van toepassing nie indien die beskuldigde persoon binne die verbode bloedskendige grade van bloedverwantskap, aanverwantskap of deur 'n aannemingsverhouding aan die kind verwant is.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,986
A onder die ouderdom van 18 jaar was; en die ander persoon (''B'') in 'n posisie van mag of gesag teenoor A gestaan het of 'n vertrouensverhouding tussen A en B bestaan het.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,987
n kind is; en nie iemand in artikel 17 en of 23 en beoog, na gelang van die geval, is nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,988
die beskuldigde persoon geglo het dat die persoon wat gewys word in die aanbieding wat beweer word kinderpornogra.e te wees, 18 jaar of ouer was of uitgebeeld was as 18 jaar of ouer tensy die beskuldigde redelike stappe gedoen het om die ouderdom van die persoon vas te stel; en alle redelike stappe gedoen het om te verseker dat, waar die persoon 18 jaar of ouer is, die aanbieding nie die persoon as jonger as 18 jaar uitbeeld nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,989
die misdryf gepleeg het met die bedoeling om. nansieel daaruit voordeel te trek of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel daaruit te ontvang; of nansieël voordeel uit die pleeg van die misdryf getrek het of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel daaruit ontvang het, as 'n verswarende faktor in ag neem.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,990
Iemand kan nie aan 'n misdryf ingevolge artikel 9 of 22 skuldig bevind word nie, indien daardie persoon sodanige handeling pleeg in voldoening aan en in die belang van 'n regmatige kulturele gebruik.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,991
Ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet is 'n manlike of vroulike persoon onder die ouderdom van 12 jaar, onbevoeg om tot 'n seksuele handeling toe te stem.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,992
Ondanks andersluidende bepalings van enige ander wet is 'n persoon wat verstandelik gestremd is, onbevoeg om tot 'n seksuele handeling toe te stem.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,993
Getuienis met betrekking tot vorige gelykluidende verklarings deur 'n klaer of klaagster is toelaatbaar in strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is: Met dien verstande dat die hof geen a.eiding mag maak bloot op grond van die afwesigheid van sodanige vorige gelykluidende verklarings nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,994
In strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is, mag die hof geen a.eiding maak bloot op grond van enige vertraging tussen die beweerde pleeg van sodanige misdryf en die aanmelding daarvan nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,995
Ondanks die bepalings van enige ander wet mag 'n hof nie die getuienis van 'n klaer of klaagster in strafregtelike verrigtinge waarby die beweerde pleeg van 'n seksuele misdryf betrokke is en wat voor daardie hof hangende is, met versigtigheid bejeën op grond van die aard van die misdryf nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,996
n maatskappy is wat as sodanig in die Republiek ingelyf is of geregistreer is kragtens enige wet; of enige liggaam van persone in die Republiek, ingelyf of oningelyf.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,997
persoon binne die Republiek gevind word; en persoon om een of ander rede nie deur die Republiek uitgelewer word nie of indien daar geen aansoek is om daardie persoon uit te lewer nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,998
by die plek waar die klaer of klaagster gewoonlik woonagtig is; of by die beskuldigde persoon se hoofplek van besigheid.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
19,999
Geen vervolging mag ingevolge hierdie artikel teen 'n persoon ingestel word nie met betrekking tot gedrag wat die grondslag van 'n misdryf kragtens hierdie Wet uitgemaak het ten opsigte waarvan sodanige persoon reeds deur 'n hof van 'n ander jurisdiksie veroordeel of vrygespreek is.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,000
Die instelling van 'n vervolging ingevolge hierdie artikel moet skriftelik deur die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings gemagtig word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,001
die implementering, toepassing en administrasie van hierdie Wet te lei; en dienslewering soos in hierdie Wet beoog, te versterk deur die ontwikkeling van 'n plan wat progressief gestalte gee aan dienste vir slagoffers van seksuele misdrywe behoudens beskikbare bronne.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,002
binne vyf jaar na publisering daarvan in die Staatskoerant en daarna minstens een keer elke vyf jaar hersien; en wanneer nodig, wysig, in welke geval sodanige wysigings in die Parlement ter tafel gelê en in die Staatskoerant gepubliseer moet word soos in paragraaf (b) beoog.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,003
n Komitee wat as die Inter-sektorale Komitee vir die Bestuur van Seksuele Misdryf-aangeleenthede bekend sal staan, word hierby ingestel.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,004
die Direkteur-generaal: Gesondheid; en die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,005
Die lede van die Komitee kan 'n sekundus aanwys om namens hulle 'n vergadering van die Komitee by te woon.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,006
a Die lede van die Komitee moet een van die lede as ondervoorsitter van die Komitee aanwys, en wanneer die voorsitter nie beskikbaar is nie, moet die ondervoorsitter as voorsitter optree.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,007
die wyse waarop polisiebeamptes die uitslag van aansoeke wat ingevolge artikel 31 of 32 gedoen en toegestaan is, moet hanteer ten einde vertroulikheid te verseker; en vi die wyse waarop polisiebeamptes die toetsuitslae aan die slagoffer of die belanghebbende persoon, na gelang van die geval, en aan die beweerde oortreder moet oorhandig.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,008
sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en b Indien die voorsitter en ondervoorsitter nie beskikbaar is nie, moet die lede wat by n vergadering teenwoordig is, uit hul eie geledere 'n persoon kies om by daardie vergadering voor te sit.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,009
gehou word op die tyd en plek deur die voorsitter bepaal.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,010
Die prosedure, met inbegrip van die wyse waarop besluite geneem word wat by vergaderings van die Komitee gevolg moet word en die wyse waarop die Komitee sy sake moet behartig, moet deur die Komitee bepaal word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,011
daaroor verslag doen.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,012
beleidsraamwerk en hierdie Wet aan hulle toevertrou is; en d vir die monitering van die implementering van die nasionale beleidsraamwerk en van hierdie Wet.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,013
Die Komitee kan aanbevelings aan die Minister doen met betrekking tot die wysiging van die nasionale beleidsraamwerk.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,014
hierdie Wet aan die Parlement voorlê; en b sodanige verslae elke jaar daarna aan die Parlement voorlê.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,015
publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,016
vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel as moontlik polisiebeamptes in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,017
die rekord van die toetsuitslae aan 'n staatsaanklaer beskikbaar moet stel; en iii die toetsuitslae in artikel 331e beoog, moet vernietig soos in artikel 332b beoog, ten einde die vertroulikheid van sodanige toetsuitslae te verseker.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,018
a Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet, in oorleg met die Minister en na oorlegpleging met die Nasionale Kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Korrektiewe Dienste en die Direkteurs-generaal: Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling, voorskrifte uitreik en in die Staatskoerant publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,019
die omstandighede waaronder die vervolging die hof moet versoek om 'n verbod te oorweeg dat die identiteit van die klaer of klaagster in die saak of van die klaer of klaagster se familie soos in artikel 154 van die Strafproseswet, 1977, beoog, nie gepubliseer mag word nie, met inbegrip van 'n verbod op die publikasie van inligting wat tot die identi.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,020
viii die inligting wat tydens vonnisoplegging voor 'n hof geplaas moet word, met inbegrip van voorvonnisverslae en inligting oor die impak van die seksuele misdryf op die klaer of klaagster; en ix die wyse waarop staatsaanklaers moet verseker dat 'n bevel in artikel 50 (a) bedoel (wat handel met 'n hofbevel om die beskuldigde se naam in die Register op te neem) aangestuur word na en ontvang word deur die Registrateur van die Nasionale Register vir Seks-oortreders.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,021
sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en iii vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel as moontlik staatsaanklaers in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,022
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet, in oorleg met die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, voorskrifte uitreik en in die Staatskoerant publiseer aangaande die wyse waarop staatsaanklaers en ander beamptes in die nasionale vervolgingsgesag die MIV-toetsuitslae wat deur polisiebeamptes ingevolge artikel 33 (e)(ii) geopenbaar is, moet hanteer ten einde die vertroulikheid van sodanige toetsuitslae te verseker.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,023
a Die Direkteur-generaal: Gesondheid moet, in oorleg met die Minister van Gesondheid en na oorlegpleging met die Direkteurs-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling en Maatskaplike Ontwikkeling en die Nasionale Kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Korrektiewe Dienste, voorskrifte in die Staatskoerant publiseer aangaande alle aangeleenthede wat redelikerwys nodig of gerie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,024
die toediening van Na-Blootstellingspro.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,025
die wyse waarop die aanmelding van 'n beweerde seksuele misdryf hanteer moet word indien die misdryf by 'n aangewese openbare gesondheidsinstelling aangemeld word; en die wyse waarop bystand in die algemeen verleen moet word in die ondersoek en vervolging van seksuele misdrywe.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,026
sosiale konteksopleiding ten opsigte van seksuele misdrywe moet insluit; en iii vir eenvormige norme, standaarde en prosedures voorsiening moet maak en dit moet bevorder, ten einde te verseker dat soveel moontlik mediese praktisyns en ander tersaaklike persone in staat is om seksuele misdryfsake op 'n gepaste, doeltreffende en sensitiewe wyse te hanteer.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,027
Voor publikasie in die Staatskoerant aan die Parlement voorgelê word binne ses maande na die inwerkingtreding van hierdie artikel; en ii in die Staatskoerant gepubliseer word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,028
Paragraaf (a) is met die veranderinge wat deur die konteks vereis word van toepassing op enige nuwe of gewysigde nasionale opdragte of voorskrifte wat ingevolge hierdie artikel uitgereik is.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,029
a Die opleidingskursusse in hierdie artikel beoog, moet binne ses maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet in die Parlement ter tafel gelê word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,030
Die kabinetslede wat vir veiligheid en sekuriteit, regspleging en gesondheid verantwoordelikheid is, moet binne 'n jaar na die inwerkingtreding van hierdie Wet en elke 12 maande daarna, 'n verslag in die Parlement ter tafel lê met betrekking tot die implementering van die opleidingskursusse.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,031
Enige nuwe of gewysigde opleidingskursusse wat ingevolge hierdie artikel ontwikkel is, moet binne 14 dae na die. nalisering daarvan in die Parlement ter tafel gelê word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,032
die inter-sektorale implementering van hierdie Wet; en enige ander aangeleentheid wat nodig of gerie.ik is om voor te skryf ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik of te bevorder.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,033
die onweerlegbare vermoede dat 'n vroulike persoon onder die ouderdom van 12 jaar onbevoeg is om in te stem tot geslagsgemeenskap; en die misdrywe van verkragting, onsedelike aanranding, bloedskande, bestialiteit en lykskending, in die mate wat dit verband hou met die pleeg van 'n seksuele handeling met 'n lyk, word hierby herroep.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,034
Die wette in die Bylae vermeld, word herroep of gewysig in die mate in die derde kolom van die Bylae aangedui.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,035
Alle strafregtelike verrigtinge met betrekking tot die gemeneregtelike misdrywe in artikel 68 (b) bedoel wat voor die inwerkingtreding van hierdie Wet ingestel is en wat nie voor die inwerkingtreding van hierdie Wet afgehandel is nie, moet in alle opsigte voortgaan en afgehandel word asof hierdie Wet nie aangeneem is nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,036
n Ondersoek of vervolging of enige ander geregtelike verrigtinge ten opsigte van gedrag wat een van die gemeneregtelike misdrywe in artikel 68 (b) bedoel, sou uitmaak en wat 'n aanvang geneem het voor die inwerkingtreding van hierdie Wet, kan afgehandel, ingestel of mee voortgegaan word asof hierdie Wet nie aangeneem is nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,037
Ondanks die herroeping of wysiging van enige wetsbepaling deur hierdie Wet, bly sodanige bepaling, vir doeleindes van die beskikking oor enige ondersoek, vervolging of enige strafregtelike of geregtelike verrigtinge in subartikel of beoog, van krag asof sodanige bepaling nie herroep of gewysig is nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,038
die misbruik van mag of van 'n posisie van kwesbaarheid, in die mate wat die klaer daarvan weerhou word om sy of haar onwilligheid of teenstand om mee handel gedryf te word, of om aan so 'n daad deel te neem, aan te dui; of vii die toekenning of ontvangs van betalings, vergoeding, beloning, voordele of enige ander voordeel, vir doeleindes van enige vorm of wyse van uitbuiting, aanvoring of misbruik van 'n seksuele aard van sodanige mens, met inbegrip van die pleeg van enige seksuele misdryf of enige misdryf van 'n seksuele aard in enige ander wet vervat teenoor sodanige mens, hetsy dit binne of buite die grense van die Republiek gepleeg word, en het ''handeldryf'' en ''handelgedryf'' 'n ooreenstemmende betekenis; en b ''kommersiële vervoerder'' 'n maatskappy, of die eienaar, operateur of gesagvoerder van enige vorm van vervoer, wat gemoeid is met die vervoer van goedere of mense vir kommersiële gewin, in.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,039
Iemand (''A'') wat met enige ander persoon (''B''), sonder die toestemming van B, handeldryf, is skuldig aan die misdryf van mensehandel vir seksuele doeleindes.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,040
enige handeling verrig wat daarop gemik is om sodanige handeldrywing te pleeg, te veroorsaak, teweeg te bring, aan te moedig, te bevorder, daartoe by te dra of daaraan deel te neem; of enige ander persoon aanspoor, aanhits, beveel, bystaan, adviseer, werf, aanmoedig of verkry om sodanige handeldrywing te pleeg, te veroorsaak, teweeg te bring, te bevorder, te bedryf of daartoe by te dra of daaraan deel te neem, is skuldig aan 'n misdryf van betrokkenheid in mensehandel vir seksuele doeleindes.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,041
By die toepassing van subartikel , beteken ''toestemming'' vrywillige of ongedwonge instemming.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,042
n kind onder die ouderdom van 12 jaar is; of n persoon wat verstandelik gestremd is.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,043
Iemand met wie handelgedryf is, mag vir geen strafregtelike misdryf, met inbegrip van enige migrasieverwante misdryf, verhoor word nie indien dit gepleeg is as 'n direkte gevolg van om mee handelgedryf te word.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,044
a 'n Kommersiële vervoerder pleeg 'n misdryf indien die vervoerder iemand in die Republiek bring of iemand uit die Republiek verwyder en die persoon, by aankoms of vertrek uit die Republiek, nie oor die reisdokumente beskik wat vir wettige toegang tot of vertrek uit die Republiek vereis word nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,045
Republiek vereis word, beskik het toe daardie persoon die vervoermiddel om na of van die Republiek te reis, bestyg het of laaste bestyg het; of iii toegang tot die Republiek verkry is bloot op grond van siekte of 'n besering aan n kind of volwassene aan boord, weerstoestande of ander omstandighede buite die beheer van die kommersiële vervoerder.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,046
c 'n Kommersiële vervoerder is, benewens vir enige misdryf kragtens hierdie artikel, aanspreeklik vir die koste van die versorging en veilige bewaring en terugkeer uit die Republiek van die persoon met wie handelgedryf is.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,047
vervoerder die koste in paragraaf (c) beoog, moet betaal.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,048
President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,049
President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,050
Wet 32 van 1944 Wet op Landdroshowe 1. Die wysiging van artikel 89 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Die hof, behalwe die hof van 'n streekafdeling, het jurisdiksie ten opsigte van alle misdrywe behalwe hoogverraad, moord, [en] verkragting en gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikels 3 en 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007.". 2. Bylae 2 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 2 Misdrywe ten opsigte waarvan regterlike beamptes ingevolge artikel 93ter deur twee assessore bygestaan moet word: 1. Moord. 2. Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007. 3. Roof, indien die slagoffer 'n ernstige liggaamlike besering toegedien is. 4. Aanranding, indien die slagoffer 'n ernstige liggaamlike besering toegedien is. [5. Onsedelike aanranding.]".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,051
Wet 23 van 1957 Wet op Seksuele Misdrywe 1. Die wysiging van artikel 1 deur na die omskrywing van "polisiebeampte" die volgende omskrywing in te voeg: '"vrouspersoon" beteken 'n vroulike persoon van 18 jaar en ouer;'". 2. Die vervanging van subartikel 1 van artikel 12A deur die volgende subartikel: "1 Iemand wat, met die opset of terwyl hy redelikerwys die moontlikheid moes voorsien het dat 'n persoon, wat 18 jaar of ouer is, met 'n ander persoon ontug of 'n onsedelike daad teen vergoeding kan pleeg, enige handeling teen vergoeding verrig wat bereken is om bedoelde ander persoon in staat te stel om met so 'n persoon, wat 18 jaar of ouer is, in verbinding te tree, is aan 'n misdryf skuldig.". 3. Artikel 19 word deur die volgende artikel vervang: "19.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,052
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging kleding of op 'n onbehoorlike wyse by enige deur of venster of op enige plek waar hy of sy gesien kan word van enige publieke straat of plek of in enige plek waartoe die publiek toegang het, is aan 'n misdryf skuldig. 2 Iemand, 18 jaar of ouer, wat homself of haarself opsetlik en openlik vertoon in onbehoorlike kleding of op 'n onbehoorlike wyse by enige deur of venster of op enige plek waar hy of sy gesien kan word van enige publieke straat of plek of in enige plek waartoe die publiek toegang het, is aan 'n misdryf skuldig.". 4. Artikel 20 word gewysig deur-- a subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 Iemand wat-- a wetens heeltemal of gedeeltelik van die opbrengs van prostitusie leef; aAontug of 'n onsedelike daad met 'n ander persoon teen vergoeding pleeg; of bin die openbaar 'n onsedelike daad met 'n ander persoon pleeg; of c op enige manier in die openbaar of in afsondering help om die pleeg deur 'n persoon van enige onsedelike daad met 'n ander persoon te bewerkstellig, of enige vergoeding daarvoor ontvang, is skuldig aan 'n misdryf."; en b deur die volgende subartikel na subartikel 1 in te voeg: "1A Iemand, 18 jaar of ouer, wat-- a ontug of 'n onsedelike daad met 'n ander persoon teen vergoeding pleeg; of b in die openbaar 'n onsedelike daad met 'n ander persoon pleeg, is skuldig aan 'n misdryf.". 5. Artikel 22 word deur die volgende artikel vervang: "Strafbepalings 22.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,053
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging van hoogstens vyf jaar, of, as die betrokke kind 'n seun onder die ouderdom van 14 jaar of 'n meisie onder die ouderdom van 12 jaar is, vir lewenslank; c d in die geval van 'n in artikel 11, 12A of 18 bedoelde misdryf, met 'n boete, of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar; e in die geval van 'n in artikel 10 of 121 of 13 1 bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens sewe jaar; f in die geval van 'n in artikel 141, 143, 15 of 17 bedoelde misdryf, met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses jaar met of sonder 'n boete van hoogstens R12000 benewens bedoelde gevangenisstraf; g in die geval van 'n in artikel 18A, 19, 201bof c of 20A1 19 of 201c of 1Ab bedoelde misdryf, met 'n boete van hoogstens R4 000 of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens twee jaar of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf.. 3. Die herroeping van artikels 9, 11, 122, 13, 14, 15, 18, 18A en 20A.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,054
Wet 8 van 1959 Wet op Korrektiewe Dienste 1. Bylae 2 word deur die volgende Bylae vervang: "Bylae 2 Artikel 29 5 Moord Verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007 Roof waar die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen of die toediening van 'n ernstige liggaamlike besering of die roof van 'n motorvoertuig betrokke is Aanranding met die opset om ernstig te beseer, of wanneer 'n gevaarlike wond toegedien word [Aanranding van 'n seksuele aard] Seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007 Menseroof 'n Misdryf kragtens 'n wet betreffende die onwettige vervoer of verskaffing van afhanklikheidsvormende medisyne. 'n Sameswering, uitlokking of poging om 'n in hierdie Bylae bedoelde misdryf te pleeg.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,055
Wet 68 van 1969 Verjaringswet 1. Die wysiging van artikel 1-- (a) deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Behoudens die bepalings van subartikels , [en] en , begin verjaring loop sodra die skuld opeisbaar is."; en (b) deur na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Verjaring begin nie loop ten opsigte van 'n skuld wat gegrond is op die pleeg van 'n beweerde seksuele misdryf, soos beoog in artikels 3, 4, 17, 18 , 20 , 23, 24 , 26 en 71 of van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, gedurende die tyd waarin die skuldeiser, vanweë sy of haar geestelike of psigologiese toestand, nie daartoe in staat is om verrigtinge in te stel nie.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,056
Wet 51 van 1977 Strafproseswet 1. Artikel 18 word deur die volgende artikel vervang: Verjaring van reg om vervolging in te stel 18.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,057
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging verval by verstryking van 'n tydperk van 20 jaar vanaf die tyd toe die misdryf gepleeg is, tensy 'n ander tydperk regtens uitdruklik daarvoor bepaal word.". 2. Die wysiging van artikel 77 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " (a) Indien die hof wat regsbevoegdheid ingevolge artikel 75 het om die saak te verhoor, bevind dat die beskuldigde nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy of sy sy of haar verdediging na behore kan voer nie, kan die hof indien hy van oordeel is dat dit in die belang van die beskuldigde is, met inagneming van die aard van die beskuldigde se onbevoegdheid soos beoog in subartikel , en tensy dit op 'n oorwig van waarskynlikheid bewys kan word dat op die beperkte getuienis beskikbaar, die beskuldigde die gewraakte handeling gepleeg het, gelas dat die inligting of getuienis voor die hof geplaas word wat hy goeddink ten einde vas te stel of die beskuldigde die gewraakte handeling gepleeg het en gelas dat die beskuldigde-- (i) in die geval van 'n aanklag van moord of strafbare manslag of verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, of 'n aanklag waarby ernstige geweld betrokke is of waar dit na die hof se oordeel in die openbare belang nodig is, indien die hof bevind dat die beskuldigde die gewraakte handeling of enige ander misdryf waarby ernstige geweld betrokke is, gepleeg het, in 'n psigiatriese hospitaal of 'n gevangenis aangehou word hangende die beslissing van 'n regter in kamers ingevolge artikel 47 van die 'Mental Health Care Act, 2002'; of (ii) waar die hof bevind dat die beskuldigde 'n ander misdryf as die een bedoel in subparagraaf (i) gepleeg het of dat hy of sy geen misdryf gepleeg het nie-(aa) opgeneem en aangehou word by 'n in die bevel vermelde inrigting asof hy of sy 'n 'involuntary mental health care user' beoog in artikel 37 van die 'Mental Health Care Act, 2002', is, (bb) en indien die hof aldus gelas nadat die beskuldigde op die aanklag gepleit het, is die beskuldigde nie kragtens artikel 106 geregtig om ten opsigte van die betrokke aanklag vrygespreek of skuldig bevind te word nie.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,058
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging b Indien die hof 'n bevinding ingevolge paragraaf a maak nadat die beskuldigde aan die ten laste gelegde misdryf skuldig bevind is maar voordat vonnis opgelê word, stel die hof die skuldigbevinding tersyde, en indien die beskuldigde skuldig gepleit het, word daar geag dat hy onskuldig gepleit het.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,059
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging aa opgeneem en aangehou word by 'n in die bevel vermelde inrigting en behandel asof hy of sy 'n 'involuntary mental health care user' beoog in artikel 37 van die 'Mental Health Care Act, 2002', is; bb cc ontslaan word onderworpe aan sulke voorwaardes as wat die hof nodig ag; of dd onvoorwaardelik ontslaan word.". 4. Die wysiging van artikel 79 deur subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 Waar 'n hof 'n lasgewing ingevolge artikel 771 of 782 uitreik, word die betrokke ondersoek ingestel en oor verslag gedoen-- a waar die beskuldigde aangekla word weens 'n ander misdryf as 'n misdryf vermeld in paragraaf b, deur die geneeskundige superintendent van 'n psigiatriese hospitaal deur die hof aangewys, of deur 'n psigiater deur bedoelde geneeskundige superintendent op versoek van die hof aangestel; of b waar die beskuldigde aangekla word van moord of strafbare manslag of verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, of van 'n ander aanklag waarby ernstige geweld betrokke is, of waar dit na die hof se oordeel in die openbare belang nodig is, of waar die hof in 'n spesifieke geval so gelas-- i deur die geneeskundige superintendent van 'n psigiatriese hospitaal deur die hof aangewys, of deur 'n psigiater deur so 'n geneeskundige superintendent aangewys op versoek van die hof; ii deur 'n psigiater aangewys deur die hof en wat nie in voltydse diens van die Staat is nie; iii deur 'n psigiater vir die beskuldigde deur die hof aangestel; en iv deur 'n kliniese sielkundige waar die hof so gelas.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,060
Die wysiging van artikel 153 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " In strafregtelike verrigtinge betreffende 'n aanklag dat die beskuldigde-- (a) 'n [onsedelike daad] seksuele misdryf soos beoog in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg; (b) 'n handeling verrig het of gepoog het om 'n handeling te verrig ten einde die pleging van 'n [onsedelike daad] seksuele misdryf soos beoog in artikel 1 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon [te bewerkstellig of] te bevorder; of (c) afpersing of 'n statutêre misdryf dat hy van 'n ander persoon 'n voordeel geëis het wat nie verskuldig was nie en, deur vrees in die gemoed van so 'n ander persoon in te boesem, hom gedwing het om bedoelde voordeel te lewer, gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg, kan die hof voor wie bedoelde verrigtinge hangende is, op versoek van so 'n ander persoon of, as hy 'n minderjarige is, op versoek van sy ouer of voog, gelas dat iemand wie se teenwoordigheid by die verrigtinge nie noodsaaklik is nie of 'n persoon of kategorie persone in die versoek vermeld, nie by die verrigtinge teenwoordig mag wees nie: Met dien verstande dat uitspraak gelewer en vonnis opgelê word in die ope hof indien die hof van oordeel is dat die identiteit van die ander persoon wat betrokke is, nie daardeur geopenbaar sal word nie.". 6.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,061
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf."; en (b) deur die volgende subartikel by te voeg: " Die bepalings van artikel 300 is, met die veranderinge deur die konteks vereis, van toepassing by die skuldigbevinding van iemand ingevolge subartikel en indien-- (a) die strafregtelike verrigtinge wat tot die publikasie van inligting of die openbaring van identiteit soos in daardie subartikel beoog aanleiding gegee het, verband hou met 'n aanklag dat 'n beskuldigde persoon 'n seksuele handeling soos beoog in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, teenoor of in verband met 'n ander persoon gepleeg het of gepoog het om dit te pleeg of 'n handeling verrig het of gepoog het om 'n handeling te verrig ten einde die pleging van 'n seksuele handeling soos in daardie Wet beoog teenoor of in verband met 'n ander persoon te bewerkstellig of te bevorder; en (b) die ander persoon in paragraaf (a) bedoel enige fisiese, psigologiese of ander skade of verlies aan inkomste of onderhoud gely het.". 7. Die wysiging van artikel 158 deur na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Die hof moet onmiddellik na die weiering van 'n aansoek deur die staatsaanklaer om 'n kinderklaer onder die ouderdom van 14 jaar toe te laat om getuienis by wyse van geslotekringtelevisie of 'n soortgelyke elektroniese medium af te lê, redes vir sodanige weiering verskaf, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.". 8. Die wysiging van artikel 164 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Iemand wat[, weens onkunde voortspruitende uit jeugdigheid, gebrekkige opvoeding of ander oorsaak,] bevind word nie die aard en betekenis van die eed of die bevestiging te begryp nie, kan toegelaat word om in strafregtelike verrigtinge getuienis af te lê sonder om dit onder eed te doen of te bevestig: Met dien verstande dat so iemand, in plaas van die eed of bevestiging, deur die voorsittende regter of regterlike amptenaar gewaarsku moet word om die waarheid[, die hele waarheid en net die waarheid] te praat.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,062
Die wysiging van artikel 170A deur-- (a) die vervanging van subartikel deur die volgende subartikel: " Wanneer strafregtelike verrigtinge voor 'n hof hangende is en dit aan daardie hof blyk dat dit 'n getuie onder die biologiese of verstandsouderdom van agtien jaar aan onredelike geestespanning of -lyding sal blootstel indien hy of sy by daardie verrigtinge getuig, kan die hof, behoudens subartikel , 'n bevoegde persoon as tussenganger aanstel ten einde so 'n getuie in staat te stel om sy of haar getuienis deur bemiddeling van daardie tussen-ganger af te lê."; (b) na subartikel die volgende subartikels by te voeg: " Die hof moet onmiddellik na die weiering van 'n aansoek of versoek deur die staatsaanklaer om die aanstelling van 'n tussenganger ten opsigte van kinderklaers onder die ouderdom van 14 jaar, redes vir sodanige weiering verskaf, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word. 'n Tussenganger in subartikel bedoel, moet aangesê word om op 'n bepaalde datum, plek en tyd in die hof te verskyn om as tussenganger op te tree. Indien 'n tussenganger wat deur die hof aangestel is by die aanvang of tydens enige stadium voor die voltooiing van die betrokke verrigtinge-- (a) om enige rede afwesig is; (b) na die oordeel van die hof onbekwaam raak om as tussenganger op te tree; of (c) te sterwe kom, kan die hof, in die belang van geregtigheid en na behoorlike oorweging van die betoë deur die beskuldigde persoon en die aanklaer gelewer-- (i) die verrigtinge uitstel ten einde die tussenganger se teenwoordigheid te bekom; (ii) die tussenganger aansê om voor die hof te verskyn om redes aan te voer vir sy of haar afwesigheid; (iii) gelas dat die aanstelling van die tussenganger teruggetrek word en 'n ander tussenganger aanstel; of (iv) gelas dat die aanstelling van die tussenganger teruggetrek word en dat die verrigtinge in die afwesigheid van 'n tussenganger moet voortgaan. Die hof moet onmiddelik redes verskaf vir 'n lasgewing in subartikel (iv) bedoel, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,063
Die wysiging van artikel 195 deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Die eggenote of eggenoot van 'n beskuldigde is bevoeg maar nie verpligbaar nie om getuienis vir die vervolging in strafregtelike verrigtinge af te lê, maar is bevoeg en verpligbaar om getuienis vir die vervolging in sulke verrigtinge af te lê waar die beskuldigde aangekla word van-- (a) 'n misdryf gepleeg teen die persoon van die een of die ander van hulle of van 'n kind van die een of die ander van hulle of van 'n kind wat in die sorg van die een of die ander van hulle is; (b) 'n misdryf ingevolge Hoofstuk 8 van die Wet op Kindersorg, 1983 (Wet No 74 van 1983), ten opsigte van 'n kind van die een of die ander van hulle gepleeg; (c) 'n oortreding van 'n bepaling van artikel 31 van die Wet op Onderhoud, 1998, of van so 'n bepaling soos deur 'n ander wet toegepas; (d) bigamie; (e) bloedskande soos in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, beoog; (f) ontvoering; (g) 'n oortreding van 'n bepaling van artikel 2, 8, [9,] 10, [11,] 12, 12A, [13,] 17 of 20 van die Wet op Seksuele Misdrywe, 1957 (Wet No 23 van 1957); (gA) 'n oortreding van enige bepaling van artikel 17 of 23 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (h) meineed gepleeg in verband met of vir die doeleindes van geregtelike stappe wat deur een van hulle teen die ander ingestel is of ingestel staan te word of beoog word, of in verband met of vir die doeleindes van strafregtelike stappe ten opsigte van 'n misdryf in hierdie subartikel bedoel; (i) die wetteregtelike misdryf van die aflê van 'n valse verklaring in 'n beëdigde of 'n bevestigde, plegtige of geattesteerde verklaring, indien dit afgelê is in verband met of vir die doeleindes van enige van die in paragraaf (h) bedoelde stappe.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,064
Artikel 227 word deur die volgende artikel vervang: Getuienis van karakter en vorige seksuele ervaring 227. Getuienis betreffende die karakter van 'n beskuldigde of betreffende die karakter van enigiemand teenoor of in verband met wie daar beweer word dat 'n seksuele misdryf soos beoog in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, gepleeg is, is, behoudens die bepalings van subartikel , toelaatbaar of ontoelaatbaar indien sodanige getuienis op die 30ste dag van Mei 1961 toelaatbaar of ontoelaatbaar sou gewees het. Geen getuienis betreffende enige vorige seksuele ervaring of gedrag van enigiemand teenoor of in verband met wie daar beweer word dat 'n seksuele misdryf gepleeg is, behalwe getuienis betreffende seksuele ervaring of gedrag ten opsigte van die misdryf wat verhoor word, word aangevoer nie, en geen getuienis of ondervraging in kruisverhoor betreffende sodanige seksuele ervaring of gedrag word aan so iemand, die beskuldigde of enige ander getuie by die verrigtinge voor die hof hangend, gestel nie, tensy-- (a) die hof, op aansoek van enige party by die verrigtinge, verlof verleen het dat sodanige getuienis aangevoer mag word of so 'n vraag gestel mag word; of (b) sodanige getuienis deur die vervolging gelei is. Die hof kan, voordat 'n aansoek om verlof in subartikel (a) beoog oorweeg word, gelas dat enigiemand, met inbegrip van die klaer of klaagster, wie se teenwoordigheid nie noodsaaklik is nie, nie by die verrigtinge teenwoordig mag wees nie. Behoudens die bepalings van subartikel staan die hof 'n aansoek in subartikel (a) bedoel, slegs toe indien die hof tevrede is dat sodanige getuienis of ondervraging ter sake is by die verrigtinge hangend voor die hof.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,065
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging d waarskynlik getuienis wat voorheen deur die vervolging aangevoer is, kan weerlê; e grondliggend is aan die beskuldigde se verweer; f nie wesenlik swaarder weeg as die potensiële skade aan die klaer of klaagster se persoonlike waardigheid en reg op privaatheid nie; of g waarskynlik die teenwoordigheid van semen of die oorsaak van swangerskap of siekte of besering by die klaer of klaagster sou kon verklaar, waar dit ter sake is by 'n feit in geskil. 6 Die hof staan nie 'n aansoek in subartikel 2a bedoel, toe nie indien sodanige getuienis of ondervraging, na die oordeel van die hof, daarop gerig is om 'n afleiding te steun dat weens die seksuele aard van die klaer of klaagster se ervaring of gedrag, die klaer of klaagster-- a meer geneig sou wees om toe te stem tot die misdryf wat verhoor word; of b minder geloofwaardig is. 7 Die hof moet redes verskaf vir die toestaan of weiering van 'n aansoek ingevolge subartikel 2a, welke redes op die rekord van die verrigtinge geplaas moet word.". 12. Die wysiging van artikel 238 deur-- a subartikel 1 deur die volgende subartikel te vervang: "1 By strafregtelike verrigtinge waarby 'n beskuldigde aangekla word weens bloedskande soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007-- a is dit voldoende om te bewys dat die [vrou of meisie op] persoon teen wie of deur wie die oortreding na bewering gepleeg is, aanvaar word in die opgaande of neerdalende linie verwant te wees aan, of die suster, broer, stiefmoeder, stiefvader, [of] stiefdogter of stiefseun te wees van, die ander party by die bloedskande; b word vermoed dat die beskuldigde, tensy die teendeel bewys word, ten tyde van die beweerde oortreding bewus was van die verwantskap wat tussen hom of haar en die ander party by die bloedskande bestaan."
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,066
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging b subartikel 2 deur die volgende subartikel te vervang: "2 Wanneer die feit dat 'n wettige en bindende huwelik voltrek is, by strafregtelike verrigtinge waarby 'n beskuldigde van bloedskande soos beoog in artikel 12 van die Wysigingswet op die Strafreg Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede, 2007, aangekla word, by die geskilpunt relevant is, kan daardie feit prima facie bewys word op die wyse wat in artikel 237 bepaal is vir die bewys van die bestaan van 'n wettige en bindende huwelik van iemand wat weens bigamie aangekla word.". 13. Artikel 261 word deur die volgende artikel vervang: "Verkragting, gedwonge verkragting, seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding 261.
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,067
Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. Indien die getuienis op 'n aanklag van seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, nie enige sodanige misdryf bewys nie, maar die misdryf-- (a) gewone aanranding; of (b) van die pleeg van 'n handeling van instemmende seksuele skending met 'n kind soos bedoel in artikel 16 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.". 14. Die wysiging van artikel 266 deur paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) [onsedelike aanranding] seksuele aan-randing, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; of". 15. Artikel 267 word deur die volgende artikel vervang: "Gewone aanranding 267. Indien die getuienis op 'n aanklag van gewone aanranding die misdryf [onsedelike aanranding] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, bewys, kan die beskuldigde aan [onsedelike aanranding] enige sodanige misdryf skuldig bevind word, of, indien die getuienis op so 'n aanklag nie die misdryf gewone aanranding bewys nie maar die misdryf dat 'n vuurwapen, windbuks of windpistool in stryd met 'n wet gerig is, kan die beskuldigde aan daardie misdryf skuldig bevind word.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,068
Artikel 268 word deur die volgende artikel vervang: "Statutêr-wederregtelike vleeslike gemeenskap 268. Indien die getuienis op 'n aanklag van wederregtelike vleeslike gemeenskap of poging tot wederregtelike vleeslike gemeenskap met 'n ander persoon in stryd met 'n wet nie daardie misdryf bewys nie, maar-- (a) die misdryf [onsedelike aanranding] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (b) die misdryf gewone aanranding; of (c) die statutêre misdryf van-- (i) die pleeg van 'n onsedelike of onbehoorlike daad met so 'n ander persoon; (ii) die uitlok, aanlok of lastigval van so 'n ander persoon om wederregtelike vleeslike gemeenskap te voer; (iii) die uitlok, aanlok of lastigval van so 'n ander persoon om 'n onsedelike of onbehoorlike daad te verrig; of (iv) die sameswering met so 'n ander persoon om wederregtelike vleeslike gemeenskap te voer, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.". 17. Die herroeping van artikel 269. 18. Die wysiging van artikel 276A deur-- (a) in subartikel paragraaf (b) deur die volgende paragraaf te vervang: "(b) vir 'n bepaalde tydperk wat nie drie jaar te bowe gaan nie, of in die geval van 'n skuldigbevinding aan enige misdryf bedoel in die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, vir 'n bepaalde tydperk van hoogstens vyf jaar."
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,069
No. en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging seksmisdryf-spesifieke behandelingsprogram soos voorgeskryf ingevolge die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007, in, en die koste daaraan verbonde word deur die veroordeelde persoon self gedra.". 19. Die wysiging van artikel 299A deur subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Wanneer 'n hof iemand tot gevangenisstraf vonnis vir-- (a) moord of enige ander misdryf wat met die opsetlike doodmaak van 'n persoon betrekking het; (b) verkragting of gedwonge verkragting soos onderskeidelik beoog in artikel 3 of 4 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (c) roof waar die hanteer van 'n vuurwapen of 'n ander gevaarlike wapen of die toedeling van 'n ernstige liggaamlike besering of die roof van 'n motorvoertuig betrokke is; (d) [aanranding van 'n seksuele aard] seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding of gedwonge self-seksuele aanranding soos onderskeidelik beoog in artikel 5, 6 of 7 van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), 2007; (e) menseroof; of (f) 'n sameswering, uitlokking of poging om 'n misdryf bedoel in paragrawe (a) tot (e) te pleeg, moet die hof-- (i) die klaer; of (ii) in die geval van moord of enige ander misdryf beoog in paragraaf (a), enige familielid van die oorledene, indien hy of sy teenwoordig is, inlig dat hy of sy 'n reg het om, behoudens die voorskrifte wat deur die Kommissaris van Korrektiewe Dienste kragtens subartikel uitgereik is, vertoë te rig wanneer die uitplasing van die gevangene op parool, op dagparool of onder korrektiewe toesig oorweeg word of om 'n tersaaklike vergadering van die paroolraad by te woon.".
1,070
GOV-ZA.2007.2010-03-25.af.txt
20,070
Die wysiging van artikel 335A deur-- (a) subartikel deur die volgende subartikel te vervang: " Iemand wat die bepalings van subartikel oortree, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldig-bevinding strafbaar met 'n boete [van hoogstens R1 500] of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens [een] drie jaar of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf indien die persoon wie se identiteit geopenbaar is, bo die ouderdom van 18 jaar is, en indien sodanige persoon onder die ouderdom van 18 jaar is, met 'n boete of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of met sowel sodanige boete as sodanige gevangenisstraf."; en (b) na subartikel die volgende subartikel by te voeg: " Die bepalings van artikel 300 is, met die veranderinge deur die konteks vereis, van toepassing by die skuldigbevinding van iemand ingevolge subartikel , en indien die persoon wie se identiteit geopenbaar is, enige fisiese, psigologiese of ander skade of verlies aan inkomste of onderhoud gely het.". 21.