document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,178
Baie van u wie vandag hier teenwoordig is, is reeds op een of ander manier saam met ons by die implementering van die strategiese plan betrokke en sommige van u organisasies kry op een of ander wyse steun van die Departement af om 'n verskil aan plaaswerkers se lewe te maak.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,179
Hoekom is dit belangrik dat ons 'n konferensie soos hierdie moet hou Dit word bereken dat die ekonomiese koste van alkohol misbruik in die Wes-Kaap meer as R1 Biljoen jaarliks oorskry en dat meer as 'n kwart van mense wat alkohol oor naweke in die Wes-Kaap gebruik die normale risikovlakke oorskry?
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,180
Die invloed wat alkohol op jou en my lewe en die ekonomie het, kan in die volgende syfers gesien word: As gevolg van alkohol misbruik bereik slegs 65% van werkers hulle volle potensiaal in die werkplek. Mense wat alkohol misbruik is 4 keer meer in ongelukke betrokke as ander mense en is meer as 5 keer meer afsiek as mense wat nie alkohol misbruik nie. Tussen 40 en 60 % van mense wat in ongelukke sterf is onder die invloed van drank gewees.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,181
Ons kan voortgaan om vele ander syfers vir u aan te haal, maar ek glo dat u 'n idee het waarvan ons praat.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,182
Ons kan egter alkohol misbruik oorwin net soos ons in die verlede ander gesondheids gebreke oorkom het. Voorkomings en vroeë behandelingsprogramme onder misbruikers van alkohol sal ons help om die verskil te maak daar waar dit die belangrikste is, naamlik in die huishouding.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,183
Daar is vandag al baie organisasies wat met baie kundigheid in hulle midde rondgaan wat bereid is om betrokke te raak en ons sal beslis daaraan moet dink om 'n formele aksie aan die gang te kry. Vroeë diagnose en nuwe behandelingstegnieke, mediese behandeling, opvoeding en bewusmaking en huisvesting kan geaffekteerde persone in staat stel om produktiewe lewes te ly en sodoende miljoene rande te spaar wat weer benut kan word teen die siekte asook vir armoede verligting.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,184
Ek wil u versoek om van hierdie konferensie gebruik te maak om na oplossings te soek eerder as om beskuldigings te slinger. Ek wil hê u moet vir uself die vraag afvra watter bydrae kan u organisasie verder lewer binne spanverband eerder as wat u op u eie wil probeer om alles te vermag. Somtyds is ons besig om ons kragte te vermors met duplisering van programme terwyl ons van mekaar se kundigheid gebruik kan maak en dus meer tyd en energie kan spaar wat ons met verdere onwikkelings programme en navorsing kan doen.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,185
Die vraag is hoeveel mense bereik ons werklik en op hoeveel mense se lewens maak ons 'n impak. Hoeveel gemeenskappe leef nie maar van dag tot dag sonder hoop nie en soek uiteindelik hulle hoop deur die nek van 'n bottel of die tuit van 'n papsak nie.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,186
Watter programme stel ons tot mense se beskikking sodat hulle hulle tyd meer effektief kan deurbring. Watter vorme van tydverdryf is daar binne ons gemeenskappe wat mense weghou van verveeldheid en uiteindelike vergrype aan drank en dwelms.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,187
Ons kan dit slegs doen as ons vennote het wat elke dag saam met ons werk om hulle toe te rus om soos mense te leef wat hoop het op 'n beter toekoms. U wie vandag hier is, is hierdie tipe vennote wat daagliks aangaan met u programme om by skole, op plase en dorpe en elke moontlike geleentheid mense bewus te maak van die probleem, omdat u saam met ons die lewensomstandighede van al ons mense wil verbeter en omdat u glo in die mensemateriaal van die Provinsie.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,188
Daar is egter ook 'n ander aspek wat ek wil aanraak en dit is ons geestelike lewe en die rol van die kerk.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,189
Veral in Landbou is 'n mens elke dag deeglik bewus van jou afhanklikheid van die Skepper en u wat meestal ook op plase werk sal weet dat die daar baie faktore buite ons beheer is wat 'n rol speel in die sukses van boerdery, waar ons totaal uitgelewer is aan die genade. So kan jy die wonderlikste oes op die land hê, maar dit kan in 'n oogwink uitgewis word deur 'n haelstorm of ons kan die beste planne hê, maar as die reën wegbly dan vrek die vee van dors of is daar nie water om mee te besproei nie.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,190
So praat die Bybel op baie plekke oor die landbouer en die saad wat op goeie en slegte grond gesaai is, wat opgekom het en mooi gegroei het en van ander saad wat deur die dorings verdring is. Dit praat ook oor die arbeider wat sy loon werd moet wees en oor ons verhouding as werkgewer en werknemer teenoor mekaar. So praat die Woord ook oor hoe ek as ouer teenoor my kind moet optree en hoe ons as man en vrou teenoor mekaar moet optree. Dan is daar ook die groot boodskap oor Liefde van God vir ons as mense en die Hoop wat Hy aan ons gee en die mooi boodskap dat ons nie as hopelose mense moet leef nie, maar soos mense wat vol hoop is vir die toekoms. Ek wil vandag vir die kerk vra om asseblief ons hande te vat in die poging om ons mense te bevry van die slawerny van drank en algehele morele verval. Kom word u ook deel van ons poging om ons mense op te hef. Help ons om die grond voor te berei en die saad te saai.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,191
As minister in die Wes-Kaapse regering moet ek vir u sê dat ons as ANC Regering werklikwaar hoop vir ons mense vir die toekoms wil gee. President Mbeki het verlede jaar in sy openingsrede van die Parlement gesê dat ons as Suid-Afrikaners 'n tydperk van hoop tegemoet gaan.
1,077
GOV-ZA.2007.jun.157089.157089.2010-03-24.af.txt
20,192
Ek wil weereens 'n beroep op u doen dat ons hierdie konferensie sal gebruik om oplossings te vind en planne op die tafel te plaas sodat ons wel vir ons mense hoop vir die toekoms kan skep.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,194
Baie dankie weereens vir die uitnodiging om vanaand hier saam met u te kan wees by 'n geleentheid wat nie net vir u nie, maar ook vir my, elke keer 'n besondere groot hoogtepunt is.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,195
Ek wil aan die begin vir almal wat betrokke was om van hierdie jaar se kompetisie en vanaand so 'n groot sukses te maak, baie dankie sê en veral vir Cerina Kruger wat 'n groot aandeel het aan beide die reël van die kompetisie en die pragtige funksie vanaand.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,196
Ek weet dat u as plaaswerkers baie ernstig oor die kompetisie is en dat u wat deelneem, trots is daarop om u spesifieke plaas te verteenwoordig. Ek weet ook dat die kompetisie elke jaar strawwer en strawwer word en dat baie van u wat deelneem, nie net hier opdaag nie, maar dat u uself deeglik voorberei met kennis van die afdeling waarin u op die plaas werk. Die beoordelaars verseker my dat u daarin geslaag het om hulle te beïndruk, nie net met u praktiese kennis van u werk nie, maar dat u ook 'n grondige kennis het van die teorie en die wetlike vereistes wat van toepassing is op u vakgebied.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,197
Ek glo dat die produsente wat hulle werkers inskryf vir die kompetisie net soveel waarde heg aan die kompetisie as u wat daaraan deelneem. Daarom wil ek seker maak dat u as werkers diep bewus sal wees van die waardering wat die produsente het vir die bydrae wat u maak om van Landbou in die Wes-Kaap 'n vertoonvenster vir ander Provinsies te maak. Hierdie kompetisie is nie net 'n manier om erkenning te verleen aan die werk wat u doen nie, maar dit is ook deel van die bewustheid van die produsente dat u as werkers bemagtig moet word met kennis en vaardighede om u te slyp tot trotse deelnemers aan die ekonomie van die land. Ek wil vir u en die Produsente wat hulle werkers aan die kompetisie laat deelneem dankie sê.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,198
Die sukses van die Kompetisie word weerspieël in die groei oor die afgelope klompie jare daarvan na die verskillende streekskompetisies wat uitloop op die Provinsiale kompetisie waar die mededinging baie straf is.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,199
Baie dankie ook aan Sanlam wat die hoofborg van die kompetisie is en daardeur wys dat u werklik glo aan die ontwikkeling van menslike kapitaal binne Landbou.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,200
Vir ons bly die ontwikkeling van menslike kapitaal een van die sleutel uitdagings in die ontwikkelingsprogram, nie net van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap nie, maar vir die Landbousektor in sy geheel. Die geleerde mense sê die onwikkeling van Menslike Kapitaal onderskryf die beginsel dat hoe meer opleiding en vaardigheid die mens ontvang, hoe meer produktief raak hy en word hy in staat gestel om makliker en vinniger aan te pas by veranderende omstandighede en tegnologiese-ontwikkeling. Dit staan in skrille kontras teenoor diegene wat geen opleiding ontvang of verborge talente ontwikkel nie en gevolglik nie die nodige aanpassings en vordering kan maak nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ons as Regering in die Wes-Kaap glo dat die ontwikkeling van ons Menslike Kapitaal 'n beduidende bydrae kan lewer tot die doelwitte van die IKapa Elihlumayo strategie.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,201
Ek wil vanaand sonder vrees vir enige teenspraak sê dat daar die afgelope paar jaar geweldig baie gedoen is om die lewe en werksomstandighede van u as plaaswerkers te verander. Wanneer 'n mens oor verandering praat, glo ek moet 'n mens by jouself begin en die vraag vra wat is my eie ingesteldheid om my eie omstandighede te verander en tweedens wat is daar in my ingesteldheid om verandering rondom my te weeg te bring.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,202
Soos wat ek van die beoordelaars verstaan is daar baie van u wat aan die kompetisie deelgeneem het wat beslis 'n behoefte het om u kennis te verbreed en u vaardighede uit te brei. Ons is daar om u te help deur middel van die groot verskeidenheid programme wat ons by die Departement se opleidingsentrums aanbied.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,203
Dit is egter nie genoeg nie. Ons wil hê dat u, u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Daarvoor maak ons beurse beskikbaar sodat plaaskinders hulle op Elsenburg kan kom toerus om hulle plek vol te staan binne Landbou.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,204
Daar word so maklik gedink dat as jy in 'n Landbou-rigting studeer of werk dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed en sê hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan. Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in Landbou, net soos in baie ander industrieë, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in Landbou is 'n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet veeartse, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik te maak van die opleidings- geleenthede wat deur die departement aangebied word nie.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,205
Ek praat baie oor vennootskappe en die krag wat vennootskappe het om verandering te bring en omstandighede te verbeter. Ek wil weer vanaand by u as plaaswerkers 'n pleidooi lewer dat u met u werkgewer in 'n vennootskap sal gaan om as 'n span u omstandighede te verander en ook die belange van Landbou en die Land op hierdie manier te dien.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,206
Ek wil vanaand 'n ernstige pleidooi lewer en vir u vra om 'n oomblik stil te sit en 'n kwaliteitsbesluit te neem om deel te word van 'n span saam met die Regering en die produsente en daardie organisasies wat u lewensomstandighede wil verbeter. U moet ons help om oplossings te soek vir alkoholmisbruik, familiegeweld, dwelmmisbruik, tienerswangerskap en vele ander relevante aangeleenthede wat u lewe of die van u familie raak.
1,078
GOV-ZA.2007.oct.161970.161970.2010-03-24.af.txt
20,207
Ek wil afsluit deur aan wenners te sê: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is en dat die uitdagings nou voorlê. U moet waardige wenners wees. Daar is mense wat voor u hierdie kompetisie gewen het en vandag reeds voorlopers is en as voorbeelde kan dien van wat vermag kan word as jy elke dag aan jou drome en ideale werk om dit 'n werklikheid te maak. Sterkte ook vir u wat nou aan die Provinsiale kompetisie gaan deelneem. Ons gaan u dophou om te sien hoeveel van die Bergrivier se mense is ook Provinsiale kampioene.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,209
Wêreld Voedseldag is 'n baie belangrike datum op die landboukalender, nie net hier by ons nie maar dwarsdeur die wêreld, aangesien 16 Oktober die datum is waarop die Voedsel en Landbou Organisasie van die Verenigde Nasies in 1945 gestig is. Die tema vir Wêreld Voedsel Dag 2007 is "DIE REG TOT VOEDSEL".
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,210
Dit is die reg van elke persoon om gereelde toegang te hê tot genoegsame, voedsame en kultureel aanvaarbare voedsel om 'n aktiewe gesonde lewe te lei. Dit is die reg van elkeen om hom of haarself op waardige wyse te voed eerder as om gevoer te word?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,211
Met meer as 850 miljoen mense wat dwarsdeur die wêreld honger ly is die reg tot voedsel nie net 'n ekonomiese morele en politieke gegewe nie, maar rus daar ook 'n wetlike verpligting op regerings dwarsoor die Wêreld om seker te maak dat daar genoegsame voedsel is vir die mense van die land.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,212
Die Regering van die Wes-Kaap is baie ernstig oor voedselsekuriteit aangesien die grondwet van ons land voedselsekuriteit as 'n basiese mensereg beskou.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,213
Daarom is dit die reg van elke Suid-Afrikaner om te alle tye toegang te hê tot genoeg veilige en voedsame voedsel en maak die Departement van Landbou in die Wes-Kaap jaarliks in sy begroting voorsiening vir die vestiging van voedseltuine en ander projekte om van ons mense in staat te stel om selfvoorsienend te wees deur middel van hierdie projekte.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,214
We say that we recognise food security as a priority and it is our duty to create sustainable interventions to prevent food insecurity through agricultural solutions as a contribution to a sustainable safety net. And in our Mission Statement it is very aptly stated and I quote: "To enhance the economic, ecological and social wealth of the people of the Western Cape through reducing hunger in the Western Cape."
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,215
Ek het reeds gesê dat die FOA bereken dat daar meer 850 miljoen mense deur die wêreld honger ly. Tydens die wêreld voedsel beraad wat in 1996 in Rome gehou is en ook weer 5 jaar later tydens die wêreld voedsel beraad in 2002, het wêreldleiers onderneem dat hierdie syfer teen 2015 met die helfte verminder moet wees.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,216
Ons is gelukkig dat Suid-Afrika selfonderhoudend is wat die beskikbaarheid van voedsel aan betref, maar ten spyte hiervan is daar baie mense wat daagliks honger ly en selfs gevalle waar mense aan wan en ondervoeding ly. Die hartseer hiervan is dat dit in baie gevalle ons kinders en bejaardes is wat die swaarste getref word. In baie gevalle is die kos beskikbaar, maar mense het nie die finansiële middele om dit te koop nie. Met ander woorde, mense ly honger as gevolg van armoede.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,217
Dit is om hierdie rede dat die voedselsekuriteitsprogram van die Departement van Landbou in die Wes-Kaap op twee bene staan, naamlik om programme te volg wat daarop ingestel is om mense in staat te stel om die nodige finansiële middele te bekom en sodoende armoede te verlig en tweedens is ons daarop ingestel om ons mense te help om hulle eie voedsel te produseer.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,218
Binne die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ons oor die laaste paar jaar 'n nuwe program gevestig met die naam van FSD of anders gestel Farmer Support and Development. Die mandaat van hierdie program is om om te sien na voedselsekuriteit, vestiging van nuwe boere, verdere ondersteuning van nuwe boere en ook die ontwikkeling van plaaswerkers.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,219
Die sub-program Voedsel Sekuriteit koördineer en vestig nuwe voedselproduksie projekte wat op hulle beurt weer inpas by die geïntegreerde voedsel sekuriteit strategie van die Nasionale Departement. Ons het ook amptenare in die vyf streke wat baie nou met die gemeenskap werk om voedseltuine te vestig wat aan families of gemeenskappe voedsel kan voorsien.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,220
Dit het onder ons aandag gekom dat die werkloosheid in hierdie omgewing waar u woon, amper 90% is, en daarom maak baie van u staat op die maatskaplike toelae van die regering af. U area is deur die President geïdentifiseer as een waar daar op praktiese manier oplossing gevind moet word om u kwaliteit van lewe te verbeter?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,221
By landbou is dit ons uitgangspunt dat waar mense gesond genoeg is en daar wil is om te werk, daar probeer ons u in staat stel om u eie bestaan te maak. Dit is dan ook om die rede dat ons hierdie 40 projekte op Murraysburg kom vestig. Ons gaan vir 40 families, 25 hoenders gee om boerdery te begin, met ander woorde ons gee 'n 1000 hoenders vir die mense van Murraysburg om u lewensomstandighede hier te verbeter?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,222
Dit is in totaal 185 projekte.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,223
Hierdie jaar is ons besig om R4,5 miljoen aan nuwe projekte te bestee. Ons hoop om hoeveelheid voedsel-sekuriteitsprojekte, en hiermee bedoel ek hoofsaaklik groentetuinprojekte, provinsiewyd met 20% uitbrei. So gaan ons byvoorbeeld meer as R4 miljoen net in die Kaapse Metropool op projekte spandeer. Terwyl landbou hoofsaaklik in die landelike gebiede gesentreer is, is hierdie een van die maniere waarop Departement Landbou sy bydrae lewer tot die werkloosheid en dus hongerstryd wat ook in stedelike gebiede hoogty vier?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,224
Landbou speel belangrike rol in elkeen van ons se lewe. Ek wil so ver gaan as om vir u te sê dat sonder Landbou kan ons nie bestaan nie. Kyk maar net rondom u en u sal sien. Waar kom die klere vandaan wat u aan het Waar kom die kos vandaan wat u eet Waar kom die hout vandaan waarmee baie meubels van gemaak word en so kan ek aangaan?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,225
Ons wil hê dat u ons vennote moet word om landbou in die Wes-Kaap te laat groei. U moet saam met ons daaraan werk dat ons kan sorg dat daar genoeg kos op die tafel is. Daardeur gaan u nie net sorg dat u nie honger ly nie, maar gaan u ook sorg dat u inkomste het om van te leef?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,226
Hierdie regering het in die verkiesing van 2004 opnuut met u 'n kontrak aangegaan om armoede te beveg deur planne te implementeer en projekte in werking te stel waarby u as individue en as gemeenskap baat sal vind. So byvoorbeeld spandeer ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap amper 80% van ons totale begroting op programme en projekte wat daarop gemik is om die ongelykhede van die verlede uit te wis.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,227
Ek wil ook terselfdertyd vir u as gemeenskap vra om u kinders bewus te maak van Landbou sodat hulle miskien eendag loopbaan in Landbou kan volg. Ons stel beurse aan jong kinders van plaaswerkers beskikbaar om op Elsenburg te kom studeer in landbou. Ons borg programme saam met ander regerings om van ons plaaswerkers oorsee te stuur om te gaan leer hoe word kaas en wyn gemaak in ander lande?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,228
Ons wil hê dat u moet weet dat u nie alleen staan in u geveg teen armoede nie. Ons wil nie hê dat u moedeloos moet wees nie. Ons wil hê dat u mense van hoop moet wees.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,229
Die Regering van die Wes-Kaap het 'n plan waarvan u deel is. Ons praat van 'n "tuiste vir almal" in die "Groeiende Kaap" of IKAPA ELIHLUMAYO". Hierdie twee begrippe is die basis waarvandaan die Regering van die Wes-Kaap werk om vir al die inwoners van die Provinsie te help veg teen werkloosheid, armoede en sosiale verval sodat elkeen ware lid van die tuiste kan wees waarna ons as regering streef?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,230
Elke huis het 'n fondament waarop dit gebou word, so het hierdie huis van IKAPA ELIHLUMAYO ook fondament, en hierdie fondament is, waardigheid, billikheid en welvaart. Ons wil hê dat elke persoon, ook jongmense, met waardigheid en billikheid hanteer sal word sodat ons almal ewe menswaardig sal voel. Dit is nie al nie. Ons wil welvaart skep sodat ons mense nie van maatskaplike pensioene en kindergrants afhanklik moet wees nie. Die geleerde mense praat van 'n paradigma skuif. Ek praat sommer van 'n kopskuif of "mindchange" As ons 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap wil skep, sal baie mense paradigma skuiwe moet maak sodat ons kan wegkom van maatskaplike afhanklikheid om ekonomies selfstandig te word. U moet nie na ander mense kyk om die dice vir jou reg te laat val nie. Jy moet jou eie dice skommel en homself gooi. Hou op om na ander te kyk vir aalmoesie anders gaan jy mens sonder hoop bly vir die res van jou lewe?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,231
Ons het vandag hiernatoe gekom om vir u nuwe hoop te gee. Ek vra vir u om saam met ons te werk en te sorg dat hierdie programme oor 'n jaar van nou af, nie meer programme of projekte sal wees nie, maar volwaardige boerderye wat aan u 'n behoorlike inkomste sal verskaf en terselfdertyd sal sorg dat daar kos op die tafel is.
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,232
Don't understand government jargon or an acronym Use the GLOSSARY?
1,079
GOV-ZA.2007.oct.162284.162284.2010-03-24.af.txt
20,233
| QUESTIONS Just ask us: [email protected]?
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,235
Die Minimumstandaarde vir Dienste vir Slagoffers van Misdaad (die "Minimumstandaarde") is 'n inligtingsdokument wat ontwikkel is om u regte soos vervat in die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad in Suid-Afrika (die "Handves"), verder te verduidelik en om hierdie regte 'n werklikheid te maak. Die Slagoffershandves, saam met die Minimumstandaarde, het ten doel inligting te voorsien rakende die regering se verbintenis tot die verbetering van dienslewering aan slagoffers van misdaad. Die Minimumstandaarde poog om die minimumstandaarde vir dienste wat aan slagoffers van misdaad gelewer word, te verduidelik. Die Minimumstandaarde skets nie net basiese regte en beginsels nie, maar verstrek ook gedetailleerde inligting om u in staat te stel om u regte uit te oefen en om diensverskaffers in staat te stel om u regte te handhaaf soos in die Handves verduidelik. Dit kan geskied deur Minimum Standaarde uiteen te sit wat u van diensverskaffers verwag. Die Minimumstandaarde sal u help om almal wat by die strafregstelsel betrokke is, aanspreeklik te hou om te verseker dat u gepaste bystand en dienste ontvang.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,236
Wanneer u misdaad aanmeld en getuienis in die hof lewer, speel u 'n deurslaggewende rol om die strafregstelsel meer responsief te maak vir die behoeftes van die samelewing en om te verseker dat oortreders aan die man gebring word. In ruil daarvoor moet die strafregstelsel vinnig en hoflik reageer en u met respek vir u waardigheid en privaatheid behandel en in u behoeftes voorsien. Die Minimumstandaarde is 'n poging om te verseker dat dit gebeur, deur u te bemagtig en u met die nodige inligting in staat te stel om u regte af te dwing. Die Minimumstandaarde is in vier dele verdeel. Deel I verstrek bondige agtergrondinligting oor u regte en skets wie toegang tot die regte het. Deel II verduidelik kortliks die prosesse in die strafregstelsel en wat met u sal gebeur as u 'n slagoffer van misdaad is en die misdaad by die polisie aanmeld. Deel III bevat die minimumstandaarde vir dienste wat u van die verskillende rolspelers in die strafregstelsel kan verwag, met verwysing na elke reg wat in die Slagoffershandves verduidelik word. Dit is die belangrikste deel van die Minimumstandaarde, want dit poog om die regte wat in die Handves genoem word, 'n werklikheid vir u te maak. Dit is in hierdie afdeling dat u sal sien dat 'n aantal van die beginsels van Herstellende Geregtigheid beliggaam is binne die regsraamwerk wat in die Slagoffershandves en die Minimumstandaarde verduidelik word. Deel IV skets die prosedures vir klagtes.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,237
Ofskoon die rolspelers in die strafregstelsel sal poog om te verseker dat die onaangename gevolge van die misdaad nie vererger word deur wat later gebeur nie en sal probeer om u billik en hoflik te behandel en goeie diens aan u te lewer, kan dinge soms skeefloop. U kan dalk voel dat die dienste wat u ontvang het, nie voldoen aan die standaarde wat u redelikerwys verwag het nie. Hierdie afdeling verduidelik hoe om 'n klagte aanhangig te maak en bevat ook 'n adreslys met belangrike kontaknommers.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,238
Die Minimumstandaarde is bedoel om die monitering van dienslewering mak-liker te maak omdat dit minimumstandaarde uiteensit waaraan diens-lewering gemeet sal word. Tersaaklike instansies, agentskappe en departemente sal die toepassing van regte en standaarde van dienste wat in die Minimum-standaarde uiteengesit is, moniteer, en as deel van hulle eie monitering kan hierdie agentskappe met u oorleg pleeg. Sommige van die resultate van hierdie proses van monitering en oorlegpleging kan gepubliseer word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,239
As u 'n slagoffer of misdaad is, kan u verwag dat die rolspelers in die strafreg-stelsel sal verseker dat u regte, soos in die Slagoffershandves uiteengesit, af-gedwing word en dat die minimumstandaarde van dienste soos in hierdie dokument uiteengesit, geïmplementeer word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,240
Vir die doel van hierdie dokument, en in ooreenstemming met die definisie vervat in die Verenigde Nasies se Verklaring van die Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik (GA/Res/40/30), waarvan Suid-Afrika 'n ondertekenaar is, word 'n slagoffer van misdaad omskryf as 'n persoon wat benadeel is, insluitende liggaamlike of geestelike benadeling, emosionele lyding; ekonomiese verlies; of substansiële benadeling van sy/haar fundamentele regte, deur dade of versuim wat strydig met ons strafreg is.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,241
Waar van toepassing, sluit die term 'slagoffer' ook die onmiddellike familie of afhanklikes van die regstreekse slagoffer in. 'n Persoon kan as 'n slagoffer beskou word ongeag of die dader geïdentifiseer, aangehou, vervolg of skuldig bevind is, en ongeag die familieverwantskap tussen die dader en die slagoffer.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,242
Die bepalings vervat in die Minimumstandaarde is van toepassing op alle slag-offers sonder benadeling van enige aard op grond van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal of geboorte, soos uiteengesit in artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996).
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,243
Wat sal gebeur?
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,244
As 'n misdaad gepleeg is, sal die aanmelding daarvan by die SA Polisie-diens die strafregstelsel in werking stel. Die SA Polisiediens is daarvoor verantwoordelik om misdade te ondersoek en oortreders aan die man te bring. Sodra 'n aanklag aanhangig gemaak is, sal die polisie 'n dossier open en die aanklag ondersoek. As die polisie nie seker is of vervolging ingestel moet word nie, sal 'n formele aanklag nie onmiddellik ingebring word nie. Die polisie sal egter so 'n saak ondersoek en die polisiedossier aan die staatsaanklaer voorlê vir 'n beslissing.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,245
Vanaf die oomblik dat 'n misdaad gepleeg en aangemeld is, is dit be-langrik dat al die beskikbare bewyse versamel en beskerm word op so 'n wyse dat dit sal help met die ondersoek van die saak en die daar-opvolgende verhoor. Beserings wat u opgedoen het of skade wat u gely het, kan u getuienis teen die beskuldigde staaf. 'n Mediese verslag moet opgestel en voorgelê word, waar van toepassing.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,246
Wanneer iemand aangekla word, word die saak na die hof verwys, waar die staatsaanklaer verantwoordelikheid vir die vervolging in die saak aanvaar.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,247
Die staatsaanklaer sal die feite van elke saak deeglik oorweeg.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,248
Besluit dat daar voldoende bewyse vir vervolging is en met vervolging voortgaan.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,249
Besluit dat meer inligting nodig is om 'n ingeligte besluit te neem en gevolglik die ondersoekbeampte gelas om die saak verder te onder-soek.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,250
Om verskeie redes, soos openbare belang, besluit om die aanklag terug te trek.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,251
Die aanklaer sal u belange in aanmerking neem by enige van hierdie besluite en kan ook besluit om die aanklagte te verander, afhangende van die feite van die saak.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,252
U kan 'n spoedige en doeltreffende proses verwag, wat sal verseker dat die saak so gou moontlik voor die hof kom.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,253
U kan verwag dat die aanklaer alle inligting rakende die borgverrigtinge van die ondersoekbeampte sal aanvra en dit aan die hof voorlê. Dit verseker dat die besluit om borg aan die beskuldigde toe te staan of te weier, met u beste belange en beskerming in gedagte, geneem word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,254
Voordat die aanklaer 'n pleit van skuldig aanvaar, sal hy/sy u belange, asook dié van u familie, in aanmerking neem.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,255
Die polisie sal u inlig indien u as getuie in die hof moet verskyn. Die meeste sake word in die landdroshowe hanteer, en die meer ernstige misdrywe gaan na die Streekhof of die Hooggeregshof.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,256
Om 'n saak vir verhoor voor die hof te bring kan, ingewikkeld wees, veral as verskeie mense daarby betrokke is. Diegene wat die saak hanteer, sal hulle bes doen om seker te maak dat dit so gou moontlik voor die hof kom.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,257
Die ondersoekbeampte, die senior staatsaanklaer of 'n verteenwoordiger van die Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging sal seker maak (na 'n behoorlike eerste assessering en waar daar aan sekere vereistes voldoen word) dat u op 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word indien daar 'n moontlikheid bestaan dat u geïntimideer sal word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,258
Om in 'n hof getuienis te lewer, kan spanningsvol wees. Die betrokke partye - die polisie, die aanklaer en hofpersoneel - sal u so ver moontlik ondersteun, voorberei en van inligting voorsien oor wat waarskynlik gaan gebeur.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,259
'n Getuiedagvaarding sal aan u beteken word, wat inligting bevat oor wanneer en waar die verhoor sal plaasvind. In sekere gevalle sal die ge-tuiedagvaarding gepaard gaan met 'n pamflet wat verduidelik wat in die hof sal gebeur. Indien u na 'n landdroshof gaan en enige vrae het oor die hoffasiliteite, moet u in verbinding tree met die ondersoekbeampte in die saak of, waar beskikbaar, 'n slagofferassistent en voorbereidingsbeampte, wat u na die regte persoon sal verwys wat u met die hof in aanraking sal bring.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,260
Wanneer u by die hof aankom, sal u dalk duidelike aanwysings kry wat u sal help. As daar nie duidelike aanwysings is nie en u nie weet waar die hof is nie, kan u navraag doen by die Hulp/Inligting/Adviestoonbank om uit te vind in watter hofsaal u getuienis aangehoor sal word of oor die fasiliteite by die hof. U kan ook lede van die vervolgingspersoneel nader, wat enige vrae wat u oor prosedures het, sal kan beantwoord. Die aanklaer wat aan u saak toegewys is, sal vir u kan sê min of meer hoe lank u sal moet wag voordat u getuienis moet lewer.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,261
Die aanklaer sal sy of haar bes doen om seker te maak dat u so gou moontlik geroep word om te getuig. Die aanklaer wat aan u saak toegewys is, sal indien nodig met u oorleg pleeg voordat u geroep word om te getuig. Soms is daar egter vertragings. U moet seker maak dat u betyds by die hof kom. U moet die aanklaer laat weet as u gaan laat kom of as u nie die hof op die bepaalde datum sal kan bywoon nie.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,262
As u moet getuig, kan u in sekere gevalle 'n vriend of ondersteuner vra om saam met u na die hof te gaan. Nadat u getuig het, sal u meegedeel word of u die hof kan verlaat. U kan die res van die verrigtinge bywoon as u wil.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,263
In sekere omstandighede kan u deur middel van 'n geslotebaan - televisi-estelsel getuig (dit beteken u is nie in die hof in teenwoordigheid van die beskuldigde nie maar in 'n ander vertrek).
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,264
U kan ook, as u jonger as 18 is en as die voorsittende beampte (d.i. die landdros of regter) van mening is dat u onredelike geestelike span-ning of lyding sal ondervind deur tydens die verhoor te getuig, deur 'n tussenganger bygestaan word en deur middel van geslotebaantelevisie getuienis lewer.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,265
Indien u in die hof moet getuig, kan die verrigtinge in sekere omstan-dighede in camera (agter geslote deure) plaasvind.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,266
'n Streng bewyslas word vereis voordat iemand skuldig bevind kan word. Die vervolging moet die beskuldigde se skuld bo redelike twyfel bewys. Dit kan beteken dat iemand wat na u mening skuldig is, onskuldig bevind word. Dit is nie 'n uitspraak oor u nie, maar berus op die sterkte van die vervolging se saak as geheel.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,267
Die aanklaer sal in geskikte gevalle staatsgetuies roep om die saak teen die beskuldigde te versterk. 'n Tolk sal beskikbaar gestel word indien nodig. Die beskuldigde sal die geleentheid gebied word om u te ondervra (kruis-ondervraging), getuienis te lewer en getuies te roep. Nadat die hof al die getuienis vir die vervolging en die verdediging aangehoor het, sal die partye toegelaat word om die hof toe te spreek voordat uitspraak gelewer word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,268
Indien die beskuldigde skuldig bevind word, kan die vervolging en die verdediging getuienis aanvoer en die hof toespreek oor die vonnis wat opgelê moet word. Dit geskied deur middel van argumente ter verswaring (vir 'n swaarder vonnis) of versagting (vir 'n ligter vonnis) van die von-nis. Indien die betoog ter versagting van vonnis inligting insluit wat nie waar is nie, moet hierdie inligting aan die hof meegedeel word. In die vonnisopleggingstadium kan u vir vergoeding vra. As die hof vergoed-ing toestaan, word dit nie as 'n vonnis beskou nie, met die gevolg dat die toekenning gegee kan word benewens enige ander vorm van straf. 'n Hof kan ook 'n vonnis op sekere voorwaardes opskort, insluitende 'n voorwaarde dat die beskuldigde u moet vergoed. Waar toepaslik, kan die aanklaer 'n slagofferimpakverklaring voorlê of verdere getuienis lei met die oog op 'n gepaste vonnis.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,269
Voordat die vonnis gevel word, kan die voorsittende beampte, die aanklaer of die verdediging versoek dat 'n proefbeampte of ander kundige persoon 'n verslag opstel oor u of die beskuldigde. Die verslag kan 'n evaluering insluit van die uitwerking wat die misdaad op u gehad het. Die inligting kan verkry word uit die verklaring wat u aan die polisie gemaak het, of die proefbeampte kan 'n persoonlike onderhoud met u voer of u kan versoek word om te getuig in die vonnisopleggingstadium.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,270
Indien u van mening is dat die vonnis te toegeeflik is, kan u dit met die Senior of Beheeraanklaer bespreek, wat kan besluit om dit onder die aandag van die betrokke Direkteur van Openbare Vervolging te bring. Die Direkteur van Openbare Vervolging kan teen die vonnis appèlleer. Die appèl moet binne 'n vasgestelde tydperk aangeteken word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,271
'n Beskuldigde kan appelleer teen 'n skuldigbevinding/of die vonnis wat die hof opgelê het. Indien 'n appèl aangeteken word, kan u die aanklaer in die oorspronklike saak, of die staatsadvokaat wat die appèl hanteer, ver-soek om op hoogte gehou te word van verdere ontwikkelings in die saak, byvoorbeeld die datum wat bepaal is vir die appèlverhoor, of borgtog aan die beskuldigde toegestaan is, en die resultaat van die appèl.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,272
Indien daar besorgdheid bestaan oor u veiligheid of dié van 'n staats-getuie, sal die polisie, die aanklaer of 'n verteenwoordiger van die Ge-tuiebeskermingseenheid u kan adviseer oor wat gedoen kan word vir beskerming. Hulle sal u so ver moontlik bystaan.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,273
Die Departement van Korrektiewe Dienste sal verseker dat vonnisse van gevangenisstraf in ooreenstemming met die wet uitgedien word. Wan-neer die vrylating van die beskuldigde oorweeg word, sal die Departe-ment van Korrektiewe Dienste deeglike oorweging skenk aan die toesig oor die beskuldigde persoon wat op parool vrygelaat word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,274
U kan versoek om die verhore van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (die "Paroolraad") by te woon. As u dit wil bywoon, sal u in kennis gestel word van die datum van die verhoor, en die Paroolraad sal u besware in aanmerking neem wanneer die vrylating van die beskuldigde op parool oorweeg word.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,275
In elke geval waar die beskuldigde op parool vrygelaat word, sal die Paroolraad voorwaardes aan die vrylating van die beskuldigde heg indien die Raad dit in u belang ag.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,276
Indien die beskuldigde, na vrylating op parool, optree op 'n wyse wat daarop dui dat hy of sy 'n risiko vir die openbare veiligheid kan inhou, of enige voorwaardes wat aan sy of haar vrylating gekoppel is oortree, kan hy of sy in hegtenis geneem word om die res van die vonnis in die gevangenis uit te dien.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,277
Verskeie staatsdepartemente sal bystand aan u verleen. Die polisie sal help met krisisintervensie op die toneel; met verwysings vir mediese of sielkun-dige bystand; met die verduideliking van polisieprosedures; met die ver-skaffing van inligting oor u regte; met die verwysing na nieregerings- en gemeenskapsgebaseerde organisasies (NRO's en GGO's) of gemeenskaps-gebaseerde slagoffersteundienste; met die versekering van u veiligheid op die toneel van die misdaad; en met die verskaffing van advies aan u oor misdaadvoorkoming.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,278
As daar enige verdere bedreiging is na die vonnis, moet die ondersoek-beampte of die aanklaer onmiddellik met die kantoor van die Getuiebesk-ermingseenheid in verbinding tree.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,279
Die Departement van Maatskaplike Dienste en ander verskaffers van maatskaplike dienste sal, indien beskikbaar, emosionele en praktiese steundienste lewer, wat hofvoorbereidingsprogramme kan insluit.
1,080
GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt
20,280
Gesondheidsorgwerkers sal verseker dat u regte soos in die Handves van Pasiënte se Regte vervat, gehandhaaf word.