document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,281 | Die Departement van Onderwys sal verseker dat daar intervensieprogramme soos berading, verwysing en steunprosedures is vir slagoffers binne die onderwysstelsel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,282 | U kan verwag dat al die rolspelers in die strafregstelsel u billik, met respek vir u waardigheid en privaatheid en op 'n sensitiewe wyse sal behandel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,283 | die gesprek met u gevoer sal word in 'n taal wat u verstaan, en as die persoon wat met u praat nie 'n taal praat wat u verstaan nie, kan u vra dat 'n tolk verskaf word; en u kan vra dat die gesprek met u gevoer word deur 'n lid van die polisie wat van dieselfde geslag as u self is, en indien beskikbaar, sal u versoek toegestaan word. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,284 | 'n steunpersoon ('n familielid of vriend) sal toelaat om saam met u na die hof te gaan; en u sal toelaat om, op versoek en indien fasiliteite beskikbaar is, afsonderlik van die beskuldigde of sy of haar getuies in die saak, te wag. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,285 | u nie die saak op u eie sal hoef te hanteer nie; as u die saak nog nie by die polisie aangemeld het nie, sal die maatskaplikediensverskaffer u help om dit te doen; en as u 'n slagoffer van 'n seksuele misdryf is, die polisie u klere as bewys-stukke sal wil hê, in welke geval u die maatskaplikediensverskaffer kan versoek om u te help om ander klere te kry. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,286 | u versoek sal word om in te stem tot 'n mediese ondersoek of behandeling, maar dat u ingelig sal word dat u enige mediese aandag of sielkundige steun kan weier, in welke geval die gevolge daarvan aan u verduidelik sal word. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,287 | hulle sal verseker dat alle mediese inligting in u saakrekords opgeneem word; en u so gou moontlik en met inagneming van u regte soos in die Handves van Pasiënte se Regte vervat, behandel sal word. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,288 | indien u die Paroolraad-verhoor bywoon en 'n inset moet lewer, u enige persoon van u keuse kan vra om u na die verhoor te vergesel vir ondersteuning; en indien u die Paroolraad-verhoor bywoon, alles moontlik gedoen sal word om u teen verdere viktimisering en traumatisering gedurende die verhoor te beskerm. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,289 | daar van u verlang sal word om die ondersoekbeampte in kennis te stel van u adres, kontakbesonderhede en verblyfplek totdat die ondersoek en die verhoor afgehandel is; en daar van u verlang sal word om die ondersoekbeampte in kennis te stel as die beskuldigde met die ondersoek van die saak inmeng of probeer om in te meng, as hy of sy nie die verhoor gaan bywoon nie of as u deur hom of haar gedreig word. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,290 | met u oorleg sal pleeg voor die aanvaarding van 'n laer pleit en u sal vra om te verduidelik hoe die misdaad u of u familie geraak het. Tydens hierdie konsultasie sal u die geleentheid kry om besonderhede van enige verlies of benadeling wat u as gevolg van die misdaad gely het, bekend te maak. Die aanklaer sal hierdie omstandighede in aanmerking neem voordat hy of sy besluit oor die aanvaarding van 'n pleit op 'n laer aanklag. Die uitwerking van die misdaad op u of u familie sal aan die hof bekend gemaak word, of u sal 'n geleentheid kry om in die hof te getuig, of 'n verslag deur 'n kundige persoon sal aan die hof voorgelê word in die vonnisopleggingstadium; en u in die konsultasiestadium sal vra om enige bykomende feite bekend te maak wat nog nie in u verklaring ingesluit is nie. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,291 | u sal toelaat om 'n skriftelike aansoek aan die voorsitter van die Korrek-tiewe Toesig en Paroolraad te rig om die paroolverhoor by te woon, en dat die voorsitter u in kennis sal stel van die tyd, datum en plek van die verhoor; en indien u die verhoor van die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad bywoon, u sal toelaat om u inset mondeling tydens die verhoor te gee of 'n skriftelike inset te lewer. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,292 | a. Die inhegtenisname van 'n verdagte b. Of u 'n uitkenningsparade moet bywoon, en die datum van die parade c. Die hofsaaknommer d. Die datums van borgverrigtinge e. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,293 | f. Die vordering met die ondersoek en vervolging van u saak g. Enige besluit om die aanklagte terug te trek of substansieel te verander h. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,294 | Die verhoordatum en die finale uitkoms j. Die datum van vonnisoplegging en die uitkoms k. Of die beskuldigde appèl aangeteken het teen die skuldigbevinding of vonnis en die uitkoms van die appèl l. Hoe en wanneer gekonfiskeerde eiendom teruggeëis kan word m. Watter dienste beskikbaar is om in u besondere behoeftes te voorsien en hoe om van hierdie dienste gebruik te maak. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,295 | waar moontlik en op u versoek, u sal toelaat om 'n hofsaal te sien voor-dat die saak begin, sodat u weet wat om te verwag; en sal verseker dat duidelike aanwysings in die hof verskaf word en vir u aanwysings na die hofsaal sal gee. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,296 | u sal beskerm teen oormatig aggressiewe, skadelike en vernederende kruisondervraging; en u sal inlig oor die uitkoms van die saak en of daar 'n appèl is teen die skuldigbevinding of vonnis. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,297 | indien moontlik, voor die verhoor saam met u na die hof sal gaan om u vertroud te maak met die hofsaal en sy omgewing; en steun en berading vir u sal aanbied of u na professionele berading en steundienste sal verwys. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,298 | op versoek, vir u 'n afskrif van u mediese rekords sal gee; en u sal inlig oor beskikbare gemeenskapsteundienste en tersaaklike hulplyne. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,299 | u op versoek inlig oor tersaaklike skoolgebaseerde slagofferdienste wat in die gebied beskikbaar is. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,300 | as u gevra het om die Paroolraad se verhoor by te woon, sal die voor-sitter u in 'n taal wat u verstaan, inlig oor die prosedures tydens die verhoor en wat van u verwag word; en op versoek en met die instemming van die beskuldigde, u in kennis stel van die ontwikkelingsprogramme wat die beskuldigde ondergaan het en/of besig is om te ondergaan om sy of haar gedrag te verbeter. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,301 | as u in die Program opgeneem word, u al die reëls moet na-kom soos in die ooreenkoms uiteengesit. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,302 | kan u 'n beëdigde verklaring aan die polisie aflê waarin die omstandighede van die skending deur die respondent geskets word; en sal die polisiebeampte die respondent onmiddellik in hegtenis neem vir die oortreding van 'n verbod ingestel deur die hof kragtens artikel 7 van die Wet op Gesinsgeweld, No. 116 van 1998. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,303 | enige geval waar 'n misdaad vermoed word, by die polisie sal aan-meld. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,304 | As u versoek het om op hoogte gehou te word van die uitdien van die vonnis deur die beskuldigde, sal Korrektiewe Dienste u in kennis stel as die beskuldigde uit aanhouding ontsnap het en van enige oorplasing van die beskuldigde en die besonderhede daarvan. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,305 | Veral in sake van verkragting en seksuele mishandeling kan die Parool-raad bepalings in die beskuldigde se paroolvoorwaardes insluit as dit nodig blyk om te voorkom dat hy of sy ongewenste kontak met u maak. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,306 | deur vir u advies oor misdaadvoorkoming te gee; en deur die geweld op die toneel van die misdaad te stop. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,307 | b. so geleë is dat enige persoon wie se teenwoordigheid u kan ontstel, nie deur u gesien of gehoor kan word nie; en c. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,308 | sake waarby kwesbare slagoffers betrokke is, so ver moontlik bespoedig sal word; en as 'n geslotebaantelevisiekoppeling gedurende die hofverrigtinge ge-bruik word, die aanklaer sal verduidelik hoe die toerusting werk of waar moontlik u en u ouers of voog sal toelaat om voor die verhoor 'n demonstrasie van die toerusting te sien. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,309 | a. hulp om familie of vriende te kontak b. bystand as u simptome van posttraumatiese stres ondervind c. 'n verduideliking van die proses wat gevolg gaan word d. hulp om met die SA Polisiediens en die aanklaer te skakel e. verwysing na 'n professionele beradings diens as traumatiese reaksies erg is f. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,310 | n beskrywing aan u van wie in die hof gaan wees en watter rol hulle gaan speel, asook hulp sodat u die hof kan kry; en iv. voorbereiding vir u om getuienis in die hof te lewer en bevorder-ing van oorlegpleging met die aanklaer. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,311 | hulle op versoek bemiddeling tussen u en die beskuldigde sal fasiliteer wanneer die behoefte ontstaan; en op versoek of waar nodig, byvoorbeeld as u 'n slagoffer is en in aan-houding verkeer of as dit tydens die verhoor van die Paroolraad blyk dat u ondersteuning nodig het, u na gepaste diensverskaffers verwys sal word vir berading of steundienste. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,312 | waar toepaslik, 'n mediese sertifikaat vir afwesigheid van die skool of werk aan u uitgereik sal word. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,313 | Vergoeding beteken 'n bedrag geld wat 'n strafhof aan u toeken as u verlies van of skade aan eiendom (insluitende geld) gely het as gevolg van 'n misdaad of versuim deur die persoon wat skuldig bevind is aan die pleeg van die mis-daad. Die vergoedingstoekenning is bedoel om die ontvanger daarvan weer in die posisie voor die verlies of skade te stel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,314 | die aanklaer of die voorsittende beampte d.i. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,315 | die voorsittende beampte u sal inlig dat indien u versuim om die toekenning binne 'n tydperk van sestig dae van die hand te wys, u nie 'n siviele aksie teen die beskuldigde kan instel nie; en indien u by die hof aansoek doen om vergoed te word vir mediese uitgawes ten opsigte van liggaamlike beserings wat opgedoen is as gevolg van misdadige optrede, die gesondheidsorgwerker wat u ondersoek het, u aansoek sal kan staaf deur in die hof te getuig en ter-saaklike inligting aan die hof te verstrek, insluitende mediese rekords. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,316 | Herstel beteken gevalle waar hof na 'n skuldigbevinding beskuldigde gelas om die eiendom of goedere wat wederregtelik van u geneem is of wat wederregtelik beskadig is, aan u terug te besorg ten einde die posisie te herstel waarin u voor die pleging van die misdryf was. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,317 | u sal inlig dat sodanige herstel die teruggawe van eiendom of goedere of die herstel van beskadigde eiendom of goedere sal behels; en u sal inlig dat u versoek in dié verband deur die hof afgedwing kan word en dat u in gepaste gevalle toegelaat sal word om so 'n versoek aan die hof te rig. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,318 | Al die departemente, instellings en agentskappe wat by die saak betrokke is, poog om 'n hoë standaard van diens te verskaf, maar soms kan dinge skeef loop. As dit gebeur, wil die departemente, instellings en agentskappe weet wat gebeur het. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,319 | b. die inligting wat u ontvang het; of c. besluite wat geneem is. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,320 | U kan 'n klagte oor 'n polisiebeampte of 'n polisiediensbeleid, -praktyk of -prosedure indien deur aan die stasiekommissaris van die betrokke polisiestasie te skryf. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,321 | As u klagte handel oor u eiendom wat verlore geraak het of beskadig is terwyl dit in die polisie se besit was, kan u op vergoeding aanspraak maak. Rig enige navrae aan die Stasiekommissaris. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,322 | As u nie tevrede is nie, kan u ook die Areakommissaris van die betrokke polisiestasie nader met besonderhede van u eis. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,323 | As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer word nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,324 | As die klagte dan nog nie tot u tevredenheid hanteer is nie, kan u die Onafhanklike Klagtedirektoraat nader, maar let asb daarop dat dié kantoor genader kan word slegs met klagtes rakende gevalle van beweerde mis-dadige optrede of wangedrag teen lede van die Metropolisiediens en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat versuim het om hulle pligte te verrig. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,325 | Die hof waar die saak hanteer is, kan die meeste klagtes oplos. As u 'n klagte het, kan u skryf aan of 'n afspraak met die senior staatsaanklaer by die hof wat die saak hanteer het. As die plaaslike aanklaerskantoor egter nie tot u tevredenheid aandag aan u klagte gee nie, kan u by die hoofaanklaer in die gebied kla. As u klagte steeds nie bevredigend hanteer word nie, kan u by die Direkteur van Openbare Vervolging in die gebied kla. Hy of sy sal 'n onafhanklike ondersoek instel. As die klagte dan nog nie bevredigend hanteer is nie, kan u die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging nader. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,326 | As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer is nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,327 | Let egter daarop dat dié Kantoor net met klagtes oor administratiewe optrede genader kan word. Die Kantoor van die Openbare Beskermer kan kragtens wet nie besluite van die hof ondersoek nie. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,328 | As u klagte oor die optrede van 'n voorsittende beampte handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Geregtelike Hoof van die distrik. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor kry. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,329 | As u ontevrede is met die reaksie van die Geregtelike Hoof, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Geregtelike Groepshoof van die bepaalde streek. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,330 | As u klagte oor 'n streekhof handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Streekhofpresident van die betrokke gebied. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor kry. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,331 | As u klagte oor 'n regter van die Hoërhof handel, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die Regter-president van die betrokke Afdeling. U kan die adres en telefoonnommer by die plaaslike landdroskantoor of die hoë hof kry. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,332 | As u ontevrede is met die reaksie, kan u aan die Landdrostekommissie skryf as u klagte oor 'n landdroshof handel, of aan die Regterlike Dienskommis-sie as die klagte oor 'n Hooggeregshof handel. As die klagte steeds nie tot u tevredenheid hanteer word nie, kan u die Kantoor van die Openbare Beskermer nader. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,333 | As u klagte oor hofpersoneel handel, byvoorbeeld klerke of tolke, kan u skryf aan of 'n afspraak maak met die hofbestuurder. As u ontevrede is met die reaksie van die hofbestuurder, kan u aan die Direkteur van hofdienste of die Direkteur-Generaal skryf. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,334 | As u klagte oor 'n beampte van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling handel, kan u aan die hoof van die betrokke kantoor skryf. As u ontevrede is met die reaksie, kan u aan die hoof van die streekkan-toor of provinsiale kantoor skryf, asook die nasionale kantoor. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,335 | As u steeds nie tevrede is nie met die reaksie wat u van 'n staatsamptenaar gekry het, kan u ook met die Raad vir Maatskaplikediensberoepe of die kantoor van die Openbare Beskermer skakel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,336 | As u nie tevrede is nie met die diens gelewer deur 'n gesondheidsorg-werker in die openbare gesondheidsektor, moet u eers kla by die persoon wat u gehelp het. As u klagte egter nie tot u tevredenheid opgelos is nie, kan u die klagte verwys na die hoof of bestuurder van die openbare gesondheidsfasiliteit waar u ondersoek of behandel is. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,337 | As u geen reaksie ontvang nie of ontevrede is met die manier waarop u klagte hanteer is deur die hoof of die bestuurder van die openbare gesondheidsfasiliteit, kan u die klagte na die betrokke provinsiale departe-ment van gesondheid verwys. As u ontevrede is met die manier waarop die provinsiale departement van gesondheid u klagte hanteer het, kan u die betrokke beroepsraad, soos die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, versoek om die aangeleentheid te ondersoek. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,338 | As u klagte handel oor 'n opvoeder of enige ander personeellid by 'n bepaalde skool of opvoedkundige instelling, kan u met die hoof van daar-die skool of instelling skakel. As die klagte oor die hoof handel, kan u met die onderwysdistrik of streekbestuurder skakel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,339 | As u nie tevrede is nie met die wyse waarop u klagte hanteer is, kan u met die hoof van die departement van onderwys in die bepaalde provinsie skakel. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,340 | As die klagte steeds nie bevredigend hanteer is nie, kan u die LUR vir Onderwys of die nasionale Departement van Onderwys nader. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,341 | As u klagte oor 'n beampte van Korrektiewe Dienste handel, kan u dit skriftelik aan die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste of die inspekterende regter stel. By ontvangs van u skriftelike klagte sal die Kom-missaris dit na die betrokke kantoor verwys vir aandag. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,342 | a. Die Kantoor van die Openbare Beskermer b. Die Suid-Afrikaanse Mense-regtekommissie c. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat d. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid e. Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika f. 'n Prokureur van u eie keuse en op u eie koste. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,343 | Die dokument Minimumstandaarde vir Dienste vir Slagoffers van Misdaad is deur die Gelsagsgelykheids Direktoraat van die Departement van Justisie en Staatkundi-ge Ontwikkeling opgestel in samewerking met die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, Onderwys, en Gesondheid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekom-missie, die Kantoor van die Openbare Beskermer, die Onafhanklike Klagtedirek-toraat, lede van die Landdroskommissie en die Regterlike Dienskommissie en lede van Tshwane Metropolisie. |
1,080 | GOV-ZA.2007MINSTANDAFR_v3.2010-03-25.af.txt | 20,344 | Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling betuig graag sy opregte waardering vir die bydrae tot die ontwikkeling van hierdie dokument deur verskeie nieregeringsorganisasies. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,346 | Die Dienshandves vir Slagoffers van Misdaad in Suid-Afrika (die "Slagofferhandves") is 'n belang-rike instrument ter bevordering van geregtigheid vir almal. Die Slagofferhandves staan in die gees van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996)en die Verenigde Nasies se De-klarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagof-fers van Misdaad en Magsmis-bruik,1985 (GA/RES/40/34). |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,347 | Sedert 1994, en in ooreen-stemming met die kweek van 'n menseregtekultuur, het die fokus geleidelik verskuif, van 'n adversoriese en vergeldende strafregstelsel na 'n stelsel van Herstellende Geregtigheid. Die kern van die konsep van Herstellende Geregtigheid is die erkenning van misdaad nie as bloot 'n oortreding teen die staat nie, maar ook as onregmatige daad of onreg wat 'n ander persoon aangedoen is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,348 | Dit is in ooreenstemming met die Nasionale Misdaad-voorkomingstrategie se slagoffergesentreerde visie vir die strafregstelsel. Die uiteindelik doelwit is slagofferbemag-tiging deur in slagoffers se behoeftes te voorsien, hetsy materieel of emosioneel. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,349 | Die Slagofferhandves en die aangehegte Minimum-standaarde-dokument is belangrike instrumente wat die regte en verpligtinge met betrekking tot dienste van toepassing op slagoffers en oorlewendes van misdaad in Suid-Afrika verduidelik en konsolideer. Die Slagofferhandves is in ooreenstemming met die bepalings van artikel 234 van die Grondwet. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,350 | Ek is vol vertroue dat, met die verbintenis en toewyding van alle rolspelers in die strafregproses, hierdie Slagofferhandves sal bydra tot die implementering van die toepaslike wette op so 'n wyse dat dit sy doel sal dien - om geregtigheid 'n werklikheid vir almal te maak! |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,351 | die Regering se verbintenis tot die implementering van maatreëls wat gemik is op die deurlopende hervorming van die strafregstelsel om die regte van slagoffers te beskerm en te bevorder ooreenkomstig internasionale verpligtinge kragtens internasionale menseregte-instrumente soos die VN se Deklarasie van Basiese Beginsels van Geregtigheid vir Slagoffers van Misdaad en Magsmisbruik (1985) en die addendum oor die Voorkoming en Uitwissing van Geweld teen Vroue en Kinders by die SAOG se Deklarasie oor Ge-slagsgelykheid en Ontwikkeling (1997). |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,352 | dat beduidende vordering sedert die begin van demokrasie met betrekking tot die transformering van die strafregstelsel gemaak is om te verseker dat almal, ongeag van ras, geslag, kultuur en klas, toegang tot geregtigheid en regsprosesse het. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,353 | om voorsiening te maak vir regres vir slagoffers wan-neer standaarde nie nagekom word nie. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,354 | Jy het die reg om flink en hoflik bedien te word, met respek vir jou waardigheid en privaatheid deur alle lede van enige departement, instelling, agentskap of organisasie wat regstreeks of onregstreeks 'n diens aan jou lewer (hierna diensverskaffers genoem). |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,355 | Die polisie, tydens ondersoeke; die aanklaers en hof-amptenare tydens voorbereiding van en gedurende die verhoor; asook alle ander diensverskaffers, sal stappe doen om jou enige onnodige ongerief te spaar deur onder meer onderhoude met jou in jou voorkeurtaal en, indien nodig, privaat te voer. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,356 | Jy het die reg om inligting tydens die kriminele onder-soek en verhoor aan te bied. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,357 | Die polisie, aanklaer en korrektiewedienste-amptenaar sal stappe doen om te verseker dat enigiets wat jy tot die ondersoek, vervolging en paroolverhoor wil bydra, aangehoor en oorweeg sal word in die besluit of daar met die ondersoek voortgegaan moet word, of tydens die verloop van die vervolging of paroolraadverhoor. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,358 | Hierdie reg beteken dat jy kan deelneem (indien no-dig en waar moontlik) aan strafregverrigtinge deur die borgtogverhoor, die verhoor, vonnisoplegging en/of paroolraadverhoor by te woon. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,359 | verklaring by die polisie af te lê as jy meen dat jou eerste verklaring onvolledig was; jy mag ook, waar toepaslik, 'n verklaring voor die hof aflê of tydens von-nisverrigtinge getuig om die hof se aandag op die erns van die misdaad te vestig. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,360 | Jy mag ook 'n skriftelike aansoek tot die voorsitter van die paroolraad rig om die paroolverhoor by te woon en skriftelike vertoë voor te lê. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,361 | Jy het die reg om oor jou regte ingelig te word en hoe om dit uit te oefen. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,362 | As deel van hierdie reg mag jy vra dat enigiets wat jy nie verstaan nie in jou eie taal aan jou verduidelik word. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,363 | Jy het die reg om inligting te ontvang en ingelig te word oor alle relevante dienste wat diensverskaffers aan jou kan lewer. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,364 | Jy sal oor jou rol in die saak ingelig word en jy mag ook weet ongeveer hoe lank die saak sal duur. Jy mag inligting aanvra oor hofdatums, getuiefooie en die getuiebeskermingsprogram. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,365 | Jy mag weet hoe die saak vorder, of die oortreder in hegtenis geneem is, aangekla is, of borgtog toegestaan is en of sy/hy skuldig bevind of gevonnis is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,366 | Jy mag redes aanvra vir 'n besluit wat in jou saak ge-neem is oor vervolging al dan nie. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,367 | Jy is geregtig om dokumente te ontvang waartoe jy regtens toegang mag hê. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,368 | Jy mag versoek dat jy in kennis gestel word van ver-rigtinge wat jy mag bywoon. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,369 | Jy mag die aanklaer versoek om jou werkgewer in kennis te stel van verrigtinge wat jy in werkstyd moet bywoon. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,370 | Jy het die reg om vry te wees van intimidasie, teistering, vrees, bemoeienis, omkopery, korrupsie en mishandeling. As jy 'n getuie is, moet jy enige sodanige dreigemente by die polisie of senior aanklaer aanmeld. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,371 | Mits jy aan sekere vereistes voldoen, sal die polisie aansoek doen dat jy in 'n getuiebeskermingsprogram geplaas word. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,372 | As dié aansoek slaag, sal jy in 'n getuiebeskermings-program opgeneem word waar jy so ver moontlik beskerm sal word teen alle vorms van onbehoorlike beïnvloeding, teistering of intimidasie. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,373 | Dit sal jou veiligheid as getuie en die beskikbaarheid van jou getuienis verseker, en verhoed dat jy jou getuienis weerhou as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,374 | Hierdie reg beteken ook dat die hof in sekere omstan-dighede die publikasie van enige inligting (waaronder jou identiteit) mag verbied, of dat die hof gelas dat die verhoor agter geslote deure (in camera) plaasvind. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,375 | Jy mag Korrektiewe Dienste versoek om jou te verwittig as die oortreder ontsnap het of oorgeplaas is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,376 | Jy het die reg om bystand aan te vra en, waar toepaslik, toegang te kry by tot beskikbare maatskaplike, gesond-heids- en beradingsdienste asook regshulp wat jou be-hoeftes in aanmerking neem. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,377 | Die polisie sal jou bystaan deur polisieprosedures te verduidelik, jou oor jou regte in te lig en jou na ander relevante diensverskaffers te verwys. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,378 | Die kantoorbestuurder of kantoorhoof by die hof sal vir die dienste van 'n tolk reël. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,379 | Die aanklaer sal verseker dat spesiale maatreëls met betrekking tot seksuele oortredings, gesinsgeweld en kinderondersteuning of onderhoudsake getref word en dat sulke sake, indien moontlik, in gespesialiseerde howe verhoor word. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,380 | As jy spesiale behoeftes het, sal alle diensverskaffers, binne hulle lynfunksie, alle redelike stappe doen om jou tegemoet te kom en te verseker dat jy op 'n sensitiewe wyse behandel word. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,381 | Jy het die reg op vergoeding vir verlies van of skade aan eiendom wat gely is as gevolg van misdaad wat teen jou gepleeg is. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.