document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,382 | Jy mag versoek om teenwoordig te wees in die hof op die datum van vonnisoplegging en die aanklaer versoek om by die hof aansoek te doen om 'n vergoedingsbevel ingevolge artikels 297 en 300 van die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977). |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,383 | "Vergoeding" het betrekking op 'n bedrag geld wat 'n strafhof toeken aan die slagoffer wat verlies of skade aan eiendom gely het, met inbegrip van geld, as gevolg van 'n kriminele daad of versuim deur die aangeklaagde. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,384 | Die aanklaer sal jou in kennis stel indien 'n vergoedings-bevel toegestaan is, die inhoud daarvan verduidelik en hoe om dit af te dwing. Jy kan ook 'n siviele geding teen die beskuldigde instel as die strafhof nie 'n vergoedings-bevel toestaan nie. Dit gebeur gewoonlik wanneer die skade nie maklik in terme van geld bepaal kan word nie, soos byvoorbeeld sielkundige letsel of pyn en lyding. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,385 | Die klerk van die hof sal jou bystaan met die afdwing van 'n vergoedingsbevel wat deur die hof toegestaan is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,386 | Jy het die reg op restitusie indien jy wederregtelik van jou goedere of eiendom ontneem is, of indien jou goedere of eiendom wederregtelik beskadig is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,387 | "Restitusie" het betrekking op gevalle waar die hof, ná skuldigbevinding, die aangeklaagde gelas om die eien-dom of goedere waarvan jy wederregtelik ontneem is aan jou terug te besorg, of om die eiendom of goedere wat wederregtelik beskadig is, te herstel sodat jy weer die posisie kan geniet waarin jy was voordat die mis-daad gepleeg is. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,388 | Die aanklaer sal jou verwittig wat restitusie behels, en die klerk van die hof sal jou help om hierdie reg uit te oefen. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,389 | Met inagneming van die feit dat jy die reg het om te kla, mag jy die betrokke staatsdepartement of diensverskaffer kontak as jy enige klagte het oor die diens wat jy ontvang, of as jou regte oor die hoof gesien word. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,390 | Lees asseblief die Minimum Diensstandaarde ten opsigte van Misdaadslagoffers as jy meer inligting oor enige aspek van die Slagofferhandves verlang. Hierdie dokument is beskikbaar by die kantore van rolspelende staatsdepartemente. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,391 | Die Dienshandves vir Misdaadslagoffers in Suid-Afrika is opgestel deur die Geslagsgelykheidsdirektoraat in die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, in samewerking met die departemente van Maatskaplike Ontwikkeling, Korrektiewe Dienste, Onderwys, en Gesond-heid, asook die Nasionale Vervolgingsgesag, die Suid-Afri-kaanse Polisie-diens, die Suid-Afrikaanse Regshervorming-skommissie, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, die Kantoor van die Openbare Beskermer, die Onafhanklike Klagtedirektoraat, lede van die Landdroste- en Regterlike Dienskommissie asook lede van die Tshwane-metropolisie. |
1,081 | GOV-ZA.2007ServiceCharterAfr.2010-03-25.af.txt | 20,392 | Die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling stel ook die bydraes van verskeie nie-regeringsorganisasies en akademiese instellings tot die ontwikkeling van die Slag-offerhandves hoog op prys. |
1,082 | GOV-ZA.2007_R466_PAIAREG15EN52FINAAL_afr.2010-03-25.af.txt | 20,394 | Ek, Brigitte Sylvia Mabandla, Minister vir Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, kragtens artikel 92 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000), vaardig hiermee die regulasies in die Bylae uit. |
1,082 | GOV-ZA.2007_R466_PAIAREG15EN52FINAAL_afr.2010-03-25.af.txt | 20,395 | In hierdie regulasies beteken "die Regulasies" die Regulasies uitgevaardig deur Goewermentskennisgewing No. R. 187 van 15 Februarie 2002, soos gewysig deur Goewermentskennisgewings Nos. R. 1244 van 5 September 2003 en R. 990 van 13 Oktober 2006. |
1,082 | GOV-ZA.2007_R466_PAIAREG15EN52FINAAL_afr.2010-03-25.af.txt | 20,396 | a die kategorieë rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 15 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm D van Aanhangsel B. |
1,082 | GOV-ZA.2007_R466_PAIAREG15EN52FINAAL_afr.2010-03-25.af.txt | 20,397 | a die kategorieë rekords van die liggaam wat outomaties beskikbaar is sonder dat 'n persoon toegang ingevolge die Wet hoef te versoek; en b hoe om toegang tot sodanige rekords te verkry, soos in artikel 52 van die Wet bedoel, moet wesenlik ooreenstem met Vorm E van Aanhangsel B. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,399 | Wat gebeur as die beskermingsbevel verbreek word? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,400 | Indien die respondent die beskermingsbevel verbreek deur jou fisiese of verbale mishandeling (soos in die be-gin van hierdie gids beskryf) te herhaal, kan jy 'n klag by die polisiestasie indien en die lasbrief vir inhegtenisname aan die polisie oorhandig, wat die respondent dan sal arresteer. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,401 | Die besluit om die lasbrief vir inhegtenisname te gebruik na-dat die bevel verbreek is, is uitsluitlik joune. Wanneer hy eers gearresteer is, sal 'n kriminele klag teen die respondent gelê word en in 'n strafhof verhoor word vir die verbreking van die beskermingsbevel. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,402 | Onthou egter dat indien die hof bevind dat die lasbrief vir inhegtenisname kwaadwillig gebruik word (om die respondent te laat arresteer sonder enige gegronde rede), kan jy kragtens die Wet vervolg word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,403 | Die respondent sal in die strafhof verskyn om verhoor te word onder die kriminele klag vir die verbreking van die bepalings van die beskermingsbevel wat aan hom/haar beteken is. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,404 | Kan die kriminele klag teruggetrek word? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,405 | As die respondent eers gearresteer is vir die verbreking van die beskermingsbevel, kan die applikant nie besluit om die klag terug te trek nie. Die Senior Openbare Vervolger het die uitsluitlike goeddunke om die klag terug te trek. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,406 | Kan ek die bevel ter syde stel? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,407 | Jy kan te eniger tyd 'n aansoek indien om die bevel ter syde te stel. Dit is egter die landdros se goeddunke of so 'n bevel ter syde gestel word al dan nie. Dit beteken dat die beskerm-ingsbevel nietig verklaar word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,408 | n beskermingsbevel ter syde gestel word of nie. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,409 | Die saak kan tot 'n latere hofdatum vir verhoor uitgestel word. Die klerk van die hof sal jou help of jou na iemand verwys wat jou met die opstel van die antwoord kan help. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,410 | Op die dag van die verhoor sal die landdros poog om 'n beslissing te vel wat gebaseer is op die beëdigde verklarings wat deur albei partye ingedien is. Die landdros kan een of albei van julle versoek om sekere aangeleenthede op te klaar. Die landdros kan besluit om die bevel te bekragtig, die bevel ter syde te stel of om te gelas dat verbale getuienis aangehoor word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,411 | Die Wet op Gesinsgeweld, wet 116 van 1998, stel 'n slagoffer van gesinsmishandeling of -geweld in staat om 'n beskermingsbevel by die landdroshof aan te vra teen die persoon wat die mishandeling pleeg. Die doel van hierdie gids is om 'n slagoffer van die inligting te voorsien wat hy of sy nodig het om kragtens die Wet op Gesinsgeweld vir 'n besker-mingsbevel aansoek te doen. Mans sowel as vroue kan skuldig wees aan of slagoffers wees van gesinsgeweld. Vir die doel van hierdie gids het ons egter mishandeling van vroue beskryf aangesien dit meer algemeen voorkom. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,412 | Teen wie kan jy beskerming aanvra? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,413 | n persoon met wie jy dieselfde woning deel of onlangs gedeel het. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,414 | Indien die respondent versuim om by die siviele verhoor te verskyn, en jy be-wyse het dat die beskermingsbevel wel aan hom beteken is (die relaas van betekening), sal die landdros die bevel bekragtig. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,415 | Indien die landdros tevrede is dat die beëdigde verklaring wat deur die ap-plikant opgestel is duidelik bevestig dat mishandeling plaasgevind het, sal die landdros die beskermingsbevel bekragtig. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,416 | Sal daar 'n verhoor wees? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,417 | Indien die landdros nie tydens die verhoor in staat is om 'n beslissing te bereik tydens die verhoor nie omdat daar feitelike teenstrydighede tussen jou weergawe en dié van die respondent is, byvoorbeeld indien daar 'n geskilpunt is in die inligting wat deur albei partye voorsien is, sal die landdros die saak vir verhoor uitstel. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,418 | Tydens die verhoor sal albei partye verplig word om getuienis onder eed te lewer en om deur die ander party onder kruisverhoor geneem te word. Albei partye sal toege-laat word om getuies op te roep en om enige ander getuienis wat hulle nodig het om hul saak te bewys, te lewer, byvoorbeeld mediese sertifikate, hospitaalrekords, foto's, dokumente, ens. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,419 | Onthou dat die polisie jou kragtens die wet op welke manier ook al in die hofbevel gestipuleer word behulpsaam moet wees, byvoorbeeld met die afhaal van persoonlike besittings, jou identiteitsdokument, kinders se boeke of klere, ens. Indien jy van mening is dat die polisie-beampte onbehulpsaam is en weier om sy samewerking ingevolge die hofbevel te gee, kan jy dit aan die Onhafhanklike Klagtesdirek-toraat rapporteer. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,420 | Let ook daarop dat dit nie die plig van die polisie is om jou behulpsaam te wees met die verwydering van meubels, rekenaars, breekgoed, ens. nie. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,421 | Sal die respondent met die beskermingsbevel gearresteer word? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,422 | Die respondent sal nie tydens die betekening van die beskermingsbevel gearresteer word nie. Dit is slegs wanneer die bepalings van die bevel verbreek word dat respon-dent gearresteer mag word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,423 | Wat is 'n verbreking van die beskermingsbevel? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,424 | Dit is wanneer die respondent versuim om aan die bepalings van die bevel te voldoen. Met ander woorde, hy gaan voort met die onregmatige gedrag wat die beskerming-bevel hom verbied om te doen. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,425 | Wat is minagting van die hof? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,426 | Dit is wanneer die respondent wat die bevel verbreek het, versuim het om in 'n strafhof te verskyn om op die aanklagte teen hom te pleit. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,427 | Wat doen ek met die relaas van betekening? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,428 | Jy moet die klerk van die hof so gou moontlik van die relaas van betekening van die beskermingsbevel voorsien. Wanneer die klerk in besit is van hierdie dokument, sal die hof 'n lasbrief vir inhegtenisname van die respondent magtig. Hierdie lasbrief mag slegs teen die respondent gebruik word in die geval van enige toekomstige verbrek-ings van die beskermingsbevel. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,429 | Wat is die keerdatum? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,430 | Die keerdatum is die datum wat vasgestel is om die hof die geleentheid te bied om die respondent aan te hoor voordat die beskermingsbevel bekragtig word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,431 | Wat gebeur op die keerdatum? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,432 | Die respondent het die geleentheid om in die teenwoordigheid van die applikant sy/haar kant van die saak aan die landdros te stel. Die respondent sal 'n bestrede beëdigde verklaring indien of die geleentheid aanvra om 'n bestrede beëdigde verklaring in te dien. Hierdie dokumente sal aan jou beteken word. Jy sal dan die geleentheid gegun word om 'n antwoord in te dien. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,433 | gesondheid of welstand skaad of dreigende leed ten opsigte van jou en jou gesin se veiligheid, gesondheid of welstand kan mee-bring. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,434 | slagoffers wees van gesinsgeweld.. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,435 | Wat sal in die tussentydse beskermingsbevel staan? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,436 | Die tussentydse beskermingsbevel sal versoek dat die respondent (die persoon wat hom/haar skuldig maak aan die mishandeling) jou nie op die spesifieke manier wat jy in jou beëdigde verklaring aanvoer mishandel nie. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,437 | Die respondent kan beveel word om nóg jou nóg jou kinders fisies of verbaal te mis-handel. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,438 | In uiterste gevalle sal die landdros dit goeddink om die respondent uit die gedeelde woning te gelas of om hom/haar tot sekere gebiede van die gedeelde woning te beperk. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,439 | Indien die kinders die slagoffers van mishandeling is, kan die hof gelas dat die respon-dent geen kontak met die kinders het nie, of slegs beperkte kontak het. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,440 | Die hof mag 'n bevel vir geldelike noodbystand gee. Dit beteken dat indien jy mediese koste moet eis of alternatiewe akkommodasiekoste moet betaal wat direk as gevolg van die mishandeling ontstaan het, moet jy bewys lewer van die koste aangegaan en die hof versoek om hierdie aansoek te oorweeg. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,441 | Die hof kan die polisie gelas om op die respondent se vuurwapen beslag te lê indien hy/sy jou lewe bedreig het. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,442 | Om die aard van die spesifieke mishandeling wat jy ondergaan ten volle te begryp, maak die hof staat op die beëdigde verklaring wat jy aflê wanneer jy aansoek doen. In jou beëdigde verklaring moet jy die hof dus voorsien van al die toepaslike inligting, byvoorbeeld besonderhede van die insidente van mishandeling, die datum en plek en die aard van die laaste insident. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,443 | Jy mag nie onderhoudsgeld van die gesinshof eis nie. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,444 | Dit moet deur die onderhoudshof gedoen word. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,445 | Wat moet ek doen? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,446 | As jy van mening is dat jy 'n slagoffer is van enige vorm van gesinsgeweld soos hierbo uiteengesit, gaan na die naaste landdroshof en vra hulle om jou te help om aansoek te doen om 'n beskermingsbevel. Die klerk van die hof sal jou help met die invul van die nodige vorms en sal jou dan na die landdros neem wat sal besluit of hy die bevel toestaan al dan nie. Die besonderhede van diensverskaffers wat jou raad kan gee en jou in hierdie verband kan help, word aan die begin van hierdie gids verskaf. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,447 | Onthou dat hierdie diens in noodgevalle 24 uur per dag beskikbaar is. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,448 | Wat doen ek met die tussentydse beskermingsbevel? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,449 | Die tussentydse beskermingsbevel moet so gou moontlik aan die respondent (die per-soon wat skuldig is aan die mishandeling) beteken word. Jy kan nie die bevel persoonlik aan die respondent oorhandig nie, aangesien dit nie behoorlike betekening uitmaak nie. Met ander woorde, die betekening van die tussentydse beskermingsbevel is die verantwoordelikheid van iemand in 'n amptelike hoedanigheid, byvoorbeeld 'n polisie-beampte. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,450 | Jy moet die tussentydse beskermingsbevel na die kantore van die balju neem, of na die polisiestasie wat die naaste aan die respon-dent se woon- of werkadres is. Wanneer jy by die polisiestasie is, onthou asseblief om die naam en/of kentekennommer van die polisiebeampte aan wie jy die bevel oorhandig, neer te skryf. Dit maak dit vir jou makliker om die bevel by 'n latere geleentheid na te speur. Die meeste polisiestasies het 'n aangewese beampte wat sake hanteer wat met gesinsgeweld verband hou. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,451 | Reël met die polisiebeampte om die relaas van betekening (bewys van betekening) af te haal. Dit dien as bewys dat die tussentydse beskermingsbevel aan die respondent beteken is en dat hy/sy dit persoonlik ontvang het. Moet nie met die polisie reël dat hulle die relaas van betekening aflewer of dit direk aan die hof pos nie, aan-gesien dit dikwels te lank neem en nie op die keerdatum by die hof uitkom nie. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,452 | Die klerk van die hof sal jou help met die invul van die nodige vorms en sal jou dan na die landdros neem. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,453 | Na watter hof moet ek gaan? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,454 | Indien jy geforseer was om jou woning te verlaat as gevolg van die geweld en jy woon tydelik op 'n ander plek, kan jy na die hof die naaste aan jou tydelike woon-plek gaan. |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,455 | Wat is 'n beëdigde verklaring? |
1,083 | GOV-ZA.2008DVAfrikaansBrochure.2010-03-25.af.txt | 20,456 | 'n Beëdigde verklaring is 'n verklaring wat jy onder eed aflê. Dit beteken dat die persoon wat die verklaring aflê, gesweer het om die waarheid te praat en dat hy/sy bewus is dat hy/sy vervolg sal word as daar bevind word dat die inhoud (of gedeeltes daarvan) van die verklaring onwaar is. Dit is 'n oortreding om 'n valse verklaring in 'n geregshof af te lê. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,458 | Die Landbou-steekproefopname dek al die aktiwiteite op kommersiële plase in Suid-Afrika. Vir die doel van hierdie sensus, is . kommersiële plaas 'n plaas wat geregistreer is vir BTW (Belasting op Toegevoegde Waarde) en/of IB (Inkomstebelasting). Die resultate van die opname dien as grondslag vir die evaluering van die huidige stand van sake (met betrekking tot produksie, arbeid, boerdery-uitgawes, boerdery-skuld voedselsekuriteit, ens.) en die markbehoeftes vir landbou. Die resultate kan direk tot u voordeel strek, aangesien dit u in staat sal stel om u bedryf te posisioneer in verhouding tot ander ondernemings in Suid-Afrika. Hierdie resultate sal in Statistiese Vrystelling P1101 - Landbou-steekproefopname 2008 en in Verslag 11-02-01 - Landbou-steekproefopname 2008 gepubliseer word. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,459 | Die inligting wat verlang word, word versamel kragtens artikel 16 van die Wet op Statistieke (Wet No. 6 van 1999). U samewerking word gevra om hierdie vraelys in te vul en dit teen die keerdatum terug te stuur. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,460 | Ooreenkomstig artikel 17 van die Wet op Statistieke, 1999 (Wet No. 6 van 1999), sal u ingevulde vraelys deur Statistieke SA (Stats SA) as streng vertroulik hanteer word. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,461 | Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek asseblief sorgvuldige ramings. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,462 | Stats SA beveel aan dat u . afskrif behou om te raadpleeg in geval van . navraag. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,463 | Hierdie vraelys moet ingevul word deur of namens alle boere wat op hul eie plaas werk, of op . gehuurde plaas of op grond wat bewerk word om 'n deel. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,464 | Die items gelys onder subopskrifte 'Sluit in' en 'Sluit uit' is slegs voorbeelde en moet nie gesien word as . volledige lys van items wat ingesluit of uitgesluit moet word nie. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,465 | Indien presiese syfers nie beskikbaar is nie, verstrek asseblief sorgvuldige ramings. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,466 | Dui asseblief die eienaarskap ten opsigte van die plaaseenheid aan. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,467 | Verstrek asseblief die tydperk wat deur hierdie vraelys gedek word... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,468 | Indien u boerderybedrywighede in twee of meer provinsies onderneem, vra asseblief aparte vraelyste aan ten opsigte van die boerderybedrywighede in elke provinsie. Indien meer as een vraelys ingedien word, maak asseblief seker dat geen duplisering plaasvind nie. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,469 | In watter provinsie is die plaas geleë? |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,470 | Die data word versamel op 'n boerderyeenheid-basis. 'n Boerderyeenheid bestaan uit een of meer plase, kleinhoewes of stukke grond, hetsy aangrensend of nie, wat as 'n enkele eenheid bedryf word in dieselfde provinsie. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,471 | n Boerderyeenheid beteken enige eenheid waarop een of meer van die volgende boerderybedrywighede onderneem word vir kommersiële doeleindes: - Die kweek, in die buitelug of onder bedekking, van oesgewasse, vrugte, druiwe, neute, saad, bolle, groente, plante of blomme. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,472 | Die bedryf van 'n tee-, koffie- en/of suikerplantasie. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,473 | Die teel van lewende hawe, pluimvee, wild of ander diere, met inbegrip van varswatervis, pelsdiere, en handel in lewende hawe. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,474 | Die produksie van melk, wol, pelse, eiers of heuning. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,475 | Alle huidige uitgawes wat aangegaan word ten opsigte van boerderybedrywighede moet aangedui word in Deel 6A. Kapitaaluitgawes soos vaste koste wat aangegaan is ten opsigte van nuwe boorde en plantasies, moet in Deel 6 aangedui word. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,476 | Die waarde van produkte en lewende hawe wat verkoop is, maar waarvoor betaling nog nie ontvang is nie, moet ingesluit word. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,477 | Bruto boerdery-inkomste = totale omset voor aftrekkings. |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,478 | Oesgewasse geproduseer gedurende die onderskeie produksieseisoene (oesjare) wat nie later as 28 Februarie 2008 geëindig het nie (bv. die 2007 mielie-oes) |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,479 | Ander oesgewasse (bv. gars, droë bone, lusern, ens.) ... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,480 | Vrugte (uitsluitend druiwe)... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,481 | Wingerdbou (kweek van druiwe)... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,482 | Ander tuinboukundige produkte (b.v neute, tee, blomme, ens.)... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,483 | Totale bruto inkomste verdien uit tuinboukundige produkte (Vraag 9 tot Vraag 12)... |
1,084 | GOV-ZA.2008FINALAFRIKAANSQuestionnaire.2010-03-25.af.txt | 20,484 | Diereprodukte (melk, eiers, wol, ens.)... |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.