document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
882 | GOV-ZA.181482.2010-03-24.af.txt | 17,883 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,885 | Welkom by die opening van die vierde demokraties verkose Wes-Kaapse Provinsiale Parlement. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,886 | Ek is terdeë bewus van die konteks waarin ek vandag hier staan. Ons beskik oor 'n openbare mandaat as gevolg van die verandering in regering ná 'n verkiesing. Die blote feit dat die regering deur die stembus vreedsaam in ander hande oorgegaan het, is uitstekende nuus vir Suid-Afrika. Dit beteken ons is besig met die proses om demokrasie te konsolideer, wat nie slegs gereelde verkiesings vereis nie, maar ook die vermoë van inwoners om hul regering deur hul stem te verander. Te veel opkomende demokrasieë het by hierdie kritieke oorgee klei getrap. Ons onlangse verkiesing laat ons optimisties voel dat ons nie ook eendag as 'n mislukte oorgang beskou sal word nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,887 | Meneer die Speaker, aan dié kant van die Huis besef ons dat ons provinsie kwaai verdeel is, en ons is volkome bewus van ons verantwoordelikhede in dié verband. Ons almal, aan albei kante van die Huis, behoort te wees. Hierdie regering bly verbind tot ons verkiesingsbelofte van een nasie met een toekoms, maar dit behoort nooit op 'n eenpartystaat te sinspeel nie. Ek sal my allerbeste doen om 'n premier vir al die mense te wees. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,888 | Net so is Jacob Zuma die president van alle Suid-Afrikaners. Ons almal hier, in die regering en in die opposisie, erken sy posisie met eerbied. Ek herbevestig my verbintenis tot die beginsels van samewerkende regering, soos deur die Grondwet vereis. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,889 | In hierdie verband is daar vrae gevra oor hoekom ons vandag die Provinsiale Parlement open, voor die Stand-van-die-Nasie-rede volgende week. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,890 | Die antwoord is eenvoudig: dié datum is 'n ruk gelede vasgestel om in te pas by die rooster wat oorspronklik deur die Nasionale Parlement aan die Provinsiale Wetgewer voorgelê is. Daarvolgens was die Presidentsrede vir 22 Mei beplan. Ons sitting is toe geskeduleer vir vandag, 29 Mei. Selfs toe was daar kommer dat ons bitter min tyd oor het omdat die begroting teen die einde van Junie aanvaar moet word. Voordat dit kan gebeur, moet dit deur die onderskeie portefeuljekomitees oorweeg word, sodat dit hierdie regering se prioriteitsdoelwitte kan weerspieël. Toe die Nasionale Parlement die Presidentsrede met bykans twee weke uitgestel het, het dit 'n baie moeilike tydindeling vir die Provinsie veroorsaak. As hierdie sitting van vandag uitgestel moes word, sou dit net twee weke oorgelaat het om al die werk van die portefeuljekomitees af te handel. Dit was onvoldoende vir die taak op hande. Dus het die Wetgewer die oorspronklike rooster gevolg. Dis so eenvoudig soos dit. Ek het self die situasie aan President Zuma verduidelik en hy het begrip vir die druk werkprogram wat wag. Dit is nou tyd om verby die nimmereindigende debatte oor styl en simboliek te beweeg en te begin met gedissiplineerde werk wat teen spertye gelewer moet word. Daar is geen openbare fanfare vir hierdie sitting nie. Daar is te veel werk. Wanneer ons begin om die inhoud reg te kry, kan die simboliek maar volg. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,891 | Die beskrywing van die toespraak wat by die opening van 'n parlementêre sitting gelewer word, as die "Stand-van-die-Provinsie"-rede, het taamlik onlangs ontstaan en ek dink dit is 'n wanbenaming. Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vorentoe te kyk na die enorme uitdagings wat ons in die gesig staar. Ons is net meer as drie weke aan bewind, en ons is besig met 'n omvattende situasie-ontleding in elke departement, as fondament vir ons gedetailleerde werkprogram vorentoe. Dié taak word oor die volgende ses maande voortgesit. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,892 | Ek het so pas teruggekeer van 'n drie dag lange lekgotla van die nasionale Kabinet, wat 'n nuwe en interessante ervaring was. Ek het baie geleer; trouens ek was bemoedig deur die vriendelike en professionele werksverhouding. Ek het oor 'n paar belangrike kwessies 'n besliste meningsverskil gehuldig, en gevoel dat die President ernstig was toe hy met sy inhuldigingstoespraak Suid-Afrikaners genooi het om deel te neem aan demokratiese debatvoering en verskillende menings te lug. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,893 | Die gees by die lekgotla was in skrille kontras met die voortgesette laster aan die kant van die ANC-jeugliga en die MKMVA. Ek sien dat die agbare Skwatsha en Ozinsky ook deurloop. Volgens hierdie twee organisasies het die DA 'n doodsonde gepleeg deur te wen; terwyl die ANC 'n doodsonde gepleeg het deur te verloor. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,894 | Net 'n week voor die nasionale lekgotla, het ons die provinsiale lekgotla gehou. Die President moet volgende week die temas van die nasionale lekgotla in sy Stand-van-die-Nasie-rede oordra. Dit is goed om te weet dat sommige van die hooftemas van die provinsiale lekgotla goed inpas by die ontluikende nasionale raamwerk. Daar is natuurlik 'n paar vername verskille in strategie, maar na my mening is hulle versoenbaar binne die raamwerk van samewerkende regering. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,895 | By die provinsiale lekgotla verlede week het ons besluit om ons werk in lyn te bring met die oorhoofse doelwit om armoede te bestry en geleenthede vir almal te bevorder, deur beleide wat volgehoue ekonomiese groei aanmoedig, wat vaardighede en kapitaal lok, ontwikkel en behou, en wat infrastruktuurontwikkeling aanspoor. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,896 | Elke ander sleutelbeleid en -strategie moet teen hierdie doelwit gemeet word. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,897 | Ons glo dat die staat 'n kritieke rol te speel het in sosio-ekonomiese ontwikkeling. Ons is nie vryemark-fundamentaliste nie. Net so glo ons nie dat 'n staat, met beperkte vermoëns, te veel op hom moet neem nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,898 | Wanneer 'n mens elkeen van hierdie provinsiale regering se tien departemente ontleed, is dit duidelik dat, as ons ons basiese take behoorlik verrig, sonder enige korrupsie; as ons 'n werkbare openbarevervoerstelsel ontwikkel; as ons 'n veiliger omgewing vir mense moontlik maak; as ons ordentlike, toeganklike gesondheidsorg verskaf; as ons toesien dat baie meer leerders op die vereiste vlak kan lees, skryf en bereken en toegerus is met lewensvaardighede wat op waardes gegrond is; as ons al hoe meer behuisingsgeleenthede bied, en genoeg voedsel vervaardig, sal al hierdie dinge saam geleidelik tydens ons vyfjaartermyn 'n enorme progressiewe verskil maak in talle mense se lewens. En ons sal 'n klimaat van openbare selfvertroue skep wat dien as katalisator vir ekonomiese groei. Die uitdaging is om aan te hou in die regte rigting. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,899 | Maar ons moet eerlik wees met onsself: Om net meer van die basiese goed reg te kry gaan in die huidige ekonomiese klimaat, wat nou amptelik 'n resessie behels, 'n yslike uitdaging bied. Ons moet onderneem om hierdie krisis in 'n geleentheid te omskep en moet die manier waarop ons dinge doen, verander. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,900 | Ons sal die meeste doelwitte beter kan behaal in vennootskappe met ander vername belanghebbendes, as op ons eie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,901 | Die sleutel tot groei en ontwikkeling is om die rolle te identifiseer wat ten beste deur die staat vervul word, en watter rolle aan die private sektor en die burgerlike samelewing in sy menigte manifestasies, van universiteite tot nieregeringsorganisasies, oorgelaat moet word. Ons werk is om sinergie te skep. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,902 | Vennootskappe word nie tot organisasies, instellings en ondernemings beperk nie. Elke inwoner moet hom of haar beskou as 'n aktiewe vennoot in hul eie ontwikkeling en dié van ons land, en moet elke geleentheid benut om die beste te wees wat hulle kan wees, en hul maatskaplike verpligtinge nakom. Dit is hoe ontwikkeling plaasvind. Die Grondwet bepaal by voorbaat die noodsaaklike balans tussen regte en verantwoordelikhede, selfs voordat dit by die Handves van Regte uitkom. Ons moenie toelaat dat die grondwetlike opdrag van individuele verantwoordelikheid by verstek verval nie. Behalwe dat ons ons eie verantwoordelikhede as 'n regering aanvaar, sal ons veral klem lê op die verantwoordelikhede van ouers. Ouerlike - en veral vaderlike - verantwoordelikheid moet in ons nasionale kultuur ingewortel word. As dit nie gebeur nie, bly ons ontwikkeling as 'n samelewing 'n blote hersenskim. Dit is die onderliggende doel van ons strategieë en projekte vir maatskaplike ontwikkeling. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,903 | n Ander element van ons grondwet wat nie moet verwater omdat ons dit nie gebruik nie, is die stel bevoegdhede wat vir provinsiale parlemente en regerings beoog word. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,904 | Ons grondwet wentel betekenisvolle bevoegdhede na die provinsies af. Hulle is duidelike regeringsfere wat hul eie beleid, programme en projekte kan ontwikkel - met die toepaslike wetgewing - binne die nasionale raamwerk. Provinsies is nie bloot administratiewe arms van die sentrale regering nie. Die Grondwet stel dit ook duidelik dat, as provinsies nie oor die vermoë beskik om hul funksies na behore te verrig nie, is die Nasionale Regering verplig om hul kapasiteit op te bou om dit te kan doen, nie om hul funksies weg te neem of te sentraliseer nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,905 | Die Wes-Kaapse Provinsiale Regering beskik oor die vermoë om sy funksies te verrig en sy kiesmandaat in 'n wetgewende program om te swaai. Ons sal dit binne die Grondwet verrig, en te alle tye die beginsels van samewerkende regering met ander sfere nakom. Die einste konsep van samewerkende regering dui inderdaad daarop dat provinsies regerings is en nie bloot administratiewe arms van die sentrale staat nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,906 | Dit beteken nie dat ons apart van die res van die land wil staan nie, of dat ons wil afstig nie, of dat ons weer 'n verlede van diskriminasie wil oproep nie. Inteendeel. Dit beteken dat ons aan die voorpunt is van demokrasie en dat ons lewe gee aan die betekenisvolle federale elemente in ons grondwet, in die belang van alle Suid-Afrikaners. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,907 | Tydens 'n gesprek met President Zuma gister het ek hom gevra om die Wes-Kaap te beskou as 'n geleentheid en nie as 'n bedreiging nie. Ek het gesê dat ons altyd te goeder trou en in die belang van al ons mense sal optree wanneer ons alternatiewe benaderings voorstel om van ons land se dringendste probleme op te los. Ek het gesê dat ons ruimte nodig het om dit uit te voer. Geen enkele party het alleenreg op wysheid en oplossings nie. Dit is in almal se belang om vas te stel watter beleidsingrypings werk. Dit is veral van toepassing op die magdom beleidsvoorstelle om werkgeleenthede vir ongeskoolde arbeiders op die kort termyn te skep - terwyl die lang en moeilike taak aangepak word om onderwys te verbeter en ons vaardigheidsbasis uit te brei sodat ons ons plek in die internasionale kennisekonomie kan inneem. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,908 | Ons moet wys dat beleggingsvriendelike beleid werklike en beter geleenthede vir werkloses bied. Die armes weet dit reeds. Daarom trek hulle in sulke groot getalle hiernatoe. Oor die afgelope drie jaar het ons in die Stad Kaapstad ons aandag toegespits op "infrastruktuurgerigte ekonomiese groei", 'n beleid wat gehelp het om R43 miljard se investering in die metrogebied te lok. Die programme wat vir infrastruktuur en beboude omgewings geïmplementeer is, is 'n reddingstou in hierdie resessie. Dit maak sin om die momentum na "infrastruktuurgerigte ekonomiese groei" op 'n provinsiale vlak vol te hou. Ons kan soveel meer doen as ons die ruimte gegun word om ons te bevry van omslagtige wetgewing en oormatige regulering en om beleide soos Spesiale Ekonomiese Sones (of wat ons Werksones noem) toe te pas, en om mense wat vir die eerste keer werk, die kans te bied om ekonomies produktief te word. Beleggers is nie die armes se vyand nie. En 'n groeiende middelklas is noodsaaklik om die hulpbronne, kapitaal en vaardighede te verskaf om armoede te bestry. Trouens, dit is wat die meeste middelklas-Kapenaars wil hê. Hulle besef dat ons almal saam op hierdie skip genaamd Suid-Afrika is, en as hy sink, sink ons saam. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,909 | Ons weet almal wat met Thubelisha Homes, die Nasionale Regering se behuisingsmaatskappy, gebeur het, wat toegang verkry het tot die Stad se prima behuisingsgrond vir die N2 Gateway-projek en bankrot gegaan het tydens die gestaakte leweringsprogramme. Dit is noodsaaklik dat ons nie hierdie mislukking vererger nie. Ons loop die gevaar om dit te doen, nadat ons gestroop is van die grond wat ons in staat moes stel om 'n alternatiewe keuse uit te voer. Baie van die grond wat oorgedra is, word nou ook vir die N2 Gateway-projek met sy swak prestasies geoormerk. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,910 | Meneer die Speaker, soos wat ons begin om ons beleid oor die Provinsie toe te pas, gaan ons departemente in die komende weke die besonderhede van hul onderskeie prioriteite en korttermynprojekte uiteensit. Ek is skepties oor "foefies" soos die 100-dag-uitsette, veral as dit die aandag aflei van die langertermyn-stelselverbeterings wat so dringend is, maar wat met verloop van tyd slegs resultate meebring. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,911 | Vandag wil ek kortliks 'n paar van die sleutelprioriteite uitlig wat ons vir elke departement geïdentifiseer het. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,912 | Ons moet begin deur seker te maak dat al die departemente optree volgens die internasionale beste praktyk met betrekking tot finansiële en menslikehulpbronbestuur. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,913 | Ons eerste ontleding van die Provinsiale Regering se finansies, bates en bestedingspatrone het ons oortuig dat ons nie 'n florerende onderneming oorneem nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,914 | Swak finansiële bestuur in verskeie departemente het hul vermoë om aan hul kernmandate te voldoen, ernstig ondermyn. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,915 | Vroeër vanjaar, in haar Stand-van-die-Provinsie-rede, het oud-Premier Brown gesê dat nuwe hospitale in Khayelitsha en Mitchells Plain gebou gaan word en teen 2012 voltooi gaan wees. Ons het nou bevind daar is slegs genoeg geld vir een hospitaal. Die vorige administrasie het voorkeur aan Khayelitsha verleen. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,916 | In die Departement van Vervoer en Openbare Werke word 'n tekort van R100 miljoen vir bussubsidies voorspel. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,917 | En ons gebeurlikheidsfonds is te min om noodgevalle of rampe te hanteer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,918 | Ons het in talle gevalle bevind dat departemente nie openbare hulpbronne tot die maksimum voordeel van die publiek aangewend het nie. Verlede jaar se Erasmus-kommissie is maar een voorbeeld. Honderde miljoene is op sametrekke, bemarkingstrategieë en 'n horde konsultante bestee wie se toegevoegde waarde nie onmiddellik duidelik is nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,919 | Die begroting wat ons in die komende weke gaan verfyn, sny R426 miljoen van hierdie soort "vet" uit die Mediumtermyn-Uitgaweraamwerk oor alle departemente uit, en ons moet nog baie uitsny. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,920 | Verskeie departemente verkeer in erge geldelike nood as gevolg van praktyke wat voorheen toegepas is, en beskik nie oor die fondse om vakante poste aan die diensleweringskant van die regering, soos vir verpleegkundiges en onderwysers, te vul nie. Dit is alles versteek deur die geheimhouding rondom die tenderprosesse, en dikwels skokkend swak bestedingsbeheer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,921 | Om hierdie probleme die hoof te bied, beoog ons 'n nuwe stelsel van strenger finansiële beheer, en ons gaan so ver moontlik alle tenderprosesse aan die media en publiek bekend maak. Ons wil dit beslis verpligtend maak dat alle inligting oor suksesvolle botte op die webwerwe van alle departemente en provinsiale entiteite bekendgemaak word, of verkieslik op 'n sentrale provinsiale webwerf op die Cape Gateway-portaal. Dit moet insluit: die kontraknommer en -beskrywing; naam (name) van die suksesvolle tenderaar(s), die kontrakprys(e), handelsmerke, leweringsbasis en waar van toepassing, voorkeure wat aangedui word. Ek sal egter graag wil sien dat die eintlike komitees ook, waar wetlik moontlik, oopgestel word. Dit is wat ons in die Stad Kaapstad gedoen het en dit het baie goed gewerk om korrupsie te bestry, en die aantal tydrowende appèlle teen tenderbesluite te verminder. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,922 | Benewens dié hervormings, gaan ons ook verdagte tenders en huurtransaksies, finansiële ondoeltreffendheid en misbruik van diskresionêre besteding oudit. In samewerking met die Ouditeur-generaal, het die Provinsiale Tesourie reeds 'n ondersoek van stapel gestuur na twyfelagtige finansiële praktyke in die Departemente van Plaaslike Regering en Behuising, en Vervoer en Openbare Werke, veral ten opsigte van die aanstelling van konsultante. Uit die ongeveer R380 miljoen wat die Provinsiale Regering in 2008/09 aan konsultante bestee het, is bykans R200 miljoen deur hierdie twee departemente gebruik. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,923 | Die oudit sal onder meer 'n hersiening van tenderprosesse en nakoming van wetgewing insluit, moontlike belangebotsings tussen konsultante en die departemente opweeg, opleiding en die oordrag van vaardighede ten opsigte van finansiële bestuur bied, strenger prestasiebestuur implementeer en waarde vir geld meer nougeset monitor. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,924 | Ek het die ministers aangemoedig om op die uitkyk te wees vir soortgelyke probleemgebiede in hul departemente en om dan, waar toepaslik, oudits en finansiële hervorming uit te voer. Indien nodig, sal ons buite-ouditeure inbring om te help, soos in die geval van die Stad Kaapstad drie jaar gelede. Daardie oefening het uitgeloop op die sekwestrasie van verskeie senior beamptes, insluitende die voormalige Stadsbestuurder, en 'n paar kriminele sake. Dit het ook beduidende verbeterings meegebring. Die Stad se afdeling vir verskaffingskettingbestuur was die eerste een in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse plaaslike regering om te kwalifiseer vir erkenning ingevolge die streng ISO 9001 internasionale standaarde vir gehaltebestuur - en die tyd wat aan die afhandeling van tenders bestee is, is met die helfte gesny. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,925 | Ons beoog skoon regeringsbestuur vir hierdie administrasie, en om seker te maak dat belastingbetalers waarde vir geld kry. Ons gaan toesien dat bates en eiendom in belang van die publiek, en nie van die party nie, bestuur word. Ons mediumtermyndoel is om die ganse Provinsiale Regering (asook sy entiteite en munisipaliteite) na minstens vlak 4 uit 6 op die Nasionale Tesourie/Ouditeur-generaal se finansiële kapasiteitsmeting van finansiële regeringsbestuur op te hef ('n "goeie" gradering). Dit wys net hoe swak die huidige stelsel is. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,926 | Die finansiële probleme wat hierdie administrasie in die gesig staar, word vererger deur die feit dat ons inkomstebasis, asook dié van die nasionale en plaaslike regering, met die verswakkende ekonomie krimp. Die Nasionale Regering moes ons deel van die nasionale fondstoewysing met R684 miljoen oor die Mediumtermyn-Uitgaweraamwerk sny, en ons batefinansiering is met 'n verdere R222 miljoen vir die tydperk verminder. Dit beteken dat ons baie meer met die bykans R900 miljoen minder oor die volgende drie jaar sal moet doen. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,927 | Meneer die Speaker, die tweede sleutelgebied waarna ons deur die hele provinsiale administrasie sal moet kyk, is om toe te sien dat ons personeelbestuurstelsels behoorlik werk. Die organisasie se boonste struktuur is baie swaar, met te veel administrateurs en nie genoeg personeel om diens te lewer nie. Ons win tans kundige advies in om vas te stel of ons personeelstruktuur ontwerp is om ons funksies uit te voer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,928 | Ek let daarop dat daar oor die afgelope jare pogings aangewend is om prestasiebestuur te verbeter. Ons gaan dit verskerp en begin met basiese aspekte soos tyd- en bywoningsregisters, wat tans nie konsekwent (indien ooit) bygehou word nie. Ons gaan ook die bestuurstelsels onder hande neem. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,929 | Ons is reeds besig om 'n provinsiale weergawe van dieselfde IT-gebaseerde paneelbord-bestuurstelsel in te bring wat met groot sukses in die Stad Kaapstad toegepas is. Dit sal die werkverrigting van elke minister, departementshoof en bestuurder monitor. Dit verskaf hoëvlakdata wat uitsette teenoor duidelike teikens meet, en laat bestuurders toe om meer gegewens teenoor elke prestasie-aanduider vir elke projek aan te vul. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,930 | Dit is van kernbelang dat ons oor behoorlike data beskik om ons werkverrigting akkuraat te monitor, sonder mediapoetsing. Anders kan ons nie vasstel waar ons tekort skiet of probleme vroegtydig regstel nie. Ons moet eerlik met onsself wees oor wat ons werklik bereik. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,931 | In ons analise van vorige Stand-van die-Provinsie-toesprake het ons gevind dat talle voorbeelde van aangehaalde statistiek wat indrukwekkend klink, by nadere beskouing nie so akkuraat is nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,932 | In 'n onlangse toespraak, byvoorbeeld, word die syfer vir die lewering van behuising omskryf as 'n behuisingsbegroting wat van omtrent R500 miljoen tot meer as R1 miljard in vier jaar toegeneem het en 45 114 huise, 53 877 gediensde erwe en 37 334 "noodakkommodasie-eenhede" voorsien het. Op nasionale vlak is hierdie syfers bymekaar getel en daar is aangekondig dat meer as 100 000 behuisingsgeleenthede in die provinsie voorsien is. Maar dit was nie die geval nie. Die meerderheid van die 45 000 huise is op die 53 000 gediensde erwe gebou. Dit beteken dat 'n totaal van omtrent 12 000 werklike behuisingsgeleenthede per jaar voorsien is. En die meeste van hierdie geleenthede is deur die Stad Kaapstad, wat 70% van die Provinsie se behuisingsbegroting ontvang, voorsien en nie deur die administrasie van die Provinsiale Regering nie. Indien jy statistiek blink poets, bluf jy uiteindelik net jouself en skiet jy tekort. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,933 | Ons sal daarom in die hersiening van ons personeel en ons prestasiebestuur daarop fokus om werkbare inligtingstelsels in te stel deur die regte mense op die regte plekke te ontplooi om die werk te doen en te verseker dat hulle verantwoordelik gehou word vir dienslewering. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,934 | Ons is ook van plan om professionaliteit in die staatsdiens aan te kweek. En terwyl ons nou begin met 'n ondersoek na die prima facie-bewyse wat in die verslag oor die Erasmus-kommissie vervat is, moet ons weer die belangrikheid daarvan benadruk dat amptenare die onderskeid tussen party en staat moet respekteer. Amptenare moet die beleide van die regerende party toepas, binne die grense van die Grondwet en die reg, sonder om ingesleep te raak by partypolitieke agendas. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,935 | Meneer die Speaker, ek gee vervolgens 'n kort oorsig van sommige van die prioriteite van die verskillende departemente van hierdie administrasie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,936 | Met betrekking tot die Ministerie van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme: ons sal ons begrotings belyn met dié van plaaslike regerings, in die besonder met die Stad Kaapstad. En ek sal ons minister en sy departementshoof vra om met hul nasionale eweknieë te skakel oor die formule waarvolgens ons ons regmatige deel van die nasionale inkomste ontvang en om, in die besonder, te toets of die formule-berekening op geldige inligting gebaseer is. In die belang van al die provinsies moet ons verseker dat nasionale besteding optimaal aandag skenk aan die ontwikkelingspatrone in hierdie land. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,937 | Met Ekonomiese Ontwikkeling wil ons daarop fokus om ondernemings in die streek by te staan en te bevorder en om, sover moontlik, te verseker dat die Regering investering bevorder en nie verhinder nie. Ons sal poog om die internasionale mededingendheid van die Wes-Kaap-streek te verbeter deur beperkings op investering te identifiseer en aan te pak, die streek as toeristebestemming te bemark, deur rompslomp in te kort en 'n regverdige sakeomgewing en inwoners se deelname aan die ekonomie, veral by klein en ontluikende ondernemings, aan te moedig. Uit navorsing wat deur die Mikro-ekonomiese Ontwikkelingstrategie onderneem is, weet ons reeds wat sommige van die strategiese sleutelgroeigebiede in die streek is: dienste vir die olie- en gasbedryf, toerisme, inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT), sakeprosesuitbesteding, inbelsentrums, menslikehulpbronontwikkeling en kleinsakeontwikkeling. Daar is ander opwindende geleenthede in ontluikende velde soos Agri-prosessering, 'n veld waarin die Wes-Kaap as 'n leidende wêreldspeler na vore kan tree. In die jare wat voorlê, sal ons voortgaan om hierdie sektore te koester deur nywerheidklusters aan te moedig en deur die toepaslike infrastruktuur te voorsien waar moontlik. Sommige van ons korttermyninisiatiewe om investering verder aan te moedig, sluit in die instelling van 'n kwartaallikse publikasie vir beleggers oor die huidige stand en vooruitsigte van die Wes-Kaap asook 'n gebruikersvriendelike gids vir inwoners oor die ekonomiese geleenthede wat by topnywerhede in die streek bestaan. Ons lê onsself ook die taak op om die huidige komplikasies in verband met die nuwe provinsiale Drankwet op te los en die Wet te implementeer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,938 | In verband met die entiteite wat onder die Departement ressorteer, sal ons die doeltreffendheid van WESGRO en CTRU (Cape Town Routes Unlimited) hersien. Ons sal 'n loodsprogram vir gesubsidieerde eenjaar-internskappe vir 250 deelnemers van stapel stuur. 'n Soortgelyke projek sal vir toerisme aangepak word: dit sal die vorm aanneem van 'n oriënteringsprogram vir 1 000 deelnemers waaruit 'n kortlys van 100 kandidate saamgestel sal word van diegene wat kwalifiseer vir 'n omvattende opleidingskursus in die toerismebedryf. En om toerisme in die suidelike streke van die provinsie te bevorder, sal ons vernuwende maniere vind om die Outeniekwa-Choo-Tjoe (die laaste stoomtrein ter wêreld met wat voltyds werk) in gebruik te hou. Dit sal ons bewerkstellig deur belegging vanuit die sakesektor in die trein en in ander verwante toeriste-aantrekkings in die gebied te lok. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,939 | In verband met Onderwys: ons moet daarop fokus om ons inwoners toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het sodat meer van hulle in die internasionale kennisekonomie kan meeding. Dit begin met geletterdheid en gesyferdheid. Lees-, skryf- en berekeningsvaardighede is die deurslaggewende vaardighede vir alle ander vaardighede. Alhoewel ons beter vaar as ander provinsies, moet ons nog 'n lang pad loop om internasionaal mededingend te wees. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,940 | Ons sleutelprioriteite in die medium tot lang termyn is dus om omkeerstrategieë vir die 74 disfunksionele skole in die provinsie te ontwikkel en te implementeer; om te verseker dat daar geletterdheids- en gesyferdheidsonderrig van gehalte by primêre skole is; om vroeëkinderontwikkeling uit te brei sodat meer leerders skool toe gaan met voldoende kognitiewe en motoriese vaardighede; om die getal leerders in die wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskunde-vakgebiede te vergroot; om beroepsvaardigheidsopleiding in die kurrikulum te benadruk; om skole se infrastruktuur en hulpbronne te verbeter; en om dissipline en veiligheid by skole te verskerp. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,941 | Ons wil toesien dat die volgende vyf elemente by al ons skole geïmplementeer word: stiptelikheid en taakgerigtheid, toegewyde en goed voorbereide onderwysers, goeie handboeke vir elke vakgebied, tegnologie vir kurrikulum-lewering en gereelde toetsing van leerders. En ons wil 'n etos van respek, hoflikheid, integriteit, trots en dissipline in elke klaskamer ontwikkel. Dit is die wesenlike elemente van leer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,942 | By die Departement van Gesondheid sal die fokus val op die rasionalisering van die gebruik van beskikbare hulpbronne om maksimum doeltreffendheid te behaal en op die beskikbaarmaking van meer fondse vir kerndienste. Ons huidige gesondheidsdienste gaan gebuk onder die aanvraag, nie alleen van inwoners van hierdie provinsie nie, maar ook van omliggende gebiede waar gesondheidsdienste besig is om te faal. Dit skep 'n besondere uitdaging vir die Wes-Kaap omdat pasiënte van ander provinsies dikwels hierheen kom vir duur, gespesialiseerde dienste wat nie elders beskikbaar is nie. Die nasionale inkomsteverdeling benadeel die Wes-Kaap - 26% van die formule vir die toekenning van nasionale inkomste aan provinsies is gebaseer op pasiëntegetalle, maar in die Wes-Kaap word daar op die gebied van gespesialiseerde dienste 20% van die fondse aan 2% van die pasiënte bestee. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,943 | Dit is besonder kommerwekkend gegewe die feit dat ons tans 'n instandhoudingsagterstand van R800 miljoen het en R5,8 miljard benodig om in die vraag na nuwe infrastruktuur te voorsien. Die Mitchells Plain-hospitaal is een van die talle projekte wat dringend nodig is, maar tans sonder toegekende befondsing is. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,944 | Daarom sal ons die begroting se totale toewysing aan infrastruktuur vergroot en ons sal begin om die Departement se eiendomsbenutting te hersien ten einde doeltreffendheid te maksimeer. Ons moet enige latente kapitaal wat in onderbenutte vaste bates opgesluit is, beskikbaar maak om infrastruktuurontwikkeling te befonds. Ons sal ook openbare-private-vennootskappe en gemeenskaplike ondernemings nastreef wat sal help om in die aanvraag na dienste te voorsien. Op die kort termyn is daar 'n aantal projekte wat ons kan aanpak, insluitende die verkryging van nuwe ambulanse, nuwe helikopters en nuwe beddens vir pasiënte. Die Departement sal die nuwe beroepspesifieke bedeling (BSB) vir gesondheidwerkers, in ooreenstemming met die aanvaarde BSB-modelle, in die Provinsie implementeer sodra ons die vaste onderneming van die nasionale Departement van Gesondheid, die Departement van die Staatsdiens en Administrasie en die Nasionale Tesourie ontvang dat die Provinsie terugbetaal sal word. Minister Botha sal besonderhede oor hierdie en verdere inisiatiewe in die komende weke beken maak. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,945 | Ten opsigte van Maatskaplike Ontwikkeling: ons sal verseker dat hierdie departement toegang tot geleenthede vir inwoners bevorder deur sosio-ekonomiese steundienste. Ons is van plan om die grondwetlike mandate wat die Departement se werksaamhede bepaal, te hersien en die mate waartoe dit geïmplementeer word, te meet. Ons sal ook assesseer of die nagenoeg 1 800 organisasies-sonder-winsbejag wat ons befonds, genoegsame, volhoubare waarde toevoeg en verseker dat daar 'n werkbare stelsel in plek is om hul prestasie te monitor. Ons moet weë vind om die beginsel van maatskaplike entrepreneurskap bekend te stel eerder as om afhanklikheid aan te kweek. Daar is 'n paar opwindende vooruitsigte van nuwe vennootskappe in hierdie verband. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,946 | Op die kort termyn sal ons R18 miljoen by die begroting voeg om die diensvoorwaardes van maatskaplike werkers te verbeter. Hulle skaars vaardighede is veral belangrik vir vroeëkinderontwikkeling, vir die slagoffers van misdaad en geweld en vir die bystaan van leerders met emosionele en leerprobleme. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,947 | Om middelmisbruik, wat tans onder hierdie departement ressorteer, te takel, moet alle provinsiale bestuurs- en moniteringstrukture in lyn gebring word met die Nasionale Dwelmmeesterplan (2006-2011) sodat hulle behoorlik belyn kan word met ander sfere van die Regering. Middelmisbruik is ons ernstigste maatskaplike probleem in die Wes-Kaap. Koördinering tussen talle departemente is nodig om na behore op te tree. Ons sal hierdie meganismes in die Departement van die Premier ontplooi om te verseker dat al ons strategieë gekoördineer is om hierdie kwelpunt te takel. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,948 | Hierdie week het ons 'n uitbraak van vigilantisme in reaksie op dwelmhandel gesien en ons kan meer van hierdie soort geweld verwag as ons nie beslissend hieroor optree nie. Laat ons nie weer nie, soos so dikwels in die verlede, sit met die situasie waar polisiehulpbronne ingespan moet word om gefrustreerde gemeenskapsleiers te bedwing terwyl die regte misdadigers voortgaan om handel te dryf. Ons moet doeltreffend en binne die grense van die reg optree teen misdadigers wat gekonfyt is met die doodvee van hul spore. Dit kan baie tyd in beslag neem, soos ons bevind het in ons voortgaande uitsetting van dwelmhandelaars uit raadsbehuising in die Stad. Die nuutgestigte honde-eenheid, wat in samewerking met die SAPD, die metropolitaanse polisie en buurtwagte optree, sal ons in staat stel om groter vooruitgang te maak. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,949 | Om dwelmhandelaars in hegtenis te neem, is een van 'n aantal hoë prioriteite vir die Departement van Gemeenskapsveiligheid. Middelmisbruik, moord en misdaad in die algemeen ontneem ons van kapitaal en vaardighede en dra regstreeks daartoe by dat al hoe meer inwoners se lewens vernietig word. Ingevolge die Grondwet het die Provinsiale Regering 'n oorsigtelike funksie ten opsigte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, alhoewel dit die nasionale kommissaris is wat die SAPD se provinsiale leierskap aanstel, afdank en ontplooi. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,950 | Dit is ons funksie om die prestasie van die polisie te monitor, prioriteite vir die streek vas te stel en om kommissies van ondersoek aan te wys oor probleemareas in polisiëring soos endemiese korrupsie. Ons sal eers die situasie behoorlik assesseer voordat ons enige aankondigings maak. Navorsing oor bewysgebaseerde polisiëringsbeleid en versterkte koördinering tussen die metropolitaanse polisie en die SAPD, veral met betrekking tot steun aan buurtwagte en wetstoepassing teen middelmisbruik, is van ons prioriteite tydens ons eerste jaar aan bewind. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,951 | Ons sal begin om aandag aan hierdie prioriteite te gee deur streek-vir-streek 'n veiligheidsbarometer vir gemeenskappe in te stel en deur 'n volle evaluering te doen van strategieë wat tans geïmplementeer word, insluitende die Bende-raamwerkstrategie. Op grond van die model van die veelparty-regering van die Stad Kaapstad, sal ons ook 'n sterk burgerlike toesigprogram vir die SAPD implementeer om die polisie se verantwoordbaarheid in die hoofsentra in die Wes-Kaap te verbeter. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,952 | Vir Behuising is die grootste struikelblok die tekort aan geskikte grond. Ons sal met 'n dringende grondoudit begin. Minister Madikizela het reeds met die Stad Kaapstad ontmoet om met die proses te begin om grond na die Stad oor te dra vir noodleniging na oorstromings en om te help met die voortgesette in situ-opgradering van oorstroomde nedersettings. In hierdie gees het ons ook met die proses begin om aan die Stad Kaapstad behuisingsakkreditering, tot op vlak 3, te verleen sodat die Stad leiding kan neem in die lewering van behuising in die metropolitaanse gebied. Terselfdertyd gaan ons 'n interregeringstaakspan saamstel om projekte goed te keur en om rompslomp, wat 'n groot rede vir die vertraging in die lewering van behuising is, te verminder. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,953 | Om die volhoubaarheid van behuisingsprojekte te verbeter en om aan gemeenskappe meer behuisingsopsies te gee, sal ons die befondsing van die People's Housing Process vermeerder. Dit stel begunstigdes op behuisingswaglyste in staat om gesubsidieerde behuisingsprojekte met hul eie fondse aan te vul om sodoende die gehalte van hul huise te verbeter. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,954 | En ten einde aandag te skenk aan die kritieke toestande in informele nedersettings, sal ons 'n provinsiewye in situ-opgraderingsplan ontwikkel. Die omvang van die provinsiale agterstand kan ons nie net met konvensionele metodes uit die weg ruim nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,955 | n Soortgelyke strategie van samewerking met plaaslike regerings, en met die afwenteling van funksies waar moontlik, sal deel wees van die benadering van die Departement van Vervoer en Openbare Werke. Die geïntegreerde snelvervoerstelsel in Kaapstad sal een van die belangrikste openbare beleggings wees wat ekonomiese groei in die streek sal fasiliteer, toegang sal verbeter, verkeersdruk sal laat afneem en toringgebouontwikkelings sal vrystel van die beperkings van vervoerimpak-assesserings. Daarmee sal ons 'n einde bring aan die Provinsie se vroeëre duplisering van funksies en aan die onnodige inmenging met die Stad Kaapstad, en eerder fokus op sinergie tussen die twee sfere. Ons wil 'n openbare vervoerstelsel hê wat meer gereguleerd, gestruktureerd en gekoördineerd is. Ons sal ons onderhandelings met die taxibedryf in goeder trou voortsit, maar ons sal wetteloosheid nie duld nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,956 | Meneer die Speaker, Landbou is 'n ander kritieke gebied vir ekonomiese groei en volhoubare landelike ontwikkeling. Die Wes-Kaapse boerderysektor en sy verwante nywerhede het gedurende die afgelope dekade gely, maar is besig om te herstel, veral op die gebied van wynboerdery en -toerisme. In hierdie verband het Minister Van Rensburg en sy departement 'n aantal prioriteite geïdentifiseer wat daarop gemik is om die landbousektor en verwante landelike nywerhede verder te versterk. Die veredeling van voedselprodukte vir die moderne verbruiker is 'n belangrike, nuwe, internasionale groeigebied en die Wes-Kaap is goed geplaas om op hierdie gebied mee te ding. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,957 | Ons is daarom van plan om die ontwikkeling van skaars boerderye en skaars boerdery-ingenieursvaardighede by ons provinsie se volgende geslag leerders aan te moedig. Ons sal aansporings, insluitende beurse, vir skoolverlaters instel vir studie en loopbane in landbou en in verwante nywerhede en ons sal nagraadse studente ondersteun. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,958 | Ons sal opkomende boere se toegang tot markte daadwerklik ondersteun en aanmoedig en sal aanbevelings maak met betrekking tot internasionale handel. En ons sal landelike infrastruktuur en dienste verbeter ten einde boerderylogistiek so ver moontlik te fasiliteer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,959 | Die Ministerie van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning se eerste taak sal wees om beter interregeringsverhoudings met munisipaliteite op te bou. Die Departement se mandaat is om plaaslike regerings te ondersteun, nie om onnodig met hul funksies in te meng nie. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,960 | Ten opsigte van beplanning sal ons verouderde wetgewing, in die besonder die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning (OGGB), hersien ten einde beplanningsprosesse in die verskillende munisipaliteite te stroomlyn. Die OGGB is ouer as die Grondwet en dupliseer 'n reeks munisipale beplanningsprosesse op provinsiale vlak tot geen duidelike voordeel nie. Die rompslomp wat dit veroorsaak, vertraag investering en druis in teen ons doelwit om werksgeleenthede te skep en die ekonomie uit te bou. Terselfdertyd moet ons natuurlik ook beplan vir volhoubare menslike en landelike nedersettings. Ons moet die regte balans vind tussen die natuurlike omgewing en die behoefte aan ekonomiese groei. 'n Belangrike ingryping, op die medium en lang termyn, sal wees om maniere te vind om stede soos Kaapstad en George toe te laat om vertikaal te groei eerder as om stadspreiding te laat toeneem. Op die kort termyn sal Minister Bredell 'n ontwikkelings- en fasiliteringseenheid op die been bring om munisipaliteite behulpsaam te wees met beplanningsaansoeke en om aandag te skenk aan onbefondsde mandate wat 'n negatiewe invloed op munisipale finansies het. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,961 | Die Departement van Kultuursake en Sport het verskeie sleutelprioriteite vasgestel om te verseker dat ons openbare geriewe optimaal funksioneer en die publiek behoorlik bedien. Dit sluit in die hersiening van museumwetgewing, die uitbreiding van landelike biblioteekdienste ("wheelie wagons"), die verbetering van biblioteke se IT-stelsels en veral groter toegang tot die Internet om IT-vaardighede by jongmense te fasiliteer. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,962 | Minister Jenner sal ook daaraan aandag skenk om die ontwikkeling van sportklubs en skoolligas aan te moedig. Dit sal ons jeug die geleentheid bied om betrokke te raak by konstruktiewe naskoolse aktiwiteite. 'n Deel van hierdie sy van die Departement se werksaamhede is om 'n 2010- Maatskaplike Nalatenskapprogram te implementeer om te verseker dat die voordele daaraan verbonde om as gasheer vir hierdie geleentheid op te tree, versprei sal word na soveel gemeenskappe moontlik. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,963 | Die Departement van die Premier sal saam met Minister Jenner se departement werk om projekte wat met 2010 verband hou, te koördineer. As ons daarin slaag om 'n sukses van 2010 te maak, sal dit ons beste geleentheid sedert 1994 wees om Afro-pessimisme uit die weg te ruim en beleggersbelangstelling in die subkontinent te verhoog. Die streek het reeds voordeel getrek uit openbaresektorinvestering ten bedrae van R12 miljard asook beleggings uit die privaat sektor. Die Stad Kaapstad, in sy hoedanigheid as gasheerstad, is die leidende agent vir 2010 in hierdie streek. Die Provinsie sal Kaapstad en ander provinsiale dorpe wat as moontlike basiskampe of ondersteunersbasisse gebruik sal word, ondersteun. Ons sal ook saamwerk ten opsigte van openbare vervoer vir die hele geleentheid, asook ten opsigte van veiligheid en sekerheid en in die fasilitering van ekonomiese geleenthede. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,964 | Nog 'n belangrike ontwikkeling in die Departement van die Premier sal die vestiging van 'n "regshulpbroneenheid" vir plaaslike regering wees wat uit gekwalifiseerde kundiges in munisipale reg sal bestaan. Die eenheid sal munisipaliteite met raad bedien oor die skryf van verordeninge en oor ander sake, en om verouderde provinsiale ordonnansies wat tans die funksies van plaaslike regerings strem, te herroep. Die eenheid sal ook poog om die rol van die verskillende regeringsfere duidelik te maak. In sommige streke, byvoorbeeld, oorvleuel die Provinsiale Regering, distriksmunisipaliteite en plaaslike munisipaliteite en daar bestaan onsekerheid oor wie verantwoordelik is vir paaie en ander infrastruktuur. Hierdie situasie lei daartoe dat sommige gebiede agterweë bly ten opsigte van dienslewering. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,965 | Ek is van plan om in ooreenstemming met bepalings van die provinsiale Grondwet 'n kinderkommissaris in die Departement van die Premier aan te stel. Die kommissaris en 'n ondersteuningseenheid sal aandag skenk aan knelpunte aangaande kinders en moeders in die provinsie. Talle vaders wat in gebreke bly om onderhoud te betaal, die groeiende krisis van tienerswangerskap (wat jong meisies van geleenthede ontneem) en die weersinwekkende voorkoms van seksuele misbruik en statutêre verkragting is van die sake waaraan aandag geskenk sal word. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,966 | Die Departement van die Premier sal ook verantwoordelikheid aanvaar vir strategiese vennootskappe wat die geïntegreerde betrokkenheid van verskeie departemente en ander vennote vereis om 'n gekoördineerde resultaat te behaal. Dit sluit vennootskappe in om gemeenskapsbetrokkenheid by veiligheidsinisiatiewe te bevorder, om middelmisbruik teen te werk, om openbare deelname aan besluitneming doeltreffend te maak en talle ander. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,967 | Hiermee kom my departementele oorsig ten einde. Ten slotte wil ek opmerk dat ons terugkeer na basiese beginsels, na die toepassing van die beginsels van goeie bestuur en beste praktyke in alles wat ons doen sodat ons die regte dinge stiptelik en binne die begroting doen. Ons sal die beginsel van "doelgeskiktheid" toepas by die aanstelling van personeellede. Programme wat werk, sal behou word. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,968 | Die volgende twee jaar sal moeilik wees omdat ons ons weg te midde van 'n internasionale resessie moet baan. In sulke tye is dit noodsaaklik om stabiel te bly, vertroue in te boesem en aksies en verklarings te vermy wat veronderstelde risiko's vererger. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,969 | Indien ons hierdie tydperk benut om al die basiese elemente van goeie, skoon en verantwoordbare regeringspraktyk in plek te kry, sal ons 'n stewige fondament hê waarop ons kan bou wanneer die opbloei uiteindelik aanbreek. As ons leer om al ons planne en handelinge te belyn met ons hoofdoel om werksgeleenthede te skep en armoede te bestry, sal ons ons maer jare goed gebruik het. Ons weet almal dat 'n nasie se optrede tydens jare van oorvloed lei tot maer jare en omgekeerd. Laat ons leer om binne ons vermoëns te leef en laat ons hierdie vermoëns gebruik om regte geleenthede vir almal te skep. |
883 | GOV-ZA.182388.2010-03-24.af.txt | 17,970 | Hierdie regering is daartoe verbind om 'n beter provinsie te bou in die belang van 'n beter toekoms, in 'n beter land, vir almal. |
884 | GOV-ZA.18353.2010-03-24.af.txt | 17,972 | The Secretary of the CSF is Felicia Shaw. |
884 | GOV-ZA.18353.2010-03-24.af.txt | 17,973 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
884 | GOV-ZA.18353.2010-03-24.af.txt | 17,974 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
885 | GOV-ZA.18393.2010-03-24.af.txt | 17,976 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
885 | GOV-ZA.18393.2010-03-24.af.txt | 17,977 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
886 | GOV-ZA.18401.2010-03-24.af.txt | 17,979 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
886 | GOV-ZA.18401.2010-03-24.af.txt | 17,980 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
887 | GOV-ZA.18405.2010-03-24.af.txt | 17,982 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
887 | GOV-ZA.18405.2010-03-24.af.txt | 17,983 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
888 | GOV-ZA.18421.2010-03-24.af.txt | 17,985 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
888 | GOV-ZA.18421.2010-03-24.af.txt | 17,986 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
889 | GOV-ZA.18437.2010-03-24.af.txt | 17,988 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
889 | GOV-ZA.18437.2010-03-24.af.txt | 17,989 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.