document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,780
Jy het die reg tot lewe.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,781
Jy mag nie sonder verhoor aangehou word, gemartel of wreed gestraf word nie. Huishoudelike geweld word nie toegelaat nie.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,782
Slawerny, knegskap en gewonge arbeid word nie toegelaat nie.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,783
Jy mag nie deursoek word nie en jou huis of jou besittings mag ook nie deursoek word sonder dat die behoorlike prosedures deur die polisie gevolg is nie.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,784
Jy mag dink en glo wat jy wil en jy mag die godsdiens van jou keuse beoefen.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,785
Alle mense (wat die media insluit) kan sê wat hulle wil.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,786
Jy mag 'n optog en 'n plakkaatbetoging hou en 'n griefskrif oorhandig. Maar jy moet dit vreedsaam doen.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,787
Jy mag jou assosieer met wie jy ookal wil.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,788
Jy kan die politieke party van jou keuse steun. As jy 'n burger is, en minstens 18 is, mag jy stem.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,789
Jou burgerskap mag nie van jou af weggeneem word nie.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,790
Jy mag na enige plek in Suid-Afrika gaan en woon waar jy wil.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,791
Jy kan enige werk doen waarop jy besluit.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,792
Jy mag jou by vakbonde aansluit en staak.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,793
Dis is jou reg om 'n gesonde omgewing te hê.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,794
Jou eiendom kan net van jou af weggeneem word as die regte reëls gevolg word.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,795
Die regering moet seker maak dat mense toegang het tot behoorlike behuising.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,796
Die regering moet seker maak dat jy toegang het tot kos en water, gesondheidsorg en maatskaplike sekuriteit.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,797
Kinders onder die ouderdom van 18 het spesiale regte, soos die reg om nie mishandel te word nie.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,798
Jy het die reg tot basiese onderwys, wat volwasse basiese onderwys insluit, in jou eie taal (as dit moontlik is).
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,799
Jy kan die taal gebruik wat jy wil en die kultuur van jou keuse beoefen.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,800
Gemeenskappe kan hulle eie kultuur geniet; hulle eie godsdiens beoefen; en hulle eie taal gebruik.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,801
Jy het die reg op toegang tot enige inligting wat die regering het.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,802
Optrede deur die regering moet regverdig wees.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,803
Jy kan 'n hof of 'n soortgelyke struktuur laat besluit oor 'n regsprobleem.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,804
Dié regte beskerm mense wat inhegtenisgeneem, in die tronk is of van 'n misdaad beskuldig word.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,805
NOTA: Al die regte kan beperk word as dit regverdig sal wees om dit te doen. Lees vir meer inligting Hoofstuk 2 van die Grondwet.
879
GOV-ZA.17843.2010-03-24.af.txt
17,806
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,808
Met nederigheid aanvaar ek die amp van Premier wat aan my toevertrou is deur die agbare lede van hierdie Huis met die mandaat van die kiesers.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,809
As 'n span aanvaar ons die verantwoordelikhede wat aan ons opgedra is. Ons gaan ons pligte met nederigheid en toewyding probeer nakom. Ons sal werk om die vertroue wat in ons gestel is oor die volgende vyf jaar te verdien.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,810
Dit is 'n groot verantwoordelikheid en ek is in die uitvoering van my pligte daartoe verbind om die vertroue wat u in my gestel het, te verdien.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,811
Ons sien uit na ons ampstermyn. Ek is bevoorreg om deel te wees van 'n span wat gemotiveerd en taakgerig is.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,812
Ek put krag uit die feit dat ek in die komende ampstermyn deel van 'n toegewyde span sal vorm.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,813
Ons het 'n mandaat van die burgers van die Wes-Kaap ontvang om te werk vir die verwesenliking ons visie van 'n oop gemeenskap wat geleenthede aan almal bied.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,814
Vir die uitvoering van hierdie mandaat maak ons staat op die provinsiale amptenary.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,815
Baie personeellede, in die besonder diegene wat aan die voorpunt van dienslewering staan soos verpleegkundiges, dokters, onderwysers, polisielede en ander, werk onder baie moeilike omstandighede met beperkings op uitsetvermoëns, talle vakatures en onvoldoende begrotings.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,816
Die toegewyde staatsamptenare onder hulle is Suid-Afrika se ware helde. Ons sal na hulle luister en by hulle leer terwyl ons die beleide, waarvoor ons nou 'n openbare mandaat het, implementeer. Tydens my jare in uitvoerende poste het ek geleer dat die belangrikste bepaler van goeie regeringspraktyk die aanstelling van die regte mense in die regte poste is. Ons sal die filosofie van "doelgeskiktheid" in hierdie administrasie volg.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,817
Ons waardeer en respekteer die bekwame, professionele staatsamptenare wat reeds deel van die provinsie se amptenary vorm.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,818
Ons administrasie verwelkom diegene wat verbind is tot doeltreffende en doelmatige dienslewering en wat die onderskeiding tussen politieke party en staat begryp.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,819
Ons gaan ook die beginsel van samewerkende regering, soos vervat in die Grondwet, eerbiedig en wedersydse respek ook verwag in ons verhoudings met nasionale en plaaslike regeringsfere.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,820
Elke regeringsfeer in die Wes-Kaap het spesifiek toegekende bevoegdhede en elk het 'n rol om te speel in die ontwikkeling van ons demokrasie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,821
In die gees van samewerking en ondersteuning sal ons ons toesighoudende funksie oor die verskillende sfere nakom.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,822
Ons sal vir al die mense van die Wes-Kaap met ons ryke verskeidenheid regeer. Ons sal 'n regering vir al die mense wees.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,823
Die kiesers van die Wes-Kaap het 'n groot slag geslaan vir die bevordering van demokrasie in Suid-Afrika. Hulle verstaan mooi watter krag opgesluit lê in die mag van stemreg en ons weet goed dat hulle dit verstaan.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,824
Wanneer ek die Stand-van-die-Provinsie-rede lewer, sal ek in besonderhede die uitdagings beskryf waarvoor ons te staan kom en wat ons moet doen om dit die hoof te bied. Vandag, in hierdie kort aanvaardingstoespraak, wil ek praat oor die sleutelwaardes wat hierdie administrasie stut.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,825
In die politiek word waardes óf veronderstel óf as ontoepaslik beskou vir die wêreld van realpolitik - en dit is waarom waardes dikwels verdwyn.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,826
As 'n hegte span sal u nuwe Provinsiale Regering hom daarop toespits om dinge anders te doen.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,827
Ons het ooreengekom dat ons ampstermyn gedurende die volgende vyf jaar deur twee kernwaardes gerig sal word.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,828
Eerstens, 'n toegewydheid aan die waarheid, die vasstelling daarvan en die openbaarmaking daarvan in elke situasie waarin ons ons bevind.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,829
Tweedens, 'n verbintenis tot die omskrywing, aanvaarding en nakoming van ons verantwoordelikhede.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,830
As ons volgens hierdie waardes optree, sal dit 'n diepgaande, praktiese invloed hê omdat hierdie waardes die grondslag vorm van 'n oop gemeenskap wat geleenthede aan almal bied.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,831
'n Verbintenis tot die waarheid vereis 'n oop, verantwoordbare en openhartige vorm van regering. Dit is ook die beste manier om korrupsie, wat 'n kanker in ons gemeenskap geword het, te bekamp.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,832
Regter Louis Brandeis, 'n vroeg-20ste-eeuse Amerikaanse appèlhofregter, se woorde "sonlig is die beste ontsmettingsmiddel" is welbekend. Net so sal ons maniere vind om die son in ons administrasie te laat inskyn en om korrekte inligting oor ons werksaamhede meer toeganglik vir die burgers van die Wes-Kaap te maak sodat ons nie net meer verantwoordbaar kan wees nie, maar ook sodat burgers saam kan werk om die struikelblokke wat ontwikkeling in die wiele ry en vooruitgang vertraag, uit die weg te ruim.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,833
Ons is menslik en by geleentheid skiet ons tekort - maar ons sal ten alle tye die onafhanklikheid beskerm van instellings wat daar is om ons verantwoordbaar te hou en magsmisbuik te bekamp. Dit sluit die media en ons politieke opposisie, onder leiding van my kollega en voormalige Premier van die Wes-Kaap, Lynne Brown, in.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,834
Wanneer ons ons verantwoordelikhede omskryf, is ons wegspringplek die Grondwet, daardie ooreenkoms wat ons as Suid-Afrikaners met mekaar gesluit het toe die lang, donker nag van apartheid geëindig het en ons erken het dat ons inderdaad een nasie met een toekoms is.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,835
Volgens ons Grondwet lê die staat se grootste verantwoordelikheid daarin dat hy die regte wat in ons Handves van Regte verskans is, sal respekteer, beskerm, uitbou en verwesenlik. Met die hulpbronne tot ons beskikking, sal hierdie administrasie toegewyd daarna streef om aan hierdie ideaal te voldoen.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,836
Indien die staat sy funksie vervul, is burgers toenemend in staat om die geleenthede te skep en te benut wat hulle nodig het om hul drome te verwesenlik en die beste mense te word wat hulle kan wees.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,837
Só vind ontwikkeling plaas. Maar dit is nie 'n outomatiese of 'n noodwendige proses nie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,838
'n Samelewing kan slegs vooruitgaan tot daardie mate waartoe 'n toenemende getal burgers hul regte opeis sodat hulle hul verantwoordelikhede kan nakom.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,839
Die erkenning dat vooruitgang die produk van gedissiplineerde werk in 'n vry samelewing is, stut ons Grondwet.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,840
Daar is 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse burgerskap.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,841
onderworpe aan die pligte en verantwoordelikhede van burgerskap.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,842
Na eeue van onderdrukking het ons as samelewing heel belangrik en te verstane spesiale klem op die eerste element geplaas.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,843
Hierdie administrasie glo dat die tyd aangebreek het om te begin om bykomende nadruk ook op die tweede opdrag te plaas.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,844
In die periode waartydens ek met regering gemoeid is, het ek tot die insig gekom dat Suid-Afrika slegs 'n samelewing kan word wat op regte gebaseer is as 'n kritieke hoeveelheid burgers ook hul burgerskappligte en -verantwoordelikhede nakom.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,845
Ons almal erken die feit dat 'n regering wat nie sy verantwoordelikhede nakom nie, sy burgers se regte ondermyn.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,846
In gelyke mate is dit waar dat burgers wat hul verantwoordelikhede en pligte nalaat, hul eie regte en dié van ander ondermyn.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,847
In voor- en teenspoed is regte en verantwoordelikhede onskeibaar en wedersyds versterkend.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,848
Daar is tallose praktiese voorbeelde.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,849
Die voorhandliggende een is die grootste gesondheidsuitdaging van ons tyd: die panepidemie van MIV/VIGS.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,850
Gewone Suid-Afrikaanse burgers, talle self geïnfekteer met die MI-virus, het gedurende die afgelope 15 jaar 'n dapper en sleutelrol gespeel om die regering se ontkenning teen te staan en die staat te verplig om sy verantwoordelikheid ten opsigte van opvoeding, voorkoming en behandeling te aanvaar.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,851
Vandag word hierdie verantwoordelikheid in verskillende grade van doeltreffendheid dwarsdeur die land nagekom. Dit was vir my interessant om te leer dat ons in sommige dele van die land meer kondome in verhouding tot die bevolking versprei as in enige ander plek ter wêreld.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,852
Maar geen regering kan gedragsveranderinge toepas of op vry individue afdwing nie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,853
Ten spyte van die goeie werk - wat omvangryk is - wat die beweging wat behandeling bevorder, doen, is dit nou noodsaaklik om gelyke klem te plaas op individue se verantwoordelikheid om hierdie pandemie te beveg.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,854
Ons ondermyn die letter en die gees van die Grondwet as ons aanneem dat die staat altyd die verantwoordelikhede moet aanvaar wat burgers weier om na te kom.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,855
Ja, ons glo dat behandeling 'n reg is. Maar ons moet nie mislei word om te dink dat dit gratis is nie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,856
Geld wat spandeer word om voorkombare toestande te behandel, is geld wat nie aan ander prioriteite (soos byvoorbeeld die behoeftes van kinders met gestremdhede) bestee kan word nie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,857
Gesien in die lig van die omvang van ons uitdagings en die beperktheid van ons hulpbronne, is persoonlike verantwoordelikheid soveel belangriker.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,858
Uit my onlangse ervaring as burgemeester van Kaapstad, kan ek dit grafies met nog 'n voorbeeld toelig. Vir elke R3 wat die Stad Kaapstad bestee om dienste aan informele nedersettings te voorsien, word R2 spandeer om vernielde infrastruktuur te herstel. Indien 'n regering meer as die helfte van die toegekende kapitaalbegroting bestee aan herstelwerk van goed wat nie stukkend moes gewees nie, ontvang minder as die helfte van die mense die dienste wat hul reg behoort te wees indien ander hul grondwetlike plig van verantwoordelike burgerskap nagekom het.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,859
In ons provinsie is dwelmmisbruik en tienerswangerskap - die twee gaan dikwels hand aan hand - dalk die belangrikste faktore wat die benutting van geleenthede en regte strem. Die polisie raam dat tot 80% van misdaad, asook die meerderheid noodlottige ongelukke, in die provinsie met middelmisbuik verbind kan word.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,860
En kinders wat kinders het, strem hul eie regte en geleenthede asook dié van hul babas, met langdurige maatskaplike gevolge.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,861
Alhoewel die staat 'n deurslaggewende rol speel in die verandering van die omstandighede wat aanleiding gee tot hierdie maatskaplike probleme, is die bevryding van hierdie siklus 'n verantwoordelikheid wat ons deel met alle burgers wat begryp dat persoonlike dissipline noodsaaklik is as ons almal die vrugte van vryheid wil pluk.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,862
Geen regeringsfeer en gee provinsie kan vergoed vir enige ander wat nie sy grondwetlike verpligtinge nakom nie. En hoe meer nalaat om hul verantwoordelikhede na te kom, hoe meer las en blaam word geplaas op dié wat dit wel nakom.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,863
Dit is alles bietjie ouderwets en nie juis polities korrek nie, maar ons glo dat dit waar is en daarom sal ons nie huiwer om dit te sê nie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,864
Ons sal nie ons rug op hierdie kernwaardes draai wanneer openbare kritiek daarteen uitgespreek word nie. Trouens, ons sal juis voortgaan om hierdie waardes te bevorder.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,865
Want, ten diepste het ons vertroue in Suid-Afrikaners. As Suid-Afrikaners respekteer ons die waarheid. Ons begryp dat waardes die fondament vorm waarop ons ons lewens as individue en as gemeenskappe bou.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,866
Met die aanvaarding van ons verantwoordelikhede as die regerende party in die Wes-Kaap, gun my asseblief die geleentheid om diegene te bedank wat ons ondernemings wat dekades gelede begin het, ondersteun het. Die spanne in die Kantoor van die Leier en die Kantoor van die Burgemeester - wat streng geskei gehou is om die onderskeid tussen party en staat te handhaaf - het al die werk gedoen waarvoor ek te veel van die krediet geneem het. Niemand kon vir beter leiding of ondersteuning, raad, standvastigheid, integriteit en toewyding gevra het nie. Baie dankie aan almal van julle.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,867
En terwyl ek nou die grootste openbare uitdaging en verantwoordelikheid van my lewe aanpak, gun my asseblief die geleentheid om erkenning te gee aan die mense wat my gevorm het. Niemand het meer gedoen as my ma, Mila, nie en van haar het ek voordat ek kon loop of praat die waardes ontvang waarvan ek vandag gepraat het; my man, Johann, wat 'n lewende voorbeeld van hierdie waardes elke dag vir die afgelope 26 jaar vir my is; my geliefde suster, Carla, en broer, Paul; my geliefde seuns, Paul en Thomas; en my vriendin en huishoudster, Grace, en haar seun, Chulumanco. Julle is die dierbares naaste aan my. Julle liefde en ondersteuning het my deur die storms van die lewe gehelp.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,868
Dankie dat julle teenwoordig is om my te ondersteun in die aflê van die ampseed vandag. Ek sal ononderbroke werk om dit gestand te doen.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,869
Ek sluit af met die woorde wat gewoonlik gebruik word om sittings van hierdie Wetgewer te begin en waarmee die genade en leiding van die enigste God erken word.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,870
God, seën ons land en sy mense, en vestig geregtigheid in ons provinsie.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,871
Laat daar vrede in Afrika wees.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,872
Mag die Almagtige ons almal seën en bewaar vir die groot taak wat voorlê.
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,873
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
880
GOV-ZA.180714.2010-03-24.af.txt
17,874
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
881
GOV-ZA.181117.2010-03-24.af.txt
17,876
Kommentaar aan: Marco Morgan, Strategiese en Geïntegreerde Beplanning, Dorpstraat 9, Kaapstad, telefoon: 021 483 2605 faks: 021 483 7358, epos: [email protected].
881
GOV-ZA.181117.2010-03-24.af.txt
17,877
Niegemotoriseerde Vervoer in die Wes-Kaap: Konsep Strategie File type: pdf; size: 3.
881
GOV-ZA.181117.2010-03-24.af.txt
17,878
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
881
GOV-ZA.181117.2010-03-24.af.txt
17,879
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
882
GOV-ZA.181482.2010-03-24.af.txt
17,881
Nie-winsgewende bona fide kuns- en kultuurorganisasies betrokke by die visuele, uitvoerende kunste of woordkuns, geesteswetenskappe en jeugontwikkeling kan aansoek doen vir befondsing deur die Kuns- en Kultuurkomponent van die Departement van Kultuursake en Sport deur hierdie vorm in te vul.
882
GOV-ZA.181482.2010-03-24.af.txt
17,882
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?