document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
854 | GOV-ZA.16831.2010-03-24.af.txt | 17,455 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
854 | GOV-ZA.16831.2010-03-24.af.txt | 17,456 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,458 | Aan die einde van elke jaar publiseer die gewilde webwerf Google 'n lys van die top tien soekterme van die jaar. Hulle noem dit Zeitgeist. Zeitgeist beteken letterlik die gees van die tyd. (Die algemene, intellektuele, morele en kulturele klimaat van 'n era.) By http://www.google.com/press/zeitgeist.html verskyn daar, onder andere, ook lyste van elke week se gewildste soekterme, asook 'n maandelikse lys van soekterme per land. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,459 | Ek dink dit is belangrik vir bibliotekarisse om kennis te dra van die gees van die tyd. Ons lewe in 'n vinnig veranderende wêreld en biblioteekpersoneel moet kennis neem van nuwe tendense, sodat ons in pas kan bly. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,460 | Wat sê dit van Suid-Afrikaanse Internet-gebruikers Hulle is defnitief oorbehep met hulle banke! Die banke is elke maand in die top 15! En dan kan 'n mens ook 'n a.eiding maak oor watter bank die grootste aftrek kry. Ek het ook vinnig gekyk na ander lande se top 15 lyste en dit lyk vir my dis net op hierdie uithoek van die planeet waar mense so ernstig oor geldsake is! Dan lyk dit ook asof Suid-Afrikaners nuuskierig is, want news24 en iol is beide nuus webtuistes. Verder is ons ook behep met selfone en raai ook net watter selfoongroep is die grootste in die land Interessant is dat ons graag vlieg en dan natuurlik, soek almal 'n winskoop. (Ja, ek het ook al met Mango gevlieg!) Daar is ook belangstelling in die grootste afstands-onderrig universiteit, UNISA. (Seker mense wat na eksamenresultate gekyk het.) In Desember het 'matric results' ook die top 15 gehaal. Verder is Suid-Afrikaners ook 'celeb' behep en word die nuutste kaskenades van Paris Hilton en Britney Spears hongerig dopgehou? |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,461 | Wat vir my interessant is, is hoe mense soek. Ek sou glad nie verwag het dat mense die naam van die instansie in die adres (url blokkie) intik en dan op die opwipskerm (popup screen) 'search google' kliek nie, want as ek my banksake doen, tik ek die volledige adres www.banksenaam.co.za in. Die manier waarop ek by my bank uitkom, sal dus nie as 'n Google soektog registreer nie. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,462 | Wat soek die wêreld Wat is die miljoene der miljoene Internetgebruikers se top tien soekterme? |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,463 | Bebo is 'n sosiale netwerk webtuiste wat mense toelaat om op verskillende maniere te kommunikeer. Dit het ontwikkel in 'n intydse gemeenskap waar gebruikers foto's en video's kan oplaai, blogs kan skryf en boodskappe aan mekaar kan stuur. Dit het al 22 miljoen gebruikers en kry elke sekonde vyf nuwe gebruikers by. Bebo is ietwat kontroversieel vanweë die feit dat sommige onaangename karakters daarop kan rondsluip en is reeds op sommige skoolrekenaars in die Verenigde Koninkryk verbied. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,464 | Metacafe (hoofkwartier in Tel Aviv) is ook 'n interaktiewe webtuiste waar gebruikers video's en ander media kan oplaai. Metacafe verskaf meer as 450 000 000 video's elke maand aan meer as twee miljoen geregistreerde gebruikers en 120 miljoen persone wat die webtuiste elke maand besoek. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,465 | Radioblogclub.com is, lyk vir my, 'n webtuiste waar jy musiek kan oplaai. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,466 | Video - 'n video is 'n bewegende prentjie! Met dié dat elke moderne selfoongebruiker 'n video kan maak, is dit geen wonder dat video's so populêr is nie. En moenie eers praat van al die miljoene amateur video joernaliste nie! Dis net vir my interessant dat die woord 'video' in die wêreldvolksnaam woordeskat oorleef het en mense nie die woord. lm of dvd gebruik nie. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,467 | Rebelde. Nee! dis nie die naam van 'n Brasiliaanse sokkerster nie! Dit is 'n Meksikaanse televisiereeks wat na drie seisoene in 2006 geëindig het. Die televisiereeks oor tieners wat 'n orkes stig, het 'n hele kultus veroorsaak. Adverteerders het grootskaals van dié televisiereeks gebruik gemaak en honderde produkte van sjampoe tot vrugtesap is in die reeks bemark. Die karakters het selfs op Coke blikkies en Kellogg's bokse verskyn. |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,468 | Terwyl ek so besig was om die Internetgees te vang, het ek ook op 'n interessante web-werf (www.alexa.com) afgekom wat die top 500 webwerwe in die wêreld volgens popu-lariteit rangskik. Hulle het ook 'n lys Suid-Afrikaanse gebruikers se gewildste Internet kuierplekke. Die top 20 - daar is 50 op die lys: en ek gaan nie verduidelikings skryf niehiervoor het ek nie nou die tyd nie, so gaan soek maar self... |
855 | GOV-ZA.16_jan_feb07_42.2010-03-25.af.txt | 17,469 | Ek wonder wat 2007 gaan oplewer Gaan kyk maar gereeld by Google Zeitgeist om die gees van die tyd te volg? |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,471 | In die voorafgaande artikels oor die karikaturis/spotprenttekenaar DC Boonzaier en sy onmiddellike invloed-sfeer, is twee skilders bespreek, naamlik Gregoire Boonzaier en Pieter Wenning. Die ander prominente kunstenaar in die Boonzaier-dampkring, Moses Kottler, was veral bekend as beeldhouer, hoewel hy ook 'n bedrewe skilder was. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,472 | Wie was dié Moses Kottler en waarvoor word hy onthou In Esmé Berman se Art and artists of South Africa word vermeld dat Kottler nooit die erkenning ontvang het wat hom toegekom het nie en profes-sor J du P Scholtz het in 1975 sterk kapsie gemaak in sy rubriek oor kuns in Die Burger teen die stief behandeling wat Kottler van die onkundige publiek ontvang het. Ander kunskenners was dit ook eens dat Kottler een van die beste beeldhouers is wat in Suid-Afrika gewerk het. Erkenning wat hy wel ontvang het, sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie se Medalje van Eer vir Beeldhou-werk? |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,473 | Moses Kottler is circa 1889 in 'n dorpie genaamd Joniskis in Litaue gebore. Daar was 'n groot aantal Joodse inwoners, waarvan die Kottlers deel uitgemaak het. Die jong Moses, Moshé deur sy familie genoem, was die jongste van sewe kinders en baie geheg aan sy moeder, Zirla Kottler, née Solin. Sy vader, Josef, was 'n handelaar in landbou-produkte. Moses het nie aanklank gevind by die religieuse opleiding by die Hebreeuse skool waarheen hy op vroeë ouderdom gestuur is nie, maar het darem ook private onderrig ontvang in sekulêre vakke. Hy was intelligent en het soos Pieter Wenning, ook aanleg getoon in tale. Sy ware nering is egter gou openbaar toe hy begin het met houtsneewerk. Sy familie onthou hom as die seun met die sakmes en hout byderhand, eerder as potlood en papier. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,474 | Eers het sy ouers probeer om hom in 'n handelsrigting te stuur, maar hy het geen belangstelling daarin getoon nie en toe is hy na 'n horlosiemaker vir opleiding. Eers nadat 'n oom sy broerskind se tal-ent ontdek het - Moses het 'n sneeuman gemaak wat soos 'n Griekse standbeeld gelyk het - het dinge begin gebeur vir hom en hy het eventueel kunsopleiding ontvang in Jerusalem, München en Parys, waarna hy na Suid-Afrika gekom het. Eers het hy in Oudtshoorn gewerk, waar ander familielede gevestig was en in 1916 het hy na die Kaap verhuis. Hier sou hy woon tot sy dood in 1977, behalwe vir 'n kort periode in Europa (1929-1932). |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,475 | Op Oudtshoorn het Kottler geteken, geskilder en modelle vir beeldhouwerke gemaak, selfs houtsneewerke geskep en die relatiewe isolasie van die platteland het hom in staat gestel om sy eie styl te ontwikkel. Nogtans is die invloed van sy studies in Europa hier en daar opmerklik, soos dié van die beroemde beeldhouer Aristide Maillol - kunsresensente het Kottler se skilderye soms as 'tapestry-like' beskryf - en Maillol het, onder andere, tapisserieë ontwerp. Die twee jaar op die platteland het Kottler in staat gestel om daardie lewenswyse en mense te leer ken, wat hom goed te pas sou kom om sodanige onderwerpe te interpreteer in sy uitstaande beeldhouwerke. Uiteindelik het hy egter besef dat dit nodig was om bekend te word en dat hy deel van die Kaapse kunskringe moes word - of minstens met hulle in kontak moes kom. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,476 | In Desember 1916 het hy dus na die moederstad getrek. Daar was geen kunshande-laars en galerye soos vandag die geval is nie, terwyl daar selfs minder geleenthede vir beeld-houers as vir skilders soos Pieter Wenning en Strat Caldecott was, wat toe ook daar gewerk het. Daar was geen smeltery om werke in brons te laat giet nie. Professionele kunstenaars het meestal aan die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kunstenaars behoort en mekaar onder-steun. Hier het Kottler ook vir DC Boonzaier ontmoet - Boonzaier wat sy artistieke lewe sou raak soos dié van sy eie seun Gregoire en Pieter Wenning, nie altyd ten goede nie, dog 'n soort rugsteunende struktuur gebied het. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,477 | Kottler het die ouer Boonzaier hoog geag en was, ten spyte van geldnood, bereid om Boonzaier se portret (sien bladsy 38) gratis te skilder. Hierdie voorval het Scholtz in sy monogra.e van Kottler beskryf (Moses Kottler: his Cape years, pp 22-24) en hieruit kan afgelei word dat Kottler, soos Wenning, ook 'n perfeksionis was wat soms skilderye ver-nietig het in 'n poging om dit voortdurend te verbeter. Die skilder, Gwelo Goodman, asook Wenning self, het hierdie skildery gesien gedurende die tyd-perk waartydens Kottler in Boonzaier se kantoor gewerk het en beide van hulle was, soos Boonzaier, dit eens dat dit 'n goeie interpretasie van laasgenoemde was. Kottler was egter nooit tevrede nie en Boonzaier moes ingryp om te verhoed dat dit ver-nietig word. Boonzaier het dikwels oorwoë menings van sy eie kennis en smaak gehad, maar hy had reg dat spontaneïteit behou moes word. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,478 | Kottler het werklik 'n sukkelbestaan ge-voer en dikwels nie geld vir kos gehad nie. Boonzaier het hom gehelp waar hy kon deur, byvoorbeeld, te reël dat hy 'n kommis-sie gekry het om illustrasies vir 'n kinderboek (Wonderstories deur Fred Dormehl en Alice Angus) te doen. Dit was egter altyd duidelik dat Kottler gesmag het daarna om beeldhouwerk te doen, nie 'tweedimen-sionele' kuns nie. Wanneer hy na Gregoire se tekeninge gekyk het, het hy veral gaande geraak oor vorm, eerder as enige ander aspek van die werke, wat op sy voorkeur vir ware driedimensionele kuns dui. Kottler was 'n ware intellektueel en het graag met Boonzaier oor Russiese skrywers gesels. Hy het ook baie aande in die Suid-Afrikaanse Biblioteek deurgebring en graag een maal per week na die Kaapstadse orkes gaan luister. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,479 | Geleidelik het Kottler meer kommissies ontvang om beeldhouwerk te doen. In 1918 het hy 'n borsbeeld van 'n seun van een van DC Boonzaier se vriende gedoen, getiteld D'Arcy Cartwright. Dit was die eerste beeld-houwerk wat Kottler in Suid-Afrika verkoop het. Hierna het dit beter gegaan met hom, maar hy het steeds verplig gevoel om terug te trek na Oudtshoorn omdat hy nie die huurgeld vir sy studio kon betaal nie. Twee maande later, in Februarie 1919, het hy teruggekeer na Kaapstad. Dit was op hierdie tydstip wat Wenning hom bestempel het as 'the greatest artist in South Africa, [...] my own humble personality included'. Nieteenstaande Wenning se nederigheid, was dit hoë waardering komende van iemand wat geweet het waarvan hy praat. Wenning het hoofsaaklik verwys na Kottler se beeldhou-werke, hoewel Kottler steeds tussendeur por-trette geskilder het om aan die lewe te bly. Nie almal was so waarderend nie - Gwelo Goodman, wat homself as die 'enigste kunstenaar in Suid-Afrika' bestempel het, het by 'n byeenkoms van kunstenaars opgemerk dat bykans enigeen kan doen wat Kottler geskep het. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,480 | Kottler het nogtans naam gemaak en borsbeelde van bekendes gedoen, soos dié van generaal De Wet. Toe Kottler, wat na Dewetsdorp gereis het vir die onderneming, uiteindelik klaar was met die werk, het De Wet ook verklaar: 'Ik is gedaan,' wat beslis dubbelsinnig bedoel was. Kottler het ook vir generaals Botha, Smuts en Hertzog in beeld-houwerke verewig. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,481 | Kottler was terug in Kaapstad in Mei 1929 en min is bekend oor wat hy daar gesien en gedoen het, be-halwe dít wat hy in drie briewe aan Boonzaier geskryf het. Een van die eerste beeldhouwerke wat hy gedoen het na sy terugkoms was van Gregoire Boonzaier. Boonzaier Senior was klaarblyklik nie in sy skik met die idee nie, en ook nie toe Kottler 'n borsbeeld van hóm wou doen nie, want hy was van mening dat 'n borsbeeld van afgestorwenes moet wees, nie lewende mense nie. Kottler het Boonza-ier ook (tevergeefs) gewaarsku om nie in te meng in die ontwikkeling van sy seun se kun-stenaarsloopbaan nie en dit kan aanvaar word dat die oukêrel nie hiermee genoeë was nie. Nogtans het hul vriendskap gegroei. Boonzaier het selfs beweer dat benewens Kottler, Anton van Wouw die enigste beeldhouer in Suid-Af-rika was vir wie hy respek gehad het. Volgens Boonzaier het Van Wouw meestal van foto's gewerk, terwyl Kottler van lewende modelle gebruik gemaak het. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,482 | In 1929 het Kottler besluit om tydelik in Europa te gaan werk. Dis interessant dat Kottler se besluit om oorsee te gaan, gemengde reaksie ontlok het - Gregoire Boonzaier was een van diegene wat vir Kottler in die bresse getree het toe laasgenoemde in die koerante gekritiseer is. Een van die kom-mentators het selfs beweer dat Kottler tog nie moet dink dat hy meer geld in Europa sal ver-dien nie en buitendien is rykdom én roem 'n kunstenaar nie beskore nie. Hoekom sou dit die geval wees; die ryk bourgeoisie is immers nie beroemd óók nie, dus sou rykdom vir 'n kunstenaar op gierigheid neerkom: 'None of us is entitled to everything; something is al-ways lacking in life' - aldus dié wysgeer. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,483 | Kottler en sy vrou Eva Goldberg (hulle is in 1928 getroud) het na ongeveer drie jaar na Suid-Afrika teruggekeer. Kottler het hom uitgeleef in sy beeldhoukuns en is as gerespekteerde kunstenaar hier oorlede. Al-mal wat hom geken het, maak melding van sy integriteit, talent en helaas, ook afkeer aan publisiteit, die vernaamste rede waarom hy nie die eer ontvang het wat sy kreatiewe genialiteit verdien het nie. Dit is opmerklik dat daar ooglopende raakpunte tussen hom en Pieter Wenning was, hoewel hulle, ten spyte van hul gemeenskap-like vriendskap met DC Boonzaier nie veel kon-tak gehad het nie. Albei was onwrikbaar eerlik, innemend, toegewyd en het sterk standpunt ingeneem oor aangeleenthede waarin hulle geglo het. Bowenal het hulle geglo in hulle vermoëns as oorspronklike kunstenaars met 'n eie visie. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,484 | As Kottler hom op die skilderkuns toegelê het, sou hy waarskynlik onthou word as een van die land se beste skilders, maar Kottler het reeds in 1924 besluit om palet en kwas weg te pak en het blykbaar nooit weer daaraan geraak nie. Toe daar in 1974 'n groot oor-sigtentoonstelling van sy werk beplan is, het hy ingestem om slegs een selfportret te laat vertoon. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,485 | In die ongeveer sestig jaar wat Kottler beeldhouwerk gedoen het, het hy 'n uitgebreide oeuvre opgebou, maar die goue draad wat deur sy skeppingswerk waarneembaar is, is die element van eenvoud en, soos Scholtz dit in 1977 in sy rubriek uitgedruk het, 'stilte'. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,486 | Kottler het veel van sy per-soonlikheid in sy werk getoon en juis hierdie stille eenvoud, wat nie met eenvoudigheid verwar mag word nie, het sy uitstaande kenmerk geword. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,487 | Die onlangs-ontslape Vader Frans Claerhout het eens opgemerk dat 'n digter met verse werk, 'n skilder met kleure en 'n beeldhouer met lyne. Dis uiteraard 'n vereenvoudigde stelling, want skilders werk beslis nie nét met kleure nie en digters en beeldhouers ook met méér as net verse en lyne. Claerhout het natuurlik verwys na voorkeur en fokus, nie na die totaliteit van wat die verskillende genres behels nie. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,488 | Kottler het vroeg in sy lewe besluit wat sy voorkeur was en het eventueel uitsluitlik daarop gefokus. En dis tipies van die man dat hy beeldhouwerk gekies het; sy eksen-trieke koppigheid in ag geneem. Was hy 'n woordkunstenaar sou hy sekerlik ook poësie gekies het, want soos dig die stiefkind van die lettere is, is beeldhou die ekwivalent daarvan in die visuele kunste. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,489 | Lantern. Ons kuns.- Stigting vir Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, 197-. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,490 | Scholtz, J du P. Oor skilders en skrywers.- Tafelberg, 1979. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,491 | Bo middel: Liggende naak.guur. |
856 | GOV-ZA.16_kunste_mar_apr07_36.2010-03-25.af.txt | 17,492 | Bo regs: Meidjie. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,494 | Jy moet jou kind se geboorte binne 30 dae laat registreer. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,495 | Let wel: Jy hoef nie 'n geboorte te laat registreer as die baba nie lewend gebore is nie. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,496 | Om jou kind te laat registreer, moet jy die BI-24-vorm invul en dit by die naaste kantoor van Binnelandse Sake inhandig. Die vorm bevat 'n beskrywing van die kind (geslag, ensovoorts), sowel as die kind se naam en van. Die ouers moet hulle ID's en die kind se hospitaalsertifikaat of kliniekkaart saambring. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,497 | As jy jou kind nie binne die eerste 30 dae laat registreer het nie, maar hy of sy nog jonger as 'n jaar is, moet jy die BI-24-vorm invul en verduidelik hoekom die kind se geboorte nie binne die 30 dae-tydperk geregistreer is nie. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,498 | As die kind meer as 'n jaar oud is, maar nog jonger as 15, moet jy die BI-24/1-vorm invul en dit saam met geskrewe redes indien waarom die geboorte nie in die 30-dae tydperk aangegee is nie. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,499 | Beëdigde verklarings deur die ouers, of as die ouers oorlede is, deur 'n naasbestaande wat minstens 10 jaar ouer as die kind is, waarin die kind se identiteit en status bevestig word. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,500 | n Sertifikaat van die hospitaal of kraaminrigting waar die kind gebore is, wat deur die persoon in bevel onderteken is en die instelling se amptelike stempel bevat. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,501 | Bevestiging van die kind se persoonlike besonderhede uit die skoolregister van die eerste skool wat die kind bygewoon het. Die bevestiging moet op die skool se amptelike briefhoof wees, moet deur die skoolhoof onderteken wees en moet die skool se amptelike stempel op hê. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,502 | Die kind se doopsertifikaat. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,503 | In die geval van 'n weggooikind, 'n maatskaplike werker se verslag. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,504 | Die kind se kliniekkaart. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,505 | Die kind se skoolrapporte. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,506 | As jy ouer as 15 is en nie geregistreer is nie, moet jou geboorteregistrasie-aansoek saam met jou aansoek om 'n identiteitsdokument ingedien word. Jy moet 'n BI-24/15-vorm indien, sowel as 'n BI-9-vorm (wat die aansoek om 'n identiteitsdokument is). |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,507 | Beëdigde verklarings deur die ouers of, as die ouers oorlede is, deur 'n naasbestaande wat minstens 10 jaar ouers as die kind is, wat die kind se identiteit en status bevestig. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,508 | n Sertifikaat van die hospitaal of kraaminrigting waar jy gebore is, wat deur die persoon in bevel onderteken is en die instelling se amptelike stempel bevat. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,509 | Bevestiging van jou persoonlike besonderhede uit die skoolregister van jou eerste skool. Die bevestiging moet op die skool se amptelike briefhoof wees, moet deur die skoolhoof onderteken wees en moet die skool se amptelike stempel bevat. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,510 | As jy 'n weggooikind is, 'n maatskaplike werker se verslag. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,511 | As jou kind buite Suid-Afrika gebore is maar een van die ouers 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan jy die kind se geboorte by die Suid-Afrikaanse Ambassade of Sending laat registreer. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,512 | n BI-529-burgerskapvraelys n gesertifiseerde afskrif van die kind se buitelandse geboortesertifikaat wat die ouers se volle besonderhede bevat in die geval van kinders wat 15 jaar en ouer is, 'n BI-9-aansoek om 'n identiteitsdokument. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,513 | Besoek vir meer inligting die Departement van Binnelandse Sake se webblad of tree in verbinding met jou naaste binnelandse sakekantoor. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,514 | Die registrasie van 'n kind se geboorte is gratis. |
857 | GOV-ZA.17385.2010-03-24.af.txt | 17,515 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,517 | n Geboortesertifikaat word uitgereik wanneer 'n kind by die staat geregistreer is. Dit bevat die besonderhede van die kind en word vereis as bewys van identiteit. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,518 | As jy jou geboortesertifikaat verloor het of nog 'n eksemplaar daarvan nodig het, kan jy by die naaste Binnelandse Sake-kantoor daarom aansoek doen. Iemand wat buite die land is, kan by 'n Suid-Afrikaanse missie of konsulaat aansoek doen. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,519 | Jy kan aansoek doen om 'n verkorte sertifikaat of 'n volledige sertifikaat. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,520 | Vul asseblief vorm BI-154 in swart ink in en dien dit in. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,521 | n Verkorte geboortesertifikaat kan dieselfde dag beskikbaar gestel word en sal R10 kos. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,522 | Dit neem ongeveer ses na agt weke om 'n aansoek om 'n volledige geboortesertifikaat te verwerk. Die koste is R45. |
858 | GOV-ZA.17389.2010-03-24.af.txt | 17,523 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
859 | GOV-ZA.17416.2010-03-02.af.txt | 17,525 | Wanneer u 'n sterfgeval by die Departement van Binnelandse Sake registreer, sal 'n verkorte doodsertifikaat aan u uitgereik word. As u 'n vervangingskopie of 'n volledige doodsertifikaat nodig het, kan u daarom aansoek doen by u naaste Binnelandse Sake-kantoor deur vorm BI-132 in te vul. 'n Verkorte doodsertifikaat kos R7 and 'n volledige doodsertifikaat kos R40. |
859 | GOV-ZA.17416.2010-03-02.af.txt | 17,526 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
859 | GOV-ZA.17416.2010-03-02.af.txt | 17,527 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
860 | GOV-ZA.17416.2010-03-24.af.txt | 17,529 | Wanneer u 'n sterfgeval by die Departement van Binnelandse Sake registreer, sal 'n verkorte doodsertifikaat aan u uitgereik word. As u 'n vervangingskopie of 'n volledige doodsertifikaat nodig het, kan u daarom aansoek doen by u naaste Binnelandse Sake-kantoor deur vorm BI-132 in te vul. 'n Verkorte doodsertifikaat kos R7 and 'n volledige doodsertifikaat kos R40. |
860 | GOV-ZA.17416.2010-03-24.af.txt | 17,530 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,532 | Dié opsomming is nie 'n volledige gids oor testamente nie. 'n Testament is in gespesialiseerde dokument, wat verkieslik opgestel moet word deur 'n kenner soos 'n prokureur of 'n trustmaatskappy. Die inligting is bloot bedoel om mense in te lig oor 'n paar basiese aspekte van testamente. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,533 | Wie is bevoeg om 'n testament op te stel? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,534 | Wie is bevoeg om as getuie by die opstel van 'n testament op te tree? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,535 | Wat is die vereistes van 'n geldige testament? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,536 | Wat is die vereistes van 'n geldige testament as ek nie my naam kan teken nie? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,537 | Wat is 'n kodisil? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,538 | Hoe verander ek my testament? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,539 | Moet ek my testament na 'n egskeiding wysig? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,540 | Wat gebeur as ek nie 'n testament nalaat nie? |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,541 | Enigeen wat 15 jaar en ouer is, behalwe as hulle met die opstel van die testament geestelik nie in staat is om te besef wat die gevolge van hulle dade is nie. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,542 | Enigeen wat 14 jaar en ouer is en wat wanneer hulle die testament onderteken in staat is om in 'n hof te getuig. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,543 | n Bevoordeelde in 'n testament behoort nie as getuie te teken nie, omdat hulle dan nie enige voordeel uit die testament sal kan ontvang nie. Daar is uitsonderings op die reël. Vra jou regsverteenwoordiger vir meer inligting hieroor. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,544 | Van 1 Januarie 1954 af moet alle testamente op skrif wees. Dit kan met die hand geskryf, getik of gedruk wees. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,545 | Die testateur (die persoon wat die testament opstel) moet aan die einde van die laaste bladsy van die testament teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,546 | Die testateur moet al die ander bladsye van die testament op enige plek op die bladsy teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,547 | Die testateur moet die testament in die teenwoordigheid van twee of meer bevoegde getuies teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,548 | Die getuies moet die testament in die teenwoordigheid van die testateur en mekaar staaf en teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,549 | Jy kan iemand vra om die testament namens jou te teken of jy kan die testament teken deur 'n merk (byvoorbeeld 'n duimafdruk of 'n kruisie) te maak. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,550 | As dit na 1 Januarie 1954 opgestel is, moet die testament op skrif wees. Dit kan met die hand geskryf, getik of gedruk wees. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,551 | Die testateur moet die testament aan die einde van die laaste bladsy onderteken deur 'n merk te maak, of as iemand namens hom of haar teken, moet die ander persoon aan die einde van die laaste bladsy in die teenwoordigheid van en in opdrag van die testateur teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,552 | Die merk of handtekening van die ander persoon wat namens die testateur teken moet in die teenwoordigheid van twee of meer bevoegde getuies en 'n kommissaris van ede gemaak word. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,553 | Die getuies moet die testament in die teenwoordigheid van die testateur en van mekaar staaf en onderteken. As die testament deur 'n ander persoon geteken word, moet dit ook in die teenwoordigheid van daardie persoon en 'n kommissaris van ede gedoen word. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,554 | As die testament uit meer as een bladsy bestaan, moet elke bladsy behalwe die laaste een deur die testateur of deur die persoon wat namens hom of haar teken, op enige plek op die bladsy geteken word. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,555 | n Kommissaris van ede moet sertifiseer dat hy of sy tevrede is met die identiteit van die testateur en dat die testament die wense van die testateur is. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,556 | Die kommissaris van ede moet 'n sertifikaat onderteken en op elke bladsy van die testament, op enige plek op die bladsy, teken. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,557 | n Kodisil is 'n bylae of 'n aanhegsel tot 'n bestaande testament, wat opgestel word om iets by 'n bestaande testament te voeg of te verander. 'n Kodisil moet voldoen aan dieselfde vereistes as 'n geldige testament, soos hierbo uiteengesit. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,558 | n Kodisil hoef nie deur dieselfde getuies as die oorspronklike testament onderteken te word nie. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,559 | Veranderings kan net aangebring word wanneer 'n testament uitgevoer word of na die datum van die uitvoering van die testament. Wysigings aan 'n testament moet voldoen aan dieselfde vereistes as dié vir 'n geldige testament, soos hierbo aangedui. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,560 | Wanneer 'n testament gewysig word is dit nie nodig dat dieselfde getuies wat die oorspronklike testament onderteken het, die gewysigde testament ook moet teken nie. |
861 | GOV-ZA.17445.2010-03-24.af.txt | 17,561 | n Nalatenskap aan jou voormalige eggenoot in jou testament, wat voor jou egskeiding opgestel is, val nie noodwendig na die egskeiding weg nie. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.