document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,233 | Die winkel bevat 'n katalogus van alle opvoedkundige publikasies wat deur die Departement geproduseer is, en wat aanlyn aangekoop kan word. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,234 | Die biblioteek bevat 'n katalogus van internet-hulpmiddele wat vir die opvoeder of leerder van nut kan wees. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,235 | Hierdie webwerf bevat vorige eksamenvraestelle vir die Senior Sertifikaat, asook antwoordvoorstelle. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,236 | Die Leerskoleprojek hou 'n lys van hulpmiddele in stand wat aanlyn beskikbaar is, en wat daarop gemik is om onderrig en leer in skole te verbeter. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,237 | Die Hulpmiddelesentrum het ook skakels met die webwerwe van ander biblioteekinligtingsdienste. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,238 | Die Departement van Onderwys ondersteun die SkoolNet-inisiatief, wat as doel het om gemeenskappe van leerders en opvoeders te help vestig wat van inligting- en kommunikasietegnologie gebruik maak. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,239 | Die SkoolNet-webwerf bevat gedetailleerde inligting vir leerders en opvoeders. Hierdie inligting strek vanaf skoolkontak-besonderhede tot by huidige sowel as argiefbewaarde opvoedkundige hulpmiddele. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,240 | SkoolNet help lidskole ook om hul eie webwerwe en e-posadresse tot stand te bring. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,241 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,242 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
833 | GOV-ZA.15115.2010-03-24.af.txt | 17,244 | U moet vorm CDV saam met u identiteitsdokument en die vereiste bedrag indien. |
833 | GOV-ZA.15115.2010-03-24.af.txt | 17,245 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,247 | Die sentrum het omtrent 500 leerders en spesialiseer in opleiding op die viool, viola, tjello, kontrabas, fluit, hobo, klarinet, fagot, saksofoon, Franse horing, trompet, tromboon, tuba, eufonion en slaginstrumente. |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,248 | Die skool het n reeks stryk- en blaasorkeste en n simfonieorkes. Die Musiek vir Afrika-ontwikkelingstrust is deur die skool gestig om uitreikprogramme aan te bied vir leerders van benadeelde gemeenskappe? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,249 | Leerders moet n oudisie bywoon om toegelaat te word tot die skool en keuring is gegrond op meriete? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,250 | Omtrent 430 leerders woon die sentrum by uit gebiede soos Caledon, Hermanus en Piketberg. Hulle woon klas by in orkesinstrumente soos strykers, houtblaas-, koperblaas en slaginstrumente. Die skool het vyf blaasorkeste, vyf strykorkeste en n simfonieorkes. Daarby is dit die enigste sentrum wat harplesse gee? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,251 | Om aansoek te doen om die skool by te woon, moet leerders n oudisie bywoon? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,252 | Dié sentrum bied instrumentopleiding en n ensembleprogram aan. n Afrika-musiekprogram, waaronder speel in n marimbaorkes, word semi-privaat aangebied. Solosang en koorwerk word ook aangebied in n jeugkoor en n volwasse koor? |
834 | GOV-ZA.15139.2010-03-24.af.txt | 17,253 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
835 | GOV-ZA.15145.2010-03-24.af.txt | 17,255 | Die WKOD se Direktoraat: Gespesialiseerde Steundienste bied 'n reeks dienste aan vir leerders wat leerhindernisse ondervind. |
835 | GOV-ZA.15145.2010-03-24.af.txt | 17,256 | Die direktoraat bestuur 77 skole in die provinsie vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (ELSEN). ELSEN-spesialiste werk ook in Onderwysbestuur- en Ontwikkelingsentrums (OBOS'se) in al sewe die onderwysdistrikte van die Wes-Kaap. |
835 | GOV-ZA.15145.2010-03-24.af.txt | 17,257 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,259 | Ouers wat by die huis onderwys vir hulle kinders wil verskaf, moet hulle by die WKODlaat registreer. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,260 | Die registrasie in die belang van die leerder is. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,261 | Die onderwys wat tuis verskaf word, aan die minimum vereistes van die leerplan vir staatskole voldoen. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,262 | Die tuis-onderwys se standaard nie laer is as dié van die onderwys wat by 'n staatskool verskaf word nie. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,263 | Die ouers sal hou by enige ander redelike voorwaarde wat deur die Hoof van Onderwys gestel word. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,264 | Registrasie kan opgehef word. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,265 | Die ouer inlig en redes vir die opheffing gee. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,266 | Die ouers kans gee om vertoë te rig. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,267 | 'n Ouer kan appèl by die provinsiale Minister van Onderwys aanteken teen 'n weiering om 'n leerder te registreer of die opheffing van 'n registrasie. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,268 | As 'n leerder wat vir tuis-onderrig geregistreer is, later in 'n staat- of onafhanklike skool toegelaat word, moet die ouer die Hoof van Onderwys skriftelik in kennis stel dat die leerder se registrasie vir tuis-onderrig beëindig moet word. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,269 | Die nodige aansoekvorm, wat by die WKOD beskikbaar is, moet ingevul word. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,270 | Die ouer moet die voltooide vorm, saam met 'n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat, indien. |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,271 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
836 | GOV-ZA.15164.2010-03-24.af.txt | 17,272 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,274 | Die WKOD maak seker dat leerders wat vir tuis-onderrig geregistreer is, werk afhandel wat ooreenstem met die leerplan en dat hulle beoordeel word en die uitkoms behaal wat vir die betrokke graad vereis word. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,275 | Aantekeninge oor bywoning hou. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,276 | 'n Portefeulje van die leerder se werk saamstel. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,277 | Aantekeninge oor die leerder se werk gedurig bywerk. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,278 | Die opvoedkundige steun wat die leerling gekry het, boekstaaf. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,279 | Bewyse van die voortgesette beoordeling van die leerder se werk hou. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,280 | Bewyse van die beoordeling en/of eksamens aan die einde van elke jaar hou. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,281 | Bewyse aan die einde van Graad 3, 6 en 9 hou wat toon of die uitkoms vir dié grade bereik is. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,282 | Die aantekeninge moet vir ondersoek deur die WKOD beskikbaar gestel word. Alle betrokke beoordelinguitslae moet drie jaar lank bewaar word. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,283 | Aan die einde van elke fase moet die ouers, op eie koste, 'n onafhanklike, behoorlik-gekwalifiseerde persoon, wat deur die Hoof van Onderwys goedgekeur is, aanstel om die leerder se vordering te beoordeel. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,284 | 'n Ouer kan 'n staatskool of 'n geregistreerde onafhanklike skool om hulp nader om 'n geskikte persoon in die hande te kry. Die beoordelaar moet 'n verklaring aan die Hoof van Onderwys voorlê wat bevestig dat die leerder die vereiste vlak bereik het. |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,285 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
837 | GOV-ZA.15169.2010-03-24.af.txt | 17,286 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
838 | GOV-ZA.15193.2010-03-24.af.txt | 17,288 | Voordat jy jou by die Suid-Afrikaanse Raad van Leerkragte kan laat registreer en 'n onderwyspos kan beklee, moet jy 'n erkende onderwyskwalifikasie kry. |
838 | GOV-ZA.15193.2010-03-24.af.txt | 17,289 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
838 | GOV-ZA.15193.2010-03-24.af.txt | 17,290 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,292 | Verklaring Deur Minister Pierre Uys, Minister Van Gesondheid In Die Wes-Kaap, Oor Seksueel Oordraagbare Siektes (SOS) en Kondoom Bewustheidsweek: 11 - 17 Februarie 2007. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,293 | miljoen kondome sal vanjaar deur die gesondheidsdepartement in die Wes-Kaap versprei word - dit beteken gemiddeld 22 kondome per volwasse man. Die vraag in sekere woongebiede is egter heelwat hoër en tot gemiddeld 100 kondome per volwasse man sal in daardie areas versprei word " sê Minister Uys. "Die kondome sal vrylik beskikbaar wees by alle gesondheidsfasiliteite dwarsdeur die provinsie en daar is geen verskoning vir mense om nog onbeskermde seks te hê nie" sê Uys. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,294 | n Seksueel oordraagbare siekte (SOS) word van een mens na 'n ander tydens onbeskermde seks oorgedra. Minister Uys sê jy kan 'n siekte opdoen na slegs een keer se omgang met 'n besmette maat. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,295 | Daar is meer as 20 verskillende soorte siektes wat deur seksuele kontak versprei word. Onder hierdie siektes tel sifilis, gonorrhoea en herpes. MIV wat Vigs veroorsaak, word ook as 'n seksueel oordraagbare siekte beskou en tel onder die gevaarlikstes omdat dit ongeneesbaar is. Daar is geen visuele tekens van die siekte in sy vroeë stadium nie en dit kan jare duur voordat iemand siek word. Gedurende hierdie tydperk kon die infeksie reeds aan verskeie ander seksuele maats oorgedra gewees het. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,296 | Minister Uys sê een uit elke tien seksueel bedrywige mense in Suid-Afrika het die een of ander seksueel oordraagbare siekte. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,297 | Abnormale afskeidings deur die geslagsorgane. Selfs 'n klein bietjie waterige afskeiding kan al 'n aanduiding van 'n SOS wees. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,298 | Sere, vratte of blase om die geslagsdele, pynlik of nie. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,299 | Geswelde kliere naby die geslagsdele. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,300 | alle seksmaats, indien daar meer as een is (alhoewel dit nie aanbeveel word nie) oorhaal om ook behandeling te kry al is daar geen tekens van infeksie nie. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,301 | Die volle medisinale kursus volg en dit nie met hul maat(s) deel nie. 'n Maat moet sy of haar eie medisyne kry. Indien die volle kursus nie voltooi word nie, al dink die persoon hy is gesond, is dit nie noodwendig die geval nie. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,302 | Indien daar voortgegaan word met geslagsomgang kan die siekte hom herhaal, selfs na behandeling. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,303 | Minister Uys het gesê die gebruik van kondome is die beste voorkomingmiddel teen siektes. |
839 | GOV-ZA.152604.2010-03-24.af.txt | 17,304 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,306 | Om verbruikers meer bewus te maak van hulle regte. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,307 | Dit is 'n ses maande lange massamediaveldtog om lede van die publiek bewus te maak van hulle regte as verbruikers, asook om die bestaan van die Kantoor van die Verbruikersbeskermer en die dienste wat deur die kantoor aangebied word onder hulle aandag te bring. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,308 | Die veldtog is deur Comutanet ontwikkel en gevoer. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,309 | Die veldtog het sy boodskap op pendelaars gerig wat vir die duur van die rit (per bus, trein of taxi) 'n gevange gehoor is. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,310 | Plakkate n Reeks van vier plakkate, oor Ken jou regte, Spring die Swartlys Vry, Bruikhuur en Kontantlenings is geskep en vir 'n tydperk van ses maande in Metrotreine se waens vertoon. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,311 | Kleiner weergawes van die plakkate word oor 'n tydperk van tien maande in 100 taxi's aangebring. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,312 | Commuter FM radioboodskap n Boodskap word vir twee maande oor Commuter FM uitgesaai en sal na raming nagenoeg 239 000 luisteraars per dag bereik. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,313 | Hedendaagse musiek word gratis op kassette aan taxibestuurders voorsien. Hierdie kassette bevat ook 'n 60 sekonde lange klingel/boodskap van die Kantoor van die Verbruikersbeskermer. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,314 | A-raamsleepwaentjies word vir 72 dae oor 'n tydperk van ses maande by strategiese kruisings, waaronder 'n paar in landelike gebiede, staangemaak. Biljette word terselfdertyd by dié kruisings uitgedeel. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,315 | Die veldtog het laat in Mei 2003 begin toe die eerste plakkate in treine aangebring is. Sedertdien was daar 'n aansienlike toename in die aantal oproepe wat deur die Kantoor van die Verbruikersbeskermer ontvang is. Die Star Taxi Music kassette is ook versprei. Plakkers is sedert einde Julie 2003 in taxi's aangebring. Die sleepwaentjie-advertensies is vertraag. |
840 | GOV-ZA.15385.2010-03-24.af.txt | 17,316 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,318 | Die verkeersirkel langs die stasie in Southfieldweg, Plumstead, gaan teen 'n koste van R35 000 opgeknap word. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,319 | Die Bel-'n-Rit-diens, wat openbare vervoer verskaf vir mense met spesiale behoeftes, gaan uitgebrei word om meter-taxi's in te sluit. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,320 | Die Stad Kaapstad het 'n begroting van R43 miljoen vir die volgende vier jaar vir die diens goedgekeur. Die Wes-Kaapse departement van vervoer het ingestem om ook R10 miljoen die volgende vier jaar by te dra. Sedert die instelling van die diens in 2002 het 'n eksterne verskaffer, iKapa Travel & Tours, die diens behartig. Die Stad het ingewillig om die huidige kontrak te verleng totdat openbare tenders vir die diens genooi gaan word. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,321 | Met 'n ernstige tekort van 689 poste in die Stad se Brand- en Reddingsdiens is die oorblywende 698 personeellede genoop om oortyd te werk, veral in die brandgevaartyd. Die Raad het derhalwe 'n verdere R21 miljoen aan oortydbetaling goedgekeur. 'n Verdere R5 miljoen is begroot om so gou moontlik nog 40 opgeleide brandbestryders aan te stel. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,322 | Die Stad se gesondheidsafdeling gaan 'n bykomende R2.7 miljoen kry vir die groter uitgawe aan sy anti-retrovirale punte vir die behandeling van MIV/Vigs-pasiënte. Die geld is deur die Wes-Kaapse provinsiale administrasie bewillig. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,323 | Die Stad Kaapstad het R65 000 goedgekeur vir twee hout-loopweë by Glencairn-vlei in Clovelly. Die Vriende van Glencairn-vlei en die Stad se omgewingsbeamptes het deur die jare die vlei bewaar en 'n paadjie rondom die vlei aangelê. Twee hout-dele gaan opgerig word oor plekke wat in die reëntyd onder water raak. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,324 | Die Stad Kaapstad het sy verordening oor brandveiligheid in die gemeenskap hersien. Eienaars en bestuurders van plekke gaan nou aanspreeklik wees vir gaste wat die verordeninge oor aansteek van vure of rook oortree. Geregistreerde eienaars van voertuie sal ook verantwoordelik gehou word vir enige brandende sigaret of vuurhoutjie wat uit 'n motor gegooi word. Die onus is nou op die eienaars van eiendom om brandstroke te maak en in stand te hou. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,325 | n Voetpad gaan langs Hoofweg in Houtbaai gebou word, van Mandela-rylaan tot Hughendenweg, om aan te sluit by die voetoorgang vir die Oranjekloof-laerskool. Speeltoerusting van hout in die plaaslike speelpark gaan met meer duursame metaal-items vervang word, 'n heining gaan om die melkhoutbos naby die poskantoor opgerig word en die plaaslike sokkerveld gaan omhein word. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,326 | Die perk vir die Stad se Deernistoekenning vir raadsbehuising is van R1 640 per maand vir 'n huishouding-inkomste verhoog tot R1 740 per maand. Die nuwe bo-perk is gelyk aan twee staats-ouderdomspensioene. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,327 | Die Stad Kaapstad gaan R4 miljoen aanwend vir die elektrifisering van verskeie informele nedersettings, wat aansluitings vir 'n verdere 1 000 wonings voor die winter moontlik sal maak. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,328 | Altesaam R151 miljoen is oor die volgende twee jaar begroot vir die opknapping en versterking van die kragnetwerk in die middestad, ter ondersteuning van die nuwe stadion vir 2010 in Groenpunt. |
841 | GOV-ZA.154775.2010-03-24.af.txt | 17,329 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,331 | Laat my toe om sommer heel aan die begin vir almal wat vandag hier teenwoordig is dankie te se vir bereidwilligheid om hierdie konferensie saam met ons by te woon. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,332 | Dit is vir ons 'n teken dat u saam met ons besorgd is oor die welstand van ons mense op die platteland en dan veral met betrekking tot alkohol en dwelm misbruik. Hierdie konferensie is 'n voortvloeisel van die pad waarop ons begin loop het toe ons in 2004 aan bewind gekom het en gesluit het dat veral plaaswerkers se nood op vele terreine pertinente aandag moet kry. Meeste van u weet dat die gevolg hiervan die strategiese plan vir plaaswerkers is wat in Desember 2005 deur die Kabinet van die Wes-Kaap goedgekeur is. Ons het onsself daartoe verbind om die lot van plaaswerkers en die hele plaaswerker gemeenskap te verbeter en ons is elke dag doelgerig daarmee besig onder leiding van die Sub-program plaaswerker ontwikkeling binne die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,333 | Vir ons as regering in die Wes-Kaap is die welstand van die mense wat hier woon die belangrikste. Ons sê die menslike element is die beginpunt van alle aktiwiteite in ons strewe om 'n tuiste vir almal te skep. Dit is alom bekend dat die Departement van Landbou in die Wes-Kaap 'n baie hoë premie plaas op die lewensomstandighede van die plaaswerker gemeenskap. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,334 | Ek is besorg oor die morele verval wat daar onder ons plaaswerker gemeenskap is. Ons het dit die afgelope 36 maande ons taak gemaak om by die plaaswerkers self te hoor wat die probleme is waarmee hulle worstel en hulle het alkohol misbruik ook as een van die knelpunte op die agenda geplaas. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,335 | Baie van u wie vandag hier teenwoordig is, is reeds op een of ander manier saam met ons by die implementering van die strategiese plan betrokke en sommige van u organisasies kry op een of ander wyse steun van die Departement af om 'n verskil aan plaaswerkers se lewe te maak. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,336 | Hoekom is dit belangrik dat ons 'n konferensie soos hierdie moet hou Dit word bereken dat die ekonomiese koste van alkohol misbruik in die Wes-Kaap meer as R1 Biljoen jaarliks oorskry en dat meer as 'n kwart van mense wat alkohol oor naweke in die Wes-Kaap gebruik die normale risikovlakke oorskry? |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,337 | Die invloed wat alkohol op jou en my lewe en die ekonomie het, kan in die volgende syfers gesien word: As gevolg van alkohol misbruik bereik slegs 65% van werkers hulle volle potensiaal in die werkplek. Mense wat alkohol misbruik is 4 keer meer in ongelukke betrokke as ander mense en is meer as 5 keer meer afsiek as mense wat nie alkohol misbruik nie. Tussen 40 en 60 % van mense wat in ongelukke sterf is onder die invloed van drank gewees. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,338 | Ons kan voortgaan om vele ander syfers vir u aan te haal, maar ek glo dat u 'n idee het waarvan ons praat. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,339 | Ons kan egter alkohol misbruik oorwin net soos ons in die verlede ander gesondheids gebreke oorkom het. Voorkomings en vroeë behandelingsprogramme onder misbruikers van alkohol sal ons help om die verskil te maak daar waar dit die belangrikste is, naamlik in die huishouding. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,340 | Daar is vandag al baie organisasies wat met baie kundigheid in hulle midde rondgaan wat bereid is om betrokke te raak en ons sal beslis daaraan moet dink om 'n formele aksie aan die gang te kry. Vroeë diagnose en nuwe behandelingstegnieke, mediese behandeling, opvoeding en bewusmaking en huisvesting kan geaffekteerde persone in staat stel om produktiewe lewes te ly en sodoende miljoene rande te spaar wat weer benut kan word teen die siekte asook vir armoede verligting. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,341 | Ek wil u versoek om van hierdie konferensie gebruik te maak om na oplossings te soek eerder as om beskuldigings te slinger. Ek wil hê u moet vir uself die vraag afvra watter bydrae kan u organisasie verder lewer binne spanverband eerder as wat u op u eie wil probeer om alles te vermag. Somtyds is ons besig om ons kragte te vermors met duplisering van programme terwyl ons van mekaar se kundigheid gebruik kan maak en dus meer tyd en energie kan spaar wat ons met verdere onwikkelings programme en navorsing kan doen. |
842 | GOV-ZA.157089.2010-03-24.af.txt | 17,342 | Die vraag is hoeveel mense bereik ons werklik en op hoeveel mense se lewens maak ons 'n impak. Hoeveel gemeenskappe leef nie maar van dag tot dag sonder hoop nie en soek uiteindelik hulle hoop deur die nek van 'n bottel of die tuit van 'n papsak nie. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.