document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,127 | 'n MIV/vigs-beleid te implementeer. |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,128 | Die nasionale Departement van Onderwys het 'n nasionale beleid aangaande die bestuur van MIV/vigs in skole in konsepvorm opgestel. Die nasionale beleid is op sowel leerders as onderwysers van toepassing. |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,129 | Skoolbeheerliggame moet hul eie beleidsbepalings ontwikkel, wat in lyn moet wees met die nasionale beleid. Hulle behoort dit te doen in oorleg met die breër skoolgemeenskap. |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,130 | Die dokument Ken jou Regte en Verantwoordelikhede verskaf inligting oor sleutelaspekte van die nasionale beleid, en oor maniere om 'n MIV/vigs-beleid vir die skool op te stel. |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,131 | of skakel jou naaste Onderwysondersteuningsentrum. |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,132 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
826 | GOV-ZA.15092.2010-03-24.af.txt | 17,133 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,135 | Op 15 Januarie 2003 was ek ook hier vir die roudiens van slagoffers van die treinongeluk op 7 Januarie 2003 toe 'n passasierstrein met 'n goederetrein gebots het by die Klipheuwel/Stellenbosch verbinding naby die R304. Weer eens staan ek vanaand hier met baie hartseer in my - maar dalk nog meer as 3 jaar gelede omdat dit plaaswerkers is wat baie onskuldig oppad was om te gaan werk. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,136 | Wat 'n dag moes wees, vol hoop en verwagtinge vir die nuwe week het ontnugtering en groot verdriet gebring. Wat 'n dag moes wees met 'n tydelike afskeid omdat mense werk toe gegaan het, het 'n permanente afskeid geword. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,137 | Die Wes-Kaap rou saam met die gemeenskap van Klapmuts. Baie families se lewens is onherroeplik geraak deur die dood van hul naasbestaandes. Baie families in die Wes-Kaap sonder broodwinners moet nou aangaan met hul lewens en moet probeer om vrede en berusting te vind. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,138 | Die Kabinet van die provinsiale regering het met leedwese en skok verneem van die tragedie in u gemeenskap. Woorde kan nie altyd vergoed vir die groot verlies wat mens in hierdie tyd ervaar nie. Namens die Premier van die Wes-Kaap, mnr Ebrahim Rasool en die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan die families en die gemeenskap van Klapmuts. 20 Lewens vol belofte en vol hoop vir die toekoms is van hul families en uit die gemeenskap weggeruk en daar is nie altyd antwoorde vir die wroeginge en worstelinge van die families na so 'n tragedie nie. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,139 | Iemand het eenkeer gesê: "Die dood is nie 'n afskakeling van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het." Die twintig slagoffers van die treinongeluk se lampe is vroeër uitgeblaas as wat dit moes en onder omstandighede wat onbegryplik en onverstaanbaar is. Baie families in die Wes-Kaap is in rou gedompel en heelwat families het meer as een familielid aan die dood afgestaan. 'n Paar gemeenskappe moet weer die skerwe optel na die tragiese dood van hierdie mense. Daarom is daar begrip vir die rou en die seer van die gemeenskap. Langs hierdie weg wil ek graag die wens uitspreek dat u as families, vriende en gemeenskap wel berusting sal vind maar in die wete dat tyd die groot heler en geneser is. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,140 | Lewe is die kosbaarste besitting wat 'n provinsie en sy regering moet koester en omvou. Die provinsiale regering het ten doel om die kwaliteit van lewe van al die mense in die provinsie te verbeter. Ons wat in regering is het hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Die treinongeluk waarin 20 mense dood is en soveel beseer is bring die realiteit van die kosbaarheid van lewe na vore. Alvorens die amptelike ondersoek afgehandel is, kan en moet geen instansie of individu geblameer word nie. Die reg moet sy loop neem en ons as breë gemeenskap van die Wes-Kaap moet toelaat dat dit gebeur en nie voortydig vingers wys nie. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,141 | Dit is onder hartseer en tragiese omstandighede maar ook met heimweë dat ek vandag in Klapmuts is. Enersyds omdat ek hier grootgeword het en omdat ek afhanklik was van die trein sodat ek skool toe kon gaan en omdat my pa en ek self vir die spoorweë gewerk het. Net so is duisende mense se lewens afhanklik van ons openbare spoorvervoer stelsel. Wanneer 'n ongeluk wel gebeur moet ons alles in ons vermoë doen om vas te stel wat die oorsaak daarvan was sodat ons ook daaruit kan leer en 'n volgende ongeluk vermy kan word. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,142 | Ons moet ook alle personeel van die verskillende nooddienste wat betrokke was bedank en loof vir die spoedige reaksie en optrede na die ongeluk. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,143 | n Ideale en perfekte wêreld weet nie van treinrampe, motor en vliegtuig ongelukke, brande, vloede en dade van oorlog en terreur nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die verskriklike hartseer waardeur families moet gaan na die tragiese dood van 'n familie lid nie. 'n Ideale wêreld weet nie van die skok vir 'n gemeenskap nie. Ons is vandag hier omdat ons leef in 'n wêreld wat nie ideal en perfek is nie. Die taak van een en elkeen van ons wat hier is, is om toe te sien dat ons 'n wêreld probeer skep wat so na as moontlik aan die ideaal is. Daarom moet ons ons koppe optel en met groot dankbaarheid dink aan hulle wie se nagedagtenis ons vandag hier eer. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,144 | Iemand het eenkeer gesê: "wie in die gedagtes van sy geliefdes leef, is nie dood nie, hy is net ver." |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,145 | Ter afsluiting wil ek vandag vir u as families en gemeenskap van Klapmuts sê - u staan nie alleen nie - u rou is ons rou, u seer is ons seer en u verlies is ons verlies. Die regering van die Wes-Kaap gtaan u nie versaak in u tyd van hartseer nie. Ons is tans op verskeie fronte aan die werk om te kyk hoe ons u kan help. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,146 | Die Provinsiale Regering is tans aan die werk Dr Lionel Louw van die Premier se Kantoor is persoonlik getaak om die begrafnis reëlings te koördineer en gaan die regering ook die koste van die begrafnisse dra. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,147 | In samewerking met Agri Wes-Kaap wat aangebied het om 'n noodfonds te administreer vir die families van naasbestaandes I'n fonds begin en het ek vanoggend by Die Burger R50 000 ontvang wat hulle bygedra het tot die fonds. Ons dank ook aan Agri Wes-Kaap wat die fonds administreer en hulle infrastruktuur en personeel beskikbaar stel met die fonds. Die fonds sal na die medium en langtermyn behoeftes kyk van families wie se broodwinners weg is en om te kyk na onder andere skool en verdere onderrig behoeftes veral vir die kinders. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,148 | Ek was reeds in gesprekke met Dr Christo Wiese van Pep Stores en met Shoprite Checkers nadat hulle aangebied het en kan ek ook vandag vir u sê dat vir al die families vir ten minste die volgende 3 maande die nodige ondersteuning sal kry om kos op die tafel te sit en Januarie skool toe te gaan omdat skoolklere en skryfbehoeftes reeds voor gesorg is. |
827 | GOV-ZA.150969.2010-03-24.af.txt | 17,149 | Wees ook verseker dat u in gebede opgedra word en daarom glo ek ook dat die families die nodige vertroosting sal vind en ook die krag van God sal ontvang om u deur hierdie tyd te dra. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,151 | Risiko-jeugdiges is leerders wat met probleme sukkel soos dwelm- en/of alkoholmisbruik en met die gereg gebots het. Hulle emosionele en/of gedragsprobleme strem hulle vermoë om te leer en te ontwikkel. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,152 | In die Wes-Kaap is daar vyf vlakke van steun om sulke probleme te voorkom of te hanteer. Die tipe steun en die beperkings wat die leerder opgelê kan word hang af van die aard van die probleem. Ingrypings sluit opvoedkundige, terapeutiese en/of inwonende steundienste in. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,153 | n Vroeë-waarskuwingstelsel, gemik op die uitken van kinders en gesinne wat veral kwesbaar kan wees, word in alle skole ingestel. Alles word in die klaskamer in die stryd gewerp om te keer dat emosionele en/of gedragsprobleme voorkom of vererger. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,154 | Emosionele steun en leiding word verskaf vir leerders wat sukkel met emosionele en/of gedragsversperrings tot leerwerk in die klas. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,155 | Skoolgebaseerde steunprogramme, jeugontwikkelingsprogramme en opsetlike ingryping word verskaf vir leerders wat uitgeken word as kwesbaar vir skorsing uit die skool, uitplasing weg van die huis af, of toetrede tot die strafregtelike regstelsel, en vir wie tydelike onttrekking uit die klaskamer nodig is. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,156 | Waar die leerder nie genoeg baat vind by die steunprogram nie , kan verwysing na 'n inwonende of ontwikkelingsprogram by 'n jeugsorg en onderwyssentrum oorweeg word. Die beginsel van die gebruik van die mins beperkende en meer bemagtigende (normatiewe) omgewing is regdeur die stelsel van toepassing. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,157 | Jongmense word kragtens die relevante wetgewing na die sentrums verwys. Die sentrums verskaf verblyf en 'n gestruktureerde program. Die raamwerk vir 'n goeie praktyk in dié instellings is gegrond op die standaarde wat neergelê is deur die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,158 | Die kapasiteit van opvoeders en skoolhoofde te bou om die uitdagings te bowe te kan kom van die hantering van leerders wat emosionele en/of gedragsversperrings tot hulle ontwikkeling ervaar of die gevaar daarvan loop. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,159 | Dienste te verbeter vir leerders wat in gevaar is. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,160 | Die veiligheid, onderwys en ontwikkeling van die leerders te verseker. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,161 | Spesiale sorg word verskaf vir jongmense wat met die gereg bots of ernstige emosionele ontwrigting ervaar en wat dalk fisies, emosioneel en/of wat gedrag betref ingeperk moet word. Jongmense word na die sentrums verwys deur die howe kragtens die relevante wetgewing vir verpligte verblyf. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,162 | Elke jongmens kry 'n indiwiduele ontwikkelingsplan om hom of haar te help om gerehabiliteer te word. 'n Sielkundige, arbeidsterapeut, professionele verpleër en maatskaplike werkers is by die sentrum vir konsultasie beskikbaar. Die opvoeders is spesiaal opgelei in kindersorgteorie en -praktyk. |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,163 | Wat is Familiegroep Konferensies? |
828 | GOV-ZA.15098.2010-03-24.af.txt | 17,164 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,166 | Die Moederstad het spesiale maatreëls ingestel om te verseker die miljoene vakansiegangers - inwoners en besoekers - 'n veilige vakansieseisoen in Kaapstad geniet. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,167 | Die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad is gereed vir enige gebeurlikheid. Die Metropolitaanse Polisie Diens het spesiale voorsorgmaatreëls getref en verkeersbestuursplanne opgestel vir gewilde besoekpunte. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,168 | Brandweerdienste staan gereed gedurende hierdie tydperk van 'rooi gevaar' in die brandseisoen. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,169 | Wetstoepassingseenhede het planne reg om die veiligheid van besoekers en Kapenaars aan strande en ander gewilde besoekpunte te verseker, en die Ramprisikobestuursentrum staan gereed met gebeurlikheidsplanne om groot voorvalle te koördineer indien enigiets verkeerd sou loop. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,170 | Hoewel die Stad gereed is om noodgevalle te hanteer beteken dit nie dat individue die algemene veiligheidsmaatreëls kan ignoreer nie. Ons het 'n lys eenvoudige veiligheidswenke opgestel wat vakansiegangers kan gebruik om 'n onvergeetlike vankansie in Kaapstad te verseker, sê Wilfred Solomons, Waarnemende Hoof van die Ramprisikobestuursentrum van die Stad Kaapstad. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,171 | Elke persoon op 'n vaartuig moet 'n reddingsbaadjie dra. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,172 | Enige vaartuig moet die vereiste veiligheidstoerusting aan boord te hê, ook noodfakkels. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,173 | Wees bewus van die weersomstandighede en hoe vinnig dit kan verander. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,174 | Moenie alkohol ter see misbruik nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,175 | Moet nooit op jou eie gaan stap of klim nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,176 | Vertel altyd vir 'n vriend of famililielid waarheen jy gaan, en wanneer jy terug sal wees. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,177 | Bly op gemerkte of bekende roetes. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,178 | Sorg dat jy altyd warm klere, kos en vloeistof saamneem. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,179 | Respekteer die natuurelemente. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,180 | Moet nie in onbekende poele induik sonder om die diepte vas te stel nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,181 | Swem net waar daar lewensredders is, en waar borde aandui dat dit veilig is om te swem. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,182 | Maak seker die lewensredders kan jou sien. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,183 | Swem slegs op plekke waar ander persone in die omgewing is. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,184 | Wees altyd bedagsaam op die paaie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,185 | Moenie drink en bestuur nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,186 | Kies 'n toegewysde bestuurder wat nie drink nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,187 | Gee voorrang aan voetgangers. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,188 | Maak peuters in baba- of kinderstoeltjies vas. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,189 | Gaan slegs na plekke waar jy gemaklik en veilig voel. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,190 | Soek veiligheid in groepe - maar ken die lede van die groep. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,191 | Iemand moet altyd weet waar jy is. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,192 | Moet kinders nooit alleen los nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,193 | Swemlesse en opblaasvlerkies is geen plaasvervanger vir volwasse toesig nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,194 | n Kind kan verdrink in die tyd wat dit neem om 'n telefoon te beantwoord of die voordeur oop te maak. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,195 | Wys 'n verantwoordelike volwassene aan om kinders gedurende partytjies dop te hou. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,196 | By gesellighede kan die aandag maklik van kinders afdwaal wat te naby aan die swembad is. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,197 | Geen vure word op enige plek in die Skiereiland bergreeks toegelaat behalwe in spesifiek aangewese gebiede nie. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,198 | Moet nie jou brandende sigaretstompie uit jou voertuig gooi nie. Dit is een van die hoof oorsake van brande. Gebruik liewer die asbak in jou voertuig. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,199 | Maak seker dat jou braaivuur heeltemal dood is voor jy vertrek. Gebruik water om die smeulende kole te blus. |
829 | GOV-ZA.150998.2010-03-24.af.txt | 17,200 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
830 | GOV-ZA.15100.2010-03-24.af.txt | 17,202 | Alle voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig, gebou of na Suid-Afrika ingevoer word, moet geregistreer word voordat dit versprei of verkoop word. |
830 | GOV-ZA.15100.2010-03-24.af.txt | 17,203 | As die vervaardiger of invoerder van 'n voertuig moet u vorm MVR1-MIB by 'n motorregistrasiekantoor invul om die voertuig te registreer. |
830 | GOV-ZA.15100.2010-03-24.af.txt | 17,204 | die onderstelnommer die enjinnommer die fabrikaat die modelnaam die tarra in kilogram die enjinvermoë in kubieke sentimeter die netto enjinkragdie hoofkleur die modelnommer n polisieklaringsertifikaat n padwaardigheidsertifikaat. |
830 | GOV-ZA.15100.2010-03-24.af.txt | 17,205 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,207 | Dit is vir my groot voorreg om vandag met u 'n paar gedagtes te wissel oor misdaad omdat dit in vandag se tye so maklik is om 'n slagoffer te word en daardeur net nog misdaadstatistiek te word? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,208 | Ons leef in 'n gemeenskap waar ons onself omring met mure en doringdraad, ons leef in 'n gemeenskap waar ons onsself toesluit agter tralies en waar die uitsig wat ons vanuit ons huise het lyk soos die van 'n tronk. Ons strate is nie meer veilig nie, ons perspektief het totaal verander omdat elke aksie wat ons doen gemeet word aan hoe veilig dit vir my en my kinders is. Daar is nie een van ons wat nie of direk of indirek die impak van misdaad op ons lewens gevoel het of 'n slagoffer was nie. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,209 | Ek gee graag kort oorsig oor misdaad statistieke wat in 2006 vrygestel is? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,210 | Hierdie syfers is egter nie die ware prentjie nie. Die algemene verwagting is byvoorbeeld dat slegs sowat 50% van verkragtings en poging tot verkragting aangemeld word. Benewens die fisiese trauma van verkragting of 'n aanval, is een van die ergste gevolge van sulke misdade vir SuidAfrikaanse vroue die herbevestiging van die persepsie dat vroue, en spesifiek meisies, swak slagoffers en maklike teikens vir mishandeling is. Daar is bereken dat misdaad die land ongeveer R30 miljard 'n jaar kos wat 'n astronomiese bedrag is wat eerder ander belangrike prioriteite vir die land se ontwikkeling kon befonds? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,211 | Terwyl dit lyk asof misdaad op straat 'n afname kan beleef is daar kommer oor die misdaad wat in ons huise afspeel agter ons hoë mure en waarvoor die gemeenskap sy oë sluit en daarmee stilswyend goedkeuring verleen. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,212 | Hiervan bly kindermishandeling waarskynlik een van die mees skokkendste. Skrikwekkend is dat in 83% van hierdie gevalle ken die slagoffers die oortreders. Weer eens wys statistieke dat slegs 15 uit 100 gevalle aangemeld word. Die mishandeling van kinders word beskou as misdaad wat nie raakgesien word nie en dit lyk asof die gemeenskap sy gevoel van omgee verloor het. Daarom is hierdie inisiatief soveel te meer belangrik want dit lyk asof die gemeenskap in die geval nie sy kinders vergeet nie? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,213 | Duisende vroue en kinders word aan geweld en seksuele misbruik in hul eie huise onderwerp. Dikwels is dit juis diegene wat die naaste aan hulle is wat die kinders en of vrouens mishandel en verneder. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,214 | Die provinsiale regering van die Wes-Kaap sit nie op sy louere en verwag dat ander organisasies moet inspring en help om slagoffers by te staan en te ondersteun nie. Daar is veel eerder 'n interaksie tussen regeringsdepartemente, nie-regeringsorganisasies, kerkorganisasies en belangegroepe wat almal tot 'n mindere of meerdere mate inspring om die lot van slagoffers te verlig en bystand te verleen waar nodig. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,215 | Dit is een van die redes waarom die WesKaap en die nasionale Departement van Onderwys programme in ons skole aanbied om jong dogters toe te rus met selfverdedigingsvaardighede om terug te kan slaan. Die Slaan Misdaad Hokveldtog verminder nie net die kanse dat vrouestudente aangeval sal word nie, maar spreek ook die wanindruk aan dat vroue en meisies hulleself nie kan verdedig nie en magteloos is. Ons kinders moet geleer word dat mishandeling nie 'n norm is nie, en dat geweld die uitweg van lafaards is wat nie in die gemeenskap tuishoort nie? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,216 | Die Departement van Gemeenskapsveiligheid werk saam met die Departement van Maatskaplike Dienste om vrywilligers op te lei om met die berading van verkragting slagoffers te help, en ook om polisiebeamptes in staat te stel om sulke gevalle op 'n behoorlike en sensitiewe wyse te hanteer. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,217 | Voorts het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se projek Veilige Skole 'n begroting toegewys om veiligheidskomitees by elke skool dwarsdeur die provinsie in te stel om veiligheidsplanne vir goedkeuring en inwerkingstelling voor te lê. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,218 | Gemeenskapspolisiëringsforums het groot rol te speel in die herstel van vertroue en die bou van bande tussen die gemeenskap en die polisie? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,219 | Veiligheid by skole veldtog. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,220 | Bou van vennootskappe met die SAPS. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,221 | Dit alles gesê is dit duidelik dat alles wat gedoen word slegs reaktiewe stappe is en dat daar dieper liggende probleem in die gemeenskap teenwoordig is. Ons lewe in? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,222 | Algemene benadering van selfgesentreerdheid en 'n gebrek aan omgee vir andere. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,223 | Wat egter kommerwekkend is, is dat ongeveer 3000 jongmense per maand in die Wes-Kaap gearresteer word. 50% van ons leerders verlaat die skole vroeg wat nie help om die werkloosheid wat tans op 26,8% staan te verlig nie. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,224 | Iemand het eenkeer gesê dat as 10% van mense rooi lig verontagsaam dan word dit norm en word dit algemene gebruik. Geen regering - op watter sfeer ookal kan alleen die taak aanpak om mense weer op die regte pad te bring nie. Wat ons nodig het is 'n morele herlewing waartoe elke individu homself verbind Oud President Mandela het gepraat van RDP van die siel? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,225 | Moraliteit hou die sleutel tot 'n gesonde gesinslewe, en 'n gesonde gesinslewe is die sleutel tot soveel goed waarna ons streef, soos suksesvolle opvoeding, 'n misdaadvrye samelewing, standvastige en vredeliewende gemeenskappe - om maar 'n paar te noem. Elkeen van ons moet vandag persoonlik onderneem om 'n verskil by ons huise te maak. Ons moet ons houdings, ons waardes en ons sedes ondersoek. |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,226 | Daarom het die regering begin met veldtog van morele hernuwing en het ons juis in die Wes-Kaap al verskeie werkswinkels gehad oor die morele hernuwing wat so nodig is - ook in ons eie gemeenskap? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,227 | Ons het 'n nuwe moraliteit nodig op elke terrein van ons lewe want ons het 'n samelewing geword wat sy oë gesluit het vir die lot van diegene rondom ons, ons het 'n samelewing geword wat die materiële jaag en nie omgee wie in die proses seerkry of benadeel word nie. Ons het samelewing geword wat hul oë sluit vir die seer van kind wat mishandel word en ons het samelewing geword wat diegene verwerp wat MIV/Vigs onder lede het? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,228 | Ek wil graag ook in die verband waardering uitspreek teenoor die vrywilligers in die Gemeenskapspolisiëringsforums wat onvermoeid werk, saam met die SAPD, om die ideaal van misdaadlose gemeenskap te vestig? |
831 | GOV-ZA.151015.2010-03-24.af.txt | 17,229 | Dit is inisiatiewe wat uit die gemeenskap kom wat instrumentele rol kan speel in die herstel van vertroue tussen die polisie en die gemeenskap. Projekte wat in vennootskap tussen die gemeenskap en die SAPD plaasvind sal ongetwyfeld bydrae daartoe om misdaad te beperk en ons omgewings weer leefbaar en vry van kriminele aktiwiteite te maak? |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,231 | Die WKOD voorsien 'n verskeidenheid hulpmiddele aanlyn aan opvoeders en leerders. |
832 | GOV-ZA.15113.2010-03-24.af.txt | 17,232 | Op hierdie WKOD-webwerf is daar 'n winkel en 'n biblioteek aanlyn. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.