document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
806 | GOV-ZA.14311.pubs.white_papers.2010-03-24.af.txt | 16,907 | Die hoofdoelwitte van die Witskrif is: Om die vernaamste implikasies van die veranderende globale, binnelandse en (Suider-Afrikaanse) streekskonteks vir die provinsiale ekonomie te ontleed; Om lesse vir geslaagde streeksontwikkeling uit die internasionale ervaring te leer; Om sterk punte van en geleenthede in die provinsiale ekonomie te identifiseer waarop voortgebou kan word, asook uitdagings en beperkings wat aandag sal moet geniet as die provinsie se ekonomiese potensiaal verwesenlik wil word; Om 'n voorgestelde ekonomiese visie en sleutel strategiese imperatiewe vir die Wes-Kaap te stel ten einde die ontwikkeling van die provinsiale ekonomie oor die volgende tien jaar te rig; Om 'n breë strategiese raamwerk en sleutelinisiatiewe te vestig waardeur die visie en strategiese imperatiewe effektief verwesenlik kan word; Om 'n herstrukturering van die huidige institusionele raamwerk vir ekonomiese groei en ontwikkeling voor te stel wat effektief in lyn gebring is met die nuwe visie en strategiese imperatiewe; Om die implikasies vir sleutelhulpbronne wat betrokke is by die opstel van die nuwe strategiese en institusionele raamwerke vir die provinsiale ekonomie, te identifiseer en in ag te neem. |
806 | GOV-ZA.14311.pubs.white_papers.2010-03-24.af.txt | 16,908 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
806 | GOV-ZA.14311.pubs.white_papers.2010-03-24.af.txt | 16,909 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,911 | Ek is dankbaar om te kan sê dat vandag se byeenkoms te danke is aan die verhouding wat daar tussen myself, en die Departement aan die eenkant en die produsente en die verskillende bedryfsliggame aan die anderkant, is. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,912 | Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop verhouding tussen my kantoor en u bestaan, wat ons in staat stel om op 'n gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind, te kan kommunikeer. Dit gee egter ook aan my en my kollegas die geleentheid om aan u die Regering se standpunt ten opsigte van 'n groot aantal sake te stel. Gedurende my gesprekke met u, het ek tot die besef gekom dat elke bedryf sy eiesoortige probleme het, maar dat daar 'n hele aantal kwessies is wat gemeenskaplik van aard is. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,913 | Die regering van die Wes Kaap erken die belangrike rol wat u as produsente en Landbou in sy geheel speel in die skep van groei en welvaart in die ekonomie van die Provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en ons opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons sal soek na metodes om die gevestigde aktiwiteite te laat groei, terwyl ons ook terselfdertyd alle nuwe toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer. Meer nog. Ons moet saamwerk om die doelwitte ten opsigte van swart ekonomiese bemagtiging te bereik omdat ons daarin glo, nie omdat u voel die regering dwing u om dit te doen nie. Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die Wes- Kaap. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,914 | Ons is nederig trots op die feit dat die sukses ratio ten opsigte van bemagtigingsprojekte in die Wes-Kaap tans op 54,4% staan, terwyl die wêreldnorm op die oomblik op 19% draai. Dit is egter nie goed genoeg nie. Elke mislukking plaas ons treë agteruit, nie net ten opsigte van bemagtiging nie, maar ook ten opsigte van die groei van landbou en die bereiking van ons doelwitte ten opsigte van ASGISA. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,915 | Die uitdaging ten opsigte van die doelwit in Grondhervorming vra dat ons hiervandaan jaarliks 500 000ha aan voorheen benadeelde persone sal oordra indien ons die doelwit van 30% teen 2014 wil bereik. Dit is 'n enorme taak as ons die huidige situasie in ag neem waar ons tot nou toe in totaal slegs 85 000ha oorgedra het. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,916 | Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die ander rolspelers innoverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te stimuleer en te versnel. Ek wil dit aan u stel dat ons dit nie alleen kan doen nie. U het reeds u bereidwilligheid verklaar, maar die tyd het gekom dat ons nou proaktief moet optree en daarom het ek reeds verlede week in samewerking met die Hoofdirekteur in die Provinsiale kantoor van Grondsake, Mnr Terrence Fife, 'n forum in die lewe geroep om die nodige aksies te neem om gestalte te gee aan die nuwe implementeringsplanne. Ek wil weereens beklemtoon dat ons dit nie alleen kan doen nie. Ons wil en gaan u betrek in die proses. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,917 | Ek is besorg oor die effek wat die inbring van seisoenale werkers na plase op verskeie terreine in die Wes-Kaap het. Baie van hierdie mense gaan nie terug na die provinsies waar hulle vandaan kom nie en dit plaas verdere druk op die regering ten opsigte van behuising en dienste in verskillende vorme. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,918 | Programdirekteur, Ek het dit nodig geag om, soos altyd, sake aan te raak wat op die transformasie agenda is omdat ek weet dat hierdie die sake is wat politieke implikasies het waarmee ons moet deel in belang van Landbou. Daar is egter ook ander uitdagings wat ons binne die landbou-speelveld in berekening moet bring. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,919 | As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke stowwe geïnisieer word en sal ons gesonde boerderypraktyke moet toepas wat ook "tracking and tracing rekords" daar sal stel wat bo verdenking is. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,920 | Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,921 | Die skuif van kommoditeits gedrewe produksie na die 21ste eeuse nis produkte en markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waarde toevoeging deur middel van verwerking van die basiese produk. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,922 | Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur NEPAD en nuwe markte in Afrika in. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,923 | Ons wil graag aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet opereer sodat u met vertroue kan voort gaan om toe te sien dat Landbou sy primêre taak kan vervul, naamlik om voedsel te produseer. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,924 | Ek het reeds daarna verwys dat daar egter bepaalde gemeenskaplike en ook eiesoortige probleme en uitdagings is wat u in die gesig staar en waarmee u van dag tot dag moet worstel op 'n pad wat u nie alleen kan loop nie. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,925 | Dit is primêr hoekom ons hier byeen is, sodat u met ons kan praat oor daardie kwessies wat u daagliks raak en die sake wat u deurlopend met my bespreek. As ek sê ons, dan bedoel ek die ander Departemente, hetsy op Plaaslike, Provinsiale of Nasionale vlak, waar wetgewing en regulasies bestaan, wat volgens u stremmend inwerk op Landbou. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,926 | Voorsitter, daar is heelwaarskynlik nog 'n hele aantal ander sake wat u wil opper. Ek wil u uitnooi om onbevange te praat sodat ons die tipe gesprek kan voer waaraan ons binne Landbou gewoond is. Dit is ons erns dat ons sal antwoorde kry, daarom dan ook die wye verskeidenheid van verteenwoordiging vanuit die Wes-Kaapse Kabinet, sowel as senior amptenare van Departemente en ander instansies wat saam met ons moet soek na die oplossings sodat ons Landbou ten volle kan toerus om die uitdagings van vandag en môre die hoof te bied. |
807 | GOV-ZA.143597.2010-03-24.af.txt | 16,927 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,929 | Volgens Dr James Kitching, hoof van die laboratorium, het nuwe tegnologie tot gevolg dat nuwe tegnieke gesien word as die norm vir sekere diagnostiese toetse. "PKR (polimerase kettingreaksie) toetse word gebruik vir die identifikasie van veral virusse," verduidelik hy. "Die tegniek is nie goedkoper ten opsigte van reagense en toetse nie, maar is vinnig, meer sensitief en meer spesifiek." |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,930 | Hierdie nuwe seksie van die laboratorium sal ook die aangrensende provinsies bedien. Omdat die laboratoriums wat die tegniek uitvoer beperk is word daar tans dikwels vertragings ondervind met die verkryging van resultate. Weens die delikate aard van die prosedures is dit nodig om baie spesifieke beheer te verkry oor die toegang tot die verskillende vertrekke en hiervoor is daar 'n rekenaar beheerde stelsel in plek geplaas. Daar sal begin word met toetse vir die voëlgriep virus en daarna vir Newcastle siekte en Afrika Perdesiekte virusse. Hierdie seksie is reeds volledig toegerus met apparaat. |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,931 | Weens die vereistes van die Europese Gemeenskap (EG) vir vleis en ook om die veiligheid van dierlike produkte vir interne gebruik te verseker, is dit nodig om vir residue van middels en toksiese stowwe te toets. Tans word hierdie toetse by een of twee laboratoriums gedoen en duur dit tot 12 maande voordat resultate beskikbaar word. 'n Voorlegging is reeds na die EG verteenwoordiger om fondse te beding vir die aankoop van toerusting. Die laboratoriumspasies is nou geskep om sulke toerusting te huisves. |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,932 | Vir beide PKR-werk en residubepalings word water suiwering benodig. Ook hiervoor is spasie beskikbaar en is die toerusting reeds in plek," sê Kitching. "In dieselfde vertrek word toerusting vir die vriesdroog van serum en isolate gehuisves." |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,933 | Monsters waarop toetse uitgevoer word moet behou word vir 'n periode sodat dit weer benut kan word indien hertoetsing of alternatiewe toetse benodig word. Die lengte van die periode hang af van die tipe monster en die toetse wat daarop uitgevoer word. Die berging van sulke monsters vind oral in die laboratorium plaas en yskaste en vrieskaste neem spasie in wat vir ander doeleindes aangewend kan word. Derhalwe is daar 'n inloopyskas en inloopvrieskas in die uitbreiding ingebou vir die kort- en mediumtermyn berging van monsters. Hierdie kan ook beskou word as mediumtermyn argiewe vir monsters. |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,934 | Soos die geval met die berging van monsters het die berging van dokumentasie 'n groot probleem geword. Met die omvang van die nood om dokumente te berg het dit nodig geword om 'n spesifieke argief aan te bou. |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,935 | Die laboratorium het reeds goeie vordering gemaak met die dokumentasie wat nodig sal wees vir akkreditasie van verskeie toetse. Dit is egter nodig dat die beheer hiervan gesentraliseer word met beamptes wat spesifiek hierdie saak as hul verantwoordelikheid het. Hiervoor is daar 'n "kwaliteitskantoor" beskikbaar gemaak. |
808 | GOV-ZA.143598.2010-03-24.af.txt | 16,936 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,938 | As Minister is ek verantwoordelik vir Landbou in die Wes-Kaap en Minister Dugmore is verantwoordelik vir Onderwys, maar saam met die ander lede van die Kabinet is ons verantwoordelik vir die skep van omstandighede waarin elke mens wat in die Wes-Kaap werk en woon en skoolgaan en lewe altyd sal weet dat ons wil hê dat u môre beter moet leef as gister. Met ander woorde ons wil hê dat u hoop moet hê vir die toekoms. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,939 | Ek self het grootgeword in 'n baie arm gesin, waar my pa op die spoorweë gewerk het en waar ek by 'n kerslig moes leer en op die ou einde al in standerd sewe uit die skool uit is. Ek was gelukkig dat daar iemand was wat vir my omgege het en my aangemoedig het om te leer en vandag het ek twee grade agter my naam en was die Here so goed vir my dat ek die Minister van Landbou in die Wes-Kaap is. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,940 | Ek wonder wie van u het al gehoor van "IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL." Ek wil hê die leerders moet dit agter my aan herhaal en dit nie vergeet nie. Sê saam met my IKAPA ELIHLUMAYO" en "'N TUISTE VIR ALMAL. H ierdie is twee begrippe wat die Wes-Kaapse Regering baie ernstig oor is en net soos wat onderwyser en leerder en plaas en plaaswerker nie los van mekaar kan wees nie, kan ons ook nie hierdie twee gedagtes losmaak van mekaar nie. Dit vorm 'n eenheid met die visie van die regering om aan elkeen van u nuwe hoop op 'n beter lewe te gee. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,941 | Ons sê die Wes-Kaap moet 'n ware Wêreldklasprovinsie wees en ons wil ons jeug bemagtig om wêreldwyd mee te ding. Ons wil hê julle as leerders moet goeie slaagsyfers behaal in Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie sodat julle eendag die leiers in die wêreld kan wees. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,942 | Aan die ouers en senior mense hier teenwoordig wil ek sê dat geen land kan bekostig om agter te raak met die onderrig van sy kinders nie. Geen nasie kan toelaat dat sy toekomstige geslagte grootword met enigiets behalwe die heel beste geleenthede wat gebied kan word nie. Uitnemendheid in onderwys is nie 'n luukse nie, maar 'n absolute noodsaaklikheid as ons die toekoms van ons provinsie en van ons mense in die Wes-Kaap wil verseker. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,943 | In vergelyking met die meeste ander lande - en veral met ons hoofhandelsvennote is die standaard van Wetenskap, Wiskunde en Tegnologie en Suid-Afrikaanse skole maar bra power. Tog is dit juis hierdie vakke wat ekonomiese groei, bemagtiging en ontwikkeling aandryf. Ons is laaste op die lys van 39 deelnemende lande in Wiskunde- en Wetenskapgeletterdheid vir graad 8, en die swak slaagsyfer in matriekwiskunde en -wetenskap op hoër graad veroorsaak groot kommer. 'n Deel van die probleem is die wyse waarop hierdie kwessies in die verlede aangepak is. Te dikwels moes onderwysdepartemente te veel vir te veel leerders doen met te min hulpmiddele. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,944 | Die rol van ouers is al eeue terug gedefinieër toe George Herbert gesê het; " Een vader is meer werd as honderd skoolmeesters" en Napoleon Bonaparte het gesê: "Die kind se bestemming is altyd die ma se werk." Daar is selfs 'n ou chinese spreekwoord wat lui; " Dit neem 'n hele dorp om 'n kind op te voed." |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,945 | Wat is die rol van die ouer in die skep van 'n wêreldklas onderwysstelssel in 'n wëreldklas provinsie As ouer begin u verhouding met die skool op die dag wat u kind geregistreer word by 'n spesifieke skool. Dan is dit nie die staat wat die verantwoordelikheid opneem nie - u kind bly nog steeds u verantwoordelikheid en is dit nog steeds u taak om u kultuur, familie-en-gesinswaardes, morele standaarde en beginsels na u kind en of kinders oor te dra. Die staat het die verantwoordelikheid om 'n behoorlike onderwys grondslag vir u kind te lê. Ons as samelewing moet dus nie ons verantwoordelikhede teenoor ons kinders ontduik nie. Soos wat GK Chesterton gesê het: Opvoeding is bloot die siel van 'n samelewing wat van een generasie na 'n ander oorgeplaas word.? |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,946 | Die totstandkoming van hierdie wonderlike fasiliteit, waar leerders toegang sal hê tot rekenaars en boeke, is 'n sprekende voorbeeld van die resultate wat behaal kan word deur die proses van mede eienaarskap. As dit nie was vir die betrokkenheid en die bydrae van die departement van Onderwys en die bydrae van die departement van Landbou onder leiding van Me Joyene Isaacs nie, sou ons nie hierdie sentrum kon open nie. Baie dankie vir u toewyding aan hierdie projek en die ruim bydrae wat u gelewer het om nuwe geleenthede aan die leerders van hierdie skool te bied. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,947 | Mede eienaarskap beteken ook mede verantwoordelikheid en daarom wil ek 'n beroep doen op elke leerder, onderwyser en ouer om jaloers te waak oor die instandhouding en versorging van elke apparaat in die sentrum. Hierdie sentrum is een van die geleenthede wat geskep is waardeer ons die ongeregtighede van die verlede kan aanspreek in ons poging om die speelveld gelyk te maak. Kom ons herinner onsself aan die spreekwoord wat sê: Die pen is magtiger as die swaard. Kom ons rus onsself toe vir die toekoms deur die elektroniese pen op te neem en rekenaarvaardig te word, en onsself te verryk deur die geskrewe woord, wat ons gedagtes moet vul om skeppend en vernuwend te dink. |
809 | GOV-ZA.144922.2010-03-24.af.txt | 16,948 | Weereens, aan die hoof, personeel, beheerraad en leerders, mag julle baie vreugde uit hierdie sentrum put, en aan die bydraers tot die projek wil ek namens die regering baie dankie sê vir die hulp om die tuiste vir almal toe te rus. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,950 | Geagte programdirekteur, agbare Burgemeester Maree, Burgemeester Clarence Johnson, Mnr Nosey Pieterse, Amptenare van die Departement van Landbou, ander Protokol waargeneem, Dames en Here, Ek het die afgelope twee jaar by 'n groot aantal byeenkomste opgetree waar ek met plaaswerkers, oor plaaswerkers, van plaaswerkers, en selfs namens Plaaswerkers gepraat het. Daar was ook verskeie geleenthede waar ons direkte erkenning verleen het aan plaaswerkers tydens plaaswerker van die jaar kompetisies. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,951 | Die meeste van u is bewus van my eie "commitment" ten opsigte van die welstand van plaaswerkers en die stappe wat ek saam met die regering van die Wes-Kaap geneem het om die Strategiese Plan vir die Plaaswerker Gemeenskap die lig te laat sien, en die vordering wat ons reeds gemaak het met die interdepartementele komitee, om uitvoering te gee aan die aanbevelings van die Strategiese plan. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,952 | Ek glo dat ons vandag nog 'n mylpaal bereik met die ondertekening van hierdie ooreenkoms. Daar is verskeie redes wat ek kan aanvoer hoekom dit so is, maar die belangrikste vir my, is die feit dat u besig is om aan te toon dat u nie soos 'n dobberende skippie op die oseaan wil wees nie, maar dat u soos 'n kragtige boot met 'n skipper aan die stuur, 'n koers ingeslaan het om toe te sien dat u by 'n bestemming kan aankom. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,953 | Dit is ongelukkig so dat plaaswerkers weens 'n legio van redes in so 'n diep groef verval het, waarin hulle so gewoond geraak het dat almal namens en vir hulle dink en praat, dat hulle die vermoë verloor het om vir hulle eie regte op te staan. Dit is lankal tyd dat plaaswerkers ook self vir hulle eie regte opstaan en op 'n verantwoordelike wyse vir hulle regte sal veg. Hierdeur bedoel ek nie dat u 'n pad van konfrontasie moet inslaan nie, maar dat u uself sal organiseer om op 'n geordende wyse na sake wat u lewe raak, sal omsien. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,954 | Ek wil my verstout om te sê dat u egter 'n slegte begin gehad het met diegene wat nie daarop ingestel was om die belange van plaaswerkers te dien nie, maar wat in die omstandighede van plaaswerkers 'n geleentheid gesien het om eie belang te soek en wat rondgeloop het met hulle eie agendas en dus van die staanspoor af die mense gefaal het vir wie 'n verteenwoordigende organisasie veronderstel is om te werk, naamlik, sy lede. U was besig om uself uitmekaar te skeur en gevolglik totaal oneffektief en irrelevant te wees. Die gevolg daarvan was dat u u eie saak skade berokken het en weereens aan plaaswerkers die beeld gegee het van 'n klomp onbeholpe skepsels wat nie regtig weet hoe om na hulle eie sake om te sien nie. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,955 | In die aanhef tot hierdie ooreenkoms erken u die u verdeel is en dat u daardeur oneffektief is en nie sake soos uitsettings, onbillike arbeidspraktyke en behuising na behore kan aanspreek nie. Dit is dan ook om hierdie rede dat ek met u in gesprek getree het om u huis in orde te kry en u behoorlik te organiseer sodat u almal in dieselfde koor sal sing wat suiwer klanke namens u lede sal voortbring. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,956 | Dit is slegs wanneer u in 'n verenigde front namens u lede sal optree, wat u 'n verskil sal kan maak aan die omstandighede en die uitdagings wat in hierdie dokument vervat is. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,957 | Ek wil u versoek om moeite te maak om op hoogte te kom van die inhoud van die Strategiese Plan vir Plaaswerkers, aangesien dit nie in sy wese verskil met die probleme wat u dokument aanspreek nie. Dit is nie nodig vir u om weer die wiel te ontdek nie, want die meeste van u was deel van die proses wat ons by die plan uitgebring het. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,958 | U het nie net 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die regte van 'n bepaalde groep mense in die samelewing nie, maar u het ook 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die sektor van die ekonomie waarin die plaaswerkers hulle brood moet verdien. U moet dus terselfdertyd so optree dat u ook Landbou in sy geheel kan dien en help uitbou en daarom moet u optrede altyd van so 'n aard wees dat u nie die beeld van Landbou sal skaad nie. Dit beteken ook dat u 'n verantwoordelikheid het om aan die verhouding tussen werkgewer en werknemer te bou. U moet nie produsente en boere as u vyand beskou nie. U moet weet en verstaan dat net soos wat boere hulle werkers nodig het, so het plaaswerkers boere nodig om 'n inkomste te hê. Ek maak dit vandag u verantwoordelikheid om u te beywer vir beter werksomstandighede deur beter verhoudings. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,959 | Hierdeur sê ek nie dat u nou soos 'n Bulldog sonder tande moet wees nie, maar u weet dat ons binne die Landbou familie eerder met mekaar om die tafel sit en praat as wat ons deur die koerante en die nuusmedia met mekaar gesels. U gaan baie verder kom deur konsultasie as wat u deur konfrontasie en sensasie gaan kom. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,960 | Ek wil 'n verdere beroep op u doen, naamlik dat hierdie dokument nie net 'n dooie stukkie papier sal wees met 'n paar handtekeninge daarop wat na die ondertekening vandag, iewers vergete gaan lê nie, maar dat dit 'n lewende dokument sal wees wat u elkeen jaloers oor sal waak om seker te maak dat u die ondernemings wat hierin vervat is, gestand sal doen. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,961 | Ek wil afsluit deur u geluk te wens met die groot tree vooruit om die mense te dien wat agtergebly het in die nuwe Suid-Afrika en vir u te vra dat u dit in u harte sal inbrand dat u nie daar is om uself te dien nie, maar dat u daar is om saam met ons 'n bydrae te lewer om die kwaliteit van lewe van plaaswerkers te verbeter sodat hulle ook volwaardige huisgenote sal wees in die tuiste vir almal in die Wes-Kaap. |
810 | GOV-ZA.144930.2010-03-24.af.txt | 16,962 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,964 | Op 'n meer ernstiger noot wil ek namens die Departement van Landbou weereens beklemtoon hoe belangrik hierdie kompetisie vir ons as departement is. Hierdie kompetisie is 'n bewys dat produsente en privaat instansies ook aan u as plaaswerkers erkenning wil gee vir die bydrae wat u lewer om landbou in stand te hou en so ook n groot bydrae lewer tot die ekonomie van die Provinsie. Ek glo ook dit dra aan u as plaaswerkers 'n boodskap oor dat u 'n integrale deel is van Landbou en dat die bydrae wat u lewer, nie ongesiens verbygaan nie. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,965 | Dit is egter nie net omdat u 'n belangrike bydrae lewer tot die ekonomie van die Wes-Kaap, dat ons na u wil omsien nie, maar ook omdat ons glo dat u volwaardige burgers van hierdie Provinsie en die land is dat u geregtig is daarop om ook as gelykes behandel te word. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,966 | Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutel areas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,967 | As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,968 | Die terugvoer wat ek gekry het van die beoordelingspaneel is dat die 122 deelnemers aan die kompetisie baie bewus is van die aspekte wat ek nou genoem het. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,969 | Ek glo dat die feit dat daar verlede jaar 44 inskrywings vir die kompetisie was en vanjaar 122, is 'n bewys dat u ernstig is oor u eie prestasie en bydrae tot u plaas se sukses. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,970 | Die groot vraag is egter, hoeveel van die 202 949 permanente werknemers op Wes-Kaapse plase is bewus van die belangrikheid wat hierdie afdelings in die sukses van die boerdery-aktiwiteite speel en dus ook in die sukses van u plaas en watter rol dit in die provinsie se ekonomie speel. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,971 | Dit is nie net die Regering se plig om na u om te sien nie, maar ons het elke produsent en elke besigheid wat 'n voordeel uit Landbou en sy werkers trek, se samewerking nodig om na u en u 1.5 miljoen afhanklikes se totale welstand om te sien. Daarom wil ek ook dan sommer nou vir Sanlam wat die hoof borg van ons kompetisie vir plaaswerkers is, baie dankie sê. So ook vir Paarlberg BMW en Kaap-Agri, Pakmateriaal, vir u bydrae. Die Produsente wat aan hulle werkers die geleentheid gebied het om deel te neem, is 'n voorbeeld vir hulle ander kollegas. Ek glo hulle doen dit nie om net te spog met hulle plase nie, maar hulle doen dit omdat hulle daartoe verbind is om aan u ook die geleentheid te bied om u magic aan ander ten toon te stel. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,972 | Baie van u weet dat plaaswerker aangeleenthede een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap is. Dit is juis onder die Subprogram, plaaswerkerontwikkeling dat ons ook n bydrae lewer tot die kompetisie. Die doel van die spesifieke program in die Departement is egter baie meer as net kompetisies. Ons het hierdie afdeling ingestel met die spesifieke doel om dienste, veral sosio-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,973 | Toe ek verlede jaar hier by u was, was ons nog besig om 'n strategiese plan vir plaaswerkers op te stel. Daardie program is in Desember deur die Wes-Kaapse Kabinet goedgekeur. Die program bevat prakties uitvoerbare prosesse wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswerkers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. Ons wil hê dat u saam met ons moet hoop hê vir die toekoms. Die President het vroeër die jaar tydens die opening van die parlement daarna verwys toe hy gesê het dat ons nou na die eerste tien jaar van die nuwe Suid-Afrika 'n nuwe seisoen van hoop binnegaan. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,974 | Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,975 | Ons wil ook hê dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. 'n Goed toegeruste werker kan 'n positiewe bydrae lewer tot die aktiwiteite op die plaas. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,976 | As minister is ek nie net baie ernstig oor die welstand van alle plaaswerkers en die bevordering van u lewensomstandighede nie. Ek en die Regering wil hê dat u ook beter toegerus moet wees deur middel van opleidingsprogramme wat ons by die Departement aanbied. Ek kan u ook die versekering gee dat die produsente van hierdie streek net soos ons wil hê dat u beter opgelei moet word. U weet dat hulle sê kennis is mag. Wanneer jy toegerus is met kennis kan jy soveel meer bydra tot die sukses van die boerdery waarby jy betrokke is. Meer nog, jy kan jouself beter laat geld in die werkplek en jy kan vir jouself 'n beter toekoms uitkap. Ook hier is dit verblydend om te verneem dat daar baie van u is wat aan die kompetisie deelgeneem het, wat graag meer wil bereik as net die huidige posisie waarin u op die plaas is. Daar is reeds van u wat van verlede jaar af tot nou toe, groot vordering in u werk gemaak het. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,977 | Ek weet daar is baie produsente wat gebruik maak van die fasiliteite en opleidingsprogramme wat op Elsenburg aangebied word. Hier is selfs 'n paar van u aan wie ek verlede jaar sertifikate oorhandig het na die voltooiing van die modulêre kursus in wingerdbou. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,978 | Ons wil hê dat u gebruik moet maak van die wye verskeidenheid van opleidingsprogramme wat ons op Elsenburg aanbied. Hierdie kursusse wissel vanaf kort vaardigheidskursusse tot 'n Sertifikaatkursus in Landbou (NKR vlak 1), 'n Diploma in Landbou en die graad B. Agric. Areas van spesialisasie in hierdie programme strek vanaf Diereproduksie, Plantproduksie, Landboubesigheidsbestuur, Huishoudkunde, Keldertegnologie, Gemeenskap- en Landbouvoorligting tot Hulpbronbenutting. In hierdie verband wil ek dit onomwonde stel dat Elsenburg 'n toonaangewende landbou-onderwys en -opleidingsinstituut in die land is. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,979 | Aan die deelnemers wil ek sê baie dankie dat julle deelgeneem het. Ek glo dat die kompetisie vir julle elkeen van besondere waarde was en dat julle elkeen 'n rol te speel het op die plase waar julle werk en in die gemeenskappe waar julle woon, ook om 'n positiewe beeld van Landbou onder ons mense te kweek. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,980 | Aan die wenners wil ek sê, julle het nou gewys wat in julle steek. Dit is julle verantwoordelikheid om julle mede werkers aan te spoor om ook na die beste te strewe, om wenners te word. Baie dankie aan al die borge en persone wie 'n bydrae gelewer het om van die kompetisie 'n sukses te maak. Nogmaals baie geluk aan die wenners. Mag dit die begin wees van nog groter dinge vir julle binne die tuiste vir almal. |
811 | GOV-ZA.144936.2010-03-24.af.txt | 16,981 | Ek hoor terloops daar was 'n vraag waar u moes sê wat u aan Cobus Dowry sou sê indien u die geleentheid kry. So die van u wat dalk gewag het vir daardie geleentheid kan dit gerus maar kom doen terwyl ek nou vanaand hier is. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,983 | Augustus/September 2006, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,984 | Mei/Junie 2006, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,985 | April/Mei 2006, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,986 | Desember/Januarie 2006, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,987 | November/Desember 2005, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,988 | September/Oktober 2005, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,989 | Augustus/September 2005, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,990 | Junie/Julie 2005, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,991 | Februarie/Maart 2005, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,992 | November 2004, Vol. |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,993 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
812 | GOV-ZA.146391.2010-03-24.af.txt | 16,994 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 16,996 | Dié artikel gee ouers inligting oor Skoolbeheerrade: wat dit is, wat hulle doen en wie deelneem. Dit sit ook ouers se rolle en verpligtinge uiteen in die bestuur van die skool. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 16,997 | Wat is 'n Skoolbeheerraad? |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 16,998 | Wie neem deel aan die SBR? |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 16,999 | Wat is die funksies van die SBR? |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,000 | Die Skolewet sê almal wat 'n belang het by onderwys moet verantwoordelikheid aanvaar vir die organisering van skole, en wys daarop dat ouers en lede van plaaslike gemeenskappe dikwels die beste inligting het oor wat 'n skool regtig nodig het en watter probleme ondervind word. Dit is hoekom elke staatskool 'n beheerraad moet hê. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,001 | Elke Skoolbeheerraad (SBR) het beheer oor die bestuur van die skool. In n skool wat geregistreer is as 'n artikel 21-maatskappy, is die SBR ook verantwoordelik vir die skool se geldsake? |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,002 | opsionele gekoöpteerde lede wat nie stemreg het nie (byvoorbeeld lede van die gemeenskap, of die eienaar van die skoolterrein). |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,003 | Jy kan ander ouers op 'n SBR verteenwoordig as jy genomineer is en ouers vir jou gestem het. Die meerderheid stemgeregtigde lede van die SBR moet ouers wees. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,004 | Die skoolhoof sal ouers inlig oor SBR-verkiesings. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,005 | Besluit oor 'n toelatingsbeleid vir die skool. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,006 | Besluit oor die taalbeleid van die skool. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,007 | Besluit oor watter godsdienspraktyke by die skool gevolg sal word. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,008 | n Gedragskode aanvaar vir leerders wat dissiplinêre prosedures uiteensit. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,009 | Al die besluite en beleide moet ooreenstem met nasionale beleid. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,010 | n Grondwet aanvaar wat uiteensit hoe die SBR sal werk. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,011 | n Skoolmissieverklaring opstel wat die waardes en oortuigings van die skool uiteensit. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,012 | Besluit hoe lank die skooldag sal wees. |
813 | GOV-ZA.14675.2010-03-24.af.txt | 17,013 | Die skool se eiendom, geboue en terrein bestuur. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.