document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
303 | GOV-ZA.114506.2010-03-02.af.txt | 14,004 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
303 | GOV-ZA.114506.2010-03-02.af.txt | 14,005 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
304 | GOV-ZA.114506.2010-03-24.af.txt | 14,007 | Op 4 Junie 2005 het die Wes-Kaapse Taalkomitee 'n sertifikaatplegtigheid gehou aan die einde van die vyf-jaar navorsingsproses oor Khoisantale. Die behoefte aan dié navorsing is in November 2000 uitgeken by Poem se Voetrus naby Oudtshoorn. Oor die afgelope vyf jaar het lede van die Khoisangemeenskap in die Wes-Kaap deelgeneem aan navorsing oor Khoisantale en 18 slypskole oor die Namataal is in ses verskillende streke van die provinsie gehou. Die vyf-jaarproses het uitgeloop op die uitgee van 'n navorsingsverslag oor die Khoisantale en 'n boekie en CD wat 'n basiese inleiding tot die Namataal bevat. |
304 | GOV-ZA.114506.2010-03-24.af.txt | 14,008 | Op 13 en 14 November 2005 sal die Taalkomitee raadplegende samesprekings voer met verteenwoordigers van die Khoisangemeenskappe wat deelgeneem het aan die bogenoemde prosesse om hulle insette te kry oor 'n langtermyn (drie tot vyf jaar) stategie vir die verdere bevordering en ontwikkeling van Khoisantale in die Wes-Kaap. Dié strategië moet voortbou op wat gedoen is in die eerste vyfjaarproses, en moet besluit hoe die materiaal gebruik kan word. |
304 | GOV-ZA.114506.2010-03-24.af.txt | 14,009 | Verteenwoordigers van PanSATR (Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad), die Nasionale Khoe- en Santaalligaam en Me Nomvula Mbangela, die Departement van Kuns en Kultuur se koördineerder vir die Noord-, Wes- en Oos-Kaap, sal genooi word om hulle insette te gee in 'n poging om bande en samewerking te versterk tussen die verskillende organisasies. |
304 | GOV-ZA.114506.2010-03-24.af.txt | 14,010 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,012 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,013 | Jy kan beswaar maak teen 'n aansoek om 'n dranklisensie. |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,014 | Daar word van enigiemand wat drank wil verkoop, vervaardig of versprei, verwag om oor 'n dranklisensie te beskik. |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,015 | Die oogmerk van die tavernelisensiëring inisiatief is om die eienaars van sjebiens en mense wat ongelisensieerde drinkplekke bedryf, aan te moedig om hulle ondernemings wettig te maak. |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,016 | As 'n gelisensieerde handelaar 'n ergernis veroorsaak, kan dit strydig met die Drankwet of die voorwaardes van die lisensie wees. 'n Klagte moet by die polisie ingedien word wat stappe teen die handelaar sal doen. Waar 'n gemeenskapsorganisasie, byvoorbeeld 'n gemeenskapspolisiëringsforum of belastingbetalersvereniging, in 'n... |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,017 | Dit is belangrik dat die publiek bewus sal wees van dranklisensie-aansoeke wat oorweeg word sodat hulle besware kan indien. Vir hierdie doel publiseer die Wes-Kaapse Drankraad 'n maandelikse lys van inkomende aansoeke. |
305 | GOV-ZA.11453.2010-03-24.af.txt | 14,018 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
306 | GOV-ZA.11456.2010-03-24.af.txt | 14,020 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
306 | GOV-ZA.11456.2010-03-24.af.txt | 14,021 | Indien jy 'n slagoffer van huishoudelike mishandeling is en jou mishandelaar is iemand met wie jy in 'n huishoudelike verhouding verkeer, kan jy ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld aansoek doen om 'n beskermingsbevel. 'n Beskermingsbevel bevat voorwaardes wat dit wat die mishandelaar... |
306 | GOV-ZA.11456.2010-03-24.af.txt | 14,022 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,024 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,025 | Indien u nie 'n prokureur kan bekostig nie, kan u regshulp ontvang (finansiële bystand vir die betaling van prokureurskoste). U sal 'n 'middeletoets' moet slaag, wat beteken dat u moet toon dat u minder as 'n bedrag wat deur die Regshulpraad vasgestel word, verdien. Die... |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,026 | As jy 'n getuie is en vrees vir jou veiligheid weens redes wat verband hou met jou getuienis, kan jy aansoek doen om getuiebeskerming. Jy kan vrese hê oor jou veiligheid of dié van iemand wat verwant is aan jou. Jy kan bang wees vir... |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,027 | Howe vir Klein Eise hanteer siviele aangeleenthede waar die eis minder as R7000 is. Die howe is bedoel om die hofproses vinniger en goedkoper te maak. |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,028 | Munisipale Howe hanteer hoofsaaklik die vervolging van verkeersoortredings en oortredings van munisipale regulasies, soos dié vir:sonering en bouwerk, waterbesoedeling, afvalbestuur, lugbesoedeling, vuurwerke, informele handeldryf, parkering. |
307 | GOV-ZA.11458.2010-03-24.af.txt | 14,029 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,031 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,032 | Tydens 'n noodgeval kan jy telefonies hulp ontbied. 'n Enkele gratis noodnommer na een oproepsentrum vir die hele Suid-Afrika word tans in werking gestel. Wanneer die oproepsentrum gereed is, sal jy 112 kan skakel vir enige noodgeval op enige plek in Suid-Afrika. Jy kan reeds... |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,033 | Die Kaapstadse Stadspolisie (KSP) is 'n munisipale polisiediens. Die hooffunksie van die KSP is sigbare polisiëring. Hulle voer ook arrestasies uit en reik boetes uit vir alle tipes oortredings. Dit kan ernstige misdade, verkeersoortredings en oortreding van munisipale regulasies binne die Stad Kaapstad behels. |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,034 | Indien u 'n slagoffer van misdaad is, is u heel moontlik getraumatiseer. In die verlede was 'n polisiestasie nie 'n plek waar slagoffers, veral van geweldsmisdade, op hulle gemak verklarings by die polisie kon aflê, of berading kon ontvang vir die trauma wat hulle ervaar... |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,035 | Polisiereserviste is vrywilligers uit die gemeenskap wat dieselfde magte en pligte as die polisie het terwyl hulle aan diens is. Om 'n polisiereservis te wees, moet hy nie 'n misdaadgeskiedenis het nie, en moet jy minstens matriek geslaag het. |
308 | GOV-ZA.11460.2010-03-24.af.txt | 14,036 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,038 | Laat my toe om reg aan die begin die organiseerders van hierdie kompetisie te bedank dat u ook op hierdie wyse erkenning gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat die plaaswerker tot die volhoubaarheid en groei van die landbou lewer. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,039 | Baie dankie ook aan Sanlam wat aktief betrokke is by die kompetisie en ons vennote geword het in die aanbied van die kompetisie en dan ook weer die aand borg. Hierdie is die vierde en laaste streeks- kompetisie voor die provinsiale kompetisie wat op 27 Oktober sal plaasvind. En waartydens die Premier ook teenwoordig sal wees. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,040 | Dit is verblydend om te sien dat die kompetisie gegroei het van die eerste kompetisie wat in 2002 in die Hexvallei begin het en nou so ontwikkel het dat dit dit werklik een van die hoogtepunte op ons jaarlikse Landbou kalender is. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,041 | Ek was vroër vanjaar by 'n vergadering van die Kwaggaskloof landbouvereniging by Brandvlei kelder, en die kommentaar oor die ontwikkeling van hulle eie soortgelyke kompetisie was duidelik: Laat julle werkers aan die kompetisie deelneem, want dit het so 'n geweldige positiewe invloed op die deelnemers, dat hulle outomaties optree as motiveerders van hulle mede plaaswerkers. Moenie bang wees dat jy jou goeie werkers gaan verloor nie, dink eerder aan die goeie invloed wat hulle kan uitoefen. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,042 | Voorsitter voordat ek voortgaan wil ek net eers handel met 'n saak wat weer eens hierdie week sy kop uitgesteek het, en dit is die onverantwoordelike optrede en leuens wat die wêreld ingestuur word oor onwettige afsettings van werkers van plase af. 'n Raadslid het 'n verdraaide storie aan die pers gegee oor beweerde onwettige afsettings van 'n plaas in die Ceres omgewing wat tot gevolg gehad het dat die televisie en radio onmiddelik die volgende oggend op die plaas opgedaag het om sensasie te maak. Hulle moes egter onverrigter sake terugkeer, want daar was nie 'n storie nie. Die feit is egter dat sulke onverantwoordelike optrede Landbou in sy geheel skade doen en die verkeerde beeld van Landbou in die Wes-Kaap die wêreld instuur. Ek het 'n werkswyse met beide Georganiseerde Landbou en die Departement van Grondsake oor die hantering van klagtes. Ek kan vir u die versekering gee dat ons onmiddelik elke klagte wat ons ontvang, vanuit my kantoor opvolg, omdat die welstand en billike behandeling van plaaswerkers vir ons uiters belangrik is. Ek sal egter ook nie toelaat dat die beeld van Landbou onnodig geskaad sal word deur die onverantwoordelike optrede van mense wat hulle eie politieke agendas het nie. U weet wat my standpunt is, naamlik dat boere nie sonder plaaswerkers kan klaarkom nie, maar dat die plaaswerker net soveel die boer nodig het. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,043 | Dit het tyd geword dat, hierdie onverantwoordelikes moet besef dat hulle vir hulle 'n ander sektor moet gaan soek om sensasie te wek. Vir ons in Landbou is die verhouding tussen werkgewer en werknemer van kardinale belang en ons sal jaloers daaroor waak. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,044 | Voorsitter daar kan met reg gevra word hoe belangrik is die plaaswerker vir die Regering van die Wes-Kaap en, meer spesifiek dan, vir die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Om vir u aan te dui, haal ek graag vir u aan uit die my toespraak tydens die Landbou begrotingsdebat. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,045 | Soos u bewus is, staan Landbou ook nou "pa" vir die omstandighede van die plaaswerkers van hierdie Provinsie. Verskeie provinsiale en streeksindaba's is gehou om 'n stem aan die plaaswerkers te gee en vanjaar se begroting van sowat R7 miljoen sal aangewend word om hul bekommernisse deur middel van projekte aan te spreek. Op hierdie manier verseker ons ook dat die Wes-Kaap 'n tuiste vir die meer as 220 000 plaaswerkers en hul families is. Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ander rolspelers soos Gesondheid, Onderwys en Maatskaplike Dienste uit te daag om na die tafel te kom met inisiatief en vasberadenheid om hierdie groep, wat vir so lank aan die agterste speen gesuig het, op te lig en volwaardig deel te maak van die Wes-Kaap tuiste". |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,046 | Voorsitter dit is by baie van u bekend dat die belangrikheid van die welstand van die plaaswerker en sy gesin vir my, my genoop het om te vra dat ons as 'n vertrekpunt 'n plaaswerker indaba sal hou en daarna nog 5 streeks konferensies, waartydens ons met plaaswerkers en alle ander rolspelers 'n oop en eerlike gesprek sou voer. Dit het plaasgevind en daarna is daar 'n verslag opgestel wat onlangs voor die kabinet gedien het. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,047 | Met plaaswerkeraangeleenthede as een van die hoofprioriteite, het die Department Landbou: Wes-Kaap nou verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosiaal-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,048 | Ten einde die subprogram Plaaswerker aangeleenthede in staat te stel om effektiewe uitvoering aan sy koördineringsfunksie te gee, is die behoefte deur die betrokkenes uitgespreek dat 'n proses van strategiese besinning moet plaasvind, wat sal uitloop op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne, prioriteit sal geniet. Hierdie dokument het nou so pas op my lesenaar geland en ons sal nou voortgaan met die verdere ontwikkeling van die plan. Hierdie strategiese plan sal ook voor die provinsiale kabinet dien, want dit is nodig dat ons die ander departemente soos onderwys, gesondheid, maatskaplike dienste en vervoer betrek om u omstandighede aan te spreek en te verbeter. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,049 | Ons wil hê dat die proses waarin ons die kwaliteit van lewe van plaaswerker wil verbeter een sal wees van MET MENSE, VIR MENSE. Met ander woorde, diegene vir wie daar beplan word, dit is u, is vanaf die begin en sal tot die einde deel van die beplanningsproses wees. Op hierdie manier wil ons sorg dat almal mede-eienaarskap van die Plan neem, wat weer die suksesvolle uitvoer daarvan sal verseker. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,050 | In lyn met die gees en doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe, en spesifiek dié van die Wes-Kaapse premier, premier Ebrahim Rasool, word met hierdie proses beoog om die plaaswerkergemeenskap te ondersteun om beheer oor julle eie lewens en toekoms te neem sodat julle as demokratiese agente die Wes-Kaap kan help omskep in 'n tuiste ook vir die plaaswerkergemeenskap. Die proses en plan moet gedryf word deur die basis waarop Ikapa Elihlumayo gebou is, naamlik waardigheid, billikheid, en welvaart. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,051 | Dit is kompetisies soos hierdie, wat meehelp om aan ons plaaswerker gemeenskap 'n boodskap oor te dra dat hulle 'n integrale deel is van Landbou en dat die bydrae wat die plaaswerker lewer nie ongesiens verbygaan nie. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,052 | Aan die deelmemers wil ek sê baie dankie dat julle deelgeneem het. Ek glo dat die kompetisie vir julle elkeen van besondere waarde was en dat julle elkeen 'n rol te speel het op die plase waar julle werk en in die gemeenskappe waar julle woon ook om 'n positiewe beeld van Landbou onder ons mense te kweek. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,053 | Aan die wenners wil ek sê, julle het nou gewys wat in julle steek. Dit is julle verantwoordelikheid om julle mede werkers aan te spoor om ook na die beste te strewe, om wenners te word. Ons wil hê dat julle julle verder sal bekwaam om vordering te maak. Landbou en plaaswerk moet nie maar net 'n job wees wat jy doen om aan die einde van die week 'n loon te ontvang nie, dit moet vir jou 'n loopbaan wees waarin jy kan vorder om ook uiteindelik 'n senior bestuurder te word, of meer nog, jou eie plaas te besit. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,054 | Ek self het my loopbaan as 'n plaaswerker begin net soos my pa en kan vanaand onomwonde sê dat die omstandighede van die meerderheid plaaswerkers aansienlik verander het sedert daardie jare. Vandag is daar meer geleenthede, vandag is daar spesialis gebiede. Vandag word daar beter gesorg vir ons mense en is ek trots, veral op die vroue deelnemers van wie daar selfs wenners is. Dit sê baie vir u deursettingsvermoë en dit bevorder die beeld van die Wes-Kaap. |
309 | GOV-ZA.114602.2010-03-24.af.txt | 14,055 | Baie dankie aan al die borge en persone wie 'n bydrae gelewer het om van die kompetisie 'n sukses te maak. Nogmaals baie geluk aan die wenners. Mag dit die begin wees van nog groter dinge vir julle binne die tuiste vir almal. |
310 | GOV-ZA.11470.2010-03-24.af.txt | 14,057 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
310 | GOV-ZA.11470.2010-03-24.af.txt | 14,058 | Die WKOD hou 'n databasis van skole en sentrums in die provinsie in stand. Jy kan hierdie databasis aan die hand van die volgende indekse deursoek:naam van skool, taal van onderrig, voorstad of dorp, onderwysdistrik, tipe skool (primêr, ens.), vakke aangebied (grade 8 tot 12),... |
310 | GOV-ZA.11470.2010-03-24.af.txt | 14,059 | Leerders begin gewoonlik met graad 1 aan die begin van die jaar waarin hulle sewe word. Kinders mag 'n jaar vroeër met graad 1 begin as die WKOD se assessering toon dat hulle skoolgereed is. |
310 | GOV-ZA.11470.2010-03-24.af.txt | 14,060 | Kinders begin gewoonlik met graad 1 in die jaar waarin hulle sewe jaar oud word. Kinders wat gedurende die jaar ses jaar oud word, kan begin skoolgaan indien daar aangetoon kan word dat hulle gereed is vir die skool. |
310 | GOV-ZA.11470.2010-03-24.af.txt | 14,061 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
311 | GOV-ZA.11473.2010-03-02.af.txt | 14,063 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
311 | GOV-ZA.11473.2010-03-02.af.txt | 14,064 | Die Umsobomvu Jeugwebtuiste bevat besonderhede oor talle loopbaangeleenthede en die studie-vereistes vir elkeen. |
311 | GOV-ZA.11473.2010-03-02.af.txt | 14,065 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
311 | GOV-ZA.11473.2010-03-02.af.txt | 14,066 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
312 | GOV-ZA.11473.2010-03-24.af.txt | 14,068 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
312 | GOV-ZA.11473.2010-03-24.af.txt | 14,069 | Die Umsobomvu Jeugwebtuiste bevat besonderhede oor talle loopbaangeleenthede en die studie-vereistes vir elkeen. Die inligting sluit in: 'n beskrywing van die loopbaan, persoonlike karaktertrekke wat met die loopbaan ooreenstem, die skoolvereistes (wat vakkeuses insluit), die vereiste tersiëre opleiding, moontlike werkgewers, nuttige inligtingsbronne oor... |
312 | GOV-ZA.11473.2010-03-24.af.txt | 14,070 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,072 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,073 | Voor jy in 'n verkiesing kan stem, moet jy op die Kieserslys geregistreer wees. |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,074 | Voordat jy in die Nasionale of Munisipale verkiesings kan stem, moet u op die Kieserslys geregistreer wees. |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,075 | Nasionale en provinsiale verkiesings vind elke vyf jaar plaas. Die uitslag bepaal wie die land regeer en hoeveel setels elke politieke party in die Parlement sal hê. Dit bepaal ook watter party elke provinsie sal regeer. |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,076 | Die Kieserslys moet so akkuraat en inklusief as moontlik wees, en kiesers se besonderhede moet korrek wees. Dit beteken dat die Kieserslys voortdurend bygewerk moet word. |
313 | GOV-ZA.11485.2010-03-24.af.txt | 14,077 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
314 | GOV-ZA.11489.2010-03-02.af.txt | 14,079 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
314 | GOV-ZA.11489.2010-03-02.af.txt | 14,080 | Die Department oorweeg aansoeke vir permitte om met voertuie op die strand te ry vir die doeleindes van wetenskaplike navorsing, ontspanning, die bedryf van toerisme en toegang tot private eiendom waar daar geen ander toegangspad is nie. Die Department oorweeg ook aansoeke vir lisensies om... |
314 | GOV-ZA.11489.2010-03-02.af.txt | 14,081 | Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word. |
314 | GOV-ZA.11489.2010-03-02.af.txt | 14,082 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
315 | GOV-ZA.11489.2010-03-24.af.txt | 14,084 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
315 | GOV-ZA.11489.2010-03-24.af.txt | 14,085 | Die Department oorweeg aansoeke vir permitte om met voertuie op die strand te ry vir die doeleindes van wetenskaplike navorsing, ontspanning, die bedryf van toerisme en toegang tot private eiendom waar daar geen ander toegangspad is nie. |
315 | GOV-ZA.11489.2010-03-24.af.txt | 14,086 | Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word. |
315 | GOV-ZA.11489.2010-03-24.af.txt | 14,087 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
315 | GOV-ZA.11489.2010-03-24.af.txt | 14,088 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,090 | Ons as regering van die Wes-Kaap is tans met 'n Imbizo program besig en het reeds vandag heeldag, van vroeg vanoggend af hier in u omgewing met verskillende belange groepe ontmoet. Ons aktiwiteite word môre om 8uur op Vredendal voortgesit en sluit Sondag middag op Grabouw af. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,091 | Laat my toe om u eerstens geluk te wens met die verrigtinge vanaand en ook dan spesifiek die 100 jarige feesvieringe wat u op 'n paslike wyse laat plaasvind. Die geskiedenis van water en die Nuyrivier is 'n merkwaardige een wat ook aandui dat die probleme en die uitdagings van toe en nou nog steeds dieselfde is soos blykmyuit die geskiedenis. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,092 | As gevolg van wisselende klimaatsomstandighede en periodieke droogtes was water in die Nuy-omgewing van tyd tot tyd in oorvloed, maar meestal heeltemal ontoereikend en wisselvallig. Dit was dan die oorheersende faktor wat aanleiding gegee het tot die versoek van 11 boere uit die Nuyvallei dat 'n Besproeiingsdistrik hier gestig word. 'n Proklamasie op 31 Mei 1905 verleen toestemming tot die stigting van die Nuyrivier Besproeiingsraad in dieselfde jaar. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,093 | Reeds met die 2de Raadsvergadering in dieselfde jaar word besluit op die bou van 'n Deeldam by Vierde Drif. Hier sou die hele stroom in 2 gelyke dele verdeel word tussen Boonste Besitters en Onderste Besitters. Hierdie Deeldam is offisieël op 30 September 1908 deur John X. Merriman geopen. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,094 | Die belangrikste bron van water vir die Nuyvallei gedurende daardie jare en steeds vandag kom vanaf Keerom in die Montagu distrik. As gevolg van geskille tussen die Raad en Keerom - bewoners oor onreëlmatige verdeling van water, word daar met die De Kock broers van Keerom onderhandel en grond word in dele hier aangekoop teen 18725 pond. Totale onkostes vir hierdie hele projek sou min of meer 35000 pond beloop. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,095 | Reeds in 1920 is beplan om 'n Bewaringsdam by Keerom op te rig, maar eers in 1953 word Keeromdam, 'n private onderneming, gebou teen 'n koste van 152 000 pond met 'n kapasiteit van 1900 miljoen gellings. Die dam word in 1954 voltooi en oorstroom sy walle in Augustus van dieselfde jaar. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,096 | In Januarie 1981 beleef die Nuyvallei die Laingsburg - vloed wat 'n spoor van verwoesting nalaat. Wingerde en landbougrond van onskatbare waarde word verwoes en toegeslik. Om die gehawende Nuyrivier min of meer tot sy oorspronklike loop te kanaliseer sou ± R160 000 beloop. Hiertoe dra die Staat 80% by d.m.v 'n subsidie. As gevolg van toeslikking en groter waterbehoeftes word die wal van Keeromdam gedurend 1889 - 1990 met 3 - 4 verhoog. Die onkoste beloop R1135 000 en die kapasiteit word met ± 3 miljoen m3 vermeerder. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,097 | Dit is duidelik dat daar 'n vennootskap was tussen die mense van die omgewing en die regering van die dag, anders sou daar geen aksie gewees het rondom die belangrike aspek van water nie en ek wil vir u sê dat daardie vennootskap vandag nog net so belangrik is.. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,098 | Die Sagte Vrugte Bedryf met al sy vertakkings is vir die Wes-Kaapse Regering van groot belang aangesien die bedryf in sy geheel 'n baie groot bydrae maak tot die ekonomie van die Provinsie. Nie alleen verskaf die bedryf aan baie mense werk nie, maar is dit ook vir ons 'n advertensie dwars oor die wêreld as gevolg van die vrugte wat op die winkelrakke van meeste lande oorsee te vinde is. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,099 | Die grootste uitdaging vir ons in Landbou is sekerlik die kwessie van bemagtiging in al sy fasette, maar veral die kwessie van grondhervorming en die vestiging van opkomende boere. Ons wil glo dat ons in die Wes-Kaap gerat is om die uitdagings die hoof te bied en dat hoewel die proses stadig begin het, ons in staat sal wees om spoed op te tel. Daar is vir ons twee belangrike beginsels wat moet geld, naamlik dat die vestiging van nuwe boere op so 'n wyse sal geskied dat dit volhoubaar is en tweedens dat ons moet omsien na die welstand van ons kommersiële boere. U het 'n belangrike taak ten opsigte van mentorskap en om te sorg dat die Landbousektor sy belangrike rol in die ekonomie van die Provinsie sal speel. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,100 | In hierdie opsig glo ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap dat een van die hoekstene van landbou se bydrae tot die ekonomie, doelgerigte voorpunt navorsing is, en daarom het ek hierdie jaar byna R46 miljoen vir Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling in die Landboubegroting bewillig. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,101 | Wat navorsing betref is dit belangrik om te beklemtoon dat dit langtermyn van aard is, met uitkomste gerig op die bevordering van die mededingendheid en volhoubaarheid van die landbousektor van die Provinsie, met ander woorde op ekonomiese groei wat weer werkskepping en -instandhouding tot gevolg het. Inligting wat gegenereer word deur die navorsingsaktiwiteite van die Departement, vorm die basis van tegnologie-oordrag en boerdery-ondersteuningsprogramme aan die totale landbougemeenskap van die Provinsie. Ons het dit as volg opgedeel. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,102 | R25,4 miljoen word aangewend vir die befondsing van direkte navorsing, waarvan R9,8 miljoen spesifiek vir diereproduksienavorsing, R8,8 miljoen vir plantproduksienavorsing en R2,6 miljoen vir hulpbrongerigte navorsing aangewend word. 'n Verdere bedrag van ongeveer R2,0 miljoen word spesifiek geoormerk vir die ontwikkeling en opgradering van navorsingsinfrastruktuur op die sewe proefplase van die Departement. Die rol wat proefplase as buitelug laboratoria speel vir die demonstrasie van beste landboupraktyke, kan nie onderskat word nie. Dit speel ook 'n sleutelrol in die opleiding van die groeiende opkomende landbousektor van die provinsie. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,103 | Ontledings het aangetoon dat die waterverbruik van die Kaapse Metropool binnekort die voorsiening vanuit die beskikbare waterbronne gaan oortref. Kompetisie tussen die verskillende verbruikersektore om die beskikbare water gaan nog toeneem. Die besproeiingssektor is verantwoordelik vir ongeveer 50% van totale huidige verbruik en moet dus betrokke raak by die vind van gebalanseerde oplossings. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,104 | U weet dat ons hierdie jaar die 50ste herdenking van die vryheidsmanifes vier en daarin word die regte van elke Suid-Afrikaner uitgestippel. Die vryheidsmanifes vorm ook die basis van die Grondwet. Ons as Regering in die Wes-Kaap is intens bewus van ons verantwoordelikheid teenoor elke lid van die samelewing en die ideale waarna ons moet streef om die vryheidsmanifes 'n lewende dokument te maak. So onthou ons ook die woorde van Hoofman Albert Luthuli in 1958, toe hy sy visie vir ons land vir die eerste keer beskryf het as 'n "Tuiste vir Almal" Hy het ook gepleit vir die ruimheid van gees en 'n oproep om eenheid onder al ons mense gedoen. Hy het gevra dat ons almal saam sal bou aan 'n toekoms met groter gelykheid, nie-rassigheid, multikulturaliteit, godsdiensverdraagsaamheid, veeltaligheid en nie-seksisme. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,105 | Die Regering van die Wes-Kaap het dit aangegryp en ons eie gemaak en met u 'n kontrak aangegaan in ons visie van "'n Tuiste vir Almal". Met ons visie sê ons dat ons nie mekaar hoef te vrees nie; dat ons verskille en diversiteit nie verdelend hoef te wees nie, maar dat ons juis daaruit moet put om 'n groter eenheid te vorm waarin ons mekaar kan aanvul met die rykheid van dit waaroor ons elkeen beskik. Terwyl ons aan 'n verenigde Provinsie bou, moet daar ruimte wees vir al ons identiteite om verstaan, gerespekteer en gewaardeer te word. Ons moet almal kan sê, dat ongeag ras, klas, geslag, ouderdom, godsdiens, kultuur, taal, etnisiteit, geografiese of seksuele oriëntasie, die Wes-Kaap 'n Tuiste vir Almal is. Die harde werklikheid is dat ons mekaar nodig het en dat nie een van ons op ons eie sal oorleef nie. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,106 | Ek wil vir u dankie sê dat u as kommersiële boere lankal reeds ook besig is om u bydrae te maak om ons te help om te bou aan hierdie tuiste vir almal en dat u nie wegskram van hierdie verantwoordelikheid nie. |
316 | GOV-ZA.114948.2010-03-24.af.txt | 14,107 | Ek wil u sterkte toewens met die volgende 100 jaar en die versekering gee dat ons van die Departement van Landbou se kant af daarna uitsien om die pad saam met u te loop. |
317 | GOV-ZA.11495.2010-03-24.af.txt | 14,109 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
317 | GOV-ZA.11495.2010-03-24.af.txt | 14,110 | Die diens is daarop gemik om kinders van geboorte tot 14 jaar oud wat fisies, seksueel of emosioneel mishandel en verwaarloos is, te identifiseer en te behandel. Kinders wat vermoedelik mishandel is, kan na 'n primêregesondheidsorgkliniek geneem word waar hulle gediagnoseer sal word en berading... |
317 | GOV-ZA.11495.2010-03-24.af.txt | 14,111 | GHKS is 'n strategie wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se afdeling vir kindergesondheid en ontwikkeling en UNICEF ontwikkel is. Dit is in meer as 30 lande wêreldwyd ingevoer om aan siektesyfers en sterftes by kinders jonger as vyf jaar aandag te gee. Die strategie fokus op... |
317 | GOV-ZA.11495.2010-03-24.af.txt | 14,112 | Moeders/versorgers word aangeraai om hulle pasgebore babas na primêregesondheidsorgklinieke te bring vir gereelde ondersoeke. |
317 | GOV-ZA.11495.2010-03-24.af.txt | 14,113 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
318 | GOV-ZA.11497.2010-03-24.af.txt | 14,115 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
318 | GOV-ZA.11497.2010-03-24.af.txt | 14,116 | 'n Chroniese siekte is een wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en hoë bloeddruk (hipertensie). |
318 | GOV-ZA.11497.2010-03-24.af.txt | 14,117 | Die diens is daarop gerig om oogtoestande wat blindheid tot gevolg het, te voorkom en om mense te behandel wat sigprobleme het. |
318 | GOV-ZA.11497.2010-03-24.af.txt | 14,118 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.