document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,230
Kan iemand met MMW TB aanhou werk, en indien nie, kom hulle in aanmerking vir 'n gestremdheidstoelae?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,231
Wanneer die pasiënt gereeld behandel word en nadat die sputum getoets is en wys dat hulle nie meer MMW TB-basille uitskei nie, kan die persoon weer begin werk. Dit neem gewoonlik langer as die gewone tydperk van 2 weke soos met "gewone" TB. Die dokter en TB-verpleërs sal die pasiënt goed dophou en die pasiënt inlig wanneer hulle kan teruggaan werk toe. As die pasiënt beoordeel is en as "fisies onbevoeg" verklaar word deur 'n mediese dokter, kan hulle aansoek doen om 'n tydelike gestremdheidstoelae.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,232
Is daar 'n verband tussen MIV en vigs en MMW TB?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,233
Mense wat MIV-positief is, is meer vatbaar vir gewone TB. Daar is geen bewyse dat MIV-positiewe mense meer vatbaar is vir MMW TB as gewone TB nie.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,234
Besmetting met TB vermeerder ook siektes en vordering (morbiditeit) van MIV, waaronder die verhoging van die sterftesyfer (martaliteit) onder MIV-besmette mense. Daarom is dit uiters belangrik dat TB verhoed en/of so vroeg moontlik opgespoor en behandel moet word by MIV-besmette mense.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,235
Dit is belangrik om te onthou dat selfs as iemand MIV-positief is, TB behandel en genees kan word!
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,236
Kan 'n MIV-besmette persoon of iemand wat met vigs lewe beide MMW TB en Teenretrovirale behandeling terselfdertyd kry?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,237
Die twee behandelings kan saam geneem word. 'n Ervare mediese dokter moet pasiënte op beide terapië goed dophou.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,238
Wat word bedoel met 'n "uitbraak" van MMW TB?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,239
Die uitbraak van enige siekte is per definisie die voorkoms van meer gevalle van die besondere toestand as wat normaalweg verwag wou word in die besondere omstandighede. Die siektegevalle moet epidemiologies verbind word (dit beteken dat mediese personeel in staat is om definitiewe verbindings tussen gevalle vas te stel), teenoor die toevallige voorkoms.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,240
In die geval van 'n uitbraak van MMW TB, hoe word die verdere verspreiding van die besmetting gekeer?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,241
As vermoed word dat 'n MMW TB-geval voorkom, word aktiewe gevalle-opsporing onderneem, m.a.w. ons soek aktief na mense wat die infeksie kon opgedoen het voordat hulle siek by gesondheidsgeriewe aanmeld. Dit word gedoen om die moontlike verspreiding van die infeksie deur tot nog toe ongediagnoseerde mense te beperk. Sputumtoetse vir MMW TB word gedoen en gepaste behandeling word in bevestigde gevalle aangebied.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,242
Terselfdertyd behoort die mense verwyder te word uit die gemeenskap totdat hulle behandeling ontvang het en nie langer aansteeklik is nie.
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,243
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
329
GOV-ZA.115549.2010-03-02.af.txt
14,244
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,246
Dié feiteblad verduidelik wat Multi-Middel Weerstandige TB is en verskaf inligting oor die behandeling en voorkoming daarvan.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,247
Multi-Middel Weerstandige TB, soos "Gewone" TB, kan voorkom en behandelword. Deur vroeg aan te meld by 'n plaaslike gesondheidsgerief en vol te hou met die voorgeskrewe behandeling sal die verdere verspreiding van die siekte gekeer word.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,248
Moedig almal wat meer as 2 weke lank hoes aan om getoets te word vir TB en almal wat behandeling kry om hulle behandeling te voltooi.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,249
Hoeveel mense in die Wes-Kaap Provinsie word geraak deur MMW TB?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,250
Wat is die simptome (klagtes) van mense met MMW TB?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,251
Kan iemand met MMW TB aanhou werk, en indien nie, kom hulle in aanmerking vir 'n gestremdheidstoelae?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,252
Wanneer 'n uitbraak van MMV TB voorkom, hoe word die verdere verspreiding van die besmetting gekeer?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,253
Multi-Middel Weerstandige TB (of MMW TB) is 'n vorm van TB wat veroorsaak word deur bakterië (kieme) wat weerstand bied teen die normale dwelms wat gebruik word om "gewone" TB te behandel. Met ander woorde, die normale dwelms wat ons gebruik om "gewone" TB te behandel sal nie werk nie.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,254
Hoeveel mense in die Wes-Kaap Provinsie word geraak deur MMW TB?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,255
Die Wes-Kaap Provinsie het 'n relatief lae voorkoms van MMW TB, vergeleke met ander provinsies en ander plekke ter wêreld.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,256
Van al die mense wat vir die eerste keer gediagnoseer word met TB, sal 1% (1 uit 100) MMW TB hê, en van al die mense wat gediagnoseer word met TB nadat hulle voorheen teen TB behandel is, sal 4% (4 uit 100) MMW TB hê.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,257
Meer as 44, 000 mense is in 2004 gediagnoseer met TB in die Wes-Kaap.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,258
Dit beteken dat hoewel die voorkoms van MMW TB laag is in die Provinsie, is daar nog 'n groot aantal mense wat elke jaar in die provinsie gediagnoseer word met MMW TB.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,259
Tussen 450 en 600 nuwe gevalle van MMW TB word jaarliks in die Wes-Kaap gediagnoseer.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,260
MMW TB word veroorsaak deur die ontwikkeling van TB-bakterië wat weerstandig geword het teen gewone TB-middels. Dit gebeur as gevolg van onvoldoende of ongereelde bestuur van "gewone" TB, of deur die gebruik van die verkeerde dwelmkombinasies of deur die gebruik van enkele middels vir "gewone" TB, klinieke wie se dwelmvoorrade opraak, onvoldoende berading van pasiënte wat daartoe lei dat pasiënte nie hulle behandeling reg neem nie (swak behandelingsvolhouding) of pasiënte wat nie terugkom vir behandeling nie (behandelingsversuim).
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,261
Die meeste gevalle van MMW TB sal ontwikkel as gevolg van swak volhouding aan die behandeling vir "gewone" TB; dit is egter moontlik vir iemand wat nog nooit voorheen TB gehad het of daarteen behandel is om besmet te word met bakterië wat reeds weerstandig is teen gewone TB-middels, as hulle in nabye kontak was met iemand met MMW TB.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,262
Enigeen wat blootgestel is aan MMW TB kan gevaar loop om dit op te doen. Die meeste mense wat sterk immuunstelsels het sal nie die siekte ontwikkel nie omdat hulle liggame se immuunstelsel die besmetting kan beveg.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,263
Mense wat 'n groter gevaar loop om "gewone" TB op te doen, loop ook 'n groter gevaar van MMW TB.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,264
Mense met middelmisbruikprobleme, bv. alkoholisme of dwelmmisbruik.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,265
Daar is geen bewyse dat dit makliker is om MMW TB te kry as gewone TB nie.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,266
TB van die longe is relatief meer aansteeklik as TB wat ander organe/stelsels van die liggaam raak, omdat die bakterië uitgeskei en versprei kan word deur druppels in die lug.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,267
Wat is die simptome (klagtes) van iemand net MMW TB?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,268
n aanhoudende gehoes wat meer as 2 weke lank pla.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,269
Die hoes kan produktief en bloedbesmeer wees, borspyn, gewigsverlies en verlies aan aptyt en nagsweet.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,270
As iemand voordoen met simptome van TB, of daar gevind word dat sy of hy in nabye kontak is met iemand met TB, sal kliniekpersoneel die persoon vra om twee sputum-(spoeg)monsters (slym wat uitgehoes word) te gee, wat na die laboratorium gestuur sal word om onder 'n mikroskoop getoets te word. By die normale toetse wat gedoen word vir TB, word bykomende toetse, wat kultuur- en sensitiwiteitstoetse genoem word, gedoen op die sputummonsters van mense wat dalk MMW TB kan hê. Dié gespesialiseerde toetse neem drie tot vier weke om die groei aan te dui van die weerstandige TB-basille, en om te sien watter middels sal werk teen die bakterië. Daarby kan bors-X-strale onder sekere omstandighede geneem word om die omvang vas te stel van enige longskade en vir toekomstige monitering van die reaksie op behandeling.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,271
MMW TB is moeiliker om te behandel as gewone TB, omdat die TB-basille weerstand bied teen die middels wat gebruik word om gewone TB te behandel. "Tweede linie" TB-middels word gebruik, wat minder doeltreffend is en meer newe-effekte het. Die uitkoms van behandeling is nie so goed soos dié met middelsensitiewe TB nie, deels omdat MMW TB geneig is om voor te kom by mense met erge longskade wat reeds lank op en af van TB-behandeling was. As dit vroeg gediagnoseer word is die kanse op genesing baie beter. Gemiddeld sal minder as 50% van die mense met MMW TB genees word, en omtrent 30% sal sterf voordat die behandeling voltooi is.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,272
Pasiënte met MMW TB sal minstens 5 verskillende middels moet neem, waaronder 'n daaglikse inspuiting vir 4 maande 5 dae 'n week. In dié tyd word die meeste pasiënte met MMW TB in 'n hospitaal opgeneem sodat hulle goed dopgehou kan word vir volhouding aan die behandeling en om enige newe-effekte te monitor.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,273
Daarna sal pasiënte minstens 3 verskillende middels moet neem vir 'n verdere 12- 16 maande, 5 dae 'n week.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,274
Behandeling neem dus baie langer as met "gewone TB" (wat tussen 6 tot 8 maande neem), en kan tot 2 jaar duur. Die lengte van die behandeling is om seker te maak dat die siekte nie terugkeer nie.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,275
Wanneer mens hoes of nies, moet enige mens, veral dié met TB of MMW TB hulle neus en mond met 'n snesie bedek om die verspreiding van basille deur die lug te keer. Pasiënte moet ook nie spoeg in die oop lug/op die grond nie. Goeie ventilasie van huise word sterk aanbeveel, mense word aangemoedig om alle vensters en deure oop te hou. Indien moontlik, beperk langdurige kontak (vermy onder meer die deel van 'n slaapkamer snags) met mense met gewone TB of MMW TB, terwyl hulle sputum positief bly met TB- of MMW TB-basille.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,276
Kan iemand met MMW TB aanhou werk, en indien nie, kom hulle in aanmerking vir 'n gestremdheidstoelae?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,277
Wanneer die pasiënt gereeld behandel word en nadat die sputum getoets is en wys dat hulle nie meer MMW TB-basille uitskei nie, kan die persoon weer begin werk. Dit neem gewoonlik langer as die gewone tydperk van 2 weke soos met "gewone" TB. Die dokter en TB-verpleërs sal die pasiënt goed dophou en die pasiënt inlig wanneer hulle kan teruggaan werk toe. As die pasiënt beoordeel is en as "fisies onbevoeg" verklaar word deur 'n mediese dokter, kan hulle aansoek doen om 'n tydelike gestremdheidstoelae.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,278
Besmetting met TB vermeerder ook siektes en vordering (morbiditeit) van MIV, waaronder die verhoging van die sterftesyfer (martaliteit) onder MIV-besmette mense. Daarom is dit uiters belangrik dat TB verhoed en/of so vroeg moontlik opgespoor en behandel moet word by MIV-besmette mense.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,279
Dit is belangrik om te onthou dat selfs as iemand MIV-positief is, TB behandel en genees kan word!
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,280
Die twee behandelings kan saam geneem word. 'n Ervare mediese dokter moet pasiënte op beide terapië goed dophou.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,281
Die uitbraak van enige siekte is per definisie die voorkoms van meer gevalle van die besondere toestand as wat normaalweg verwag wou word in die besondere omstandighede. Die siektegevalle moet epidemiologies verbind word (dit beteken dat mediese personeel in staat is om definitiewe verbindings tussen gevalle vas te stel), teenoor die toevallige voorkoms.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,282
In die geval van 'n uitbraak van MMW TB, hoe word die verdere verspreiding van die besmetting gekeer?
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,283
As vermoed word dat 'n MMW TB-geval voorkom, word aktiewe gevalle-opsporing onderneem, m.a.w. ons soek aktief na mense wat die infeksie kon opgedoen het voordat hulle siek by gesondheidsgeriewe aanmeld. Dit word gedoen om die moontlike verspreiding van die infeksie deur tot nog toe ongediagnoseerde mense te beperk. Sputumtoetse vir MMW TB word gedoen en gepaste behandeling word in bevestigde gevalle aangebied.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,284
Terselfdertyd behoort die mense verwyder te word uit die gemeenskap totdat hulle behandeling ontvang het en nie langer aansteeklik is nie.
330
GOV-ZA.115549.2010-03-24.af.txt
14,285
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
331
GOV-ZA.115747.2010-03-24.af.txt
14,287
Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Cobus Dowry, het onlangs die Instituut vir Dowes op Worcester besoek as deel van die regering se Imbizo-program. Tydens hierdie geleentheid het hy 'n tjek van R53 000 aan die Instituut oorhandig vir onder andere die oprigting van kweekhuise en die aanlê van groentetuine.
331
GOV-ZA.115747.2010-03-24.af.txt
14,288
In hierdie Provinsie moet ons saam werk om dit 'n tuiste vir almal te maak, en dit sluit mense met gestremdhede in," sê Minister Dowry. "Dit is vir Departement Landbou belangrik dat ook hierdie persone in die breë landbousektor opgeneem moet word."
331
GOV-ZA.115747.2010-03-24.af.txt
14,289
Die Wes-Kaapse Departement Landbou slaag met sy ondersteuning aan die Instituut om die sowat 60 000 dowes en meervoudig gestremde persone deel te maak van 'n ekonomiese proses waarby hulle voorheen uitgesluit was. "Die waarde van betrokkenheid by landbou en die aanleer van landbouvaardighede vir gestremdes is hulle met hierdie vaardighede 'n werk kan bekom, hulle kan lewe van hul eie produkte en kan boonop daarvan verkoop om finansieel onafhanklik te word," verduidelik Deon de Villiers, hoof van die Instituut.
331
GOV-ZA.115747.2010-03-24.af.txt
14,290
Deur middel van Departement Landbou se betrokkenheid kan die Instituut nou sy eie groente kweek wat in sy voedselverwekingsaanleg verwerk en dan bemark sal word. Verder kan die Instituut addisionele fondse bekom deur saailinge te kweek en te verkoop.
331
GOV-ZA.115747.2010-03-24.af.txt
14,291
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,293
Voorsitter ek wil net eers met u praat oor die breë visie van die Wes-Kaapse Regering. In die Wes-Kaap wil ons n tuiste vir almal skep in ons poging om om ons ideaal te dereik van"IKAPA ELIHLUMAYO", wat beteken,"die Groeiende Kaap". Hierdie twee begrippe kan nie los wees van mekaar nie, maar vorm 'n eenheid wat deel is van die breër visie van die regering.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,294
Hoofman Albert Luthuli het in 1958, toe hy sy visie vir ons land vir die eerste keer beskryf het, dit beskryf as 'n "Tuiste vir Almal" Hy het ook gepleit vir die ruimheid van gees en 'n oproep om eenheid onder al ons mense gedoen. Hy het gevra dat ons almal saam sal bou aan 'n toekoms met groter gelykheid, nie-rassigheid, multikulturaliteit, godsdiensverdraagsaamheid, veeltaligheid en nie-seksisme.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,295
Die Regering van die Wes-Kaap het dit aangegryp en ons eie gemaak en met u 'n kontrak aangegaan in ons visie van "'n Tuiste vir Almal". Met ons visie sê ons dat ons nie mekaar hoef te vrees nie; dat ons verskille en diversiteit nie verdelend hoef te wees nie, maar dat ons juis daaruit moet put om 'n groter eenheid te vorm waarin ons mekaar kan aanvul met die rykheid van dit waaroor ons elkeen beskik. Terwyl ons aan 'n verenigde Provinsie bou, moet daar ruimte wees vir al ons identiteite om verstaan, gerespekteer en gewaardeer te word. Ons moet almal kan sê, dat ongeag ras, klas, geslag, ouderdom, godsdiens, kultuur, taal, etnisiteit, geografiese of seksuele oriëntasie, die Wes-Kaap 'n Tuiste vir Almal is. Die harde werklikheid is dat ons mekaar nodig het en dat nie een van ons op ons eie sal oorleef nie.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,296
Ek wil vir u dankie sê dat u as kommersiële boere lankal reeds ook besig is om u bydrae te maak om ons te help om te bou aan hierdie tuiste vir almal en dat u nie wegskram van hierdie verantwoordelikheid nie. Die volle rol van landbou word egter selde goed verstaan en dit is soms moeilik om die belangrikheid en bydrae van landbou tot die ekonomie en die samelewing by mense tuis te bring.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,297
Omdat voedsel die oorgrootte gedeelte van marginale uitgawes uitmaak onder laer-inkomstegroepe, bied boerdery die fisiese goedere om toenemende werksverskaffing, hoër loon-inkomste en verbeterde lewenstandaarde te verseker.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,298
Ons is deeglik bewus daarvan dat die verhouding tussen landbouproduksie, werkverskaffing en sosiale harmonie die bestanddele is vir volgehoue ekonomiese groei. Deurlopende landbouontwikkeling is 'n voorvereiste vir hierdie bydraes.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,299
Meneer die voorsitter dit is daarom vir ons uiters noodsaaklik dat die toestande geskep word om dit vir ons boere moontlik te maak om volhoubaar te boer. Vir ons in die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is dit 'n baie hoë prioriteit dat alles moontlik gedoen moet word om boere op hulle plase te hou.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,300
In die tweede plek moet ons sorg dra dat wit boere ten volle hulle verantwoordelikheid sal opneem in die proses van grondhervorming en die vestiging van nuwe toetreders, ten einde te verseker dat hulle van die begin af suksesvol en volhoubaar sal boer.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,301
Vir my is daar twee defnitiewe groeperings, naamlik, gevestigde boere en opkomende boere. Biede u en ons by die Departement van Landbou het n verpligting om om te sien na opkomende boere en die verantwoordelike verdeling van grond om die ongelykhede van die verlede uit te skakel. Binne die Departement sal ons egter so optree dat ons nooit die een ten koste van die andersal dien of afskeep nie.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,302
Opkomende boere moet van die staanspoor af die nodige ondersteuning kry om volhoubaar te boer en daarom moet alle rolspelers, in die proses van bemagtiging van voorheen benadeelde persone, hulle verantwoordelikheid van die staanspoor af opneem.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,303
U het ook'n baie belangrike rol wanneer dit kom by die vestiging van nuwe boere wat soms nie die vermoë het nie, en soms nie die vrymoedigheid het om tot u organisasie toe te tree nie. Ek wil vanaand vir u vra dat u dit 'n staande punt van bespreking sal maak oor hoe u, u rol in die Agri SEB proses sien en hoe om opkomende boere by u organisasie te betrek.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,304
Voorsitter ek is in voortdurende gesprek met georganiseerde landbou en ander rolspelers binne die sektor oor die uitdagings en probleme wat produsente ervaar. So het gister byvoorbeeld met verteenwoordigers van die Sagte Vrugte Bedryf n lang sessie gehad. Behalwe vir hulle eiesoortige probleme het ons ook na die algemene probleme van insetkoste teenoor opbrengs en prys gepraat. Belangrike kwessies soos arbeidskoste, behuising, subsidies invoerheffings, water, eiendomsbelasting, veranderende markvereistes en hoë landbouskuld is van die sake wat ons aangeraak het. In hierdie verband is ek van plan om binne die volgende twee weke n gesprek met Agri Wes-Kaap te voer oor die pad vorentoe, die samestelling van 'n taakspan en 'n moontlike ekonomiese landbouberaad vroeg in die nuwe jaar.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,305
Ten slott, wil ek twee belangrike kwessies aanraak naamlik gedurige berigte oor die dopstelsel wat nog na bewering op sommige plase toegepas word en die ongetoetste bewerings oor onwettige afsettings van plase af.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,306
Ek het by herhaling die versekering gegee dat ons dit nie sal duld nie, maar ek het ook by herhaling gesê dat mense nie net kan rondgaan en wilde bewerings maak nie. Ek nooi weereens, soos in die verlede die mense wat hierdie bewerings maak uit om die name te verskaf. Ons ondersoek sulke bewerings behoorlik en het die samewerking van beide die Georganiseerde Landbou en die Departement van Grondsake. Die probleem is egter dat daar geen substansie gevind is in die bewerings wat gemaak word en wat onafhaklik ondersoek word nie , of dat diegene wat die bewerings maak, nie na vore kom met die name van die beweerde aandadiges nie.
332
GOV-ZA.115791.2010-03-24.af.txt
14,307
Ek wil ook weereens n versoek rig aan produsente sowel as plaaswerkers om verantwoordelik op te tree wanneer dit by behuising en afsettings kom en om hulle te vergewis wat die wet toelaat en nie toelaat nie, na beide kante toe. Dit word ook al hoe duideliker datdie beweging van plaaswerkers na dorpe toe, groter druk op behuisingsprojekye plaas. Ek is van mening dat ons as Regering ook weer opnuut sal moet kyk na die skep van Agri - villages waar beide permanente sowel as seisoenale plaasarbeiders gehuisves kan word.
333
GOV-ZA.11582.2010-03-24.af.txt
14,309
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
333
GOV-ZA.11582.2010-03-24.af.txt
14,310
Die kursus is 'n algemene bewustheidskursus wat ontwerp is om deelnemers die kennis te gee om kwessies rondom MIV/Vigs/SOS/TB te verstaan en mense wat daarmee leef en wat daardeur geraak word reg en sensitief te hanteer.
333
GOV-ZA.11582.2010-03-24.af.txt
14,311
Die ATICC-bronbiblioteek is oop vir die publiek en het inligting oor alle aspekte van MIV/VIGS/SOI's en TB. Die Biblioteek bevat 'n volledige versameling videos, tydskrifte, artikels, opleidingshandleidings, navorsingsdokumente, verslae, gidse, pamflette, koerantuitknipsels en blaaiborde. Dit is 'n verwysingsbiblioteek met 'n uitleengerief vir die uitvoerige videoversameling.
333
GOV-ZA.11582.2010-03-24.af.txt
14,312
ATICC verskaf kondome, pamflette, brosjures en plakkate aan die publiek. Die items is gratis en onderhewig aan verandering en beskikbaarheid...
333
GOV-ZA.11582.2010-03-24.af.txt
14,313
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,315
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,316
Die meeste nie-Suid-Afrikaanse burgers wat Suid-Afrika wil binnekom, moet oor 'n geldige visum beskik. In die visum word die doel en duur van die besoek aangedui. Vereistes waaraan voldoen moet word om Suid-Afrika binne te kom, Wie moet vir 'n visum aansoek doen?
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,317
Indien jy 'n Suid-Afrikaanse burger is en na 'n ander land reis, moet jy 'n Suid-Afrikaanse paspoort hê.
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,318
Om die verspreiding van geelkoors te verhoed moet reisigers wat die grense van lande oorsteek waar geelkoors voorkom, ingeënt word teen die virus. Wat is 'n Geelkoorssertifikaat Is enigiemand vrygestel van die geelkoorsinenting Wat gebeur indien jy nie die sertifikaat het nie?
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,319
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
334
GOV-ZA.11594.2010-03-24.af.txt
14,320
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
335
GOV-ZA.11604.2010-03-24.af.txt
14,322
Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede.
335
GOV-ZA.11604.2010-03-24.af.txt
14,323
Kaapstad Munisipaliteit het hierdie openbarevervoerdiens vir dowes ingestel. Dit stel mense met gehoorgestremdheid in staat om inligting oor openbare vervoer, soos bus- en treinroosters, roetes en bestemmings oor die telefoon deur die gebruik van 'n Telkomtoestel met die naam Teldem te bekom.
335
GOV-ZA.11604.2010-03-24.af.txt
14,324
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
335
GOV-ZA.11604.2010-03-24.af.txt
14,325
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,327
Die voorkoms van borskanker onder Suid-Afrikaanse vroue is aan die toeneem met meer as 3 800 nuwe gevalle elke jaar, sê Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,328
In 'n verklaring ter ondersteuning van Nasionale borskankerbewustheidsmaand, sê Uys borskanker is een van die mees algemene vorme van kanker onder vroue in Suid-Afrika. "Baie vroue assosieer borskanker nog steeds met 'n doodsvonnis, maar in der waarheid is dit behandelbaar indien dit vroegtydig opgespoor word", sê Uys.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,329
Ongeveer 90% van alle pasiënte oorleef 'n borskankerdiagnose wanneer dit in 'n vroeë stadium opgespoor word. Dit het noodsaaklik geword om die Suid-Afrikaanse publiek in te lig oor die gevare van borskanker, veral oor die noodsaaklikheid van gereelde selfondersoek, gereelde mammogramme en die verskaffing van inligting oor vroeë diagnose en die beskikbare behandelingsopsies.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,330
n Bewustheidsmaand soos die een wat nou in Oktober in Suid-Afrika gehou word, weerspieël 'n landswye veldtog deur openbare en private gesondheidsektore om die Gesondheid van die Vrou en Borskanker, in die kollig te plaas.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,331
Risikofaktore vir borskanker sluit onder meer in vroeë maandstonde, eerste swangerskappe by gevorderde ouderdom, 'n hoëvetdieet en sekere genetiese mutasies. Ander risikofaktore sluit ook tot 'n mindere mate hoë alkoholgebruik in asook die gebruik van sekere hormoonvervangings tydens menopouse.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,332
Die risiko van borskanker onder Suid-Afrikaanse vroue tussen 0 en 74 jaar is 1 uit elke 31 vroue.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,333
Uys sê gesondheidsdienste die wêreld oor het reeds ver gevorder in die bekamping van hierdie gevreesde siekte. "Behandeling is egter duur en elke nuwe fasiliteit wat hierdie provinsie kry om kanker te bekamp, word verwelkom. Ons het pas 'n nuwe CT-skandeerder by Groote Schuur Hospitaal aangekoop, en ons het ook 'n ekstra R1 miljoen bewillig vir die behandeling van hoofsaaklik borskanker."
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,334
Ons doen dit omdat ons weet dat borskanker uiters behandelbaar is met die regte toerusting en fasiliteite. Ons in die Wes-Kaap is bevoorreg dat ons uitstekende kankerbehandelingsgeriewe dwarsdeur die provinsie het, maar die belangrikheid van vroeë opsporing deur gereelde ondersoeke verbeter kanse op oorlewing drasties, sê Uys.
336
GOV-ZA.116206.2010-03-24.af.txt
14,335
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
337
GOV-ZA.116342.2010-03-24.af.txt
14,337
Die ontydige dood van Ricardo Mowries, wie Maandagaand beswyk het nadat hy deur 'n lem van n baalmasjien getref is, word deur die hele Landbou gemeenskap betreur. Namens die Regering van die Wes-Kaap en die Departement van Landbou, vir wie elke werker se lewe kosbaar is, wil ek my meegevoel aan die familie en naasbestaandes betuig. U verlies is ook ons verlies.