document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
337 | GOV-ZA.116342.2010-03-24.af.txt | 14,338 | Ek het reeds 'n verslag van die Departement van Arbeid in Worcester aangevra oor die voorval en sal meer omvattend oor die voorval reageer sodra die amptelike besonderhede bekend is. |
337 | GOV-ZA.116342.2010-03-24.af.txt | 14,339 | Die veiligheid van werkers in die werkplek is vir alle rolspelers binne landbou van groot belang. Hierdie aangeleentheid geniet ook in besonder aandag in die Strategiese Plan wat die Departement opgestel het na afloop van die plaaswerker indabas wat die afgelope jaar plaasgevind het. |
337 | GOV-ZA.116342.2010-03-24.af.txt | 14,340 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,342 | Om 'n rekenaarprogram vir Nood -en Rampbestuurstelsel te voorsien. Die rekenaarprogram sal vir rampbestuursgereedheid en beplanning aangewend word. Die bestuurstelsel sal vir die pro-aktiewe bestuur van noodgevalle en rampe asook die koördinering van mannekrag en toerusting tydens insidente aangewend word. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,343 | Die programmatuurprogram (GEMC3) kan 'n insident opskuif van munisipale vlak na die volgende bestuursvlak en beskik oor die vermoë om die betrokke rampbestuursplan te aktiveer. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,344 | Sterk karterings- en regstreekse voertuig- en hulpbronopspoorvermoë. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,345 | Log van die impak van 'n ramp. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,346 | Lê van 'n ouditspoor stap vir stap om te bepaal wie wat en wanneer gedoen het namate die rampingryping plaasvind. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,347 | Die verskaffing van situasieverslae vir die Nasionale Rampbestuursentrum. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,348 | Een van die kwessies wat aandag moet geniet, is die orde van samehang tussen die munisipaliteite en SITA se Openet Wyearea-netwerk. Eers as hierdie orde van samehang vasgestel is, kan die instelling 'n aanvang neem. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,349 | Verskeie hutte is op Sondag 23 September 2002 in die informele nedersetting op Grabouw deur brand verwoes en honderde mense is dakloos gelaat. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,350 | Die 2003 Krieketwêreldbekertoernooi is in Suid-Afrika aangebied en deelnemende spanne het op 'n hele aantal krieketvelde oor Suid-Afrika deelgeneem. Die sowat 20 wedstryde wat in die Wes-Kaap gespeel is, het op die Nuweland Krieketstadion in Kaapstad en die Boland Krieketstadion in die Paarl plaasgevind. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,351 | Die organiseerders van die Krieketwêreldbekertoernooi het geen moeite ontsien om die veiligheid van die krieketspelers, die toeskouers en besoekende hoogwaardigheidsbekleërs te verseker nie. Dit is moontlik gemaak deur uitvoerige rampbestuursplanne vir albei krieketstadions op te stel. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,352 | Die negatiewe publisiteit wat aan die 2002 Fietstoer gekoppel was, het kommer veroorsaak en die wedrenorganiseerders het die Wes-Kaapse Provinsiale Regering om hulp genader. Die Provinsiale Regering het ingestem om hiermee hulp te verleen. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,353 | Provinsiale Mediesenooddiensambulanse is aan die organiseerders beskikbaar gestel. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,354 | RBIBS is aan die wedrenorganiseerders beskikbaar gestel. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,355 | Mediesenooddienspersoneellede het die wedrenorganiseerders bygestaan met insidentbestuur; die neem van oproepe en die registrasie van insidente in die RBIBS, asook die stuur van hulptoerusting na insidente. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,356 | Gedurende Maart 2003 het 'n afsnylaedrukgebied oor die Bolandse berge ontwikkel. Namate die afsnylaag verdiep het, het 'n weertoestand ontwikkel wat gelei het tot buitengewone swaar reën oor die hele Suid- Kaap streek. Vanweë die vloedskade wat gevolg het, het die Staatspresident die streek tot 'n nasionale rampgebied verklaar. |
338 | GOV-ZA.11649.2010-03-24.af.txt | 14,357 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,359 | Inligting oor die regte en verpligtinge van verhuurders wat residensiële eiendom aan huurders verhuur. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,360 | Moet ek 'n huurkontrak met die huurder onderteken? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,361 | Watter inligting moet op 'n geskrewe huurkontrak wees? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,362 | Hoe kan ek 'n moontlike huurder se agtergrond nagaan? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,363 | Behoort ek 'n deposito te vra? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,364 | Watter onderhoudswerk moet die huurder doen? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,365 | Kan ek die huur in die middel van 'n huurtydperk verhoog? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,366 | Met hoeveel kan ek die huur verhoog wanneer ek die huurkontrak hernu? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,367 | Wat kan ek doen as die huurder nie die huur betyds betaal nie? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,368 | Wat kan ek doen as huurders beweer dat hulle die huur betaal het, maar ek het dit nie ontvang nie? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,369 | Kan ek die huurder se besittings afneem as die huur agterstallig is? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,370 | Die huurder se kontrak het 'n paar maande gelede verstryk. Hoeveel kennis moet ek gee as ek wil hê die huurder moet uittrek? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,371 | Hoe kan ek die huurder uitsit? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,372 | Kan ek die eiendom binnegaan sonder die huurder se toestemming? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,373 | Kan ek die slotte verander en die huurder uitsluit? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,374 | Wat kan ek doen as die bure kla oor 'n huurder? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,375 | Wat behoort ek te doen as ek vermoed dat die huurder betrokke is by onwettige bedrywighede? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,376 | Wat kan ek doen as die huurder die eiendom beskadig het? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,377 | Onder watter wette val huurooreenkomste? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,378 | Wie kan my help as ek probleme het met die huurder? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,379 | Hoe gaan ek te werk om 'n klag in te dien by die Huurbehuisingstribunaal? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,380 | Hoe tree ek in verbinding met die Huurbehuisingstribunaal? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,381 | 'n Mondelingse ooreenkoms is net so bindend soos 'n geskrewe huurkontrak, maar as die huurder daarop aandring om iets op skrif te hê, moet jy daaraan voldoen. Dit is egter beter vir beide van julle om 'n ooreenkoms op skrif te hê wat die bepalinge en voorwaardes uiteensit waarop ooreengekom is. Dit sal baie help om later geskille te vermy, wanneer dit jou woord is teen dié van die huurder. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,382 | Jou en die huurder se verpligtinge byvoorbeeld, wie verantwoordelik is vir onderhoud. Wie betaal die water-, elektrisiteit- en diensgeldrekenings Gewoonlik betaal die huurder die uitgawes wat verband hou met verbruik, soos water en elektrisiteit, en die verhuurder betaal die koste wat verband hou met die eiendom, soos diensgeld? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,383 | Die Huisreëls, geteken deur beide partye, moet aan die huurkontrak geheg word. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,384 | 'n Lys defekte, opgestel by 'n gesamentlike inspeksie wanneer die huurder intrek en deur altwee van julle onderteken, moet ook aan die huurkontrak geheg word. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,385 | Praat met die huurder se huidige verhuurder vir 'n verwysing. Dit is ook 'n goeie idee om met vorige verhuurders te praat, omdat die huidige verhuurder dalk 'n goeie verwysing sal gee om van 'n ongewensde huurder ontslae te raak, en om 'n brief van jou huurder se werkgewer te kry om seker te maak van haar of sy permanente pos en inkomste. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,386 | Jy kan ook 'n kredietnavraag doen (bel TransUnion ITC by 0861 482 482 of besoek www.transunionitc.co.za). |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,387 | Ja, dit is 'n goeie idee om dit in die huurkontrak te sit. Onthou dat die deposito in 'n rente-draende rekening inbetaal moet word vir die duur van die huurkontrak en teruggegee moet word aan die huurder, plus die rente wat dit verdien het, wanneer die huurder uittrek. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,388 | As die huurder jou egter geld skuld met die uittrek, of as die eiendom beskadig is waar dit normale slytasie oorskrei, kan jy die deposito gebruik om te betaal vir herstelwerk of om die geld te dek wat jy nog geskuld word. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,389 | Sien WAT KAN EK DOEN AS DIE HUURDER DIE EIENDOM BESKADIG HET vir meer besonderhede oor depositos? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,390 | Dit hang af wat die huurkontrak sê, gewoonlik hou die verhuurder die buitekant van die eiendom in stand en die huurder die binnekant. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,391 | Net mits die huurkontrak spesifiek sê dat jy kan. As jy wil kan jy 'n klousule by die aanvanklike ooreenkoms voeg wat die spesifieke redes uiteensit wat jou sal toelaat om die huur te verhoog (byvoorbeeld, as diensgeld verhoog word). |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,392 | Dit hang af wat die kontrak sê. As die kontrak nie 'n redelike verhoging aandui nie, sal jy oor 'n aanvaarbare huur met die huurder moet onderhandel. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,393 | Tegnies verbreek die huurder die kontrak. Verwys na die verbrekingsklousule in die kontrak (of, in die geval van 'n mondelingse ooreenkoms, die voorwaardes waaroor ooreengekom is vir beëindiging) en tree daarvolgens op. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,394 | As jy nie 'n kansellasieooreenkoms het nie, is dit goeie praktyk om 'n brief te skryf waarin jy die huurder sewe dae tyd gee om te betaal, en waarin jy sê dat jy die kontrak sal kanselleer as dit nie gebeur nie. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,395 | Dit is die huurder se verantwoordelikheid om seker te maak dat jy die huur ontvang, so die huurder moet bewys van betaling toon (byvoorbeeld, 'n bank-depositostrokie). As die huurder dit nie kan doen nie, kan jy haar of hom kennis gee kragtens die ooreenkoms en 'n hofbevel kry vir uitsetting. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,396 | As jy tevrede is dat die betaling wel gemaak is, is dit jou plig kragtens die Wet op Huurbehuising (wet 50 van 1999) om 'n kwitansie aan die huurder te gee. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,397 | Die tydperk van die betaling (byvoorbeeld, die maand waarvoor die huur betaal word). |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,398 | Jy sal eers 'n hofbevel moet kry. Die Balju van die Hof sal dan beslag lê op die huurder se eiendom ter waarde van die geld wat aan jou geskuld word. As jy die huurder se besittings afneem sonder 'n hofbevel, is dit diefstal. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,399 | Gaan jou vorige huurkontrak na vir 'n hernuwingskennisgewing wat uiteensit hoeveel kennis jy in so 'n situasie moet gee. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,400 | As daar nie so 'n klousule is nie, dan het een van julle twee, deur julle optrede, in werklikheid die vorige kontrak hernu, met dieselfde bepalings en voorwaardes, en vir die volle tydperk wat in die oorspronklike kontrak aangedui is. Dit beteken dat jy die kansellasieklousule van die oorspronklike kontrak, as daar een is, in werking sal moet stel om uit die ooreenkoms te kom. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,401 | Sonder 'n kansellasieklousule sou die beste manier gewees het om uit die kontrak te kom om die huurder een maand skriftelike kennis te gegee het voordat die huurkontrak verstryk het. So as jy die einde van 'n 12-maande kontrak genader het, moes jy die huurder skriftelik laat weet het aan die einde van die elfde maand. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,402 | Jy kan nooit self 'n huurder uitsit nie. Jy kan net 'n hofbevel aanvra om die huurder uit te sit as die huurder die kontrak verbeek het. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,403 | Om uit te vind of die huurder die kontrak verbreek het moet jy die ooreenkoms nagaan. Daar behoort 'n klousule te wees wat sê wat op kontrakbreuk neerkom (byvoorbeeld, om nie die huur betyds te betaal nie) en wat jou regte sal wees in so 'n geval (met ander woorde, kanselleer die kontrak sonder verdere kennisgewing). |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,404 | As die huurder die kontrak verbreek het, doen stappe om sterk by die huurder aan te dring dat die breuk herstel moet word. As dit nie werk nie, stel regstappe in - dien 'n klag in by die Huurbehuisingstribunaal of vra die hulp van 'n knap prokureur. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,405 | Jy het die reg om die eiendom binne te gaan om roetine-inspeksies en so aan te doen, maar net as jy met die huurder gereël het om dit op 'n redelike tyd te doen, en met redelike kennis. Die huurder het nie die reg om jou redelike toegang te weier nie. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,406 | Nee. Dit sal onwettige uitsetting wees. As jy die slotte verander, moet jy spaarsleutels aan die huurder gee. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,407 | Gaan na of die huurder se optrede in stryd is met die Huisreëls. Indien wel, sal jy dalk die huurkontrak se kansellasieklousule in werking kan stel en die huurder kennis gee. Hou skriftelike bewyse van klagtes en jou optrede. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,408 | Meld jou vermoedens aan by die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit is ook 'n goeie idee om 'n klousule by jou huurkontrak te voeg dat geen onwettige bedrywighede op die eiendom mag plaasvind nie, wat jou gronde sal gee om die huurkontrak onmiddellik te beëindig. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,409 | As jy 'n deposito gevra het, kan jy die geld gebruik om skade te herstel wat aan die huurder toegeskryf word, wat normale slytasie oorskrei, wanneer die huurder uittrek. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,410 | Inspekteer die eiendom saam wanneer die huurder intrek en maak 'n skriftelike lys van enige bestaande defekte. Beide van julle moet dit teken en dit moet aan die huurooreenkoms geheg word. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,411 | Inspekteer die eiendom weer saam wanneer die huurder uittrek, verkieslik nie minder nie as drie dae voor die huurder uittrek. Vergelyk die nuwe lys defekte met die lys wat jy vroeër gemaak het. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,412 | Jy moet die huurder kans gee om die herstelwerk self te doen, of julle kan ooreenkom dat jy dit sal doen. Hou die kwitansies vir herstelwerk waarvoor uit die deposito betaal is. Jou voormalige huurder het die reg om dit te sien. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,413 | As die herstelwerk minder kos as die deposito plus die rente wat verdien is, sal jy die voormalige huurder met die verskil moet vergoed. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,414 | Skakel die Huurbehuisingstribunaal as jy probleme het. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,415 | Vul die klagtevorm op die werf in en lewer dit per faks, pos of per hand by die Tribunaal af. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,416 | Elke huurooreenkoms en huursituasie is verskillend. As jy hulp nodig het met die bestuur van die huurder, tree in verbinding met die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal of 'n bevoegde prokureur vir raad. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,417 | Die kantoorure is van 8.30 vm tot 4 nm, Maandag tot Vrydag. |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,418 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
339 | GOV-ZA.116633.2010-03-24.af.txt | 14,419 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,421 | Soos altyd is dit vir my aangenaam om hier saam met u te kan wees. Ek sien sommige van u so dikwels in die laaste tyd dat dit voel of ons familie is. Ek moet onmiddelik sê dat dit is hoe ek dit in elkgeval sou wou hê, dat die Landbou gemeenskap 'n groot familie moet word. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,422 | Laat my onmiddelik toe om u geluk te wens met hierdie byeenkoms wat vir die eerste keer in die geskiedenis van Landbou plaasvind en nou die hoogtepunt is van die jaarlikse plaaswerker van die jaar kompetisie. Ek glo dat hierdie kompetisie nog gaan ontwikkel tot een van die grootste en strafste kompetisies binne landbou. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,423 | Ek dink nie u sal my verkwalik as ek die HTA gelukwens en bedank vir die vergesig wat u gehad het om reeds in 2002 met hierdie kompetisie te begin om erkenning te gee aan die waardevolle en belangrike bydrae wat die plaaswerker tot die volhoubaarheid en groei van die landbou lewer nie. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,424 | Baie dankie ook aan Sanlam wat aktief betrokke is en die verskillende streekskompetisies geborg het, en so ook hierdie een. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,425 | Die kompetisie het gegroei van die 36 inskrywings vanaf 6 plase in die Hexvallei in 2002 tot 284 inskrywings in vyf streke vanjaar. Laat ek dan nie nalaat om die produsente uit die Hexvallei, Koue Bokkeveld, die Breede Vallei en die Bergrivier Produsente te bedank vir hulle samewerking om hulle werkers aan die kompetisie te laat deelneem nie. Ek wil vir u vra om ons vennote te word in ons sterwe om die kompetisie te laat groei en werkers in elke uithoek van die Provinsie by die Kompetisie te betrek. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,426 | Ek wil spesifiek met u as deelnemers aan hierdie kompetisie praat. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,427 | Baie van u is bewus dat plaaswerkeraangeleenthede een van die hoofprioriteite van die Departement Landbou in die Wes-Kaap is. Om gestalte te gee hieraan het ons reeds verskeie aksies geloods. Die eerste was die vestiging van 'n Subprogram: plaaswerkerontwikkeling met die spesifieke doel om dienste, veral sosiaal-ekonomies dienste, wat aan die plaaswerkergemeenskap verskaf moet word, effektief te koördineer. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,428 | Om die nuutgestigte subprogram in staat te stel om effektiewe uitvoering te gee aan die doel waarvoor dit geskep is, het ons geluister na die behoeftes wat deur die betrokkenes uitgespreek is. Ons het besluit dat daar 'n behoorlike proses van strategiese besinning moet wees wat sal uitloop op 'n Strategiese Plan met duidelike doelwitte en aksieplanne wat deurgevoer moet word. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,429 | Hierdie program van ons moet prakties uitvoerbare prosesse bevat wat werklik die kwaliteit van lewe van plaasweker sal verbeter. Seker die mees belangrikste element van die plan is dat ons gesê het dat u as plaaswekers van die begin af ten volle deel daarvan moet wees. Ons wil hê dat u mede-eienaarskap van u eie toekoms moet opneem. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,430 | Wat ons in Landbou in die Wes-Kaap doen, skakel in by die doelwitte van die groter Suid-Afrikaanse strewe wat al sover terug as die opstel van die Vryheidsmanifes kom, en verder vervat is in die Grondwet van die Land. Omdat ons in die Wes-Kaap die regering se visie deel en glo in die kontrak wat ons met die mense gesluit het in die verkiesing, sal ons toesien dat die plaaswerkergemeenskap op elke terrein van u lewe ondersteun word. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,431 | Dit is kompetisies soos hierdie, wat meehelp om aan ons plaaswerkers 'n boodskap oor te dra dat u 'n integrale deel is van Landbou en wat ons help om u gelyke toegang tot landbou te verseker en seker te maak dat elke werker wat by landbou betrokke is elke moontlike kans moet kry om hom of haar te bekwaam om die beste werker te wees. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,432 | Ons wil hê dat u deeglik moet begryp dat u as plaaswerker 'n belangrike rol speel in die ekonomie van die Wes-Kaap en so wil ons ook hê dat daar dienooreenkomstig na u gekyk moet word. U moet verstaan dat hoe beter dit met die ekonomie gaan, hoe beter behoort dit met u te gaan. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,433 | Die Wes-Kaap lewer 'n bydrae van meer as 20% tot die totale landbouproduksie in Suid-Afrika. Die Wes-Kaap produseer tussen 55% en 60% van Suid-Afrika se totale landbou-uitvoere, en daarom is Landbou een van die sleutelareas wat 'n bydrae moet lewer tot groei en ontwikkeling in die Wes-Kaap. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,434 | As ons wil hê dat die ekonomie moet sterker raak dan beteken dit dat daar 'n paar goed is wat ons moet doen om dit te bewerkstellig. Ons moet onder andere sorg dat ons meer en beter produkte lewer wat kan meeding op die markte oorsee. Ons moet sorg dat ons water oordeelkundig gebruik. Ons moet sorg dat ons voldoen aan die vereistes ten opsigte van chemiese standaarde. Ons moet toesien dat ons administrasie van hoogstaande gehalte is en ons moet die beste bestuurspraktyke op elke vlak op die plaas, toepas. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,435 | Elkeen van u wat aan die kompetisie deelgeneem het, speel 'n baie belangrike rol in die aspekte waarna ek nou net verwys het en so speel elkeen van die ongeveer 202 949 werknemers op Wes-Kaapse plase 'n rol in die provinsie se ekonomie. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,436 | Dit is nie net die Regering se plig om na u om te sien nie, maar ons het elke produsent en elke besigheid wat 'n voordeel uit Landbou en sy werkers trek, se samewerking nodig om na u en u 1.5 miljoen afhanklikes se totale welstand om te sien. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,437 | Ek is besorg oor aspekte soos onder andere behuising en die beskikbaarheid van water en behoorlike sanitêre geriewe. Ek word feitlik weekliks gekonfronteer met bewerings en vingerwysings na Landbou. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,438 | In reaksie op die ontydige dood van Ricardo Mowries, wie beswyk het nadat hy deur 'n lem van 'n baalmasjien getref is, het ek gesê elke werker se lewe is kosbaar en dat dit ook ons verlies is. Die veiligheid van werkers in die werkplek is vir alle rolspelers binne landbou van groot belang en dit geniet ook in besonder aandag in die Strategiese Plan wat die Departement opgestel het na afloop van die plaaswerker Indabas wat die afgelope jaar plaasgevind het. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,439 | Hierdie voorval het weereens die kollig geplaas op arbeidspraktyke en ek sal dit ook in detail met Georganiseerde Landbou bespreek wanneer ons in die nabye toekoms ontmoet. |
340 | GOV-ZA.116814.2010-03-24.af.txt | 14,440 | Ons moet mekaar help om die skewe beeld van Landbou wat daar by mense bestaan, te verander. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.