document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
281
GOV-ZA.10696.2010-03-24.af.txt
13,782
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,784
Die Huurbehuisingstribunaal lewer gratis dienste aan huurders en eienaars oral in die Provinsie Wes-Kaap. Verhore en bemiddeling word so na as moontlik aan die punt van die klagte gehou.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,785
Die Tribunaal, wat in 2001 gevorm is, bestaan uit vyf lede (met inbegrip van die voorsitter en ondervoorsitter), wat aangestel is deur die LUR. Die lede van die Tribunaal is kenners van eiendomsbestuur, behuisingsontwikkeling en verbruikersake wat met huurbehuising verband hou . Die Tribunaal word deur die Ondersteuningskomponent van die Direktoraat Behuisingsvestiging bygestaan.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,786
Hoe dien 'n mens 'n klagte in?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,787
Wie kan 'n klagte indien?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,788
Wat is bemiddeling?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,789
Wat is 'n verhoor?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,790
Wat gebeur as die partye nie by die uitspraak van die Tribunaal hou nie?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,791
Klagtes moet ingedien word op die klagtevorm wat by die Tribunaal verkry kan word.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,792
'n Lêer sal vir die saak geopen word en 'n verwysingsnommer sal toegeken word.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,793
Die Tribunaal sal 'n voorlopige ondersoek doen om vas te stel of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom. Indien nodig, kan 'n inspekteur die betrokke eiendom ondersoek en 'n verslag opstel.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,794
Die Tribunaal moet binne 30 dae na ontvangs van die klagte bepaal of die klagte verband hou met 'n geskil ten opsigte van 'n saak wat op 'n onbillike praktyk kan neerkom.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,795
As die klagte nie met so 'n geskil verband hou nie, sal die klaer skriftelik daarvan in kennis gestel word. As die klagte wel met so 'n geskil verband hou, sal die Tribunaal probeer om die saak deur middel van informele of formele bemiddeling op te los. As die partye nie 'n ooreenkoms kan bereik nie, sal die saak verwys word vir 'n uitspraak tydens 'n formele verhoor.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,796
Enige huurder of eienaar of groepe huurders of eienaars of belangegroep in die Provinsie Wes-Kaap kan klagtes by die Wes-Kaapse Huurbehuisingstribunaal indien.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,797
Bemiddeling is 'n proses wat mense aanmoedig om geskille op te los deur op 'n informele, veilige en vertroulike manier met mekaar te praat. Opgeleide, ervare en onpartydige bemiddelaars help die partye om 'n ooreenkoms te bereik. Die partye besluit wat in die ooreenkoms moet staan, nie die bemiddelaars nie. 'n Ooreenkoms kan 'n bevel van die Tribunaal gemaak word.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,798
'n Verhoor is 'n proses waardeur albei partye hul saak kan stel, met ondersteunende bewyse, sodat die Tribunaal 'n uitspraak kan lewer wat finaal en bindend is vir albei partye. Die uitspraak van die Tribunaal kan slegs deur die Hooggeregshof hersien word.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,799
'n Uitspraak deur die Tribunaal word as 'n bevel van 'n Landdroshof beskou.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,800
doelbewus valse verklarings aflê.
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,801
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
282
GOV-ZA.10727.2010-03-24.af.txt
13,802
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,804
In 2001-2002 het 3 000 leerders van 64 skole opleiding ontvang om entrepreneurs te word.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,805
JASA is met drie programme besig wat entrepreneurskap onder die jeug aanmoedig.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,806
Hierdie program gebruik die skool as basis en is geskik vir leerders vanaf Graad 1 tot Graad 12. Onderwysers gebruik speletjies, nabootsing, projekte en rollespel om kinders te help om 'n begrip vir die ekonomie en vir besigheid te ontwikkel.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,807
Hierdie program is daarop gemik om opleiding in sakevernuf en lewensvaardighede vir senior sekondêre leerders te voorsien. Hierdie vaardighede sal hulle help om in die korporatiewe en sakewêreld in diens geneem te word, en/of hul eie ondernemings te begin. Leerders word uit verskillende kulturele agtergronde gewerf. Nadat hulle aan die program deelgeneem het, kry leerders die geleentheid om die internasionale eksamen vir ondernemers af te lê wat deur die Universiteit van Cambridge in die Verenigde Koninkryk bestuur word.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,808
BESP help jongmense wat nie hul skoolloopbane voltooi het nie, en nie werk kan kry nie. Die program lei jongmense op om hul eie werkgeleenthede te skep en vol te hou.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,809
raadgewing en mentorskap.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,810
Die Umsobomvu-jeugfonds help om geleenthede te skep vir die indiensneming van jongmense en vir entrepreneurskap onder die jeug deur doeltreffende programme te ontwikkel, te befonds en te steun. Die fonds is deur die Suid-Afrikaanse Regering gestig in 'n poging om die hoë werkloosheidsyfer in die land die hoof te bied.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,811
Een van die programme wat deur Umsobomvu bedryf word, is die Bewysprogram vir Sakeontwikkelingsteun (Business Development Support Voucher Programme). 'n Bewys (voucher) is 'n dokument wat aan geselekteerde kliënte gegee word en wat hulle in staat stel om besigheidsteun by goedgekeurde diensverskaffers te koop. Die teikengroep vir die bewysprogram is hoofsaaklik jongmense tussen 18 en 35 jaar wat nie skoolgaan nie, en wat ondersteuningsdienste benodig om in 'n verskeidenheid sektore met ondernemings te begin of hul besighede in verskeie sektore, met inbegrip van toerisme, te verbeter.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,812
Die bewysprogram sal aanvanklik in vyf provinsies van stapel gestuur word, onder andere in die Wes-Kaap.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,813
Vir verdere inligting oor die program in die Wes-Kaap kan jy die Instituut vir Ontwikkelingsdienste by 021 683 1350 skakel.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,814
[email protected] Daar verskyn ook op die BRAIN-webwerf gedetailleerde inligting oor besigheidsdienste wat aan jong entrepreneurs gebied word.
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,815
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
283
GOV-ZA.10822.2010-03-24.af.txt
13,816
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
284
GOV-ZA.10837.2010-03-24.af.txt
13,818
Daar is 'n verskeidenheid dienste beskikbaar om ontluikende onder-nemings by te staan. Die Swart Besigheidsraad en die Swart Besigheidsforum speel albei sleutelrolle om rolspelers rondom die vorming van swart besighede byeen te bring. Hierdie organisasies help om 'n gemeenskaplike front daar te stel vir die ontwikkeling en implementering van 'n nasionale strategie vir die ontwikkeling van swart besighede.
284
GOV-ZA.10837.2010-03-24.af.txt
13,819
Inligting oor 'n verskeidenheid dienste kan ook op die Seda-webwerf bekom word.
284
GOV-ZA.10837.2010-03-24.af.txt
13,820
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
284
GOV-ZA.10837.2010-03-24.af.txt
13,821
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
285
GOV-ZA.10844.2010-03-24.af.txt
13,823
Jaarverslag File type: pdf; size: 2.
285
GOV-ZA.10844.2010-03-24.af.txt
13,824
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
285
GOV-ZA.10844.2010-03-24.af.txt
13,825
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,827
Maak wette wat op die Wes-Kaap van toepassing is.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,828
Is 'n openbare forum vir debatte.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,829
Speel 'n belangrike rol in die toesighouding oor die Provinsiale Regering en om die Regering aanspreeklik te hou.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,830
Dra by tot nasionale kwessies deur deel te neem aan die bedrywighede van die Nasionale Raad van Provinsies.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,831
Elke provinsiale wetgewer kan 'n grondwet vir die spesifieke provinsie aanvaar as twee-derdes van die lede daartoe instem. 'n Provinsiale grondwet moet egter ooreenstem met die nasionale Grondwet soos deur die Grondwetlike Hof bepaal. Die Grondwet van die Wes-Kaapis in 1998 aanvaar.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,832
landbou casino's, perdewedrenne, dobbelary en weddenskappe kultuursake onderwys op alle vlakke, behalwe universiteits- en technikon-opleiding die omgewing gesondheidsdienste behuising taalbeleid natuurbewaring polisiedienste provinsiale openbare media openbare vervoer streeksbeplanning en ontwikkeling padverkeerregulasies toerisme handel- en nywerheidbevordering tradisionele owerhede stedelike en plattelandse ontwikkeling voertuiglisensiëring maatskaplike dienste.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,833
abattoirs ambulansdienste dranklisensies museums wat nie nasionale bewaringsplekke is nie provinsiale beplanning provinsiale kulturele sake provinsiale ontspanning en aktiwiteite provinsiale paaie en verkeer.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,834
In die uitvoering van pligte wat deur die nasionale en Wes-Kaapse grondwette voorgeskryf word, verteenwoordig die Wes-Kaapse Parlement die mense van die provinsie en is dit 'n forum vir die bespreking van provinsiale kwessies.
286
GOV-ZA.10868.2010-03-24.af.txt
13,835
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,837
Die Huurbehuisingstribunaal verskaf 'n gratis diens aan huurders en verhuurders in die Wes-Kaap. Die belangrikste werk is geskilbeslegting tussen huurders en verhuurders. Lees meer oor hoe dit gedoen word.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,838
Die tribunaal is in 2001 gestig en bestaan uit vyf lede (waaronder 'n voorsitter en onder-voorsitter), aangestel deur die Provinsiale Minister van Behuising, wat kennis het oor eiendomsbestuur, behuisingsontwikkeling en verbruikersake wat verband hou met huurbehuising. Die Tribunaal word bygestaan deur die Steunkomponent van die Direktoraat Behuisingsnedersetting.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,839
Verhoudings te harmoniseer tussen verhuurders en huuders in die huurbehuisingsektor.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,840
Los geskille op wat opduik weens onregverdige praktyke.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,841
Lig verhuurders en huurders in oor hulle regte en verpligtinge kragtens die Wet op Huurbehuising.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,842
Maak aanbevelings aan relevante belanghebbers.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,843
Om bestendigheid te bevorder in die huurbehuisingsektor in die Wes-Kaap.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,844
Om meganismes te skep om geskille in die huurbehuisingsektor te besleg.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,845
Om verhore te fasiliteer, ondersoek, bemiddel en te hou om geskille te besleg.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,846
Om verhuurders en huurders in te lig oor hulle regte en verpligtinge as onregverdige en onwettige praktyke sou opduik.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,847
Verhore en bemiddelings word gehou so na as moontlik aan die klagtepunt.
287
GOV-ZA.10906.2010-03-24.af.txt
13,848
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,850
Die inligtingstuk sit die maatreëls uiteen wat getref word om te verseker dat inenting veilig is.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,851
Toe die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 1974 met hulle inentingsprogramme begin het, was minder as 5% van die wêreld se kinders ingeënt. Ses-en-twintig jaar later het dit toegeneem tot 75% van kinders. Miljoene der miljoene kinders se lewens is gered en die las van inenting-voorkombare siektes is aansienlik verlig. Terwyl baie siektes uit die openbare oog verdwyn het, word die debat oor die veiligheid van inenting, ten spyte daarvan, nog heftig gevoer.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,852
'n Gebrek aan openbare vertroue in inentingsprogramme het uitgeloop op 'n gepaardgaande afname in inent-dekkingsvlakke (in sommige lande met 25% teen die middel van die 1990s).
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,853
Wêreldkommunikasie, toenemende verbruikersbewustheid, groter wetenskaplike kennis en 'n oper debat oor gesondheidsake het alles bygedra tot groter openbare bestudering van gesondheidsorgkwessies en meer skeptisisme oor die inherente waarde van inenting.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,854
Klem op Negatiewe Voorvalle na Inenting (NVNI) eerder as op lewens wat gered is en 'n ligter siektelas, het bygedra tot die aanblaas van emosionele reaksies sonder dat die feite noodwendig opgeweeg word. Die aantal groepe wat aktief inligting en kennis oor die gevare en voordele van medisinale produkte inwin het floreer met een openbare gesondheidskrisis wat tot 'n ander gelei het.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,855
Entmiddelverwante negatiewe voorvalle het openbare aandag en kritiek uitgelok. Dit lyk asof die openbare fokus verskuif het van die akute gevaar van dodelike siektes tot langertermyn kommer oor gehalte, veiligheid en billikheid.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,856
Die gevare van siektes en komplikasies weens die weerhouding van inenting behoort aan ouers en gemeenskappe oorgedra te word. Gesondheidsorgwerkers moet ook herinner word aan die groot voordele van inentings.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,857
Geen kind behoort inenting ontsê te word sonder ernstige oorweging van die gevolge, beide vir die kind en die gemeenskap nie.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,858
Die WGO en hulle vennote het oor die jare voortgesette pogings en bronne in werking gestel om die veiligheid van inenting te verbeter. Nuwe leweringstegnologie, onder meer die outo-weggooibare spuitnaald (wat voorkom dat die spuitnaald weer gebruik kan word) is ingestel.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,859
Elke land het 'n Nasionale Beheergesag (NBG) wat die gehalte van entmiddels beoordeel, of dit nou plaaslik vervaardig of ingevoer is, en uiteindelik die openbare gebruik daarvan goedkeur of verwerp. Die WGO beskou 'n entmiddel as van goeie gehalte op voorwaarde dat 'n onafhanklike NBG die entmiddel beheer het in ooreenstemming met die vereistes wat deur die WGO gestel is. Daar behoort geen oorblywende probleme te wees met die gehalte van die entmiddel nie. Alle entmiddels wat in die nasionale inentingsprogramme gebruik word, behoort ten minste aan die WGO gehaltevereistes te voldoen.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,860
Entmiddels word getoets vir veiligheid en doeltreffendheid in kliniese toetse en dan in massaproefnemings voordat dit geregistreer en in Suid-Afrika beskikbaar gestel word. Alle entmiddels word beoordeel deur die NBG in Suid-Afrika, naamlik die Medisynebeheerraad (MBR) om doeltreffendheid, gehalte en veiligheid te verseker voor registrasie en goedkeuring vir bemarking.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,861
Alle entmiddels wat gebruik word in die UPI(SA)-program word volgens streng veiligheidriglyne vervaardig. Dié entmiddels voldoen aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se standaarde van gehalte, veiligheid en doeltreffendheid.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,862
Entmiddelbesendings wat bedoel is vir gebruik in die land word voor vrystelling getoets by die Nasionale Beheerlaboratorium (NBL) in Bloemfontein. Nadat dit ingebring is in die inentskedule word die veiligheid en doeltreffendheid deurlopend getoets deur proefnemings en na-bemarkingstoetsing deur die MBR, UPI-program en Entmiddelverskaffers.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,863
Die UPI-program in Suid-Afrika het in al die provinsies 'n aktiewe toesigstelsel ingestel vir Negatiewe Voorvalle Na Inenting (NVNI's), 1995.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,864
te verseker dat enige geval van die aard hanteer word op 'n manier wat aanvaarbaar is vir die pasiënt, die ouers en die inenters.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,865
NVNI's kan wissel van gewone rooiheid en seerheid om die inentplek, tot seldsame, ernstige toestande soos die moontlike gevaar van 'n ernstige allergiese reaksie in 1:100 000 tot 1:1 000 000 dosisse van maselsentmiddel.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,866
In die heftige debatte wat inenting uitlok, is dit belangrik om die NVNI's in perspektief te plaas. Entmiddels is bekend as onder die veiligste en kostedoeltreffendste gesondheidsingrypings.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,867
Verslae wat inenting verbind met 'n NVNI wat later as 'n toevalligheid en ongeregverdig bewys word, kom steeds voor. Dié ongegronde verslae wat nie ten volle ondersoek is nie, kan die beeld van die program baie skade berokken. Argumente teen inenting se doeltreffendheid kom van ongeregverdigde vrese en wanopvattings. Dit is belangrik om te onthou dat die GEVAAR van die SIEKTE baie groter is as die RISIKO van die INENTING.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,868
Dit is die gesamentlike verantwoordelikhede van regerings, regulerende owerhede, die farmaseutiese bedryf, gesondheidsorgverskaffers en gemeenskappe om enige ongewone voorvalle wat met inenting verband hou aan te meld. Daar is 'n behoefte om te reageer met feite en empatie vir die kommer van ouers en gemeenskappe.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,869
Die benadering vereis 'n kombinasie van 'n houding van sorg teenoor ouers en kleuters, die nuutste kennis en 'n positiewe houding teenoor inenting. Dit is nie nodig om op die verdediging te wees oor inenting nie. Dit is 'n bekende feit dat die inent-voorkombare siektes ernstig is en dat inenting dit voorkom!
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,870
Nuwe uitdagings op die gebied van entmiddelontwikkeling en entmiddelveiligheid lê voor. Meer ingewikkelde entmiddels word ontwikkel en getoets en kan al hoe meer gesofistikeerde keurings- en moniteringstelsels vereis. Terselfdertyd behoort dié entmiddels leweringskedules in te kort, leweringstegnologië te vereenvoudig en goeie prys/voodeel verhoudings in oorhoofse openbare gesondheidsterme te bied.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,871
Met die uitsondering van verbeterde behuising, sanitasie en die verskaffing van skoon water, het entmiddels ongeëwenaarde sukses behaal in die vermindering van die voorkoms van sterftes en siektes. Dié sukses, kan in teenstelling aanleiding gee tot 'n oordrewe klem op entmiddel newe-effekte.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,872
Risikokommunikasie bied 'n stel toerusting vir die uiteensetting van gevare in verhouding tot voordele. Wanneer ons verwys na die veiligheid van enige middel, praat ons van relatiewe veiligheid, dit is veiligheid in verhouding tot die alternatief van om nie entmiddels te gebruik nie.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,873
Die UPI-program sal hulle werk met alle vennote voortsit om alle aspekte van inenting te verbeter, soos entmiddelveiligheid, opleiding en samewerking met die bedryf om leweringstegnologië te verbeter.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,874
Dit is deur die verbetering van die gehalte van gesondheidsorg en deur die voordele wat voorkomende gesondheidsmaatreëls soos inenting kan lewer in gedagte te hou, dat môre se wêreld 'n gesonder plek sal wees.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,875
Die Departement van Gesondheid sal steeds die voordele van inenting bevorder onder alle Suid-Afrikaners, alle gesondheidsorgwerkers en die gesondheidsorgverskaffers.
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,876
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
288
GOV-ZA.109367.2010-03-24.af.txt
13,877
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,879
Jy moet jou kind se geboorte binne 30 dae laat registreer.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,880
n Geboortesertifikaat word uitgereik wanneer 'n kind by die staat geregistreer is. Dit bevat die besonderhede van die kind en word vereis as bewys van identiteit.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,881
Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primêregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan...
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,882
Swanger meisies en vroue word na moedersorgdienste of obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's) in stedelike gebiede verwys, en na satelliet- of vaste klinieke in die plattelandse gebiede. OEV's is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Dit is raadsaam...
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,883
Moeders kan geboorte skenk by vaste klinieke of by obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens, wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheidsorgpasiënte. Indien daar tydens die geboorte komplikasies ontstaan, kan hulle verder na 'n hospitaal verwys word. Moeders wat MIV-positief is, kan...
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,884
Nageboortedienste raak beskikbaar nadat die moeder en haar pasgebore baba uit die OEV of kliniek ontslaan is. Dit gebeur gewoonlik ses uur ná die geboorte indien die moeder en baba albei in goeie gesondheid verkeer.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,885
Daar word beraam dat 150 000 kinders wat jaarliks in Suid-Afrika gebore word, deur 'n beduidende geboortedefek of genetiese afwyking geaffekteer word teen die tyd dat hulle vyf jaar oud is.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,886
Fetale-alkoholsindroom of FAS is die algemeenste voorkombare vorm van intellektuele gestremdheid in die wêreld, en tog is dit 'n ernstige openbaregesondheidsprobleem in die Wes-Kaap.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,887
Moeder-na-kind-oordrag kom voor wanneer MIV, die virus wat vigs veroorsaak, tydens swangerskap, tydens geboorte of tydens borsvoeding van 'n moeder na haar baba oorgedra word.
289
GOV-ZA.1104.2010-03-24.af.txt
13,888
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
290
GOV-ZA.11046.2010-03-24.af.txt
13,890
U kan toerismebrosjures oor Suid-Afrika aanlyn bestel. Die brosjures is beskikbaar in Engels, Nederlands, Italiaans, Frans en Duits.