document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,031 | Niks sal aan toeval oorgelaat word wat die sekuriteit van die verrigtinge en die veiligheid van die land aanbetref nie. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,032 | R665 miljoen sal spandeer word om die allernuutste en beste toerusting aan te koop, insluitend skarebeheer-toerusting, onbemande vliegtuie, helikopters, 10 waterkanonne, 100 BMW's vir snelwegpatrollies en koeëlvaste klere. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,033 | Vier hoëtegnologie- mobiele bevelsentrums sal lewendige beeldmateriaal van die vliegtuie en ander kameras af ontvang. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,034 | 'n Toegewyde mag van 41 000 amptenare sal spesifiek vir die 2010 FIFA-wêreldbeker ontplooi word. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,035 | Het jy geweet? |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,036 | Tydens die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling was Suid-Afrika aan die voorpunt van die ontwikkeling van 'n sekuriteitstelsel was erken word as 'n nuwe internasionale maatstaf - en wat sedertdien deur die Verenigde Nasies aanvaar is as die model vir gebruik tydens groot gebeurtenisse. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,037 | R1,5 biljoen word belê in die opgradering van grensposte, en voorbereidings vir die 2010 FIFA-wêreldbeker verbeter immigrasie-prosedures vir toegang tot en vertrek uit die land. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,038 | Ons sal wedstryd-spesifieke visums bied wat die kaartjiehouer sal toelaat om makliker in die land in te kom. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,039 | Dit sluit vinniger immigrasieprosesse by grensposte in met behulp van "bespoedigde" bane en gevorderde passasier-prosessering waar reisigers gekontroleer word voordat hulle op die vliegtuig na hul bestemming klim. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,040 | Nagenoeg 415 000 nuwe werksgeleenthede sal geskep word deur die aanbieding van die toernooi. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,041 | Omtrent 80 000 nuwe werksgeleenthede is in die gasvryheidsbedryf geskep en 40 000 in die boubedryf. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,042 | Min of meer R55,7 biljoen sal in 2010 by ons bruto binnelandse produk gevoeg word. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,043 | Nagenoeg R2 biljoen van die geld wat aan nuwe stadions bestee word, sal direk tot voordeel van lae-inkomste-huishoudings strek. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,044 | Omtrent R8,5 biljoen sal in 2010 deur buitelandse besoekers in Suid-Afrika bestee word. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,045 | Tussen 2007 en 2015 sal 'n bykomende twee miljoen internasionale toeriste Suid-Afrika besoek danksy ons aanbieding van die toernooi. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,046 | Bekend as die fees van die kampioene, word hierdie aptytwekker tot die FIFA-wêreldbeker tussen die wenners van elk van die FIFA-konfederasie-streekstoernooie, die vorige FIFA-wêreldbeker-wenner en die volgende FIFA-wêreldbeker-gasheerland gespeel. Met die opwinding van wêreldklas-spanne - insluitend drie van die wêreld se top-vier-spanne - en die energie van 'n nasie met sokkerkoors, is dit 'n ervaring wat nie misgeloop moet word nie. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,047 | Egipte is ongetwyfeld een van die grootste magte in Afrika-sokker. Hulle is die suksesvolste span in die geskiedenis van die Afrikabeker, met ses titels. Afrigter: Hassan Shehat. FIFA-rang: 22. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Hossam Hassan, Ahmed Hassan, Amr Zaky, Mohamed Zidan. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,048 | Die aanvallende speelstyl en deeglike tegniek maak hulle waardige aanspraakmakers as die kampioene van Asië. Afrigter: Jorvan Vieira. FIFA-rang: 77. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Younis Mahmoud, Noor Sabri, Bassim Abbas, Nashat Akram. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,049 | Spanje is tans nommer een op die amptelike FIFA-wêreldranglys. Afrigter: Vicente Del Bosque. FIFA-rang: een. FIFA-konfederasiebekerverskynings: debuut. Vernaamste spelers: Fernando Torres, Xabi Alonso, Iker Casillas, Sergio Ramos. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,050 | Die VSA word beskou as 'n sluimerende reus in die sokkerwêreld nadat hulle vir die afgelope vyf FIFA-wêreldbekertoernooie gekwalifiseer het en in 2007 die CONCACAF Gold Cup-titel behou het deur Mexiko 2-1 te klop. Afrigter: Bob Bradley. FIFA-rang: 21. FIFA-konfederasiebekerverskynings: drie. Vernaamste spelers: Damarcus Beasley, Landon Donovan, Clint Dempsey, Tim Howard. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,051 | Geen ander span in die geskiedenis het al soveel sukses soos Brasilië behaal nie. Nie net het hulle van die grootste name in sokker soos Pelé en Ronaldinho opgelewer nie, maar hulle is ook die enigste span wat aan elke enkele FIFA-wêreldbeker sover deelgeneem het. Afrigter: Dunga. FIFA-rang: vier. FIFA-konfederasiebekerverskynings: vyf (twee keer gewen). Vernaamste spelers: Ronaldinho, Adriano, Gilberto, Robinho. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,052 | Die "All Whites" soos hulle alom bekend staan, het sover aan elke OFC-nasies-beker sedert 1973 deelgeneem, en altesaam vier keer gewen. Afrigter: Ricki Herbert. FIFA-rang: 54. FIFA-konfederasiebekerverskynings: twee. Vernaamste spelers: Simon Elliot, Ryan Nelson, Chris Killen, Shane Smeltz. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,053 | Met een CAF-Afrikabeker- en twee COSAFA-beker-titels agter hul naam, is "Bafana Bafana" gereed om hul slag as gasheer te wys. Afrigter: Joel Santana. FIFA-rang: 85. FIFA-konfederasiebekerverskynings: een. Vernaamste spelers: Benni McCarthy, Aaron Mokoena, Steven Pienaar, Teko Modise. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,054 | Italië is een van die sokkerwêreld se kragtigste spanne met vier FIFA-wêreldbeker-oorwinnings. Afrigter: Marcello Lippi. FIFA-rang: twee. FIFA-konfederasiebekerverskynings: debuut. Vernaamste spelers: Fabio Cannavaro, Andrea Pirlo, Luca Toni, Gianluigi Buffon. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,055 | Geniet wêreldklas-sokker vanaf slegs R70 - Bespreek jou sitplek en wees deel van die Kampioenskap van Kampioene. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,056 | Doen aanlyn aansoek by www.FIFA.com of by enige Eerste Nasionale Bank-tak landswyd. |
230 | GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt | 13,057 | Afgelei van die Suid-Sotho-woord vir "saamvoeg", verteenwoordig die "Kopanya"-bal se naam die feit dat die sokkerwêreld in Junie 2009 vir die eerste keer in Afrika bymekaarkom. Die ontwerp van die bal is geïnspireer deur die geometriese kunswerk van die Ndebele-mense. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,059 | Join the partnership between government and society to voice support for victims of abuse. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,060 | Wear a white ribbon to show your commitment. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,061 | Participate in the various 16 Days of Activism events and activities taking place from 25 November - 10 December: Look out for details in your area or get more information at: www.womensnet.org. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,062 | Volunteer your time and help out at non-governmental organisations and community groups who support abused women and children. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,063 | Make a donation to the Foundation for Human Rights (FHR) for organisations working to end violence against women and children. For more information, go to: www.fhr.org. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,064 | Speak out against women and child abuse. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,065 | challenge abuse. Report child abuse to the police. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,066 | Join your local Community Police Forum (CPF) or Community Safety Forum (CSFs) and help to fight crime in your area. For more information on how to join, contact your local police station. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,067 | If you are being abused or know of someone who is being abused, don't look away - get help. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,068 | services call 1020, toll-free from a landline. |
231 | GCIS. HangerText.2010-10-19.af.txt | 13,069 | services call 1020, toll-free from a landline. |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,071 | Kom ons vier die inhuldiging van ons land se nuwe President! |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,072 | Miljoene Suid-Afrikaners het op 22 April 2009 in die algemene verkiesing gestem. Deur te stem het die mense van Suid-Afrika deelgeneem aan die demokratiese proses om 'n nuwe President vir die land te kies. Noudat die uitslae bekendgemaak is, is dit tyd vir die nuwe President van Suid-Afrika om ingehuldig te word. |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,073 | Wat is 'n inhuldiging? |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,074 | 'n Inhuldiging is 'n formele seremonie wat die aanbreek van die nuwe Regering se ampstermyn aandui. Op hierdie dag word die nuwe President deur die Hoofregter van Suid-Afrika beëdig. Staats- en regeringshoofde sowel as verteenwoordigers van ander lande se regerings gaan hierdie belangrike gebeurtenis bywoon. Daar sal ook musiek, kulturele en ander aktiwiteite by die seremonie wees om die dag te vier. |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,075 | Wanneer vind die inhuldiging plaas? |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,076 | Hierdie jaar vind die inhuldiging vanaf 11:00 op Saterdag, 9 Mei 2009 by die Uniegebou in Pretoria plaas. |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,077 | Hoekom is hierdie dag belangrik? |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,078 | Ons vier op hierdie dag ons land se prestasies ten opsigte van demokrasie en die regte en geleenthede wat ons nou in 'n demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika kan geniet. Dit is 'n dag waarop ons as 'n nasie kan verenig om opnuut te bou aan 'n Suid-Afrika waarop ons almal trots kan wees. |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,079 | Hoe kan jy deel wees van die inhuldiging? |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,080 | Verskeie televisie- en radiostasies sal op 9 Mei 2009 die inhuldiging direk uitsaai - skakel in! |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,081 | Daar word ook gebeurtenisse beplan in verskeie gemeenskappe regoor die land - wees deel daarvan! |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,082 | Vir besonderhede oor 'n gebeurtenis in jou area, skakel 1020 (tolvry vanaf 'n landlyn). |
232 | GCIS. Inaugurationleaflet.2010-10-19.af.txt | 13,083 | Verenig om Lewens Saam te Verbeter! |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,085 | Die Week van Openbare Deelname is 'n platform om dialoog en interaksie tussen die Regering en die publiek te bevorder. Dit bied 'n geleentheid vir die Regering om die Program van Aksie en vordering wat gemaak word, oor te dra. Dit moedig deelname en vennootskap tussen die publiek en die Regering aan. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,086 | Die Week van Openbare Deelname bied 'n geleentheid vir die Regering om met gemeenskappe te skakel en verslag te doen oor die uitvoering van die Program van Aksie. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,087 | Direkte wisselwerking tussen die drie regeringsfere (nasionale, provinsiale en plaaslike regering) en die publiek bevestig dat die Regering in voeling is met die mense. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,088 | Tydens hierdie week is daar wisselwerking tussen gemeenskappe en die Regering met behulp van gevestigde forums soos wykskomitees en afdelingsvergaderings om uitdagings te noem en oplossings te deel. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,089 | Die klem is op die herbevestiging van gemeenskappe as medeskeppers om oplossings te vind, met die ondersteuning van 'n regering wat aktief betrokke is. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,090 | Die Presidensiële blitslyn het bykomende maatreëls daargestel om kommunikasie tussen die Regering en die publiek te bevorder en om dienslewering te bespoedig. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,091 | Ons is besig om die uitdagings wat reeds geïdentifiseer is, aan te spreek deur verskeie interaksies en studies. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,092 | Ons het merkbare vordering gemaak gedurende die afgelope 15 jaar van vryheid, alhoewel daar steeds baie uitdagings is. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,093 | Die persentasie huishoudings met toegang tot water het toegeneem van 61,7% in 1994 tot 91,8% in Maart 2009, maar meer moet gedoen word om dienste uit te brei na die res van die samelewing. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,094 | Ons het nader beweeg aan die bereiking van ons doelwit om die emmerstelsel in formele nedersettings uit te wis. Die teiken vir universele toegang is 2014. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,095 | Ons is steeds besorg oor die hoë vlakke van werkloosheid, armoede, onvoldoende gesondheidsorg en onderontwikkeling, veral in landelike en informele nedersettings. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,096 | Ons hoop om hierdie forums te gebruik om met openbare verteenwoordigers te skakel en te verhoed dat eiendom en geriewe wat bedoel is om die publiek te dien, beskadig word. |
233 | GCIS. KeyMessagesPublicParticipationWeek.2010-10-19.af.txt | 13,097 | Ons is bekommerd oor die stadige pas van dienslewering wat aan gemeenskappe belowe is. Ons weet dat ons gouer meer gaan vermag as ons in strategiese vennootskappe saamwerk. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,099 | om u bystand en persoonlike betrokkenheid te versoek om, vanuit u gesagsposisie, sleutelboodskappe oor influensa A (H1N1) 2009 doeltreffend binne u organisasie en aan die werkers oor te dra. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,100 | Die amptelike wetenskaplike naam van die siekte is pandemiese influensa A (H1N1) 2009. Dit het in April vanjaar in Mexiko en die Verenigde State van Amerika (VSA) ontstaan. Dit het aanvanklik as varkgriep bekendgestaan, want daar is geglo dat dit van varke afkomstig was. Nou word verstaan dat dit 'n mengsel is van mens- en voëlelemente. Dus het die siekte niks te doen met die verbruik van vark of varkprodukte nie. Dit word nou eenvoudig genoem pandemiese influensa, of verkieslik by sy amptelike naam, influensa A (H1N1) 2009. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,101 | Sedert April vanjaar het die virus wêreldwyd vinnig na 166 lande versprei. In Afrika het dit tot dusver na slegs 16 lande versprei. Terwyl ek hierdie brief skryf, het die virus reeds wêreldwyd 177 457 mense geïnfekteer (laboratorium-bevestig), met 1 457 bevestigde sterftes. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,102 | Daar is in Suid-Afrika tot op hede 2 844 bevestigde gevalle, met ses sterftes. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,103 | Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ná die vierde Noodkomiteevergadering wat op 11 Junie 2009 gehou is, tot die gevolgtrekking gekom dat daar voldoen is aan die voorwaardes vir 'n pandemie, en die Direkteur-generaal, dr Margaret Chan, het 'n pandemie (fase 6) verklaar. Dit beteken bloot dat die siekte na lande in al die streke van die WGO versprei het, en baie vinnig versprei. Ek wil egter benadruk dat die pandemieverklaring nie beteken dat die siekte hewig is nie. Dit beteken bloot dat dit oral versprei. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,104 | Die WGO het op 6 Julie 2009 die verspreiding van die pandemie binne die lande wat daardeur geraak is, en na ander lande, as onvermydelik en onstuitbaar beskryf. Hoe dit ook sy, hulle het gelukkig ook opgemerk dat die meeste mense wat die virus opdoen, ligte simptome het. Nogtans is ons as gesondheidsbeamptes, wêreldwyd en plaaslik, steeds bekommerd oor die sterftes wat tot dusver voorgekom het (wêreldwyd 0,8%, en in Suid-Afrika 0,2%, van geïnfekteerde mense). Die virus infekteer meestal individue in die ouderdomsgroep tien tot 29 jaar - die meeste van hierdie individue woon skole of instellings van hoër onderrig by. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,105 | Die WGO se raad is dat lande hulle daarop moet toelê om die invloed van die siekte op gemeenskappe te versag. Doeltreffende kommunikasie is hierin die sleutel. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,106 | Die siekte word versprei deur druppelbesmetting (d.i. wanneer 'n geïnfekteerde persoon hoes of nies, en jy die lug inasem waarin hulle genies of gehoes het. Selfs al sou hulle in die rigting van 'n oppervlak hoes, en jy asem van die lug rondom in, kan jy geïnfekteer word). |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,107 | n algemene gevoel van ongesteldheid. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,108 | Die oorgrote meerderheid mense wêreldwyd het ligte simptome en sal nie enige gespesialiseerde mediese sorg benodig nie. Mense met ligte simptome moet dus behandel word soos vir gewone griep. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,109 | diarree en tekens van ontwatering. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,110 | erge slaperigheid en bewusteloosheid. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,111 | Enigeen met matige of erge simptome moet dringend mediese hulp vra en ontvang. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,112 | Amptelike toetsing word gedoen deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) wat in Gauteng geleë is. Die werk is onlangs ook na die Wes-Kaap "gedensentraliseer". Toetsing word op aanbeveling van 'n geneesheer gedoen. Pasiënte wat binne die openbaregesondheidstelsel sorg verlang, moet nie 'n laboratoriumtoets aanvra nie. Ons merk op dat dit tans die geval is binne die privategesondheidsorgstelsel, maar dit word nie deur die WGO aanbeveel nie. Dokters moet verdagte gevalle behandel ooreenkomstig protokolle wat deur die Departement van Gesondheid verskaf word. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,113 | Die voorkeurbehandelingsmiddel is Tamiflu. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,114 | met erge simptome. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,115 | Massabehandeling met Tamiflu kan tot middelweerstandigheid lei wat die middel ondoeltreffend maak, selfs vir individue wie se lewe dit kan red. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,116 | Ervaring wêreldwyd het geleer dat die sluit van skole, instellings van hoër onderrig, koopsentrums en werkplekke nie die verspreiding van die siekte doeltreffend teëhou nie. Dit het eerder erge maatskaplike ontwrigting veroorsaak. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,117 | Ons raad is dat enige leerder, opvoeder of werker met ligte simptome tuisbly. Indien daar baie leerders en/of opvoeders is wat wegbly, moet die instelling wat geraak word met die Departemente van Basiese Onderwys en Hoër Onderwys en Opleiding oorleg pleeg, wat saam met die gesondheidsowerhede oor die nodige optrede sal besluit. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,118 | Was jou hande dikwels met seep. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,119 | Hoes of nies in 'n sneesdoekie of in jou mou. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,120 | Moet nooit in jou hande hoes nie; hoes eerder in jou elmboog. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,121 | Indien jy noodgedwonge in jou hande moes hoes, moenie aan enigiets soos deurhandvatsels, vensters, tafeloppervlakke of werktuie raak voordat jy nie jou hande met seep gewas het nie. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,122 | Indien jy ligte simptome beleef, bly tuis en vermy kontak met mense. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,123 | Ek wil u verseker dat wetenskaplikes wêreldwyd in samewerking met die WGO hulle bes doen om 'n vaksine te vervaardig. Indien alles goed verloop, kan sodanige vaksine binne 'n paar maande beskikbaar wees. Daar sal egter waarskynlik 'n oorweldige aanvraag wees vir die vaksine, terwyl die produksievermoë (waaroor Afrika nie beskik nie) beperk is. |
234 | GCIS. LetterToOrganisedLabour.2010-10-19.af.txt | 13,124 | Dankie dat u hierdie brief aan u gelees het, en by voorbaat dankie vir u daadwerklike betrokkenheid by die oordra van inligting oor, en die versagting van, die gevolge van die siekte. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,126 | om u bystand en persoonlike betrokkenheid te versoek om, vanuit u gesagsposisie, sleutelboodskappe oor influensa A (H1N1) 2009 doeltreffend binne u gemeente en gemeenskap oor te dra. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,127 | Die amptelike wetenskaplike naam van die siekte is pandemiese influensa A (H1N1) 2009. Dit het in April vanjaar in Mexiko en die Verenigde State van Amerika (VSA) ontstaan. Dit het aanvanklik as varkgriep bekendgestaan, want daar is geglo dat dit van varke afkomstig was. Nou word verstaan dat dit 'n mengsel is van mens- en voëlelemente. Dus het die siekte niks te doen met die verbruik van vark of varkprodukte nie. Dit word nou eenvoudig genoem pandemiese influensa, of verkieslik by sy amptelike naam, influensa A (H1N1) 2009. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,128 | Sedert April vanjaar het die virus wêreldwyd vinnig na 166 lande versprei. In Afrika het dit tot dusver na slegs 16 lande versprei. Terwyl ek hierdie brief skryf, het die virus reeds wêreldwyd 177 457 mense geïnfekteer (laboratorium-bevestig), met 1 457 bevestigde sterftes. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,129 | Daar is in Suid-Afrika tot op hede 2 844 bevestigde gevalle, met ses sterftes. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,130 | Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ná die vierde Noodkomiteevergadering wat op 11 Junie 2009 gehou is, tot die gevolgtrekking gekom dat daar voldoen is aan die voorwaardes vir 'n pandemie, en die Direkteur-generaal, dr Margaret Chan, het 'n pandemie (fase 6) verklaar. Dit beteken bloot dat die siekte na lande in al die streke van die WGO versprei het, en baie vinnig versprei. Ek wil egter benadruk dat die pandemieverklaring nie beteken dat die siekte hewig is nie. Dit beteken bloot dat dit oral versprei. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,131 | Die WGO het op 6 Julie 2009 die verspreiding van die pandemie binne die lande wat daardeur geraak is, en na ander lande, as onvermydelik en onstuitbaar beskryf. Hoe dit ook sy, hulle het gelukkig ook opgemerk dat die meeste mense wat die virus opdoen, ligte simptome het. Nogtans is ons as gesondheidsbeamptes, wêreldwyd en plaaslik, steeds bekommerd oor die sterftes wat tot dusver voorgekom het (wêreldwyd 0,8%, en in Suid-Afrika 0,2%, van geïnfekteerde mense). Die virus infekteer meestal individue in die ouderdomsgroep tien tot 29 jaar - die meeste van hierdie individue woon skole of instellings van hoër onderrig by. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,132 | Die WGO se raad is dat lande hulle daarop moet toelê om die invloed van die siekte op gemeenskappe te versag. Doeltreffende kommunikasie is hierin die sleutel. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,133 | Die siekte word versprei deur druppelbesmetting (d.i. wanneer 'n geïnfekteerde persoon hoes of nies, en jy die lug inasem waarin hulle genies of gehoes het. Selfs al sou hulle in die rigting van 'n oppervlak hoes, en jy asem van die lug rondom in, kan jy geïnfekteer word). |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,134 | n algemene gevoel van ongesteldheid. |
235 | GCIS. LetterToReligiousLeaders.2010-10-19.af.txt | 13,135 | Die oorgrote meerderheid mense wêreldwyd het ligte simptome en sal nie enige gespesialiseerde mediese sorg benodig nie. Mense met ligte simptome moet dus behandel word soos vir gewone griep. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.