document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,929
Die verantwoordelikheid van die wetgewer is om toesig te hou oor die werk van die uitvoerende raad, om die wetsontwerpe wat deur die uitvoerende raad ingedien word, te oorweeg en goed te keur en om wetgewing wat deur hul eie lede ingedien word, voor te stel en te oorweeg.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,930
Die mense van die provinsie moet lede van die wetgewer aanspreeklik hou, aangesien hulle die direkte verteenwoordigers van die mense is.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,931
Alhoewel die wetgewende gesag die wet maak, is dit die verantwoordelik-heid van die howe om die oortreders daarvan te straf.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,932
Anders as die ander twee dele van die regering, word die regsprekende gesag nie verkies nie, maar is onafhanklik. Die howe is verant-woordelik vir die verhoor van mense wat van die oortreding van die wet beskuldig word en indien hulle skuldig bevind word, hulle dien-ooreenkomstigte te straf.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,933
Om te verseker dat die mense die regering het wat hulle steun, s die Grondwet dat daar ten minste elke vyf jaar 'n verkiesing gehou moet word. In 'n verkiesing mag elkeen ouer as 18 jaar vir die party van sy/haar keuse stem. Die party met die meeste stemme sal die regering vorm wat die land vir die volgende termyn van vyf jaar regeer.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,934
In 1994 het alle Suid-Afrikaners ouer as 18 jaar vir die eerste keer vir ‘n nuwe Parlement gestem. In 1999 is daar weer verkiesings gehou en daar sal elke vyf jaar daarna gehou word. Tydens hierdie verkiesings stem ons almal vir die politieke party wat ons steun. Die party wat die meeste stemme kry, is die meerderheidsparty en sal die nuwe regering vorm.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,935
Die persone vir wie u gestem het, is aanspreeklik teenoor u, want dit is u wat hulle gekies het. Hulle moet luister na wat u sê en hulle moet seker maak dat die kiesers se sienswyses in ag geneem word wanneer hulle vir wette stem.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,936
Die verkose partye moet terugvoer gee oor die besluite wat in die Parlement gemaak word. Alles wat hulle sê of doen moet openlik geskied sodat u, die kiesers, kan weet watter besluite daar geneem word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,937
Behalwe die provinsiale wetgewer, word elke provinsie ook in die Nasionale Parlement deur die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) verteenwoordig. Die NRVP is deur die Grondwet geskep om ‘n sterker verhouding tussen die Nasionale Parlement en die nege provinsies te bou.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,938
Die NRVP verteenwoordig al nege provinsies deur hul onderskeie afvaardigings. Elke provinsie is geregtig op ‘n afvaardiging van tien persone onder leiding van die Premier of sy/haar verteenwoordiger.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,939
Die afgevaardigdes waaruit elke afvaardiging bestaan, kom van die Provinsiale Wetgewer, en weerspieël die sterkte van die verskillende partye in die provinsie. Die politieke hoof van die NRVP is die Voorsitter en een permanente Adjunkvoorsitter asook een roterende Adjunkvoorsitter ondersteun hom/haar. Die NRVP vorm deel van die nasionale wetgewende proses waar provinsies as provinsies kan stem oor sake wat provinsies raak en as verteenwoodigers van hul onderskeie partye oor sake van nasionale belang.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,940
Die doel van die NRVP is om vanuit ‘n provinsiale oogpunt bydraes tot nasionale sake te lewer. Indien u bydrae wil lewer in enige saak wat op nasionale vlak bespreek word, kan u dit by monde van die NRVP doen.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,941
Een van die reëls wat in die Grondwet uiteengesit is, sê daar moet openbare toegang en betrokkenheid in die Parlement en die wetgewer wees. Dit beteken u het die reg om vergaderings van die komitees van die wetgewer en sittings van die wetgewer by te woon.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,942
Dit beteken ook dat u die reg het om enige persoon te kontak wat u verteenwoordig, naamlik lede van die wetgewer, lede van die Nasionale Raad van Provinsies en lede van die Nasionale Vergadering.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,943
Onthou, dit is u reg en grondwetlike verpligting om u verteenwoordigers oor u sienswyses in te lig.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,944
Elke stem is belangrik.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,945
Die nege provinsies wat ingevolge die Grondwet geskep is, het aanleiding tot 'n nuwe stelsel van tweede-vlak-regering gegee. Die posisie van provinsiale regering en plaaslike regering, wat as 'n aparte regeringsvlak erken word, is in die Grondwet verskans.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,946
Ooreenkomstig die Grondwet, het elk van die nege provinsies sy eie wetgewer bestaande uit tussen 30 en 80 lede, afhangend van die grootte van die bevolking.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,947
Elke party wat genoeg stemme in die verkiesing gekry het, het lede in die wetgewer. Die party wat die meeste stemme gewen het, is die party wat die meeste lede in die wetgewer sal hê. Hierdie stelsel staan bekend as proporsionele verteenwoordiging.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,948
Elke party hou gereeld 'n koukus. Die koukus is waar die party besluit hoe dit sake voor die wetgewer gaan hanteer. Koukusvergaderings word nie openlik gehou nie, want dit is juis hier waar partye moet besluit oor hulle strategieë en oor sake wat hulle as party raak.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,949
mag 'n provinsiale wetgewer ‘n grondwet vir sy provinsie aanneem indien twee-derdes van sy lede saamstem. 'n Provinsiale grondwet moet egter met die Nasionale Grondwet ooreenstem en deur die Grondwetlike Hof bevestig word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,950
Die voorsittende beampte in die wetgewer staan bekend as die Speaker van die Wetgewer. Hy/sy word deur die lede van die wetgewer gekies. Sy/haar verantwoordelikheid is om die wetgewer te bestuur en om by vergaderings van die wetgewer as voorsittende beampte op te tree. 'n Adjunkspeaker wat ook deur die lede van die wetgewer verkies word, ondersteun die Speaker. Die voorsittende beamptes moet verseker dat alle lede van die wetgewer ten alle tye die reëls van die wetgewer gehoorsaam.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,951
Die swepe is verantwoordelik vir die organisering van hul eie politieke partye in die wetgewer. Hulle moet verseker dat die party administrasie doeltreffend funksioneer en hulle moet ook vir sprekers en stemmery in die Huis reël.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,952
Elke politieke partye het sy eie swepe onder leiding van 'n hoofsweep wat uit die lede van die meerderheidsparty verkies word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,953
Die Nasionale Vergadering, die NRVP en die provinsiale wetgewer het 'n leier van regeringsaangeleenthede.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,954
Die leier van regeringsaangeleenthede (leier van die Huis) word deur die uitvoerende raad aangestel en verteenwoordig die uitvoerende raad in die parlement/wetgewer.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,955
Die leier van die Huis, tesame met die voorsittende beamptes en swepe van partye help met die koördinering en skedulering van sake voor die wetgewer.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,956
Daar is drie soorte komitees in die wetgewer, naamlik staande, huishoud-elike en ad-hoc-komitees.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,957
Staande en huishoudelike komitees bly permanent, terwyl ad-hoc-komitees tydelik is. Hulle bestaan slegs totdat die saak wat aan hulle toevertrou is, afgehandel is.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,958
Huishoudelike komitees bestuur die interne sake rakende lede en prosedures van die wetgewer.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,959
Die staande komitees staan ook bekend as portefeulje-komitees en dek alle portefeuljes van die uitvoerende raad van die provinsie.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,960
Elk van die verskeie regeringsdepartemente word deur een van die portefeulje-komitees van die wetgewer hanteer.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,961
Komitees kan sake wat onder hulle aandag gebring word, ondersoek, en is ook verantwoordelik vir die meeste van die werk met betrekking tot wetsontwerpe.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,962
Komitees bespreek, maak wysigings en voeg bydraes van die publiek by die wetsontwerpe.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,963
Portefeulje-komitees kan ook LUR'e en ander strukture binne die departemente vra om te besin oor die werk wat deur hulle verrig is.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,964
Tydens die sittings van die wetgewer vind die finale goedkeuring van wetsontwerpe plaas en partye kan oor hierdie wetsontwerpe debatteer. Die Grondwet stel dit duidelik dat die provinsiale wetgewer die ware mag moet hê om wetsontwerpe (konsepwette) wat van die uitvoerende raad af kom, te bespreek, te wysig of selfs af te wys. Dit beteken dat komitees in die wetgewer ‘n baie belangrike rol het om te speel.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,965
Jaarliks verleen die wetgewer goedkeuring vir die begroting van die provinsie, wat ‘n uiteensetting is van die finansies wat die Premier en elke LUR gedurende daardie spesifieke jaar vir die doeltreffende bestuur van elke departement moet bestee.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,966
Lede van die Wetgewer mag vrae aan LUR'e vra wat verband hou met die regering van hulle onderskeie departemente. Hierdie vrae mag vir óf skriftelike- óf mondelinge beantwoording gevra word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,967
'n Lid mag 'n versoek aan die Huis of Speaker rig vir tyd vir 'n debat van openbare belang.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,968
Komiteevergaderings is oop vir die publiek en die belangrikste verandering is dat elkeen die reg het om alle vergaderings van die portefeulje-komitees by te woon. Die pers kan bywoon en berig oor wat in hierdie vergaderings bespreek is en dus die publiek op hoogte van sake hou.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,969
Die komitees moet die publiek se sienswyses in ag neem. Dikwels hou hulle verhore of vra hulle vir voorleggings. Selfs wanneer hulle nie vergaderings hou nie, kan die publiek die voorsitters of lede van komitees inlig oor sake wat hulle raak. Om hierdie rede kan die publiek besluite wat gemaak word, verwesenlik.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,970
Die komitees doen baie van die wetgewer se belangrike werk. Hulle wysig wetsontwerpe wat van die uitvoerende raad kom en vra LUR'e en departemente oor die werk wat hulle verrig.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,971
Alle partye in die wetgewer het die reg op verteenwoordiging in komitees en voorstelle van minderheidspartye word dikwels aanvaar. Die moontlikheid bestaan ook dat die voorsitters van hierdie komitees uit die geledere van opposisiepartye verkies kan word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,972
Elke komitee het ‘n voorsitter en 'n komiteeklerk. Indien u met 'n komitee wil kontak maak, is hierdie die persone om mee te praat.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,973
Die meeste van die werk oor wetsontwerpe word in die portefeulje-komitees gedoen. Dit is hier waar die wetsontwerp bespreek word en wysigings aangebring kan word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,974
Die portefeulje-komitee moet die publiek oor wetsontwerpe raadpleeg. Indien dit ‘n belangrike wetsontwerp is, sal die komitee openbare verhore hou of vir voorleggings vra. Selfs al hou die komitee nie openbare verhore nie, het u die reg om die voorsitter van die portefeulje-komitee of enige van sy lede in te lig oor sake wat u raak. Dit is u reg.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,975
Die komitees het die magte en is verplig om enige persoon wat vir die provinsiale regering werk, te vra om rekenskap oor hulle werk te gee. Dit sluit lede van die uitvoerende raad, die Premier asook die departements-hoofde in.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,976
Die komitees hou jaarliks verhore oor die begroting en hoe die geld in elke departement bestee word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,977
Die Grondwet sê daar moet openbare toegang en betrokkenheid in alle sfere van die regering wees.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,978
Dit beteken u het die reg om enige LPW (Lid van die Provinsiale Wetgewer) of enige komitee te kontak indien u u mening wil lug.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,979
Wanneer die wetgewer ‘n wet aanneem, is hy verplig om in ag te neem wat die presiese gevoel van die publiek is.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,980
Die woord "parlement" beteken "om te praat". Dit is hier waar die stemme van al die mense van hierdie land by monde van hul verkose verteenwoordigers gehoor word.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,981
U stem asook dié van al die ander burgers van hierdie land word in die parlement gehoor.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,982
U kan op twee maniere met u verteenwoordigers in verbinding tree. U kan hulle skakel of aan hulle by die Vrystaat Wetgewer skryf.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,983
Vra die skakelbordoperateur om u na u LPW deur te skakel of laat ‘n boodskap vir hom/haar.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,984
U kan ook by die kiesafdelings-kantoor in u gebied met u verteenwoordigers in verbinding tree.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,985
U kan die adresse en telefoon-nommers van hierdie kiesafdelings-kantore kry deur die wetgewer of een van die politieke partye te skakel.
228
Fsl. Vrystaat.2009-02.af.txt
12,986
Wanneer die wetgewer nie sit nie, mag dit makliker wees om u verteenwoordigers deur die kiesafdelingskantore te bereik.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,988
Ek is verantwoordelik.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,989
Ons is verantwoordelik.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,990
Suid-Afrika neem verantwoordelikheid.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,991
10 redes waarom dit NOU die tyd is om getoets te word...
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,992
MIV kan behandel en voorkom word. Neem verantwoordelikheid en word vandag getoets.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,993
MIV toetsing en behandeling is gratis by ALLE regeringsklinieke.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,994
Indien jy positief toets, kan jy 'n gesonde lewe lei.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,995
Indien jy negatief toets, kan jy jouself beskerm teen infeksies.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,996
Jy kan jouself en ander beskerm teen MIV infeksie - gebruik altyd kondome en verminder jou hoeveelheid seksuele maats.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,997
Bou vertroue en respek deur saam met jou maat getoets te word.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,998
Stel 'n voorbeeld vir jou familie en vriende. Ondergaan die toets vandag en moedig ander aan om getoets te word.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
12,999
Dit is nie nodig vir enige baba om MIV-positief gebore te word nie. Daar is medikasie wat dit kan voorkom, MAAR dan moet jy aan die begin van jou swangerskap weet wat wat jou MIV-status is.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
13,000
Indien jy TB het, mag jy ook MIV hê. Maak seker dat jy getoets word vir MIV. Indien jy MIV het, maak seker dat jy 'n TB toets ondergaan.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
13,001
Suid-Afrika is besig om verantwoordelikheid te neem vir jou gesondheid. Wanner gaan jy self verantwoordelikheid neem en getoets word?
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
13,002
Indien jy nie geïnfekteerd is nie, beskerm jouself en sorg dat jy so bly.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
13,003
SMS HIV en jou poskode na 31771 om uit te vind waar jou naaste toetssentrum is.
229
GCIS.10ReasonsToTestForHivAids.2010-10-19.af.txt
13,004
Skakel *120*923# (20 sent vir 20 sekondes) om uit te vind hoe jy jou selfoon kan gebruik om MIV inligting en hulp te kry.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,006
Ons is die tweede land ter wêreld om die krieket-, rugby- en sokkerwêreldbekers aan te bied.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,007
Die nuutgeboude stadions is van die skouspelagtigste ter wêreld en sal gesamentlik sitplek vir 570 000 mense hê.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,008
Die Moses Mabhida-stadion in Durban het 'n staalboog 105 meter bo die middelpunt van die veld, en toeskouers sal uit 'n kabelkar 'n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan hê.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,009
Soccer City in Johannesburg is in die vorm van 'n kalbas - 'n tradisionele Afrika-drankvat - gebou. Die buite-omtrek sal 43 000 m2 beslaan en in geheel van omgewingsvriendelike materiaal gebou word. Dit is die grootste stadion in Afrika, met sitplek vir amper 95 000 mense.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,010
Die Mbombela-stadion in Nelspruit is geleë in 'n streek wat bekend is vir ongerepte skoonheid en wildlewe, naby die Nasionale Kruger Wildtuin. Die stadion se uitsonderlike kenmerk is die 18 dakstutte wat soos kameelperde lyk.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,011
Stadions in townships word opgradeer, sommige as oefeningsvelde.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,012
Olympia Park-stadion in Rustenburg.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,013
Het jy geweet?
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,014
R25 miljoen sal in klubontwikkeling van verskeie sportsoorte belê word, veral in armer gemeenskappe, om ons sporttalent te ontdek en te ontgin en mededinging in sport te verbeter.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,015
R212 miljoen word in die tydperk tot 2010 in skool- en gemeenskapsport belê.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,016
Die skole-program sal deur sport, kuns en kultuur die FIFA-wêreldbeker-etos van regverdige spel, 'n gesonde leefstyl en multikulturalisme aan 12 miljoen skoolkinders oordra.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,017
Omtrent R11,7 biljoen word in die vervoer-infrastruktuurprogram belê om te verseker dat bewonderaars, spanne en die media sonder probleme kan reis. Die 2010 wêreldbeker-vervoerprojekte is 'n integrale deel van die Regering se oorkoepelende belegging in vervoer, en dit sal 'n omwenteling in ons vervoerstelsel teweegbring, wat tot die langtermyn-voordeel van pendelaars en die ekonomie sal strek.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,018
Opgraderings aan ons pad-, trein- en busroetes sal die vervoerstelsel integreer. Dit sluit innovasies soos snelspoor- en bus-snelvervoerstelsels in, onder andere spesiale bane vir openbare vervoer en wisselnodusse vir pendelaars om van een vervoermiddel na 'n ander te klim. 'n Geïntegreerde elektroniese kaartjiestelsel sal vir die eerste keer tydens die 2010 FIFA-Wêreldbeker gebruik word, en sodoende pendelaars in staat stel om met een kaartjie van busse, treine en taxis gebruik te maak.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,019
Die satelliet-teleportasie- en telekommunikasie-infrastruktuur vir die wêreldbeker sal 'n oordragkapasiteit van 40 gigagrepe per sekonde toelaat, en sal na afloop van 2010 gebruik word om breëband-dienste te voorsien.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,020
Die Internasionale Uitsaaisentrum in Johannesburg sal die media-senusentrum wees. Uitsendingseine van stadions af sal daarheen herlei word en dan wêreldwyd uitgestuur word.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,021
Die media-senusentrum sal 'n "plaas" met satellietskottels hê wat 'n gebied van 5 000 m² beslaan. Daar word geskat dat die televisie-gehoor wat die 2010-verrigtinge gaan volg, omtrent 26,9 biljoen mense sal wees.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,022
Het jy geweet?
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,023
Die amptelike slagspreuk van ons 2010-wereldbeker is "KE NAKO. Vier Afrika se menslikheid." "Ke Nako" is 'n Suid-Sotho- en Tswana-woord wat "dit is tyd" beteken. Dit is 'n oproep om Afrika as die oorsprong van die mens en as bydraer tot elke sfeer van menslike bedrywighede te vier.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,024
Vir die eerste keer in sy geskiedenis kontrakteur FIFA ook nie-hotel-akkommodasie soos nasionale parke, bed-en-ontbytplekke, lodges en gastehuise.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,025
Ons het alreeds 80 000 gegradeerde kamers - meer as die 55 000 wat deur FIFA vereis word.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,026
Die land sal gratis primêre gesondheidsorg hê by alle amptelike venues (wedstrydplekke), 24-uur-nood- mediese dienste en internasionale en plaaslike waakmaatreëls teen die uitbreek van siektes.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,027
Twee goed toegeruste kommunikasiesentrums, ter waarde van R37 miljoen, word in elke provinsie gevestig om intydse koördinasie van noodvoertuie na die naaste beskikbare noodsentrum te verseker.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,028
R8 miljoen word belê om noodsentrums op te gradeer.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,029
Mediese helikopterdienste sal na alle provinsies uitgebrei word.
230
GCIS.FIFA.2010-10-19.af.txt
13,030
450 voertuig-ambulanse sal vervang word.