document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,237 | Onwettige vuurwapens - die SAPD het sedert 2000 meer as 500 000 vuurwapens vernietig. Strenger wetgewing ten opsigte van vuurwapenlisensiëring het wapenbeheer verbeter. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,238 | Politieke geweld - politieke geweld het in die eerste jare van demokrasie afgeneem. Die Waarheids- enVersoeningskommissie het gehelp om die menseregteskendings wat onder apartheid gepleeg is, aan te spreek. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,239 | Grensbeheer - 'n interdepartementele komitee en beter tegnologie het beheer by die land se grense verbeter. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,240 | Die polisie, howe en tronke benodig meer hulpbronne, beter aanwending van hulpbronne en meer geintegreerde optrede. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,241 | Gewelds- en georganiseerde misdade is spesiale uitdagings. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,242 | Die tekort aan 'n migrasiebeleid ondermyn doeltreffende samewerking. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,243 | Die samelewing moet beter gemobiliseer word om deel te neem aan die bekamping van misdaad. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,244 | Die geldigheid van sekere kriminele-reg instellings word getoets deur neigings in openbare verklarings en aksies teen senior amptenare. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,245 | Suid-Afrika het deel van die internasionale gemeenskap geword wat werk vir die belange van die land, van Afrika en van die ontwikkelende wêreld. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,246 | Diplomatieke verhoudings - in 1994 het Suid-Afrika slegs 65 buitelandse missies gehad - teen 2008 was daar 121. Missies in Afrika het vanaf 17 tot 45 vermeerder. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,247 | Internasionale gebeure - Suid-Afrika het sedert 1994 gasheer gespeel vir baie groot gebeure, soos die Rugby-Wêreldbeker (1995), Non-Aligned Movement-Beraad (1998), Wêreldberaad oor Volgehoue Ontwikkeling (2002) en Wêreld-Assosiasie van Koerante-Konferensie (2007), en dit het die bod gewen om die 2010 FIFA-Wêreldbeker aan te bied. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,248 | Vasteland-instansies - Suid-Afrika het bygedra tot die oorgang van die Organisasie van Afrika-Eenheid tot die Afrika-Unie, gasheer gespeel vir die Pan-Afrikaanse Parlement ontvang en gehelp om die Afrika-Unie (AU) se Vredes- en Sekuriteitsraad in bedryf te stel. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,249 | Die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling (Nepad) - Nepad het die raamwerk daargestel vir die res van die wêreld se betrokkenheid by Afrika. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,250 | Afrika-portuuroorsig-meganisme (APRM) - Suid-Afrika is een van sewe lande wat 'n portuuroorsig ondergaan het. Die land is eervol vermeld vir 18 beste praktyke en het 'n omslagtige APRM-Aksieprogram aangeneem om swakhede wat in die oorsig geïdentifiseer is, aan te spreek. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,251 | Vrede - Suid-Afrika het 'n rol gespeel in vredespogings en konflikoplossing in die Demokratiese Republiek van Kongo, Burundi, Sudan, Ethiopië, die Ivoorkus, Liberië, die Comoros en Zimbabwe. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,252 | Belegging en handel met Afrika-lande - Afrika is nou ons vierde grootste uitvoerbestemming. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,253 | Versterking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) - Die regering werk saam met SAOG-lande vir beter integrasie. Die bekendstelling van die SAOG-vryhandelarea in Augustus 2008 sal tot 'n doeane-unie en 'n gemeenskaplike mark lei. Samewerking ten opsigte van sekuriteit het verbeter deur die Orgaan van Vrede en Sekuriteit, Vroegtydige Waarskuwingstelsel vir Streke, Streeks- Vredesopleidingsentrum en die SAOG-Brigade. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,254 | Die bou van verhoudings vir ontwikkeling en 'n beter wêreld - Suid-Afrika het gehelp om samewerking tussen ontwikkelende lande te versterk, en nuwe strategiese verhoudings met lande soos Brasilië, Indië en China gesmee. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,255 | Verhoudings met ontwikkelde lande word getransformeer om Suid-Afrika en Afrika te bevorder en om nader aan 'n gelyke internasionale stelsel te beweeg. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,256 | Suid-Afrika het in 2007 vir twee jaar 'n nie-staande lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad geword. Suid-Afrika het hom beywer vir waarneming van die VN-Handves, multilateralisme en sterker bande tussen die VN en die AU. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,257 | Bemarking van Suid-Afrika en Afrika - Sedert die 1990s is daar 'n veldtog om Suid-Afrika te bemark. Toerisme het vinnig gegroei en meer as 400 000 direkte werksgeleenthede geskep. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,258 | Die 2010-Wêreldbeker is 'n groot geleentheid om die land te bemark en, in samewerking met die res van Afrika, die vasteland se beeld te verbeter. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,259 | Vinniger implementering van Nepad en 'n beter streeksklimaat bly groot uitdagings. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,260 | Daar is 'n behoefte aan beter koördinasie van politiese en ekonomiese diplomasie en beter kommunikasie van buitelandse beleid binne Suid-Afrika en in die buiteland. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,261 | Spesiale fokus op die mense wat die meeste deur apartheid se nalatenskap geraak is, het gehelp om hul lewens te verbeter. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,262 | Beleide en programme - wetgewing, beleide en programme is ontwikkel. Daar is koördinerende strukture in die kantore van die President en die Premier om hierdie programme te bestuur. Liggame wat die belange van teikengroepe bevorder, sluit die Kommissie vir Geslagsgelykheid, Kinderregte Raadgewende Raad, nasionale en provinsiale jeugkommissies en die Umsobomvu Jeugfonds in. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,263 | Werkverskaffing en besluitneming - in 2004 het die Kabinet uit 40% vroue bestaan. Verteenwoordiging van vroue in provinsiale en plaaslike regerings het verbeter. Meer as 30% van senior bestuurders in die Regering is vroue, maar die privaatsektor is ver agter in hierdie opsig. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,264 | Basiese dienste - deur op arm mense as teikengroep vir basiese dienste te konsentreer, beteken dit dat baie vroue en kinders daarby baat. Toegang tot water, elektrisiteit en telekommunikasie maak 'n groot verskil aan vroue en jongmense se lewens. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,265 | Toelaes - uit die 12 miljoen mense wat in 2007 maatskaplike toelae ontvang het, het agt miljoen kindersorgtoelae ontvang. 53% van behuisingsubsidies het na vroue of huishoudings waarvan vroue aan die hoof staan, gegaan. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,266 | Gesondheid - beter toegang tot gesondheidsdienste en gratis primêre gesondheidsorg het die teikengroepe bevoordeel. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,267 | Ernstige wanvoeding onder kinders jonger as vyf jaar het afgeneem, vanaf 88 971 gevalle in 2001 tot 28 165 in 2007. Die aantal kinders wat honger bed toe gegaan het, het afgeneem van 31% in 2002 tot 16% in 2006. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,268 | Onderwys - verpligte onderwys vir kinders tussen sewe en 15 jaar het gelei tot meer kinders wat skoolgaan - bykans 100% inskrywing. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,269 | VOO-instansies is in 1998 gestig ten einde jong mense te help om vaardighede te ontwikkel. In 2007 het R1,3 biljoen na die Nasionale Finansiële Skema vir Studente gegaan. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,270 | Ekonomie - vroue, jongmense en mense met gebreke is die hoofbegunstigdes van internskappe, indiensopleiding, jeugdiensprogramme, die EPWP, entrepreneurskap- en kleinsake-inisiatiewe. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,271 | Ingrypings soos AsgiSA en Jipsa fokus op die ontwikkeling van vroue en jongmense. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,272 | Geweldsmisdade teenoor vroue en kinders bly 'n groot uitdaging. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,273 | Werkverskaffing aan mense met gebreke in beide die Staatsdiens en privaatsektor is laer as wat dit moet wees. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,274 | Werkloosheid is veral hoog onder vroue en jongmense. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,275 | Na 15 jaar van demokrasie is dit duidelik dat baie gedoen is om die nalatenskap van apartheid uit te wis en om 'n nuwe, gelyke samelewing te skep. Halfpad deur die Tweede Dekade van Vryheid het Suid-Afrika die tempo vir groei en ontwikkeling versnel. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,276 | Maar dit is nog nie genoeg nie. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,277 | Watter breë benadering sal die Regering en land in staat stel om 'n hoër tempo van groei en ontwikkeling te bereik en te volhou eerder as om net op die huidige koers te bly? |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,278 | Kan die uitdagings die hoof gebied word deur 'n groter nasionale poging wat op 'n paar prioriteite fokus in samewerking met die Regering en mense? |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,279 | Wat ook al gedoen word, die pad vorentoe sal om 'n paar kernaspekte moet draai, soos: bespoediging van ekonomiese groei en transformasie, bekamping van armoede, die vestiging van maatskaplike samehorigheid, internasionale samewerking en die bou van 'n doeltreffende ontwikkelingstaat. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,280 | Vinniger en gedeelde groei is noodsaaklik om werkloosheid en armoede te verminder. Om die beurt moet die land se produktiewe vermoëns verbeter word sodat ons vinniger kan groei; meer mense in diens kan stel, insluitend mense met laer vaardigheidsvlakke; kompetisie kan verseker; uitvoere kan verhoog en florerende toestande vir klein- en mikro-ondernemings kan verseker. Daar is ook 'n behoefte om tweede-ekonomie-programme te ontwikkel wat 'n massa-impak sal hê. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,281 | Dit is ook nodig om kennis te neem van die veranderinge in energiekoste en die noodsaaklikheid om die omgewing te beskerm. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,282 | Maatreëls om armoede uit te wis is sentraal in die omvattende teen-armoede-strategie wat deur die Regering ontwikkel word. Die belangrikste maatreël om armoede te verlig is om werkloosheid te verminder. Dit vereis dat alle struikelblokke wat verantwoordelik is vir die land se swak, klein sakesektor en wat soveel gesonde mense ontmoedig om werk te soek, verwyder moet word. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,283 | Die bekamping van armoede vereis spesiale pogings om mense se kanse op werksgeleenthede te verhoog of hulle te help om hul eie besighede te begin. Onderwys het geweldige potensiaal om die siklus van armoede te verbreek. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,284 | Ten einde 'n eensgesinde samelewing te verseker, vereis dit dat ongelykhede verminder word deur toegang tot ekonomiese geleenthede vir almal, sowel as dat die Regering moet volhou met pro-armoede besteding. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,285 | Die sleutel tot maatskaplike samehorigheid is sterk en geloofwaardige openbare instellings. Dit vereis beter diens deur die Staat, verbeterde platforms vir openbare deelname en die bekamping van misdaad en korrupsie. Eweneens het die samelewing 'n verantwoordelikheid om die legitimiteit en gesag van staatsinstellings te respekteer en te beskerm. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,286 | Om 'n eensgesinde samelewing te bou vereis ook die bevordering van solidariteit en hulpverlening van alle Suid-Afrikaners eerder as die waardes van individualisme. Die Staat en samelewing moet saamwerk om 'n nuwe waardestelsel te ontwikkel. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,287 | Baie werk is al gedoen om vennootskappe dwarsoor die wêreld te versterk, veral in Afrika en die Suide. Dit moet voortgesit word, en Afrika en lande in die Suide moet steeds prioriteit geniet. Terselfdertyd moet verhoudings met ontwikkelde lande ook gehandhaaf word. Die versterking van strategiese vennootskappe sal help om ons nasionale belange te bevorder en om ons hulpbronne te ontplooi om ontwikkeling in Afrika-lande te verseker. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,288 | dit vereis ook 'n versterking van platforms vir meer gereelde interaksie tussen burgers en hul openbare verteenwoordigers. |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,289 | Wat is die belangrikste dinge wat jy dink die Regering kan doen in samewerking met jou? |
236 | GCIS. TowardsAFifteenYearReview.2010-10-19.af.txt | 13,290 | Vir meer inligting oor regeringsprogramme en -dienste, kontak: www.gcis.gov.za of die Batho Pele-inbelsentrum by 1020. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,292 | Die 16 Dae van Aktivisme: Geen Geweld teen Vroue en Kinders is 'n internasionale veldtog wat jaarliks van 25 November (Internasionale Dag van Geen Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) plaasvind. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,293 | Gedurende hierdie tyd onderneem die Suid-Afrikaanse Regering 'n 16 dae van aktivisme-veldtog wat daarop gemik is om bewusmaking rondom die negatiewe impak van geweld op vroue en kinders te verskerp. Die Regering poog ook om deur middel van hierdie veldtog alle gemeenskapsektore sover te kry om teen misdaad op te tree. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,294 | Die Regering is daartoe verbind om 'n versorgende en vreedsame samelewing te vestig wat vroue en kinders teen alle vorme van geweld beskerm. Alhoewel die 16 Dae van Aktivisme elke jaar van 25 November tot 10 Desember van stapel gestuur word, word die doelwitte daarvan heeljaar versterk deur die 365-dae-program en 'n nasionale plan. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,295 | Elke jaar werk die Regering in vennootskap met gemeenskapsorganisasies en die sakesektor om die impak van die veldtog uit te brei. Deur die veldtog te ondersteun, het duisende Suid-Afrikaners ook gehelp om bewustheid te bevorder ten opsigte van geweld en om ondersteuning te verbeter vir slagoffers en oorlewendes van geweld. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,296 | Ondersteun die veldtog deur tydens die 16-dae-tydperk 'n wit strikkie te dra: 'n Wit strikkie is 'n simbool van vrede en simboliseer die draer se verbintenis daartoe om nooit geweld teen vroue en kinders goed te keur nie. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,297 | Sluit aan by die CyberDialogues-inisiatief: Die CyberDialogues is daarop gemik om aanlyn-besprekings tussen mense te fasiliteer om kwessies rondom vroue- en kindermishandeling te bespreek. Vir meer inligting besoek www.genderlinks.org.za of besoek jou naaste Thusong-dienssentrum. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,298 | aktiwiteite: Daar is 'n kalender van gebeurtenisse wat van 25 November tot 10 Desember dwarsdeur die land plaasvind. Gaan na www.womensnet.org.za/calendar.shtml om al die gebeurtenisse te besigtig. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,299 | Word 'n vrywilliger deur jou steun te wys aan nie-regeringsorganisasies en gemeenskapsgroepe wat mishandelde vroue en kinders ondersteun: Baie organisasies wat vroueslagoffers en oorlewendes van mishandeling help, het hulp van die publiek nodig. Jy kan jou tyd afstaan en 'n bydrae maak tot die werk van instansies wat hulp verleen. Soek 'n organisasie in jou woongebied waar jy 'n rol kan speel. Jy kan ook by www.csvr.org.za/gender/directory toegang kry tot 'n gids van organisasies wat hulp verleen. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,300 | Donasies: Jy kan geld skenk vir organisasies wat vir die beëindiging van geweld teen vroue en kinders werk deur 'n donasie aan die Menseregtefonds te maak. Daar is nie 'n spesifieke minimum of maksimum bedrag vir donasies nie - jy kan self besluit! Gaan na www.fhr.org.za vir meer besonderhede, of skakel 012 440 1691. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,301 | Spreek jou misnoeë uit oor vroue- en kindermishandeling: Moedig vroulike slagoffers aan om misdaad teen te staan. Rapporteer kindermishandeling aan die polisie. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,302 | Sluit aan by gemeenskapspolisiëringforums (GPF's) of gemeenskapsbeveiligingsforums (GBF's): Die gemeenskaps- en plaaslike polisiestasies is aktiewe vennote om veiligheid en sekuriteit te verseker. Deur by die plaaslike GPF of GBF aan te sluit kan jy help om misdaad in jou woongebied te bekamp. Skakel jou naaste polisiestasie vir meer inligting oor hoe om aan te sluit. |
237 | GCIS. Zfold16days.2010-10-19.af.txt | 13,303 | As jy enigsins mishandel word of jy weet van iemand wat mishandel word, reik uit - kry hulp. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,305 | Finansiële toekennings is beskikbaar om sportorganisasies by te staan met sportontwikkeling. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,306 | sportgeriewe, om die standaard en gebruik van bestaande geriewe te verbeter en om nuwe geriewe te bou en bestaandes op te gradeer sportfederasies, om hulp te verleen met hul administrasie en tegniese vermoë, en te verseker dat sportbyeenkomste in die provinsie gehou word. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,307 | Type B-befondsing wat groot internasionale, nasionale en provinsiale byeenomste ondersteun. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,308 | Type C-befondsing watvir 'n ad hoc-ondersteuning aangewend word. Aansoeke in dié verband moet op die voorgeskrewe aansoekvorm 30 dae voor die tyd ingedien word, en slegs noodgevalle sal oorweeg word. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,309 | Aansoekvorms om befondsing is beskikbaar by die Departement. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,310 | n kliëntprofiel n lys byeenkomste waarom aansoek gedoen word n begroting vir elke projek n dekbrief waarin die behoefte aan befondsing uiteengesit word volledig geouditeerde finansiële state en die notules van die organisasie se AJV. Alle aansoeke word geëvalueer ooreenkomstig die Departement se befondsingsbeleid. |
238 | GOV-ZA.10017.2010-03-24.af.txt | 13,311 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
239 | GOV-ZA.10029.2010-03-24.af.txt | 13,313 | Om te voldoen aan die Wet op Nasionale Erfenisbronne moet enigeen wat beplan om veranderings aan te bring aan historiese strukture by die Wes-Kaapse Erfenisraad aansoek doen om toestemming. 'n Historiese struktuur word omskryf as 'n gebou wat ouer is as 60 jaar. Die Wes-Kaapse Erfenisraad reik 'n permit uit, gegrond op die meriete van die aansoek en 'n omgewingsimpakbeoordeling. Die permit neem die ontwikkelingsbeplanning en soneringsregulasies in ag van 'n plaaslike owerheid se Grondgebruikordonnansie. Deur seker te maak dat erfenissake ingesluit word by impakstudies vir voorgestelde ontwikkelings, word ontwikkelaars in staat gestel om erfenisbronne uit te ken. Ontwikkelaars kan dus voortgaan sonder onsekerheid oor of werk tot stilstand gedwing sal word as 'n erfenisbron ontdek word. |
239 | GOV-ZA.10029.2010-03-24.af.txt | 13,314 | lewende erfenis wat verband hou met erfenis en mondelinge geskiedenis, of wetenskaplike meriete terreine wat verband hou met die geskiedenis van slawerny in Suid-Afrika skeepswrakke. |
239 | GOV-ZA.10029.2010-03-24.af.txt | 13,315 | [email protected] moet ingevul word op die amptelike vorm: Aansoek om die vernietiging, beskadiging, ontsiering, verandering, verwydering van die oorspronklike plek af, onderverdeling of verandering van die status van 'n nasionale erfenisterrein, provinsiale erfenisterrein, voorlopig beskermde plek of struktuur ouer as 60 jaar. |
239 | GOV-ZA.10029.2010-03-24.af.txt | 13,316 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,318 | Sewe kulturele sentrums is beskikbaar vir gebruik deur organisasies of verenigings wat kulturele of opvoedkundige programme aanbied. Die kulturele sentrums bied verblyf en konferensiegeriewe aan. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,319 | Die geriewe is almal geleë in asemrowende omgewings. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,320 | Dit is net beskikbaar vir groepe van 40 of meer en 'n deposito moet betaal word. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,321 | Naweekbesprekings is van Vrydae om 16:00 tot Sondae om 14:00. Die geriewe is nie beskikbaar vir net 'n deel van die naweek, waaronder Vrydae, nie. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,322 | Die kulturele sentrums, waaronder liggings, besprekingsbesonderhede en pryse, is in die tabel. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,323 | Tussen R26 en R30 per persoon per nag vir 2006. |
240 | GOV-ZA.10065.2010-03-24.af.txt | 13,324 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
241 | GOV-ZA.10087.2010-03-24.af.txt | 13,326 | Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word. |
241 | GOV-ZA.10087.2010-03-24.af.txt | 13,327 | Om te voldoen aan die Wet op Nasionale Erfenisbronne moet enigeen wat beplan om veranderings aan te bring aan historiese strukture by die Wes-Kaapse Erfenisraad aansoek doen om toestemming. 'n Historiese struktuur word omskryf as 'n gebou wat ouer is as 60 jaar. Die Wes-Kaapse... |
241 | GOV-ZA.10087.2010-03-24.af.txt | 13,328 | Regtens het eienaars van privaat versamelings van fossiele, artefakte en meteoriete wat ingevolge vorige wetgewing versamel is, tot 1 April 2002 gehad om hul versamelings by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) te registreer. |
241 | GOV-ZA.10087.2010-03-24.af.txt | 13,329 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,331 | Volgens wet moet 'n voertuig jaarliks gelisensieer word. Dit is die plig van die voertuigeienaar om seker te maak dat die lisensie hernu word voordat dit verval. Indien die lisensie nie hernu is nie, is u aanspreeklik vir betaling van laatbetalingboetes. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,332 | Wetgewing vereis dat alle voertuigeienaars hulle voertuie registreer wanneer hulle aangeskaf word. Die voertuigregistrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaVIS) opgeteken. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,333 | Voordat 'n persoon om 'n bestuurslisensie aansoek kan doen, moet hy of sy in besit van 'n leerlinglisensie wees. 'n Mens kan 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets groter as 125 cc, 'n motor, minibus, klein goederevoertuig of 'n groter voertuig kry indien u ouer as... |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,334 | Voordat u 'n opgeboude voertuig kan registreer, moet u 'n weegbrugsertifikaat bekom. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,335 | Indien u motor se enjinnommer of onderstelnommer verander het, word van u vereis om 'n klaringsertifikaat te bekom voordat die voertuig herregistreer kan word. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,336 | n Padwaardigheidsertifikaat kan bekom word by enige private of staats- voertuigtoetssentrum. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,337 | n Permit word vereis om abnormale vragte en voertuie te vervoer. Die vereistes vir 'n permit hang af van die grootte en aard van die vrag of voertuig. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,338 | Motorvoertuigeienaars kan aansoek doen om spesiale en verpersoonlikte nommerplate. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,339 | Vervaardigers, bouers en invoerders van voertuie mag ongeregistreerde voertuie op openbare paaie bestuur met 'n motorhandelnommer. Dit word slegs vir die volgende doeleindes toegeken:aan 'n voertuigvervoerder om 'n motorvoertuig af te lewer, aan 'n motorhandelaar om 'n motorvoertuig af te lewer, te verkoop, te ruil... |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,340 | Ingevolge die Nasionale Padverkeerswet moet enige persoon wat nommerplate vervaardig of verkoop, geregistreer wees. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,341 | Alle voertuie wat in Suid-Afrika vervaardig, gebou of na Suid-Afrika ingevoer word, moet geregistreer word voordat dit versprei of verkoop word. |
242 | GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt | 13,342 | Alle motorvoertuigtoetsstasies moet geregistreer en gegradeer word voordat hulle geldige padwaardigheidsertifikate kan uitreik. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.