document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,343
Om sekere tipes voertuie te bestuur, word 'n professionele bestuurpermit bykomend tot 'n bestuurslisensie vereis.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,344
Voordat u passassiers teen betaling mag vervoer, moet u 'n openbare bedryfslisensie hê.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,345
Alle bestuursinstrukteurs moet registreer. Om 'n instrukteursertifikaat te bekom, word u kriminele rekord nagegaan, 'n mediese sertifikaat moet aan u uitgereik word en u moet 'n instrukteurstoets slaag.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,346
Indien u 'n bestuurslisensietoetssentrum wil oopmaak, moet die sentrum by die Minister van Vervoer geregistreer word.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,347
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad te gebruik om 'n gebeurtenis soos 'n sportbyeenkoms aan te bied.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,348
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie...
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,349
Lisensie-inspekteurs, voertuigondersoekers, bestuurslisensie-eksamineerders, verkeersbeamptes en verkeersopsigters moet geregistreer word.
242
GOV-ZA.10090.2010-03-02.af.txt
13,350
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,352
Die 10 111-inbelsentrums vir die aanmelding van misdaad behartig klagtes van die publiek en is 24 uur per dag in werking. Oproepe kan via 'n Telkom-lyn of 'n selfoon gemaak word. Alle oproepe na inbelsentrums word opgeneem.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,353
Let wel: Skakel hierdie nommer slegs in noodgevalle. Moenie die nommer misbruik nie, want sulke optrede blokkeer oproepe van mense wat in lewensgevaarlike situasies verkeer en die polisie se hulp dringend nodig het mors die polisie se tyd, omdat beamptes onnodiglik na die vermeende misdaadtoneel uitgestuur word is 'n vermorsing van die polisie se hulpbronne, omdat beamptes ontplooi word waar daar eintlik geen noodgeval is nie.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,354
Skakel die naaste polisiestasie vir minder ernstige klagtes en algemene navrae.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,355
Skakel die telefoonnommer 10 111 van enige plek in Suid-Afrika af.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,356
n Inbelsentrum-operateur sal jou oproep beantwoord en al die inligting wat nodig is, afneem.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,357
Die inligting word ingesleutel, en 'n verwysingsnommer word as bewys en vir toekomstige verwysing aan jou uitgereik.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,358
Die klag word aan die plaaslike SAPD-gemeenskapsdienssentrum , sektorvoertuig of die naaste blitspatrollievoertuig toegewys.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,359
Alle oproepe word so vinnig moontlik beantwoord.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,360
Oproep van 'n Telkom-lyn af : Hierdie diens is gratis.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,361
Oproep van 'n selfoon af : Die standaard selfoontarief word gehef.
243
GOV-ZA.10111.2010-03-25.af.txt
13,362
Daar hoef geen vorms ingevul te word nie.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,364
Die onlangse uitbreek van voël botulisme, algemeen bekend as voëlgriep, in die Sonstraal en Vygeboom damme wat gelei het tot die instel van 'n moratorium op visvang in die betrokke damme, is Dinsdagaand 8 Maart 2005 tydens 'n openbare vergadering in die Durbanville Raadsaal bespreek.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,365
Die vergadering het onder voorsitterskap van Raadslid Koos Bredenhand, Voorsitter van die Koeberg Subraad, plaasgevind. Dit is deur die wyksraadlid, Raadslid Danetta Smit en 18 lede van die gemeenskap bygewoon. Verskeie amptenare van die Stad Kaapstad, asook 'n amptenaar van Kaapse Natuurbewaring was ook teenwoordig.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,366
Alhoewel die botulisme tans onder beheer blyk te wees, was die aanwesiges by die vergadering dit eens dat die vang van vis in die damme lei tot die onnodige besering van die watervoëls. Voëls wat in vislyn verstrengel raak en selfs met vishoeke in hul snawels, word dikwels in en om die damme aangetref.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,367
Die vergadering het besluit dat die munisipaliteit versoek word om nie die moratorium op visvang op te hef nie, maar om dit met 'n algehele verbod op die vang van vis in die damme te vervang.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,368
Die Direktoraat: Stad Parke en Natuurbewaring het die versoek oorweeg en het as gevolg van die talle probleme wat weens visvang by die damme ondervind word, besluit om 'n algehele verbod op die vang van vis in te stel.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,369
Geen visvang word dus in die toekoms in die damme toegelaat nie en kennisgewingborde wat dit aandui, sal by die damme opgerig word. Wetstoepassing sal die gebied meer gereeld patrolleer om te verseker dat gehoor gegee word aan die verbod.
244
GOV-ZA.101414.2010-03-24.af.txt
13,370
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
245
GOV-ZA.10142.2010-03-24.af.txt
13,372
Die Huurbehuisingstribunaal lewer gratis dienste aan huurders en eienaars oral in die Provinsie Wes-Kaap. Verhore en bemiddeling word so na as moontlik aan die punt van die klagte gehou.
245
GOV-ZA.10142.2010-03-24.af.txt
13,373
Inligting oor die regte en pligte van mense wat wooneiendom huur van 'n eienaar of verhuringsagent.
245
GOV-ZA.10142.2010-03-24.af.txt
13,374
Inligting oor die regte en verpligtinge van verhuurders wat residensiële eiendom aan huurders verhuur.
245
GOV-ZA.10142.2010-03-24.af.txt
13,375
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
246
GOV-ZA.10163.2010-03-24.af.txt
13,377
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme ondersteun die klere- en tekstielbedryf deur die Klere- en Tekstieldienssentrum (Clotex).
246
GOV-ZA.10163.2010-03-24.af.txt
13,378
Clotex bied opleidingskursusse en n wye reeks onderwerpe en vaardighede van toepassing op die klere- en tekstielbedrywe, asook toegang tot inligting, regsaspekte, finansiële vaardighede, rekenaarvaardighede en -tegnologie.
246
GOV-ZA.10163.2010-03-24.af.txt
13,379
Die Departement het befondsing aan Clotex vir n Klere- en Tekstieltentoonstelling, n Mentor- en Verbindingsprojek en die opleiding van sny-, opmaak- en afwerkingswerknemers verskaf.
246
GOV-ZA.10163.2010-03-24.af.txt
13,380
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,382
Wie hanteer grondontwikkeling aansoeke?
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,383
Hoe word oor aansoeke besluit?
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,384
Munisipaliteite hanteer ontwikkeling aansoeke, soos aansoeke om afwykings van bou-parameters, aansoeke om herindeling of om die onderverdeling van grond. Munisipaliteite besluit hoe om die aansoeke, volgens wetgewing, beleid en riglyne wat deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning verskaf word, te hanteer. In 'n paar gevalle, soos met meer ingewikkelinde herindeling- of hersonering-aansoeke, sal munisipaliteite die aansoeke na die Departement verwys vir voorlegging aan die Minister vir 'n finale besluit.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,385
Die Departement verwerk landbou-verwante aansoeke vir die nasionale en provinsiale Departement van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad. Die Departement hanteer ook myn-verwante aansoeke vir die nasionale Department van Minerale en Energie, die nasionale en provinsiale Departmente van Landbou, die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou, en die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,386
Voordat daar volgens die grondgebruik beplanningwetgewing oor 'n ontwikkeling aansoek besluit kan word, moet die aansoek aan verskeie openbare deelnemingsprosesse onderwerp word en in sommige gevalle moet die goedkeuring van verskeie staatsinstellings verkry word. As 'n aansoek binne 'n sekere kategorie van grondwysiging val, word dit ook na die Departement verwys.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,387
Aansoeke word volgens die Wet op Omgewingsbewaring van 1989 beoordeel om seker te maak dat aan 'n volledige omgewingsbeleid en beplanningsoorwegings voldoen word. Die Departement maak seker dat die aansoeke met verwante aansoeke inskakel, naamlik mynbouverslae, grondontwikkeling aansoeke enruimtelike en strategiese planne.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,388
Nadat 'n ontwikkeling aansoek in ooreenstemming met omgewingswetgewing beoordeel is, word goedkeuring in die vorm van 'n permit of 'n besluit, soos van toepassing is, uitgereik.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,389
n Besluit in gevolge grondgebruik wetgewing mag eers geneem word nadat die aansoek beoordeel is.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,390
Nadat 'n besluit deur 'n munisipaliteit geneem is, kan 'n appèl daarteen by die Departement vir voorlegging aan die Minister aangeteken word.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,391
Navrae oor 'n aansoek wat ingedien is, moet gerig word aan die liggaam by wie aansoek gedoen is.
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,392
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
247
GOV-ZA.10197.2010-03-24.af.txt
13,393
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
248
GOV-ZA.102068.2010-03-24.af.txt
13,395
Die "beste", "skoonste" en "gesondste" trein wat nog die Wes-Kaap besoek het, stop vir vier dae op Malmesbury om tandheelkundige-, gesondheids-, sielkundige- en oogdienste asook medisyne te lewer aan die eerste van duisende mense tydens 'n toer van die provinsie gedurende die volgende drie maande.
248
GOV-ZA.102068.2010-03-24.af.txt
13,396
Die Phelophepa-gesondheidstrein, 'n samestelling van die Sotho- en Tswana-idiome wat beteken "goeie, skoon en gesondheid" bied gesondheidsdienste op Malmesbury vanaf 22 Maart. Provinsiale Gesondheidsminister, Pierre Uys, sal die trein vanaf 8 uur tot 10 uur op Dinsdagoggend besoek. "Ek glo die Phelophepa Gesondheidstrein is 'n uitstekende konsep van die Transnet Stigting en 'n voortreflike gemeenskapsuitreikprogram. Dit is in 1994 ingestel en het reeds sowat 800 000 pasiënte, van wie 700 000 kinders, behandel - 'n gemiddeld van 75 000 per jaar."
248
GOV-ZA.102068.2010-03-24.af.txt
13,397
Uys sê organisasies soos die Colgate Palmolive Stigting en Roche Produkte, wat die trein se Tandheelkundige- en Gesondheidsklinieke borg, is nog 'n uitstekende voorbeeld van vennootskappe tussen die regering en private ondernemings. Die trein beskik reeds oor 16 waens waarvan vyf as klinieke ingerig is om tandheelkundige-, gesondheids- oog en sielkundige dienste te lewer asook 'n apteek vir die reseptering van medisyne. Die diens is nou ook uitgebrei om moeder- en babasorg in te sluit terwyl bloed-, diabetiese- en kankertoetse ook gedoen word. Die tandheelkundige diens bestaan uit ses stoele vir die skoonmaak en trek van tande. Drie van die stoele is ook toegerus met spesiale toerusting vir die herstel van tande terwyl 'n spesiale X-straal-eenheid mondplate neem.
248
GOV-ZA.102068.2010-03-24.af.txt
13,398
Die gesondheidskliniek konsentreer op gesondheidsvoorligting asook die behandeling van minder ernstige ontstekings en siektes. Die kliniek is onlangs uitgebrei om diabetiese- en kankertoetse te doen. Aandag word ook aan voorligting geskenk. Spesiale onderrig met betrekking tot babasorg en eetgewoontes is ook op die program. Die sielkundige- en beradingsklinieke onderneem werkswinkels in gemeenskappe self en by skole. Bemarkingsagente het reeds alle haltes ses weke voor die trein se aankoms besoek om gemeenskappe oor die komende dienste in te lig asook oor aankomsdatums. Die trein sal vanaf 4 tot 8 April op Piketberg wees; vanaf 12 tot 15 April op Elgin; 18 tot 22 April op Worcester; 25 tot 29 April op Robertson, 2 tot 6 Mei op Ashton; 9 tot 13 Mei op Swellendam en vanaf 16 tot 20 Mei op Oudtshoorn.
248
GOV-ZA.102068.2010-03-24.af.txt
13,399
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,401
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning gee ingevolge Artikel 4(5) van die Ordonnansie op Grondgebruik, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) as deel van die proses van die opstel van 'n Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk, kennis dat kommentaar ten opsigte van huidige dokumentasie en voorstelle ingedien kan word teen 12:00 op 13 Mei 2005.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,402
Om 'n raamwerk te bied wat omgewingsvolhoubare ontwikkeling d.w.s.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,403
Om die interafhanklikheid tussen ekologiese, sosiale en ekonomiese aktiwiteite ruimtelik te reflekteer.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,404
Tot dusver is voorbereidende dokumentasie opgestel d.m.v. 'n inklusiewe proses wat owerheids-, burgerlike, arbeids- en sake-verteenwoordigers betrek het, en die dokumentasie is gekonsolideer in een dokument. Openbare kommentaar word nou gevra op die konsepvoorstelle vervat in die dokument.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,405
n Kopie van die dokument is vir kommentaar beskikbaar vanaf Maandag, 11 April by elk van die Distriksmunisipaliteite (stadsbeplanningskomponent) en by die kantoor van die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur op die tweede vloer, Property Centre, Dorpstraat 3 (gebruik ingang by Dorpstraat 1), Kaapstad. Dit is ook beskikbaar op die departement se webtuiste, by www.capegateway.gov.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,406
Hierdie kennisgewing is in Xhosa op die webtuiste en by Die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur, Property Centre, Dorpstraat 1, Kaapstad beskikbaar.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,407
Enige verdere navrae kan gerig word aan die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur by 021 483 4794.
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,408
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
249
GOV-ZA.102743.2010-03-02.af.txt
13,409
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,411
Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning gee ingevolge Artikel 4 van die Ordonnansie op Grondgebruik, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) as deel van die proses van die opstel van 'n Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk, kennis dat kommentaar ten opsigte van huidige dokumentasie en voorstelle ingedien kan word teen 12:00 op 13 Mei 2005.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,412
Om 'n raamwerk te bied wat omgewingsvolhoubare ontwikkeling d.w.s.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,413
Om die interafhanklikheid tussen ekologiese, sosiale en ekonomiese aktiwiteite ruimtelik te reflekteer.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,414
Tot dusver is voorbereidende dokumentasie opgestel d.m.v. 'n inklusiewe proses wat owerheids-, burgerlike, arbeids- en sake-verteenwoordigers betrek het, en die dokumentasie is gekonsolideer in een dokument. Openbare kommentaar word nou gevra op die konsepvoorstelle vervat in die dokument.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,415
n Kopie van die dokument is vir kommentaar beskikbaar vanaf Maandag, 11 April by elk van die Distriksmunisipaliteite (stadsbeplanningskomponent) en by die kantoor van die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur op die tweede vloer, Property Centre, Dorpstraat 3 (gebruik ingang by Dorpstraat 1), Kaapstad. Dit is ook beskikbaar op die departement se webtuiste, by www.capegateway.gov.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,416
Hierdie kennisgewing is in Xhosa op die webtuiste en by Die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur, Property Centre, Dorpstraat 1, Kaapstad beskikbaar.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,417
Enige verdere navrae kan gerig word aan die Direkteur: Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur by 021 483 4794.
250
GOV-ZA.102743.2010-03-24.af.txt
13,418
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
251
GOV-ZA.102867.2010-03-24.af.txt
13,420
Hierdie kamp is deur Departement Landbou aangebied as deel van hul Junior LandCare program. Die doel van dié program is om die jeug meer bewus te maak van die uniekheid van hul spesifieke omgewing en om betrokke te raak by die bewarging van alle hulpbronne.
251
GOV-ZA.102867.2010-03-24.af.txt
13,421
Leerders het eerstehands kennis gemaak met die biodiversiteit van die omgewing, plante en hul medisinale waardes en verskeie diere van die omgewing.
251
GOV-ZA.102867.2010-03-24.af.txt
13,422
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,424
Die Cape Access-projek gaan die voordele van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) na gemeenskappe in alle dele van die Wes-Kaap uitbrei. Cape Access is 'n mens-gerigte projek wat IKT beskou as 'n hulpmiddel wat kennis uitbou en geleenthede skep. Met die projek kry gemeenskappe toegang tot rekenaars en die internet, sowel as die vernuf om die hulpmiddel te gebruik.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,425
Die Cape Access-program gebruik beide nuwe en bestaande infrastruktuur om plattelandse gemeenskappe toegang te gee tot inligtingstegnologie en die voordele wat dit inhou. Deur bestaande rekenaarsentrums in plaaslike skole en veeldoelige sentrums te gebruik, help Cape Access gemeenskappe om die meeste voordeel uit die geriewe te trek. Nuwe rekenaarsentrums is opgerig in biblioteke in gemeenskappe waar daar geen geriewe was nie of bykomende geriewe nodig was.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,426
Die loodsplekke wat in biblioteke is gebruik die Smart Cape-tegnologie wat deur die Stad Kaapstad ontwikkel is vir die Kaapstadse biblioteek-toeganklikheidsprojek (Smart Cape). Dit gee gebruikers die geleentheid om aanlyn te registreer, hulle eie e-posrekeninge op te stel en toegang tot die internet te hê. Gebruikers word beperk tot sessies van 45 minute by enige van die vyf biblioteekrekenaars.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,427
Die VDS- en skoolgeriewe gebruik die bestaande tegnologie by die persele. Dit kan in die toekoms opgegradeer word om gebruikers e-posrekeninge te gee.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,428
Elke Cape Access-perseel draai om 'n e-Gemeenskapsforum, wat bestaan uit verskeie verteenwoordigers van die gemeenskap, wat gemeenskapsleiers, nie-regeringsorganisasies in die gemeenskap, verteenwoordigers van die perseel en gemeenskapslede wat belangstel insluit.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,429
'n Ontsaglike hoeveelheid tyd en energie is bestee aan die samestelling van die forums, omdat navorsing wys dat baie ander tele-sentruminisiatiewe misluk het omdat hulle te veel toegespits was op die tegnologiese aspekte en nie genoeg op die menslike kwessies wat aanvaarding, opleiding en bevordering betref nie. Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe 'n leidende rol moet speel om vas te stel wat vereis word en hoe die projek moet werk. Gemeenskappe moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die volgehoue gebruik van die geriewe.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,430
Die e-Gemeenskapsforums sal toegang tot die geriewe en ander logistieke sake bestuur. Hulle moet ook die gemeenskap aanvuur en sal 'n sleutelrol speel in die opleiding van gemeenskapslede.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,431
Die Cape Access-projek is deel van 'n groep e-genootskapsprojekte wat op die oomblik gelewer word deur die Sentrum vir e-Innovasie. Die projekte hou onderling verband en benader IKT en ontwikkeling holisties.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,432
Opleidingsteun sal aan die e-Gemeenskapsforums verskaf word deur die Sentrum vir e-Innovasie se Cape Skills e-Geletterdheidsprojek. Die projek sal lede van die e-Gemeenskapsforums oplei en hulle sal op hulle beurt lede van die gemeenskap touwys maak. Die inisiatief word hanteer in vennootskap met bridges.org.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,433
Cape Gateway is 'n kanaal waardeur mense maklike toegang tot regeringsinligting en -dienste kan kry. Gebruikers van die Cape Access-geriewe sal voorgestel word aan die Cape Gateway-poortwebwerf en opleiding sal verskaf word oor hoe om die webwerf en ander regerings-aanlyninligtingsdienste te gebruik.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,434
Ander projekte wat inskakel by Cape Access sluit die RED-deur, Biblioteeksakehoekies en Veeldoelige Gemeenskapsentrums in.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,435
Die Sentrum vir e-Innovasie het tot 2006 geld vir die Cape Access-projek verskaf. Bykomende steun word gegee deur die Stad Kaapstad, deur die tegnologie, vaardigheid en ondervinding wat opgebou is met die Smart Cape-projek.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,436
As die loodsprojekpersele eers voluit werk en deeglik beoordeel is, sal die Cape Access-model (soos aangepas op grond van die beoordelings) na ander gemeenskappe uitgebrei word. Daar word beplan dat bykomende geld vir dié uitbreiding verkry sal word van finansieringsorganisasies en sake-ondernemings.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,437
Skep van e-Gemeenskapsforums.
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,438
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
252
GOV-ZA.102911.2010-03-02.af.txt
13,439
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,441
Die Cape Access-projek gaan die voordele van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) na gemeenskappe in alle dele van die Wes-Kaap uitbrei. Cape Access is 'n mens-gerigte projek wat IKT beskou as 'n hulpmiddel wat kennis uitbou en geleenthede skep. Met die projek kry gemeenskappe toegang tot rekenaars en die internet, sowel as die vernuf om die hulpmiddel te gebruik.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,442
Die Cape Access-program gebruik beide nuwe en bestaande infrastruktuur om plattelandse gemeenskappe toegang te gee tot inligtingstegnologie en die voordele wat dit inhou. Deur bestaande rekenaarsentrums in plaaslike skole en veeldoelige sentrums te gebruik, help Cape Access gemeenskappe om die meeste voordeel uit die geriewe te trek. Nuwe rekenaarsentrums is opgerig in biblioteke in gemeenskappe waar daar geen geriewe was nie of bykomende geriewe nodig was.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,443
Die loodsplekke wat in biblioteke is gebruik die Smart Cape-tegnologie wat deur die Stad Kaapstad ontwikkel is vir die Kaapstadse biblioteek-toeganklikheidsprojek (Smart Cape). Dit gee gebruikers die geleentheid om aanlyn te registreer, hulle eie e-posrekeninge op te stel en toegang tot die internet te hê. Gebruikers word beperk tot sessies van 45 minute by enige van die vyf biblioteekrekenaars.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,444
Die VDS- en skoolgeriewe gebruik die bestaande tegnologie by die persele. Dit kan in die toekoms opgegradeer word om gebruikers e-posrekeninge te gee.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,445
Elke Cape Access-perseel draai om 'n e-Gemeenskapsforum, wat bestaan uit verskeie verteenwoordigers van die gemeenskap, wat gemeenskapsleiers, nie-regeringsorganisasies in die gemeenskap, verteenwoordigers van die perseel en gemeenskapslede wat belangstel insluit.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,446
Clive Zinkfontein n Ontsaglike hoeveelheid tyd en energie is bestee aan die samestelling van die forums, omdat navorsing wys dat baie ander tele-sentruminisiatiewe misluk het omdat hulle te veel toegespits was op die tegnologiese aspekte en nie genoeg op die menslike kwessies wat aanvaarding, opleiding en bevordering betref nie. Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe 'n leidende rol moet speel om vas te stel wat vereis word en hoe die projek moet werk. Gemeenskappe moet ook verantwoordelikheid aanvaar vir die volgehoue gebruik van die geriewe.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,447
Die e-Gemeenskapsforums sal toegang tot die geriewe en ander logistieke sake bestuur. Hulle moet ook die gemeenskap aanvuur en sal 'n sleutelrol speel in die opleiding van gemeenskapslede.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,448
Die Cape Access-projek is deel van 'n groep e-genootskapsprojekte wat op die oomblik gelewer word deur die Sentrum vir e-Innovasie. Die projekte hou onderling verband en benader IKT en ontwikkeling holisties.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,449
Opleidingsteun sal aan die e-Gemeenskapsforums verskaf word deur die Sentrum vir e-Innovasie se Cape Skills e-Geletterdheidsprojek. Die projek sal lede van die e-Gemeenskapsforums oplei en hulle sal op hulle beurt lede van die gemeenskap touwys maak. Die inisiatief word hanteer in vennootskap met bridges.org.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,450
Cape Gateway is 'n kanaal waardeur mense maklike toegang tot regeringsinligting en -dienste kan kry. Gebruikers van die Cape Access-geriewe sal voorgestel word aan die Cape Gateway-poortwebwerf en opleiding sal verskaf word oor hoe om die webwerf en ander regerings-aanlyninligtingsdienste te gebruik.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,451
Ander projekte wat inskakel by Cape Access sluit die RED-deur, Biblioteeksakehoekies en Veeldoelige Gemeenskapsentrums in.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,452
Die Sentrum vir e-Innovasie het tot 2006 geld vir die Cape Access-projek verskaf. Bykomende steun word gegee deur die Stad Kaapstad, deur die tegnologie, vaardigheid en ondervinding wat opgebou is met die Smart Cape-projek.
253
GOV-ZA.102911.2010-03-24.af.txt
13,453