document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,628 | 'n Lid wat gelas word om die Raadsaal te verlaat of wat geskors of genoem word, moet, behoudens Subreël (2), onverwyld die gebied van die Wetgewer verlaat, maar so 'n Lid is nie vrygestel van diens in enige komitee oor 'n private of tweesoortige wetsontwerp waarin hy of sy aangestel is nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,629 | Indien 'n ander Voorsittende Beampte as die Speaker 'n Lid van hierdie Huis gelas om die Raadsaal te verlaat en die Lid 'n Lid van die Uitvoerende Raad is, gelas die Speaker, na oor- leg met die Voorsittende Beampte, die Lid om die gebied van die Wetgewer te verlaat of doen die Speaker ander stappe wat hy of sy nodig ag. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,630 | Die stappe wat die Speaker kragtens Reël 73(b) of Subreël (1) van hierdie Reë l teen 'n Lid doen, word in die Huis afgekondig. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,631 | n Lid wat by naam genoem is, mag nie na die gebied van die Wetgewer terugkeer voor die afkondiging van die stappe deur die Speaker teen hom of haar gedoen nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,632 | Die skorsing van 'n Lid sal by die eerste geleentheid gedurende 'n sessie 5 werksdae van die Huis duur, by die tweede geleentheid 10 werksdae van die Huis, en by enige daaropvolgende geleentheid 20 werksdae van die Huis. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,633 | indien die Speaker die betuiging van spyt goedkeur of die Lid toelaat om sy of haar plek in te neem, sal die Speaker die Huis dienooreenkomstig inlig. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,634 | n Betuiging van spyt wat deur die Speaker goedgekeur is, word in die Notule van Verrigtinge opgeteken. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,635 | In geval van groot wanorde in 'n vergadering kan die Voorsittende Beampte die vergadering verdaag of die ver- rigtinge vir 'n tydperk deur hom of haar genoem, opskort. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,636 | 'n Lid teen wie 'n beskuldiging ingebring is, moet hy of sy, nadat hy of sy vanuit sy of haar sitplek aangehoor is, die Raadsaal verlaat terwyl die beskuldiging bespreek word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,637 | n Lid van hierdie Huis wat as skuldig aan minagting geo- ordeel word, sal aan die sorg van die Ampswag toevertrou word onder bevel van die Speaker en mee gehandel word soos hierdie Huis mag voorskryf. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,638 | in welke geval hy of sy die Stoel vanaf 'n mikrofoon op die vloer van die Raadsaal kan toespreek. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,639 | oor 'n punt van orde of 'n vraag van voorreg. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,640 | Huis nadat 'n Lid gepraat het, mag hy of sy die Huis weer toe- spreek oor sodanige wysigings, maar 'n Lid wat vir die eerste keer nadat wysigings voorgestel is, oor sodanige vraag praat, sal slegs een toespraak toegelaat word, wat die primêre vraag en die wysigings kan insluit. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,641 | n Lid mag slegs praat indien hy of sy deur die Voorsittende Beampte aangesê word om dit te doen. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,642 | Speaker aangekondig word, en indien twee of meer Lede gelyktydig opstaan, is die aangekondigde Lid geregtig om te praat. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,643 | geen Lid twee maal oor 'n vraag praat wanneer die Speaker in die Stoel is nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,644 | hierdie Huis nie in Komitee is nie, tyd toegeken word om aan debatte deel te neem, proporsioneel tot die persentasie van stemme deur die onderskeie partye in die laaste verkiesing verwerf. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,645 | Wanneer die Huis in Komitee is, mag 'n Lid nie meer as drie keer praat en per elke geleentheid nie langer as tien minute oor dieselfde vraag nie, insluitend wysigings: met dien ver- stande dat hierdie beperking nie van toepassing sal wees op die Premier of die Lid in beheer van die aangeleenthede voor die Huis nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,646 | Geen Lid mag na 'n ander Lid slegs op sy of haar voornaam of voorname verwys nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,647 | Geen Lid mag beledigende of aanstootlike taal gebruik nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,648 | Geen Lid mag 'n refleksie op 'n besluit van die Huis van die- selfde sessie werp nie, behalwe met die doel om voor te stel dat dit gewysig of herroep word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,649 | Geen Lid mag 'n refleksie op 'n wet van dieselfde sessie werp nie, behalwe met die doel om voor te stel dat dit gewysig of herroep word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,650 | afhanklik is van 'n besluit van die Huis nie, behalwe op 'n onafhanklike mosie in die Huis waarin feite beweer word wat, indien dit waar is, volgens die Speaker se oordeel prima facie so 'n besluit sou regverdig. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,651 | Geen Lid mag verwys na 'n saak waaroor 'n beslissing van 'n geregshof hangende is nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,652 | Geen Lid mag die bespreking van 'n saak wat op die Ordelys verskyn, vooruitloop nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,653 | Wanneer die Voorsittende Beampte moet beslis of 'n besprek- ing buite orde is weens vooruitloping, moet hy of sy in ag neem of dit waarskynlik is dat die saak wat vooruitgeloop word, binne 'n redelike tyd in die Huis bespreek sal word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,654 | 'n Verduideliking tydens 'n debat word toegelaat slegs indien 'n wesenlike deel van 'n Lid se toespraak verkeerd aangehaal of misverstaan is, maar so 'n Lid word nie toegelaat om nuwe sake aan te roer nie, en geen debat word oor die verduidelik- ing toegelaat nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,655 | n Lid kan met die voorafgaande toestemming van die Voorsittende Beampte ook sake van persoonlike aard ver- duidelik, maar oor sodanige sake mag geen debat gevoer word nie, en die Lid moet hom of haar streng by die regverdiging van sy of haar eie gedrag bepaal en mag nie langer as drie minute praat nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,656 | Voorsittende Beampte gestel is deur die Lid wat dit geopper het, gee die Voorsittende Beampte óf onverwyld óf later sy of haar beslissing of uitspraak daaroor. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,657 | 'n Lid kan hom of haar belas met 'n mosie of order van die dag in die afwesigheid van die Lid in beheer, mits die afwesige Lid hom of haar daartoe gemagtig het. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,658 | Repliek sal aan die Lid wat 'n onderwerp vir bespreking voorstel of aan die Lid wat in beheer is van 'n order van die dag, toegelaat word (behalwe in die geval van die Premier se Openingsrede). |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,659 | Geen mosie of wysiging benodig 'n sekondant nie, behalwe met sodanige geleentheid wat deur die Speaker bepaal word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,660 | Repliek op 'n debat sluit die debat af. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,661 | Wanneer die debat oor 'n vraag in die Huis afgesluit is, kan die Voorsittende Beampte die beslissing van die vraag uitstel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,662 | Wanneer dit dienstig is om dit te doen, kan 'n dag bepaal word vir die beslissing van vrae deur die Huis. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,663 | n Vraag wat beslis moet word nadat die debat daaroor afges- luit is, word sonder verdere debat gestel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,664 | Indien die Voorsittende Beampte 'n vraag gestel het en dit nie gehoor of verstaan word nie, stel hy of sy dit nog 'n keer. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,665 | Geen Lid, behalwe 'n Lid wat toegelaat word om 'n stemverk- laring te doen, mag oor 'n vraag praat nadat dit ten volle deur die Voorsittende Beampte gestel is nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,666 | 'n Vraag word geag ten volle gestel te wees wanneer sowel die "Ja's" as die "Nee's" hulle stemme daaroor laat hoor het. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,667 | Die Voorsittende Beampte mag ter eniger tyd, nadat 'n vraag ten volle gestel is, een Lid van elke politieke party toelaat om namens sy of haar party, in 'n toespraak nie langer nie as drie minute, redes te verstrek waarom die party ten gunste van die vraag of daarteen gekant is. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,668 | 'n Lid wat die Stoel aanspreek kragtens Subreël (1), mag 'n geskrewe uiteensetting van sy/haar party se standpunt hardop lees en 'n ondertekende afskrif ter Tafel lê vir insluiting in die Notule van die Verrigtinge. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,669 | behoort, formeel in die Notule van Verrigtinge aangeteken word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,670 | Die Voorsittende Beampte mag opdrag gee dat 'n hoofdelike stemming plaasvind in die geval van vier of meer Lede wat hul individuele opposisie wil laat aanteken. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,671 | hoofdelike stemming, onderhewig aan Reë l 106, sonder debattering sal plaasvind. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,672 | Voorsittende Beampte, voordat bevel gegee word dat die hoofdelike stemming-klokkies gelui moet word, homself of haarself tevrede stel dat ten minste vier Lede die eis om hoofdelike stemming ondersteun. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,673 | Indien minder as vier Lede ter ondersteuning daarvan opstaan, sal die Voorsittende Beampte vervolgens die besluit oor die vraag verklaar. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,674 | verloop van 15 sekondes gesluit word as wat die Voorsittende Beampte mag beveel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,675 | Wanneer die deure gesluit is mag geen Lid die Raadsaal bin- nekom of verlaat totdat die resultate van die hoofdelike stem- ming verklaar is nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,676 | Onderhewig aan Subreël (3), sal die Voorsittende Beampte weer die vraag stel wanneer die deure gesluit is. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,677 | van die Stoel die "Ja's" en die "Nee's" hul sitplekke sal inneem en hy of sy sal tellers vir elke kant aanstel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,678 | opnuut volgens sy of haar opinie verklaar of die "Ja's" of die "Nee's" dit het, in die geval waarvan 'n hoofdelike stemming slegs sal plaasvind as sodanige stelling betwis word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,679 | Wanneer, nadat 'n hoofdelike stemming plaasgevind het, min- der as 10 Lede aan een kant verskyn, sal die Voorsittende Beampte vervolgens die besluit oor die vraag verklaar. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,680 | verlaat totdat die resultate van die hoofdelike stemming verk- laar is nie en so 'n Lid sal stem saam met diegene wat, vol- gens die opinie van die Voorsittende Beampte, in die minder- heid is. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,681 | Elke Lid wat in die Raadsaal teenwoordig is wanneer die vraag gestel word, met die deure gesluit, sal stem. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,682 | Terwyl 'n hoofdelike stemming aan die gang is, mag Lede op 'n punt van orde praat wat uit of tydens die hoofdelike stem- ming ontstaan. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,683 | dit aan die Voorsittende Beampte oorhandig, wat die resultate van die hoofdelike stemming sal verklaar. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,684 | hoofdelike stemming, sal 'n ander hoofdelike stemming plaasvind, tensy die getalle andersins gekorrigeer kan word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,685 | Indien die getalle ona kkura at gerapporte er is of foute voorkom in die name op die hoofdelike stemming-lyste, sal die Voorsittende Beampte opdrag gee dat die Notule van Verrigtinge gekorrigeer word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,686 | Lede van die Uitvoerende Raad is gesamentlik en afsonderlik teenoor die Wetgewer aanspreeklik vir die verrigting van hulle funksies. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,687 | Lede van die Uitvoerende Raad moet die Wetgewer voorsien van volledige en gereelde verslae oor aangeleenthede onder hulle beheer. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,688 | Die Premier moet binne 30 dae van die mededeling daarvan ingevolge Reël 1 17, of sodanige latere datum soos deur die Wetgewer vasgestel, die Wetgewer voorsien van 'n verslag oor die optrede van die uitvoerende gesag in reaksie op besluite van die Wetgewer wat die uitvoerende gesag affek- teer. Sien artikel 114(2) van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,689 | Besluite van hierdie Huis wat die Uitvoerende Raad raak, word deur die Sekretaris aan die Premier van die Provinsie meegedeel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,690 | Die Huis sal geen wetsontwerp, mosie of voorstel wat Provinsiale grond of -eiendom raak en waarmee 'n ander Lid as 'n Lid van die Uitvoerende Raad belas is, in behandeling neem nie, tensy die Premier van die Provinsie sy of haar toestemming gegee het dat, wat die belange van die Provinsie betref, die Huis na goeddunke daarmee mag handel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,691 | Wanneer die Speaker 'n versoek van die Premier van die Provinsie, 'n Lid van die Uitvoerende Raad of enige ander instansie van die Uitvoerende Regering om advies, aanbevel- ing of goedkeuring ingevolge 'n Wet van die Wetgewer, of van 'n komitee in die versoek genoem oor of van 'n aldus genoemde aangeleentheid ontvang, verwys die Speaker dit na die toepaslike komitee vir oorweging en verslagdoening of na 'n komitee wat vir die doel van sodanige oorweging en ver- slagdoening ingestel is, soos die omstandighede vereis. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,692 | Die Sekretaris moet 'n afskrif van die versoek, tesame met 'n mededeling van die verwysing, aan elke Lid van die komitee besorg. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,693 | Die Komitee moet 'n verslag aanneem, dit laat druk en aan die Speaker voorlê. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,694 | Die Sekretaris besorg daarna 'n eksemplaar van die gedrukte verslag aan die instansie wat die versoek gerig het, en die Speaker lê terselfdertyd of so gou doenlik die verslag ter Tafel. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,695 | Kennisgewing van 'n ingryping in 'n munisipaliteit deur die Uitvoerende Raad moet ingevolge artikel 139 van die Grondwet binne 14 dae van die eerste sitting nadat die ingryp- ing begin het, in die Wetgewer ter Tafel gelê word. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,696 | Die kennisgewing van die ingryping word vervolgens na die relevante Portefeulje-komitee verwys vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer. Sien artikel 139(2) van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,697 | Provinsiale Departemente moet 'n jaarlikse verslag in die Wetgewer ter Tafel lê voordat die Wetgewer sodanige Departement se begroting vir die volgende boekjaar oorweeg. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,698 | Die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir 'n Provinsiale Departement moet die jaarlikse verslag van die Departement bekend stel deur 'n inleidende toespraak te lewer en dit daarna aan die Speaker voor te lê. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,699 | Ten minste een sittingsdag nadat die jaarlikse verslag deur die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad bekend ges- tel is, moet dit na die Komitee van die Hele Huis verwys word, en die verantwoordelike Lid van die Uitvoerende Raad moet vrae deur die Lede beantwoord rakende die duidelikheid van die verslag. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,700 | Die verslag word vervolgens na die Portefeulje-komitee ver- wys waarheen die begrotingspos van daardie Departement verwys word vir oorweging saam met die begroting van die Departement, en verslagdoening aan die Wetgewer. Sien artikels 114 en 133 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,701 | Provinsiale staatsorgane moet binne 'n maand vanaf die einde van die boekjaar van sodanige staatsorgaan 'n jaarlikse ver- slag in die Wetgewer ter Tafel lê. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,702 | Die verslag word vervolgens na die relevante Portefeulje-komitee ver- wys vir oorweging en verslagdoening aan die Wetgewer. Die Portefeulje-komitee se verslag moet in die Wetgewer gedebateer word. Sien artikels 114 en 133 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,703 | Die bepalings van Reël 122 moet toegepas word wanneer ander verslae ingevolge enige bepaling van die Grondwet in die Wetgewer ter Tafel gelê word. Sien artikels 206, 220 en 222 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,704 | om enige van sy wetgewende bevoegdhede aan 'n Munisipale Raad in daardie Provinsie op te dra. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,705 | Die Wetgewer van 'n provinsie kan met 'n besluit ondersteun deur minstens twee derdes van sy Lede, die Parlement ver- soek om die naam van daardie provinsie te verander. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,706 | 'n Provinsiale wetgewer word slegs deur die Grondwet en, indien hy 'n grondwet vir die provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet gebind en moet in ooreenstemming met, en binne perke van, die Grondwet en daardie provinsiale grondwet optree. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,707 | Provinsiale wetgewing met betrekking tot 'n aangeleentheid wat rede- likerwys nodig is vir, of verband hou met die doeltreffende uitoefen- ing van 'n bevoegdheid betreffende enige aangeleentheid in Bylae 4 vermeld, is vir alle doeleindes wetgewing met betrekking tot 'n aan- geleentheid in Bylae 4 van die Grondwet vermeld. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,708 | Die Wetgewer kan by die Nasionale Vergadering wetgewing aan- beveel betreffende enige aangeleentheid buite die gesag van daardie wetgewer, of ten opsigte waarvan 'n Parlementswet voorrang bo 'n provinsiale Wet geniet. Sien artikel 104 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,709 | die omvorming van plaaslike regering in die Provinsie bevorder, mon- itor en toesig daaroor hou. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,710 | Die Wetgewer mag wetgewing aanneem ingevolge artikel 161 van die Grondwet om voorsiening te maak vir die voorregte en immuniteite van Munisipale Rade en hul Lede. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,711 | Die Wetgewer en sy komitees moet verseker dat die beginsels van samewerkende regering en interregeringsverhoudings, soos in artikel 42 van die Grondwet vervat, nagekom word wanneer ingevolge hierdie Reël opgetree word. Sien artikels 155 en 161 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,712 | die omvorming van die polisiediens in die Provinsie bevorder, moni- tor en toesig daaroor hou. Sien artikel 206 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,713 | uniforme bobelasting hef op die belastingbasisse van enige belasting, heffing of reg wat deur nasionale wetgewing opgelê word, uitgeson - derd die belastingbasisse van korporatiewe inkomstebelasting, eien- domsbelasting of doeaneregte. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,714 | moet gereguleer word ingevolge 'n Parlementswet. Sien artikel 228 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,715 | drie jaar verstryk het sedert die Wetgewer verkies is. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,716 | die Wetgewer in gebreke bly om binne 30 dae nadat die vakature ontstaan het 'n nuwe Premier te kies. Sien artikel 109 van die Grondwet. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,717 | Nadat 'n wetsontwerp gedurende 'n sessie óf aangeneem óf verwerp is, kan geen wetsontwerp met dieselfde inhoud inge- dien word voor die aanvang van die daaropvolgende sessie nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,718 | Die verrigtinge in verband met enige wetsontwerp wat verstryk het weens 'n reses van die Wetgewer, mag op besluit van hierdie Huis op die Ordelys geplaas word tydens die daaropvolgende sessie, maar nie daarna nie, met dien ver- stande dat 'n algemene verkiesing nie tussen die twee sittings plaasgevind het nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,719 | Tensy anders gelas, word met 'n wetsontwerp voortgegaan vanaf die begin van 'n bepaalde stadium wat dit bereik het tydens die voorafgaande sessie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,720 | Die goedkeuring of verwerping van 'n konsepbesluit vir die hervatting van verrigtinge in verband met 'n wetsontwerp belet nie die indiening van 'n wetsontwerp met dieselfde inhoud gedurende dieselfde sessie nie. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,721 | Die Lid belas met 'n wetsontwerp kan die wetsontwerp te eniger tyd terugtrek voordat die Derde Lesing daarvan afge- handel is. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,722 | Indien die Huis die Derde Lesing van enige wetsontwerp ver- werp, verwerp hy die wetsontwerp. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,723 | dieselfde sittingsdag geneem word nie indien drie of meer Lede beswaar maak teen 'n verdere stadium. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,724 | al die woorde na "Dat" weg te laat en om "die order vir die Tweede Lesing van die Wetsontwerp" uit te laat en die onderwerp van die Wetsontwerp te verwys na 'n gekose komitee vir navrae en verslag- doening: met dien verstande dat so 'n wysiging mag voorsiening maak vir die magte van 'n ondersoek na, en opdragte aan, die komitee. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,725 | Op die orders vir die Eerste, Tweede en Derde Lesing van 'n wetsontwerp lees die Sekretaris net die kort titel daarvan. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,726 | Die Huis neem 'n wetsontwerp aan deur toe te stem tot die Derde Lesing daarvan. |
227 | Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt | 12,727 | twee netjiese afskrifte daarvan deur die Sekretaris geserti- fiseer en na die Premier van die Provinsie vir sy of haar goed- keuring gestuur. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.