document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,528
nodig ag om onder die dringende aandag van die Wetgewer gebring te word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,529
'n Stelling deur 'n Lid van die Uitvoerende Raad mag nie langer as vyf minute duur nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,530
Sodanige stellings sal verband hou met sake wat van openbare belang is, maar LUR'e sal nie die oorweging van enige Order van die dag antisipeer nie en sal deur die gewone reëls wat die regmatigheid van die debat reguleer, gebind word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,531
Sake wat gedurende hierdie tydperk geopper word, is nie aan debattering onderhewig nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,532
Die Leier van die Huis sal, in samewerking met die Swepe van alle partye, besluit op watter dae stellings deur Lede van die Wetgewer toegelaat sal word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,533
opper wat hulle nodig ag om onder die dringende aandag van die Wetgewer gebring te word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,534
'n Stelling deur 'n Lid van die Wetgewer mag nie langer as drie minute duur nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,535
belang is, maar Lede sal nie die oorweging van enige Order van die dag antisipeer nie en sal deur die gewone reëls wat die regmatigheid van die debat reguleer, gebind word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,536
Sake wat gedurende hierdie tydperk geopper word, is nie aan debattering onderhewig nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,537
Petisies moet in die vorm wees wat deur die Speaker voorgeskryf is.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,538
'n Petisie wat nie in een van die amptelike tale van die Provinsie is nie, moet vergesel wees van 'n vertaling in so 'n amptelike taal, wat as juis en korrek gesertifiseer is deur die Lid wat die petisie indien of deur 'n beëdigde vertaler.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,539
Tensy die Speaker anders besluit, moet elke petisie deur die petisionarisse self onderteken wees.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,540
Persone wat nie kan skryf nie moet hulle merke op die petisie aan- bring in die teenwoordigheid van twee getuies, wat die petisie in dié hoedanigheid moet onderteken.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,541
'n Petisie moet deur 'n Lid by die Sekretaris ingedien word en moet bo-aan deur die Lid geteken wees.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,542
'n Lid is nie bevoeg om 'n petisie ten behoewe van hom- self/haarself in te dien nie, maar so 'n petisie kan deur 'n ander Lid ingedien word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,543
poneer wees, wat dit by die Speaker vir goedkeuring moet voorlê voordat dit ter Tafel gelê word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,544
Lid wat verantwoordelik is vir die indiening daarvan by die Sekretaris, ter Tafel gelê word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,545
diens aan die Provinsie gelewer, wat nie by wet gemagtig is nie, word, nadat dit ter Tafel gelê is, geag na die Portefeulje- komitee vir Pensioene, Gesondheid en Maatskaplike Dienste verwys te wees.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,546
Petisies sal verwys word na die betrokke Portefeulje-komitee wat 'n verslag daaroor aan die Huis sal voorlê.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,547
word geen interpellasie of vraag vir mon- delinge beantwoording gestel op die dag waarop ken- nis daarvan gegee word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,548
'n Lid wat kennis wil gee van 'n interpellasie of 'n vraag, moet 'n ondertekende eksemplaar van die kennisgewing, met aan- duiding van die dag waarop die interpellasie of vraag gestel sal word, vir plasing op die Vraelys aan die Sekretaris oorhandig.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,549
'n Lid kan namens 'n afwesige Lid van 'n interpellasie of vraag kennis gee of hom of haar met 'n interpellasie belas, mits hy of sy deur die afwesige Lid daartoe gemagtig is.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,550
Enige kennisgewing van 'n interpellasie of 'n vraag wat stry- dig is met die gebruik of hierdie Reëls, kan gewysig word of andersins mee gehandel word soos die Speaker besluit.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,551
Geen interpellasie of vraag kan gerig word aan iemand wat nie 'n Lid van die Uitvoerende Raad is nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,552
'n Interpellasie bestaan uit 'n vraag wat nie meer as twee onderafdelings bevat nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,553
'n Interpellasie kan op die Vraelys geplaas word vir beantwo- ording op 'n dag minstens een werksdag van hierdie Huis ná die dag waarop dit vir die eerste keer daarop verskyn: met dien verstande dat die Speaker, in oorleg met die Swepekomitee, kan toestem dat 'n interpellasie oor 'n saak op korter kennisgewing behandel word in die plek van 'n inter- pellasie waarvan behoorlike kennis gegee is.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,554
in die res van die toegewese 15 minute vir tot twee minute elk: met dien verstande dat die Lid van die Uitvoerende Raad be perk sa l word tot twee bykomende spreekbeurte, met inbegrip van 'n geleen- theid om op die debat repliek te lewer.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,555
Interpellasies geniet voorrang op sulke dae soos deur die Speaker bepaal.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,556
Die aantal interpellasiedebatte op een en dieselfde dag word beperk tot twee debatte van 15 minute elk.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,557
Vrae wat voor 12:00 op enige werksdag van hierdie Huis aan die Sekretaris oorhandig word, kan op die tweede sittingsdag daarna op die Vraelys verskyn en nie vroeër nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,558
Behoudens hierdie Reël plaas die Sekretaris die vrae op die Vraelys in die volgorde waarin hulle aan hom of haar oorhandig word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,559
nuwe vrae aan Lede van die Uitvoerende Raad.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,560
agtereenvolgende werksdae van hierdie Huis ná die dag waarop dit vir die eerste maal op die Vraelys verskyn nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,561
werksdae van hierdie Huis na die dag waarop die vraag die eerste keer op die Vraelys verskyn het.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,562
vraag verlang, moet dit met 'n asterisk merk.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,563
ording op die Vraelys geplaas moet word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,564
Vrae vir mondelinge beantwoording word beperk tot twee vrae per Lid per vraedag.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,565
n Vraag vir mondelinge beantwoording bevat hoogstens vyf onderafdelings.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,566
opsigte van 'n bepaalde Departement van die Uitvoerende Gesag gestel.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,567
nie vir vrae vir skriftelike beantwoording wat ingevolge Reël 50 vir mondelinge beantwoording op die Vraelys geplaas word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,568
(a) Vrae vir mondelinge beantwoording word onmiddellik na interpellasies gestel.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,569
Enige onbenutte gedeeltes van die tye wat vir interpellasies toegewys is, word vir antwoorde op vrae gebruik.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,570
Die tyd aan vrae toegewys, is 30 minute.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,571
verstryking van die toegewese tyd nog nie aan die beurt gekom het nie, word aan die Sekretaris oorhandig vir opname in die Amptelike Verslag van die Debatte van hierdie Huis.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,572
Vrae mag sonder vooraf kennisgewing aan die Premier van die Provinsie gestel word op sulke dae soos deur die Speaker vasgestel, behalwe 'n dag van die week wanneer die Premier se begrotingspos in die bylae tot 'n begrotingswetsontwerp bespreek word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,573
Vyftien minute sal toegelaat word vir vraagstelling en repliek onder hierdie Reël, maar indien die verrigtinge aangaande 'n vraag reeds 'n aanvang geneem het wanneer die tyd verstryk, mag die Speaker toelaat dat dit afgehandel word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,574
'n Lid mag op 'n spesifieke dag 'n vraag onder hierdie Reël stel slegs wanneer sy of haar naam vir daardie doel op die Ordelys verskyn.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,575
vroeër as die vyfde werksdag van hierdie Huis vóór daardie dag nie en nie later as 12:00 op die tweede sodanige werksdag nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,576
die Ordelys plaas nie, op die laaste werksdag van hierdie Huis wat die betrokke dag voorafgaan.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,577
opeenvolgende naam van 'n Lid wat nie aan daardie party behoort nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,578
Die Voorsittende Beampte sal die Lede roep in die volgorde waarin hul name op die Ordelys verskyn.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,579
Die Lid wat geroep word, mag een bondige vraag stel en onmiddellik daarna een aanvullende vraag (opvolgvraag), wat met die oorspronklike vraag van hom of haar of die repliek verband moet hou.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,580
'n Vraag gestel deur 'n Lid onder hierdie Reël sal nie ingesluit word in die hoeveelheid vrae aan hom of haar toegestaan onder enige ander Reël nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,581
Sekretaris gegee sal word voor 12:00 op die Dinsdag van die werksweek van hierdie Huis, wanneer hulle dan vir beantwo- ording op die Vraelys geplaas sal word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,582
n Vraag vir skriftelike beantwoording sal nie meer as 15 onderafdelings bevat nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,583
Vrae vir skriftelike beantwoording sal beperk word tot drie per Lid wat betref enige een werksweek van hierdie Huis.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,584
indien die Lid in wie se naam die vraag staan dit só versoek, die vraag vir mondelinge beantwoording op die Vraelys plaas.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,585
goedkeuring, as 'n besluit van hierdie Huis voorstel.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,586
word indien dit in wese dieselfde is as 'n onderwerp wat in dieselfde sessie daarin bespreek is nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,587
voorgestel word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,588
Die order, besluit of stemming oor so 'n vorige konsepbesluit kan gewysig of herroep word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,589
ten opsigte waarvan daar met die eenparige instemming van al die aanwesige Lede van kennis- gewing afgesien word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,590
n ondertekende eksemplaar van die kennis- gewing op enige werksdag van hierdie Huis aan die Sekretaris oorhandig, vir plasing op die Ordelys.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,591
werksdag van die Huis aan die Sekretaris oorhandig word, kan op die tweede sittingsdag daarna op die Ordelys verskyn en nie vroeër nie, tensy die Speaker in 'n besondere geval anders bepaal.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,592
Behalwe met die eenparige instemming van al die aanwesige Lede mag geen mosie voorgestel word op die dag waarop kennis daarvan gegee word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,593
word, te bereik.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,594
Subreël (1) gegee is, en word deur die Sekretaris op die Ordelys geplaas vir 'n dag deur die Leier van die Huis bepaal.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,595
Indien die mosie neergelê word vir die eerste dag van die daaropvolgende sessie of vir die eerste da g waarop die sessie hervat word, stuur die Sekretaris by wyse van gewone pos minstens 14 dae voor die datum van aanvang van die sessie of die her- vatting na 'n reses, 'n kopie van só 'n Ordelys aan elke Lid.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,596
'n Lid kan namens 'n afwesige Lid van 'n mosie kennis gee, mits hy of sy deur die afwesige Lid daartoe gemagtig is.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,597
n Dringende mosie wat regstreeks met die voorregte van die Huis in verband staan, het voorrang bo ander voorstelle en bo dagorders.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,598
Enige kennisgewings van 'n mosie wat met die gebruik of hierdie Reëls teenstrydig is, kan gewysig of andersins mee gehandel word soos die Speaker besluit.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,599
Provinsie voorgelê word en deur die voorsteller onderteken wees en, indien dit gedurende debatvoering voorgestel word, moet dit na die Tafel geneem word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,600
Geen wysigings mag op die vorige deel van 'n vraag voorges- tel word nadat daar oor 'n wysiging op 'n later deel daarvan besluit is nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,601
Die Voorsittende Beampte besluit, onderhewig aan hierdie Reëls, in watter volgorde die wysigings op 'n vraag gestel word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,602
'n Lid wat 'n mosie voorgestel het, kan sonder kennisgewing voorstel dat dit teruggetrek word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,603
'n Privaatlid mag die Speaker versoek om 'n saak van open- bare belang op die Ordelys te plaas vir bespreking.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,604
Die Lid moet die versoek voor die verdaging van hierdie Huis op die vorige sittingsdag aan die Speaker rig.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,605
So 'n bespreking mag nie langer duur as die tyd wat die Speaker na oorleg met die Leier van die Huis daarvoor toegewys het nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,606
Voorsittende Beampte die Lid en verneem hy of sy van die Lid van die Uitvoerende Raad of hy of sy repliek wil lewer of nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,607
Vrae van voorreg mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,608
Sake wat reeds in dieselfde sessie deur hierdie Huis bespreek is, mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,609
'n Privaatlid kan die Speaker op enige sittingsdag skriftelik versoek om toe te laat dat 'n saak van dringende openbare belang deur hierdie Huis bespreek word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,610
Die versoek moet aan die Speaker gerig word voor 12:00 op dae waarop die Huis om 14:15 sit, of minstens 'n uur voor die vroeër of later tyd wat vir 'n sitting bepaal is.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,611
Voorsittende Beampte dit in die Huis aan en staan debat oor die saak oor tot die tyd wat die Voorsittende Beampte bepaal het.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,612
Speaker na oorleg met die Leier van die Huis daarvoor toegewys het nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,613
Uitvoerende Raad aan die woord is, onde rbreek die Voorsittende Beampte die Lid en verneem hy of sy van die Lid van die Uitvoerende Raad of hy of sy repliek wil lewer of nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,614
Vrae van voorreg mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,615
Sake wat reeds gedurende dieselfde sessie deur hierdie Huis bespreek is, mag nie kragtens hierdie Reël bespreek word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,616
Die vooruitlopingsreël is nie tydens so 'n debat van toepass - ing nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,617
Nie meer as een saak mag op dieselfde dag kragtens hierdie Reël bespreek word nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,618
Elke Lid moet 'n buiging vir die Stoel maak wanneer hy of sy na of van sy of haar sitplek gaan.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,619
n Lid mag nie tussen die Stoel en die Lid wat aan die woord is, of tussen die Stoel en die Tafel verbygaan nie, en ook nie in die gange of paadjies staan nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,620
Geen Lid mag gedurende debat hardop gesels nie.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,621
op die aanwesigheid van nie-Lede.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,622
hulle plekke bly totdat die Voorsittende Beampte die Raadsaal verlaat het.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,623
Orde word deur die Voorsittende Beampte gehandhaaf, maar wanorde in die Komitee van die Hele Huis kan slegs deur die Huis afgekeur word by ontvangs van 'n verslag van die Voorsittende Beampte.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,624
Wanneer die Voorsittende Beampte gedurende 'n debat opstaan, moet enige Lid wat dan aan die woord is of opstaan om te praat, gaan sit, en moet die Voorsittende Beampte ongestoord aangehoor word.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,625
te bespreek wat irrelevant is, of om argumente te herhaal, kan hy of sy die Lid gelas om sy of haar toespraak te staak.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,626
Indien die Voorsittende Beampte van oordeel is dat 'n Lid 'n bepaling van hierdie Reëls met opset oortree, of dat 'n Lid die gesag van die Stoel minag of verontagsaam, of dat 'n Lid se gedrag erg wanordelik is, kan hy of sy die Lid gelas om die Raadsaal onmiddellik vir die res van die dag se sitting te ver- laat.
227
Fsl. FreestateLegislation.2009-02.af.txt
12,627
indien hy of sy nie die Speaker is nie, die Lid noem, waarop die Spe aker, na oorleg met die Voorsittende Beampte, die stappe kan doen wat hy of sy nodig ag.