document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,156 | Die Staatsdienskommissie het 'n diensstaat van 248, wat Kommissarisse insluit. 'n Totaal van 222 poste is gevul. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,157 | Sommige van ons personeellede is bedrewe in twee of meer van die elf amptelike tale van Suid-Afrika, naamlik Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiSwati, isiXhosa, isiZulu, Sepedi, Sesotho, Setswana, Tshivenda, en Xitsonga. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,158 | Me. Bontle Lerumo |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,159 | Alle verslae wat deur die Staatsdienskommissie gepubliseer word, is beskikbaar op die webwerf, www.psc.gov.za. Die verslae is ook beskikbaar by die Staatsdienskommissie se hoofkantoor en streekkantore. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,160 | Voorsitter: Dr. Ralph Mgijima Sanlam Goue Akker-gebou |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,161 | Waarnemende Direkteur-generaal: Mnr. Mashwahle Diphofa 21ste Verdieping |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,162 | Kommissaris: Mnr. S Mafanya Kommissaris: Dr. RR Mgijima |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,163 | Streekdirekteur: Mnr. LB Mgengo Streekdirekteur: Mnr. TJ Matlhare |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,164 | Faks: 043 642 1371 Tel. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,165 | Kommissaris: Mnr. P Helepi Kommissaris: Vakant |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,166 | Streekdirekteur: Me. MS Santho Streekdirekteur: Me. C Julie |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,167 | Tel.: 051 448 8696 Tel. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,168 | Streekdirekteur: Me. KG Seabelo Streekdirekteur: Mnr. MM Chale |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,169 | Tel.: 018 384 1000 Tel. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,170 | Kommissaris: Mnr. DS Mkhwanazi Kommissaris: Me. PM Tengeni |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,171 | Streekdirekteur: Mnr. SW Mnisi Streekdirekteur: Mnr. BFM Khonjwayo |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,172 | Tel.: 013 755 4070 Tel. |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,173 | Kommissaris: Mnr. K Mathews |
155 | DAC-NLS.PSC-0157.2009-10-12.af.txt | 10,174 | Streekdirekteur: Mnr. J Malan |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,176 | Voorkoming nà blootstelling (Engels: Post Exposure Prophylexis) verwys na die pille wat toegedien word aan slagoffers van seksuele aanranding en verkragting om die risiko van MIV-infeksie te verminder. Aangesien dit moeilik is om die MIV-status van die aanvallers te bepaal, word die slagoffer behandel asof die aanvaller MIV-positief is. Op hierdie wyse word daar gesorg dat alle moontlike voorsorg getref word om die kanse te verminder dat die MIV-infeksie oorgedra word. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,177 | Waarom is dit belangrik om te toets nà 'n verkragting? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,178 | Dit is belangrik om te toets vir MIV want die PEP is nie nodig wanneer die betrokke persoon alreeds MIV-positief is nie. Indien u MIV-positief is, sal die personeel by die kliniek u voorsien met inligting oor hoe om te leef met MIV. In die meeste gevalle word 'n MIV-toets gedoen voordat daar met PEP begin word. Indien die MIV-toets nie onmiddellik gedoen kan word nie, word daar in elk geval 'n begin gemaak met die behandeling en die MIV-toets kan later gedoen word. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,179 | Wanneer moet daar met die medikasie begin word? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,180 | Medikasie moet 72 uur nà die aanval geneem word, maar verkieslik so gou as moontlik. Die medikasie is nie doelmatig nie indien dit nà hierdie tydperk geneem word. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,181 | Vir hoe lank moet die medikasie geneem word? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,182 | Die medikasie moet vir 28 dae geneem word. Dit sal help om die risiko te verminder om MIV-positief te word. Die kursus van 28 dae moet voltooi word ten einde dit te laat werk. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,183 | Pille word aan u toegedien om Seksueel Oordragbare Infeksies en swangerskap te voorkom. Die PEP pille moet egter aaneenlopend vir 28 dae geneem word. Die PEP pille moet twee keer per dag geneem word. Gewoonlik sal die kliniek nie al die pille vir die 28 dae gee nie en moet u teruggaan om die res van die pille te kry. Dit is werklik belangrik om terug te gaan om die res van die pille af te haal ten einde die kursus te voltooi. Die kliniekpersoneel sal aan u 'n datum gee wanneer u die PEP pille moet gaan afhaal. Die pille moet liefs met etes geneem word en dit word aanbeveel dat u die pille min of meer dieselfde tyd elke dag neem. U kan dit byvoorbeeld om 7 vm met ontbyt en 7 nm met aandete neem. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,184 | Sommige mense gebruik hul sellulêre telefone om hulle daaraan te herinner. Dit kan heelwat bydra om u te help. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,185 | Wat van newe-effekte? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,186 | Die meeste medisyne het newe-effekte. Die PEP pil is sterk en kan ook newe-effekte hê. Drie van die mees algemene new-effekte is naarheid, diarree en moegheid. Na die tweede week raak dit egter makliker. Gedurende die eerste week sal u medikasie teen naarheid ontvang. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,187 | Dit word aanbeveel dat u die pil met u voedsel inneem. Indien die newe-effekte aanhou, moet u na die kliniek terugkeer en die personeel daaroor inlig. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,188 | Waarom is dit belangrik dat u die medikasie presies gebruik soos wat dit voorgeskryf word? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,189 | Deur die medisyne op die regte tyd te gebruik en nie die pilinname oor te slaan nie verseker u dat die medisyne doelmatig werk. Dit is belangrik om 'n roetine vir 28 dae te ontwikkel. Op die teenblad van hierdie pamflet is daar 'n tydtafel uitgewerk om u te help. Plak dit gerus vas teen u yskas of in u badkamer. Ons is daarvan bewus dat u 'n moeilike tyd in u lewe deurmaak deurdat u die seksuele aanranding moet verwerk en ook medikasie moet neem om moontlike MIV-infeksie te voorkom. Dit kan help indien u 'n familielid of vriend vra om u by te staan gedurende hierdie tydperk. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,190 | Wat staan my te doen as ek vergeet om die medisyne te gebruik? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,191 | Dit is belangrik om die pil daagliks vir 28 dae te neem. Ook oor naweke en wanneer u vriende besoek, ens. Wanneer u besef u het 'n dosis oorgeslaan, moet u dit neem so gou as wat u dit agtergekom het, MAAR wanneer dit gebeur nadat u alreeds die volgende dosis geneem het, moet u nie 'n dubbele dosis neem nie. As u vergeet het om die pille vir twee agtereenvolgende dae of langer te neem, moet u met die kliniekpersoneel daaroor praat. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,192 | Waarom moet ek teruggaan na die hospitaal/kliniek? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,193 | Dit is belangrik dat u na die hospitaal/kliniek teruggaan om die oorblywende pille af te haal en om u MIV-status na te gaan. Met hierdie besoek sal u die res van u PEP pille kry en sal ook bepaal word hoe u die situasie hanteer. U moet na 6 weke 'n tweede MIV-toets ondergaan (2de besoek), en ook herhalingsbesoeke na drie maande en ses maande. Dit is uiters belangrik om u MIV-status te bepaal. Indien die toetse negatief is, beteken dit dat u nie MIV opgedoen het nà die verkragting nie. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,194 | Waar kan u hulp kry? |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,195 | Verkragting is traumaties. Dit is belangrik om met iemand te praat wat kan luister en wat u kan ondersteun nà die verkragting. n Berader kan u help om u gevoelens te verwerk. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,196 | Hieronder verskyn 'n pildagboek. Die persoon begin op 'n Dinsdag 12 November en sy teken hierdie dag aan as Dag 1 en voltooi haar dagboek. Sy neem haar eerste pil in die oggend en haar tweede pil vir die eerste dag om 7 nm. Sy sal voortgaan om die pille min of meer dieselfde tyd elke dag vir 28 dae te neem tot op 9 Desember. Doen dieselfde met u pildagboek. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,197 | Dit is belangrik dat u vir ses maande kondome gebruik. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,198 | Gebruik hierdie dagboek om u te help om u pille te neem. |
156 | DAC-NLS. PostExposureProphylaxisPamphlet.2009-03.af.txt | 10,199 | Vul Dag 1 in op die eerste dag wanneer u begin om u pille te neem. Maak 'n merkie by elke dag soos u die pille neem totdat die 28 dae se medikasie opgebruik is. Hou die dagboek op 'n veilige plek. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,201 | Die Minister van Handel en Nywerheid het, kragtens artikel 24(1)(n), gelees met artikel 13(3)(a) van die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 (Wet No. 87 van 1993), die regulasies in die Bylae uitgevaardig. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,202 | "die Wet" die Wet op die Nie-proliferasie van Wapens van Grootskaalse Vernietiging, 1993 Wet No. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,203 | "persoon" ook 'n staatsorgaan soos in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, omskryf word. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,204 | 'n Persoon wat in beheer is van 'n aktiwiteit wat verband hou met beheerde goedere of wat beheerde goedere in sy of haar besit of bewaring of onder sy of haar beheer het, moet by die Raad registreer deur die registrasievorm vervat in die aanhangsel by hierdie kennisgewing in te vul en by die Raad in te dien. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,205 | Die Raad moet skriftelik ontvangs van die registrasievorm erken. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,206 | Die Raad moet binne twee maande na ontvangs van 'n registrasievorm wat korrek ingevul is of van verdere inligting wat deur die Raad vereis kan word, die persoon bedoel in subregulasie (1) registreer. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,207 | Die Raad moet by registrasie beoog in subregulasie (3) 'n unieke registrasieverwysingsnommer aan die betrokke persoon toeken. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,208 | Die Raad moet die persoon bedoel in subregulasie (1) skriftelik verwittig van die datum waarop sodanige persoon by die Raad geregistreer is en van die unieke registrasieverwysingsnommer. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,209 | Die ingevulde registrasievorm word by die Raad ingedien by enige van die adresse in subregulasie (1) vermeld. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,210 | Registrasie by die Raad is geldig vir 'n tydperk van twee jaar vanaf die datum beoog in regulasie 2(5). |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,211 | Registrasie by die Raad word hernu deur twee maande vóór die verstrykingsdatum in subregulasie (1) beoog, 'n nuwe registrasievorm in te dien. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,212 | Regulasie 2(2), (3) en (5) is, met die nodige veranderinge, van toepassing op die hernuwing van 'n registrasie in subregulasie (2) bedoel. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,213 | n Persoon wat by die Raad geregistreer is, moet die Raad binne 14 dae in kennis stel van enige veranderinge in die inligting wat in sodanige persoon se registrasievorm vervat is. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,214 | Die Raad kan die registrasievorm wysig om die veranderinge bedoel in subregulasie (1) weer te gee. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,215 | Regulasie 2(2), (3) en (5) is, met die nodige veranderinge, van toepassing op die wysiging van 'n registrasievorm. |
157 | DAC-NLS. RegistrationPersonsControlling.2009-10-12.af.txt | 10,216 | Hierdie regulasies tree op in werking. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,218 | A discussion with Prof Jakes Gerwel - Proff Antjie Krog (UWC) and Geert Buelens (U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,219 | Prof Guus Extra U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,220 | Dr Robert Ross U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,221 | Prof Hein Willemse U.P. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,222 | Is Nederlands vry van politieke bagasie? |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,223 | Dr. Albert Schaffer |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,224 | Dr Annemarie Mostert Free State U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,225 | Prof Sandile Gxilishe U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,226 | Prof Jan Blommaert U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,227 | Prof Amareswar Galla U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,228 | Prof Dorothea van Zyl U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,229 | Prof Geert Buelens U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,230 | Prof Stef Slembrouck U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,231 | Prof Mbulungeni Madiba U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,232 | Mnr. Quintus van der Merwe (Cultural Affairs, Western Cape) |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,233 | Prof Olf Praamstra U. |
158 | DAC-NLS. Rootsconferenceprogramme.2009-10-12.af.txt | 10,234 | L.W. Programme is subject to change. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,236 | HANDLEIDING VIR SPORT EN REKREASIE SUID-AFRIKA (SRSA) ingevolge artikel 14 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,237 | The client is responsible for inserting the correct page numbers after the final layout has been done - Ed. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,238 | Would you like to change the date below in footer Ed? |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,239 | Die doel van die SRSA is om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter deur deelname aan sport en rekreasie in die land te bevorder, en deur die deelname van Suid-Afrikaanse sportlui en -spanne aan internasionale sportgebeure. Die SRSA steun die Ministerie in die uitvoering van sy politieke mandaat om toesig te hou oor die ontwikkeling en bestuur van sport en rekreasie in Suid-Afrika. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,240 | daartoe by te dra dat Suid-Afrika in 2010 die beste Fédération Internationale de Football Association (FIFA)-Wêreldbekersokkertoernooi ooit hou. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,241 | Sportsteundienste: Steun sport- en rekreasieliggame en openbare entiteite, moniteer hulle prestasies en doen verslag daaroor. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,242 | Massadeelname: Verskaf steun en strategiese rigting om die getal deelnemers aan sport en rekreasie in Suid-Afrika te vergroot. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,243 | Internasionale skakeling en gebeure: Koördineer sport- en rekreasieverhoudinge op inter- en intraregeringsvlak, en steun gasheeroptrede vir geïdentifiseerde groot gebeure. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,244 | Fasiliteer koördinasie: Koördineer die verskaffing en bestuur van 'n volhoubare infrastruktuur vir sport en rekreasie. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,245 | 2010-FIFA-Wêreldbekereenheid: Koördineer alle inter- en intraregeringsverhoudinge en steun die gasheeroptrede vir die 2010-FIFA-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,246 | Eenhede wat handel met hierdie prestasieareas word administratief deur onder andere die hoofdirektorate Korporatiewe Dienste en Finansiële Bestuur gesteun. 'n Derde hoofdirektoraat, Uitvoerende en Strategiese Bestuursteun, lewer moniterings- en beoordelingsdienste aan die SRSA. Die oogmerk van hierdie steuneenhede is om die SRSA te administreer, te lei en te bestuur. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,247 | erkenning verleen aan sportlui se uitnemende bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,248 | Visie: 'n Aktiewe nasie wat wen. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,249 | Missie: Om toegang, ontwikkeling en uitnemendheid op alle vlakke van deelname aan sport en rekreasie te maksimeer ten einde maatskaplike kohesie, nasiebou en die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te bevorder. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,250 | Die assosiaatraamwerk van die Departement word verdeel in begunstigdes, vennote, belanghebbers en diensverskaffers. Die assosiate van die Departement sluit in die erkende Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en ander plaaslike en internasionale sport- en rekreasieliggame; SRSA- openbare liggame: Boks SA en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids); plaaslike sportrade; nieregeringsorganisasies - NRO's (bv. SCORE, Sports Trust, Sports Heroes, LoveLife); die sektorale onderrig- en opleidingsowerhede (SETA's); die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAKO); tersiêre instellings (Universiteitsport Suid-Afrika - USSA); provinsiale akademies; die privaat sektor; die Suid-Afrikaanse bevolking; internasionale en kontinentale organisasies; Parlement; regeringsdepartemente (nasionaal en provinsiaal); SRSA-personeel; atlete; internasionale regerings en openbare entiteite; hoëprestasiesentra; borge; plaaslike owerhede; en die media. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,251 | Die SRSA word op 'n politieke vlak gelei deur 'n minister (dr Makhenkesi A Stofile) en 'n adjunkminister (mnr Gert C Oosthuizen), terwyl dit administratief gelei word deur 'n direkteur-generaal, mnr Vernon Petersen. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,252 | Mnr Monde Mkalipi staan in 'n waarnemende hoedanigheid aan die hoof van die 2010-FIFA-Wêreldbekereenheid - 'n projekgebaseerde eenheid in die SRSA. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,253 | Die huidige SRSA het tot stand gekom na die samesmelting van die Suid-Afrikaanse Sportkommissie en die Departement van Sport en Ontspanning. Hoewel die provinsiale departemente van sport en ontspanning ook vir kuns en kultuur verantwoordelik is, is dit op nasionale vlak nie die geval nie. Die SRSA en die Departement van Kuns en Kultuur is verskillende regeringsentiteite, elk met sy eie beleide, bestuurstruktuur en personeel. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,254 | Die organisatoriese struktuur van die SRSA is saamgestel volgens sy strategiese doelwitte en dus sy prestasieareas. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,255 | Afgesien van die SRSA is daar twee instellings wat aan die Minister van Sport en Rekreasie Suid-Afrika verslag doen, naamlik Boks SA en Saids. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,256 | Boks SA is ingestel ingevolge die Wet op Suid-Afrikaanse Boks, 2001 (Wet No. 11 van 2001), om boks in die Republiek te beheer en te reguleer, boks te bevorder en die belange van boksers en amptenare te beskerm. Boks SA oorweeg die aansoeke om lisensies van alle belanghebbers in beroepsboks, keur gevegte goed, implementeer die tersaaklike regulasies en lei boksers op, asook bokspromotors, bokskruitamptenare, boksbestuurders en -afrigters. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,257 | Saids is ingevolge die Wet op die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport, 1997 (Wet No. 14 van 1997), ingestel. Sy hoofwerksaamheid is om sportdeelname vry van die gebruik van verbode prestasieverbeteringstowwe, te bevorder en om sportlui op te voed oor die skadelike gevolge van aanhelppraktyke. Dit maak ook aanhelppraktyke in sport ontoelaatbaar ten einde skoon spel en sportetiek te verseker, en die gesondheid of welsyn van sportlui te beskerm. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,258 | Die Direkteur-generaal van die SRSA, mnr Vernon Petersen, is ingevolge die Wet die inligtingsbeampte. Sy kontakbesonderhede is soos volg: [email protected], tel. 012-304-5249. |
159 | DAC-NLS. Sec14PromotionAccessInfoAct.2009-10-12.af.txt | 10,259 | Me Lulu Sizani, Hoofdirekteur: Korporatiewe Dienste - [email protected], tel. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.