document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,949
Shouldn't C6 fall under D - quality/"gehalte" Ed?
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,950
Ander (spesifiseer) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ..
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,951
Meld kortliks u regstellendeaksiebeleid.
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,952
Kry u meer as 80% van u materiaal vanuit u plaaslike gebied?
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,953
Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet No. 85 van 1993)?
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,954
(Wet No. 130 van 1993)?
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,955
See below - Shouldn't that be supplier?
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,956
Die inligting wat verskaf is, waar en korrek is.
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,957
die kontrak kan kanselleer en enige skade kan eis wat opgedoen is weens minder gunstige reëlings wat ná sodanige kansellasie getref moes word.
148
DAC-NLS.IDTquestionnairesuppliesgoods.2009-10-12.af.txt
9,958
IDT hierby gemagtig word om sodanige stappe te neem wat hy nodig vind om inligting wat voorgelê is, te verifieer, met inbegrip van maar nie beperk nie tot die gebruik van onafhanklike ouditeurs of ander kundiges.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,960
om u bystand en persoonlike betrokkenheid te versoek om, vanuit u gesagsposisie, sleutelboodskappe oor influensa A (H1N1) 2009 doeltreffend binne u organisasie en aan die werkers oor te dra.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,961
Die amptelike wetenskaplike naam van die siekte is pandemiese influensa A (H1N1) 2009. Dit het in April vanjaar in Mexiko en die Verenigde State van Amerika (VSA) ontstaan. Dit het aanvanklik as varkgriep bekendgestaan, want daar is geglo dat dit van varke afkomstig was. Nou word verstaan dat dit 'n mengsel is van mens- en voëlelemente. Dus het die siekte niks te doen met die verbruik van vark of varkprodukte nie. Dit word nou eenvoudig genoem pandemiese influensa, of verkieslik by sy amptelike naam, influensa A (H1N1) 2009.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,962
Sedert April vanjaar het die virus wêreldwyd vinnig na 166 lande versprei. In Afrika het dit tot dusver na slegs 16 lande versprei. Terwyl ek hierdie brief skryf, het die virus reeds wêreldwyd 177 457 mense geïnfekteer (laboratorium-bevestig), met 1 457 bevestigde sterftes.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,963
Daar is in Suid-Afrika tot op hede 2 844 bevestigde gevalle, met ses sterftes.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,964
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ná die vierde Noodkomiteevergadering wat op 11 Junie 2009 gehou is, tot die gevolgtrekking gekom dat daar voldoen is aan die voorwaardes vir 'n pandemie, en die Direkteur-generaal, dr Margaret Chan, het 'n pandemie (fase 6) verklaar. Dit beteken bloot dat die siekte na lande in al die streke van die WGO versprei het, en baie vinnig versprei. Ek wil egter benadruk dat die pandemieverklaring nie beteken dat die siekte hewig is nie. Dit beteken bloot dat dit oral versprei.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,965
Die WGO het op 6 Julie 2009 die verspreiding van die pandemie binne die lande wat daardeur geraak is, en na ander lande, as onvermydelik en onstuitbaar beskryf. Hoe dit ook sy, hulle het gelukkig ook opgemerk dat die meeste mense wat die virus opdoen, ligte simptome het. Nogtans is ons as gesondheidsbeamptes, wêreldwyd en plaaslik, steeds bekommerd oor die sterftes wat tot dusver voorgekom het (wêreldwyd 0,8%, en in Suid-Afrika 0,2%, van geïnfekteerde mense). Die virus infekteer meestal individue in die ouderdomsgroep tien tot 29 jaar - die meeste van hierdie individue woon skole of instellings van hoër onderrig by.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,966
Die WGO se raad is dat lande hulle daarop moet toelê om die invloed van die siekte op gemeenskappe te versag. Doeltreffende kommunikasie is hierin die sleutel.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,967
Die siekte word versprei deur druppelbesmetting (d.i. wanneer 'n geïnfekteerde persoon hoes of nies, en jy die lug inasem waarin hulle genies of gehoes het. Selfs al sou hulle in die rigting van 'n oppervlak hoes, en jy asem van die lug rondom in, kan jy geïnfekteer word).
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,968
n algemene gevoel van ongesteldheid.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,969
Die oorgrote meerderheid mense wêreldwyd het ligte simptome en sal nie enige gespesialiseerde mediese sorg benodig nie. Mense met ligte simptome moet dus behandel word soos vir gewone griep.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,970
diarree en tekens van ontwatering.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,971
erge slaperigheid en bewusteloosheid.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,972
Enigeen met matige of erge simptome moet dringend mediese hulp vra en ontvang.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,973
Amptelike toetsing word gedoen deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) wat in Gauteng geleë is. Die werk is onlangs ook na die Wes-Kaap "gedensentraliseer". Toetsing word op aanbeveling van 'n geneesheer gedoen. Pasiënte wat binne die openbaregesondheidstelsel sorg verlang, moet nie 'n laboratoriumtoets aanvra nie. Ons merk op dat dit tans die geval is binne die privategesondheidsorgstelsel, maar dit word nie deur die WGO aanbeveel nie. Dokters moet verdagte gevalle behandel ooreenkomstig protokolle wat deur die Departement van Gesondheid verskaf word.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,974
Die voorkeurbehandelingsmiddel is Tamiflu.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,975
met erge simptome.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,976
Massabehandeling met Tamiflu kan tot middelweerstandigheid lei wat die middel ondoeltreffend maak, selfs vir individue wie se lewe dit kan red.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,977
Ervaring wêreldwyd het geleer dat die sluit van skole, instellings van hoër onderrig, koopsentrums en werkplekke nie die verspreiding van die siekte doeltreffend teëhou nie. Dit het eerder erge maatskaplike ontwrigting veroorsaak.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,978
Ons raad is dat enige leerder, opvoeder of werker met ligte simptome tuisbly. Indien daar baie leerders en/of opvoeders is wat wegbly, moet die instelling wat geraak word met die Departemente van Basiese Onderwys en Hoër Onderwys en Opleiding oorleg pleeg, wat saam met die gesondheidsowerhede oor die nodige optrede sal besluit.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,979
Was jou hande dikwels met seep.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,980
Hoes of nies in 'n sneesdoekie of in jou mou.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,981
Moet nooit in jou hande hoes nie; hoes eerder in jou elmboog.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,982
Indien jy noodgedwonge in jou hande moes hoes, moenie aan enigiets soos deurhandvatsels, vensters, tafeloppervlakke of werktuie raak voordat jy nie jou hande met seep gewas het nie.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,983
Indien jy ligte simptome beleef, bly tuis en vermy kontak met mense.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,984
Ek wil u verseker dat wetenskaplikes wêreldwyd in samewerking met die WGO hulle bes doen om 'n vaksine te vervaardig. Indien alles goed verloop, kan sodanige vaksine binne 'n paar maande beskikbaar wees. Daar sal egter waarskynlik 'n oorweldige aanvraag wees vir die vaksine, terwyl die produksievermoë (waaroor Afrika nie beskik nie) beperk is.
149
DAC-NLS. LetterH1N1OrganisedLabour.2009-10-12.af.txt
9,985
Dankie dat u hierdie brief aan u gelees het, en by voorbaat dankie vir u daadwerklike betrokkenheid by die oordra van inligting oor, en die versagting van, die gevolge van die siekte.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,987
Ingevolge artikel 14 van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 Wet No.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,988
Die Staatsdienskommissie (SDK) is 'n onafhanklike en onpartydige openbare instelling, tot stand gebring ingevolge artikel 196 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die SDK is die taak opgedra en daartoe gemagtig om, onder andere, die organisasie en administrasie van die Staatsdiens te ondersoek, te moniteer en te evalueer. Hierdie mandaat behels ook die evaluering van prestasies, of gebrek aan prestasies, van Regeringsprogramme. Gekoppel aan die voormelde bevoegdhede, het die SDK ook 'n verpligting om maatreëls te bevorder om doeltreffende en doelmatige werkverrigting binne die Staatsdiens te verseker en om die waardes en beginsels van openbare administrasie, soos in die Grondwet uiteengesit is, regdeur die Staatsdiens te bevorder.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,989
Die Kommissie ontleen sy mandaat aan artikel 195 en 196 van die Grondwet, 1996.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,990
n Hoë standaard van beroepsetiket.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,991
'n Ontwikkelingsgerigte openbare administrasie.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,992
Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,993
Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,994
Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,995
Deursigtigheid moet bevorder word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,996
Die kweek van goeie mensehulpbronbestuurs- en loopbaanontwikkelingspraktyke.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,997
'n Verteenwoordigende openbare administrasie met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,998
om te moniteer of toepaslike prosedures in die Staatsdiens gevolg word en ondersoek daarna te doen.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
9,999
Om nasionale en provinsiale staatsorgane te adviseer rakende personeelpraktyke in die Staatsdiens, insluitende dié wat betrekking het op werwing, aanstelling, oorplasing, ontslag en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die Staatsdiens.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,000
Hierdie areas is georganiseer in twee programme, naamlik: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte; en Monitering en Evaluering.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,001
Sommige van die vlagskipverslae wat deur die SDK gelewer is, sluit onder andere in die "State of the Public Service", "Citizens Satisfactions Surveys", "Measuring the Effectiveness of the National Anti-Corruption Hotline', en 'Evaluation of the Policy Framework on Managing HIV and AIDS in the Public Service". 'n Omvattende lys verslae gelewer deur die SDK word vervat in die SDK/KSDK se artikel 15-kennisgewing en is ook beskikbaar op die SDK se webwerf, www.psc.gov.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,002
Die Kommissie is ingestel ingevolge artikel 196 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Die Grondwet vereis 'n enkele Staatsdienskommissie vir die Republiek van Suid-Afrika, bestaande uit veertien lede, waarvan vyf op aanbeveling van die Nasionale Vergadering deur die President aangestel word, terwyl een lid vir elk van die nege provinsies aangestel word na benoeming deur die Premier. Die Kommissie is verantwoordingspligtig teenoor die Nasionale Vergadering aan wie minstens een keer per jaar verslag gedoen moet word. Die Kommissie moet ook aan Provinsiale Wetgewers verslag doen oor sy werksaamhede in provinsies.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,003
In lyn met die Grondwet soos hierbo genoem, bestaan die SDK uit 14 Kommissarisse, d.w.s. vyf Pretoriia-gebaseerde Kommissarisse en een Kommissaris in elke provinsie woonagtig. Die SDK word gesteun deur die Kantoor van die Staatsdienkommissie met aan hoof die Direkteur-generaal, wat die Rekenpligtige Amptenaar is.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,004
Soos vereis word, het die President veertien Lede van die Kommissie aangestel. Vyf van hierdie Lede is in die Hoofkantoor in Pretoria gesetel, en nege, een vir elke provinsie, in die provinsies.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,005
Die organisatoriese struktuur van die SDK is ontwerp na aanleiding van sy strategiese doelwitte en gevolglik sy prestasie-areas.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,006
Die werk van die Kommissie is gestruktureer volgens ses prestasie-areas soos weergegee in item 1 hierbo. Hierdie areas word verdeel in twee lynfunksietakke, elk met drie sleutelfokusgebiede. Die twee lynfunksietakke word ondersteun deur die Tak: Korporatiewe Dienste en Streekskakeling, wat administratiewe en algehele ondersteuningsdienste aan die twee lynfunksietakke bied.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,007
Tak: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte stel die SDK in staat om by te dra tot die verbetering van die bestuur van arbeidsverhoudinge, staatsadministrasieoudits en -ondersoeke en die bevordering van teenkorrupsiepraktyke; en die hersiening van die implementering van mensehulpbronbeleide in die Staatsdiens.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,008
Tak: Monitering en Evaluering vestig 'n hoë standaard van Staatsdiensleierskap, goeie bestuur en verbeterde dienslewering deur openbare deelname.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,009
Mnr Mashwahle Diphofa, Adjunk-direkteur-generaal: Monitering en Evaluering, e-pos: [email protected].
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,010
Mnr Admill Simpson, Adjunk-direkteur-generaal: Ondersoeke en Mensehulpbronoorsigte, e-pos: [email protected].
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,011
Mnr Dumisani Maphumulo, Adjunk-direkteur-generaal: Korporatiewe Dienste en Streekskakeling, e-pos: [email protected].
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,012
e-pos: [email protected], Tel (012) 352-1196.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,013
Die gids oor hoe om die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000, te gebruik, is verkrygbaar by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,014
Tenderdokumente ontvang van die verskaffers, nadat die tender toegeken is.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,015
Die Kennisgewing oor Vrywillige Openbaarmaking (artikel 15) van die SDK/KSDK word op 'n jaarlikse grondslag bygewerk en is geskikbaar op die SDK-webtuiste www.psc.gov.za. Hierdie bywerking is ter voldoening aan artikel 15 (2) van due Wet io die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die SDK/KSDK se artikel 15-kennisgewing gee toegang tot onder andere, alle SDK-verslae wat gepubliseer en in die Parlement. ter tafel gelê is, sowel as tot al die ander rekords op die webtuiste van die SDK, sonder dat iemand 'n versoek hoef te rig ingevolge genoemde Wet..
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,016
Let daarop dat sekere provinsie- en departement-speifieke verslae wat deur die SDK opgestel is, verkrygbaar is van die onderskeie provinsies en departemente en nie van die SDK/KSDK nie. Daarbenewens is die Jaarverslag van die SDK, nuusbriewe/tydskrifte, plakkate, en pamflette, outomaties beskikbaar van die Kommunikasie- en Inligtingsdienste deur mnr. Ben De Villiers, by [email protected], of Tel. (012) 352-1059. 'n Lys met besonderhede van dokumente waartoe daar maklike toegang is, word vervat in die artikel 15-kennisgewing hierbo bedoel.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,017
Prosedure gevolg betreffende die toestaan of weiering van 'n versoek om inligting, word vervat in die KSDK-beleid oor die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting[1]. Die Beleid is verkrygbaar op die SDK se webtuiste by www.psc.gov.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,018
'n Versoeker moet die vorm (Vorm A) gebruik wat in die Staatskoerant (Goewermentskennnisgewing R.187 van 15 Februarie 2002) gepubliseer is.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,019
Die versoeker moet ook aandui of hy/sy 'n afskrif van die rekord verlang en of die hy/sy wil inkom en self na die rekord by die kantore van die openbare liggaam (SDK/KSDK) wil kyk. Alternatiewelik, indien die rekord nie 'n papierdokument is nie, kan dit besigtig word in die verlangde vorm, waar moontlik.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,020
Indien 'n persoon toegang versoek in 'n spesifieke vorm (bv. 'n papierafskrif, elektroniese afskrif, ensovoorts), moet die versoeker toegang kry in daardie vorm, tensy die toestaan van die versoek onredelikerwys met die werkverrigting van die betrokke openbare liggaam (SDK/KSDK) sal inmeng, die rekord sal beskadig, of 'n outeursreg sal skend wat nie aan die staat behoort nie. Indien, om praktiese redes, toegang nie in die verlangde vorm, maar in 'n ander vorm toegestaan kan word, moet die gelde bereken word ooreenkomstig die wyse waarop die versoeker in die eerste plek toegang versoek het.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,021
Indien die versoeker, benewens 'n skriftelike antwoord op die versoek om 'n rekord, op enige ander wyse (bv. telefonies) ingelig wil word oor die besluit, moet dit aangedui word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,022
Indien die versoeker namens 'n ander persoon inligting versoek, moet die hoedanigheid waarin die versoeker die versoek rig, aangedui word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,023
Indien 'n versoeker nie in staat is om te lees of skryf nie, of 'n gebrek het, kan die versoek om die rekord mondeling gerig word. Die inligtingsbeampte moet die vorm namens sodanige versoeker invul en hom/haar 'n afskrif van die ingevulde vorm gee.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,024
Daar is twee tipes gelde wat ingevolge die Wet betaal moet word, naamlik die versoekgelde en die toegangsgelde (by kennisgewing van die besluit betreffende die verlening van toegang).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,025
'n Versoeker wat toegang verlang tot 'n rekord wat persoonlike inligting bevat oor daardie versoeker, hoef nie die versoekgelde te betaal nie. Elke ander versoeker moet die versoekgelde van R35,00 (betaalbaar aan openbare liggame) betaal.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,026
Die inligtingsbeampte moet by kennisgewing van die versoeker (behalwe 'n persoonlike versoeker) vereis om die voorgeskrewe versoekgelde (indien enige) en deposito (indien enige) te betaal voordat die versoek verder geprosesseer word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,027
Die versoeker kan 'n interne appèl aanteken, waar toepaslik, of 'n aansoek indien by die hof teen die aanbied of betaling van die versoekgelde.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,028
Nadat die inligtingsbeampte 'n besluit geneem het oor die versoek, moet die versoeker in kennis gestel word van sodanige besluit op die wyse waarop die versoeker ingelig wil word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,029
Indien die versoek toegestaan word, moet verdere toegangsgelde betaal word vir reproduksie, en vir soek en voorbereiding vir enige tyd wat meer as die voorgeskrewe ure vereis word om die rekord vir openbaarbaking te soek en voor te berei.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,030
Toegang tot 'n rekord sal weerhou word totdat die versoeker al die toepaslike gelde betaal het.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,031
Die werksaamhede van die SDK/KSDK, soos uiteengesit in item 1, is sodanig dat sy kliënte bestaan uit die Nasionale Vergadering, Provinsiale Wetgewers, ander regeringsdepartemente en openbare instellings/organisasies en hy nie direk dienste lewer aan die publiek nie. Sekere inligting oor die Staatsdiens, byvoorbeeld die status van die Staatsdiens en die opname oor die burgers se tevredenheid met regeringsdienste, kan egter verkry word van Kommunikasie- en Inligtingsdienste: [email protected]. Die publiek het ook direkte toegang tot die Nasionale Teenkorrupsietolvrynommer vir die Staatsdiens (0800 701 701), wat deur die SDK gehuisves en bestuur word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,032
Die SDK moniteer en evalueer Staatsdiensprogramme met die doel om advies te verskaf en, waar nodig, ondersoek te doen om maniere te vind waarop dienslewering in die Staatsdiens verbeter kan word.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,033
program- en stelselevaluerings wat diepte-evaluerings van die tersaaklikheid van programme en stelsels, die doeltreffendheid en doelmatigheid van programme en stelsels, sowel as program-/stelselvoorbereiding en -ontwerp insluit.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,034
Die SDK doen verskeie ondersoeke wat kulmineer in verslae wat aan die Nasionale Vergadering, Provinsiale Wetgewers en individuele departemente aangebied word. Hierdie verslae gee inspraak in prosesse van beleidmaking en die maak van wetgewing.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,035
Wanneer ook al nodig, bring die SDK reëls of riglyne na vore wat kan help om bestuur en/of dienslewering binne die Staatsdiens te verbeter. By tye word bestaande reëls en riglyne/beleide hersien om in te pas by die operasionele of strukturele veranderinge binne die Staatsdiens.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,036

10,037

10,038

10,039

10,040
Die volgende prosedures bestaan vir persone om beweerde onreëlmatige, onbehoorlike of onwettige amptelike handelinge of versuime deur die SDK/KSDK of enige van sy werknemers te rapporteer of reg te stel.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,041
Regsmiddele ten opsigte van handelinge of versuime om te handel ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting: Die interne appèlgesag is, vir die doeleindes van hierdie Wet, die Voorsitter van die Staatsdienskommissie (artikels 74 - 77). Na die uitputting van die interne appèlregsmiddel, kan 'n aansoek by 'n hof ingedien word (artikels 78 - 82 van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,042
'n Staatswerknemer kan 'n grief of klagte indien vir ondersoek deur die Staatsdienskommissie rakende 'n amptelike handeling of versuim (artikel 35 van die Staatsdienswet, 1994). Reëls oor hoe om sodanige klagte/grief in te dien, is in die Staatskoerant, 23635 van 19 Julie 2002, gepubliseer en is verkrygbaar op die SDK se webtuiste, www.psc.gov.za.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,043
'n Persoon kan 'n klagte indien by 'n arbeidsinspekteur rakende enige beweerde oortreding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet No. 75 van 1997 - artikel 78(1)(a)), of die Employment Equity Act (wet op billike indiensneming), 1998 (Wet No. 55 van 1998 - artikel 34(e)).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,044
'n Persoon kan 'n klagte indien by die Openbare Beskermer rakende 'n vermoedelik onwettige of onbehoorlike amptelike handeling of versuim (die Grondwet en die Wet op die Openbare Beskermer, 1994 (Wet No. 23 van 1994)).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,045
'n Persoon kan 'n klagte indien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie rakende 'n amptelike handeling of versuim wat vermoedelik bestaan uit 'n skending van of bedreiging van enige fundamentele reg (Wet op die Menseregtekommissie, 1994 (Wet No. 54 van 1994)).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,046
Ten einde beskerm te word teen weerwraak as gevolg van 'n bekendmaking betreffende onwettige of onreëlmatige gedrag deur 'n werkgewer of 'n medewerknemer, kan die betrokke persoon die bekendmakingsprosedures in die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000 (Wet No. 26 van 2000), volg.
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,047
Die gebruik van ander regsmiddele soos die instelling van verrigtinge vir die regterlike hersiening van 'n administratiewe optrede ingevolge die Promotion of Administrative Justice Act (wet op bevordering van administratiewe regspleging), 2000 (Wet No. 3 van 2000).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,048
'n Persoon kan redes versoek vir 'n administratiewe optrede ingevolge die Promotion of Administrative Justice Act, 2000 (artikel 5).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,049
'n Persoon kan toegang versoek tot rekords van 'n regeringsdepartement or ander openbare liggaam ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (artikel 11).
150
DAC-NLS. ManualForThePublicServiceCommission.2009-03.af.txt
10,050
'n Staatswerknemer, in die verloop van sy of haar amptelike werksaamhede, is ingevolge die Gedragskode vir Staatswerknemers verplig om oor bedrog, korrupsie, nepotisme, wanadministrasie en enige ander handeling wat 'n oortreding uitmaak of wat nadelig vir die openbare belang is, aan die toepaslike owerhede verslag te doen. 'n Werknemer wat in gebreke bly om hieraan te voldoen, is skuldig aan wangedrag (Regulasie B.3 en C.4.10 van Hoofstuk 2 van die Staatsdiensregulasies, 2001).