document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,674
Die Plantpatologielaboratorium by Elsenburg bied 'n diens vir die diagnosering van plantsiektes aan die publiek van die Wes-Kaap.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,675
Die spesialisasieterrein is siektes wat groente, kleingraansoorte, peulgewasse en canola aantas.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,676
Monsters moet van 'n voorleggingsvorm vergesel word wat op die Elsenburg Webwerf verkry kan word.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,677
Die monsters moet in so 'n toestand ontvang word dat hulle geskik sal wees vir die uitvoer van standaard-plantpatologietoetse.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,678
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou en sy werknemers aanvaar geen verantwoordelikheid vir die resultate van die ondersoeke nie.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,679
Die tariewe vir saadtoetse wissel na gelang van die organisme waarvoor getoets word. Elke geval word indiwidueel gehanteer.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,680
Tariewe sluit BTW in, en is aan periodieke prysverhogings onderworpe.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,681
Fakture word per pos aan die verantwoordelike persoon gestuur, soos deur die kliënt op die voorleggingsvorm aangedui.
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,682
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,973
GOV-ZA.9688.2010-03-02.af.txt
27,683
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,685
Die Plantpatologielaboratorium by Elsenburg bied 'n diens vir die diagnosering van plantsiektes aan die publiek van die Wes-Kaap.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,686
Die spesialisasieterrein is siektes wat groente, kleingraansoorte, peulgewasse en canola aantas.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,687
Monsters moet van 'n voorleggingsvorm vergesel word wat op die Elsenburg Webwerf verkry kan word.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,688
Die monsters moet in so 'n toestand ontvang word dat hulle geskik sal wees vir die uitvoer van standaard-plantpatologietoetse.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,689
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou en sy werknemers aanvaar geen verantwoordelikheid vir die resultate van die ondersoeke nie.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,690
Die tariewe vir saadtoetse wissel na gelang van die organisme waarvoor getoets word. Elke geval word indiwidueel gehanteer.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,691
Tariewe sluit BTW in, en is aan periodieke prysverhogings onderworpe.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,692
Fakture word per pos aan die verantwoordelike persoon gestuur, soos deur die kliënt op die voorleggingsvorm aangedui.
1,974
GOV-ZA.9688.2010-03-24.af.txt
27,693
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,975
GOV-ZA.9728.2010-03-24.af.txt
27,695
Om 'n misdaad wat reeds plaasgevind het aan te meld, bel of besoek jou naaste polisiestasie. Spesiale oorwegings geld om verkragting of kindermishandeling aan te meld. In 'n noodgeval moet jy die polisie se noodtelefoonnommer 10111 of 112 bel. Nadat jy die misdaad aangemeld het, moet jy 'n saaknommer ontvang of die naam van die speurder wat jou saak sal ondersoek. As jy getraumatiseer is, kan jy hulp daarvoor kry en as jy getuiebeskerming nodig het, is dit ook beskikbaar. As jy voel dat 'n vuurwapen afgeneem moet word van 'n gevaarlike persoon, moet jy daarvoor vra. As jy 'n beskermingsbevel vir gesinsgeweld nodig het, kan jy ook daardie proses by die polisiestasie begin.
1,975
GOV-ZA.9728.2010-03-24.af.txt
27,696
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,698
As jy 'n getuie is en vrees vir jou veiligheid weens redes wat verband hou met jou getuienis, kan jy aansoek doen om getuiebeskerming. Jy kan vrese hê oor jou veiligheid of dié van iemand wat verwant is aan jou. Jy kan bang wees vir een persoon of vir 'n groep mense.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,699
Enigeen wat 'n lid is van jou huishouding of familie, of wat op enige manier na aan jou is, kan aansoek doen om beskerming vir jou as jy dit nie kan doen nie.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,700
As daar getoon kan word dat die voog onredelik is en weier om toestemming te gee.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,701
Jy is 'n getuie as jy op die oomblik getuienis aflê (in 'n hof getuig of 'n beëdigde verklaring aflê) of as jy dalk in die toekoms getuienis kan aflê, of as jy in die verlede getuig het. Dié getuienis kan wees in 'n ernstige strafsaak, 'n ondersoek, 'n kommissie of 'n tribunaal, 'n ondersoek deur die Onafhanklike Klagtedirektoraat of 'n batebeslagleggingsaak.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,702
Jy of enigiemand ander wat bedreig word sal so gou as moontlik uit die gevaarlike situasie verwyder word. Jy sal in 'n tydelike getuiebeskermingsprogram geplaas word, waarna jou aansoek vir permanente beskerming oorweeg sal word. As jou aansoek goedgekeur word sal jy in permanente getuiebeskerming geplaas word.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,703
Jy moet 'n getuie wees, of aansoek doen namens iemand wat 'n getuie is, om vir getuiebeskerming te vra.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,704
Die ondersoekbeampte (speurder) wat die saak ondersoek waarin jy 'n getuie is.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,705
Die stasiebevelvoerder of enigeen wat in beheer is by enige polisiekantoor.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,706
As jy in die tronk is, die persoon in beheer van die gevangenis of 'n geregistreerde maatskaplike werker by die tronk.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,707
Die openbare beskermer in die saak waarin jy getuig, of die Direkteur van Openbare Vervolgings (voorheen die Prokureur-Generaal) vir daardie gebied.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,708
Enige lid van die Getuiebeskermingseenheid.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,709
Die persoon by wie jy aangeklop het sal reël dat jy so gou doenlik verskuif word as jy in onmiddellike gevaar is. Jy sal 'n aansoekvorm moet invul nadat jy uit die gevaarlike situasie verwyder is. Die Direkteur van die Getuiebeskermingseenheid sal binne 48 uur ingelig word dat jy verwyder is na 'n tydelike plek van veiligheid.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,710
Jy sal nie langer as twee weke in tydelike beskerming gehou word nie. In dié tyd sal 'n getuiebeskermingsamptenaar jou aansoek ondersoek, waaronder risikobeoordeling en 'n beoordeling van jou deur 'n sielkundige. Die amptenaar sal verslag doen aan die Direkteur, wat dan sal besluit of die tydelike beskerming verleng moet word, jy in permanente beskerming geplaas moet word, of die aansoek sal afkeur. Die Direkteur kan die aansoek afkeur as hulle dink dat daar ander maniere is waarop jy beter beskerm kan word as deur jou in die permanente beskermingsprogram op te neem.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,711
As die Direkteur besluit dat permanente beskerming die beste is, sal jy 'n beskermingsooreenkoms moet onderteken. Met dié ooreenkoms stem jy in om die reëls van die beskermingsprogram te gehoorsaam, wat oor die algemeen behels dat jy nie inligting oor die program mag bekend maak nie, sowel as enige besondere voorwaardes wat in jou geval van toepassing mag wees. Jy sal nie in permanente beskerming geplaas word as jy nie die ooreenkoms onderteken nie. Die ooreenkoms is opgestel om jou eie veiligheid te verseker, sowel as die veiligheid van die getuiebeskermingsamptenare en almal wat te doen het met die program. Al die getuies wat gehou het by die reëls van hulle beskerming het veilig gebly.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,712
Permanente beskerming beteken nie dat jy vir die res van jou lewe in die beskermingsprogram sal wees nie. Permanente beskerming duur net so lank as wat die bedreiging teen jou duur, plus 'n uitfaseringsprogram van ses weke, gevolg deur ontslag. Ontslag kan beteken dat 'n nuwe identiteit vir jou geskep word en jy hervestig word.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,713
Jy en jou uitgebreide familie, waar nodig, sal in 'n veilige huis geplaas word wat gemeubileer is en waar jy vir jouself kos maak (jy hoef nie vir die verblyf te betaal nie).
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,714
Jy sal weg van die gebied waar jy gewoonlik woon verskuif word, as dit nodig geag word.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,715
'n Kliniese sielkundige sal 'n trauma- en sielkundige beoordeling doen en jou help met enige trauma wat jy mag ervaar.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,716
Jy sal 'n induksieprogram ondergaan sodat jy kan weet wat om te verwag.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,717
As jy werkloos is, sal jy 'n toelae kry vir jou basiese behoeftes.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,718
As jy werk, sal jy 'n vervangingsalaris kry.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,719
As jou kinders saam met jou is, sal reëlings getref word sodat hulle kan skoolgaan.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,720
Sommige ander kostes sal ook gedek word, soos jou skoolgeld, vervoer, klere en mediese koste.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,721
Jy kan uit die beskermingsprogram verwyder word as bevind word dat jy enige van die reëls verbreek het, of as vasgestel word dat jy die program op enige manier misbruik. Die program verdra nie 'inligtingsmokkelaars' nie, mense wat voorgee dat hulle getuies is sodat hulle in die program opgeneem kan word.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,722
Die Getuiebeskermingseenheid verskaf ook nou 'nasorg' om jou te help aanpas nadat jy uit permanente beskerming gekom het (dit is, wanneer jy ontslaan word). In die uitfaseringstydperk sal ander risikobeoordelings gedoen word. Ontslag uit permanente beskerming sal waarskynlik beteken dat jy jou identiteit moet verander. Jy sal gehelp word om weer by die samelewing in te skakel. Jy sal dalk ook permanent moet verskuif weg van waar jy gewoonlik gebly het. As 'n voorbeeld van hoe dit gedoen kan word, as jy 'n HOP-huis in een gebied besit, kan dit geruil word vir 'n HOP-huis in 'n ander gebied.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,723
Alles wat gedoen word met getuiebeskerming word gedoen kragtens die Wet op Getuiebeskerming, Wet 112 van 1998. Daar is nege streekskantore van die Getuiebeskermingseenheid, een in elk van die provinsies. Waar hulle presies geleë is word egter nie bekend gemaak nie. As jy enige navrae het wat jy aan die Getuiebeskermingseenheid self wil rig, moet jy in verbinding tree met die Hoofkantoor van die Getuiebeskermingseenheid, wat in Pretoria is en deel vorm van die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolgings, die vervolgingsgesag van Suid-Afrika.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,724
Witness Protection Act, No 112 of 1998 (Wet) (File type: pdf; size: 2.
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,725
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,976
GOV-ZA.9741.2010-03-24.af.txt
27,726
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,977
GOV-ZA.97536.2010-03-24.af.txt
27,728
Die landbou gemeenskap in die Wes-Kaap het met skok verneem van die moord op mnr. Gavin de Jager van die plaas De Poort aan die Dutoitskloofpas
1,977
GOV-ZA.97536.2010-03-24.af.txt
27,729
Ons boere en hul werkers is sagte teikens en daarom is dit is uiters belangrik dat die gemeenskap saam met die SAPS moet saamstaan teen ongeregtigheid en misdaad soos hierdie, wat die samelewing lamlÊ. Ek wil 'n beroep op die SAPS doen om hierdie lafaards wat hulle skuldig maak aan sulke oortredings op te spoor sodat die volle gang van die reg sy loop kan neem.
1,977
GOV-ZA.97536.2010-03-24.af.txt
27,730
Namens die provinsiale regering dra ek graag meegevoel en simpatie oor aan mev Cathy de Jager en familie en breË gemeenskap.
1,977
GOV-ZA.97536.2010-03-24.af.txt
27,731
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,977
GOV-ZA.97536.2010-03-24.af.txt
27,732
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,734
Indien u nie 'n prokureur kan bekostig nie, kan u regshulp ontvang (finansiële bystand vir die betaling van prokureurskoste). U sal 'n 'middeletoets' moet slaag, wat beteken dat u moet toon dat u minder as 'n bedrag wat deur die Regshulpraad vasgestel word, verdien. Die omvang van hierdie bedrag hang daarvan af of u enkellopend of getroud is, en verander van tyd tot tyd. U moet ook toon dat u nie ander 'likiede bates' het, soos geld in 'n spaarrekening, wat gebruik kan word om u regskoste te betaal nie. U kan regshulp slegs vir sekere tipe sake ontvang.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,735
Vir 'n kriminele saak waarvoor u skuldig gaan pleit.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,736
Vir verkeersoortredings, dronkbestuursake ingesluit.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,737
Vir handelsmisdaadaanklagte soos bedrog.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,738
Vir 'n aanklag van dwelmhandel.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,739
Vir 'n derde of latere kriminele aanklag vir dieselfde tipe oortreding.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,740
Vir 'n saak waar u nagelaat het om 'n skuldbedrag in paaiemente af te betaal soos deur die hof beveel.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,741
Vir 'n saak waar u boedel beredder gaan word omdat u nie u skuld kan betaal nie.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,742
Indien u die Regshulpraad self vir wanpraktyk dagvaar.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,743
Vir 'n onderhoudsaak wat deur die onderhoudsbeampte beslis kan word.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,744
In 'n aansoek om insolvent (bankrot) verklaar te word of om u boedel te beredder.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,745
Waar u iemand dagvaar (skadevergoeding eis) vir verhoudingverwante kwessies soos laster, verbreking van 'n belofte om te trou, skending van waardigheid of privaatheid, verleiding, owerspel, en vervreemding van toegeneentheid (die oorsaak dat u verloofde die verlowing verbreek het).
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,746
daar geen kinders by die egskeiding betrokke is nie.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,747
om 'n merieteverslag te eis. Regshulp sal egter geweier word indien daar goeie rede is om te vermoed dat u doelbewus nie 'n werk aanvaar nie of dat u 'n werk bedank met die doel om regshulp te ontvang.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,748
U kan ook regshulp ontvang vir appèlle teen al die tipes sake wat hierbo gelys word, of dit krimineel is of siviel (sake waar u dagvaar of gedagvaar word). Vir appellering moet die direkteur van die Regshulpraad ook van mening wees dat u 'n redelike kans op sukses het.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,749
Gaan na 'n Regshulpraad-takkantoor of, indien daar nie een in u omgewing is nie, na die naaste landdroshof om navraag te doen oor regshulp. Elke landdroshof beskik oor 'n regshulpbeampte wat u sal help met regshulpnavrae.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,750
Die regshulpbeampte sal vasstel of u aan die middeletoets voldoen en of u saak binne die bestek van die riglyne wat deur die Regshulpraad gestel word, val. Indien u kwalifiseer, sal 'n prokureur 'n "regshulpopdrag" ontvang om u saak te behartig. 'n Prokureur het die reg om 'n regshulpopdrag te weier, maar dit gebeur gewoonlik nie. Indien die persoon wel weier, kan die regshulpopdrag aan 'n ander prokureur gegee word.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,751
Neem asseblief kennis dat die Regshulpraad nie 'n gratis regsadviesdiens is nie. Dit verskaf finansiële ondersteuning vir regsake aan armes wat nie regskoste self kan dra nie. U kan egter regsadvies en hulp ontvang van regsklinieke aan universiteite, en dikwels ontvang hierdie klinieke ook regshulpopdragte van die Regshulpraad. Op Stellenbosch is die twee organisasies in dieselfde gebou.
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,752
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,978
GOV-ZA.9755.2010-03-24.af.txt
27,753
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,979
GOV-ZA.9931.2010-03-24.af.txt
27,755
Die Vroue in Sportprogram is daarop gemik om meer vroue en meisies te laat deelneem aan sport- en ontspanningsbedrywighede as atlete, bestuurders, afrigters, administrateurs of tegniese amptenare.
1,979
GOV-ZA.9931.2010-03-24.af.txt
27,756
Die program doen dit deur seker te maak dat sportgeriewe vroue-vriendelik is en dat sportgeleenthede wat gehou en projek-gefinansier word 'n poging aanwend om vroue in te sluit.
1,979
GOV-ZA.9931.2010-03-24.af.txt
27,757
Een van die huidige projekte van die Vroue in Sportprogram werk aan die herlewing van netbal, veral in townshipgebiede. Die program bestaan in baie dele van die Wes-Kaap soos Heideveld, Khayelitsha, Piketberg, Porterville, Zoar en Kannaland.
1,979
GOV-ZA.9931.2010-03-24.af.txt
27,758
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,760
Vredendal Hospitaal het weereens geskiedenis gemaak om vir 'n tweede keer as 'n baba-vriendelike hospitaal in die Wes-Kaap aangewys te word. Die eerste aanwysing het in 2001 geskied. Deurlopende harde werk en volharding is weereens deur die Wêreld Gesondheids Organisasie (WGO) en UNICEF beloon met hierdie gesogte internasionale toekenning. Voorwaar 'n voortrefllike en uitmuntende prestasie! Met die evaluering, betreffende die baba-vriendelike inisiatief, het die soeklig opnuut op borsvoeding, binne gemeenskapsverband, geval. Die gesondheid van ma-en kind en veral die optimale voedingstatus van kinders, is een van die belangrikste pilare vir 'n gesonde gemeenskap.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,761
n Geskrewe borsvoedingsbel;eid wat deurlopend aan alle personeel gekommunikeer wordAlle personeellede wat direk by die lakterende en swanger vrou betrokke is, moet 'n 18 uur kusrsus ondergaan (15uur teorie en 3 uur praktika)Alle4 swanger vrouens moet gedurende die voorgeboorte tydperk ingelig wor betreffende die voordele van borsvoeding en hantering van borsvoeding. Daar binne 30 minute na die baba se geboorte met borsvoeding begin word - verkieslik op die kraambed, regte posisionering en vashegting wat aan pasiënt gewys moet word. Die pasgebore baba ontvang geen ander voiding - anders dan borsvoeding nie - tensy daar 'n mediese rede by die moeder of baba is. Die moeder en baba word toegelaat om 24uur van die dag bymekaar te wees - die ma en baba mag nie vir langer dan een uur van mekaar geskei word nie omdat sekere prosedures uitgevoer moet word. Borsvoeding geskied op aanvraag, m.a.w. geen horlosie word aanbeveel nie. Die baba drink wanneer hul tekens en/of behoefte toon. Die baba word toegelaat om vir solank hy wil en hoeveel keer hy wil te drinkGeen tiete, tepelskerms of fopspene word toegelaat nie aangesien dit tepelverwarring veroorsaak. Borsvoedingondersteuning is 24uur beskikbaar in die vorm van ondersteuningsgroepe en die dienste van die hospitaal is voortdurend beskikbaar. Geen bemarking word toegelaat nie, - m.a.w. geen tiete of bottles, fopspene, formule melk of enige produk van melkmaatskappye word in die hospitaal toegelaat nie.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,762
Daar was geen aankope van formule melk nie.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,763
Daar was ook geen aankope van tiete, bottels en middles vir sterilisering nie.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,764
Die moeder is baie nou by die kind betrokke en so word aan verpleeg-mannekrag gespaar.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,765
Die rede waarom hierdie wêreldwyse strategie van borsvoeding deur die WGO en UNICEF aangemoedig word, is om baises wanvoeding onder babas te voorkom. Wanvoeding is 'n wëreldwye verskynsel en 'n groot probleem in Suid-Afrika en derhalwe in die Wes-Kaapse gemeenskappe. Werkloosheid het onder andere tot gevolg dat babas minder voiding ontvang omdat moeders os geld wil bespaar. Borsvoeding het natuurlik 'n geweldige groot uitwerking op die baba se immuniteitstelsel en bied veral beskerming teen infeksies aangesien borsmelk baie hoë voedingswaarde het. Borsvoeding, as sodanig, is meer economies en die voordeel daarvan is dat babas op enige tydstip en plek gevoed kan word.
1,980
GOV-ZA.99503.2010-03-24.af.txt
27,766
Huidiglik hanteer Vredendal Hospitaal gemiddeld 100 bevallings per maand. Om dus hierdie status te kon verwerf het 'n gevestigde suksesvolle borsvoedingsprogram geverg. Daar word gehoop dat ander hospitale in die streek/provinsie die voorbeeld en leiding van Vredendal Hospitaal gestel het, navolg.
1,981
GOV-ZA.99789.2010-03-24.af.txt
27,768
"'n Veiliger Tuiste vir Al ons Vroue en Kinders" - Die veiligheid van ons vroue en kinders is 'n prioriteit vir die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap.
1,981
GOV-ZA.99789.2010-03-24.af.txt
27,769
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,981
GOV-ZA.99789.2010-03-24.af.txt
27,770
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,772
Met Biblioteekweek se tema Ons sterre sê lees! het ons besluit om van ons skrywer-sterre te nader om groot en klein te kom motiveer om te lees. Die kinderboek-skrywer, Marianna Brandt en illustreerder, Tanja Joubert, het hierdie praatjie met groot entoe-siasme kom aanbied. Gewapen met 'n hokkie vol verskillende sterte en interessante staaltjies oor die Stoutsterte en Magrietjie Swaaiboude, het hulle groot en klein aan hulle lippe laat hang!
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,773
Ook vir die leeskring was dit 'n belewenis om te hoor hoe kinderboekskywers en illustreer-ders te werk gaan om lekker, genotvolle boeke vir kinders te skep. Ons was verstom oor hoeveel navorsing elke boek voorafgaan. Voor-waar geen kinderspeletjies nie!
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,774
Of ons sterre kinders en grootmense gemotiveer het om te lees Geoordeel na die stormloop en lang waglys vir die Stoutsterte en Magrietjie Swaaiboude, de.nitief! Van die kindertjies het so bietjie met die name gesukkel en kom vra vir die Stoutgatsterte?
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,775
Marianna het grootgeword in Namibië waar Afrikaanse storieboeke maar skaars was. Haar ma het hulle egter letterlik stories saam met hul pap gevoer. Marianna glo dat al die stories wat haar ma vir hulle gelees het, haar gehelp het om kreatief te dink. Op twaalfjarige ouderdom het sy haar eerste verhaal geskryf en op band opgeneem, met byklanke. Die bure se seuns is genooi en hulle eie radioverhaal is gemaak!
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,776
Marianna het na skool as mediese tegnoloog gekwali.seer en vir tien jaar in 'n laboratorium gewerk. Ná 'n oorsese reis het sy egter besluit dat dié vier mure haar nie weer gaan sien nie.
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,777
Haar besluit om by die SAUK te gaan werk, het indirek 'n ontluikende skryftalent laat bloei. Sy het onder meer 50 stories vir die kinder-program, Siembamba, geskryf. In 1985 word haar eerste boek gepubliseer, naamlik, Poppie Dot van die Kaap. Na die kinderstories het draaiboeke vir televisie sowel as navorsing en vervaardiging van programme vir die televisie-reeks Uit en Tuis gevolg.
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,778
Haar skrywersloop-baan het egter eers regtig posgevat met die verskyning van 'n reeks Aids-sterreboeke in 1992.
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,779
Skryf is vir Marianna 'n proses van verken-ning en inleef. 'n Storie word nie oornag uitgedink nie en jy moet passievol in die lewens van jou karakters inklim. Jy moet jou karakters dus baie goed ken.
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,780
Hoewel sy ook ander stories skryf, lê kinderboeke haar na aan die hart. Sy dink dierekarakters vind veral byval by kinders omdat jy nie polities korrek hoef te wees nie. Muise is muise en honde is honde.
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,781
Haar boeke word net soveel deur grootmense as kinders geniet. Verroeste geskiedenis-kennis kan ook lekker opgeknap word!
1,982
GOV-ZA.9_vol50-6_book_world_-_marianna_brandt_tanja_joubert_-_laat_die_sterte_swaai_pg19.2010-03-25.af.txt
27,782
Sy werk tans vir nege uitgewers. Haar werk wissel van opvoedkundige leesstof en teksboeke tot stories, radio-dramas en stories vir die kommersiële mark. Haar hoofdoel is om boeke te skryf waarmee kinders hulleself kan identi.seer. Stories moet kinders bemagtig. Hulle leer deur stories, hulle leer hoe om moei-like situasies te hanteer (soos dood en rampe) deur die ervarings van die boekkaraktertjies. Kinders leer ook hoe om planne te maak en hoe om uit moeilike situasies te kom.