document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
1,422 | GOV-ZA.4186.services.11475.14911.2010-03-24.af.txt | 22,723 | Gedetailleerde inligting oor die kwalifikasies en kurrikulum wat deur BOOV gedek word, kan op die WKOD se BOOV- assesseringswebwerf verkry word. |
1,422 | GOV-ZA.4186.services.11475.14911.2010-03-24.af.txt | 22,724 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,423 | GOV-ZA.4186.services.11479.14917.2010-03-24.af.txt | 22,726 | Xhosa lewensoriëntering - met inbegrip van loopbaanvoor-ligting en onderrig insake MIV-vigs wiskunde musiek natuurwetenskappe tegnologie die beeldende kunste en ontwerp. |
1,423 | GOV-ZA.4186.services.11479.14917.2010-03-24.af.txt | 22,727 | Elke afdeling op hierdie webwerf het sy eie afsonderlike blad of groep blaaie wat met die tuisblad gekoppel is. |
1,423 | GOV-ZA.4186.services.11479.14917.2010-03-24.af.txt | 22,728 | Besoek gerus die kurrikulum-webwerf vir verdere inligting. |
1,423 | GOV-ZA.4186.services.11479.14917.2010-03-24.af.txt | 22,729 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,731 | In vennootskap met plaaslike regering, aanvaar ons verantwoordelikheid vir suksesvolle munisipaliteite in die Wes-Kaap. |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,732 | Die twee departemente het op 1 April 2005 saamgesmelt om een nuwe departement Plaaslike Regering en Behuising te vorm. Die nuwe struktuur word nog gefinaliseer en dus vra ons dat u ons moet verskoon vir enige foute en onakkurate inligting ten opsigte van die departement op hierdie webblad. |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,733 | Hoeveel moet jy betaal Kom meer te wete oor hoe die stelsel werk en met wie om te skakel? |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,734 | Vind meer uit oor raadslede se vergoeding soos dit in die Staatskoerant verskyn. |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,735 | Sal dit nie interessant wees om foto's van sommige van die projekte, nuus en programme te sien nie? |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,736 | Kyk hoe hanteer ons Rampe in dié provinsie. Grepe uit die verlede en nuus oor rampverligting waarmee ons dalk op die oomblik besig is. |
1,424 | GOV-ZA.4188.2010-03-02.af.txt | 22,737 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,425 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86550.2010-03-24.af.txt | 22,739 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,425 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86550.2010-03-24.af.txt | 22,740 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,426 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86554.2010-03-24.af.txt | 22,742 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,426 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86554.2010-03-24.af.txt | 22,743 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,427 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86556.2010-03-24.af.txt | 22,745 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,427 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86556.2010-03-24.af.txt | 22,746 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,428 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86586.2010-03-24.af.txt | 22,748 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,428 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86586.2010-03-24.af.txt | 22,749 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,429 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86588.2010-03-24.af.txt | 22,751 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,429 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86588.2010-03-24.af.txt | 22,752 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,430 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86592.2010-03-24.af.txt | 22,754 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,430 | GOV-ZA.4190.facilities.47962.86592.2010-03-24.af.txt | 22,755 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,431 | GOV-ZA.4190.pubs.budgets.2003.2010-03-24.af.txt | 22,757 | Die Regering se begrotings volgens jaar gelys. |
1,431 | GOV-ZA.4190.pubs.budgets.2003.2010-03-24.af.txt | 22,758 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,431 | GOV-ZA.4190.pubs.budgets.2003.2010-03-24.af.txt | 22,759 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,432 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.A.2010-03-24.af.txt | 22,761 | Regeringsriglyne, handleidings en voorligting word alfabeties volgens titel gerangskik. |
1,432 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.A.2010-03-24.af.txt | 22,762 | Hierdie dokumente is ook onder lewensgebeure en kategorieë in die Jou Lewe en Onderwerpe afdelings gelys. |
1,432 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.A.2010-03-24.af.txt | 22,763 | Organisasies wat aansoek wil doen om finansiering van die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting moet dié riglyne vir finansiering deeglik lees. Stel jou diensplan op volgens die aanwysings en dien 'n ondertekende plan in by die betrokke Distrikskantoor teen 31 Januarie2006. NB: Dit is belangrik dat die ingligting in die riglyne noukeurig gevolg moet word. |
1,432 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.A.2010-03-24.af.txt | 22,764 | Hierdie handleiding is opgestel in ooreenstemming met die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000. Dit verklaar die struktuur van die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting en die aard van die rekords wat deur die Departement gehou word, en dui aan hoe aansoek gedoen moet word om toegang tot daardie rekords te verkry. |
1,432 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.A.2010-03-24.af.txt | 22,765 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,767 | Regeringsriglyne, handleidings en voorligting word alfabeties volgens titel gerangskik. |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,768 | Hierdie dokumente is ook onder lewensgebeure en kategorieë in die Jou Lewe en Onderwerpe afdelings gelys. |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,769 | Organisasies wat aansoek wil doen om finansiering van die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting moet dié riglyne vir finansiering deeglik lees. Stel jou diensplan op volgens die aanwysings en dien 'n ondertekende plan in by die betrokke Distrikskantoor teen 31 Januarie2006. NB: Dit is belangrik dat die ingligting in die riglyne noukeurig gevolg moet word. |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,770 | Hierdie handleiding is opgestel in ooreenstemming met die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000. Dit verklaar die struktuur van die Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting en die aard van die rekords wat deur die Departement gehou word, en dui aan hoe aansoek gedoen moet word om toegang tot daardie rekords te verkry. |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,771 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,433 | GOV-ZA.4190.pubs.guides.guides.2010-03-24.af.txt | 22,772 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,434 | GOV-ZA.4190.pubs.public_info.T.2010-03-24.af.txt | 22,774 | Algemene publikasies is alfabeties gelys. |
1,434 | GOV-ZA.4190.pubs.public_info.T.2010-03-24.af.txt | 22,775 | Hierdie dokumente is ook onder die toepaslike lewensgebeure en kategorieë in die Jou Lewe en Onderwerpe gedeeltes geplaas. |
1,434 | GOV-ZA.4190.pubs.public_info.T.2010-03-24.af.txt | 22,776 | Hier word verduidelik watter soorte geldelike hulp jy vir verskillende probleme by die regering kan kry. Jy kan maatskaplike toelaes, werkloosheidvoordele, vergoeding vir besering-aan-diens en vergoeding vir padongeluk-beserings kry. |
1,434 | GOV-ZA.4190.pubs.public_info.T.2010-03-24.af.txt | 22,777 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,435 | GOV-ZA.4198.2010-03-24.af.txt | 22,779 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,435 | GOV-ZA.4198.2010-03-24.af.txt | 22,780 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,782 | Die sogenaamde Nigeriese briefswendelary is in wese vooruitbetalingsbedrog. Hierdie bedrogspul staan ook as die "419-swendelary" bekend en word gepleeg deur 'n swendelaar ; gewoonlik iemand wat lid van 'n misdaadsindikaat is. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,783 | Die swendelary word aan die gang gesit wanneer een van die swendelaars per faks, brief of e-pos in verbinding tree met 'n onderneming wat deur hulle as teiken gekies is. Hulle lê 'n sakevoorstel aan die onderneming voor, gewoonlik deur 'n sindikaat wat hulself as senior regeringsamptenare voordoen. Die swendelaars beweer dat hulle oor 'n groot bedrag oorbegrote geld beskik; gewoonlik in Amerikaanse dollar. Hulle stel dan voor om die oorbegrote geld oor te plaas in 'n bankrekening buite die land waar die swendelary sy ontstaan het. Hulle belowe die persoon aan wie die voorstel gerig is gewoonlik dat hulle tussen 20 en 35 persent van die geld wat oorgeplaas gaan word as kommissie aan hom of haar sal betaal in ruil vir die gebruik van sy of haar bankrekening. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,784 | Die swendelaars vra die slagoffer om geld in 'n gespesifiseerde bankrekening in te betaal om die koste van die afhandeling van die transaksie te help dra. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,785 | Sodra die oorspronklike bedrag betaal is, kan daar "komplikasies" intree, wat dit kastig vir die slagoffer nodig maak om meer geld in te betaal. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,786 | n Ontmoeting kan moontlik daarna in sekere lande gereël word, en sodra die slagoffer in daardie land aankom, word sy of haar paspoort gekonfiskeer en hy of sy word aangehou tot genoeg geld aan die swendelaars oorbetaal is. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,787 | Bankbesonderhede op ampelike briefhoofde kan ook gebruik word om geld uit die slagoffer se bankrekening oor te plaas in 'n rekening wat deur die misdadigers beheer word. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,788 | n Loteryswendelary word aan die gang gesit wanneer die swendelaar met verskeie individue in verbinding tree. Hierdie slagoffers word na willekeur gekies en gewoonlik per e-pos genader. Die swendelaar doen hom voor as 'n amptenaar in diens van 'n loterymaatskappy en lig die individu in dat hy of sy 'n lotery gewen het waarvoor die individu nooit 'n kaartjie gekoop het nie. Die wennommers word in die skriftelike mededeling verstrek, en al mag die loterymaatskappy waartoe die swendelaar kastig behoort werklik bestaan en die nommers werklik wennommers wees , is hierdie 'n bedrogspul. Geld word op dieselfde maniere as wat hierbo beskryf is, van die gekose slagoffer verhaal. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,789 | Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se webwerf bied meer inligting oor hierdie soort swendelary, soos besonderhede oor die manier waarop die swendelary bedryf word, waarskuwingstekens van 'n moontlike swendelary, die getal maniere waarop geld van die slagoffer verhaal word, asook voorkomingsmaatreëls, uiteengesit word. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,790 | Kry meer inligting by die Suid-Afrikaanse Polisiediens. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,791 | As jy 'n swendelbrief ontvang, moet jy alle dokumente, inligting en korrespondensie na Interpol aanstuur. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,792 | Vermeld óf "Geen finansiële verlies nie" óf "Finansiële verlies gely" op die dokumente. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,793 | Verstre jou kontakbesonderhede en telefoonnommer, of dié van die individue wat deur die swendelary geraak is. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,794 | Faks 'n kopie van die "419"-korrespondensie wat jy ontvang het aan die Superintendent van die SAPD se Eenheid vir Kommersiële Bedrog, of na jou Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat of ambassade of konsulaat-generaal sodat dit na die SAPD aangestuur kan word. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,795 | Verstrek jou bankbesonderhede. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,796 | Indien die "419"-swendelary 'n Suid-Afrikaans verbintenis het, moet jy al die besonderhede wat ter sake kan wees duidelik uiteensit. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,797 | Verstrek jou kontakbesonderhede en telefoonnommer of dié van die individue wat deur die swendelary geraak is. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,798 | Die SAPD bepaal die tydsduur vir die uitreik van vorderingsverslae. Daar word gewoonlik tweeweekliks verslag gedoen, na gelang van die omstandighede van die saak. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,799 | Indien 'n individu geen finansiële verlies gely het nie, sal geen vorderingsverslag aan hom of haar gelewer word nie. Dit is egter belangrik dat jy nogtans kopieë van die "419"-swendelbriewe aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet stuur vir insluiting op hulle databasis. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,800 | Indien 'n individu wel 'n finansiële verlies gely het, sal amptenare verbonde aan Suid-Afrikaanse konsulate in die buiteland die dokumente binne 48 uur na ontvangs daarvan vir die SAPD aanstuur. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,801 | Die diens is gratis. |
1,436 | GOV-ZA.419advancefeefraudandlotteryscam.2010-03-25.af.txt | 22,802 | Daar is geen vorms om in te vul nie, maar dit is belangrik dat jy in die dokumentasie moet aandui of jy geld verloor het. |
1,437 | GOV-ZA.42570.2010-03-02.af.txt | 22,804 | Kliek op 'n diens vir volledige besonderhede. |
1,437 | GOV-ZA.42570.2010-03-02.af.txt | 22,805 | Wanneer 'n onderneming waarde skep op grond van 'n idee, proses, handelsmerk of produk, kan dié waarde beskerm word en kan voorkom word dat ander mense geldelik daaruit voordeel kan trek, deur die intellektuele eiendomsreg daaroor te laat registreer. |
1,437 | GOV-ZA.42570.2010-03-02.af.txt | 22,806 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
1,437 | GOV-ZA.42570.2010-03-02.af.txt | 22,807 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,809 | Moeilike tye lê voor verlangsaming beinvloed. Ekonomiese inligting van verskeie lande, insluitend ontwikkelde lande soos die Verenigde State, Brittanje en Frankryk, wek toenemend kommer. SuidAfrika word nie heeltemal so negatief beinvloed nie, en ons wil dit graag so hou. Ons wil egter met hernieude pogings voortgaan om na die beste van ons vermoë in die behoeftes van ons mense te voorsien. Ons wil die tydperk wat voorlê maksimaal benut om die talle uitdagings wat ons in die gesig staar, te hanteer. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,810 | Soos die res van die wêreld is ons ekonomie besig om stadiger te groei. Ons ondervind ook werkverliese en baie mense gaan gebuk onder die las van hoë maandelikse huishoudelike uitgawes. Wanneer die ekonomie stadiger groei, vorder die regering minder belasting in. As gevolg van verlaagde inkomste uit belasting, sal die regering geld moet leen om verskeie uitgawes waartoe ons verbind is na te kom. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,811 | Regeringsbesteding aan dienste wat behoeftige gemeenskappe bedien, asook openbare werke programme gemik op werkskepping, sal toenemend groei. Meer as R780 miljard sal oor die volgende vyf jaar spandeer word aan infrastruktuur, insluitende die bou van meer kragstasies, paaie en spoorlyne, opgradering van water en sanitasienetwerke en die voorsiening van meer huise. Noue samewerking tussen die regering, besighede en vakbonde sal verseker dat werksverliese tot die minimum beperk word. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,812 | Baie lande kan nie in hierdie situasie reageer soos ons nie. Suid-Afrika kan hierdie voorsorgmaatreëls neem om ons ekonomie en armes te beskerm omdat ons in vorige jare ons finansies met dissipline hanteer het. Ons het geld gespaar toe ons ekonomie goed gedoen het. In ruil daarvoor kan ons besteding op openbare dienste vermeerder sonder om die ekonomie te benadeel. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,813 | Ten spyte van die regering se beste pogings, gaan dit in die tydperk wat voorlê toenemend moeiliker word om in die behoeftes van alle Suid-Afrikaners te voorsien. Regeringsbeamptes moet ingedagte hou dat die hulpbronne tot ons beskikking aan alle Suid-Afrikaners behoort. Ons is almal toevertrou met die verantwoordelikheid om te verseker dat die beskikbare fondse nie deur ons amptenare vermors word nie. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,814 | Die regering is verbind tot die skep van werksgeleenthede vir werklose Suid-Afrikaners. Die uitgebreide openbare werke program het in die eerste vyf jaar meer as 70 000 voltyds gelykwaardige werksgeleenthede per jaar geskep vir onopgeleide en werklose mense. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,815 | Werksgeleenthede is geskep deurdat die getal werkers wat in regeringsinfrastruktuur projekte en in die lewering van openbare dienste gebruik word, vermeerder is. Baie van hierdie werksgeleenthede was korttermyn of deeltyds van aard, maar het gelei tot werkskepping en die oordra van vaardighede. 2009 lei 'n nuwe fase van die regering se uitgebreide openbare werke program in. Meer as R4.1 miljard is bewillig oor die volgende vyf jaar met die doel om werkskepping te versnel. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,816 | Die regering beoog om die getal voltydse gelykwaardige werksgeleenthede na 400 000 in 'n jaar te vermeerder teen 2014, wat sal help om armoede en werkloosheid te veminder. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,817 | Die regering voorsien maatskaplike toelaes aan meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners. Hierdie program skep 'n veiligheidsnet wat armoede onder jong kinders, mense met gestremdhede en bejaardes help verminder. Die staat voorsien ook voordele aan diegene wat onlangs hul werk verloor het, gratis skoolonderrig aan armes, gratis primêre gesondheidsorg, en gratis water en elektrisiteit aan behoeftige huishoudings. Verder kan mense wat uitermatige ontbering in die gesig staar, korttermynverligting vir tot ses maande ontvang. Kinders tot op die ouderdom van 15 jaar wie se ouers minder as R2 300 per maand verdien, kom in aanmerking vir die kinderondersteuningstoelaag. Mans bo die ouderdom van 63 jaar en vroue ouer as 60 jaar kan toegang kry tot ouderdomspensioen sou hulle minder as 'n sekere inkomste verdien. Die ouderdomsperk vir mans om hierdie toelaag te ontvang, word in April 2009 en April 2010 na onderskeidelik 61 en 60 jaar verlaag. |
1,438 | GOV-ZA.42830_PeoplesGuidetotheBudgetAfrikaans.2010-03-25.af.txt | 22,818 | Besteding aan toelaes sal gedurende 2009/10 tot R80 miljard verhoog, wat 12% van die totale staatsuitgawes uitmaak. Dit maak Suid-Afrika een van die wêreld se grootste betalers van maatskaplike toelaes. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,820 | Die Verklarende Memorandums tot die bogenoemde Wette. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,821 | Vaste eiendom verkry deur 'n begunstigde ingevolge die Wet op die Beskikbaarstelling van Grond en Bystand, 1993 en die Wet op Herstel van Grondregte, 1994, kwalifiseer om belas te word teen die nulkoers indien die Department van Grondsake (DGS) die betaling namens die begunstigde, direk aan die ondernemer wat die eiendom voorsien, maak. Die nulkoers is slegs van toepassing tot die mate wat die betaling deur die DGS die koopprys van die eiendom dek. Enige addisionele vergoeding betaalbaar deur die begunstigde aan die verskaffer is onderhewig aan BTW teen die standaardkoers. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,822 | Die lewering van enige ingevoerde goed, gestoor in 'n gelisensieerde Doeane- en Aksynsopslagpakhuis, voor dit vir binnelandse verbruik geklaar word is aan BTW teen die nulkoers onderhewig. Indien die leweraar 'n nie-inwoner is, is die bedrag vrygestel van BTW indien aansoek by die Kommissaris gedoen is om kwytskelding van die vrystelling tesame met die inhandiging van die VAT101 registrasievorm. Nie-inwoners het gevolglik die keuse om vrygestel te wees, of om vir BTW te registreer en BTW teen die nulkoers te hef op sodanige lewerings mits aan die vereistes vir BTW registrasie voldoen word. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,823 | Die verpligte BTW registrasie drempel verhoog met ingang van 1Maart 2009 van R300000 na R1miljoen. Sien artikel oor VEREENVOUDIGDE BELASTINGSTELSEL VIR MIKRO ONDERNEMINGS. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,824 | Die wysiging bepaal dat die Minister van Finansies 'n ander datum vir die indien van ogawes en die maak van betalings ten opsigte van enige belastingtydperk, kan voorskryf. Die voorgeskrewe datum mag egter nie val op 'n dag meer as twee besigheidsdae voor die datum wat die ondernemer normaalweg die opgawe sou indien en betaling sou maak vir daardie belastingtydperk nie. Die kennisgewing moet ten minste 30 dae vóór die voorgeskrewe datum in die Staatskoerant gepubliseer word. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,825 | Die BTW Wet is ook gewysig om voorsiening te maak dat die 21-dae rentevrye periode vir BTW terugbetalings slegs in werking tree vanaf die datum wat die ondernemer se nuwe bankbesonderhede ontvang is. In die geval waar 'n ondernemer toegelaat word om 'n derdeparty bankrekening te gebruik, sal die rentevrye periode in werking tree vanaf die datum wat die vrywaringsvorm VAT119i ontvang is. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,826 | Aangesien die wysiging aan articles 44 en 45 op 1 April 2009 in werking tree, moet ondernemers wat deur hierdie wysiging geraak word hul plaaslike SAID kantoor van die opgedateerde bankbesonderhede voorsien deur die nodige VAT 126 en VAT119i vorms te voltooi en in te handig vóór einde Maart 2009 om te voorkom dat terugbetalings teruggehou word. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,827 | Menige van die gepubliseerde algemene geskrewe beslissings het sedert die bekendstelling van BTW in 1991, gefokus op basiese konsepte wat sedertdien in verskeie handleidings en ander publikasies deur die SAID aangespreek is. Hierdie beslissings het mettertyd verouderd geraak en behalwe vir die gebruik van verskillende style en formate, lei die bewoording in sommige van die beslissings tot onsekerheid in die toepassing van die Wet. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,828 | Die beslissingsregister word gevolglik geleidelik onttrek en 'n nuwe beslissingsregister sal geskep word. Enige persoon wat steun op die ou algemene skriftelike beslissings word derhalweaangeraai om aansoek te doen by die plaaslike SAID kantoor om 'n skriftelike beslissing indien sekerheid verlang word oor die BTW gevolge van sekere lewerings. Enige aansoek om 'n beslissing moet op skrif wees en moet al die nodige besonderhede bevat soos uiteengesit in BTW Nuus 32 (Augustus 2008 uitgawe). |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,829 | Versoeke moet skriftelik wees en moet 'n duidelike beskrywing van al die betrokke feite en omstandighede van die partye tot die kontrak, die aard van die transaksies, en 'n beskrywing van die gevolgtrekking insluit, asook redes waarom 'n bindende algemene beslissing oor die onderwerp uitgereik moet word. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,830 | Die vereenvoudigde belastingstelsel is in wese 'n alternatief tot die huidige inkomstebelasting en BTW stelsels, wat beteken dat 'n mikro onderneming nog steeds die keuse het om die konvensionele belastingstelsel te gebruik. Dit sal beskikbaar wees vir eenmansake, vennootskappe, beslote korporasies, maatskappye en koöperasies met ingang van 1 Maart 2009. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,831 | In teenstelling met die inkomstebelastingstelsel wat gebruik maak van omvattende insluitingsreëls en 'n kortingsproses wat vereis dat bewyse van uitgawes gehou word, sal die omsetbelasting bereken word deur eenvoudig 'n belastingkoers op die belasbare omset toe te pas. Die belasbare omset sal hoofsaaklik bestaan uit die omset van die onderneming met 'n paar spesifieke insluitings en uitsluitings. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,832 | Die omsetbelasting sal gehef word vir 'n jaar van aanslag wat strek vanaf die eerste dag van Maart tot die laaste dag van Februarie van die volgende jaar. Dit sal twee sesmaandelikse tussentydse betalings insluit, gevolg deur 'n finale betaling. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,833 | en moet in die stelsel bly vir ten minste drie jaar, tensy dit spesifiek gediskwalifiseer word. In gelyke mate sal 'n mikro onderneming wat die omsetbelasting stelsel verlaat, nie weer toegelaat word om te herregistreer vir 'n tydperk van drie jaar nie. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,834 | Mikro ondernemings wat die omsetbelasting kies sal spesifiek vrygestel word van KWB. Die omsetbelasting sal eenvoudig 50% van die opbrengs op die verkoop van ondernemingsbates in die belasbare omset insluit. Die opbrengs met verkoop van onroerende eiendom sal slegs ingesluit word in die berekening tot die mate wat die eiendom vir doeleindes van die onderneming aangewend is. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,835 | Mikro ondernemings wat die omsetbelasting kies sal ook vrygestel word van SBM, tot die mate wat dividenduitkerings nie R200000 per jaar oorskry nie. Enige oorskot sal aan SBM onderhewig wees. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,836 | Die bestaande BTW registrasiedrempel sal vanaf 1Maart2009 van R300000 na R1miljoen verhoog word. Aangesien die vereenvoudigde belastingstelsel 'n pakket is met die oogmerk om intensiewe rekordhouding te verlig, sal 'n mikro onderneming wat vir die omsetbelasting geregistreer is, nie toegelaat word om vir BTW te registreer nie, omrede dit intensiewe rekordhouding vereis. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,837 | n Ondernemer wat deregistreer vir BTW, moet BTW (uitgang BTW) op die minste van die koste of die ope markwaarde van bates wat gehou was vir ondernemingsdoeleindes vóór datum van deregistrasie betaal. Ondernemers wat deregistreer vir BTW vanweë die verhoging in die BTW registrasiedrempel na R1miljoen mag die uitgang BTW oor 'n tydperk van ses maande afbetaal. 'n Ondernemer wat deregistreer vir BTW om vir die omsetbelasting te registreer, sal verdere verligting ontvang in die vorm van 'n aftrekking van tot R100000 van die waarde van die bates wat deur die ondernemer vóór datum van registrasie gehou is. Hierdie aftrekking is gelykstaande aan 'n vermindering van tot R12281 in die uitgang BTW wat betaalbaar is. Aan die anderkant, indien 'n persoon as 'n BTW ondernemer deregistreer om vir die omsetbelasting te registreer en later herregistreer vir BTW, sal die waarde van bates waarop BTW inset krediete geëis kan word by herregistrasie verminder word met tot R100000. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,838 | n Mikro onderneming wat vir die omsetbelasting geregistreer is, moet die SAID binne 21 dae in kennis stel van die datum waarop die kwalifiserende omset R1miljoen vir die jaar van aanslag oorskry het, of waar daar redelike gronde is om te glo dat die perk oorskry gaan word. Die onderneming sal dan gederegistreer word van omsetbelasting, tensy die SAID van mening is dat die oorskot gering en tydelik van aard is. Die deregistrasie en aanspreeklikheid vir BTW sal in werking tree vanaf die begin van die maand wat volg op die maand waarin die kwalifiserende omset die perk oorskry of dit waarskynlik gaan oorskry. |
1,439 | GOV-ZA.43112_BTWNuus33Web.2010-03-25.af.txt | 22,839 | Die SAID mag ook, in oorleg met die mikro onderneming, die mikro onderneming deregistreer van omsetbelasting indien die SAID oortuig is dat die belasbare omset van die mikroonderneming genoeg is om 'n BTW registrasie aanspreeklkheidtot gevolg te hê. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.