document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
720 | GOV-ZA.128948.2010-03-24.af.txt | 16,121 | Bevestiging van kursusbesprekings word gestuur aan deelnemers nadat die kursusgeld ontvang is. Deelnemers moet hulle ID-boekies by hulle hê met registrasie. |
720 | GOV-ZA.128948.2010-03-24.af.txt | 16,122 | Die koste verskil afhangende van waar die kursus aangebied word. |
720 | GOV-ZA.128948.2010-03-24.af.txt | 16,123 | Die tariewe sluit BTW in en geld sal nie terugbetaal word as bywoning gekanselleer word minder as 'n week voor die aanvangsdatum van die kursus nie. Lesingsmateriaal word verskaf. |
720 | GOV-ZA.128948.2010-03-24.af.txt | 16,124 | Landbou-ekonomie / Landboubestuur sal later in 2006 aangebied word. |
720 | GOV-ZA.128948.2010-03-24.af.txt | 16,125 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,127 | Skoolverlaters wat Wiskunde- of Wetenskaponderwysers wil word kan by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aansoek doen om beurse om voltyds te studeer. Dié beurse is ook beskikbaar vir bestaande studente wat onderwysers op dié gebiede wil word. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,128 | Aansoekers moet permanente inwoners van die Wes-Kaap wees, moet kan bewys dat hulle 'n geldelike behoefte het en aan die tersiëre onderwys-toegangskriteria voldoen. Geskiedkundig benadeelde mense word aktief aangemoedig om aansoek te doen. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,129 | Beurse dek die koste van boeke en vier jaar se onderwys aan die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Wes-Kaap of die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. In gevalle van uiterste nood, kan die beurs ook 'n persentasie van die koste van kos en inwoning dek. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,130 | Beurse word toegeken op 'n terugwerk-grondslag, met ander woorde, ontvangers moet 'n jaar lank as onderwyser in die Wes-Kaap werk vir elke jaar wat hulle 'n beurs ontvang het. Dit is elke ontvanger se persoonlike verantwoordelikheid om 'n onderwyspos te kry, hoewel die Departement sal doen wat hulle kan om hulle te help om werk te kry. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,131 | Aansoekvorms is gewoonlik beskikbaar van Junie af in die jaar voordat die beurs toegeken word. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,132 | Aansoeke sluit gewoonlik teen die einde van September in die jaar voor die beurs toegeken word. |
721 | GOV-ZA.130957.2010-03-24.af.txt | 16,133 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,135 | Baie dankie vir die uitnodiging en die eer om vandag se kongres te kom open en met u 'n paar woorde oor Landbou, en die uitdagings wat ons in die gesig staar, te deel. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,136 | Ek is deeglik bewus van die moeilike tye wat landbou op verskillende terreine ervaar, omdat ek in die bevoorregte posisie is dat daar 'n oop verhouding tussen my kantoor en die verskillende bedrywe bestaan. Ons praat op 'n gereelde basis met mekaar oor die probleme en uitdagings wat u ondervind. Ek glo egter dat daar geen opwindender tyd in die Landbou was as juis nou nie. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,137 | Ek wil dit waag om te sê dat die Wynbedryf die voorloper in die proses van transformasie binne die landbou sektor is en ek wil u hiervoor bedank. Baie dankie dat u lankal reeds die kopskuif gemaak het en die voorbeeld stel. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,138 | In die Wes Kaap erken die Provinsiale regering die belangrike rol wat Landbou in sy geheel, en u as 'n bedryf, tot nou toe gespeel het in die skep van groei en welvaart van die ekonomie van die Provinsie. Dit is egter belangrik dat ons hierop sal voortbou en opnuut sal verbind tot 'n vennootskap waarin ons ook alle nuwe toetreders tot die sektor sal omarm en akkommodeer. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,139 | Voordat ons verder gaan wil ek net die kwessie aanraak wat miskien nie heeltemal hier op u kongres hoort nie, maar President Mbeki ook Maandag op Swellendam hieroor gepraat, en dit is die kwessie van plaaswerkers en hulle omstandighede en die jongste fokus op uitsettings. Ek is deeglik bewus wat baie boere doen om die omstandighede van hulle werkers te verbeter en watter tipe behuising baie boere aan hulle werkers voorsien. Dit is egter so dat daar nog steeds boere is wie aan hulle werkers 'n honger loon betaal en wat nog nie besef dat daar 'n nuwe stel reëls in hierdie land is wanneer dit by die menswaardige behandeling van hulle werkers kom nie. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,140 | Grondhervorming en Swart Ekonomiese Bemagtiging bly van kardinale belang vir die sosiale, politieke en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika en die Wes- Kaap. Ons is reeds besig om saam met die Departement van Grondsake die nodige aanpassings te maak om die program te versnel en glo dat ons saam met al die ander rolspelers inniverende opsies op die tafel moet plaas om die proses te stimuleer en te versnel. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,141 | Kritiese oplossings, nie slegs met betrekking tot grond eienaarskap nie, maar ook vir die daaglikse aktiwiteite, moet ontwikkel en geimplementeer word. Dit is van uiterste belang dat sukses-verhale, met rolmodelle wat ander kan inspireer om vinniger deel te word, aan die groot klok gehang sal word. U rol as mentors is hier van groot belang. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,142 | Wes-Kaap landbou is die grootste bydraer tot SA landbou-uitvoere en die aandeel van die wynbedryf word jaarliks al hoe groter. Landbou is een van die heel belangrikste bydraers tot die ekonomie van die Wes-Kaap. Dit is ook die grootste bron van werksgeleenthede in ons provinsie en dra derhalwe beduidend by tot die sosio-ekonomiese welstand in ons provinsie. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,143 | Die wynbedryf het 'n geweldige groot beïnvloedingsrol om te speel deur sy reeds gevestigde, positiewe houdingsingesteldheid binne landbou en u moet help om te verseker dat die Wes-Kaap toekomsgerig sal wees. Saam moet ons toesien dat die oorkoepelende beeld van landbou in die Wes-Kaap optimaal positief is en bly! |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,144 | Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap is deeglik bewus daarvan dat u nie die pad alleen kan loop nie, en sou graag wou sien dat ons dit as vennote moet doen. Daarom het dit ook van ons sekere klemverskuiwings gevra sodat ons, ons volledig kon herposisioneer om die leiding te neem en die nodige ondersteuning aan alle rolspelers te verleen. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,145 | Ons wil dus aan die voorpunt wees om die klimaat te skep waarbinne u moet opereer ten einde met vertroue voort te gaan op die koers wat u ingeslaan het. Vir ons as Departement lê die uitdaging daarin dat ons die totale landbousektor sal dien en ons programme so plooi dat ons te gelykertyd tred sal hou met die behoeftes en probleme van die bestaande industrieë en die nodige ontwikkelingsgeleenthede skep vir jong groeiende toetreders soos fynbos, buchu, rooibostee en essensiele olies. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,146 | Wat is dus die uitdagings waarmee die meeste bedrywe sal moet deel? |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,147 | d As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, moet pro-aktiewe monitering van sulke stowwe geinisieer word en sal ons gesonde boerderypraktyke moet toepas wat ook "tracking and tracing rekords" daar sal stel wat bo verdenking is. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,148 | e Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,149 | f Die skuif van kommoditeits gedrewe produksie na die 21e eeuse niche produkte en markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waarde toevoeging deur middle van verwerking van die basiese produk. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,150 | g Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur NEPAD. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,151 | Voorsitter ons sal op 'n effektiewe wyse tegnologiese ontwikkelings moet inisieer wat aan ons die "competitive edge" in die volgende dekade sal voorsien wat ook sal help met lae insetkoste en die versekering van volhoubare boerdery praktyke. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,152 | Om in lyn te kom met die groei en ontwikkelingstrategie van die Provinsie sal die departement voortgaan met sy nuwe initiatiewe ten opsigte van landelike ontwikkeling, plaaswerker ontwikkeling, agri-besigheid, die ontwikkeling van waterbronne, opleiding, en die verskerping van uitgebreide navorsing en ontwikkelings programme. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,153 | Internasionale vennootskappe wat daarop ingestel is om ons navorsingskapasiteit uit te brei is reeds 'n geruime tyd in plek en ooreenkomste met Bavaria, Florida en Boergondië werp reeds vrugte af. Ons rol in Afrika word ook duideliker namate ons program om Afrika te gaan renetreer, groter beslag kry. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,154 | Klimaatsverandering vra van ons om proefnemings te doen met nuwe gewasse en varieteite en die aanwending van sateliet tegnologie om weerstoestande en groeipatrone te bepaal. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,155 | Die vooruitgang van die Landbousektor is direk gekoppel aan die mate waartoe primêre produksie ooreenstem met die behoeftes van die ekonomie, beide wat direkte verbruik van basiese kommoditeite en die vraag na landbouprodukte vir verwerking aan betref asook rou produkte in die vervaardigingsbedryf. Dit is daarom dat dit belangrik is dat die visie vir Landbou binne die breër visie van die globale ekonomie gesien moet word, eerder as 'n beperkte fokus op basiese Landbouproduksie. Om hierdie rede is dit belangrik dat ons maatskaplike en besigheidsvennote deur hulle ondersteuning ook daarna moet streef dat Landbou kan bydra tot ekonomiese stabiliteit en groei en ontwikkeling wat tot voordeel moet strek van almal, as die ruggraat van 'n florerende plaaslike en provinsiale ekonomie. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,156 | Ek het aangedui dat ek glo dat landbou 'n rol te speeI het in Afrika en daarom moet ons beplanning vir die toekoms ook pertinent moet kyk na NEPAD en sy eie visie en program van aksie vir die ontwikkeling van Afrika as ons 'n speller in Afrika wil wees wat op ons drumpel is. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,157 | Versnelde volhoubare groei en ontwikkeling bevorder. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,158 | Wydverspreide armoede uitwis. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,159 | Markte binne Afrika skep en tegnologie oordrag bevorder veral met betrekking tot sake van gemeenskaplike belang. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,160 | Tydens die NEPAD vergadering van Staatshoofde in Julie 2002 is Landbou en Marktoegang is deur NEPAD as een van ses prioriteits areas bevestig. Daarom is daar reeds 'n projek van stapel gestuur om te fokus op Landbounavorsing en ondersteuning. Ek glo dat ons 'n betekenisvolle bydrae kan lewer. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,161 | Ons moet Landbou ontwikkeling aktief ondersteun en terselfdertyd produsente aanmoedig om hulle produksiebasis na die res van Afrika uit te brei wat vir ons 'n legio voordele kan inhou. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,162 | Voorsitter ek hoop dat ek vir u so 'n bietjie insig kon gee in die pad wat ons wil loop. Baie van die punte is moontlik nie spesifiek op u bedryf van toepassing nie, maar ek glo dat daar tog 'n hele paar raakpunte is. |
722 | GOV-ZA.131865.2010-03-24.af.txt | 16,163 | Ek wil afsluit deur vir u te vra hoe gereed is ons vir die opwindende uitdagings wat vir ons voorlê en hoe bereid is ons om hierdie pad te stap. Ek wil vir u sterkte toewens met u beraadslagings by hierdie kongres en die hoop uitspreek dat u ook na afloop van hierdie kongres met ons in gesprek sal tree sodat ons saam kan werk aan die antwoorde om ook u bedryf sterk te maak. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,165 | Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme nooi bieë uit vir bovermelde produksieproses vir die Departement se Jaarverslag vir 2005/2006. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,166 | Die vollengte Jaarverslag vir 2005/2006 sal uit drie afdelings bestaan, nl. Engels, Afrikaans en Xhosa. Elke afdeling sal opgemaak word uit ongeveer 230 bladsye. Die totale publikasie sal uit ongeveer 690 bladsye bestaan. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,167 | Voornemende tenderaars moet dus oor die kapasiteit beskik om teen 18 Augustus 2006 die ontwerp van die publikasie, insluitend die voor- en agterblad, te doen, die uitleg te doen, vertalings en drukwerk te reël vir die vollengte Jaarverslag. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,168 | Die bywoning van 'n inligtingsessie om 09:00 op 11 Mei 2006 is dus verpligtend. Die sessie sal gehou word op die 9de Verdieping, Raadsaal, Waldorf Arkade, Kaapstad. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,169 | 'n Voorgestelde ontwerp-uitleg (proefformaat) moet die voltooide tenderdokumente wat ingedien word, vergesel. Die voorgestelde teks en foto's vir die proefformaat sal by die inligtingsessie voorsien word. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,170 | Een bladsy met tabelle en 'n organogram. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,171 | Die boddokumente is beskikbaar om afgehaal te word tussen 08:00 en 15:30 Maandae tot Vrydae vanaf die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, NBS Waldorf Arkade, 9de Verdieping, St Georges Wandelgang 80, Kaapstad. Die volgende dokumente moet saam met die boddokumente ingedien word: 'n dekblad van nie meer as een paragraaf nie wat u spesifieke veld(e) van kundigheid aandui; waarom u dink dat u geskik is vir die opdrag; 'n gedetailleerde CV en kontakbesonderhede van drie werkverwante verwysings wat kwalifiseer om op u werk kommentaar te lewer. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,172 | Ingevolge die Provinsiale Regering Voorkeurverkrygingsbeleid, sal HDI kandidate voorkeur geniet. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,173 | Die sluitingsdatum vir indiening van bieë is Maandag, 22 Mei 2006, stiptelik om 11:00. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,174 | Vir bodnavrae, skakel gerus mnr Ebrahim Hardy by 021 483 9149. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,175 | Vir inhoud/tegniese navrae, skakel gerus me Agnes van den Berg by 021 483 9160. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,176 | NBS Waldorf Building 9th Floor, Room 27, 80 St. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,177 | NBS Waldorf Building 9th Floor, Room 27, 80 St. |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,178 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
723 | GOV-ZA.132169.2010-03-24.af.txt | 16,179 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,181 | Die welstand van ons pasiënte in ons fasiliteite geniet die hoogste prioriteit en die behandeling wat hulle ontvang moet vergelyk met die beste in die wêreld. Dit is egter net moontlik as ons vir ons verpleegpersoneel omstandighede skep waarbinne hulle diens van hoogstaande gehalte kan lewer het min. Uys gesê. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,182 | Min Uys het tydens 'n saamtrek van verpleegpersoneel hulde gebring aan die onbaatsugtige taak wat verpleegsters daagliks lewer. " Ek weet dat die druk op julle daagliks toeneem, maar is bemoedig deur die positiewe gesindheid van ons verpleegsters dwarsoor die provinsie " het Uys gesê. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,183 | Die Wes-Kaap gaan ook , soos wêreldwyd, gebuk onder 'n ernstige tekort aan genoeg verpleegsters, maar ons is daagliks besig om kreatief en doelgerig aan oplossings te werk sê Uys. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,184 | Min Uys het bekend gemaak dat die departement van gesondheid ver gevorder het om 'n Direktoraat vir Verpleegdienste te skep en dat die poste binnekort geadverteer sal word. Die Direktoraat sal verantwoordelik wees vir advies aan die departement en die koordinering van verpleegstersverwante sake. Daar sal ook sterk gefokus word op aangeleenthede wat dienslewering raak. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,185 | Gereelde vergaderings met 'n verteenwoordigende verpleegsters bestuurskomitee waar aangeleenthede soos oortydbetaling en skaarsvaardighede toelae aangespreek word. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,186 | Die opgradering en uitbreiding van fasiliteite om 'n vriendelike werksomgewing te skep soos die groot projekte tans by die hospitale in George, Worcester, Paarl, Stikland en Vredenburg. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,187 | Die toekenning van meer beurse vir verpleegstudente. Vanjaar is 2948 beurse toegeken. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,188 | Die vervanging en opgradering van toerusting. In die huidige boekjaar spandeer die departement R174m aan nuwe mediese toerusting. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,189 | Verpleegster welsynprogramme is in plek om druk en spanning te hanteer, emosionele bystand te lewer en selfs te help met huishoudelike probleme. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,190 | Min Uys het gesê op nasionale vlak is hy deel van 'n proses wat ver gevorder het om te kyk na die verbetering van professionele verpleegsters se salarisse. Dit is tyd dat verpleegsters beter vergoed word vir die onmisbare diens wat hulle lewer. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,191 | Daar is geen twyfel dat genoeg verpleegsters direk gelyk gestel kan word aan beter behandeling van pasiënte en dus laer sterftegevalle nie. Ek doen 'n beroep op jong mense om die verpleegberoep ernstig as 'n loopbaan te oorweeg. Dit is 'n opwindende beroep met vele fasette en bied die geleentheid vir bevordering, veral as u lief is om met mense te werk het Uys afgesluit. |
724 | GOV-ZA.132597.2010-03-24.af.txt | 16,192 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
725 | GOV-ZA.132729.2010-03-24.af.txt | 16,194 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
725 | GOV-ZA.132729.2010-03-24.af.txt | 16,195 | | VRAE Vra vir ons: [email protected]? |
726 | GOV-ZA.13276.2010-03-24.af.txt | 16,197 | In die Wes-Kaap word 'n dranklisensie vereis vir enige persoon wat drank mikro-vervaardig en verkoop vir kleinhandelsdoeleindes. In die Wes-Kaap is 'n "kleinhandelsverkoper" 'n persoon wat gelisensieer is kragtens die Drankwet 27 van 1989 om drank te verkoop vir verbruiksdoeleindes (sluit verbruik op die gelisensieerde persele en verbruik weg van gelisensieerde persele af in). |
726 | GOV-ZA.13276.2010-03-24.af.txt | 16,198 | Die Wes-Kaapse Drankraad is die openbare entiteit wat aansoeke oorweeg en besluite neem rakende aansoeke, terwyl die Direktoraat: Drankregulasies toesig hou oor die administratiewe, sowel as toepassings-aspekte van die Drankwet. |
726 | GOV-ZA.13276.2010-03-24.af.txt | 16,199 | As jy 'n vervaardiger of verspreider is, moet jy jou laat registreer by die Nasionale Drankowerheid. |
726 | GOV-ZA.13276.2010-03-24.af.txt | 16,200 | Dit is 'n misdaad om drank sonder 'n lisensie te verkoop en die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan stappe doen teen so 'n persoon en kan die onderneming sluit. |
726 | GOV-ZA.13276.2010-03-24.af.txt | 16,201 | Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS? |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,203 | Daar word van enigiemand wat drank wil verkoop, vervaardig of versprei, verwag om oor 'n dranklisensie te beskik. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,204 | As jy sonder 'n lisensie handel dryf, oortree jy die wet en die polisie mag stappe teen jou doen, jou onderneming sluit en beslag op jou bates lê. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,205 | Die Provinsiale Drankraad behartig dranklisensies. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,206 | Dranklisensies moet jaarliks hernieu word. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,207 | Die publiek mag besware teen die toekenning van 'n lisensie aanteken. Die Drankraad sal die aansoek en alle besware wat ontvang is, oorweeg en die aansoek goedkeur of verwerp. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,208 | Die Drankraad kan 'n voorwaardelike dranklisensie toeken. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,209 | Goedkeuring van die lisensie onderworpe aan bewys van hersonering of toestemming vir gebruik deur die plaaslike munisipaliteit. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,210 | Geen harde musiek of luidrugtige vermaak in 'n restaurant nie. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,211 | Beperkings op handelsure. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,212 | Beperkings om te verseker dat die lisensie slegs gebruik word vir die doel waarvoor dit uitgereik is, bv. dat 'n restaurant nie 'n nagklub word nie. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,213 | As jou gelisensieerde perseel 'n openbare ergernis word, kan jou bure 'n klag indien. Die polisie sal stappe teen die handelaar doen. As die probleem aanhou, kan die Drankraad 'n verhoor hou en die lisensie aan voorwaardes onderwerp, of die lisensie terugtrek of opskort. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,214 | Gedurende die afgelope tien jaar tronkstraf sonder die opsie van 'n boete uitgedien het (die Raad mag in sekere gevalle 'n uitsondering maak). |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,215 | n Eggenoot/eggenote van enigeen van die bogenoemde is. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,216 | U kan deur 'n prokureur of 'n drankkonsultant vir 'n dranklisensie aansoek doen, of u kan in u persoonlike hoedanigheid aansoek doen. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,217 | Aansoekvorms (VORM 1) is by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad beskikbaar. Andersins kan u die regulasies koop wat kragtens die Drankwet uitgevaardig is en wat VORM 1 insluit. Hierdie aansoekvorm is in triplikaat en bestaan uit die oorspronklike, 'n afskrif vir die Aangewese Polisiebeampte (APB), en 'n afskrif vir die Drankraad. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,218 | Sluit besonderhede ter ondersteuning van u aansoek in, soos bewys van beroep. Sluit ook besonderhede van die perseel in, soos kleurfoto's of 'n gedetailleerde beskrywing, 'n afskrif van die spyskaart (indien kos bedien word), en 'n vloerplan waarop die plasing en afmeting van deure, vensters en toonbanke en die ligging van strate en uitgange aangedui word. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,219 | Die aansoek moet getik en nie handgeskrewe wees nie. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,220 | Die voorgeskrewe aansoekgeld moet by die plaaslike kantoor van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) inbetaal word en bewys van betaling moet by die aansoek aangeheg wees. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,221 | Die voltooide vorm moet op die eerste Vrydag van die maand deurgestuur word aan die landdros in die distrik waar die persele wat gelisensieer moet word, geleë is. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,222 | Twee weke voordat die aansoek aan die landdros deurgestuur word, moet kennis van voorneme aan die Staatsdrukker in Pretoria deurgegee word vir publikasie in die Staatskoerant op die eerste Vrydag van die maand. Die kennisgewing in die Staatskoerant is die enigste kennis van die aansoek wat aan die publiek gegee word. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,223 | Die APB vir die distrik sal binne 35 dae 'n verslag by die landdros indien. Die APB sal die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum of plaaslike belastingbetalersvereniging van die aansoek in kennis stel. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,224 | U het 42 dae om skriftelik op die polisieverslag of enige besware te antwoord. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,225 | Indien daar geen besware ontvang word nie en die polisieverslag is ingedien, kan die aansoek na die sekretaris van die Drankraad deurgestuur word. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,226 | Die Drankraad sal elke aansoek ten opsigte van die aansoeker, die perseel en openbare belang oorweeg. |
727 | GOV-ZA.13276.services.11453.10479.2010-03-24.af.txt | 16,227 | Nakoming van die riglyne wat hier uiteengesit is, waarborg nie die sukses van 'n aansoek nie. Die Drankwet en sy regulasies is ingewikkeld en aansoekers word aangeraai om professionele advies rakende die werking daarvan in te win. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.