document_id
int64 0
5.02k
| document_filename
stringlengths 9
106
| line_id
int64 1
81.3k
| text
stringlengths 7
3.62k
|
---|---|---|---|
199 | DynamicAction (5).txt | 11,900 | Die Vroeë Kinderontwikkelingsprogram sal verskerp word, met die doel om universele toegang tot Graad R te verseker en om teen 2014 die aantal kinders tussen 0 en 4 jaar te verdubbel. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,901 | Ons benadruk weereens die dinge wat nie-onderhandelbaar is. Onderwysers moet in die skool wees, in die klasse, betyds, besig met onderrig, en hulle mag nie hul pligte afskeep of leerders mishandel nie! Kinders moet in die klas wees, betyds, besig om te leer, en moet respek hê vir hul onderwysers en mede-leerders en hul huiswerk doen. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,902 | Ten einde die bestuur van skole te verbeter moet formele opleiding 'n voorwaarde wees vir onderwysers om skoolhoofde of departementshoofde te word. Ek sal 'n vergadering met skoolhoofde reël om ons visie met betrekking tot die herlewing van ons onderwysstelsel te deel. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,903 | Ons sal ons pogings verskerp om leerders aan te moedig om hul sekondêre opleiding te voltooi. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,904 | Die mikpunt is om teen 2014 die inskrywingskoers by hoërskole te verhoog tot 95%. Ons soek ook na innoverende maniere om leerders wat die skool verlaat het, weer terug te bring en ondersteuning aan hulle te bied. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,905 | Geagte lede, ons is baie bekommerd oor gerugte van onderwysers wat kinders, veral meisies, seksueel teister en mishandel. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,906 | Ons sal seker maak dat die Riglyne ten opsigte van Seksuele Teistering en Geweld in Openbare Skole wyd versprei word, en dat leerders en onderwysers vertroud is daarmee en dit nakom. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,907 | Ons sal baie ernstig en beslis optree teenoor enige onderwysers wat misbruik maak van hul magsposisie en gesag deur seksuele verhoudings met kinders aan te knoop. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,908 | Om lewenslange onderrig te bevorder, sal die Basiese Volwasse Onderwys en Opleiding Kha ri Gude-programme opgeskerp word. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,909 | Ons moet verseker dat die inisiatiewe met betrekking tot opleiding en vaardigheidsontwikkeling in die land ooreenstem met die vereistes van die ekonomie. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,910 | Ons sal toegang tot hoër onderwys vir kinders uit arm gesinne verbeter en 'n volhoubare subsidiëringstruktuur vir universiteite daarstel. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,911 | Ons is erg bekommerd oor die agteruitgang in die kwaliteit van gesondheidsorg, wat vererger word deur die geleidelik toenemende las van siektes gedurende die afgelope dekade en 'n half. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,912 | Ons het vir onsself ten doel gestel om ongelykhede in gesondheidsorg verder te verminder, om mensehulpbronkapasiteit te verhoog, om nuwe lewe in hospitale en klinieke te blaas en die geveg teen die aanslag van MIV en Vigs, TB en ander siektes te verskerp. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,913 | Ons moet saamwerk om die implementering van die Omvattende Plan vir die Behandeling, Bestuur en Sorg van MIV en Vigs te verbeter en sodoende die koers van nuwe MIV-infeksies teen 2011 met 50% te verminder. Ons wil ook graag teen 2011 80% van diegene wat antiretrovirale middels benodig, bereik. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,914 | Ons sal 'n Nasionale Gesondheidsversekeringskema (NGV) bekendstel wat geleidelik ingestel sal word. Ten einde die NGV in werking te stel, is die dringende rehabilitasie van openbare hospitale nodig by wyse van openbare-private vennootskappe. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,915 | Ons sal ook dringend aandag skenk aan die kwessie van die vergoeding van gesondheidsorgwerkers om onsekerheid in ons gesondheidsorgdienste uit te skakel. Deur samewerking kan ons meer doen om die kwaliteit van gesondheidsorg te verbeter, in lyn met die Verenigde Nasies se Millennium-ontwikkelingsdoelwitte om armoede teen 2014 te halveer. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,916 | Ons moet saam meer doen om misdaad te bekamp. Ons mikpunt is om 'n kriminele regstelsel te vestig wat getransformeer, geïntegreer, gemoderniseer, behoorlik toegerus en effektief bestuur is. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,917 | Dit is ook uiters belangrik om die doeltreffendheid van die howe en die werkverrigting van aanklaers te verbeter en om speur-, forensiese en intelligensiedienste te verskerp. Hierdie werk het in alle erns begin, en dit sal met hernude energie en krag aangepak word. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,918 | Van die onmiddellike teikens is om te verseker dat ons die aantal aanklaers en Regshulpraad-personeel vermeerder. Ons sal dieselfde doen met polisiespeurders. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,919 | Ons het die naam van die betrokke ministerie verander van Veiligheid en Sekuriteit na Polisie om te benadruk dat ons werklike bedryfsenergie in polisiewerk nodig het. Dit sal bydra tot die vermindering van ernstige en geweldsmisdaad teen die gestelde teiken van 7% tot 10% per jaar. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,920 | Daar sal ook ernstig aandag gegee word aan die bekamping van georganiseerde misdaad, sowel as misdrywe teen vroue en kinders. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,921 | Alhoewel ons die belegging van die privaatsektor in die sekuriteitsbedryf waardeer, sal ons die regulasie van dié bedryf verbeter. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,922 | Van die sleutelinisiatiewe is onder meer 'n proses om 'n Grensbeheeragentskap daar te stel, ons sal inisiatiewe teen kubermisdaad en identiteitsdiefstal verskerp, en ons sal stelsels in die tronke verbeter om herhaaldelike oortredings te verminder. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,923 | Ek wil weereens ons ondersteuning ten opsigte van die deurlopende transformasie van die regstelsel benadruk. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,924 | Hierdie transformasie behoort sleutelkwessies aan te spreek, soos om regsonafhanklikheid te verhoog, interne stelsels vir regsaanspreeklikheid te versterk, sowel as om volle toegang tot regsdienste deur almal te verseker. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,925 | Die sukses van die demokratiese stelsel in geheel hang af van goeie verhoudings, met wedersydse respek, en 'n gees van kameraderie tussen die Uitvoerende Gesag, die Wetgewer en die Regsprekende Gesag. Dit is baie belangrik vir ons konstitusionele demokrasie. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,926 | Ons het al verskeie kere ons verbintenis tot die bekamping van korrupsie in die Staatsdiens bevestig. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,927 | Ons sal veral aandag daaraan skenk om korrupsie en bedrog met betrekking tot aanskaffing- en tenderprosesse, aansoeke om bestuurslisensies, maatskaplike toelaes, IDs, en diefstal van polisiedossiere te bekamp. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,928 | Laat ek benadruk dat ons almal 'n rol het om te speel in hierdie oorlog teen misdaad. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,929 | Ons moet daadwerklik deelneem aan gemeenskapspolisiëringforums. Ons moet ophou om gesteelde goedere, wat misdaad aanmoedig, te koop. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,930 | Ons moet misdaad aanmeld en die polisie help met inligting om oortreders vas te trek. Sodoende kan ons 'n misdaadvrye gemeenskap skep. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,931 | Geagte lede, sedert 1994 het ons gepoog om 'n verenigde, samehangende gemeenskap te skep uit ons gefragmenteerde verlede. Ons word opgeroep om voort te gaan met ons missie, naamlik die bevordering van eenheid in diversiteit en om 'n gedeelde waardestelsel te ontwikkel, gebaseer op die gees van samehorigheid en 'n gemeenskap wat omgee. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,932 | Ons gedeelde waardestelsel behoort ons aan te spoor om aktiewe deelnemers te word in die herlewing van ons land. Ons moet 'n gedeelde nasionale identiteit en patriotisme uitbou. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,933 | Ons moet 'n gedeelde verbondenheid tot ons land, ons Grondwet en die nasionale simbole ontwikkel. In hierdie gees moet ons die Volkslied en ons land se vlag en alle ander nasionale simbole bevorder. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,934 | Ons kinders moet van kleins af geleer word om trou te sweer aan die Grondwet en die nasionale simbole, en hulle moet weet wat dit beteken om landsburgers van Suid-Afrika te wees. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,935 | Ons moet 'n gedeelde nasionale benadering tot die verandering van geografiese en plekname verseker. Dit moet 'n geleentheid wees om alle Suid-Afrikaners te betrek in die vorming van 'n nasionale identiteit, en ons bewustheid oor ons geskiedenis en erfenis verdiep. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,936 | Sport is 'n kragtige manier om nasiebou te bevorder. Ons moet almal saam al ons nasionale spanne ondersteun, van Bafana Bafana tot die Proteas en Springbokke, van BanyanaBanyana tot die paralimpiese atlete. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,937 | Ons spanne kan slegs uitblink met ons ondersteuning. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,938 | Laat ek hierdie geleentheid gebruik om ons nasionale spanne geluk te wens met hul prestasies die afgelope week. Hulle het inderdaad 'n driekuns behaal. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,939 | Die land se vrouenetbalspan het ons trots gemaak deur die Drie-Nasies Netbaluitdaging te wen. Geluk aan die Sewes Springbokke wat die IRB Sewes-Wêreldbekerreekskampioene geword het - en natuurlik die Blou Bulle wat die Super 14-finaal oortuigend gewen het! |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,940 | Ons maak gebruik van hierdie geleentheid om die Springbokke sterkte toe te wens met die reeks teen die Britse en Ierse Leeus wat op hande is. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,941 | Dit is duidelik dat ons grootskaals in sportontwikkeling moet belê. Ons moet die herlewing van skoolsport bespoedig en seker maak dit deel vorm van die skoolkurrikulum. Ons moet ook seker maak dat die voorsiening van sportgeriewe vir armer gemeenskappe 'n prioriteit is. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,942 | Ons het deur die jare onsself daartoe verbind om by te dra tot die skep van 'n beter Afrika en 'n beter wêreld. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,943 | Die Regering se hoofdoel oor die medium termyn is om te verseker dat buitelandse verhoudings bydra tot 'n omgewing wat volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling bevorder. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,944 | In hierdie opsig sal ons voortgaan om die Afrika-kontinent te prioritiseer deur die Afrika-Unie (AU) en sy strukture te versterk, en spesiale aandag skenk aan die implementering van die Nuwe Vennootskap vir Afrika-Ontwikkeling. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,945 | Ewe belangrik, en nader aan die huis, is die versterking van streeksintegrasie, met besondere klem op die verbetering van die politiese en ekonomiese integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om nader te beweeg aan die doelwit van die AU, naamlik 'n Unie-regering. Ons sal die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsvennootskap-agentskap vestig om ontwikkelingsvenootskappe met ander lande op die vasteland te bevorder. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,946 | Suid-Afrika sal voortgaan om hulp te verleen in die heropbou en ontwikkeling van die Afrika-kontinent, veral in post-konflik-gebiede. Ons sal voortgaan om 'n vreedsame en volhoubare skikking ten opsigte van die konflik tussen Israel en Palestina te bevorder, gebaseer op 'n oplossing wat vir albei lande aanvaarbaar is. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,947 | As die Voorsitter en fasiliteerder van die SAOG sal ons bydra tot die bevordering van 'n inklusiewe regering totdat vrye en regverdige verkiesings in Zimbabwe gehou word. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,948 | Die lot van die Zimbabwiese mense het 'n negatiewe impak op die SAOG-streek gehad, veral op Suid-Afrika. Ons doen 'n beroep op alle vredeliewende lande ter wêreld om die inklusiewe regering te ondersteun ten einde ekonomiese herstel te bereik. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,949 | Ons sal die pogings van die SAOG-streek ondersteun om die situasie in Madagaskar op te los. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,950 | Vergun my, gewaardeerde gaste, om hulde te bring aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir die uitstekende werk wat hulle gedoen het met betrekking tot die uitbou van vrede op die vasteland. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,951 | Deur vastelands- en streeksliggame sal ons werk om demokrasie en respek vir menseregte op die Afrika-vasteland te verskans. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,952 | Ons sal bydra tot die versterking van Suid-Suid-verhoudings en ooreenkomste met sleutellande van die Suide aangaan wat vir albei tot voordeel strek. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,953 | Ons sal ook voortgaan om verhoudings met die ontwikkelde Noorde te verstewig, insluitend die G8 en ons strategiese vennootskap met die Europese Unie. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,954 | Ons sal voortgaan om 'n daadwerklike rol te speel om te verseker dat die Wêreldhandelsorganisasie se Doha-ontwikkelingonderhandelings suksesvol afloop. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,955 | Suid-Afrika is 'n droë land en dringende optrede word vereis om nadelige omgewingsveranderings die hoof te bied en om watervoorsiening aan landsburgers te verseker. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,956 | Van die programme sluit die implementering van die Water vir Groei en Ontwikkeling-strategie in, wat waterbestuur sal verbeter. Ons sal voortgaan om ons energie-doeltreffendheid en ons afhanklikheid van hernubare energiebronne te verbeter. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,957 | Geagte lede, n Ontwikkelingstaat vereis verbeterde openbare dienste en versterkte demokratiese instellings. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,958 | Ons het twee ministeries in Die Presidensie geskep om beide strategiese beplanning sowel as prestasiemonitering en -evaluasie te verbeter. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,959 | Ten einde te verseker dat hierdie verbintenisse nagekom word, sal ons vanaf Julie die kabinetsministers aanspreeklik hou deur middel van prestasie-instrumente wat gestelde teikens en uitsette uiteensit. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,960 | Ten einde te verseker dat dienslewering in al drie sfere - plaaslik, provinsiaal en nasionaal - verbeter, sal ons die vestiging van 'n enkele staatsdiens bespoedig. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,961 | Hierdie administrasie sal daarop aandring om die mense eerste te stel met betrekking tot dienslewering. Ons sal vriendelike en doeltreffende diens van toonbankpersoneel in die lewering van dienste in alle staatsdepartemente verseker. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,962 | In hierdie era van hernuwing sal ons nader aan 'n interaktiewe regering beweeg. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,963 | Ten einde deur voorbeeld te lei, het ons 'n begin om 'n openbare skakelkapasiteit in Die Presidensie te vestig. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,964 | Buiten dat dit briewe en e-posse van die publiek sal ontvang, sal ons ook 'n blitslyn instel vir makliker toegang. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,965 | Personeel sal elke navraag van die publiek hanteer asof dit die enigste een is, en al die regte kanale volg totdat die navraag die aandag ontvang het wat dit verdien. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,966 | Die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap, wat geskep is deur die samesmelting van Umsobomvu Jeugfonds en die Nasionale Jeugkommissie, sal op 16 Junie in Ekurhuleni bekendgestel word. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,967 | Hierdie instellings smelt saam om beter diens en ontwikkelingsgeleenthede aan die jeug te bied. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,968 | Die agentskap sal werklose jong gegradueerdes in aanraking bring met ekonomiese geleenthede, help om die Nasionale Jeugdiens-program uit te brei en jong entrepreneurs ondersteun. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,969 | Volgende maand word ons geliefde Madiba 91. Mense dwarsoor die wêreld ding nog steeds mee om sy aandag en vra sy hulp met krisisse. Sy waardes en voorbeeld van toewyding aan humanitêre diens is 'n skitterende voorbeeld in vandag se moeilike tye. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,970 | n Internasionale veldtog is deur die Nelson Mandela-fondasie en verwante organisasies van stapel gestuur, genaamd Mandela Dag, wat alles verteenwoordig waarvoor Tata staan. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,971 | Mandela Dag sal elke jaar op 18 Julie gevier word. Dit sal vir die mense in Suid-Afrika en dwarsoor die wêreld 'n kans gee om goed te doen en ander te help. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,972 | Madiba was vir 67 jaar polities bedrywig, en op Mandela Dag sal mense dwarsoor die wêreld, in die werksplek, by die huis en in skole, opgeroep word om ten minste 67 minutes van hul tyd af te staan om iets hulpvaardig in hul gemeenskap te doen, spesifiek vir minderbevoorregtes. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,973 | Kom ons ondersteun Mandela Dag volkome en moedig die wêreld aan om saam met ons aan hierdie wonderlike veldtog deel te neem. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,974 | Ons het ons program vir die volgende vyf jaar aan ons nasie voorgelê. Vir elke verbintenis is daar 'n gedetailleerde projekplan, met teikens en kritiese mylpale. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,975 | Hierdie inligting sal eersdaags aan die publiek bekend gemaak word. As landsburgers moet ons inderdaad terselfdertyd vir onsself vra wat ons kan doen om te help om hierdie nasionale program te bevorder. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,976 | Om 'n landsburger te wees gaan nie net oor regte nie, maar ook oor verantwoordelikheid, om 'n bydrae te lewer om ons land beter te maak. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,977 | In die gees om ons land eerste te stel verwag ons ook om goed saam met die opposisiepartye in die Parlement te werk. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,978 | Madiba het ons goed geleer dat hierdie land aan ons almal behoort - swart en wit. Dit sal belangrik bly om aan versoening en eenheid te werk soos wat ons vorentoe beweeg. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,979 | Aangesien ons program in die aangesig van 'n ekonomiese afswaai geïmplementeer word, sal ons versigtig moet optree - geen verkwisting, geen hernuwing van fondse nie - elke sent moet oordeelkundig en vrugbaar bestee word. Ons moet sorg dat dit nommerpas volgens ons behoeftes geskied. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,980 | Mede-Suid-Afrikaners, deur saam te werk kan ons meer doen om ons gedeelde visie te bereik van 'n beter en voorspoediger nasie! |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,981 | Dit is die vennootskap waarvoor ons vra. |
199 | DynamicAction (5).txt | 11,982 | Ek bedank u! |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,984 | Geagte voorsitter, dames en here, landbouers en vriende: Ek is gevra om oor die rol en verantwoordelikheid van die regering ten opsigte van die bedryfsomgewing vir wintergraanproduksie te praat. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,985 | Ek is bewus van die feit dat my opmerkings vandag aan u kom in 'n tyd wanneer dit swaar gaan met koringprodusente, en ek verneem dat nie een van die vier hoofproduksiestreke tans winsgewend produseer nie. Suid Kaapse boere is heel onder aan die lys met beraamde verliese van R395 per ton vir Desember se Safex prys, as mens aanvaar dat boere tans R2 535 per ton moet verdien om winsgewend te wees. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,986 | Ek het onlangs 'n aanbieding deur GraanSA gesien wat al die insetkostes om 'n 700 g witbrood te bak uitwys. Ook hier is daar gevaarligte, aangesien dit gewys het hoe die pimêre produsent se produksiekoste met 9.5% verhoog het vanaf 2008 tot 2009. Dit het bygedra dat bruto inkomste met 23.5% gedaal het, en produsentewins met 'n yslike 81.5% gekrimp het. Dit als in 'n tydperk waar die broodprys met 10% gestyg het. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,987 | So wat is die rol van die regering in hierdie situasie Of laat my toe om die vraag so te stel: Het 'n regering in die moderne wêreld nog enigsins 'n rol te speel Ons leef tog in 'n vrymark in die "global village"? |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,988 | Ek dink die antwoord op hierdie vraag is beslis ja. Maar dit gaan oor veel meer as net die koringprys. Ek haal die Britse Nobelpryswenner, filosoof en wiskundige, Bertrand Russell (1872-1970) aan: As een mens jou demokrasie aanbied en 'n ander 'n sak graan, in watter stadium van hongersnood sal jy die graan bo die stem verkies? |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,989 | Hierdie vraag is die hoeksteen waarop die moderne wêreld gebou is, en ander lande besef dit baie goed. Regerings weet dat om demokrasie te beskerm moet jou mense kos hê, want honger mense raak onrustig. En daarom sal die wêreld moonthede voedselsekuriteit ten alle koste beskerm. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,990 | Verskillende regerings het verskillende strategieë om voedselsekuriteit en hul landbousektore te beskerm, en alhoewel dit alles binne die sogenaamde vryemark omgewing geskiet, het 'n bepaalde strategie wel verrykende gevolge vir die betrokke sektor. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,991 | Die Verenigde State van Amerika (VSA) en die Europese Unie (EU) gebruik die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) tot hul voordeel. Hulle is meesters om die maksimum beskerming vir hul plaaslike sektore te beding, en is nie bang om soms selfs die reëls te oortree, en dan later omverskoning te vra nie. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,992 | Die Chinese regering gebruik 'n tegnologies gedrewe benadering tot landbou-ondersteuning. Hulle het 'n effektiewe voorligtersdiens ontwikkel, en belê en ondersteun die ontwikkeling van tegnologie en navorsing wat produksie effektiwiteit verhoog. Hierdie benadering het toegesien dat meer as 200 miljoen Chinese boere uit armoede gelig is. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,993 | Indië beskerm sy landbou deur sekere gewasse as strategies tot die land se sekuriteit te verklaar, en dan deur middel van uiters hoë tariewe daardie gewasse te beskerm. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,994 | Brasilië aan die ander kant, het 'n uiters vriendelike beleggersomgewing geskep deur die minimum subsidies of tariefheffings op landbouprodukte te plaas. Hulle streef na vrye handel van landbouprodukte en is uitvoer gefokus. Brasilië se landbou is tans in 'n groeifase. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,995 | Dit bring my by Suid Afrika, en meer spesifiek die Wes-Kaap. Ek dink dat ons in die unieke posisie is om na al die bogenoemde strategieë te kan kyk. Ons kan dit analiseer en die pluspunte en negatiewe eienskappe ontleed. Ons kan die beste uit almal neem en dit op toepassing maak vir Suid Afrika. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,996 | Ons moet onthou dat landbou in ons land uit twee komponente bestaan: Kommersiële boere en nuwe boere. Met dit in ag genome, dink ek dat vir ons nuwe boere moet ons soos die Chinese met tegnologie en goeie voorligtersdiens hul omgewing aanspreek. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,997 | Programme waar 'n nuwe boer vir 'n aantal jare gesubsidieer word en gehelp word om homself as volwaardige kommersieël boer te vestig. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,998 | Die voordeel van tegnologie en navorsing is dat dit nie diskrimineer tussen kommersiële of nuwe boere nie. Dit is van toepassing op beide. Maar ons nuwe boere benodig dringend goeie voorligtersondersteuning, en dit is verseker iets wat my Departement kan en gaan doen. |
200 | DynamicAction (7).txt | 11,999 | Dames en here, ek weet dat dit klink als baie goed en positief, maar die harde realiteit is dat u as kommersiële produsente nie tans volhoubaar kan boer met koring nie. Maar dit is nie net 'n Suid Afrikaanse probleem nie. Dit is die wêreldkoringprys wat tans rondom R2 400 per ton verhandel. En 'n mens moenie uit die oog verloor dat wanneer oor die afgelope sewe jaar periode gekyk word, koring wel winsgewend op langer termyn was nie. |
200 | DynamicAction (7).txt | 12,000 | Ons moet oor tariewe ook praat. 'n tarief sal wonderlik wees, en ek weet dat GraanSA besig is om op hoë vlak samesprekings hieroor te voer. Op die korttermyn is dit nodig. 'n Tarief is egter nie 'n langtermyn oplossing vir die winsgewendheid probleem wat ons tans in die gesig staar nie. Tariewe bring voordele en nadele, en ons sal moet besluit wie kry die voordele en wie gaan tevrede wees met die nadele. Die probleem van winsgewendheid moet deur die staat en die industrie gesamentlik aangespreek word. |
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.