document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
195
DynamicAction (12).txt
11,696
Die Kunsteweek 2010, wat in September in die Overberg gehou gaan word, gaan 'n geleentheid bied vir die tentoonstel van die verskillende genres en asook vir die saambring van diverse gemeenskappe om met mekaar om te gaan en om sowel vaardighede as hulpbronne binne die gebied met mekaar te deel. Dit sal voorts ons pogings versterk om maatskaplike samehorigheid tot stand te bring en om sinvolle interaksie tussen gemeenskappe te vergemaklik.
195
DynamicAction (12).txt
11,697
Deur middel van die departementele handwerk-inisiatief gaan ons landelike vroue en mans van die R62 oplei wat hulle gaan toerus met vaardighede om produkte te ontwikkel wat ekonomiese geleenthede sou kon skep waardeur 'n inkomste gegenereer kon word en lewensgehalte verbeter kon word. Hierdie persone is hoofsaaklik seisoenale werkers en gevolglik sou die verkreë vaardighede aangewend kon word om by te dra tot ekonomiese onafhanklikheid.
195
DynamicAction (12).txt
11,698
In die loop van die jaar gaan die Departement poog om inisiatiewe vir die ontwikkeling van talent uit te brei deur middel van die mentorskapprogramme wat binne elke genre ingestel gaan word. 'n Raamwerk vir die identifiseer en koester van talent word tans ontwikkel wat ons pogings op die gebied van talentbepaling en -bevordering kan vergemaklik en kan inlig. Voorts gaan ons ons vennootskap met die Suidoosterfees versterk en uitbrei, waar drie gemeenskapskunstenaars reeds 'n geleentheid gebied is om vaardighede te bekom op die gebied van geleenthedebestuur asook van tegniese bekwaamheid, so nypend nodig veral in landelike gebiede. Dié drie persone is afkomstig uit die onderskeie streke Beaufort-Wes, Goedverwacht en Clanwilliam.
195
DynamicAction (12).txt
11,699
Die 2009 Toekennings vir Kunste, Kultuur, Erfenis, Museums, Taal, Biblioteke en Argiewe getuig van die verbindheid van die Departement daartoe om die werk wat binne gemeenskappe deur gemeenskappe verrig is, te erken en te beloon.
195
DynamicAction (12).txt
11,700
Deur middel van die jaarlikse befondsingsiklus gaan befondsing beskikbaar gemaak word aan die nieregeringsorganisasie-sektor wat bystand gaan verleen aan die uitbrei en aanvul van begrip en kennis van die kunste terwyl sowel gehore as 'n waardering vir die gemarginaliseerde en inheemse kunsvorms dwarsoor die Provinsie ontwikkel word. Die uitruil van ondervinding, vaardighede en hulpbronne tussen organisasies sal van kernbelang wees en is 'n kritieke element van hierdie befondsingsprogram aangesien die Departement en begunstigdes KNAP moet werk ten einde te verseker dat ons die maksimum voordeel geniet. Die Departement is bewus van die ongelykhede wat bestaan ten opsigte van geleenthede in die landelike teenoor die stedelike gebiede, en gevolglik gaan hy die vernouing van hierdie gaping versnel deur sinvolle programme van stapel te stuur wat aanleiding sou kon gee tot ekonomiese lewensvatbaarheid en geleenthede buite die omvang van ons verantwoordelikheid.
195
DynamicAction (12).txt
11,701
Die Departement is, saam met sy vennoot die Wes-Kaapse Taalkomitee, verantwoordelik vir toesighouding oor die implementering van die Provinsiale Taalbeleid asook vir die voorsiening van taaldienste (vertaling, redigering en tolking) aan alle departemente binne die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap deur te sorg vir gelyke status van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat dit nodig is om 'n aktiewe proses vir die bevordering van vorheen gemarginaliseerde inheemse tale - isiXhosa as 'n gemarginaliseerde amptelike taal en die Khoi-, Nama- en San-tale, asook Suid-Afrikaanse Gebaretaal/doofheid-bewustheid - gehandhaaf moet word deur middel van bewusmakingsprogramme dwarsoor die Provinsie.
195
DynamicAction (12).txt
11,702
In die loop van die afgelope jaar was dit vir my Departement moontlik om 100 (eenhonderd) mense in Afrlkaans en isiXhosa op te lei. Voorts het die Departement die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) se Veeltaligheidstoekenning vir sy Nama-projek ontvang van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad vir doeltreffende dienslewering deur middel van 'n veldtog in die openbare sektor wat daarna streef om veeltaligheid te bevorder.
195
DynamicAction (12).txt
11,703
Die prioriteitsprogram vir die Departement ten opsigte van Taaldiens is die voortgesette implementering van die voorskrifte van die Wes-Kaapse Taalbeleid in sowel Provinsiale departemente as by inrigtings. Dit sal bydra tot maatskaplike samehorigheid en tot ons uiteindelike doelwit: om te sorg dat inwoners van die Wes-Kaap toegang het tot dienste in die amptelike taal van hul keuse en dat al drie amptelike tale gelyke status binne die Wes-Kaapse Provinsiale Regering geniet. Dit is die doelstelling van my Departement om besoek af te lê by alle provinsiale departemente ten einde leiding te gee aan die senior bestuurslede oor die praktiese implikasies van die implementering van die Provinsiale Taalbeleid. Ek het voorts sowel my kollegas in die Provinsiale Kabinet as die hoofde van departemente aangespoor om ook die onderneming te onderteken wat ek en die Premier in Februarie 2010 onderteken het, waardeur ons ons departemente verbind het tot veeltaligheid. Bewusmakingsprojekte en -werksbyeenkomste gaan ook dwarsoor die Provinsie Wes-Kaap gehou word om bewustheid van al die amptelike tale, veral isiXhosa, en ook van die Nama-taal en van Suid-Afrikaanse Gebaretaal te verhoog.
195
DynamicAction (12).txt
11,704
Die Wes-Kaap, en inderdaad die hele Suid-Afrika, beskik oor 'n ryk natuur- en kultuur-erfenis. Erfenis Wes-Kaap, wat verantwoordelik is vir die bevordering en bewaring van ons erfenishulpbronne in die Provinsie Wes-Kaap, het drie argeologiese erfenisgebiede langs die Weskus tot provinsiale erfenisgebiede verklaar. 'n Vierde gebied, die Gemeenskapshuis-gebou hier in Kaapstad, is op 19 Februarie 2010 in die Provinsiale Koerant gepubliseer.
195
DynamicAction (12).txt
11,705
In die komende boekjaar gaan Erfenis Wes-Kaap voort met sy pogings om gemeenskappe binne die Provinsie te betrek by die identifiseer en beskerming van sy ryk en kultureel diverse erfenis. Die Provinsie Wes-Kaap spog met goedbewaarde fossiele waaruit gemeenskappe ekonomies sou kon baat en wat toerisme sou kon aanvul. Daar word dus in die vooruitsig gestel dat 'n paleotoerisme raamwerk ontwikkel moet word om ons benadering tot die bestuur van paleontologiese erfenis-toerisme.
195
DynamicAction (12).txt
11,706
Die Departement en sy openbare entiteite is daartoe verbind om goeie regeringsbeleid dwarsoor al drie sfere, veral op plaaslike regeringsvlak, toe te pas. Verbete pogings word tans aangewend om te sorg dat plaaslike beplanningsowerhede die vermoeë gegee word om erfenishulpbronne wat onder hul regsgebied resorteer, te bestuur. In hierdie verband word proaktiewe maatreëls gefinaliseer ten einde magte aan bevoegde plaaslike owerhede vir die bestuur en bewaar van die plaaslike erfenis te delegeer.
195
DynamicAction (12).txt
11,707
Die huidige dienstermyn van die raad van Erfenis Wes-Kaap kom ook tot 'n einde en die prosesse vir die benoeming van persone om in die nuwe raad te dien, met 1 Augustus as aanvangsdatum, is reeds van stapel gestuur.
195
DynamicAction (12).txt
11,708
Vroeër vanjaar het die Departement, saam met die departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, 'n studie onderneem waarvolgens die uitwerking van die erfenissektor op die ekonomie van die Wes-Kaap vasgestel kon word. Die eerste bevindings dui daarop dat die kultuurerfenis-sektor meer as 716 persone in diens het en bykans R177-mijoen gegenereer het tydens die boekjaar 2008/2009. Luidens statistiek het meer as 1 315 010 mense die nasionale, provinsiale en kultuur-historiese inrigtings in hierdie tydperk besoek en R38,9-miljoen bestee. Hierdie syfers sluit nie die bydraes uit die natuur-erfenissektor in nie en neem ook nie die vermenigvuldigings-uitwerking van die waarde en werksgeleenthede in ag nie wat geskep word deur die rehabiliteer en restoureer van erfenisgebiede, na raming in 2008/09 net minder as R1-miljard werd.
195
DynamicAction (12).txt
11,709
Binne die volgende paar maande sal ek die Wes-Kaapse Geografiese Namekomitee aangestel het. Hierdie komitee gaan bystand verleen aan gemeenskappe, plaaslike owerhede en die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad ten opsigte van die nasionale Minister van Kuns en Kultuur met betrekking tot die standaardisering, en, waar nodig, die verandering van geografiese name.
195
DynamicAction (12).txt
11,710
Tien persent (10%) van Afrika se museums is in die Wes-Kaap geleë. Dit is daarom uiters belangrik dat die Wes-Kaap voortgaan om 'n doeltreffende en 'n leidende rol te speel in die bestuur van sy erfenisinstellings. Die Departement help geaffilieerde museums om die artefakte en die versamelings wat hulle huisves, te beskerm en te bewaar. Aanstaande jaar sal die Museumdienste klem lê daarop om te verseker dat die bestaande versameling- en bewaringbestuursplanne geïmplementeer of, waar nodig, bygewerk word in ooreenstemming met aanvaarde professionele standaarde. Dit sal insluit besoeke deur spesialiste en opleidingsingrype wat spesifiek ontwerp is om versamelingsbestuur te verbeter.
195
DynamicAction (12).txt
11,711
Daar sal spesifiek klem gelê word op die herontwikkeling van twee provinsiale museums se uitstallings, naamlik die Worcester Museum en die Bartolomeu Dias Museum in Mosselbaai. Belangrike navorsingsprojekte sal in hierdie verband aangepak word en die bevindinge sal 'n impak hê op nuwe uitstallings wat ontwikkel moet word. As deel van ons kuns-, kultuur- en erfenisnalatenskap van 2010, sal 'n nuwe permanente kunsuitstalling in die Sawyer Saal by die George Museum op Internasionale Museumdag, 18 Mei 2010, geopen word. Gedurende die 2010 FIFA Wêreldbeker, sal die Kaapse Mediese Museum wat langs die nuwe Kaapstad Stadion geleë is, 'n uitstalling oor sportbeserings in vennootskap met die Sportwetenskapinstituut aanbied.
195
DynamicAction (12).txt
11,712
Die Departement het 'n nuwe konsepmuseumbeleid as deel van die bespoediging van die transformasie van die erfenis-sektorlandskap ontwikkel. Hierdie konsepbeleid sal met verskeie belanghebbendes en rolspelers bespreek word ten einde die nuwe beleid te finaliseer en om nuwe museumwetgewing op te stel wat gemeenskappe en munisipaliteite sal bemagtig en hulle in staat sal stel om hul museums en erfenissentra op te rig en te bestuur, en om in vennootskap met ander belanghebbendes en rolspelers tot erfenistoerisme by te dra.
195
DynamicAction (12).txt
11,713
Die Departement sal 'n aantal permanente uitstallings by geaffilieerde museums voltooi. Dit sluit die Chris Barnard Retrospektiewe Uitstalling en die Piktoriale Beaufort-Wes, beide geleë by die Beaufort-Wes Museum, in. Bykomend hiertoe sal die Museumdienste ook 'n reisende uitstalling oor nasionale simbole op 27 April 2010 as deel van sy 2010-nalatenskapprojek bekendstel. Later vanjaar sal 'n reisende uitstalling oor medisinale plante ontwikkel word. Hierdie uitstalling sal ondersteun word deur omvattende opvoedkundige programme aangebied aan skoolgroepe wat by geaffilieerde museums besoek aflê, veral by museums soos die Montagu Museum wat oor 'n uitgebreide kruietuin beskik, sowel as die Kaapse Mediese Museum.
195
DynamicAction (12).txt
11,714
As 'n leidende departement wat maatskaplike samehorigheid betref, sal die Museumdienste en die provinsiale museums 'n aantal geleenthede op openbare vakansiedae en ander herdenkings, spesiale en geskiedkundige dae, insluitend Vryheidsdagvieringe, Internasionale Museumdag en Erfenisdag, aanbied.
195
DynamicAction (12).txt
11,715
Die Wes-Kaapse Argiewe is die oudste Argiefdienste in Suid-Afrika en is die bewaarder van Suid-Afrika se vroegste geskrewe rekords. Om te verseker dat amptelike rekords doeltreffend en doelmatig deur alle staatsorgane bestuur word, sal die Rekordsbestuurkomponent voortgaan om die implementering van goedgekeurde stelsels te monitor en te evalueer.
195
DynamicAction (12).txt
11,716
Die Argiefdienste sal steeds 'n belangrike rol speel in die elektroniese liasseringsprojek wat deel uitmaak van die modernisering wat hierdie provinsie van stapel gestuur het. 'n Hoogtepunt van hierdie jaar sal die jaarlikse Argieweweek wees. Hierdie gebeurtenis wat in Mei 2010 sal plaasvind, is daarop gemik om bewustheid te skep rondom die dienste wat deur Argiewe gelewer word. Verskeie programme soos die Genealogiese Navorsing sal tydens hierdie week by die Argiewe aangebied word.
195
DynamicAction (12).txt
11,717
Die Wes-Kaapse Biblioteekdiens, wat biblioteekdienste in vennootskap met munisipaliteite by 329 dienspunte regoor die Wes-Kaap Provinsie verskaf, sal voortgaan om toepaslike biblioteekmateriaal aan alle mense van die Wes-Kaap beskikbaar te stel. 'n Hoogtepunt vanjaar is die langverwagte oorskakeling na 'n nuwe gerekenariseerde biblioteekstelsel. Die verouderde dos-gebaseerde PALSstelsel sal deur 'n nuwe web-gebaseerde Brocade-stelsel vervang word. Die omvang van hierdie projek is enorm, aangesien meer as 6 miljoen items en alle huidige prosesse en prosedures na die nuwe stelsel toe omgeskakel sal moet word. Ons sal in Januarie 2010 regstreeks verbind wees.
195
DynamicAction (12).txt
11,718
Die landelike IKT- (Inligtings- en Kommunikasietegnologie) konnektiwiteitsprojek sal sy derde fase tydens 2010/2011 betree. Hierdie projek, wat gratis toegang tot die Internet en rekenaars aan biblioteekgebruikers by plattelandse biblioteke bied en wat uit voorwaardelike toelaes befonds word, is tot dusver baie suksesvol.
195
DynamicAction (12).txt
11,719
Biblioteekgebruik het by sentra wat regstreeks verbind is, toegeneem en hul gewildheid word bewys deur die aantal lede wat na openbare biblioteke toe stroom om van hierdie fasiliteit gebruik te maak. Ons sal die IKT na 'n verdere 20 terreine toe verhoog, wat die totale aantal aktiewe terreine na 60 toe sal vermeerder.
195
DynamicAction (12).txt
11,720
Speaker, presies elf Vrydae van vandag af, sal ons die aanvang van die grootste sportgebeurtenis wat hierdie land nog ooit aangebied het, aanskou. Die 2010 FIFA Wêreldbeker sal die aandag van die wêreld op Suid-Afrika toespits, en van meer belang op ons provinsie. My Departement het die mandaat gekry om te verseker dat 'n nalatenskap wat verder as die eenvoudige fisiese gaan, agtergelaat word.
195
DynamicAction (12).txt
11,721
Die Departement het die eerste fase van die Philippi Stadion-opgraderings volgens FIFA-standaarde voltooi. Die nalatenskap van hierdie projek is dat die Philippi- en Kosovo-gemeenskappe nou oor 'n sportfasiliteit van internasionale standaarde op hul drumpel beskik. Die projek pas goed in by die breër programme om die gebied as 'n geheel te opgradeer. Die volhoubaarheid van die projek sal afhang van die suksesvolle aanstelling van 'n huurder vir die gronde en die vermoë van daardie huurder om wedstryde en gebeurtenisse te organiseer wat opwinding en eienaarskap by die plaaslike gemeenskappe teweeg sal bring.
195
DynamicAction (12).txt
11,722
Knysna is die basiskamp vir twee van die 2010 FIFA Wêreldbekerspanne. Die Loeriepark-sportgronde is om hierdie rede tot FIFA-standaarde opgegradeer om hulle te akkommodeer. Die instandhouding van hierdie gronde sal deur die plaaslike Munisipaliteit waargeneem word en die voordele daaraan verbonde vir die plaaslike bevolking is geweldig groot.
195
DynamicAction (12).txt
11,723
Die internasionale vennootkapsooreenkoms met Nederland, naamlik die "Sterre in hul Oë" Projek het tot dusver 120 hoogsopgeleide afrigters opgelewer wat in die gemeenskappe werksaam is om te verseker dat die vaardigheid van voetbal sommige van die mees afgeleë areas in die Provinsie bereik. Die program sal voortgaan met die ondertekening van nuwe ooreenkomste wat verder as die 2010 FIFA Wêreldbeker sal strek.
195
DynamicAction (12).txt
11,724
n Wye verskeidenheid sokkerontwikkelingsprogramme, insluitend opleiding, kapasiteitsbou, straat- en speelgrondsokker asook programme wat deur ons Provinsiale Sokker Ambassadeurs gelei word, is in werking gestel in die aanloop tot die 2010 FIFA Wêreldbeker. Al die bogenoemde, met die uitsondering van die Ambassadeursprogram, sal uitbrei en voortgaan nadat die laaste fluitjie by die Wêredlbeker geblaas het en sal deur die Departement volhou word.
195
DynamicAction (12).txt
11,725
Speaker, die Departement sal vyf provinsiaalbygevoegde openbare kykersgebiede gedurende die duur van die Wêreldbeker tot stand bring. Hierdie openbare kykersgebiede, wat geleë is in elkeen van die distrikte buite Kaapstad, sal die aan mense van die Wes-Kaap die geleentheid bied om die Wêreldbeker te ondervind. Alle ekonomiese geleenthede wat met die openbare kykersgebiede geassosieer word, sal direk met die plaaslike bevolking geskakel word.
195
DynamicAction (12).txt
11,726
Bykomend hiertoe het ons ses aftelklokke aangekoop - 1 per distrik en 1 vir Kaapstad SSK. Hierdie hoë-resolusie opelugskerms sal as 'n nalatenskap vir elk van die Distriksmunisipaliteite agtergelaat word om te gebruik vir advertensies, kennisgewings, vertonings van gebeurtenisse, verkeersbeheer, ens. Opleiding om die masjinerie in stand te hou word verskaf en hierdie hulpbron sal aan die Munisipaliteite beskikbaar wees om na goeddunke te gebruik.
195
DynamicAction (12).txt
11,727
Die Departement het ook die Cape Craft and Design Institute ondersteun - 'n Provinsiaalondersteunde handwerkopleidings- en netwerk-organisasie - om 'n netwerk van handwerkers van regoor die Provinsie daartoe in staat te stel om produkte te produseer wat spesifiek ontwerp is om aan sokkertoeriste en -bewonderaars verkoop te word.
195
DynamicAction (12).txt
11,728
Binne die volgende maand sal die Departement, in samewerking met die WKOD en Die Departement van die Premier (DoDP) die "My 2010 Skoolavontuurprogram" implementeer. Hierdie projek, wat ná skoolure en op Saterdagoggende uitgevoer sal word, sluit beide 'n sokkertoernooi en 'n kultuurkompetisie in. Die pryse is ontwerp om aan skoolleerders die geleentheid te bied om "die Wêreldbeker aan te raak" deur middel van 'n sokkerkompetisie en om terselfdertyd oor verskeie deelnemende lande, hul kultuur, tradisies, ekonomie, geskiedenis, en dies meer te leer.
195
DynamicAction (12).txt
11,729
Die Departement het 99 vrywilligers vir die Konfederasiebeker opgelei en sal 'n verdere 215 vir die 2010 FIFA Wêreldbeker oplei. Ons glo dit is 'n belangrike program aangesien 'n aantal vrywilligers wat vir die Konfederasiebeker opgelei was, net ná die toernooi vaste werk gekry het. Dit is die ontwikkelingsnalatenskap wat ons tussenbeidetreding sal hê.
195
DynamicAction (12).txt
11,730
In die 2009/2010 boekjaar is die Nasionale Simbole Program, wat daarop gemik is om maatskaplike samehorigheid te skep, in ons skole regoor die provinsie geïmplementeer. Die program het daarin geslaag om aan beide leerders en opvoeders 'n nuwe begrip te gee en 'n werklike trots op ons Nasionale simbole aan te kweek. Die programme sal verder uitgebrei word met die bekendstelling van 'n Nasionale Simbole Reisende Uitstalling.
195
DynamicAction (12).txt
11,731
Speaker, aangesien die 2010 FIFA Wêreldbeker sekerlik stukrag gegee het aan die projekte waarop ek gesinspeel het, sal hierdie projekte ná 2010 voortgaan, omdat hulle só ontwerp is dat hulle naatloos in die werksprogramme van die Departement opgeneem kan word.
195
DynamicAction (12).txt
11,732
In die Departement van Kultuursake en Sport het ons die volgende Engelse stelling aangeneem, en laat my toe om dit aan te haal: "A child in court is a child out of court." (Vrye Afrikaanse vertaling: 'n Kind wat sport beoefen, is 'n kind wat nie in die hof beland nie.) Ons glo dat ons pogings in sport en ontspanning 'n ware teenvoeter is vir die maatskaplike kwessies wat ons gemeenskappe teister. Skolesport speel 'n kritieke rol om soveel as moontlik jongmense toegang tot sportgeleenthede te bied.
195
DynamicAction (12).txt
11,733
Gedurende 2010/2011 sal ons twee massadeelname-sentra of MOD-sentra in elkeen van die 49 Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Skolesport Gebiede stig, wat op 98 Skolesportgebaseerde massadeelname sentra in totaal te staan sal kom. By elkeen van hierdie 98 massadeelname sentra sal twee sportkoördineerders aangestel word.
195
DynamicAction (12).txt
11,734
Die Skolesportgebaseerde Massadeelname-Sentra sal ondersteun word deur agt skolesportgebaseerde hoëprestasiesentra, wat in elk van die agt Wes-Kaapse Onderwysdepartement- en Skolesportdistrikte gestig gaan word. Een sentrumkoördineerder en ongeveer 10 kode-afrigters sal in elkeen van hierdie sentra geplaas word.
195
DynamicAction (12).txt
11,735
Om hierdie geleenthede te gebruik om maatskaplike bewustheidsboodskappe te onderstreep (bv. anti-misdaad, antidwelms en MIV/VIGS-boodskap).
195
DynamicAction (12).txt
11,736
Die funksioneringstye van hierdie skolesportsentra sal van só 'n aard wees dat dag-tot-dag skoolopvoeding nie ontwrig sal word nie. Ons wil verseker dat ons kinders ná skool besig gehou word en daarom voorsien ons dat hierdie programme na-ure sal plaasvind.
195
DynamicAction (12).txt
11,737
Die Klubontwikkelingsprogramme bly steeds 'n ontwikkelende proses en met die samewerking van ons sleutelbelanghebbendes, naamlik die federasies, hoop ons om die voetspoor van klubontwikkeling in meer gemeenskappe te verhoog. In die lewering van volgehoue ondersteuning aan klubs, hoop ons dat dit voortgesette volhoubaarheid sal aanmoedig en nie die klubs te afhanklik sal maak van die befondsingshulpbronne wat hulle van die departement deur middel van die Sport en Ontspanning Suid-Afrika (SRSA) se voorwaardelike toelaeprogram ontvang nie.
195
DynamicAction (12).txt
11,738
Speaker, tydens die 2010/2011 boekjaar sal vier munisipaliteite finansiële ondersteuning vir die opgradering van die agt sportfasiliteite en die bou van een fasiliteit ontvang.
195
DynamicAction (12).txt
11,739
Die Riaan Loots Veldtog, wat op die bevegting van geweld in sport klemlê, sal gedurende die nuwe boekjaar op rugby, sokker en hokkie fokus. Doelgerigte bewustheidsprogramme en tussenbeidetreding sal ontwerp word om die probleem-areas binne hierdie kodes te hanteer. Die Suidwestelike Distrikte (SWD) Klubkampioenskappe is as een van die gebiede vir spesiale tussenbeidetreding geïdentifiseer en die Departement sal 'n bewustheidsprogram loods om sommige van die uitdagings van die verlede wat by hierdie kampioenskappe ondervind is, op te los.
195
DynamicAction (12).txt
11,740
Die Plaaswerkerssportprogram sal verder tydens die 2010/2011 boekjaar ondersteun word met die opgradering van 'n sportfasiliteit by Buffelsdrift in Oudtshoorn. Bykomend hiertoe sal ons ook verskeie lewensvaardigheidskursusse en 'n basiese kursus in sportadministrasie aanbied om plaaswerkers toe te rus om hul sportstrukture meer doeltreffend te bestuur. In die 2009/10 boekjaar het die Departement ook sportklere en -toerusting vir hierdie program verskaf. Ons verhouding met die Wes-Kaapse Departement van Landbou sal ook tot die ontwikkeling van nog 'n sportfasiliteit by Aan De Doorns aanleiding gee.
195
DynamicAction (12).txt
11,741
Die hoogtepunt van die plaaswerkers se sportkalender, die jaarlikse Plaaswerkerssportdag, sal op 1 Mei 2010 in Worcester gehou word. Die Siyagdladla Massa Deelname Program het aan baie van ons jongmense toegang tot ontspanningsaktiwiteite soos inheemse speletjies, sowel as straatsokker, mini-krieket, mini-netbal, en mini-vlugbal gebied.
195
DynamicAction (12).txt
11,742
Die Massadeelnameprogram word aangevoor deur die 45 versamelpunte wat regoor die Provinsie versprei word. Die koördineerders wat by hierdie versamelpunte gestasioneer is, sal voortgaan om te verseker dat massadeelname, talent-identifisering en ontwikkeling binne hul gespesifiseerde versamelpunte plaasvind. Die hoogtepunte van die program sal die Winterspele en Inheemse Speletjies gedurende die Junie/Julievakansie wees, sowel as die Somerspele wat gedurende die vakansie in Desember gaan plaasvind.
195
DynamicAction (12).txt
11,743
Ons verhouding met die Wes-Kaapse Sportakademie sal verder in hierdie jaar verstewig word met die stigting van twee satelliet sportakademies: Een sal in Oudtshoorn en die ander een in Saldanhabaai geopen word.
195
DynamicAction (12).txt
11,744
Ten slotte, Mnr die Speaker, sport en kultuur dien sonder twyfel as 'n fondament wat kinders, moeders en vaders, gemeenskappe en die samelewing vanuit diverse agtergronde rondom 'n gemene belangstelling saamsnoer en byeenbring.
195
DynamicAction (12).txt
11,745
Dit verseker dat hulle 'n sin van gekoesterdheid, van samesyn, het. Dit beskik oor die potensiaal om die vervreemde jeug weer na die hoofstroomsamelewing terug te bring en om hulle te laat voel dat hulle aanvaar word. As 'n samelewing is ons al deur 16 jaar van demokrasie, maar kulturele versoening is steeds iets wat ontbreek. Sonder om aan ander kulture, gelowe en gebruike blootgestel te word en sonder om 'n wedersydse respek vir hul waardes te ontwikkel, sal ons as 'n samelewing nooit werklik versoen kan word nie.
195
DynamicAction (12).txt
11,746
Speaker, ons moet verseker dat, alhoewel ons in wese verskillend is, ons as 'n nasie bymekaarstaan in ons gedeelde menslikheid en inderdaad 'n maatskaplik samehorige Wes-Kaap moet bou.
196
DynamicAction (13).txt
11,748
Landbou is onlosmaaklik deel van my wese. Ek is 'n boer. Ek is ook iemand wat moet eet, en met hierdie eenvoudige stelling, is landbou skielik onlosmaaklik deel van ons almal se lewens. Landbou is dikwels in die verlede as die swartskaap behandel. Maar die realiteit is dat landbou die hart van hierdie provinsie is en dat dié sektor aan duisende mense voedselsekuriteit en werksgeleenthede verskaf.
196
DynamicAction (13).txt
11,749
Laat my toe om u te herinner aan die uitgestrekte deel van die land waarin ons bevoorreg is om te lewe. Al is die Wes-Kaap maar een van nege provinsies, is ons verantwoordelik vir 20.8 persent van die waarde van die totale landbouproduksie van Suid Afrika. Die wynindustrie, waarvan 90 persent van die geldwaarde in die Wes-Kaap gesetel is, is tans die grootste verdiener van buitelandse valuta in die Suid Afrikaanse landbousektor. Die wynuitvoerindustrie het gegroei vanaf 21 miljoen liter in 1992 tot 312 miljoen liter in 2007.
196
DynamicAction (13).txt
11,750
Dit is verblydend om ook uitstekende groeisyfers in sekere sektore waar te neem. Gemeet aan groei vanaf 1992 tot 2006 kan die volgende gesien word: Die sitrusuitvoerindustrie groei vanaf R21 miljoen tot R2,5 miljoen. Druiwe-uitvoere groei vanaf R636 miljoen tot R1,796 miljoen. Appel- en peeruitvoere groei vanaf R6,54 miljoen tot R1,364 miljoen.
196
DynamicAction (13).txt
11,751
Die impak van landbou-uitvoere is onlangs deur die Department van Landbou nagevors. Daar is gevind dat indien uitvoere met so min as vyf persent gestimuleer word, dit 'n addisionele inspuiting in die ekonomie van die provinsie sal gee van R432 miljoen - dink net aan die impak op werkskepping! Positiewe uitvoergroei in sitrus, bier en wyn, druiwe, appels, pere en ingemaakte vrugte wys dat die Wes-Kaapse landbousektor internasionaal kan meeding. Ons moet dit koester en uitbou.
196
DynamicAction (13).txt
11,752
In hierdie begroting is daar R113,844 miljoen, of ongeveer 25 persent van die totale begroting, voorsiening vir die ondersteuning van gevestigde nuwe boere. Wanneer ek praat van geleenthede vir nuwe boere dan dink u dalk onvermydelik aan eienaarskap van grond. Maar eienaarskap alleen beteken niks wanneer daardie grond nie produktief geboer word nie.
196
DynamicAction (13).txt
11,753
Ek het 10 jaar gelede begin om die nuwe toetreders toe te rus met die nodige vaardighede, kennis en selfs toerusting. Ons sal voortgaan om hierdie diens te lewer aan elke nuwe boer wat die geleentheid gegun word om te boer. Maar dit moet ook ons prioriteit wees om die bestaande boere te help om produksie te laat groei, sodat hulle winsgewend kan bly.
196
DynamicAction (13).txt
11,754
Nuwe of opkomende boere kan tog nie vir altyd nuut en opkomend bly nie; vir hul menswaardigheid , hul finansiële welvaart en vir die groei van die sektor, het ons nodig om hulle te help op die pad na volwaardige kommersiële boerderye.
196
DynamicAction (13).txt
11,755
Soos in die jare toe landbou nog maar 'n jong bedryf was en boere die raad en bystand van voorligters broodnodig gehad het, so ook het die provinsie se opkomende boere die departement vandag nodig. Spesiale aandag sal gegee word aan die aanvul van die departement se klein voorligterspan na 119 bekwame en toepaslik opgeleide beamptes oor die volgende drie tot vier jaar.
196
DynamicAction (13).txt
11,756
Premier Zille het genoem dat ons maniere moet vind om entrepreneurskap aan te wakker sodat mense geleenthede kan raaksien en aangryp, eerder as om in 'n gees van afhanklikheid voort te leef. Hierdie is een van die standpunte waaroor die nuwe regering sterk voel: geen inwoner behoort maar net vir ewig tevrede te wees met aalmoese van die regering nie.
196
DynamicAction (13).txt
11,757
Die regering moet hulle help om hul individuele talente en vaardighede te ontwikkel en aan te wend en so hul drome na te jaag en vir hul families te kan sorg. Ook in landbou is dit die geval: ek sien gevaarligte wanneer 'n persoon sonder 'n werk of heenkome bloot aanmeld vir 'n grondhervormingstoekenning (grant) sonder 'n werklike besef van wat dit behels om in die landbou betrokke te wees.
196
DynamicAction (13).txt
11,758
Ek wil graag saam met Minister Joemat-Pettersson die provinsie se kommersiële boere van ons hernude ondersteuning verseker. Julle speel 'n onontbeerlike rol in die ekonomiese groei van hierdie vrugbare provinsie. Dit is julle wat oor die vermoë beskik om winsgewend te produseer ten spyte van grootskaalse druk. Dit is julle wat steeds mense in diens neem. Dit is julle wat topgehalte produkte produseer en uitvoer. En julle doen dit alles in die moeilike ekonomiese klimaat wat tans wêreldwyd heers.
196
DynamicAction (13).txt
11,759
In 2001 maak Professor Nick Vink van die Universiteit van Stellenbosch 'n belangrike punt wanneer hy sê dat kommersiele boere nie noodwendig suksesvol sal wees as die nodige infrastruktuur, soos verskaf deur die staat, nie teenwoordig is nie. Maar sonder hierdie infrastruktuur is dit onmoontlik om kommersieel te boer. Ek herinner u daaraan dat Premier Zille in haar toespraak beloof het dat die Wes-Kaapse regering landelike infrastruktuur en dienste sal verbeter. Dit sal ook lei tot die voortbestaan van kommersiele landbou.
196
DynamicAction (13).txt
11,760
Ek het vroeër vlugtig verwys na die belangrikheid van landbou-uitvoere: gelukkig is ons 'n kusprovinsie en het ons 'n geografiese voorsprong bo die binneland as dit kom by internasionale handel. Buitelandse beleggers is nie die vyand van die werkers nie. Beleggers skep geleenthede vir werkers om hulself te verbeter en te groei sovêr hul persoonlike ambisie strek. Deur landbou winsgewend te maak, sal dit ook aantreklik raak vir beleggers, en sodoende kan verdere groei gestimuleer word in die sektor.
196
DynamicAction (13).txt
11,761
In hierdie nuwe regering se voorgestelde oop gemeenskap waar die skep van geleenthede voorrang geniet, is die idee juis dat die internasionale verhoog op verskeie maniere gebruik moet word om die inwoners van die provinsie se belange te bevorder en nuwe geleenthede te skep.
196
DynamicAction (13).txt
11,762
Landbou-uitvoere speel hier 'n beduidende rol en die departement onderneem om kommersiële sowel as opkomende boere by te staan in die verkryging van marktoegang (plaaslik, nasionaal en internasionaal). Ons onderneem om voortdurend 'n voorspraak rol te speel in terme van internasionale handelskwessies. Ons kan gerus verder voelers uitsteek na moontlike handelsgeleenthede in Afrika, Amerika, en markte soos Indie en China in die Ooste.
196
DynamicAction (13).txt
11,763
Die landbousektor het in die laaste paar jaar intensief aandag geskenk aan die ondersteuning van opkomende boere. Dit het egter die gevaar laat ontstaan dat navorsing en tegnologie aan die agterste speen van die begroting begin suig het.
196
DynamicAction (13).txt
11,764
Die huidige begroting maak R63,653 miljoen voorsiening vir navorsing. Dit is egter slegs 16 persent van die totale begroting. Ek dink hierdie bedrag moet groter wees. Dit is juis wanneer innovasie, hernuwing en 'n aktiewe nastreef na uitnemendheid sentraal tot 'n regering se doen en late staan, dat dinge gebeur!
196
DynamicAction (13).txt
11,765
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou beskik oor een van die sterkste span kundiges in die land. Ons het sewe goed toegeruste navorsingsentra om die onderskeie streke met hul verskillende klimaatstoestande te bedien. Ons spog met 11 kuddes wat nasionaal erken word. Hoog op ons prioriteitslys is uitgebreide navorsing gefokus op die volstruis-, suiwel- en skaapbedrywe asook plantnavorsing op veral kleingrane en sogenaamde niche produkte.
196
DynamicAction (13).txt
11,766
Waterskaarste en aardverwarming is daadwerklike bedreigings vir die provinsie, en veral vir landbou. Ons moet pro-aktief werk aan alternatiewe om 'n volhoubare sektor te verseker.
196
DynamicAction (13).txt
11,767
Die departement begroot R47,7 miljoen vir opleiding in die huidige begrotingsjaar. Dit sluit ons kollege-, voortgesette onderwys-, en interne personeelopleiding in. Landbou benodig dringend talent om die uitdagings wat voedselproduksie in die oë staar aan te pak.
196
DynamicAction (13).txt
11,768
Landelike ontwikkeling is ook deel van my verantwoordelikheid. Mense in ons landelike areas word veral swaar getref deur stygende voedselpryse en die huidige moeilike ekonomiese tyd waarin ons leef. Sommige basiese voedselsoorte se pryse het dramaties gestyg. Dit is ironies dat landelike verbruikers gemiddeld R1,04 meer per gemoniteerde kositem betaal as die verbruiker in die stad.
196
DynamicAction (13).txt
11,769
Daar is gebiede in die provinsie waar landbou tot 80 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) bydra. Landbou sal dus 'n belangrike rol moet speel in die stimulasie van ons landelike areas. Landbou kan die tipe besighede nader lok wat sosiale voordele vir daardie gemeenskappe kan inhou. Die Wes-Kaapse regering voorsien 'n provinsie waar landelike hongersnood en armoede teen 2020 gehalveer is, 'n platteland wat werkloosheid nek omgedraai het en waar volhoubare boerderypraktyke toegepas word.
196
DynamicAction (13).txt
11,770
My departement kan nie alleen hierdie visie verwesenlik nie. Alle provinsiale departemente van hierdie regering sal hul kant moet bring. Ons moet verseker dat publieke dienslewering soos skole, hospitale, veiligheidsdienste, en alle nodige infrastruktuur in stand gehou word. Mense moet trots wees om op die Wes-Kaap se platteland te woon. Dit moenie 'n plek van mistroostigheid en frustrasie wees nie.
196
DynamicAction (13).txt
11,771
Ek weet dat daar al baie oor landelike ontwikkeling gesê is in die verlede. Maar ons moet nou ophou om net te praat en daadwerklik aan die gang kom. Die nuwe regering kyk na spesiale ekonomiese areas waar beleggers belastingsvakansies en ander voordele kan geniet. Werklose mense moet opleiding ontvang wat hulle beter kanse in die arbeidsmark sal gee. Familiewaardes moet weer aandag geniet sodat sosiale probleme wat tans sommige gemeenskappe lamlê, aangespreek kan word.
196
DynamicAction (13).txt
11,772
Dankie aan my voorganger, Cobus Dowry. Hy het 'n konkrete bydrae tot landbou gemaak gedurende sy ampstermyn. Ek glo dat hy egter nog baie meer vir landbou sou kon doen as sy party hom toegelaat het om op landbou te fokus instede van politiek wat nie die sektor gedien het nie. Dankie aan u almal wat moeite gedoen het om te kom. Dankie vir u belangstelling en ondersteuning.
196
DynamicAction (13).txt
11,773
Dankie aan my kantoorpersoneel, en laaste, maar nie die minste nie, my vrou Christa. Dankie vir jou ondersteuning. Dankie aan my hemelse Vader. Saam met so baie landbouers kyk ons op na bo, want dit is waar ons hulp en krag vind.
196
DynamicAction (13).txt
11,774
Net soos landbou die slagaar van hierdie provinsie is, so ervaar ons ook landboubloed deur ons are. En ja, dit is 'n sektor wat gereeld sterk emosie uitlok. En dit is 'n sektor met hoë risiko's en dikwels klein winsmarges. En tog is daar mense wat hulle geen ander loopbaan of toekoms kan voorstel nie. Laat ons dankbaar wees vir hierdie mense se toewyding en uithouvermoë wanneer slegte publisiteit, of moordende weersomstandighede of lae voedselpryse hulle op hul knieë wil dwing. Laat ons almal wat in die sektor werksaam is, positief praat en handel om die beeld van die sektor te verbeter. Mag die verbruiker en publiek aan u die dankbaarheid bewys en die erkenning gee wat u elke dag verdien.
196
DynamicAction (13).txt
11,775
Ketel en kaggel brons geskuur.
196
DynamicAction (13).txt
11,776
My swart haan roep die dagbreek rooi.
197
DynamicAction (2).txt
11,778
Laat ek vandag vir julle groet, ter nagedagtenis aan 'n ikoon wat ons hartsnare aangeraak het met sy stem en sy musiek.
197
DynamicAction (2).txt
11,779
Maar Michael Joseph Jackson was meer as net dit. Hy was 'n man wat uithouvermoë geken het, en sy drome gevolg het.
197
DynamicAction (2).txt
11,780
Dit is my boodskap aan ons mense hier vandag veral ons jeug - volg julle drome en soos Michael, moet nie toelaat dat mense julle op jul reis onderkry nie.
197
DynamicAction (2).txt
11,781
Hierdie was 'n man wat 'n talent gehad het, en dit gebruik het. In die Wes-Kaap is die talent volop en dis ons plig om hierdie talent te versorg.
197
DynamicAction (2).txt
11,782
Die Departement van Kultuursake, Sport en Ontspanning wil hierdie talent help groei en aan ons mense bekend maak. Ons mandaat is om te verseker dat julle ook, soos Michael, nuwe hoogtes kan bereik.
197
DynamicAction (2).txt
11,783
Ons neem vandag afskeid van 'n man by wie se musiek ons inspirasie kon vind, wat vir baie van ons op tye van troos was, sowel as genot. Hierdie man se musiek was daar om ons te adviseer in moeilike tye.
197
DynamicAction (2).txt
11,784
Ek gun hom vandag die swaarverdiende rus, die digter se pen sal nooit meer verse skryf nie, die skilder se kwas sal nie meer verf nie, die toon van sy stem sal nooit meer in gelid weergalm nie, maar sy musiek sal voort bly leef.
197
DynamicAction (2).txt
11,785
Laat ons vandag weer die les van aanhouer wen leer. As julle, ons kinders drome het, moet julle dit nie laat vaar nie, maar dit laat floreer, om te verseker dat julle die lewe lei wat julle wil lei.
197
DynamicAction (2).txt
11,786
Ek dank u.
198
DynamicAction (4).txt
11,788
Dit is vir my 'n besonderse voorreg om namens Adv. Lennit Max, die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, hierdie boodskap te bring.
198
DynamicAction (4).txt
11,789
Die minister is gevra om oor Misdaad- en dwelmprobleem in die Wes-Kaap asook oor die maatreëls om misdaad te bekamp.
198
DynamicAction (4).txt
11,790
Hierdie is dalk 'n somber tema en veral om dit op 'n jaareind-funksie te bespreek, maar ek is oortuig dat dit een van die vele onderwerpe waaroor u en u gesin, behalwe die rugby, die afgelope jaar die meeste aan die Sondag etenstafel bespreek het.
198
DynamicAction (4).txt
11,791
Ek wil vir u daardie donker kant van misdaad kortliks skets, maar daarna wil ek eerder fokus op die meer positiewe sy van misdaadbekamping. Ek hoop om daarmee vir u te wys dat daar tog 'n lig aan die einde van 'n soms baie donker tonnel skyn.
198
DynamicAction (4).txt
11,792
Indien ons net na die Wes-Kaap se misdaadstatistieke kyk, skets dit 'n baie somber prent. Baie van u se verwysingsraamwerke strek jare terug en met u intelligensiedienste-agtergrond in ag genome kan ook u met outoriteit 'n betroubare prentjie van die bedreiging van misdaad vir ons land gee.
198
DynamicAction (4).txt
11,793
Die Wes-Kaap se moordsyfer (gemidddeld 2 200 per jaar) is die vierde hoogste in die land.
198
DynamicAction (4).txt
11,794
Uit 'n nasionale totaal van 117 172 dwelmverwante sake, het die Wes-Kaap die hoogste syfer, 52 781.
198
DynamicAction (4).txt
11,795
Die grootste persentasie van dwelmverwante oortreders en kriminele in die Wes-Kaap is mans.
198
DynamicAction (4).txt
11,796
Daarby, word klagtes dat misdaadstatistieke by verskeie polisiestasies in die Wes-Kaap gemanipuleer is, nog deur die Onafhanklike Klagte-direktoraat ondersoek.
198
DynamicAction (4).txt
11,797
U sal saamstem met my dat hierdie beslis kommewekkende statistieke is. Ons is tans binne in die periode van die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders waar ons as land daarop gewys word dat veral mans ons vroue en kinders toenemend bedreig.
198
DynamicAction (4).txt
11,798
Die Departement Gemeenskapsveiligheid sit beslis nie terug wanneer dit by die bekamping van misdaad kom nie.