document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,569
Is die aangewese gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers voltydse werkers en weet hulle wat die omstandighede en vereistes is van die werkplek waarvoor hulle aangewys is?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,570
Word al die aktiwiteite betreffende die aanwysing, werksaamhede en opleiding van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in gewone werkure uitgevoer?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,571
Is al die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers skriftelik aangewys?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,572
gesondheids- en veiligheidsoudits te doen?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,573
potensiële gevare te identifiseer?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,574
ongelukke/voorvalle te ondersoek?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,575
aanbevelings betreffende gesondheid en veiligheid te doen?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,576
inspeksies uit te voer?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,577
vergaderings van die gesondheids- en veiligheidskomitee by te woon?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,578
Is daar minstens een gesondheids- en veiligheidskomitee werksaam vir elke werkplek waar die werkgewer twee of meer gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers moes aanwys?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,579
Vergader soos nodig maar minstens driemaandeliks?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,580
Doen aanbevelings aan die werkgewer oor sake rakende gesondheid en veiligheid?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,581
Hou rekord van alle aanbevelings wat gedoen is?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,582
Elke gesondheids- en veiligheidsverteenwoordiger is 'n lid van minstens een Komitee?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,583
Die getal mense wat deur die werkgewer benoem is om op 'n Komitee te dien, oorskry nie die getal gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers wat op dieselfde Komitee dien nie?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,584
Die Komitee bepaal die verrigtinge, tyd en plek van die vergaderings?
168
DOL. HealthAndSafetyRepresentatives.2011-01-10.af.txt
10,585
Die voorsitter is deur die Komitee verkies?
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,587
Die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) omskryf welvoeglike werk as produktiewe werk onderworpe aan voorwaardes van vryheid, gelykheid, sekuriteit en waardigheid, waarbinne die regte van werkers beskerm word en voldoende besoldiging en maatskaplike beskerming voorsien word.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,588
Welvoeglike werk reflekteer die aspirasies van mans en vrouens oral, om produktiewe werk te bekom in omstandighede van vryheid, gelykheid, veiligheid en menswaardigheid. Dit behels respek vir basiese regte, toegang tot indiensneming, veilige en gesonde werksomstandighede, en maatskaplike veiligheid.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,589
In elk van hierdie areas ondervind mense regdeur die wêreld tekortkominge, gapings en uitsluiting in die vorm van werkloosheid en onder indiensneming, swak gehalte en onproduktiewe werk, onveilige werk en wankelrige inkomste, regte wat ontken word, geslagsongelykheid, trekarbeiders wat uitgebuit word, gebrek aan verteenwoordiging en seggenskap, en onvoldoende beskerming en eensgesindheid in die lig van siektes, ongbevoegdhede en ouderdom.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,590
Drieledige benadering en sosiale dialoog.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,591
Welvoeglike werk word bevorder deur indiensneming, sosiale beskerming, standaarde en fundamentele beginsels en regte in die werkplek, en sosiale dialoog.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,592
Welvoeglike werk lewer nie net 'n belangrike bydrae tot volhoubare ontwikkleing nie, maar is 'n fundamentele dimensie van gehalte van lewe.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,593
Deur die bekragtiging van die IAO Konvensie Nr.182, het Suid Afrika homself verbind om daadwerkilke stappe en optrede te neem in die bekamping en vermindering van die ergste vorme van kinderarbeid.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,594
Suid-Afrika staar snel veranderende bewegings van arbeid migrasie in die gesig. Trekarbeiders is steeds onderworpe aan strawwe vorme van uitbuiting in die werwing en indiensnemingsproses, gedwonge arbeid, sub-standaard behuising, uitsluiting van sosiale beskerming en die ontneming van talle basiese menseregte.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,595
Ons moet beleide formuleer, wetgewing opstel of versterk, administratiewe maatstawwe, strukture en praktyke vir doeltreffende beheer van arbeidstoestroming.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,596
Dit sluit alle soorte onderhandelings in, konsultasie of eenvoudig die uitruil van inligting tussen of onder regeringsverteenwoordigers, werkgewers en werkers oor sake van gemeenskaplike belang wat verband hou met ekonomiese en sosiale beleid. Dit kan bestaan as 'n drieledige proses met die regering as 'n amptelike party tydens die dialoog of dit mag bestaan uit slegs tweeledige verhoudings tussen arbeid en bestuur (of vakverbonde en werkgewersverenigings) met of sonder direkte betrokkenheid van die Staat. Konsultasie kan informeel of geïnstitusionaliseerd wees en dit is dikwels 'n kombinasie van beide. Dit kan geskied op nasionale, streeks of op ondernemingsvlak. Dit kan inter-professioneel, sektoraal of 'n kombinasie daarvan wees.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,597
Die hoofdoel van sosiale dialoog opsigself is om die bou van verhoudings, ooreenkomste en demokratiese betrokkenheid onder die hoofaandeelhouers in die omgewing van die werkplek te bevorder.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,598
Suksesvolle sosiale dialoog strukture en prosesse het die potensiaal om belangrike ekonomiese en sosiale aangeleenthede op te los, goeie bestuur aan te moedig, sosiale en industriële vrede en stabiliteit te bevorder en die versterking van ekonomiese groei.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,599
Onderwys en opleiding is die reg van almal. Beroepsopleiding is 'n ekonomiese instrument wat deel is van indiensnemingsbeleid en van die produktiwiteit en mededingende strategieë van ondernemings. In sodanige opsig is opleiding 'n belangrike aspek vir die regering en werkgewers. Die reg op beroepsopleiding dra nie slegs by tot die vorming van welvoeglike werk nie, maar dit is opvoedkundig, 'n formatiewe element vir die verryking, selfverwesenliking en ontwikkeling van die individu en vervolgens die samelewing as geheel.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,600
Dit is nie meer moontlik om hoë vlakke van produktiwiteit , mededinging en kwaliteit te behaal met 'n benadering van beperkte en ingeperkte opleiding nie. Die mededingende voordeel van 'n gekwalifiseerde werksmag hang ook af van die land se bevoegdheid om die mense wat opgelei is te behou en aan hulle voldoende indiensneming in produktiewe aktiwiteite te gee anders sal die poging wat geneem was nutteloos en frustrerend wees.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,601
Opleiding is noodsaaklik, maar vir sodanige belegging om ekonomies winsgewend te wees moet welvoeglike werk verskaf word. Beroepsopleiding bevorder ook die bereiking van die doelwitte van welvoeglike werk. Bevordering van geslagsgelykheid by die werk kan gelykgestel word met opleidingsaksies wat fokus op indiensneming van vrouens, sodat hulle ook toegang het tot welvoeglike werk.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,602
Ter opsomming word die doelwit van welvoeglike werk die beste uitgedruk deur die oë van mense. Dit handel oor ons werk en toekomstige vooruitsigte; ons werksomstandighede; balansering van werk en gesinslewe; kinders deur die skool te kry of uit kinderarbeid. Dit handel oor geslagsgelykheid, gelyke erkenning en die geleentheid aan vrouens om keuses uit te oefen en beheer oor hul lewens te neem. Dit handel oor ons persoonlike vermoëns om mededingend in die markplek te bly, volhouding met nuwe tegnologiese vaardighede en om gesond te bly.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,603
Dit handel oor die ontwikkeling van ondernemingsvaardighede, om 'n regverdige deel te ontvang van die welvaart wat jy gehelp skep het en nie teen gediskrimineer word nie; om seggenskap in ons werkplek en gemeenskappe te hê. In die mees uitsonderlike gevalle is dit om te beweeg vanaf bestaan tot lewensbestaan. Vir baie is dit die primêre weg vanuit armoede. Vir baie meer is dit die realisering van persoonlike aspirasies in hul daaglikse bestaan en eensgesindheid met ander. Vir almal en orais welvoeglike werk gemik op die versekering van menswaardigheid.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,604
Wet Nr. 85 van 1993 op Beroepsgesondheid en Veiligheid verseker dat veilige werk deur verskillende bepalings voorsien word.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,605
Tydens die duur van die werker se indiensneming moet hy/sy nie blootgestel word aan enige risiko's nie. Die Wet strek sover deur te stipuleer dat: Elke werkgewer moet verskaf en handhaaf so ver as wat dit redelik uitvoerbaar is 'n werksomgewing wat veilig is en sonder risiko's van die gesondheid vir hom/haar werkers.'Die werkgewer is dus wettig verbind om hom/haar werkers van veilige werksomstandighede te voorsien.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,606
Sonder inkorting van die algemene pligte van 'n werker ingevolge subartikel (1) sluit aspekte waarna sodanige pligte verwys spesifiek die volgende verpligtinge in.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,607
Voorsien en handhaaf werksisteme, plant en masjinerie wat redelik uitvoerbaar is, veilig en sonder gesondheidsrisiko's.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,608
Stappe te neem wat redelik uitvoerbaar is om enige risiko of potensiële risiko uit te skakel of verminder in die veiligheid en gesondheid van werkers voordat daar op persoonlike beskermingstoerusting besluit word.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,609
Voorsorgmaatreëls in sover redelik uitvoerbaar is tref wat die veiligheid en afwesigheid van risiko's aan gesondheid verseker met betrekking tot die produksie , prossessering, gebruik, hantering, opberging of vervoer van artikels of stowwe.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,610
Bepaal sover as wat redelik uitvoerbaar is watter risiko's bestaan vir die gesondheid en veiligheid van mense verbind aan enige werk wat verrig word, enige voorwerp of stowwe wat vervaardig, geprosesseer, gebruik, hanteer, geberg of vervoer word en enige plant of masjinerie wat in die besigheid gebruik word en hy/sy sal sover redelik uitvoerbaar bepaal watter voorsorgmaatreëls getref moet word met betrekking tot sodanige werk, artikels, stowwe, plant of masjinerie ten einde die gesondheid en veiligheid van mense te beskerm en hy/sy sal die nodige maatstawwe instel om sodanige voorsorgmaatreëls toe te pas.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,611
Om sover as wat moontlik uitvoerbaar is die nodige inligting, instruksies, opleiding en toesighouding te verskaf wat nodig is vir die gesondheid en veiligheid van werkers in die werkplek.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,612
Sover as moontlik nie enige werkers toe te laat om enige werk te doen of om enige artikel of stowwe te vervaardig, prossesseer, gebruik, hanteer, berg of vervoer of om enige plant om masjinerie te laat hanteer, tensy die voorsorgmaatreëls ingevolge paragrawwe (b) en (d), of enige ander voorsorgmaatreëls wat voorgeskryf mag word geneem is nie.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,613
Neem alle nodige maatreëls om te verseker dat die vereistes van hierdie Wet nagekom word deur elke persoon in hom/haar diens of op die perseël onder hom/haar beheer waar plante of masjinerie gebruik word.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,614
Verseker dat sodanige maatreëls afgedwing word in die bevordering van gesondheid en veiligheid.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,615
Verseker dat werk gelewer word en dat plant en masjinerie gebruik word onder die algemene toesighouding van 'n opgeleide persoon ten einde die risiko's daaraan verbonde te verstaan en wat die magtiging het om te verseker dat voorsorgmaatreëls wat geneem word deur die werkgewer toegepas word.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,616
Toesien dat alle werkers ingelig is rakende die omvang van hulle gesag ingevolge artikel 37(1)(b) van hierdie Wet.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,617
Enige wetmatige opdrag toevertrou aan hom/haar uitvoer en die gesondheid- en veiligheidsreëls en prosedure gehoorsaam soos neergelê deur hom/haar werkgewer of deur enige gemagtigde in die belang van gesondheid of veiligheid.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,618
Indien enige situasie wat onveilig of ongesond is onder hom/haar aandag kom moet sodanige situasie sover moontlik aan hom/haar werkgewer gerapporteer word of aan die gesondheids en veiligheidsverteenwoordiger van hom/haar werkplek of afdeling daarvan in welke geval ookal wat dit dan aan die werkgewer moet rapporteer.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,619
Indien hy/sy betrokke is by enige insident wat hom/haar gesondheid mag affekteer of wat 'n besering aan hom/haar mag veroorsaak moet sodanige insident so gou as moontlik aan hom/haar werkgewer gerapporteer word of aan enige persoon deur die werkgewer gemagtig of aan hom/haar gesondheids en veiligheidsverteenwoordiger, maar nie later as die einde van sodanige skof waartydens die insident plaasgevind het nie, tensy die omstandighede van so 'n aard was dat die aanmelding van die insident nie moontlik was nie, waarvolgens hy/sy die insident so gou as moontlik daarna moet aanmeld..
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,620
MIV en VIGS is een van die ernstigste uitdagings wat Suid- Afrika as 'n land in die gesig staar. Dit bedreig die lewe van individuele werkers en werkgewers met noemenswaardige gevolge vir werkplekke en affekteer die ekonomie geleidelik.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,621
Die gevolge van MIV en VIGS sluit onder andere in, verlies van produktiwiteit, verhoogde koste van werkersvoordele, hoê produksiekoste en 'n lae moraal in die werkplek as gevolg van verlengde siekte van personeel, verhoogde afwesigheid en die tempo van sterftes. Dit het inteendeel 'n negatiewe impak op die land se ekonomie, omdat dit ekonomiese groei vertraag omdat daar minder ekonomiese aktiewe mense is om tot die ekonomie by te dra.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,622
Die stigma wat kleef aan mense wat met MIV en VIGS lewe het gelei tot ongewone stresvlakke, mense wat selfmoord pleeg, kranksinnigheid en sterftesyfers as gevolg van depressie en die vrees om met die virus gekonfronteer te word. Die stigma en diskriminasie gemik teen die werkers met ware en veronderstelde MIV en VIGS statusse, het dikwels gelei tot die onwettige ontslag van werkers.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,623
Die Wet soos gestipuleer in die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) verbied die ontslag van werkers op grond van 'n werkers se MIV en HIV status. Die Wet verbied ook die toetsing van werkers sonder vooraf bemagtiging deur die Arbeidshof.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,624
Die regering het gevolglik sy omvattende program in die bekamping van MIV en VIGS in samewerking met vennootskappe in alle sektore van die samelewing versterk, deur 'n Praktyk Kode in te stel om strategieë te voorsien om die impak van die epidemie te verminder en deur die ontwikkeling van beleide en prosedure om MIV en VIGS in die werkplek te beheer.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,625
Die Tegniese Bystand Riglyne (TBR) was ontwikkel oor sleutelaspekte van MIV en Vigs en indiensneming en het ten doel om te help met die uitvoerbare implementering van die WGI en die Kode.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,626
Ontslag en griewe.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,627
Programme vir infeksie beheer.
169
DOL. MyLifeMyWorkMySafeWork.2011-01-10.af.txt
10,628
Die uitdaging van die epidemie is groot en vereis toegewydheid van alle geïnfekteerdes en geaffekteerdes. Elke persoon is of geïnfekteer of geaffekteer in die sin dat die uitwerking van die plaag alle burgers van ons land en die wêreld affekteer. Goeie talente en eindelose ervaring gaan verlore as gevolg van sterftes wat die gevolg is van MIV en VIGS. Die stryd kan gewen word indien elke persoon die oorlog hul eie uitdaging maak.
170
DOL. OhsAccord.2010-11-30.af.txt
10,630
Die uitskakeling van ongelukke/voorvalle en noodlottige ongelukke in die werkplek.
170
DOL. OhsAccord.2010-11-30.af.txt
10,631
Ons verwelkom die maatreëls vervat in die IAO-konvensies 155 en 176.
170
DOL. OhsAccord.2010-11-30.af.txt
10,632
veiligheid te skep.
170
DOL. OhsAccord.2010-11-30.af.txt
10,633
Ons verbind ons verder daartoe om ten opsigte van beroepsgesondheid en veiligheid opbouend saam te werk.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,635
Ongelukke, beserings en siekte kan lewens verwoes en besighede vernietig. Oplossings is dikwels eenvoudig en goedkoop, en die beste mense om plase veilig te maak is boere en hulle plaaswerkers. Gesondheid en veiligheid is 'n fundamentele vereiste vir 'n volhoubare boerderyonderneming. Die regering se pogings alleen sal nie die landbousektor veiliger en gesonder maak nie, maar dit is vir elkeen in landbou en die groter voedselketting om hulle deel te doen.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,636
Elke jaar sterf mense weens landbou- en bosbouwerksaamhede. Talle is ernstig beseer en het by hulle werk siek geword.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,637
● Administrasiekoste - ondersoek na die voorval, herstelwerk, ens.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,638
● Versekeringskoste, regskoste en negatiewe publisiteit.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,639
Al hierdie koste kan voorkom word, wat sodoende kan lei tot verhoogde wins. Hierdie pamflet het derhalwe ten doel om inligting te verskaf wat werkgewers en werkers in die landbou en bosbou sal help om gesondheid en veiligheid te bevorder en gesondheidsrisiko's te vermy wat gepaard gaan met werk in hulle sektor. Hierdie pamflet dek nie die wetlike vereistes in die bedryf nie. Daardie inligting kan verkry word van die webwerf: www.labour.gov.za.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,640
Die bestuur van die gesondheid en veiligheid van werkers is dieselfde as die bestuur van stelsels om te verseker dat oeste en diere gesond gehou word, optimaal produseer en jou in staat stel om in besigheid te bly. Werkers moet gesond en veilig bly om doeltreffend te werk en altyd by die werk teenwoordig te wees.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,641
Alle organisasies het 'n beleid nodig om hul aksieplan oor gesondheid en veiligheid uiteen te sit ten einde tot beter standaarde in die werkplek te lei.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,642
Dit moet skriftelik wees, goed opgestel en gebaseer wees op verbintenis op senior bestuursvlak.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,643
● Jou algemene doelwitte vir jou werkers se gesondheid en veiligheid uiteensit.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,644
● Periodiek hersien word en aangepas word as jou organisasie verander of nuwe gevare ontstaan.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,645
Identifisering van gevare en die bepaling van die risiko's wat hulle skep, is noodsaaklik. Tensy jy weet watter gevare op jou perseel bestaan, en die grootte van die risiko wat hulle inhou, sal jy nie kan weet of hulle beheer moet word nie of hoe om dit te doen nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,646
Riskikobepaling is om sorgvuldig te kyk wat daar in jou besigheid is wat moontlik skadelik kan wees vir mense, sodat jy kan opweeg of jy genoeg voorsorgmaatreëls getref het of nog verdere maatreëls moet tref. Sodra jy die risikovlak bepaal het, sal jy die nodige voorkomende en beskermingsmaatreëls in plek moet kry.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,647
Daar is talle adviesbronne vir gevestigde goeie praktyk wat nuttig sal wees wanneer jy jou risikobepaling doen, maar jy kan hierdie eenvoudige proses bestaande uit vyf stappe gebruik om jou te help.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,648
Kyk rond by die werkplek en let op hoe mense werk. Bestudeer ook die rekords van vorige insidente, ongelukke of gesondheidsprobleme. Die doel is om beduidende gevare raak te sien wat talle mense ernstig kan beseer of benadeel.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,649
Identifiseer watter mense beseer of benadeel kan word, en hoeveel hulle is. Wanneer die "hoe" oorweeg word, moenie vergeet van dinge soos instandhoudingswerk nie, om te voorkom dat nuwe gevare ontstaan.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,650
Bepaal hoe goed die risiko's uit elke beduidende gevaar beheer word. Die beheermaatreëls kan heeltemal voldoende wees of daar kan ruimte vir verbetering wees. Werkers het dikwels nuttige idees, gebaseer op hulle daaglikse werk, en jy moet hulle betrokke kry by die neem van besluite oor jou beheermaatreëls.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,651
Nadat jy besluit het wat gedoen moet word, moet jy beplan hoe om dit te doen en wanneer. Om jou bevindings op te teken sal vir jou van nut wees.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,652
Jy sal nodig hê om jou risikobepaling te hersien indien daar 'n beduidende verandering ingetree het in die wyse wat jy werk of as jy om een of ander rede dink dit is nie meer geldig nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,653
● Blootstelling aan die weer, geraas of vibrasie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,654
Die hantering van swaar vragte of werk in ongemaklike posisies kan muskulo-skelet-gebreke veroorsaak. Dan kan pyn in die ledemate, gewrigte of rug ontstaan wat die gevolg van verstuiting of verrekking kan wees.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,655
Wat moet jy dan doen?
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,656
● Die dra van plante of saailinge met die hand oor lang afstande moet sover moontlik vermy word, om die gesondheid van die werkers te beveilig.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,657
By talle ernstige ongelukke op plase is masjinerie betrokke. Sommige vind plaas omdat 'n masjien gebruik is vir 'n taak waarvoor dit ongeskik is; ander omdat skutte nie voorsien is nie of nie aangeheg is nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,658
gebruik. Indien toerusting in ongunstige omstandighede gebruik word, moet dit gereeld geïnspekteer word vir verswakking wat kan lei tot gevaar, en veral wanneer daar buitengewone omstandighede ontstaan, wat die toerusting onveilig kan maak.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,659
Wat moet jy doen?
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,660
● Gereedskap gebruik vir die plant van bome moet vir die doel ontwerp word.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,661
● Die kop van 'n stuk gereedskap vir sny of splyting moet stewig vasgemaak wees aan die handvatsel met 'n doeltreffende stuk gereedskap, bv. 'n wig, klinknael of bout.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,662
Wanneer jy masjiene koop of huur, vereis die wet dat die verskaffer die nodige veiligheidskutte moet voorsien.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,663
● Opgelei is om veilig te werk en voorsien is van die nodige beskermende klere, en dit gebruik.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,664
Vele insidente met masjiene kom voor gedurende onderhouds- of ontblokkingsoperasies.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,665
● Voorkom dat hidrouliese hysmasjiene of onderdele neerdaal deur die gebruik van meganiese toestelle soos stuiters of domkragte wanneer mense onder hulle werk.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,666
● hulle geskikte beskermende klere en toerusting dra.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,667
● Mense wat besig is om masjiene te gebruik, se aandag aftrek nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,668
'n Ander besering in landbou is trekkers wat omval. Ernstige en fatale besering is algemeen, en bestuurders, ander werkers en voetgangers is betrokke by insidente. Ander insidente kom voor wanneer mense uit 'n voertuig klim sonder om seker te maak dat dit nie kan beweeg of andersins besering veroorsaak nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,669
● Sleutels veilig bewaar word wanneer voertuie nie in gebruik is nie.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,670
Beplan en organiseer die hysproses behoorlik, deur gebruik te maak van geskikte toerusting en bevoegde persone, om die risiko's te minimaliseer.
171
DOL. OhsAgriAndForestry.2010-12-07.af.txt
10,671
● Veilige werklaste gemerk is op hystoerusting.