document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,953
GOV-ZA.9375.2010-03-24.af.txt
27,354
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,953
GOV-ZA.9375.2010-03-24.af.txt
27,355
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,954
GOV-ZA.9389_2.2010-03-24.af.txt
27,357
Kliek op 'n fasiliteit vir volledige besonderhede. Net in Engels beskikbaar.
1,954
GOV-ZA.9389_2.2010-03-24.af.txt
27,358
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,954
GOV-ZA.9389_2.2010-03-24.af.txt
27,359
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,955
GOV-ZA.94092.2010-03-24.af.txt
27,361
Deel 2: Programprestasie File type: pdf; size: 1.
1,955
GOV-ZA.94092.2010-03-24.af.txt
27,362
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,955
GOV-ZA.94092.2010-03-24.af.txt
27,363
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,365
Bambanani Teen Misdaad wil dié 2004/2005 feesseisoen vir almal veiliger maak deur die polisie se sigbaarheid en toeganklikheid te verhoog op besige plekke, soos strande, treine en winkelsentrums.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,366
In die 2004/2005 feesseisoen sal die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe, saam met gemeenskapsvrywilligers en buurtwaglede deelneem aan die Veiliger Seisoenveldtog om seker te maak dat inwoners en besoekers 'n vreedsame en veiliger Kersfees en Nuwejaar geniet.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,367
Verlede jaar se veiliger seisoenveldtog het die veiligste vakansieseisoen opgelewer wat die Wes-Kaap in 'n dekade beleef het.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,368
paaie - deur toe te slaan op dronkbestuur en padblokkades en spesiale howe op die N1 en N2 te hou.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,369
winkelsentrums, jeug- en gemeenskapsaktiwiteite - deur verhoogde sekerheid.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,370
Bambanani ('n Xhosa-woord wat saamstaan/verenig beteken) is ontwerp om alle mense en vennote teen misdaad te verenig. Bambanani bou verhoudings tussen die polisie en die gemeenskappe op en spoor mense aan om hulle rol in misdaadvoorkoming te vervul.
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,371
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,956
GOV-ZA.94688.2010-03-24.af.txt
27,372
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,374
Die meeste mense het een of ander vorm van krediet of lening. Krediet is handig want dit laat jou toe om iets te koop wanneer jy dit nodig het. Daar is talle regulasies en beskermingsmaatreëls wat sorg dat krediteure en leners jou nie uitbuit nie. Die beste beskerming is egter om seker te maak dat jy weet wat jou regte en verpligtinge is.
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,375
Wat Is Krediet Wat Is 'n Lening?
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,376
Wat Is 'n Kredietooreenkoms?
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,377
Wat Is 'n Kredietprofiel En Wat Is 'n Swartlys?
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,378
Wanneer kan die Krediteur my Goedere Herinbesitneen?
1,957
GOV-ZA.95065.2010-03-24.af.txt
27,379
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,381
n Buurtwag is 'n groep inwoners van 'n woonbuurt wat ooreenkom om 'n buurtwag te vorm nadat hulle die gedagte met mense wat in hul omgewing woon, bespreek het. Die oogmerk van 'n buurtwag is om 'n goeie verhouding onder inwoners te bevorder en om te dien as 'n 'waghond' vir daardie gemeenskap, soms deur patrollering, en soms bloot deur bedag te wees op kriminele aktiwiteit, en die polisie in kennis te stel wanneer dit voorkom.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,382
Die polisie sal probeer om polisiereserviste toe te wys om toesig te hou oor patrollies wanneer buurtwagte ook al patrolleer. Party buurtwaglede kan polisiereserviste word. Elke buurtwag het 'n gebied met duidelike grense binne 'n polisiegebied. Indien polisiegebiede baie groot is, kan daar meer as een buurtwag in 'n gebied wees wat deur een polisiestasie gedek word.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,383
Julle buurtwag behoort geregistreer te word by die plaaslike polisie en Gemeenskapspolisieforum (GPF) in julle polisiegebied. Om te registreer, moet julle 'n grondwet en gedragskode aanvaar in lyn met die Provinsiale Grondwet en Gedragskode vir Buurtwagstrukture. Vroeg in 2003 was daar 277 geregistreerde buurtwagte in die Wes-Kaap.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,384
Wanneer julle buurtwag geregistreer is, kan julle aansoek doen om finansiële en organisatoriese ondersteuning, asook toerusting en opleiding, by die Wes-Kaap se Departement van Gemeenskapsveiligheid. Meer as 150 buurtwagte in die Wes-Kaap het reeds toerusting en opleiding van die Departement ontvang.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,385
konflikhantering kriminele prosedure huishoudelike geweld menseregte brandbestryding noodhulp radioprosedure selfverdediging.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,386
Om jou buurtwag te kontak, gaan hierdie lys deur. Die kontakpersoon vir elke geregistreerde buurtwag word gelys. Onthou, daar kan meer as een buurtwag in jou polisiegebied wees. Anders kan jy jou naaste polisiestasie of Gemeenskapspolisieforum kontak.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,387
Om julle buurtwag te registreer, moet julle by die plaaslike polisie en plaaslike GPF, en ook by die Departement van Gemeenskapsveiligheid registreer. Julle behoort heel laaste by die Departement te registreer, omdat dit een van hul vereistes is dat julle moet kan toon dat julle eers plaaslik geregistreer het.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,388
name en kontakbesonderhede van julle komiteelede die getal lede n afskrif van julle grondwet n afskrif van julle gedragskode finansiële state, indien die buurtwag 'n bankrekening het en finansiële transaksies plaasgevind het die presiese gebied van werksaamheid, bv. straatname.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,389
Die Departement van Gemeenskapsveiligheid sal vereis dat julle 'n vorm moet indien. Op die vorm moet julle sê dat julle by julle plaaslike polisiestasie en GPF geregistreer het en dat julle 'n grondwet en gedragskode het wat in lyn is met die Provinsiale Grondwet en Gedragskode vir Buurtwagstrukture.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,390
Julle kan ook by hom aansoek doen om toerusting.
1,958
GOV-ZA.9545.2010-03-24.af.txt
27,391
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,393
Die Premier en mev.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,394
Ouers, ontvangers van die toekennings en gasteEk erken ook die aanwesigheid van die voormalige nasionale Minister van Onderwys, professor Kader Asmal, en my provinsiale voorganger, advokaat André Gaum.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,395
Ek bedank graag die groot getal leerders en ouers wat op kort kennisgewing hierdie heuglike geleentheid bywoon. Ek is seker daarvan dat die ouers van die leerders wat gister deur die Departement geskakel is, baie in hulle skik moes gewees het toe hulle hoor dat hulle na die Premierswoning uitgenooi is.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,396
Baie geluk aan al ons matrikulante wat geslaag het. Julle het ons almal trots gemaak - jul ouers en die gemeenskappe wat julle verteenwoordig.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,397
Aan dié wat nie sukses behaal het nie, wil ons sê dat dit nie die einde van die wêreld is nie. Ek wil julle aanmoedig om voor 18 Januarie 2005 in te skryf vir die aanvullende eksamen. Gebruik elke dag wat jy het om jou vaardighede te verbeter.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,398
Meld jou aan, werk deeltyds, lees, leer ander, leer en ontdek elke uur wat jy wakker is. 'n Nuwe dag breek vir ons aan, oor jou en oor Afrika. Môre sal beter wees as gister.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,399
Vandag het ons in hierdie pragtige tuin van Leeuwenhof, waar slawe hard gewerk het vir hul meesters, die lig wat vir ons hoop gee. Ons sal nooit ons geskiedenis in die Wes-Kaap vergeet nie. Waar kom ons vandaan Waar gaan ons heen Ons beweeg voorwaarts. Ons sal nooit terugdraai nie?
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,400
Meneer die Premier, ek is trots daarop om bekend te maak dat ons vir die vierde agtereenvolgende keer 'n slaagsyfer van meer as 80% behaal het. Vanjaar is die Wes-Kaap se slaagsyfer 85%. My Ministerie is egter deeglik bewus daarvan dat die toppresteerders kom uit histories bevoordeelde gemeenskappe. Die Wes-Kaap is trots op hierdie leerders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,401
Voorts besef ons dat die slaagsyfer nie die hoë persentasie leerders weerspieël wat uitsak hoofsaaklik as gevolg van sosio-ekonomiese faktore voordat hulle matriek bereik nie. Elke jaar begin 80 000 leerders in ons provinsie in graad 1, maar net 40 000 haal matriek. Dit is ons grootste uitdaging.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,402
In die toekoms gaan ons die skole vereer wat ons kinders in die skool hou, weg van tik, weg van bendes en 'n pad van wanhoop. Dié onderwysers gee ons kinders hoop. Hulle is die lig wat brand en nooit doodgaan nie. Hulle is die ware helde wat die Wes-Kaap gaan verander.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,403
Ten einde die geweldige uitdagings waarvoor ons in die onderwys te staan kom, die hoof te bied, sal die Departement op die uitkyk wees na vennootskappe met arbeid, die sakesektor, plaaslike regering, NRO's en ander maatskaplike vennote. Ons besef dat skole nie in 'n lugleegte kan funksioneer nie en dat hulle beter, volgehoue ondersteuning nodig het.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,404
Die nuwe Wes-Kaapse Onderwysstigting wat volgende jaar bekendgestel word, sal hierdie vennootskap saamsmee tot 'n ware instrument tot transformasie, billikheid en gehalte.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,405
n Mens sou kon beweer dat die Wes-Kaapse Regering vir langer as ander provinsies gekwel is deur die spookbeeld van apartheid, wat meegebring het dat my Ministerie 'n diepgewortelde status quo moes uitdaag.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,406
Die onderwysprofessie is gestabiliseer deur bykomende fondse van die Provinsiale Tesourie te bekom om 1 800 onderwysposte te red en aanstaande jaar 365 meer onderwysers aan te stel. Ek bedank graag die Premier, LUR Brown en my Minister, Minister Naledi Pandor, vir hul ondersteuning in hierdie moeilike tyd.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,407
Die grondslag is gelê om die Wiskunde HG-slaagsyfer op te skuif van 4 000 vanjaar na 8 000 in 2009.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,408
In opdrag van uself, Meneer die Premier, is 'n provinsiale mensehulpbronstrategie ontwikkel met die fokus op die jeug. Die strategie word tans geoperasionaliseer en gekoppel aan ons susterdepartement se rigtinggewende strategieë in 'n poging om vaartbelyn te werk te gaan.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,409
Elke skool in ons provinsie is geëlektrifiseer. Daardeur is ons 100-daedoelwitte bereik.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,410
n Grondoudit van onbenutte onderwyseiendom is geïnisieer met die oog op moontlike vervreemding ten einde die byeenbring van bykomende fondse vir die bou van die 65 skole wat ons nodig het, te versnel.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,411
n Beleidsriglyn is ontwikkel ten opsigte van die optimale benutting van klaskamerruimte. Die beleid sal gefinaliseer word na uitgebreide raadpleging in 2005.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,412
Daar sal seker gemaak word dat alle skole op 19 Januarie 2005, die dag waarop die skole heropen, daadwerklik met onderrig begin, en ons sal die gehalte van onderrig in blootgestelde skole deeglik dophou.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,413
Ons sal sommige van ons distriks- en hoofkantoorpersoneellede, met inbegrip van kringbestuurders, herontplooi sodat hulle optimaal aangewend en verantwoordingspligtig gehou word.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,414
Die uitslae van graad 8 tot 11 word hersien om deurgang te verseker en seker te maak dat die vakgebiede wiskunde, wetenskap en rekeningkunde geprioritiseer word.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,415
Ons mensehulpbronstrategie word belyn sodat dit al die onderwysbane ondersteun en leerders help ontwikkel met kennis, vaardighede, waardes en gesindhede wat kan bydra tot die provinsie se ekonomie, armoede kan help bekamp en werk kan skep.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,416
Daar word seker gemaak dat elke hoërskool teen die einde van volgende jaar 'n rekenaarlaboratorium sal hê, en elkeen van ons skole word in vennootskap met Multi-Choice toegerus met 'n satellietskottel, 'n televisiestel en 'n videokassetopnemer.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,417
Vennootskappe word gesmee met die sakesektor, ander regeringsdepartemente, maatskaplike vennote en gemeenskappe. Ek het byvoorbeeld ons 30 munisipaliteite versoek om in die nuwe jaar hul plaaslike topleerders te vereer. Ek het elke burgemeester gevra om die toekenning van 'n beurs of kontantprys vir die beste algehele matrikulant in die betrokke munisipale gebied te oorweeg, asook vir die beste hoërgraadleerders van histories benadeelde skole in hul dorpe vir die vakke wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. Ek bedank graag daardie burgemeesters wat reeds op my versoek gereageer het.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,418
Daar is baie waaroor ons kan feesvier. 'n Betekenisvolle getal van ons skole het van 2003 na 2004 'n toename ervaar in die getal leerders wat die Senior Sertifikaat behaal het. In sommige skole het die getalle gestyg met meer as 30 leerders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,419
Vanjaar het nog meer leerders, te wete 38 896, hulle vir die Senior Sertifikaat-eksamen ingeskryf - 'n verbetering op die afgelope twee jaar.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,420
Die verdere goeie nuus is dat, alhoewel ons slaagsyfer van 85% vir 2004 'n afname van 2,1% weerspieël vergeleke met 2003, is alle aanduidings daar dat die gehalte van ons onderwys voortdurend verbeter.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,421
Die getal kandidate wat endossement verkry het, het toegeneem van 10 323 verlede jaar tot 10 524 vanjaar - 'n toename van 201 leerders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,422
Die getal kandidate wat met onderskeiding geslaag het, 'n totaal van meer as 80%, het toegeneem van 2 170 tot 2 202 - 'n toename van 23 leerders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,423
Premier, daar is ook goeie nuus wat betref die vakrigtings wiskunde en wetenskap. In 2003 het 3 938 kandidate wiskunde op hoër graad geslaag. Vanjaar het ons dit verhoog na 4 268, wat 'n toename is van 330 leerders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,424
In 2003 het 3 892 leerders fisiese wetenskappe op hoër graad geslaag. Vanjaar was daar 'n toename van 45 leerders en staan die syfer op 3 937.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,425
Ek is besonder verheug daaroor dat 70% van ons 386 hoër skole 'n onderskeidingslaagsyfer van meer as 80% aangeteken het, en dat 157 van hierdie skole 'n slaagsyfer van 96% en meer toon.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,426
Dit bevestig net dat die standaard van ons onderwys hoog is en weerlê die siening dat slegs 'n hulpbronryke skool in staat is tot gehalteonderwys.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,427
Die skole wat bygedra het tot die toenames in getalle op die gehalteaanwysers, kom uit die volle spektrum skooltipes - voormalige model C-skole, voormalige skole van die Huis van Verteenwoordigers en voormalige DOO-skole.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,428
In dié opsig het die getal endossemente van voormalige DOO-skole gestyg van 270 in 2003 tot 390 in 2004 en die getal hoërgraad-wiskunde-kandidate van 78 tot 136.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,429
Mooi so, leerders! Hierdie getalle is klein en daar is aansienlik ruimte vir verbetering, maar is nietemin 'n aanduiding van die gestadige dog betekenisvolle groei waarna ons oor die volgende vyf jaar streef.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,430
n Toenemende getal voormalige model C-skole het ook deur middel van toelatings hul deure geopen vir groot getalle kleurling- en swart leerders en het steeds uitstekende uitslae behaal. Hier wil ek graag Sans Souci Hoër Meisieskool noem, wat 'n endossementkoers van oor die 75% oor drie jaar gehandhaaf het.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,431
Hierdie skool, wat later vereer sal word, het 46 kleurling-, 5 blanke, 18 swart en 12 Indiërmatrikulante. Sans Souci beteken vir my "sonder gelyke". Die geleentheid wat julle gebied het aan swart vroulike leerders is inderdaad navolgenswaardig. In dié verband wil ek ook die pogings noem van die Hoërskole Settlers en Pinelands.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,432
Daarom vier ons vandag nie net die prestasies van die kandidate en skole nie, maar bring ons ook hulde aan die skoolhoofde, die onderwysers en al ons gemeenskappe vir hul bydrae tot die ontwikkeling van die Wes-Kaap as 'n lerende Tuiste vir Al Ons Kinders.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,433
Premier, dit is 'n tasbare weergawe van die verbintenis van die WKOD en ons gemeenskappe op u oproep aan hierdie provinsie om 'n Tuiste vir Almal te wees.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,434
Vanjaar het die WKOD verkies om verbeterde of bestendige prestasie te beloon terwyl Graad 12-inskrywingsvlakke gehandhaaf of verhoog word.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,435
Aangesien dit ons oogmerk is om seker te maak dat leerders aanhou tot by Graad 12, sal leerdergetalle in Graad 8 tot 11 oor die vorige vier jaar nagespoor word. Alle skole, met inbegrip van onafhanklike skole, wat kandidate vir die WKOD se Senior Sertifikaat-eksamen ingeskryf het, het in aanmerking gekom vir toekennings.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,436
Ons weet dat ons skole in baie verskillende maatskaplike werklikhede bestaan, en derhalwe het die Departement verskillende kategorieë ingestel wat hierdie verskille in ag neem en van toepassing maak op die driejaartermyn 2002 tot 2004. Mnr. Brian Schreuder van my departement sal dit alles aan u verduidelik.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,437
Daarbenewens sal die SG 'n nuwe skool in Kraaifontein vereer wat werklik in die bestek van twee kort jare groot vordering gemaak het op die pad na gehalte. Ons studente in Khayelitsha het groot vordering getoon. Gehalte is nie langer die alleenbesit van enkele skole nie.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,438
Ek moet ook meld dat die Presidensiële nodale area van Mitchells-plein en Khayelitsha by die Rocklands-burgersentrum in Mitchells-plein as gasheer optree by 'n geleentheid ter verering van hul toppresteerders. Soos reeds genoem het ek ons burgemeesters in die verskillende munisipaliteite gevra om in die nuwe jaar ook so te maak.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,439
Ons vier fees om te beloon, maar ook om ons leerders aan te moedig om hul opvoeding voort te sit aan VOO-kolleges, -technikons of -universiteite.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,440
Ek het daarom vooraanstaande korporatiewe burgers genader om behulpsaam te wees met regeringspogings tot die totstandbrenging van 'n lerende tuiste vir al ons kinders deur belowende matrikulante wat die terreine van die wetenskap, wiskunde en tegnologie wil betree, finansieel te ondersteun. SAICSA, ETV, Checkers Shoprite, MasterMaths en MECER-rekenaars is van dié wat op ons oproep gereageer het. Daarvoor bedank ons hulle.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,441
Saam kan ons nie misluk nie. Swartmense, bruinmense, witmense en Indiërs, mans en vroue, Christene, Hindoes, Moslems en Jode - ons sal van hierdie provinsie 'n tuiste vir almal maak. Stedelike en plattelandse gebiede, diegene met leerhindernisse - ons gaan dit regkry.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,442
Ten slotte, Meneer die Premier en geëerde gaste, die gladde verloop van die administrasie van die eksamens en die uitstekende uitslae is 'n weerspieëling van die toewyding, verbintenis en professionalisme van die amptenare van ons departement onder die leiding van Superintendent-generaal Ron Swartz, Adjunkdirekteur-generaal Brain Schreuder, Hoofdirekteur Penny Vinjevold, Direkteur van Kurrikulumontwikkeling Jenny Rault-Smith, Direkteur van Eksamens André Clausen, en talle ander direkteure en personeellede van ons Onderwysbestuurs- en Ontwikkelingsentrums. Ek bedank hulle vir al hul pogings en harde werk.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,443
Die belangrikste mense wat ek wil bedank, is egter die 28 500 onderwysers en 8 000 staatsamptenare op wie ons staatmaak om onderwys aan ons leerders moontlik te maak.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,444
Ons het goed gevaar. Ons het gehalte verbeter. Ons histories benadeelde skole doen hul deel. Al ons skole is vir ons prioriteit, veral dié waar armoede hoogty vier en waar mensepotensiaal dikwels onderdruk word. Maar daar is werk wat gedoen moet word.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,445
Ons moet die dag gou laat breek. Laat ons die sterre van die hemel af neem. Duisternis, jou dae is nou getel, want ons hou saam die lig in ons hande.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,446
Ek dank u.
1,959
GOV-ZA.95621.2010-03-24.af.txt
27,447
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,449
Indien jy 'n slagoffer van huishoudelike mishandeling is en jou mishandelaar is iemand met wie jy in 'n huishoudelike verhouding verkeer, kan jy ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld aansoek doen om 'n beskermingsbevel. 'n Beskermingsbevel bevat voorwaardes wat dit wat die mishandelaar mag en nie mag doen nie, uiteensit. Indien die mishandelaar nie hierdie voorwaardes nakom nie, kan hy gearresteer word. Indien die mishandeling 'n kriminele oortreding behels, kan die mishandelaar daarvan aangekla word.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,450
Die woorde 'huishoudelike verhouding' dek talle verhoudings.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,451
dieselfde huis of woonplek deel of onlangs gedeel het.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,452
Deur om 'n beskermingsbevel aansoek te doen, dien jy nie 'n kriminele klagte in nie en jy hoef nie 'n kriminele klagte in te dien om 'n beskermingsbevel te kry nie. Indien jy egter die slagoffer is van 'n vorm van huishoudelike mishandeling wat ook 'n misdaad is, kan jy, indien verkies, aansoek doen om 'n beskermingsbevel, of 'n kriminele klagte indien, of albei doen. Dade van mishandeling wat ook misdade is, sluit in gewone aanranding, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering te veroorsaak, onsedelike aanranding, verkragting, bloedskande, poging tot moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom, die rig van 'n vuurwapen, en dieremishandeling.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,453
Wanneer jy in besit is van die beskermingsbevel en jou mishandelaar oortree die bepalings van dié beskermingsbevel, is dit 'n misdaad en kan hy vervolg word vir die misdaad of vir minagting van die hof (selfs al is die oortreding van die bepalings nie normaalweg 'n misdaad nie, byvoorbeeld beheersugtige gedrag). Indien die oortreding van die bepalings op sigself 'n misdaad is, byvoorbeeld aanranding, kan hy vervolg word vir minagting van die hof sowel as aanranding.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,454
Om in besit van 'n beskermingsbevel te wees, beteken jy het die mag om jou mishandelaar te laat arresteer sodra hy 'n daad van mishandeling pleeg. Al wat jy hoef te doen, is om te rapporteer dat hy die bepalings oortree het en dan moet die polisie onmiddellik optree.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,455
Voordat jy 'n beskermingsbevel kry, kan jy taamlik gou 'n tussentydse beskermingsbevel kry deur sekere vorms in te vul, en dié tussentydse bevel sal 'n datum spesifiseer wanneer die finale bevel oorweeg sal word (die keerdag). As 'n finale bevel eers uitgereik is, is dit blywend en kan dit slegs verander word deur by die hof aansoek te doen.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,456
dat jou adres mag nêrens op die beskermingsbevel verskyn nie.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,457
Die eerste stap om 'n beskermingsbevel te kry, is om 'n vorm bekend as Vorm 2: Aansoek om 'n Beskermingsbevel in te vul.
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,458
Waarheen moet ek gaan?
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,459
Moet ek self aansoek doen Kan ek namens iemand anders aansoek doen?
1,960
GOV-ZA.9577.2010-03-02.af.txt
27,460
Watter inligting het ek nodig?