document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,019
Die landbou sektor in Suid-Afrika is van uiterste belang vir die ekonomiese groei en welvaart vir al ons mense, maar die bydrae van landbou word heeltemal onderskat. Die rol van landbou, om die ongeregtighede van die verlede daadwerklik aan te spreek, is seker een van dié belangrikste, indien dit nie die heel belangrikste is nie. Landbou maak 'n wesenlike verskil aan ons almal se lewens.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,020
Vir die Regering van die Wes-Kaap is die proses van Grondhervorming hoog op die prioriteitslys. Vir die Departement van Landbou is die programme wat daarmee gepaard gaan net so belangrik, aangesien ons wil hê dat elke projek wat aangepak word, volhoubaar sal wees. Dit moet ons help om permanente werk te verskaf en u en u kinders se lewensomstandighede so te verbeter dat u met trots kan sê u is volwaardige burgers van hierdie mooi provinsie.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,021
Die geboorte van die nuwe Suid-Afrika 10 jaar gelede het ook vir landbou 'n nuwe uitdaging gebring. Landbou is vir jare deur 'n relatief klein groepie suksesvolle kommersiële boere oorheers. Ons het nou van hierdie boere gevra om betrokke te raak by vestiging, ondersteuning en bemagtiging van nuwe opkomende boere uit voorheen benadeelde gemeenskappe. Hierdie proses is reeds opdreef in die Wes-Kaap en dit word elke dag moet groter toewyding aangepak.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,022
Soos ek reeds vroëer gesê het, geniet grondhervorming die hoogste prioriteit in 'n poging om die ongelykhede van die verlede aan te spreek. Dit is belangrik dat ons 'n nuwe generasie boere vestig wat toegerus sal word om volhoubaar te boer in 'n poging om nog meer werksgeleenthede te skep en sodoende 'n positiewe bydrae te lewer tot die bestryding van armoede.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,023
Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap het ook sekere aanpassings gemaak om suksesvol met hierdie uitdagings te handel. 'n Nuwe program; Boerevestiging en Ontwikkeling is geskep. Dit beteken dat die volledige pakket wat deur boere benodig word om volhoubaar gevestig te word, binne een program resorteer.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,024
In die Landbou begroting het ons byna R70 miljoen beskikbaar gestel om seker te maak dat ons daarin slaag om van elke projek wat ons aanpak, 'n sukses te maak. Daar is tans 109 projekte waarby opkomende boere betrokke is en ons spandeer in die omgewing van R33 miljoen hieraan. Daar is huidiglik 28 voedselsekuriteits-projekte aan die gang, waarvan die meeste in die Kaapstad Metropool is.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,025
Om seker te maak dat ons nuwe boere behoorlik toerus, is baie vordering die afgelope jaar gemaak met die uitbreiding van vaardigheidsopleiding aan veral plaaswerkers en hulpbronarm boere uit veral die historiese benadeelde gemeenskappe. Gedurende die afgelope jaar het ongeveer 2000 individue uit hierdie teikengroep opleiding ontvang. Vanjaar wil ons hierdie getal verhoog na ongeveer 2500 individue.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,026
Dit bring my by u. As minister van landbou in die Wes-Kaap is ek baie opgewonde oor die oorhandiging wat vandag hier plaasvind. Hierdie poging tussen my departement en u organisasie moet vir u 'n bewys wees dat ons ernstig is om te sorg dat u ook n deel kry van dit waarvan ek tot nou toe gepraat het. Hiermee sluit ons vandag weer met mekaar' n ooreenkoms, wat nie net sekere verantwoordelikhede van ons vra, ten opsigte van die behoorlike omsien na die toerusting en die bemagtigings aspekte nie, maar ons sê ook aan mekaar, ons sal saamwerk om van die Wes-Kaap 'n tuiste vir almal te maak.
1,918
GOV-ZA.87642.2010-03-24.af.txt
27,027
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,919
GOV-ZA.8829.2010-03-24.af.txt
27,029
Hierdie direktoraat bring die vier onderwysbestuurs- en ontwikkelingsentrums (OBOS'e) in die Kaapse metropolitaanse streek bymekaar.
1,919
GOV-ZA.8829.2010-03-24.af.txt
27,030
Die OBOS'e is in Julie 2001 tot stand gebring met die oog daarop om bestuurs- en ontwikkelingsondersteuning nader te bring aan openbare skole oor die hele Wes-Kaap, en om skole by te staan in hul pogings om verantwoordelike leerorganisasies te word wat in staat sal wees om hulself doeltreffend, doelmatig en ekonomies te bestuur.
1,919
GOV-ZA.8829.2010-03-24.af.txt
27,031
ondersteuning vir institusionele bestuur en beheer, en administratiewe dienste, met inbegrip van institusionele ontwikkeling en ondersteuning vir Artikel 20- en 21-skole, bystand met arbeidsverhoudinge, en interne administrasie- dienste.
1,919
GOV-ZA.8829.2010-03-24.af.txt
27,032
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,920
GOV-ZA.8847.2010-03-24.af.txt
27,034
Hierdie direktoraat bring die drie landelike onderwysbestuurs- en ontwikkelingsentrums (OBOS'e) in die Wes-Kaap, naamlik Suid-Kaap-Karoo, Breërivier-Overberg en Weskus-Wynland, bymekaar.
1,920
GOV-ZA.8847.2010-03-24.af.txt
27,035
Die OBOS'e is in Julie 2001 tot stand gebring met die oog daarop om bestuurs- en ontwikkelingsondersteuning nader te bring aan openbare skole oor die hele Wes-Kaap, en om skole by te staan in hul pogings om verantwoordelike leerorganisasies te word wat in staat sal wees om hulself doeltreffend, doelmatig en ekonomies te bestuur.
1,920
GOV-ZA.8847.2010-03-24.af.txt
27,036
ondersteuning vir institusionele bestuur en beheer, en administratiewe dienste, met inbegrip van institusionele ontwikkeling en ondersteuning vir Artikel 20- en 21-skole, bystand met arbeidsverhoudinge, en interne administrasie- dienste.
1,920
GOV-ZA.8847.2010-03-24.af.txt
27,037
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,039
Wat is Verbruikersregte?
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,040
In die 2004 Nasionale Verbruikerspeiling is bevind dat baie min Suid-Afrikaners weet wat hulle verbruikersregte is. Dié kort publikasie skets die agt internasionaal-erkende verbruikersregte wat die grondslag van verbruikersregte-organisasies en veldtogte vorm. Die regte is nie dieselfde as die menseregte wat in die Grondwet bevat is nie, hoewel die een die ander op baie maniere aanvul.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,041
Alle verbruikers het die reg op basiese noodsaaklikhede en dienste soos voldoende kos, drinkwater, skuiling, klere, gesondheidsorg en onderwys.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,042
Verbruikers het die reg om hulleself teen onveilige produkte en dienste te beskerm. Onveilige produkte kan eiendom beskadig en selfs tot beserings en die dood lei.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,043
Verbruikers het 'n reg op volledige inligting oor prys, hoeveelheid en bestanddele van verskaffers van produkte en dienste.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,044
Verbruikers het die reg om uit 'n verskeidenheid produkte en dienste teen mededingende pryse te kies.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,045
Verteenwoordiging: Verbruikers het die reg om hulle mening te lug oor kwessies, beleid, planne, programme en besluite wat hulle raak.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,046
Verbruikers het die reg om vergoed te word as hulle klagtes het oor swak, onveilige, oormatige duur produkte en dienste, oordrewe aansprake en ander onregverdige verbruikerspraktyke.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,047
Verbruikers het 'n reg op inligting wat hulle in staat stel om ingeligte en oortuigde besluite oor produkte en dienste te neem.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,048
Verbruikers het die reg om in 'n omgewing te leef en te werk wat nie hulle gesondheid en voortbestaan bedreig nie en geen gevaar vir huidige en komende geslagte inhou nie.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,049
Meer inligting oor verbruikersregte is beskikbaar op die Nasionale Verbruikersforum se webblad.
1,921
GOV-ZA.89092.2010-03-24.af.txt
27,050
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,922
GOV-ZA.89109.2010-03-24.af.txt
27,052
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,922
GOV-ZA.89109.2010-03-24.af.txt
27,053
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,055
Baie dankie vir die uitnodiging om saam met u te mag verkeer, terwyl u, as 'n groep amptenare van die Departement, hier bymekaar is om te besin oor u bydrae en die pad vorentoe in die mees aktuele program binne die landbousektor op die oomblik.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,056
Dit is wat ons in Landbou moet bereik!! Om ook deur Landbou 'n tuiste vir almal te skep en dit is waarmee ons besig is en dit is julle taak.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,057
Ek is terdeë bewus van die uitdagings wat landbou in die gesig staar en ons besef dat die kwessie van grondhervorming met al sy fasette die hoogste prioriteit moet geniet.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,058
Dit vra van ons dat ons onsself sal toerus met die nodige kennis en vaardigheid om te deel met die praktiese uitdagings. Dit vra 'n insig in die aspirasies van die potensiële begunstigdes. Dit sal ook van ons 'n eerlike evaluasie van die vermoë van sodanige persone vra om sodoende te bepaal wat nodig is om elke projek suksesvol te bestuur om toe te sien dat daar geen mislukkings is nie. Ons moet sorg dat elke projek wat ons aanpak volhoubaar is.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,059
Elkeen van u het die verantwoordelikheid om ook te sorg dat daar 'n balans is wat die reeds gevestigde gedeelte van Landbou aan betref. Ons het nodig dat die rol van kommersiële boere erken word en steeds uitgebou sal word met die nodige hulp en ondersteuning van ons kant af.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,060
Daar is 'n ander saak wat ek moet aanspreek, naamlik die voortdurende aantygings dat plaaswerkers deur hulle werkgewers aangerand of mishandel word. Hierdie is ernstige aantygings en ek het my al telkens daaroor uitgespreek. Ons standpunt is duidelik en ook die van georganiseerde landbou. So iets sal nie geduld word nie.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,061
Wat egter kommerwekkend is, is dat elke geval wat aan my gerapporteer is, het ek laat ondersoek, en elke keer was daar geen gronde vir sodanige aantyging nie. Net soos wat ek gewaarsku het dat ons nie sulke optrede sal duld nie, moet ek 'n waarskuwing rig aan diegene wat voortdurend daarop uit is om verdag te saai oor die optrede van kommersiële boere. U speel met vuur, want sulke onverantwoordelike optrede kan baie duur gevolge hê vir byvoorbeeld ons Landbou uitvoere.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,062
Ek vra weer dat waar daar klagtes is, moet u dit by my of die departement rapporteer met die naam van die werkgewer en die plaas, maar in dieselfde asem vra ek dat diegene wat hierdie onverantwoordelike aantygings in die openbaar maak, vir watter duistere rede ookal, onmiddellik daarmee sal staak.
1,923
GOV-ZA.89365.2010-03-24.af.txt
27,063
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,924
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20771.2010-03-24.af.txt
27,065
The contact person is: V.M.
1,924
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20771.2010-03-24.af.txt
27,066
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,924
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20771.2010-03-24.af.txt
27,067
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,925
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20775.2010-03-24.af.txt
27,069
The contact person is: M.A.
1,925
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20775.2010-03-24.af.txt
27,070
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,925
GOV-ZA.8937.facilities.15908.20775.2010-03-24.af.txt
27,071
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,926
GOV-ZA.8937.facilities.15912.21186.2010-03-24.af.txt
27,073
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,926
GOV-ZA.8937.facilities.15912.21186.2010-03-24.af.txt
27,074
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,927
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20794.2010-03-24.af.txt
27,076
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,927
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20794.2010-03-24.af.txt
27,077
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,928
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20803.2010-03-24.af.txt
27,079
The contact person is: C.
1,928
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20803.2010-03-24.af.txt
27,080
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,928
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20803.2010-03-24.af.txt
27,081
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,929
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20809.2010-03-24.af.txt
27,083
The contact person is: Mr B.M.
1,929
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20809.2010-03-24.af.txt
27,084
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,929
GOV-ZA.8991.facilities.15908.20809.2010-03-24.af.txt
27,085
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,930
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21171.2010-03-24.af.txt
27,087
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,930
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21171.2010-03-24.af.txt
27,088
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,931
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21181.2010-03-24.af.txt
27,090
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,931
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21181.2010-03-24.af.txt
27,091
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,932
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21205.2010-03-24.af.txt
27,093
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,932
GOV-ZA.8991.facilities.15912.21205.2010-03-24.af.txt
27,094
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,096
Doktor Riana Scheepers is bekend as skrywer, digter, dosent en uitgewer. Sy het op 'n beesplaas buite Vryheid in Natal grootgeword en kan Zoeloe vlot praat. Op skool was een van haar vakke Landbou - dus was die plaas en landbou nog altyd deel van haar lewe.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,097
Tans is Riana ook boervrou op die plaas, De Compagnie, buite Wellington. 'n Pragtige 300-jarige wynplaas met 'n ryke geskiedenis. Dié plaas was in sy 300-jarige bestaan hoofsaaklik deur vroue bestuur - meesal weduwees en alleenlopers (dus heel gepas aangesien Riana bekend daarvoor is dat sy graag oor vroue skryf!) Sy boer kliphard saam met haar man, Johann Loubser, en vorm deel van die vroue wat soggens vroeg reeds in die wingerde harde hande-arbeid verrig. Vir Riana is dit baie bevredigend om, soos sy dit noem, deel van die beskeie mag van vroue wat die nederigste werk op aarde doen, te wees. Sy is egter ook terselfdertyd plaasbestuurder en bemarker van die wyn en brandewyn wat self op die plaas gemaak word.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,098
Benewens die bedrywighede op die plaas, hou Riana haar ook besig met restourasie-werk aan die huis, stalle en kelder. Sy is nie 'n halfpad-mens nie en kan werk - deeglik en met drif - en verkies om haar eie dinkwerk te doen.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,099
Vir harde hande-arbeid skrik sy nie en het eiehandig haar vissershuisie op Paternoster help restoureer. 'n Plekkie waarheen sy graag vlug en eenvoudig lewe met vuur, kerse en die sterre.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,100
Skryf is haar ander passie in die lewe waaraan sy haar hart en siel wy. Haar gunste-ling skryftyd is enige tyd van twee-uur tot ses-uur in die oggend en op enige plek waar sy haar bevind: stasies, vliegtuie, kof.ewinkels, die berge, boendoes en in parke.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,101
Terwyl sy in 1999 op Stellenbosch skoolgehou het, het sy 'n Skool vir Skryfkuns en Kreatiewe denke begin. Hierdie skryfkur-susse bied sy steeds elke jaar in Oktober aan. (Sien bladsy 22 vir meer hieroor.) Tydens die skryfkursusse wil sy leerders se ore en oë oopmaak vir die wonderwêreld van woorde en sy moedig hulle aan om te skryf oor dít wat die naaste aan hulle is, wat vir hulle bekend is.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,102
Riana beskou skryf as 'n ambag. Al wat be-langrik is, is dat die skryfwerk góéd moet wees, of jy nou 'n literêre werk, ontspanningverhaal of tydskrifartikel aanpak.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,103
Soos reeds genoem, is Riana Scheepers bekend as skrywer wat oor vroue skryf en al haar boeke tot dusver gaan oor verskillende aspekte van die vrou.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,104
Haar eerste boek, Die ding in die vuur, handel oor Zoeloeland, swart vroue en Afrika se kindersprokies. In Dulle Griet het sy Europese vroue onder die loep geneem en veral oor lelike en dapper vroue geskryf. Ná haar egskeiding het sy saam met haar twee seuns in Kaapstad in 'n halwe huis gebly en het 'n Huis met drie en 'n half stories verskyn. Hierin skryf sy oor haar eie familie, nonne, prostitute en sterk Bybelse vroue.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,105
Die Heidendogters jubel het baie kritiek ontlok, maar Riana het geskryf oor 'n deel van die Weermag waarvan min mense bewus was, naamlik vroue wat in Weermagkampe as 'wippe' deur die soldate aangehou is. Dié verhaal het 'n leemte in die Afrikaanse Letterkunde gevul.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,106
Die gewilde Katrina-stories is aanvanklik geskryf om te voorsien in die behoefte aan leesstof vir geletterdheidsklasse.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,107
Terwyl sy in die Kaap gewerk het, het Riana begin taxi ry en was meegevoer deur die kleurryke gebruik van die Kaapse taal onder haar mede-passasiers. Dit het as in-spirasie gedien vir al Katrina se sêgoed. Die stories het ook verskyn in 'n tyd toe daar begin is met die oorbrugging van politieke verskille en die liefde tussen 'Katrienas' en 'mevroue' kon hiertoe bydra.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,108
In Dogters van Afrika word vrouwees gevier. Dié verhaal handel oor vroue in Suid-Afrika en is deur mans en vroue geskryf. Dit word aanbeveel vir ure se leesgenot en lewensverryking.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,109
Riana se doktorale proefskrif het gehandel oor Koos Prinsloo en sy geskryfdes. Dit het haar drie jaar ge-neem om Koos Prinsloo: die skrywer en sy geskryfdes in 1999 te voltooi. Prinsloo word deur Riana beskou as die skrywer oor wie die meeste gepraat is. Hy was radikaal, vreesloos, fassinerend en aan die voorpunt van alles wat in Afrikaans gebeur het. Hulle het reeds op skool (in graad tien) teenoor mekaar te staan gekom op 'n debatsaand toe Riana die wesenlikheid van sensuur moes verdedig en Koos die teenoorgestelde. Hulle het lank hierna nog gekorrespondeer.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,110
Feeks is 'n bundel kortverhale waarin die begrip heks (fee + heks = feeks) en engele sentraal staan. (In elke verhaal is iets met vlerke.) Hierin ondersoek Scheepers boosheid - iets wat sy fassinerend vind. Baie outobiogra.ese gegewens kom in die verhale voor wat die geloofwaardigheid en trefkrag daarvan versterk. Bose sowel as goeie hekse kom ook hierin voor.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,111
Terwyl Riana by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch skoolgehou het, het die leerders haar aangemoedig om 'n lekker avontuur-jeugverhaal te skryf, aangesien daar min sulke verhale beskikbaar was. Riana self wou weg-kom van jeugboeke met een of ander maat-skaplike probleem as tema. Blinde sambok, 'n outydse jeugroman vol avontuur het, danksy hierdie pleidooi, verskyn. Van die insidente in die verhaal is outobiogra.es omdat Riana op 'n plaas grootgeword het. Hoewel dit 'n outydse verhaal is, is die hoofkarakter dit beslis nie en die baie humor sorg vir heerlike vermaak. Riana het die boek in slegs vier dae geskryf, dit baie geniet en nie een negatiewe resensie gekry nie!
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,112
Met die taal van karmosyn is Riana se eerste digbundel. Volgens die woordeboek is karmosyn 'n hoogrooi, purper kleur. Die titel is ontleen aan 'n uitspraak van Robert Devriendt wat 'n metafories-erotiese tint aan die kleur karmosyn gegee het.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,113
Die gedigte handel oor Afrika, die liefde, ouers, her-digtings van klassieke verse, gesprekke met die ou Griekse digkuns en reis-verse. Dit is toeganklike poësie, lig en speels.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,114
Nadat Riana as rubriekskrywer by 'n tydskrif afgedank is, is sy gevra om 'n reeks rubrieke vir Die Beeld te skryf - 'n opdrag wat baie van 'n skrywer vra. Sy het gebid dat daar asseblief elke week iets oor haar pad moes kom waar-oor sy sou kon skryf - en toe kom daar elke dág iets oor haar pad! Hierdie reeks rubrieke is saamgevat in My voete loop na Wellington.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,115
n Engel in my huis is ook 'n bundel wat verskyn het omdat sy haarself gedwing het om die wonderwerk, die engel, in klein onbenul-lige dinge te sien. Hierin skryf sy oor haar reise oor die wêreld heen - waar sy oral vir haar huise 'versamel' waarin sy graag sou wou bly. Gewone gebeure soos 'n verjaarsdag of ete word in lekker stories omskep - stories wat laat lag en 'n mens aangryp. Volgens een resensent: ''n Lekkerleesbundel wat jy net móét hê!'
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,116
In 2006 verskyn Riana se eerste kinderboek, #Die avonture van Wilde Willemientjie. 'n Boek in rymvorm geskryf en vol pret en plesier! Die musikale verwerking van die teks het tydens die Klein Karoo Nasionale Kunste-fees (KKNK) van 2006 die gesogte Kanna Prys gekry vir die beste Kinderproduksie op die fees en was binne die eerste maand ná sy verskyning aangewys as die nommer een op die Topverkoperslys van Afrikaanse boeke. (Volwasse boeke ingesluit!
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,117
Die Melkweg het 'n ster laat val het so pas die lig gesien en verwesenlik Riana se begeerte om 'n bundel plaasstories - geskryf deur, onder meer, plaaswerkers - die lig te laat sien. Daar is op dié bundel besluit ter viering van De Compagnie se 300-jarige bestaan. Aanvanklik wou hulle sowat 50 verhale insluit, maar na die geweldige reaksie op dié kompetisie is ongeveer 500 verhale ontvang. (Sommige op stukkies papier!) Slegs 127 ver-hale is gekeur om in die bundel te verskyn.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,118
Nicci Thabo, 'n werker op De Compagnie en ook opgeleide kindertuin-onderwyseres, het meegehelp om hierdie bundel saam te stel. Nicci het 'n kompetisie deur die Bloemfonteinse Skrywersvereniging gewen en het as deel van die prys 'n skrywerswerk-sessie by hulle gaan bywoon. Sy woon ook gereeld Riana Scheepers se jaarlikse skryfskole in Oktober by. Tydens die Boer van die Jaar Toekenning in 2006 ontvang Riana en Nicci 'n spesiale prys van die Departement van Land-bou vir die kulturele bydrae wat dié publikasie in die landbougemeenskap gelewer het - en dit nog voordat die boek verskyn het!
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,119
Die ding in die vuur - ATKV Prosa Prys en die FAK Prys.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,120
Blinde sambok - ATKV Kinderboek Prys.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,121
Die avonture van Wilde Willemientjie - KKNK Prys vir die Beste Kinderproduksie.
1,933
GOV-ZA.8_vol50_no6_23.2010-03-25.af.txt
27,122
Katrina-bundels - Rapportryers se Erepenning..
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,124
In Oktober 1808 het 326 slawe van meer as 30 plase in hierdie streek gerebelleer en na Kaapstad opgeruk om hulle vryheid te eis. Hulle is gelei deur Louis van Mauritius, Abraham van die Kaap en 'n Ier, James Hooper, wat hulle hul vryheid beloof het. Hulle het op die slawe van Pieter Louw van die Swartland gekonsentreer en die opstand in die rigting van Koeberg en Tygervallei versprei. Altesaam 34 plase is geplunder, en die boere vasgebind en gevange geneem. Toe die slawe met hul opmars na Kaapstad begin het, het die Goewerneur, die Graaf van Caledon, soldate na die oproerige gebied gestuur en al 326 slawe is gevange geneem. Vyf van die voorlopers is in die openbaar opgehang en hulle lyke is vertoon om enigiemand met 'n soortgelyke ingesteldheid af te skrik.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,125
Groot getalle slawe het op die arbeidsintensiewe koringplase en in die gemengde boerdery-areas in die Swartland en aan die Weskus gewerk. Baie sendingstasies in die omgewing getuig ook van die sendingwerk wat onder die Khoekhoen en die slawe gedoen is. Die welbekendes is Wupperthal en Mamre, maar daar is ook Papendorp, Troe-Troe-sendingstasie by Vanrhynsdorp en Ebenhaezer.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,126
Kliek hier vir 'n kaart van die Weskus.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,127
Mamre (historiese dorpie en sendingstasie aan die R307) 'n Sendingstasie is in 1808 deur die Morawiese Sendinggenootskap by Groenekloof (Mamre) naby Malmesbury gevestig by 'n vorige militÊre buitepos op die plaas Louwplaas asook die plase De Groene Kloof en Cruywagenskraal.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,128
Die sendelinge Kohrhammer en Schmidt het met werk onder die plaaslike Khoekhoen begin, maar die sendingstasie het ook as 'n toevlugsoord vir vrygestelde slawe gedien. Vandag kan die ou kerkwerf, 'n meul, 'n bakkery, stalle en 'n skool nog daar besigtig word.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,129
Goedverwacht, Goedverwacht, Burgershoek naby Piketberg (Van die R399 af tussen Piketberg en Velddrif) Hierdie nedersetting was die wettige eiendom van 'n groep voormalige slawe, wat met die emansipasie in 1838 die plaas Burgerskloof van die eienaar, Hendrik Schalk Burger, geËrf het. Hy het die plaas aan sy slavin Maniesa en haar vyf kinders nagelaat op voorwaarde dat hulle hom tot sy dood sou versorg. Sy eie kinders het later die testament bestry, maar die hof het dit gehandhaaf en die plaas het Maniesa se eiendom gebly tot met die dood van haar laaste kind, Hester, in 1888. Haar graf kan in die begraafplaas gesien word. Goedverwacht, 'n Morawiese sendingstasie, is later hier gevestig toe die slawenakomelinge die grond vir £750 aan die Morawiese sendelinge verkoop het.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,130
Wupperthal (R364, 74 km vanaf Clanwilliam) In 1828 het twee Rynse sendelinge, Johann Gottlieb Leipoldt en J. von Wurm, gesamentlik die plaas Rietmond aan die Tratrarivier in die Cederberg distrik gekoop. 'n Sendingstasie is daar opgerig en Wupperthal genoem, na die sendelinge se tuisdorp in Duitsland. Baie vrygestelde slawe het hulle na die emansipasie hier gevestig. Die Rynse Sendinggenootskap het met verskeie industrieË begin, waaronder klipmesselwerk, hoedemakery, leerlooiery, houtwerk, dekrietwerk en skoenmakery, waarvan die laasgenoemde nog daar beoefen word. Dit is vandag 'n Morawiese sendingstasie.
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,131
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
1,934
GOV-ZA.9.2010-03-24.af.txt
27,132
| VRAE Vra vir ons: [email protected]?
1,935
GOV-ZA.9063.2010-03-24.af.txt
27,134
om provinsiale kurrikulum- en assesseringsbeleid en -prosesse in onderwysinstellings te beplan, te ontwikkel, te bestuur, te ondersteun en te moniteer, en om die gebruik van toepaslike tegnologie vir dienslewering, ondersteuning en bestuur van die kurrikulum te ondersteun.
1,935
GOV-ZA.9063.2010-03-24.af.txt
27,135
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?