document_id
int64
0
5.02k
document_filename
stringlengths
9
106
line_id
int64
1
81.3k
text
stringlengths
7
3.62k
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,478
Die voorgestelde struktuur vir die Kommissie is drie voltydse lede en nie meer nie as ses deeltydse lede, met 'n hoof uitvoerende beampte. Hierdie jong leiers moet geskikte en toegewyde verteenwoordigers van ons Provinsie wees. Hulle moet ook die geslags-, rasse-, godsdienstige en kulturele diversiteite van ons Provinsie in hul samestelling en werk demonstreer.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,479
Die rol van die Provinsie se Jeuglessenaar sal ook moet verander ter ondersteuning van hierdie nuwe struktuur en sy belangrike werk. Dit sal deur die nuwe Kommissie en die Regering bespreek moet word.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,480
Die Provinsiale Jeugkommissie was nie 'n eenmalige sukses nie en mag dit ook nie wees nie. By die voorbereiding vir verlede jaar se Groei- en Ontwikkelingsberaad was dit duidelik dat ons die behoefte aan die bemagtiging van die jeug moet verstaan, vandaar die Ekonomiese Ontwikkelingsberaad vir die Jeug voor die Groei- en Ontwikkelingsberaad en gevolglike samesprekings met jeugstrukture met die oog op die versekering van 'n plek vir ons jongmense om gehoor en ondersteun te word.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,481
Ten besluite - die Wes-Kaapse Provinsiale Jeugkommissie moet die duidelikste sein denkbaar aan ons jong burgers uitstuur.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,482
Positief gestel, jeugontwikkeling in al sy fasette is op die agenda vir hierdie Regering.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,483
U het 'n lewensbelangrike en fundamentele rol om te speel in die bou van hierdie Tuiste vir Almal. Ook in die bou van u eie Huis. Eis die ruimte wat hierdie wet vir u wil skep op en word so die burgers wat ons nodig het.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,484
Dit is vir my aangenaam om die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Provinsiale Jeugkommissie in hierdie Huis en voor die jeug van die Wes-Kaap ter tafel te lê.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,485
Ek dank u.
977
GOV-ZA.2004.aug.82892.82892.2010-03-24.af.txt
18,486
Onbekende staatstaal of akroniem Kyk in die WOORDELYS?
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,488
Baie dankie vir die uitnodiging na hierdie geleentheid. Dit is vir my altyd 'n voorreg om gemeenskappe op die platteland te besoek omdat die mense van die platteland 'n mens altyd so warm ontvang.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,489
Net verlede week in Lamberts Baai is ek en my gevolg met trompoppies in die dorp begelei, en dit laat 'n mens nederig voel.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,490
Toe die Premier gesê het ons moet voor 5 September ten minste ses van die twaalf skole sonder krag, van elektrisiteit voorsien, het ek dit as my doelwit gestel om nie ons gemeenskappe teleur te stel nie.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,491
Donderdag gaan ons na die Rhebosfontein Primêre Skool in Darling aan die Weskus, om hulle krag ook aan te skakel. Dit sal die aantal skole met elektrisiteit dan op nege uit twaalf te staan bring.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,492
Met hierdie program van die Premier se 100 dae depositos, wil ons 'n duidelike boodskap stuur van ons verbintenis tot ons gemeenskappe, selfs hier in die verste hoek van die provinsie.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,493
Die tekort aan geld en die effektiewe gebruik van ons skaars bronne, is van die grootste uitdagings wat ons almal in die gesig staar.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,494
Ek is tans in gesprek met my kollega Marius Fransman, die LUR vir Plaaslike Regering en Behuising, om te kyk na die moontlikheid van 'n spesiale toegewing vir skole, wat betref die betaling van munisipale dienste soos water, elektrisiteit en ander heffings. Dit behoort baie druk van veral ons plattelandse skole te haal.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,495
Nog 'n opsie waarna ons Wes-Kaapse Regering op die oomblik kyk, is die moontlike verkoop van skool- en staatsgrond om geld in te samel. Hierdie geld wil ons dan gebruik waar die nood groot is vir ekstra klaskamers of selfs 'n bykomende skool.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,496
Indien ons die bou van 'n skole hierdeur kan versnel, sal ons honderd duisende rand kan bespaar wat betref vervoergeld van kinders.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,497
Baie van ons skole op die platteland het nie eers ordentlike basiese geriewe nie, en tog is daar andere wie meen hulle het nie genoeg rekenaars nie.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,498
As die Wes-Kaapse Regering het ons 'n Grondwetlike verantwoordelikheid teenoor al ons kinders, insluitende die sowat 20% van ons leerders hier op die platteland.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,499
In die laaste 10 jaar het ons departement sekere skole op die platteland amalgameer om 'n eweredige verspreiding van ons bronne teweeg te bring.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,500
In die volgende twee jaar gaan ons ons Plattelandse Onderwys Plan finaliseer.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,501
Ons is vasbeslote om 'n einde te bring aan die paar apartheid praktyke wat nog leef.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,502
Ons kan nie 'n situasie aanvaar waar leerders verby sekere skole vervoer word na 'n ander dorp, nie.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,503
Ons het nog 'n lang pad om te loop indien ons van die Wes-Kaap 'n Leer Tuiste vir al ons Kinders wil maak. Maar ons is vasbeslote om dit te doen.
978
GOV-ZA.2004.aug.83999.83999.2010-03-24.af.txt
18,504
Laastens, baie dankie aan Eskom en alle ander rolspelers wie dit moontlik gemaak het vir ons kinders hier om nou 'n beter kwaliteit opvoeding te kan ontvang.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,506
Die geboorte van die nuwe Suid-Afrika 10 jaar gelede het ook vir landbou 'n nuwe uitdaging gebring. Dieselfde sektor wat vir jare deur 'n relatief klein groepie suksesvolle kommersiële boere oorheers is, het nou van hierdie boere gevra om betrokke te raak by vestiging, ondersteuning en bemagtiging van nuwe opkomende boere uit voorheen benadeelde gemeenskappe.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,507
Ek kan bevestig dat hierdie proses reeds opdreef is in die Wes-Kaap en dat dit elke dag moet groter toewyding aangepak word. Heelwat sukes is al behaal as gevolg van hierdie vennootskap. Ons het reeds meer as 5000 begunstigdes as gevolg van die grondhervormings prosesse waarvan meer as 3500 in die afgelope 2 jaar bevoordeel is. Die doelwit is om binne die volgende 6 jaar te verdubbel.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,508
Ons het die afgelope 10 jaar in geleidelike groei binne die primêre landbousektor in die Wes-Kaap ervaar. Die belangrikste is die skep van 32 000 permanente werksgeleenthede binne landbou, tussen 1996 en 2001.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,509
Opleiding beklee 'n prominente plek in die diensleweringsketting aan bevoordeeldes in die grondhervormingsprogram (LRAD) van die Provinsie. In baie gevalle is dit een van die eerste dienste wat aan die betrokkenes aangebied word en dra by tot die sukses van die program in die geheel en ook ten opsigte van kapasiteitsbou van die bepaalde landelike gemeenskappe.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,510
As minister van landbou in die Wes-kaap is ek baie opgewonde oor die hande vat poging tussen my department en u organisasie. Dit is wonderlik om te kan sê dat die departement ook op hierdie gebied sy bemagtigingsrol speel. Dit is volgens die grondwet ons plig om ook om te sien na die bemagtiging van gestremdes. Dit is vir my aangenaam om bekend te maak dat die departement van landbou 'n bedrag van R400 000.00 beskikbaar gestel het vir die skep van die nodige infrastruktuur om te help met die opleiding van gehoorgestremdes. Ek sien daarna uit wanneer die resultate van hierdie program ook 'n wesenlike rol binne die landbou sektor sal speel. Ek het groot vertroue in die gesamentlike poging tussen u en die departement van landbou en wil vir u alle voorspoed toewens met hierdie verbeeldingryke projek.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,511
Die uitendelike sukses van hierdie projek sal daarin lê dat landbou in al sy vertakkings in die toekoms hierdie opgeleide persone wat toevallig gestremd is in diens sal neem. Daar rus 'n verpligting op elkeen van ons om 'n hand uit te steek na hierdie mense wat vir te lank geignoreer is om hulle volledig deel te maak van ons samelewing. Dit is ook die laaste keer dat ek sal verwys na hulle en ons. In die toekoms behoort ons nie eers daardie onderskeid te kan maak nie.
979
GOV-ZA.2004.aug.84181.84181.2010-03-24.af.txt
18,512
Ten slotte wil ek vir u sê dat dit wat ek hier vir u voorgehou het, nie is om vir u te sê hoe goed ons is nie. Dit is slegs 'n poging om vir u aan te dui waarmee ons besig is om deur landbou 'n tuiste vir almal in die Wes-Kaap te skep. Ek wil dankie sê vir die besondere wyse waarop u in hierdie omgewing ook u bydrae maak. Ons sien uit daarna om saam met u hande te vat om verdere beslag te gee aan IKAPA ELIHLUMAYO.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,514
Die Premier en mev.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,515
Ouers, ontvangers van die toekennings en gasteEk erken ook die aanwesigheid van die voormalige nasionale Minister van Onderwys, professor Kader Asmal, en my provinsiale voorganger, advokaat André Gaum.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,516
Ek bedank graag die groot getal leerders en ouers wat op kort kennisgewing hierdie heuglike geleentheid bywoon. Ek is seker daarvan dat die ouers van die leerders wat gister deur die Departement geskakel is, baie in hulle skik moes gewees het toe hulle hoor dat hulle na die Premierswoning uitgenooi is.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,517
Baie geluk aan al ons matrikulante wat geslaag het. Julle het ons almal trots gemaak - jul ouers en die gemeenskappe wat julle verteenwoordig.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,518
Aan dié wat nie sukses behaal het nie, wil ons sê dat dit nie die einde van die wêreld is nie. Ek wil julle aanmoedig om voor 18 Januarie 2005 in te skryf vir die aanvullende eksamen. Gebruik elke dag wat jy het om jou vaardighede te verbeter.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,519
Meld jou aan, werk deeltyds, lees, leer ander, leer en ontdek elke uur wat jy wakker is. 'n Nuwe dag breek vir ons aan, oor jou en oor Afrika. Môre sal beter wees as gister.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,520
Vandag het ons in hierdie pragtige tuin van Leeuwenhof, waar slawe hard gewerk het vir hul meesters, die lig wat vir ons hoop gee. Ons sal nooit ons geskiedenis in die Wes-Kaap vergeet nie. Waar kom ons vandaan Waar gaan ons heen Ons beweeg voorwaarts. Ons sal nooit terugdraai nie?
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,521
Meneer die Premier, ek is trots daarop om bekend te maak dat ons vir die vierde agtereenvolgende keer 'n slaagsyfer van meer as 80% behaal het. Vanjaar is die Wes-Kaap se slaagsyfer 85%. My Ministerie is egter deeglik bewus daarvan dat die toppresteerders kom uit histories bevoordeelde gemeenskappe. Die Wes-Kaap is trots op hierdie leerders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,522
Voorts besef ons dat die slaagsyfer nie die hoë persentasie leerders weerspieël wat uitsak hoofsaaklik as gevolg van sosio-ekonomiese faktore voordat hulle matriek bereik nie. Elke jaar begin 80 000 leerders in ons provinsie in graad 1, maar net 40 000 haal matriek. Dit is ons grootste uitdaging.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,523
In die toekoms gaan ons die skole vereer wat ons kinders in die skool hou, weg van tik, weg van bendes en 'n pad van wanhoop. Dié onderwysers gee ons kinders hoop. Hulle is die lig wat brand en nooit doodgaan nie. Hulle is die ware helde wat die Wes-Kaap gaan verander.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,524
Ten einde die geweldige uitdagings waarvoor ons in die onderwys te staan kom, die hoof te bied, sal die Departement op die uitkyk wees na vennootskappe met arbeid, die sakesektor, plaaslike regering, NRO's en ander maatskaplike vennote. Ons besef dat skole nie in 'n lugleegte kan funksioneer nie en dat hulle beter, volgehoue ondersteuning nodig het.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,525
Die nuwe Wes-Kaapse Onderwysstigting wat volgende jaar bekendgestel word, sal hierdie vennootskap saamsmee tot 'n ware instrument tot transformasie, billikheid en gehalte.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,526
n Mens sou kon beweer dat die Wes-Kaapse Regering vir langer as ander provinsies gekwel is deur die spookbeeld van apartheid, wat meegebring het dat my Ministerie 'n diepgewortelde status quo moes uitdaag.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,527
Die onderwysprofessie is gestabiliseer deur bykomende fondse van die Provinsiale Tesourie te bekom om 1 800 onderwysposte te red en aanstaande jaar 365 meer onderwysers aan te stel. Ek bedank graag die Premier, LUR Brown en my Minister, Minister Naledi Pandor, vir hul ondersteuning in hierdie moeilike tyd.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,528
Die grondslag is gelê om die Wiskunde HG-slaagsyfer op te skuif van 4 000 vanjaar na 8 000 in 2009.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,529
In opdrag van uself, Meneer die Premier, is 'n provinsiale mensehulpbronstrategie ontwikkel met die fokus op die jeug. Die strategie word tans geoperasionaliseer en gekoppel aan ons susterdepartement se rigtinggewende strategieë in 'n poging om vaartbelyn te werk te gaan.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,530
Elke skool in ons provinsie is geëlektrifiseer. Daardeur is ons 100-daedoelwitte bereik.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,531
n Grondoudit van onbenutte onderwyseiendom is geïnisieer met die oog op moontlike vervreemding ten einde die byeenbring van bykomende fondse vir die bou van die 65 skole wat ons nodig het, te versnel.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,532
n Beleidsriglyn is ontwikkel ten opsigte van die optimale benutting van klaskamerruimte. Die beleid sal gefinaliseer word na uitgebreide raadpleging in 2005.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,533
Daar sal seker gemaak word dat alle skole op 19 Januarie 2005, die dag waarop die skole heropen, daadwerklik met onderrig begin, en ons sal die gehalte van onderrig in blootgestelde skole deeglik dophou.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,534
Ons sal sommige van ons distriks- en hoofkantoorpersoneellede, met inbegrip van kringbestuurders, herontplooi sodat hulle optimaal aangewend en verantwoordingspligtig gehou word.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,535
Die uitslae van graad 8 tot 11 word hersien om deurgang te verseker en seker te maak dat die vakgebiede wiskunde, wetenskap en rekeningkunde geprioritiseer word.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,536
Ons mensehulpbronstrategie word belyn sodat dit al die onderwysbane ondersteun en leerders help ontwikkel met kennis, vaardighede, waardes en gesindhede wat kan bydra tot die provinsie se ekonomie, armoede kan help bekamp en werk kan skep.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,537
Daar word seker gemaak dat elke hoërskool teen die einde van volgende jaar 'n rekenaarlaboratorium sal hê, en elkeen van ons skole word in vennootskap met Multi-Choice toegerus met 'n satellietskottel, 'n televisiestel en 'n videokassetopnemer.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,538
Vennootskappe word gesmee met die sakesektor, ander regeringsdepartemente, maatskaplike vennote en gemeenskappe. Ek het byvoorbeeld ons 30 munisipaliteite versoek om in die nuwe jaar hul plaaslike topleerders te vereer. Ek het elke burgemeester gevra om die toekenning van 'n beurs of kontantprys vir die beste algehele matrikulant in die betrokke munisipale gebied te oorweeg, asook vir die beste hoërgraadleerders van histories benadeelde skole in hul dorpe vir die vakke wiskunde, wetenskap en rekeningkunde. Ek bedank graag daardie burgemeesters wat reeds op my versoek gereageer het.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,539
Daar is baie waaroor ons kan feesvier. 'n Betekenisvolle getal van ons skole het van 2003 na 2004 'n toename ervaar in die getal leerders wat die Senior Sertifikaat behaal het. In sommige skole het die getalle gestyg met meer as 30 leerders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,540
Vanjaar het nog meer leerders, te wete 38 896, hulle vir die Senior Sertifikaat-eksamen ingeskryf - 'n verbetering op die afgelope twee jaar.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,541
Die verdere goeie nuus is dat, alhoewel ons slaagsyfer van 85% vir 2004 'n afname van 2,1% weerspieël vergeleke met 2003, is alle aanduidings daar dat die gehalte van ons onderwys voortdurend verbeter.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,542
Die getal kandidate wat endossement verkry het, het toegeneem van 10 323 verlede jaar tot 10 524 vanjaar - 'n toename van 201 leerders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,543
Die getal kandidate wat met onderskeiding geslaag het, 'n totaal van meer as 80%, het toegeneem van 2 170 tot 2 202 - 'n toename van 23 leerders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,544
Premier, daar is ook goeie nuus wat betref die vakrigtings wiskunde en wetenskap. In 2003 het 3 938 kandidate wiskunde op hoër graad geslaag. Vanjaar het ons dit verhoog na 4 268, wat 'n toename is van 330 leerders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,545
In 2003 het 3 892 leerders fisiese wetenskappe op hoër graad geslaag. Vanjaar was daar 'n toename van 45 leerders en staan die syfer op 3 937.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,546
Ek is besonder verheug daaroor dat 70% van ons 386 hoër skole 'n onderskeidingslaagsyfer van meer as 80% aangeteken het, en dat 157 van hierdie skole 'n slaagsyfer van 96% en meer toon.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,547
Dit bevestig net dat die standaard van ons onderwys hoog is en weerlê die siening dat slegs 'n hulpbronryke skool in staat is tot gehalteonderwys.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,548
Die skole wat bygedra het tot die toenames in getalle op die gehalteaanwysers, kom uit die volle spektrum skooltipes - voormalige model C-skole, voormalige skole van die Huis van Verteenwoordigers en voormalige DOO-skole.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,549
In dié opsig het die getal endossemente van voormalige DOO-skole gestyg van 270 in 2003 tot 390 in 2004 en die getal hoërgraad-wiskunde-kandidate van 78 tot 136.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,550
Mooi so, leerders! Hierdie getalle is klein en daar is aansienlik ruimte vir verbetering, maar is nietemin 'n aanduiding van die gestadige dog betekenisvolle groei waarna ons oor die volgende vyf jaar streef.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,551
n Toenemende getal voormalige model C-skole het ook deur middel van toelatings hul deure geopen vir groot getalle kleurling- en swart leerders en het steeds uitstekende uitslae behaal. Hier wil ek graag Sans Souci Hoër Meisieskool noem, wat 'n endossementkoers van oor die 75% oor drie jaar gehandhaaf het.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,552
Hierdie skool, wat later vereer sal word, het 46 kleurling-, 5 blanke, 18 swart en 12 Indiërmatrikulante. Sans Souci beteken vir my "sonder gelyke". Die geleentheid wat julle gebied het aan swart vroulike leerders is inderdaad navolgenswaardig. In dié verband wil ek ook die pogings noem van die Hoërskole Settlers en Pinelands.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,553
Daarom vier ons vandag nie net die prestasies van die kandidate en skole nie, maar bring ons ook hulde aan die skoolhoofde, die onderwysers en al ons gemeenskappe vir hul bydrae tot die ontwikkeling van die Wes-Kaap as 'n lerende Tuiste vir Al Ons Kinders.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,554
Premier, dit is 'n tasbare weergawe van die verbintenis van die WKOD en ons gemeenskappe op u oproep aan hierdie provinsie om 'n Tuiste vir Almal te wees.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,555
Vanjaar het die WKOD verkies om verbeterde of bestendige prestasie te beloon terwyl Graad 12-inskrywingsvlakke gehandhaaf of verhoog word.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,556
Aangesien dit ons oogmerk is om seker te maak dat leerders aanhou tot by Graad 12, sal leerdergetalle in Graad 8 tot 11 oor die vorige vier jaar nagespoor word. Alle skole, met inbegrip van onafhanklike skole, wat kandidate vir die WKOD se Senior Sertifikaat-eksamen ingeskryf het, het in aanmerking gekom vir toekennings.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,557
Ons weet dat ons skole in baie verskillende maatskaplike werklikhede bestaan, en derhalwe het die Departement verskillende kategorieë ingestel wat hierdie verskille in ag neem en van toepassing maak op die driejaartermyn 2002 tot 2004. Mnr. Brian Schreuder van my departement sal dit alles aan u verduidelik.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,558
Daarbenewens sal die SG 'n nuwe skool in Kraaifontein vereer wat werklik in die bestek van twee kort jare groot vordering gemaak het op die pad na gehalte. Ons studente in Khayelitsha het groot vordering getoon. Gehalte is nie langer die alleenbesit van enkele skole nie.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,559
Ek moet ook meld dat die Presidensiële nodale area van Mitchells-plein en Khayelitsha by die Rocklands-burgersentrum in Mitchells-plein as gasheer optree by 'n geleentheid ter verering van hul toppresteerders. Soos reeds genoem het ek ons burgemeesters in die verskillende munisipaliteite gevra om in die nuwe jaar ook so te maak.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,560
Ons vier fees om te beloon, maar ook om ons leerders aan te moedig om hul opvoeding voort te sit aan VOO-kolleges, -technikons of -universiteite.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,561
Ek het daarom vooraanstaande korporatiewe burgers genader om behulpsaam te wees met regeringspogings tot die totstandbrenging van 'n lerende tuiste vir al ons kinders deur belowende matrikulante wat die terreine van die wetenskap, wiskunde en tegnologie wil betree, finansieel te ondersteun. SAICSA, ETV, Checkers Shoprite, MasterMaths en MECER-rekenaars is van dié wat op ons oproep gereageer het. Daarvoor bedank ons hulle.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,562
Saam kan ons nie misluk nie. Swartmense, bruinmense, witmense en Indiërs, mans en vroue, Christene, Hindoes, Moslems en Jode - ons sal van hierdie provinsie 'n tuiste vir almal maak. Stedelike en plattelandse gebiede, diegene met leerhindernisse - ons gaan dit regkry.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,563
Ten slotte, Meneer die Premier en geëerde gaste, die gladde verloop van die administrasie van die eksamens en die uitstekende uitslae is 'n weerspieëling van die toewyding, verbintenis en professionalisme van die amptenare van ons departement onder die leiding van Superintendent-generaal Ron Swartz, Adjunkdirekteur-generaal Brain Schreuder, Hoofdirekteur Penny Vinjevold, Direkteur van Kurrikulumontwikkeling Jenny Rault-Smith, Direkteur van Eksamens André Clausen, en talle ander direkteure en personeellede van ons Onderwysbestuurs- en Ontwikkelingsentrums. Ek bedank hulle vir al hul pogings en harde werk.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,564
Die belangrikste mense wat ek wil bedank, is egter die 28 500 onderwysers en 8 000 staatsamptenare op wie ons staatmaak om onderwys aan ons leerders moontlik te maak.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,565
Ons het goed gevaar. Ons het gehalte verbeter. Ons histories benadeelde skole doen hul deel. Al ons skole is vir ons prioriteit, veral dié waar armoede hoogty vier en waar mensepotensiaal dikwels onderdruk word. Maar daar is werk wat gedoen moet word.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,566
Ons moet die dag gou laat breek. Laat ons die sterre van die hemel af neem. Duisternis, jou dae is nou getel, want ons hou saam die lig in ons hande.
980
GOV-ZA.2004.dec.95621.E.2010-03-24.af.txt
18,567
Ek dank u.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,569
Dit is baie belangrik dat ons in die tiende jaar van demokrasie in Suid-Afrika voortbou op die vennootskappe wat die afgelope dekade tussen onder meer die regering, kultuursektor, sakesektor, toerisme-sektor en die publiek gevorm is, veral vennootskappe soos dié wat met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gevorm is. Elke sektor kom met sy unieke bydrae tot die skeppingsproses van 'n Wes-Kaap en Suid-Afrika wat vir ons mense die ruimte én gereedskap gee om hul hoogste potensiaal te bereik.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,570
Die afgelope tien jaar was vir Suid-Afrika 'n dekade agter die pottebakkerswiel; 'n dekade waartydens 'n nuwe land geskep, gebrei en geslyp is uit 'n ongevormde klomp. Oor die tien jaar is daar ver gevorder met die skeppingsproses van hierdie nuwe land en nasie, wat te danke aan sy kreatiewe waagmoed om verander en gevorm te word, ver ontluik het as erdewerk-pragstuk - 'n unieke werk wat eg Afrika is, gloeiend met die land en kontinent se oorvloed talent.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,571
Die KKNK sluit vanjaar by Suid-Afrika se tienjaarvieringe aan as 'n fees wat vir soveel jare reeds 'n integrale rol speel in die kreatiewe groeiproses van ons jong land. Danksy net soveel kreatiewe waagmoed en bereidwilligheid om aan te pas, uit te vind en in te pas, het dié fees die afgelope dekade 'n lewende verhoog gebied vir sy aanbieders, deelnemers en toeskouers om saam te skep aan die Suid-Afrikaanse erdewerk-wonderwerk.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,572
Dit is 'n fees waarmee die Wes-Kaap vreeslik graag spog, en wat die Provinsiale Regering sonder huiwering ondersteun - nie net as 'n viering van Afrikaanse kuns en kultuur nie, maar ook as 'n egte entrepreneursfees, immer-groeiende toerismefees en waardevolle werkskeppingsfees.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,573
n Fees van die KKNK se kaliber kan slegs ná 'n dekade nog in 'n posisie wees om op 'n uitsonderlike wyse te vermaak, te inspireer en te floreer as hy bereid was om soms die hitte van die pottebakkersoond aan te durf. Terwyl ons vanjaar met oorgawe die mylpaal van tien jaar van demokrasie in Suid-Afrika vier, vier ons juis ook dít: om, deur bereidwillig te wees om op te offer, aanpassings te maak en te belê, te kan toeneem in krag en groeipotensiaal.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,574
Ten einde die potensiaal van kunstenaars van die Wes-Kaap se talent ten volle te ontwikkel is daar enkele uitdagings wat die hoof gebied moet word.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,575
Volgens die jongste statistiek van die "Coastal Artiste Network" kom ongeveer 46% van die openbare uitsaaier se televisiebegroting uit die advertensie- en lisensie-inkomste van Suid-Afrika se kusgebiede, maar 90% van die sogenaamde Suid-Afrikaanse uitsaai-inhoud het sy oorsprong in Gauteng.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,576
Dit is belangrik dat elke provinsie in Suid-Afrika, insluitend die Wes-Kaap, sy regmatige aandeel in televisiedekking kry. Die Wes-Kaap het al keer op keer bewys dat hy beslis beskik oor wat dit verg: unieke kunstenaarstalent. Ons kunstenaars is een van ons provinsiale bates en moet bevorder word.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,577
Daarom glo ons dat daar in Suid-Afrika 'n sterk behoefte aan 'n streekuitsaaidiens bestaan om programme en streeknuus van bepaalde belang vir plaaslike gemeenskappe te lewer. Streekuitsendings oor televisie en radio sal die kulture en amptelike tale van die onderskeie provinsies ook aansienlike steun gee.
981
GOV-ZA.2004.feb.52519.52519.2010-03-24.af.txt
18,578
Daarom is ons baie verheug oor die SABC se aansoek vir bykomende streekstelevisielisensies. Ek wil 'n beroep doen op alle Wes-Kapenaars om voor eerskomende Maandag, die 9de Februarie, kommentaar hierop by ICASA in te dien, asook om later vanjaar aan die openbare verhore oor streekstelevisielisensies deel te neem. Veral die kunstenaars in die Wes-Kaap moet hierdie geleentheid aangryp, want streeksuitsendings sal vir hulle deure oopmaak en verseker dat die kultuur-, kunste- en taalverskeidenheid van die Wes-Kaap behoorlike blootstelling kry en tot sy volle potensiaal as instrument van nasiebou ontwikkel.
982
GOV-ZA.2004.feb.53293.2010-03-24.af.txt
18,580
Meer as vyftig inwoners van 'n Kaapse tehuis wat omsien na weeskinders wat aan ongeneeslike siektes ly, is vandeesweek die ontvangers van 'n eerste skenking kinder-laslapkomberse - die jongste projek van die Wes-Kaapse Premiersvrou Liefdadigheidsfonds. Premiersvrou Suzette van Schalkwyk en haar komiteelede oorhandig vanoggend (Dinsdag, 3 Februarie 2004) dié komberse by die Nazareth-tehuis in Vredehoek, Kaapstad.
982
GOV-ZA.2004.feb.53293.2010-03-24.af.txt
18,581
Dié projek is sowat ses maande gelede as 'n inisiatief van mev. Van Schalkwyk begin. Die komberse word deur Wes-Kaapse werkskeppingsgroepe soos die Chrysalis Akademie in Tokai en die Christenvroue Aksiegroep in Eersterivier vervaardig. Dié groepe word deur die Premiersvrou Liefdadigheidsfonds vergoed met geld wat by fondsinsamelingsfunksies geïn word, terwyl die materiaal vir die komberse meestal deur skenkings verkry word. Materiaal is onder meer reeds deur 'n bekende Kaapse klere-ontwerper en 'n voorste kinderklerewinkel geskenk.
982
GOV-ZA.2004.feb.53293.2010-03-24.af.txt
18,582
"Ons het besluit om komberse te maak, omdat dit nie net 'n praktiese doel dien nie, maar kinders dikwels ook 'n gevoel van veiligheid en sekuriteit gee - soveel te meer wanneer hulle siek en behoeftig is. Terselfdertyd word broodnodige werk verskaf aan groepe wat besig is om hulself en ander rondom hulle te bemagtig. Ons beplan om die komberse in die toekoms aan nog kinderhuise te skenk, asook plekke wat omsien na jong Vigslyers, én die skenkings na die Wes-Kaapse platteland uit te brei," sê die Premiersvrou.