text
stringlengths 103
136k
| id
stringlengths 10
16
|
---|---|
Gereformeerde kerk Cullinan
Die Gereformeerde kerk Cullinan is die sesde oudste van die 11 gemeentes in die GKSA se Klassis Oostelike Pretoria en in 2015, toe hier 171 belydende en 41 dooplidmate was, die vyfde kleinste.
Die Gereformeerde kerk op Cullinan is op 10 September 1966 van die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit afgestig. Aan die begin het die gemeente uit agt wyke bestaan en is eredienste in die Presbiteriaanse kerk, toe die skoolsaal en later die Voortrekkersaal gehou. Eindelik het die gemeente 6 morg kerkgrond teen R112,50 per morg van die Zonderwater-gevangenis aangekoop. Eers is net 'n kerksaal gebou wat op 26 Julie 1970 in gebruik geneem is. Die koste was R21 000 en dr. B.R. Kruger het die hoeksteen op 2 Mei 1970 gelê.
Die eerste orrel is geskenk deur die moedergemeente en is later vang deur 'n unieke pyporreltjie, wat nie eens voetnote het nie en moontlik die kleinste in die kerkverband is. Later is die saal in 'n kerk omskep met die aanbou van die vleuels en moederskamer.
Die gemeente se eerste pastorie was 'n huis wat iemand gratis aan die gemeente beskikbaargestel het. Eindelik het die gemeente 'n ruim en doeltreffende pastorie laat bou teen 'n koste van sowat R30 000. Die katkisasielokale, wat bestaan 'n klaskamers en 'n saal, het die lidmate self gebou op 'n deel van die terrein van die ou Italiaanse krygsgevangekamp.
| afr_Latn_400 |
Isabel Allende
Isabel Allende (1942-) is 'n Chileense skrywer en joernalis. Sy is die bes verkopende Spaanse skrywer, met 51 miljoen verkoopde romans, wêreldwyd. Haar oom was Salvador Allende, 'n voormalige president van Chili.
Allende se werke bevat aspekte van magiese realisme. Sy is bekend vir romans soos The House of the Spirits (La casa de los espíritus, 1982) en City of the Beasts (La ciudad de las bestias, 2002), wat kommersieel suksesvol was. Sy skryf hoofsaaklik in Spaans, maar is (as 'n tweede-taal spreker) vlot in Engels.
Sy was 'n vlagdraer tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn, Italië. In 2007 het sy haar ondervindinge op 'n TED-konferensie, genaamd Tales of Passion, met die wêreld gedeel.
| afr_Latn_401 |
Gereformeerde kerk Daniëlskuil
Die Gereformeerde kerk Daniëlskuil is die vyfde oudste van die 15 gemeentes in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes, wat 'n reusedeel van die Noord-Kaap van Kimberley tot Upington beslaan. In 2015, toe die gemeente 55 belydende en 17 dooplidmate gehad het, was dit die 10de grootste gemeente in die Klassis.
| afr_Latn_402 |
Sulfaat
'n Sulfaat is 'n sout wat die komplekse ioon SO₄²⁻ bevat of 'n ester wat 'n (bidentate) -SO₄-groep bevat. Die ioon is die suurres van swaelsuur, H₂SO₄.
Die ioon het 'n tetraëdriese vorm en die sentrale atoom het 'n oksidasietoestand van +6. In beginsel is dit 'n sterk oksidant, maar kineties is hierdie werking dikwels gehinder en vertoon die sulfaatioon groot stabiliteit. Baie sulfate is goed oplosbaar in waterige oplossings. Uitsonderings is die sulfate van kalsium, stronsium, barium, radium en lood(II).
Sulfate van kalsium kom baie voor as minerale en word gemyn. Die dihidraat se naam is gips. Suid-Afrika het aansienlike reserwes en gips word daar sedert 1913 geproduseer.
Opgeloste sulfate is 'n baie belangrike voedingstof vir plante. Swael kan net deur plante opgeneem word as dit in die vorm van 'n sulfaatioon aangebied word. Sulfaat kan ook deur sulfaatreduserende bakterië gebruik word vir hulle metabolisme.
| afr_Latn_403 |
Gereformeerde kerk Molteno
Die Gereformeerde kerk Molteno is, hoewel dit reeds in 1903 gestig is, slegs die 12de oudste van die 17 gemeentes in die GKSA se Klassis Burgersdorp. Weens die gedurige wegtrek van lidmate uit die Noordoos-Kaap, tradisioneel die hartland van die Gereformeerde kerkverband, het hier in 2015 net 29 belydende en drie dooplidmate oorgebly sodat Molteno toe die derde kleinste gemeente in dié Klassis was en die kleinste in die Noordoos-Kaap.
| afr_Latn_404 |
Ek is 'n Afrikaan (toespraak)
Ek is 'n Afrikaan is die titel van 'n toespraak deur Thabo Mbeki, namens die African National Congress in Kaapstad, op 8 Mei 1996 gelewer tydens die aanvaarding van die Grondwetsontwerp van die Republiek van Suid-Afrika. Mbeki was die adjunkpresident van Suid-Afrika, en het in hierdie amp gedien onder pres. Nelson Mandela. Mbeki se reputasie was as gevolg van die toespraak gevestig as dié van 'n politieke redenaar vergelykbaar met Martin Luther King jr. In 2013, het oud-president Frederik Willem de Klerk, in Den Haag tydens die 12de Europese lesing sy eie weergawe van die "Ek is 'n Afrikaan" toespraak gelewer: "My voorvaders was Hugenote uit Frankryk wat in 1688 via Holland na Suid-Afrika toe gekom het ... My kultuur, soos die kulture van so baie mense dwarsoor die wêreld, is deurtrek met ongeëwenaarde literatuur, kuns en musiek uit Europa. En steeds is ek 'n Afrikaan. ... Ek streef daarna om sy belange in verhouding met die res van die wêreld te bevorder, en ek ondersteun sy sportspanne wanneer hulle spanne van ander kontinente aandurf."
| afr_Latn_405 |
Gereformeerde kerk Molopo
Die Gereformeerde kerk Molopo was 'n klein gemeente van die GKSA in die Kalahari wat deel was van die Klassis Vryburg.
Molopo is in 1954 gestig en het die plekkies Tosca en Bray ingesluit. In sy kort bestaan van net 21 jaar het die handjie vol lidmate (in 1960 was hier byvoorbeeld 29 belydende en 14 dooplidmate) daarin geslaag om hul eie kerkgebou te bekom. Die gemeente het in 1975 ontbind waarna lidmate ingeskakel het by die Gereformeerde kerk Vryburg.
| afr_Latn_406 |
73ste Golden Globe-toekenningsaand
Die 73ste Golden Globe-aand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2015 vereer het, is op 10 Januarie 2016 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die benoemdes is op 10 Desember 2015 aangekondig.
Ricky Gervais het die geleentheid vir die vierde keer aangebied. Mr. Robot, Mozart in the Jungle, The Revenant, The Martian en Steve Jobs was van die produksies wat meer as een prys gewen het.
| afr_Latn_407 |
72ste Golden Globe-toekenningsaand
Die 72ste Golden Globe-aand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2014 vereer het, is op 11 Januarie 2015 deur NBC in The Beverly Hilton in Beverly Hills, Kalifornië, gehou. Die benoemdes is op 11 Desember 2014 aangekondig.
Tina Fey en Amy Poehler het die geleentheid vir die derde agtereenvolgende en laaste keer aangebied. The Affair, Birdman, Boyhood, Fargo, The Theory of Everything en Transparent was van die produksies wat meer as een prys gewen het.
| afr_Latn_408 |
Gereformeerde kerk Goedgegun
Die Gereformeerde kerk Goedgegun was een van twee gemeentes van die GKSA in Swaziland (nou Eswatini). Die middelpunt van die gemeente was op Goedgegun, die vierde grootste nedersetting in Swaziland, waarvan die naam later verander is na Nhlangano, wat "plek van ontmoeting" beteken.
Die gemeente Goedgegun is in 1926 gestig en was deel van die Klassis Piet Retief. Die hoeksteen van die kerkgebou is op 30 November 1928 deur ds. J.H. Boneschans gelê. Omstreeks 1950 was dit nog 'n volwaardige gemeente met 234 lidmate, maar in 1960 was daar net 91 belydende en 84 dooplidmate. Destyds was Goedgegun in kombinasie met die Gereformeerde kerk Pongola sodat ds. P.J. Steyn albei gemeentes bedien het, terwyl hy op Goedgegun gewoon het. Die gemeente het in 1964 ontbind, 'n jaar voor die Gereformeerde kerk Stegi, wat gesentreer was om die plekke Stegi (later Siteki genoem) en Bremersdorp (deesdae Manzini). Ook die NG gemeente Bremersdorp, gestig in 1944, het ophou bestaan toe dit by Goedgegun ingelyf is.
Die NG gemeente Goedgegun is in 1922 gestig en bestaan vandag (2017) nog. Einde 2014 het die gemeente 90 belydende en 36 dooplidmate gehad einde 2015 onderskeidelik 84 en 33.
| afr_Latn_409 |
Gereformeerde kerk Stegi
Die Gereformeerde kerk Stegi was een van twee gemeentes van die GKSA in Swaziland (nou Eswatini). Die gemeente was gesentreer om die nedersettings Stegi (waarvan die naam later Siteki geword het) en Bremersdorp (wat later Manzini geword het).
Sowel die Gereformeerde kerk Stegi as die Gereformeerde kerk Goedgegun is in 1926 gestig, maar Goedgegun het in 1964 ontbind, 'n jaar voor Stegi. Reeds in 1960 het Stegi net 39 belydende en 34 dooplidmate gehad en in die jaar waarin hy ontbind is, net 14. Oudl. Neel van Staden het tot met die ontbinding van die gemeente in die kerkraad gedien. Met sy vertrek uit Swaziland het hy die Kanselbybel en -stoel saamgeneem na Komatipoort, waar hy ook betrokke was by die bou van die kerk en is albei die artikels nog in die gemeente se besit.
Die NG gemeente Bremersdorp, wat in 1944 gestig is, is later ingelyf by die NG gemeente Goedgegun, wat vandag (2016) nog bestaan.
| afr_Latn_410 |
Siteki
Siteki is 'n dorp in die ooste van Eswatini wat vroeër as Stegi bekendgestaan het. Dit is genoem na aanleiding van 'n verklaring deur Mbandezi wat sy manskappe toegelaat het om te trou. Die dorp is geleë in die Lebomboberge.
Hier was vroeër 'n klein Afrikaanse gemeenskap wat die Gereformeerde kerk Stegi in 1926 gestig het, maar nadat die lidmate tot net 14 in 1965 afgeneem het, het die gemeente in daardie jaar ontbind.
| afr_Latn_411 |
Nhlangano
Nhlangano is die vierde grootste nedersetting in Eswatini en die setel van die distrik Shiselweni.
Die dorp is vroeg in die 1920's deur Afrikaners as 'n landbousentrum aangelê en het lank as Goedgegun bekendgestaan. Hierdie Afrikaners het die NG gemeente Goedgegun in 1922 gestig en die Gereformeerde kerk Goedgegun in 1926. Eersgenoemde bestaan nog en het einde 2014 90 belydende en 36 dooplidmate gehad, maar die Gereformeerde gemeente het weggekwyn en in 1964 ontbind. Laat in die 1970's was hier nog 250 wit inwoners uit 'n inwonertal van 1 700.
Die naam Nhlangano beteken "plek van ontmoeting". Die dorp lê aan die Ngwavumarivier. In 1947 het die destydse Britse monarg, koning George VI, die Swazikoning Sobhuza II op die dorp ontmoet om hom te bedank vir Eswatini se bydrae toe die oorlogspoging.
| afr_Latn_412 |
Swami Vivekananda
Swami Vivekananda (12 Januarie 1863 - 4 Julie 1902), gebore as Narendranath Datta, was 'n Indiese Hindoemonnik. Hy was 'n hoofdissipel van die 19de-eeuse Indiese mistikus Ramakrishna. Hy was 'n sleutelfiguur in die bekendstelling van die Indiese filosofieë van Vedanta en Yoga aan die Westerse wêreld, en kry die krediet daarvoor dat hy 'n bewuswording tussen godsdienste aangewakker het en Hindoeïsme in die laat 19de eeu tot die status van 'n groot wêreldgodsdiens opgehef het. Hy was 'n belangrike figuur in die hedendaagse Hindoehervormingsbewegings in Indië en het bygedra tot die begrip "nasionalisme" in koloniale Indië. Vivekananda is dalk die bekendste vir sy toespraak wat begin het met die woorde "Susters en broers van Amerika ..." waarin hy Hindoeïsme in 1893 bekend gestel het voor die Parlement van Wêreldgodsdienste in Chicago.
Vivekananda is in 'n aristokratiese familie van Kalkutta gebore en was altyd geneig tot spiritualiteit. Hy is deur sy ghoeroe, Ramakrishna, beïnvloed; van dié het hy geleer dat alle lewende wesens 'n verpersoonliking van die goddelike self is. Diens aan God kan dus gelewer word deur diens aan die mensdom. Ná Ramakrishna se dood het Vivekananda deur die Indiese subkontinent getoer en eerstehandse kennis opgedoen oor die toestande in Brits-Indië. Hy het later na die VSA gereis en Indië in 1893 by die Parlement van Wêreldgodsdienste verteenwoordig. Vivekananda het honderde openbare en private lesings en klasse gegee om leerstellings van Hindoefilosofie in Amerika, Engeland en Europa te versprei. Hy word in Indië as 'n patriotiese heilige beskou; sy verjaarsdag word as Nasionale Jeugdag gevier.
| afr_Latn_413 |
Helen Mirren
Dame Helen Lydia Mirren DBE (geb. Mironoff op 26 Julie 1945) is 'n Britse aktrise. Sy het haar loopbaan in 1967 by die Royal Shakespeare Company begin en is een van die min akteurs wat drie van die volgende vier pryse gewen het: die Oscar, Emmy, Grammy en Tony. Sy het die Oscar vir beste aktrise in 2007 ontvang vir haar rol as koningin Elizabeth II in The Queen. In 2015 het sy die Tony gewen vir beste aktrise in 'n toneelstuk vir haar rol, ook as Elizabeth II, in The Audience. In 1993 het sy die eerste van verskeie Emmys gewen vir haar rol as speurder Jane Tennison in die ITV-reeks Prime Suspect.
Van haar ander noemenswaardige rolle was in die 1984-rolprent Cal, waarvoor sy 'n Cannes-prys gewen het, The Cook, the Thief, His Wife & Her Lover (1989), The Madness of King George (1994), Teaching Mrs. Tingle (1999), Gosford Park (2001), Calendar Girls (2003), The Last Station (2009), Hitchcock (2012) en The Hundred-Foot Journey (2014). Sy het ook die rol van Victoria Winslow vertolk in die aksiekomedies Red en Red 2.
In 2003 het sy 'n Damekommandeur van die Britse Ryk (DBE) geword vir haar werk in die uitvoerende kunste. In 2013 het sy 'n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry en in 2014 het Bafta aangekondig dat sy die ontvanger van die Academy Fellowship is.
| afr_Latn_414 |
Integraalrekening
Die Integraalrekening is 'n onderdeel van wiskunde en dan spesifiek van analise. Integrasie verwys na die berekening van integrale, wat in die eenvoudigste geval as die area onder 'n grafiek beskou kan word. Indien dit 'n grafiek van die spoed van 'n voorwerp teenoor die tydsverloop is, sal die integraal die totale afstand wees wat die voorwerp afgelê het. In so geval praat mens van 'n tydsintegraal. As 'n funksie die massadigtheid van 'n voorwerp gee, dan sal die integraal van die funksie oor die volume die totale massa gee. In so geval praat mens van 'n volume-integraal.
Integrasie is nou verwant aan differensiaalrekening, aangesien hierdie twee as teenoorgestelde of inverse prosesse beskou kan word. Dit word deur die fundamentele stelling van die kalkulus beskryf. Die nuttigheid hiervan spruit uit die feit dat dit 'n manier gee om integrale deur middel van differensiasie te bereken: as 'n funksie gelyk is aan die afgeleide van 'n tweede funksie, dan is die integraal (of anti-differensiaal) van die eerste funksie gelyk aan die oorspronklike tweede funksie. Dit is nuttig omdat dit gewoonlik baie moeilik is om 'n funksie se integraal direk te bereken, terwyl dit baie makliker is om afgeleides te bepaal.
| afr_Latn_415 |
Tiosulfaat
'n Tiosulfaat is 'n sout wat die komplekse anioon S₂O₃²⁻ bevat.
Die oksidasietoestand van die sentrale swaelatoom is +5 (V) en van die swaelatoom wat as ligand optree -1 (-I). Dit maak die gemiddelde oksidasietoestand +2 (II) vir swael.
As H₂S-gas deur 'n oplossing van sulfiet gelei word kan tiosulfaat gevorm word volgens: 2H_2S + 4SO_3^{2-} \to 3 S_2O_3^{2-} + H_2O + 2OH^{-} Die ooreenkomstige suur is nie stabiel nie. Met sure ontleed tiosulfaat na swael en sulfiet. 8HS_2O_3^{-} \to S_8 + 8HSO_3^{-} Die tiosulfaatioon het reduserende eienskappe. Oplossings van natriumtiosulfaat word in die jodometrie gebruik en is baie toegepas as fikseersout vir die fotografie wat op silwerbromide gebaseer was.
Tiosulfaat is ook biologies belangrik. In steenkoolafvalhope word piriet deur ferri-yster (Fe(III)) abioties geoksideer, wat tiosulfaat en ferro-yster (Fe(II)) vrystel. Bakterië wat swawelverbindings oksideer maak 'n bydrae tot dit proses deur tiosulfaat en sy vervalprodukte te oksideer.
Tiosulfaat word soms toegepas as intraveneuse medisyne by akute gevalle van sianiedvergiftiging.
| afr_Latn_416 |
Gereformeerde kerk Transkei
Die Gereformeerde kerk Transkei was 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy setel op die destydse Umtata (nou Mthatha).
Die gemeente is in 1955 gestig en het vyf jaar later 51 belydende en 24 dooplidmate gehad. Destyds was ds. B.D.C. Prinsloo (in kombinasie met Maclear en Elliot) die leraar. Die gemeente het in sy 19-jarige bestaan nooit 'n eie kerkgebou gehad nie, maar dié van die Presbiteriaanse kerk in Durhamstraat gebruik.
In 1974 het die Gereformeerde kerk Transkei ontbind.
| afr_Latn_417 |
Gereformeerde kerk Griekwaland-Oos
Die Gereformeerde kerk Griekwaland-Oos was 'n gemeente van die GKSA met wyke op die dorpe Matatiele en Kokstad.
Griekwaland-Oos is in 1958 gestig en het twee jaar later 30 belydende en 22 dooplidmate gehad. Hoewel ander gemeentes, soos Barkly-Oos, Elliot en Gereformeerde kerk Dordrecht, nader aan Matatiele en Kokstad is, het Griekwaland-Oos in kombinasie met Queenstown gestaan. Die gemeente het net vyf jaar lank bestaan en in 1963 ontbind.
| afr_Latn_418 |
Gereformeerde kerk Elliot
Die Gereformeerde kerk Elliot was 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die dorp Elliot in dié kerkverband se tradisionele hartland van die Noordoos-Kaap.
Reeds in 1886 is 'n buitestasie in Temboeland, die gebied oorkant die suidelike Drakensberg, gestig. Dit was onder die toesig en bediening van die kerkraad van die Gereformeerde kerk Barkly-Oos. Op 28 Januarie 1899 is die Gereformeerde kerk Elliot as selfstandige gemeente afgestig. Toe het daar reeds 'n klein kerkgebou op die dorp gestaan wat ondanks sy grootte in lidmate se behoeftes voorsien het.
Op 13 April 1906 is oudl. S.C.J. van Niekerk opdrag gegee om 'n nuwe kerk op te rig. Dit was 'n tipiese saalkerk en het geen vensters aan die voorkant gehad nie. Ds. P.C. Snyman van die Gereformeerde kerk Steynsburg het die plegtigheid tydens die hoeksteenlegging op 6 Oktober 1906 waargeneem. Die skare het Psalm 118:11 gesing en 'n gebed is gedoen. Dié gebou is die volgende jaar in gebruik geneem. Die kerkgebou sou verhuur word teen £1.10 per maand, maar die bron meld nie deur wie aan wie nie.
In 1938 is 'n trap voor die kerkgebou aangebring en in 1955 is nuwe banke, 'n preekstoel, Nagmaaltafel en los stoele in gebruik geneem. Toe is al die ou banke verkoop.
Elliot hê in 1960 nog 88 belydende en 43 dooplidmate gehad vergeleke met Maclear se 32 en 19 en Barkly-Oos se 136 en 59. Nietemin was dit Elliot wat op 18 Augustus 1979 ontbind en 'n wyk van Barkly-Oos geword het. Van 1980 tot 1991 was daar 'n bedieningsooreekoms tussen Barkly-Oos, Elliot en Maclear. Daarna is 'n kombinasie-akte aanvaar en het Elliot 'n wyk geword van Maclear, waarvan die naam toe verander is na die Gereformeerde kerk Maclear-Elliot.
In 2010 (en waarskynlik vandag nog) is die kerkgebou op Elliot steeds twee Sondae per maand vir eredienste gebruik. Op 19 November 2006 het die plaaslike Gereformeerdes die honderdjarige herdenking van die hoeksteenlegging feestelik gevier en 'n gedenksteen onthul. Die ou traporrel staan vandag nog agterin die kerkgebou.
| afr_Latn_419 |
Bidhya Devi Bhandari
Bidhya Devi Bhandari (Nepalees: विद्या देवी भण्डारी; gebore 19 Junie 1961) het van 2015 tot as die president van Nepal gedien. Sy was die eerste vroulike president van Nepal. Sy was ook die adjunkvoorsitter van die Kommunistiese Party van Nepal.
| afr_Latn_420 |
Gereformeerde kerk Maclear
Die Gereformeerde kerk Maclear was die vorige benaming van die Gereformeerde kerk Maclear-Elliot wat tot 1991 so geheet het toe die wyk Elliot, van 1899 tot 1979 die selfstandige Gereformeerde kerk Elliot en daarna tot 1991 'n wyk van die Gereformeerde kerk Barkly-Oos, by Maclear ingelyf is.
Eredienste is reeds van 1910 af op Pitseng in die latere Transkei op die plaas Belgrave van oudl. H.J. Alberts gehou. 'n Skoolgebou met twee vertrekke is ook vir die dienste gebruik. Die predikant van Barkly-Oos het drie keer per jaar met die Naudésnekpas oor die Drakensberg gery, dikwels te perd oor onbegaanbare sneeubedekte paaie. Later het die begeerte by dié lidmate ontstaan om saam met dié op Maclear en Ugie van die gemeente Barkly-Oos af te stig.
Op 11 Desember 1926 is die nuwe gemeente Maclear toe gestig onder leiding van ds. Dirk Postma, leraar van die Gereformeerde kerk Burgersdorp van 1906 tot sy dood op 29 Desember 1940. Aangesien die gemeente geldelik nie sterk was nie, kon die lidmate nie bekostig om 'n kerk te laat oprig nie; daarom het hulle 'n saaltjie langs die Central-hotel gehuur. Later het hulle ook die destydse kerk van die NG gemeente Maclear gedeel en Sondagmiddae dienste daarin gehou. Nagmaal is elke drie maande bedien. Weens die geldnood kon die gemeente ook nie selfstandig 'n predikant bekostig nie; dus moes predikante van nabygeleë dorpe, soos Dordrecht en Indwe, en konsulente help met die bediening.
In 1940 het die gemeente wel besluit om 'n kerk te bou en op 9 November daardie jaar het ds. W.J. Snyman van die Gereformeerde kerk Venterstad die hoeksteen gelê. Dié gebou is in 1942 voltooi. Die hou t vir die kerk se dak is gesaag van bome wat op die kerkterrein gegroei het.
Op 16 Julie 1969 het die kerkraad besluit om die kerkgebou op te knap. Dit het onder meer behels da die houtvensters deur staalraamvensters vervang is, die konsistorie vergroot is en 'n doeltreffende ingang voor aan die kerk aangebou is wat as hoofingang sou dien. 'n Vertrek met spoeltoilette is agter die kerk gebou, nuwe kerkbanke is aangebring en elektriese ligte is vervang. Die preekstoel is ook opgeknap en die hele gebou is geverf. 'n Fabriek in Johannesburg het sagter sitplekke vervaardig. In dié tyd het die Gereformeerde kerk Johannesburg-Sentraal sy eerste kerkgebou verkoop en het dr. R. Venter van die Gereformeerde kerk Randburg gereël dat die preekstoel aan Maclear geskenk word. Fishers op Queenstown het nuwe Nagmaaltafels gemaak.
Op 30 Oktober 1971 het die kerkraad besluit om 'n orrelfonds te stig. Die kerkklok en traporrel is aan die sendinggemeente geskenk en die gemeentesang was maar sukkelend sonder 'n orrel. Op 15 Desember 1972 het SA Orrelbouers 'n pyporrel volledig geïnstalleer. Op 6 November 1974 het die boukommissie voorgestel dat 'n sinkdak oor die portaal opgerig word, stroke sement om die kerkgebou aangebring word en die buitekant opnuut geverf word.
| afr_Latn_421 |
Gereformeerde kerk Maclear-Elliot
Die Gereformeerde kerk Maclear-Elliot het in 1991 ontstaan toe die wyk Elliot, van 1899 tot 1979 die selfstandige Gereformeerde kerk Elliot en daarna tot 1991 'n wyk van die Gereformeerde kerk Barkly-Oos, by die Gereformeerde kerk Maclear ingelyf is. Omdat dit in werklikheid net 'n naamsverandering was, word die saamgestelde gemeente se stigtingsdatum steeds as 1926 aangegee, dié van die ou Gereformeerde kerk Maclear. Die gemeentes wat nou Maclear-Elliot vorm, het in 1960 saam 120 belydende lidmate gehad en 62 dooplidmate. In 1997 het Maclear-Elliot 34 belydende en 16 dooplidmate gehad, einde 2013 onderskeidelik 43 en 15 en 'n jaar later 41 en 10.
| afr_Latn_422 |
Gereformeerde kerk Zastron
Die Gereformeerde kerk Zastron was 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Vrystaatse dorp Zastron.
Die Suidoos-Vrystaat was tradisioneel nie 'n gebied waarin Gereformeerdes wortelgeskiet het nie. Van 1902 tot 1912 was dié gebied rondom Rouxville, Zastron, Smithfield en Wepener wyke van die Gereformeerde kerke Bethulie (in die Vrystaat) en Aliwal-Noord (in die Oos-Kaap), maar die afstande het die bediening altyd bemoeilik. Gevolglik is die Gereformeerde kerk Zastron op 16 April 1916 gestig. Sowat 20 jaar later, in 1935, het die siele in dié gemeente 83 getel.
Omdat Zastron altyd 'n betreklik klein gemeente was, moes hy amper deurentyd bedieningsooreenkomste met ander gemeentes sluit, onder meer Aliwal-Noord, Reddersburg en Ladybrand. Nogtans kon die gemeente 'n mooi kerkie laat oprig in Ralphstraat in 'n eenvoudige, waardige styl wat eie is aan tallose plattelandse Gereformeerde kerkgeboue.
In 1965 het Zastron die eerste keer 'n inwonende predikant gekry in die persoon van dr. Petrus Kruger, maar ook net tot 1968 waarna hy na die Gereformeerde kerk Uitenhage vertrek het. Die gedurige wegtrek van Gereformeerdes van die platteland na die stede het die belydende lidmate teen 2000 laat afneem tot net 17 en die dooplidmate tot vyf. In 2004 het die gemeente dan ook ontbind, waarna die oorblywende lidmate ingeskakel het by Aliwal-Noord.
| afr_Latn_423 |
Spitalfields
Spitalfields [ˈspɪtəl'fiːldz] is 'n voormalige parogie in die Londense administratiewe distrik Tower Hamlets (London Borough of Tower Hamlets) wat gedeeltelik in Sentraal-Londen en gedeeltelik in die East End van Londen naby Liverpool-stasie en Brick Lane geleë is.
Die buurt is aan weerskante van Commercial Street geleë en huisves verskeie markte, waaronder die historiese Old Spitalfields Market, Brick Lane Market en Cheshire Street. Petticoat Lane Market is langs die buurt se suidwestelike grens geleë. Vir die meeste moderne Londenaars word Spitalfields in die weste deur Bishopsgate, Bethnal Green Road in die noorde en Wentworth Street en Old Montague Street in die suide begrens, met vloeiende grense in die weste waar dit - in die klein straatjies en oop ruimtes tussen Brick Lane en Vallance Road - geleidelik oorgaan na Bethnal Green en Whitechapel.
Ondanks die oprigting van moderne monolitiese kantoorgeboue uit glas en staal as deel van 'n proses waardeur Londen tradisionele finansiële distrik vanuit die City of London na aangrensende buurte begin uitbrei het, het die atmosfeer en karakter van Victoriaanse Spitalfields op plekke bewaar gebly. Een van Spitalfields se historiese kroeë, The Ten Bells, word met die geheimsinnige reeksmoordenaar Jack the Ripper verbind. Die huis waar een van sy slagoffers, Annie Chapman, vermoor is, was hier geleë. Baie van die polisieondersoeke met betrekking tot die Ripper-moorde is in Spitalfields deurgevoer.
Spitalfields het sy naam aan St. Mary's Spittel te danke - 'n hospitaal en klooster wat in 1197 gestig is. In 'n veld vlakby die klooster is die beroemde Spitalfields Market vir die eerste keer in die 13de eeu gehou. In die moderne tyd bekend as vrugte- en groentemark, wat deur die City of London Corporation bestuur word, is dit in 1991 as New Spitalfields Market na Leyton verskuif nadat die historiese markterrein te klein geraak het.
Spitalfields staan bekend vir die gemeenskapsgees wat sy bewoners ontwikkel het. In 1976 het een van die Verenigde Koninkryk se bekendste en mees gewaardeerde historici, Dan Cruickshank, wat 'n vroeg-18de eeuse Georgiaanse stadhuis in Spitalfields se Elder Street gekoop het en dit met sy gesin bewoon, met vriende saamgespan om die Spitalfields Historic Buildings Trust te vestig om die buurt se argitektoniese erfenis te bewaar. Ironies genoeg is Spitalfields, hoe aantrekliker die buurt danksy die Trust se inisiatiewe geword het, hoe meer blootgestel aan gentrifikasie.
| afr_Latn_424 |
Nitraat
'n Nitraat is 'n sout wat die komplekse anioon NO₃⁻ of 'n ester wat die -ONO₂-groep bevat. Hierdie ioon is die suurres van salpetersuur HNO₃.
Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is 5+ (V) en nitrate is oksiderende stowwe wat baie goed in water oplosbaar is.
| afr_Latn_425 |
Nitriet
'n Nitriet is 'n sout wat die komplekse anioon NO_2^- bevat of 'n ester wat die -ONO groep bevat. Die anioon is die suurres van nitroësuur.
Die oksidasietoestand van die sentrale stikstofatoom is +3 (III). Die anioon het basiese eienskappe. Nitriete is baie oplosbaar in water. By verhitting ontleed 'n nitriet en vorm N_2 en NO.
| afr_Latn_426 |
Stampriet
Stampriet is 'n dorpie in die streek Hardap van Namibië. Dis geleë in 'n dorre gebied aan die bolope van die Auobrivier waar mens en dier van boorgatwater afhanklik is, 64 km noordoos van Mariental en op 'n hoogte van 1 177 m bo seespieël.
Stampriet is in 1898 gestig as 'n handelspos in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Dit was die toneel van talle gevegte tussen Duitse en Namatroepe. In 1970 was die nedersetting se bevolking 70 wit, 1 bruin en 195 swart. In die ou dae het dit as Stamprietfontein bekendgestaan, afgelei van die plaaslike fonteine van destyds wat met riete omsoom was. 'n Kenmerk van die dorpie en sy omgewing is die besonder sterk boorgate, waarvan sommige tot 3,5 miljoen liter water per dag lewer. Gevolglik maak boere in die omgewing hoofsaaklik staat op besproeiing en verbou veral graan, mielies en lusern.
Stampriet is die tuiste van die Privaatskool Elnatan wat in April 1992 hier gestig is en intussen aangegroei het tot sowat 370 leerlinge van gr. 1 tot 12 en 61 personeellede (onderwysers, administratiewe, terrein- en koshuispersoneel ingesluit). Omdat Stampriet so klein is, gaan meer as 80% van die leerlinge tuis in Elnatan se vier koshuise. Die skool lok leerlinge uit alle uithoeke van die land waar min privaat skole Afrikaanse onderrig tot in gr. 12 bied. Buiten 'n beroepsgerigte afdeling, geskied Elnatan se onderrig grotendeels deur middel van Afrikaans.
Die naam Stampriet is 'n vertaling van die Khoikhoi-naam Aams, wat "riet" en "stamp" beteken na aanleiding van die riete wat platgetrap moet word om by die fontein uit te kom of "rietdans", wat dui op die plek waar die rietdans gestamp is. In die ou dae het die plek as Stamprietfontein bekendgestaan, maar die agtervoegsel is later laat vaar.
| afr_Latn_427 |
Pierre de Fermat
Pierre de Fermat (Beaumont-de-Lomagne in Frankryk, 17 Augustus 1601 of 1606/7 – Castres, 12 Januarie 1665) was 'n Franse wiskundige en regsgeleerde aan die hof van Toulouse. 'n Aantal vroeë ontwikkelinge in die veld wat later bekend sou word as die differensiaalrekening word aan hom toegeskryf.
Hy het 'n nuwe metode uitgevind om die grootse en klienste ordinate (maksima en minima) van krommes te bepaal, wat nou verwant was aan die toe nog onbekende differensiaalrekening. Verder het hy werk in getalteorie gedoen. Hy is egter deesdae veral bekend vir die sogenaamde laaste stelling van Fermat, wat in werklikheid nie sy laaste stelling was nie, maar die een waarvoor daar die langste na 'n bewys gesoek is. Die stelling is eers in 1994 formeel bewys. Hiernaas het hy belangrike bydraes gelewer tot die analitiese meetkunde, kansrekening, en optika.
| afr_Latn_428 |
George Berkeley
George Berkeley (Kilkenny, 12 Maart 1685 – Oxford, 14 Januarie 1753) was 'n Ierse filosoof van Engelse afkoms en 'n Anglikaanse biskop. Hy staan dus soms ook bekend as Biskop Berkeley. Hy word as die grondlegger van die spiritualistiese of subjektiewe idealisme beskou.
Berkeley het belangrike kritiek op die idee van infinitesimale in kalkulus gelewer, wat hy as die spoke van vergane hoeveelhede beskryf het. Destyds het daar onsekerheid geheers oor die presiese eienskappe van hierdie nietig-klein waardes, en konsepte soos grenswaardes (limiete) was nog net intuitief en informeel. Die wiskundiges van die era (Newton, Leibniz ens) het egter die onweerlegbare resultate van hul berekeninge voorgehou as bewys dat die grondbeginsels reg moet wees, en Berkeley het hierdie redeneringswyse gekritiseer. Sy kritiek, en die van mense na hom, het wiskundiges deur die eeue heen aangespoor om 'n formeler basis vir analise te skep, iets wat eers met Weierstrass se werk in die 19e eeu voldoende bereik is.
| afr_Latn_429 |
Augustin Louis Cauchy
Baron Augustin Louis Cauchy (Parys, 21 Augustus 1789 – Sceaux, 23 Mei 1857) was 'n invloedryke Franse wiskundige, en is een van die mees gepubliseerdes, met meer as 800 publikasies agter sy naam. Daar word soms gesê dat daar meer wiskundige stellings na Cauchy vernoem is as na enigiemand anders. Hy was veral daarin geinteresseer om analise op 'n formele basis te plaas en het enorme bydraes tot komplekse analise asook permutasiegroepe in abstrakte algebra gemaak.
Cauchy was sterk katoliekgesind en 'n aanhanger van die Franse Bourbon dinastie. Hierdie standpunte is deur slegs 'n minderheid van sy eweknieë in die Franse akademiese wêreld gedeel. Vanaf die Julierewolusie in 1830 het dit hom dan ook meer en meer in konflik met die regering en baie van sy kolegas en studente gebring. Hy verlaat die land en verloor sy pos as professor by die gesogte École Polytechnique nadat hy weier om 'n eed van getrouheid aan die nuwe regering af le lê. Hy keer eers weer in 1838 terug Frankryk toe.
| afr_Latn_430 |
Straat van Magellaan
Die Straat van Magellaan het 'n lengte van 570 km en is op sy nouste net 3,5 km wyd. Die grootste nedersetting wat aan die Straat van Magellaan geleë is, is die Chileense stad Punta Arenas, wat soms as die suidelikste stad ter wêreld beskou word.
Die Straat van Magellaan is na Ferdinand Magellaan genoem, wat dit op 21 Oktober 1520 tydens sy omseiling van die wêreld ontdek het. Deur 'n storm is sy vloot op 1 November 1520 in die vermeende baai gedryf wat later 'n seestraat geword het. Magellaan het dit aanvanklik "Kanaal van die Allerheilige" (Portugees: Estreito de Todos os Santos) genoem wat later deur die Spaanse koning in Estrecho de Magallanes verander is.
| afr_Latn_431 |
Kaap Hoorn
Kaap Hoorn is tydens 'n ekspedisie onder die Austraalse Compagnie deur die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Cornelisz Schouten op 29 Januarie 1616 vir die eerste keer opgeteken en ter ere van Hoorn se stadsraad Kaap Hoorn genoem. Ná 1618 is die teorie opgestel dat die Engelse admiraal Francis Drake reeds in Oktober 1578 Kaap Hoorn ontdek het, hoewel die aantekeninge van die meer as twintig jaar dooie Drake en dié van sy span nie met die werklike toestande aan die Kaap ooreenstem nie.
Totdat die Panamakanaal in Augustus 1914 ingewy is, het die see rondom Kaap Hoorn saam met die Straat van Magellaan die belangrikste seeroete tussen die Atlantiese en die Stille Oseaan gevorm.
| afr_Latn_432 |
Privaatskool Elnatan
Die Privaatskool Elnatan is 'n Afrikaansmedium- privaat skool op die dorp Stampriet in die streek Hardap, Namibië, wat onderrig aan leerlinge van gr. 1 tot gr. 12 bied.
Elnatan is in April 1992 gestig nadat die eerste regering van 'n onafhanklike Namibië onderrig in enige taal buiten Engels aan alle skole vanaf gr. 4 beperk het. Die skool is geregistreer by die Namibiese ministerie van onderwys en bied onderrig aan sowat 220 leerlinge van gr. 1 tot 12. Die personeellede tel sowat 47, onderwysers, administratiewe, terrein- en koshuispersoneel ingesluit. Meer as 80% van die leerlinge gaan tuis in die skool se vier koshuise omdat hulle uit alle uithoeke van die land kom om die skool by te woon en omdat Stampriet 'n baie klein bevolking het.
Hoewel al die groot dorpe en die hoofstad, Windhoek, minstens een privaat skool het wat onderrig aan meestal Afrikaanssprekende leerders deur feitlik uitsluitlik Afrikaanse onderwysers bied, word net aan Elnatan en die volgende skole moedertaalonderrig tot in gr. 12 gebied: Keetmanshoop Privaatskool, Privaatskool Moria (Outjo), Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Tsumeb Gimnasium en Pro-Ed Akademie (Swakopmund). Op Gobabis, byvoorbeeld, geskied onderrig aan die Gobabis Gimnasium van gr. 4 af in Engels, en so ook aan die Berg-op Akademie op Okahandja en die Walvis Bay Private High School, die voormalige Hoërskool Walvisbaai. Edugate Academy op Otjiwarongo se onderrig medium tot gr. 4 is Afrikaans; van gr. 5 tot 12 is dit Engels.
Die skoolterrein is geleë tussen 52 palmbome wat meer as 115 jaar oud is en voortdurend gevoed word deur die arteriese bronne van Stampriet. Dagskoliere word aangery per bus vanaf Mariental, maar alle ander skoliere gaan tuis in een van vier koshuise.
In 2011 het Elnatan begin om 'n beroepsgerigte baan aan te bied vir leerlinge wat nie akademies kan vorder nie. Hulle leer om 'n ambag soos sweis, motorwerktuigkunde of gasvryheid te beoefen sodat wanneer hulle klaar is met skool, hulle 'n NTA-kwalifikasie agter hulle naam kan skryf. Die kinders is ingeskrewe leerlinge van Elnatan en hulle kan inskakel by al die skool se bedrywighede en sportaktiwiteite. Onderrig in dié afdeling geskied deur middel van Engels.
| afr_Latn_433 |
Idris Elba
Hy is al vyf keer vir 'n Golden Globe benoem vir beste akteur in 'n minireeks of TV-prent, en het een keer gewen. Hy is ook al vier keer vir 'n Emmy benoem.
Elba was in rolprente soos American Gangster (2007), Takers (2010), Thor (2011), Prometheus (2012) en Beasts of No Nation (2015). Benewens akteur is hy ook 'n platejoggie (DJ) onder die naam Big Driis en 'n hip-hop-soulmusikant.
| afr_Latn_434 |
Max Stirner
Max Stirner, skuilnaam van Johann Caspar Schmidt (Bayreuth, 25 Oktober 1806 – Berlyn, 26 Junie 1856) was 'n Duitse filosoof.
| afr_Latn_435 |
Drakensville
ATKV-Drakensville is 'n vakansieoord in die Noordelike Drakensberge op die R74-roete tussen Harrismith en Bergville (net oor die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal). Die oord is 'n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en 'n halfuur van Durban af. ATKV-Drakensville lê naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, 'n wêrelderfenisgebied, en het 'n aangename koel bergklimaat.
| afr_Latn_436 |
Gereformeerde kerk Koedoesrand
Die Gereformeerde kerk Koedoesrand is die vierde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Waterberg. Einde 2015, toe hier 54 belydende en 17 dooplidmate was, was dit die sesde kleinste van die 13 gemeentes in die Klassis. Al vyf gemeentes wat toe kleiner was, was in Namibië nadat hulle omstreeks 2008 by dié Klassis aangesluit het.
Die kerkraad van die Gereformeerde kerk Potgietersrus het op 17 April 1938 besluit om 'n nuwe gemeente in die destydse Verre Noord-Transvaal te stig. Op 20 Mei 1939 het die afstigtingsvergadering plaasgevind op die plaas Strydpan, wat aan Hansie Enslin, 'n lidmaat, behoort het. 'n Hele aantal jare lank, voor die kerkgebou opgerig is, was dit die vergaderplek van die lidmate waar waens sou saamtrek en die tente opgeslaan sou word tydens Nagmaalnaweke. Soms was daar meningsverskille oor die grondkwessie, maar die geskille oor die boukwessie was veel erger.
Ná veel gewik en geweeg het die kerkraad op 23 Augustus 1940 besluit om die 50 morg grond wat die TLC Maatskappy aangebied het, te aanvaar en daarop te bou. Dertig maande nadat die gemeente gestig is, op 8 November 1941, het die lidmate hul kerkgebou in gebruik geneem. Ds. H.J. Venter het by dié geleentheid die rede gehou oor Psalm 147:2 en 3 en gewys op die twee rigtings waarin die mens bou sedert die geslag van die Bybelse Kain; hy het die gemeente gemaan om hul kinders te leer om Jerusalem-bouers te wees.
Later is 'n rondaweltjie op die kerkperseel gebou waarin die predikant kon tuisgaan met kerkgeleenthede, want toe is die gemeente nog bedien deur ds. Venter van Waterberg. Om hier te kom, moes hy sowat 150 myl in sy Ford-motortjie deur sand en bosse aflê. Aan die begin moes lidmate hul eie stoel kerk toe bring, maar op 20 November 1942 het die kerkraad die ontvangs van banke goedgekeur en in November 1943 is die preekstoel ontvang.
In die beginjare het die gemeente nie 'n behoefte aan 'n pastorie gehad nie omdat dit altyd in kombinasie was en die predikant wat ook vir Koedoesrand verantwoordelik was, elders gewoon het. In 1954 is die eerste pastorie wel voltooi, naby die kerk en op dieselfde stuk grond wat die maatskappy destyds aan die gemeente geskenk het.
In November 1974 is 'n tender vir die bou van 'n kombuis en kleedkamers goedgekeur en later is ook besluit om 'n saal te bou. Met verloop van tyd het lidmate ook drie rondawels op die perseel gebou waarin hulle met Nagmaal kon tuisgaan. Later is 'n begraafplaas aangelê en in 1983 was Thomas Scheepers die eerste lidmaat wat hier begrawe is. Eindelik, in 1998, het 'n grasdaklapa ook op die perseel bygekom.
| afr_Latn_437 |
Gereformeerde kerk Swartruggens
Die Gereformeerde kerk Swartruggens is die vyfde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo. Die middelpunt van die gemeente is die dorp Swartruggens in die provinsie Noordwes. Einde 2015 was hier 69 belydende en 11 dooplidmate.
| afr_Latn_438 |
Gereformeerde kerk Hermanus
Die Gereformeerde kerk Hermanus is die vyfde jongste van die 20 gemeentes in die GKSA se Klassis Boland, wat die hele Wes-Kaap en die noordwestelike uithoeke van die Noord-Kaap beslaan. Einde 2015 was hier 151 belydende en 19 dooplidmate, vergeleke met onderskeidelik 116 en 16 vyf jaar vantevore. Die buitengewone klein getal dooplidmate vergeleke met die belydende lidmate is daaraan te wyte dat die Overbergse en Suid-Kaapse kus vir baie Gereformeerde lidmate 'n aftreeplek is.
Die gemeente Hermanus is op 29 Oktober 2000 gestig met sowat 70 belydende lidmate en sluit ook die dorpe Gansbaai en Stanford in, maar die kerk is reeds die vorige jaar deur Hans Oostenbrink en sy seun Henk gebou en teen kosprys aan die gemeente oorgedra. Hulle het ook die erf geskenk waarop die kerk staan. Die kerk is op 4 Desember 1999 amptelik in gebruik geneem. Dit bied plek vir 150 stoele. Aan die linkerkant is 'n onthaal- en braaiplek en die katkisasiekamers. Regs voor is die kloktoring. Die afdakkie tussen die kerk en die kloktoring bied skuiling teen die reën.
Die gemeente se eerste lidmate was Josef en Lettie Kruger wat eers behoort het tot die Gereformeerde kerk Worcester, hoewel 115 km van Hermanus af destyds die naaste Gereformeerde gemeente.
Die kerkraad van het op 3 September 2023, saam met afgevaardigdes van die Gereformeerde Kerke Strand en Kleinmond en onder voorsitterskap van ds. Banie van der Walt van die Gereformeerde Kerk Paarl, vergader en verklaar dat ds. Nikolaas Pienaar behoorlik volgens die formulier wat daarvoor ingestel is, deur ds. Peet Coetzee, emeritus predikant van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom, as bedienaar van die Woord bevestig is en dat die daarby behorende stukke onderteken is. Ds. Pienaar, sy vrou, Hanlie, en hul vierjarige dogter, Klara, het vanaf Oos-Londen hierheen verhuis. Daarmee het die gemeente sy tweede voltydse herder en leraar ontvang, sowat 10,5 jaar jaar nadat sy eerste herder en leraar, ds. Koos Cloete, op 24 Februarie 2013 bevestig is.
| afr_Latn_439 |
Gereformeerde kerk Koperstreek
Die Gereformeerde kerk Nkana (ook Koperstreek genoem) was 'n gemeente van die GKSA in, soos die naam aandui, die Koperstreek van Noord-Rhodesië (en toe Zambië) met sy middelpunt in die stad Kitwe, hoewel die grense ook Mufulira, Chingola en Ndola ingesluit het.
Die gemeente is in 1949 gestig. In 1960 was hier 134 belydende en 146 dooplidmate wat verspreid gewoon het op al die nedersettings binne die gemeentegrense. In sy hele 20-jarige bestaan het die gemeente nooit oorgegaan tot kerkbou nie, maar darem 'n pastorie opgerig. In 1969 het die gemeente ontbind nadat die meeste lidmate teruggekeer het na Suid-Afrika of Rhodesië weens Zambië se onafhanklikwording in 1965.
| afr_Latn_440 |
Gereformeerde kerk Bulawayo
Die Gereformeerde kerk Bulawayo was 'n gemeente van die GKSA in Zimbabwe.
Die gemeente is in 1952 gestig en het bestaan uit 'n gedeelte in en om die stad Bulawayo, Gatooma (Kadoma), Redcliffe, Wankie (Hwange), Fort Victoria (Masvingo), Nuanetsi, Enkeldoorn (Chivhu) en van 1960 af ook Francistown in (toe nog) Betsjoeanaland.
In 1960 was hier 101 belydende en 87 dooplidmate. Die gemeente het in 1981 ontbind.
| afr_Latn_441 |
Gereformeerde kerk Gwelo-Gatooma
Die Gereformeerde kerk Gwelo-Gatooma, gesentreer om die stad Gweru en dorp Kadoma in Zimbabwe, was 'n gemeente van die GKSA wat net nege jaar lank bestaan het.
Gwelo-Gatooma is in 1972 gestig en daarna het lidmate 'n kerksaal op 'n plaas naby Kadoma laat bou, maar om veiligheidsredes is dit nooit gebruik nie. Later het die gemeente gebruik gemaak van die kerksaal van die NG gemeente Kadoma op die dorp. Daar was ook 'n kerksentrum in Gwelo (Gweru). Ná slegs nege jaar is die gemeente in 1981 ontbind.
| afr_Latn_442 |
Gereformeerde kerk Fort Victoria-Nuanetsi
Die Gereformeerde kerk Fort Victoria-Nuanetsi was 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt op die dorp Masvingo (vroeër Fort Victoria genoem, in Zimbabwe.
Die gemeente is in 1972 gestig, dieselfde jaar as Gwelo-Gatooma en Chinhoyi, die enigste Afrikaanse gemeente wat in Zimbabwe oorgebly het, maar het in 1981 ontbind, net 'n jaar ná Zimbabwe se onafhanklikwording en dieselfde jaar as Bulawayo en Gwelo-Gatooma. Die Gereformeerde kerk Harare het nog tot 1984 bestaan.
| afr_Latn_443 |
Silikaat
'n Silikaat is in die chemie eintlik 'n sout wat die tetraëdriese komplekse ioon SiO₄⁴⁻ bevat ('n ortosilikaat), maar die naam silikaat word gebruik vir die volle klas verbindings wat uit tetraëdriese SiO₄-eenhede opgebou is. Die ortosilikaatioon is die suurres van ortokieselsuur H₄SiO₄, wat 'n baie swak suur met amfotere eienskappe is. Dit word daarom dikwels ook as die basis Si(OH)₄ geskryf.
Baie silikate word in die natuur as minerale gevind, maar hulle kan ook chemies in die laboratorium vervaardig word. Die mineralogiese name is nie dieselfde as die chemiese name nie.
| afr_Latn_444 |
Kieselsuur
Die naam kieselsuur word vir die chemiese verbinding H₄SiO₄ (ortokieselsuur, die 'regtige' kieselsuur) gebruik, maar ook vir andere vorme soos metakieselsuur H₂SiO₃ wat maklik daaruit ontstaan.
| afr_Latn_445 |
Gereformeerde kerk Harare
Die Gereformeerde kerk Harare was 'n gemeente van die GKSA met middelpunt in die Zimbawiese hoofstad, Harare, wat vir die grootste deel van sy bestaan as die Gereformeerde kerk Salisbury bekendgestaan gestaan het.
Hierdie gemeente is reeds in 1914 gestig, 13 jaar ná die NG gemeente Salisbury, wat vandag (2016) nog bestaan. Met die land se onafhanklikwording in 1980 het Salisbury nog 80 belydende lidmate gehad nadat die belydende en dooplidmate 20 jaar vantevore onderskeidelik 170 en 145 was, die grootste gemeente in die destydse Klassis Trans-Limpopo, waartoe al die kerke in Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië en Kenia toe behoort het.
Hier het die orrel van die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia 'n tuiste gevind, maar eindelik het dit 'n staanplek in die Gereformeerde kerk Chinhoyi gevind, die laaste Gereformeerde kerk in Zimbabwe. Die Gereformeerde kerk Harare het in 1984 ontbind, drie jaar ná die Gereformeerde kerke Bulawayo, Fort Victoria-Nuanetsi en Gwelo Gatooma.
| afr_Latn_446 |
Gereformeerde kerk Skeurvallei
Die Gereformeerde kerk Skeurvallei was die tweede gemeente van die GKSA in Kenia.
Die gemeente is op 19 Augustus 1950 gestig met sy middelpunt op die dorp Naivasha. Die bestaan van 'n Afrikaanse skool, waarin die NG Kerk 'n groot rol gespeel het, op Thomson's Falls (Nyahururu), het gelei tot die uitbreiding van dié omgewing en het tot die ontstaan van die gemeente Skeurvallei aanleiding gegee. Heelparty lidmate het in die omgewing van Naivasha gewoon.
Die gemeente was in kombinasie met die Gereformeerde kerk Eldoret en het selfs 'n boufonds gestig, maar die meeste van die lidmate het tydens en kort ná Kenia se onafhanklikwording teruggetrek na Suid-Afrika sodat Skeurvallei in 1963 ontbind het en Eldoret in 1966. In 1960 het Skeurvallei 42 belydende en 27 dooplidmate gehad en Eldoret onderskeidelik 123 en 85.
| afr_Latn_447 |
Gereformeerde kerk Ghanzi
Die Gereformeerde kerk Ghanzi was die enigste Afrikaanse gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in Botswana (met die stigting van die gemeente Betsjoeanaland genoem). In 1960 het die gemeente 75 belydende en 93 dooplidmate gehad, 'n weerspieëling van die groot gesinne van destyds.
Ghanzi lê in die weste van Botswana. Heelparty lidmate van die Gereformeerde Kerk het noordoos van dié dorp gewoon op plase soos Leeubos, Eerste Rus en D'Kar. Al is die Gereformeerde kerk Ghanzi eers op 3 Julie 1948 gestig, was daar reeds in die 1890's lidmate in dié omgewing.
| afr_Latn_448 |
Alan Rickman
Alan Sidney Rickman (21 Februarie 1946 – 14 Januarie 2016) was 'n Britse akteur. Rickman was lid van die Royal Shakespeare Company in sowel moderne as klassieke teaterproduksies. Sy groot deurbraak was in die rol van Vicomte de Valmont in die toneelstuk Les Liaisons Dangereuses in 1985, waarvoor hy 'n Tony gewen het. Rickman het wyer bekendheid verwerf deur sy rolprentoptredes, soos as Hans Gruber in Die Hard en Severus Snape in die Harry Potter-rolprentreeks.
Rickman en sy vrou, Rima Horton, het mekaar ontmoet toe hulle nog tieners was. Sy het later 'n lektor in ekonomie geword en 'n raadslid van die Britse Arbeidersparty. Die twee is eers in 2012 getroud nadat hulle sedert 1965 saam was.
Buiten bogenoemde pryse het hy ook 'n Bafta-prys gewen. Hy is in Londen aan kanker oorlede in die ouderdom van 69 jaar, vier dae ná die Britse sanger David Bowie, ook weens kanker en ook op die ouderdom van 69 jaar.
| afr_Latn_449 |
Krygswet
Krygswet (ook bekend as 'n staat van beleg) word in 'n noodtoestand afgekondig. Dan word die Grondwet en alle ander wetgewing tydelik opgeskort en die land deur die weermag regeer.
| afr_Latn_450 |
Salvador Allende
Salvador Allende (1908–1973) was 'n sosialistiese politikus en van 1970 tot sy dood die president van Chili. Allende pleeg in 1973 selfmoord en talle van sy ondersteuners word vermoor toe die weermag die regering oorgeneem. Hy is bekend as die eerste Marxistiese president om in 'n Latyns-Amerikaanse land deur 'n oop verkiesings aan bewind te kom. Sy niggie, Isabel Allende, is 'n bekende Spaanstalige skrywer.
| afr_Latn_451 |
Canet-en-Roussillon
Canet-en-Roussillon is 'n dorp in die Franse département Pyrénées-Orientales en die gewes Languedoc-Roussillon met 'n oppervlakte van 22,39 vierkante kilometer en 12436 inwoners (2013). Sy inwoners word in Frans Canétois genoem.
| afr_Latn_452 |
Antony Altbeker
Antony Altbeker is 'n Suid-Afrikaanse misdaadskrywer en -navorser. Sy boeke sluit in: The Dirty Work of Democracy (in 2006 met die Recht Malan-prys vir niefiksie bekroon), A Country at War with Itself en Fruit of a Poisoned Tree (oor die Inge Lotz-moord in Stellenbosch). Sy skryfwerk word as "fliekmatig" beskryf en hy begelei die leser soos gebeure ontvou.
| afr_Latn_453 |
America's Cup
Die America's Cup (of Auld Mug) is 'n seiljagwedvaart wat elke drie of vier jaar gehou word. Dit is die eerste keer in 1851 aangebied en word as die belangrikste seiljagvaart ter wêreld beskou. Sommige mense beskou dit as die oudste internasionale sportbyeenkoms. Dit is wel die oudste sporttrofee waarom vandag nog meegeding word. Die eerste wedvaart is deur The Royal Yacht Squadron georganiseer. Die kompetisie is na die eerste wenner daarvan, 'n skoener genaamd America van die New York-seiljagklub, genoem.
Die wedvaart vind tussen twee seiljagte plaas. Die eerste, die verdediger, verteenwoordig die seiljagklub wat tans die titel hou. Die tweede, die uitdager, verteenwoordig die klub wat die titelhouer daarom uitdaag. Die reëls van elke wedstryd word vooraf deur die verdediger en die uitdager opgestel.
| afr_Latn_454 |
Hemiool
'n Hemiool is 'n metriese variasie in die musiek.
In die barokstyl tree 'n hemiool gewoonlik op in 'n drietallige maat, soos in \begin{matrix} 3\\4 \end{matrix} en omvat twee mate. Die twee \begin{matrix} 3\\4 \end{matrix} mate word saamgeneem en vorm een \begin{matrix} 6\\8 \end{matrix} maat. In barokmusiek is dit dikwels die laaste twee mate voor die einde. In die late middeleeue en vroeë renaissance is dit 'n baie populêre figuur, omdat die brevis op twee maniere onderverdeel kan word: tempus perfectum cum prolatione minore 1 brevis = 3 semibrevi; 1 semibrevis= 2 minima tempus imperfectum cum prolatione maiore 1 brevis = 2 semibrevi; 1 semibrevis = 3 minima
Die eerste onderverdeling het 1 brevis = 3 x 2 = 6, die andere het 1 brevis= 2 x 3 = 6. Beide omvat 6 minima, maar die nadruk val op andere tye. Guilliaume Dufay maak baie gebruik van hierdie afwiseling.
| afr_Latn_455 |
Will Smith
Willard Carroll "Will" Smith jr. (geb. 25 September 1968) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, rapper en liedjieskrywer. Hy het sukses behaal in televisie, rolprente en musiek. Die tydskrif Newsweek het hom in April 2007 "die magtigste akteur in Hollywood" genoem. Hy is al vir vyf Golden Globes en twee Oscars benoem en het al vier Grammys gewen.
In die laat 1980's het Smith redelike sukses behaal as 'n rapper onder die naam The Fresh Prince. In 1990 het sy gewildheid aansienlik toegeneem toe hy in die gewilde TV-reeks The Fresh Prince of Bel-Air speel. Dit het ses seisoene beleef (1990–'96). Daarna het Smith in rolprente begin speel en eindelik in verskeie lokettreffers verskyn. Hy is die enigste akteur waarvan agt agtereenvolgende rolprente meer as $100 miljoen in Amerika gemaak het en elf agtereenvolgende prente internasionaal meer as $150 miljoen.
Volgens Forbes is Smith die akteur wat wêreldwyd die meeste geld maak. In 2014 het 17 van die 21 rolprente waarin hy hoofrolle vertolk het, wêreldwyd reeds meer as $100 miljoen elk gemaak – vyf daarvan meer as $500 miljoen elk. Sy films het teen dié tyd $6,6 miljard laat inrol. Hy is vir 'n Oscar vir beste akteur benoem vir Ali en The Pursuit of Happyness.
Hy is getroud met Jada Pinkett Smith. Uit hierdie huwelik word Jaden en Willow Smith gebore.
By die 2022 Oscar-toekenningseremonie het Smith 'n openbare terugslag ondervind omdat hy die Oscar-aanbieder Chris Rock geklap en op hom geskree het nadat Rock 'n grap gemaak het met verwysing na Smith se vrou. Smith het daarna uit die Akademie bedank en is vir tien jaar verbied om alle Akademie-funksies, insluitend die Oscars, by te woon.
| afr_Latn_456 |
Gereformeerde kerk Klerksdorp-Wes
Die Gereformeerde kerk Klerksdorp was een van drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1927 en 1981 in Klerksdorp gestig is.
Klerksdorp-Wes is in Oktober 1964 gestig toe die oorspronklike Gereformeerde kerk Klerksdorp (gestig in 1927) verdeel is. Elke gemeente het min of meer 290 belydende lidmate gekry. Die grens tussen die gemeentes is op natuurlike wyse deur die Skoonspruit gevorm en in die nuwe gemeente is lidmate so ver as Hartbeesfontein bedien. Die gemeente het veral danksy die bedrywighede van die plaaslike myne gegroei, maar dié bedryf lei ook tot 'n sterk wisseling in lidmate.
Die nuwe gemeente 'n bruidskat van R30 000 van die moedergemeente gekry en 'n ruim en goed geleë stuk grond van die stadsraad in Theronstraat, Freemanville. Eers is net 'n pastorie gebou wat in Februarie 1966 voltooi is teen 'n koste van R19 840, maar feitlik dadelik het die bouwerk aan 'n veeldoelige kerkgebou ook begin. Dis in September 1966 in gebruik geneem. Die kerk bied sitplek aan 350 kerkgangers. Skuifpanele wat die kerksaal van die binneruim van die kerk skei, kan oppgeskuif word sodat 'n ekstra 100 sitplekke beskikbaar is. Ter wille van gemak het die boukommissie op gestoffeerde sitplekke besluit. Dis geplaas op 'n vloer wat daal na die kansel. Die konsistorie is, kan in drie verdeel word met skuifpanele om drie katkisasielokale te skep. In 1982 is die struktuur van die gebou ingrypend verander toe die dak vervang is weens lekkasies.
Die behoefte aan 'n aparte saal is vroeg reeds gevoel en van 1974 af is beplan sodat die bouwerk op 1 Julie 1976 kon begin. Die kerkraad was eienaarbouer en voor die einde van daardie jaar is die saal voltooi.
In 1995 het Klerksdorp-Wes, wat toe 'n sieletal van 400 gehad het, met die oorspronklike en toe kleiner gemeente Klerksdorp verenig. Die Wes-gemeente se kerkkompleks in Theronstraat is verkoop aan die Baptistekerk en daarna het die moedergemeente se derde kerk, wat op 16 September 1989 in gebruik geneem is, as die verenigde gemeente se kerk gebruik.
| afr_Latn_457 |
Die Afrikaanse gedagte
Die Afrikaanse gedagte is 'n boek geskryf deur C.M. van den Heever. In die boek behandel hy die onderwerp dekadensie in kultuur, en hoe die Afrikaanse beweging dit hier ter plaatse kan stopsit.
| afr_Latn_458 |
Gereformeerde kerk Klerksdorp
Die Gereformeerde kerk Klerksdorp is in werklikheid die oudste gemeente van die GKSA in Klerksdorp, maar vandat die Gereformeerde kerk Klerksdorp-Wes met Klerksdorp verenig het, word laasgenoemde se stigtingsjaar as 1995 aangegee.
| afr_Latn_459 |
Kalorimetrie
Bomkalorimetrie Yskalorimetrie Isoterme Titrasie-Kalorimetrie Differensiële Skandeer-Kalorimetrie Reaksie-Kalorimetrie Adiabatiese Reaksie-Kalorimetrie
| afr_Latn_460 |
Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord
Die Gereformeerde kerk Klerksdorp-Noord is die jongste van die drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1927 en 1981 in Klerksdorp tot stand gekom het. Einde 2015 het die gemeente 259 belydende en 58 dooplidmate gehad, vergeleke met 280 en 61 'n jaar vantevore.
Die gemeente Klerksdorp-Noord het op 11 Januarie 1981 van sowel die Gereformeerde kerk Klerksdorp as die Klerksdorp-Wes afgestig. Op 5 Maart daardie jaar het die nuwe gemeente n kleinhoewe in die woonbuurt Wilkoppies gekoop. Nadat 'n groot erf afgebaken is vir die pastorie en kerkgebou, is die oorblywende grond in ses woonerwe verdeel en verkoop om die koste van die kleinhoewe te bestry. Hendrik Vermooten se neef Hennie Vermooten, van die argiteksfirm Hartman, Van der Walt en Vermooten in Pretoria, is as argitek aangewys en Grobbelaar Bouers van Pretoria as bouaannemer.
Ds. J.J. Cloete het die gebou se hoeksteen op 24 September 1984 onthul en op 27 April 1985 is die gebouekompleks ingewy. Die kerkgebou bied sitplek aan 343 kerkgangers en het 'n saal wat daarmee aaneenskakel met nog 209 sitplekke, 'n moederskamer, wiegkamer, katkisasielokale, konsistorie en 'n kombuis. Kameeldoringbome omring die kompleks. 'n Digitale Allen-orrel is geïnstalleer.
| afr_Latn_461 |
Bomkalorimetrie
Bomkalorimetrie is 'n metode om die verbrandingswarmte van 'n chemiese stof te meet.
Die apparaat bestaan uit 'n silinder van staal met 'n deksel dat daarop geskroef kan word. Die silinder (die bom) kan gevul word met suiwere suurstof, gewoonlik met 'n druk van 25 Atm. Deur die deksel steek twee elektrode. In een daarvan is 'n bakkie bevestig met daarin 'n geperste tablet van die chemiese stof. Gewoonlik weeg die 1-1.6 gram. Die elektrodes word verbind deur 'n dun ysterdraadjie wat met 'n skerp punt op die tablet rus. 'n Elektriese stroom word deur die draadjie gevoer wat roodgloeiend word en die verbranding ontsteek. Die stof verbrand in 'n ontploffing en die verbrandingswarmte word vrygestel. Die bom bevind hom in 'n waterbad met gewoonlik presies twee liter gedemineraliseerde water. Die temperatuur van die water word dopgehou deur 'n termokoppel wat met 'n rekenaar verbind is. Die verskil in temperatuur ΔT voor en ná die ontploffing is 'n maat vir die verbrandingsenergie van die chemiese reaksie.
| afr_Latn_462 |
Trafalgarplein
Die huidige plein se perseel was reeds in die 13de eeu een van die bekendste bakens in die destydse Engelse hoofstad wat die Koninklike Perdestalle (Royal Mews) gehuisves het. Nadat dié stalle tydens die regering van koning George IV na die Buckingham-paleis verskuif is, is die buurt volgens 'n ontwerp van die befaamde argitek John Nash herontwikkel. Ná Nash se afsterwe het die bouwerk egter net stadig gevorder sodat die plein eers in 1844 geopen kon word.
Die sentrale monument op Trafalgarplein is Nelson se kolom wat deur vier leeue-standbeelde bewaak word, naas 'n aantal ander monumente en standbeelde wat hier opgerig is. Net die Vierde (noordwestelike) Plint is sedert 1840 vrygelaat en vanaf 1999 vir wisselende vertonings van moderne kuns gebruik.
Die vernaamste geboue op en rondom die plein is die Nasionale Kunsgalery (National Gallery), Admiralty Arch ('n triomfboogvormige gebou wat as poort tot The Mall dien), Suid-Afrika-huis en Kanada-huis (die setels van dié twee lande se Hoë Kommissies in die Verenigde Koninkryk) en die kerk St Martin-in-the-Fields.
Die plein is 'n gewilde plek vir gemeenskapsvergaderings en politieke betogings, waaronder die Bloedige Sondag van 1887, die eerste Aldermaston-optog, anti-oorlogsbetogings en veldtogte teen globale klimaatsverandering. Trafalgarplein se bekende kersboom is 'n geskenk van Noorweë wat sedert 1947 jaarliks tydens twaalf dae voor en twaalf dae ná Kersfees verlig word. Die plein staan daarnaas sentraal in die Oujaarsaandvieringe van Londenaars.
| afr_Latn_463 |
Antieke Griekse kuns
Die kuns van Antieke Griekeland het 'n groot invloed op die kultuur van baie lande regoor die wêreld gehad, veral op die gebied van beeldhouwerk en argitektuur. In die Weste is die kuns van die Romeinse Ryk grootliks van die Griekse model afgelei. In die Ooste het Alexander die Grote se verowerings etlike eeue van wisselwerking tussen die kulture van Griekeland, Sentraal-Asië en Indië tot gevolg gehad, wat gelei het tot Grieks-Boeddhistiese kuns, met implikasies tot in Japan. Ná die Renaissance in Europa, het die humanistiese estetika en die hoë tegniese standaarde van Griekse kuns geslagte van Europese kunstenaars geïnspireer. Tot diep in die 19de eeu het die klassieke tradisie afkomstig uit Griekeland die kuns van die westerse wêreld oorheers.
Die kuns van Antieke Griekeland word gewoonlik stilisties in vier tydperke verdeel: die Geometriese, Argaïese, Klassieke en die Hellenistiese. Die Geometriese tydperk word gewoonlik gereken vanaf ongeveer 1000 v.C. Hoewel daar in werklikheid min bekend is oor kuns in Griekeland gedurende die voorafgaande 200 jaar (wat tradisioneel bekend staan as die Griekse Donker Eeue), het die tydperk vanaf die 7de eeu v.C. die stadige ontwikkeling gesien van die Argaïese styl, soos toegelig deur swartfiguurstyl van vaasskilderkuns. Die aanvang van die Persiese oorloë (480 v.C. tot 448 v.C.) word gewoonlik beskou as die skeidslyn tussen die Argaïese en Klassieke tydperk, en die heerskappy van Alexander die Grote (336 v.C. tot 323 v.C.) word beskou as die skeiding tussen die Klassieke en Hellenistiese tydperk.
Daar was in werklikheid geen waarneembare oorgang van die een tydperk na die ander nie. Kunsvorme het in verskillende dele van die Griekse wêreld teen verskillende tempos ontwikkel, en soos in enige tydperk het party kunstenaars in meer innoverende style as ander gewerk. Sterk plaaslike tradisies, konserwatief van aard, en die vereistes van plaaslike kultusse, het geskiedkundiges in staat gestel om die oorsprong selfs van verplaaste kunswerke vas te stel.
| afr_Latn_464 |
Gereformeerde kerk Delareyville
Die Gereformeerde kerk Delareyville was die 14de oudste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes en was einde 2015, toe hier net 20 belydende en vyf dooplidmate was, die tweede kleinste. Vyf jaar vantevore was dit onderskeidelik 28 en drie, maar in 1997 77 en 36. Die laaste erediens van die gemeente is gehou op Sondag 25 September 2022 toe Nagmaal vir oulaas bedien is. Daarna het die gemeente ontbind.
Die gemeente het op 3 Mei 1964 van die Gereformeerde kerk Sannieshof afgestig. Die eerste behoefte was aan 'n eie pastorie. Aan die begin het die lidmate in die stadsaal vir eredienste byeengekom en daarna ook 'n tyd lank in die plaaslike Hervormde kerk. Net twee jaar nadat die gemeente gestig is, is begin beplan om 'n kerk te bou. Die hoeksteen is in 1969 gelê en die pas voltooide gebou, in 'n waaiervorm, op 18 November daardie jaar ingewy.
Die eerste predikant van Delareyville, ds. P. du Plessis, het die hoeksteen onthul. Die boukoste het sowat R37 000 beloop en is bestry met 'n lening van die Administratiewe Buro in Potchefstroom. Die lidmate het self vir die orrel van R5 500 betaal. Die kerkgebou bied sitplek aan sowat 300 kerkgangers en word, buiten deur die handjie vol Gereformeerdes van Delareyville, ook deur die plaaslike Afrikaanse Protestantse gemeente gebruik. Dié gemeente is op 14 Augustus 1988 gestig en het in 2016 15 dooplidmate en 112 belydende lidmate gehad.
Op die kerkraadsvergadering van 21 November 2021 is besluit dat die gemeente om verskeie redes nie meer voort kon bestaan nie. Op 'n gemeentevergadering van 28 November 2021 is die saak aan die lidmate voorgelê. Daar is toe besluit dat die gemeente nie verder kon voortbestaan nie. 'n Versoek tot ontbinding is op 19 April 2022 aan Klassis Vryburg voorgelê. Die Klassis het aanbeveel dat daar voortgegaan kan word met ontbinding. Op Sondag 25 September 2022 het ds. Abraham Krüger (van GK Wolmaransstad), met wie die gemeente sedert Januarie 2020 'n bedieningsooreenkoms gesluit het, die ontbinding gefasiliteer deur in die laaste erediens voor te gaan en vir die laaste keer nagmaal in die gemeente te bedien. Die kerkraadslede is losgemaak uit hulle amp en al die attestate asook opsê van lidmaatskap is afgelees.
| afr_Latn_465 |
Gereformeerde kerk Rustenburg-Wes
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Wes is die grootste van die drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA in Rustenburg, Noordwes. Met 'n sieletal van 736 einde 2015, vergeleke met 1 120 einde 2011, was dit trouens die grootste van al 22 gemeentes in die Klassis Molopo.
Die gemeente het op 26 Augustus 1973 as derde gemeente van die Gereformeerde kerk Rustenburg afgestig. Die eerste dopeling was Christo Harmse op die stigtingsdag. Kort voor lank het die kerkraad begin beplan om 'n kerk te bou. Die argitek Renier Roos het die plan van die Gereformeerde kerk Meyerspark in Pretoria aangepas by plaaslike omstandighede. Die bouers was Bun Malan en Pieter Eager. Die orrel moes met 'n hyskraan in die kerk aangebring word, maar dit was te groot vir die beskikbare ruimte sodat 'n muur (blykbaar 'n buitemuur) uitgebreek moes word om plek daarvoor te maak. Granite Memorials het 'n gedenksteen geskenk. Die kerk is op 21 November 1979 in gebruik geneem.
| afr_Latn_466 |
Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos was die laaste van die vier Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1859 en 1975 in Rustenburg, Noordwes, gestig is.
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord het van die sestigerjare af gedurig gegroei, hoofsaaklik vanweë die bedrywighede van die platinummyne. In 1974 was daar 704 belydende en 482 dooplidmate. Al het dié lidmate baie gewissel, soos gewoonlik die geval is in 'n myngemeenskap, het die moedergemeente dit goed gedink om die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos in November 1975 af te stig.
Die afstigtingsooreenkoms het bepaal dat die Noord-gemeente die helfte van sy eiendom se waarde aan die Oos-gemeente sou uitbetaal. Vanaf Maart 1976 het lidmate in die Laerskool Dawid Brink vir eredienste byeengekom. 'n Pastorie was die eerste behoefte en is in 1977 voltooi nadat die gemeente as eienaarbouer opgetree het.
Die onbestendigheid van die mynbou het kerkbou lank gestrem. Ds. W. Venter het omstreeks 1980 'n groot aandeel gehad in die bou van 'n moderne kerk op die hoek van Dawes- en Wolmaransstraat. Rustenburg-Oos is egter 'n bestaan van net 18 jaar gegun, want weens veral die veranderende demografiese samestelling van die woonbuurte binne sy grense, het dit noodsaaklik geraak om saam te smelt. Die nuwe kerkgebou is toe aan die Ou Apostels verkoop in 1993 het Rustenburg-Oos met Rustenburg-Noord saamgesmelt as die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos. Die saamgestelde gemeente gebruik die kerkgebou van die ou Rustenburg-Noord op die hoek van Klopper- en Lukasstraat.
| afr_Latn_467 |
Tellende syfer
Van die beduidende syfers in 'n getal is die belangrikste die posisie met die hoogste eksponentwaarde (die linkerkantste in normale desimale notasie), en die minste belangrike is die posisie met die laagste eksponentwaarde (die regterkantste in normale desimale notasie). Byvoorbeeld, in die getal "123", die "1" is die belangrikste figuur aangesien dit honderde tel (10²), en "3" is die minste belangrikste figuur aangesien dit ene tel (10⁰).
| afr_Latn_468 |
Waterglas
Waterglas is 'n oplosbare metasilikaat gewoonlik van natrium, soms kalium. Dit is rond 1818 ontdek deur J.N. von Fuch en al in 1823 beskryf vir sy brandwerende eienskappe.
Die algemene formule vir die natriumsilikaat is mNa₂O.nSiO₂. Dit bevat veral die metasilikaat Na₂Si₂O₃, maar ook dimetasilikaat Na₂Si₂O₅ en ortosilikaat Na₄SiO₄. The n/m verhouding word die modulus genoem en is karakteristiek vir die produk. Vir n/m=2 is dit veral ortosilikaat, maar in waterige oplossings sal dit hidroliseer (en polimeriseer) volgens
Na_4SiO_4 + H_2O \rightleftharpoons 2NaOH + Na_2SiO_3
Ook die metasilikaat is basies
Na_2SiO_3 + H_2O \rightleftharpoons NaOH + NaHSiO_3 Waterglas (Na₂O.nSiO₂; n=1,2 – 4) kan verkry word deur kwartssand (suiwere SiO₂) saam te smelt met soda (natriumkarbonaat) by 1500oC. Dit is ook moontlik Na₂SO₄ en koolpoeier te gebruik.
Dit is 'n belangrike industriële produk, waarvan 30% na die seepindustrie en 30% na die tekstiel-, papier-, en verfindustrie gaan, dikwels om sy brandwerende eienskappe.
Dit word ook gebruik om funderinge te versterk. Saam met kalsium chloried bind dit sandkorreltjies saam. Saam met okside soos CaO, MgO en ZnO vorm dit onoplosbare silikate wat uithard.
Waterglas word as bindmiddel gebruik in verf en veral in deklae. Die infrarooi spektrum in die gebied 1002–1044 cm⁻¹ kan gebruik word om te bepaal of dit monomere/dimere eenhede betref (1002 cm⁻¹) of of dit kettings van drie of vier eenhede bevat (1044 cm⁻¹)
| afr_Latn_469 |
Mieresuur
Mieresuur of metanoësuur is 'n karboksielsuur met formule en is die eenvoudigste karboksielsuur. Dit is 'n belangrike intermediêre in chemiese sintese en kom natuurlik voor, veral in sommige miere. Die Englse naame vir mieresuur is "formic acid" en die woord "formic" kom van die Latynse woord vir mier, formica, wat verwys na die vroeë isolasie daarvan deur die distillasie van mierliggame. Esters, soute en die anioon afkomstig van mieresuur word formiate genoem. Industrieel word mieresuur uit metanol vervaardig.
| afr_Latn_470 |
Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord was die tweede van die vier Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1859 en 1975 in Rustenburg, Noordwes, gestig is.
Die gemeente is gestig op 30 Oktober 1949, 90 jaar ná die Gereformeerde kerk Rustenburg, die eerste in die hele kerkverband. Die standplaas waar ds. Dirk Postma die Gereformeerde Kerk gestig het, het ná afstigting binne Rustenburg-Noord se gemeentegrense geval. Aan die begin het moeder en dogter dieselfde kerkgebou gebruik omdat die Noord-gemeente geldelik nog swak was en dus nie dadelik aan kerkbou kon dink nie. Ook 'n pastorie moes eers wag sodat die eerste predikantspaar op die dorp moes loseer.
Die dorpsraad het 'n stuk grond geskenk waarop 'n kerk gebou kon word. Die argitek J.M. van der Westhuizen het die plan geteken en die kerkraad het as eienaarbouer opgetree met diaken T.J. Coetzee as voorman. Die hoeksteen is op 30 Augustus 1952 onthul tydens welke geleentheid prof. S. du Toit die feesrede gelewer het. Om die een of ander rede is die toring nie volgens plan voltooi nie, maar 'n ander spits aangebring wat dit stomp laat lyk. Hierdie gebou is op 21 Maart 1953 in gebruik geneem en die saal in 1971 nadat ds. G.L. Kruger die hoeksteen vroeër gelê het.
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos, wat in 1975 van die Noord-gemeente afgestig het, het vroeg in die negentigerjare begin swaarkry omdat lidmate weggetrek het uit sy gebied en elders op die dorp gaan woon het. So het sowel Oos as Noord in 1993 ontbind en saam die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos gevorm.
| afr_Latn_471 |
Gereformeerde kerk Rustenburg-Noordoos
Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord-Oos is die jongste van die drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA in Rustenburg, Noordwes.
Die gemeente het in Januarie 1994 ontstaan nadat die Gereformeerde kerk Rustenburg-Oos begin swaarkry het weens demografiese veranderings binne sy gemeentegrense (met ander woorde, die lidmate het weggetrek en elders gaan woon). Die Gereformeerde kerk Rustenburg-Noord het terselfdertyd ontbind en so het die nuwe, saamgestelde gemeente in Januarie 1994 tot stand gekom. Dié gemeente het in 1997 300 belydende en 125 dooplidmate gehad en in 2015 onderskeidelik 180 en 24, vergeleke met 232 en 48 vyf jaar vantevore.
| afr_Latn_472 |
Gereformeerde kerk Koster
Die Gereformeerde kerk Koster is die vierde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo. Die gemeente het in 2015 234 belydende en 49 dooplidmate gehad vergeleke met onderskeidelik 254 en 60 vyf jaar vantevore.
| afr_Latn_473 |
Gereformeerde kerk Dendron
Die Gereformeerde kerk Dendron is die negende oudste van die 25 gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo en einde 2015, toe hier 78 belydende en 25 dooplidmate as, die sesde kleinste.
Die pleknaam Dendron beteken "boom" in Grieks. Dié gemeente is op 6 Junie 1959 afgestig van die Gereformeerde kerk Pietersburg. In 1960 het die belydende lidmate 47 getel en die dooplidmate 33. Aan die begin is net 11 eredienste per jaar gehou en wel in die plaaslike skoolsaal en later ook in die kerksaal van die NG gemeente Dendron, wat in 1946 gestig is en in 2014 99 belydende lidmate en 31 dooplidmate gehad het. Die plaaslike gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk was op Vivo gesetel, wat Dendron ingesluit het. In 2012 het dié gemeente nog 96 belydende en 14 dooplidmate gehad, maar 'n jaar of wat later het dit die kerkverband verlaat.
Ds. Frans Lion Cachet (later professor in teologie) was aan die begin die predikant wat verantwoordelikheid vir Dendron se Gereformeerdes aanvaar het. Op Vivo is ook twee jaar lank 'n erediens gehou in 'n kerkgebou wat al drie die Afrikaanse susterkerke saam besit het. Einde 1974 het die Gereformeerde kerk Dendron sy aandeel in die gebou op Vivo vir R1 000 aan die Hervormde gemeente verkoop. Piet Booysen, die stigter van die dorp Dendron, het die grond geskenk waarop die huidige Gereformeerde kerk staan.
Op 2 Maart 1963 is 'n boukommissie saamgestel. Johan Snyman, 'n Gereformeerde lidmaat van Pietersburg en argitek, het die plan geteken en op 31 Oktober 1964 is dit finaal goedgekeur. Die bouwerk aan die kerk het op 31 Julie 1965 begin. Lidmate het self die boumateriaal aangekoop en op 5 Maart 1966 is berig dat die bouwerk fluks vorder. Die gebou is dan ook op 1 Oktober 1966 in gebruik geneem teen 'n koste van R14 500 toe ds. H.J.S. Venter die hoeksteen onthul het.
Kort nadat die gebou voltooi is, is besluit om die banke te verdeel sodat daar 'n paadjie in die middel van die kerk sou wees. Die paneel agter die preekstoel is terselfdertyd aangebring. Eers vroeg in 1978 is elektrisiteit vir die eerste keer in die kerkgebou geïnstalleer. Kort daarna, op 19 Maart daardie jaar, is die eerste kerkorrel aangekoop.
In 1987 het die gemeente weer 'n bouprojek aangepak en binne vier maande nadat die besluit geneem is, is die moederskamer en saal in Februarie 1988 voltooi net 'n koste van net R50 000.
| afr_Latn_474 |
Gereformeerde kerk Ventersdorp
Die Gereformeerde kerk Ventersdorp is die sesde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo. Einde 2015 het die gemeente 170 belydende en 45 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 169 en ook 45 vyf jaar vantevore. Einde 2017 was dit 142 en 36.
Die Gereformeerde kerk Ventersdorp het ontstaan uit afstigting van die wyk Schoonspruit van die Gereformeerde kerk Potchefstroom op 16 Oktober 1927. Die erwe waarop die kerkgebou staan, het die moedergemeente geskenk. Kort voor die gemeente se stigting het prof. J.D. du Toit (Totius) die hoeksteen van die kerk op 18 Junie 1927 gelê. Hierdie bouwerk was die verwesenliking van 'n ideaal wat die plaaslike Gereformeerdes amper drie dekades lank gekoester het.
Die bouaannemer, ene A. Pienaar, is genader en het self die gebou ontwerp met 'n Griekse kruisplan met Neo-Gotiese spitsvensters en 'n sinkdak. P. Vermaas, destyds Ventersdorp se burgemeester, het toesig oor die bouwerk gehou. Die ontwerp van die kerkgebou is destyds op talle plattelandse dorpe gesien, maar baie van dié kerkies is later gesloop. Gelukkig het Ventersdorp se Gereformeerde kerkraad in 1955 besluit om die gebou op te knap, pleks daarvan om dit te sloop. Die gebou bied sitplek aan 500 kerkgangers, wat vandag na baie klink vir 'n betreklike klein gemeente, maar in 1932 was hier 382 belydende en 308 dooplidmate en selfs in 1960 nog onderskeidelik 278 en 142.
Die kerk is op 17 Februarie 1928 in gebruik geneem nadat tydens die beplanning reeds voorsiening gemaak is vir elektriese beligting, al munisipale krag eers in 1931 aangesluit. Net ná die inwyding het die gemeente geld begin insamel vir 'n pyporrel en 'n klok. Dié fonds is die Halfkroonfonds genoem. Tot 1951 is huisorrels gebruik toe 'n pyporrel van SA Orrelbouers in gebruik geneem is. Ook in daardie jaar is gereserveerde sitplekke in die kerk laat vaar nadat betaalde sitplekke hier, soos oral in die Gereformeerde Kerk, lank 'n bron van inkomste was.
In 1956 is die oorspronklike preekstoel herbou en in 1972 is die aangesig van die kerk opvallend verander toe besluit is om die baksteenmure te verf om verweer en krake teen te werk.
| afr_Latn_475 |
Gereformeerde kerk Thabazimbi
Die Gereformeerde kerk Thabazimbi is die tweede jongste en vierde grootste van die sewe gemeentes in die GKSA se Klassis Krokodilrivier. Einde 2015 was hier 319 belydende en 88 dooplidmate vergeleke met onderskeidelik 437 en 123 vyf jaar vantevore. Einde 2017 het dit verder afgeneem tot onderskeidelik 261 en 57.
Predikante het verspreidwonende lidmate van die Gereformeerde kerk Matlabas in die rigting van Boshoffsberg in die beginjare per muilkar of te voet besoek. In 1932 het Yskor met die ontginning van ystererts by Thabazimbi begin en het 'n paar Gereformeerdes hulle op die myndorpie gevestig. Die NG gemeente Thabazimbi is in 1943 gestig en het in 2014 1 326 belydende en 383 dooplidmate gehad (einde 2016 was dit 1 182 en 321) terwyl die plaaslike gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Vliegepoort, reeds op 27 Junie 1931 gestig is en in 2014 807 belydende en 289 dooplidmate gehad het. Twee jaar later was dit 710 en 268.
Omstreeks 1946 is dienste in die NG kerkgebou gehou en later in die myn se ontspanningsaal. In Februarie 1954 het Thabazimbi afgestig, maar eers sewe jaar later kon die gemeente oorgaan tot kerkbou, moontlik omdat hulle besluit het om eers die volle bedrag van die boukoste in te samel voor hulle sou begin bou. Johan de Ridder, lidmaat van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside, is aangestel as argitek en die gemeente sou as eienaarbouer optree. Die dak se ontwerp, so tipies van De Ridder se planne vir kerke in die tentstyl, stel 'n groot tent voor wat van laag agter tot hoog voor styg. Oom Tjaart Coetsee was die kontrakteur wat al die bouwerk gedoen het. Sy kleinkinders en agterkleinkinders is steeds lidmate van die gemeente. Jan van Wyk, 'n lidmaat, het die toring gebou. Die gebou is op 25 Maart 1961 in gebruik geneem en ná 46 jaar, in Junie 2007, is die teëldak vervang deur een van Chromodeck.
| afr_Latn_476 |
Amiese Doopsgesindes
Die Amiese Doopsgesindes (Engels: the Amish) is 'n Christelike protestantse geloofsgemeenskap in Noord-Amerika. Die groep het in 2018 sowat 330 000 lede gehad en woon in Pennsilvanië, Ohio, Indiana en sowat 30 ander deelstate in die VSA asook 4 provinsies in Kanada. Hulle volg streng gedragsriglyne en verkies 'n eenvoudige lewenstyl. Hulle dra byvoorbeeld tradisionele klere en mag nie telefone, motors en ander moderne uitvindsels gebruik nie. Hulle praat ou Duitse dialekte, meestal Pennsilvaniese Duits, maar klein groepies praat ook 'n Switserse dialekte of 'n Elsassiese dialek.
| afr_Latn_477 |
Gereformeerde kerk Witbank-Suid
Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid was een van drie Afrikaanse gemeentes van die GKSA wat tussen 1931 en 1983 op Witbank gestig is. Weens samesmeltings bly sedert 2010 net die Gereformeerde kerk Hoëveld oor.
Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid het in November 1969 van die Gereformeerde kerk Witbank afgestig. Eers is dienste in die Laerskool Taalfees sê en kerkraadsvergaderings in die moedergemeente se gebou gehou. Sowat drie jaar ná afstigting is 'n tender van Witzies Konstrukie aanvaar vir die oprigting van 'n kerkgebou volgens 'n plan wat die Gereformeerde argitek Johan de Ridder geteken het. Die Presutu-boumetode is gebruik. Vir die oprigting van die mure is betonpanele gebruik. As 'n besparingsmaatreël het die kerkraad besluit om nie 'n kerkklok te koop nie en die vrouelidmate het vir die aankoop van die banke en die orrel gesorg.
Hierdie gebou is op 12 Mei 1973 in gebruik geneem en 'n jaar later is 'n klok tog aangekoop, wat in die toring aangebring is. Weens verwering moes die toting later afgebreek word en dit is vervang deur 'n kleinere waarin die klok opnuut gemonteer is.
In 1989 het Witbank-Suid en Witbank-Oos ontbind en die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos gevorm, wat op sy beurt in 2010 met die Gereformeerde kerk Witbank saamgesmelt het as die Gereformeerde kerk Hoëveld.
| afr_Latn_478 |
Gereformeerde kerk Witbank-Oos
Die Gereformeerde kerk Witbank-Oos was die laaste van drie gemeentes van die GKSA wat tussen 1931 en 1983 op Witbank gestig. Die volgende twee stigtings, dié van die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos in 1989 en Gereformeerde kerk Hoëveld in 2010, was samesmeltings van reeds bestaande gemeentes sodat die dorp sedertdien net een Gereformeerde gemeente het, pleks van die oorspronklike drie.
Die Gereformeerde kerk Witbank-Oos het in November 1983 van die Gereformeerde kerk Witbank-Suid afgestig as die derde gemeente op die destyds snelontwikkelende Witbank. Van die nuwe gemeente se 16 wyke was sewe buite die dorp, onder meer op Ogies, waar een maal per maand 'n middagdiens gehou is, en op Kendal.
Die gemeente het in die skoolsale van die Laerskool Dalridgepark en die Laerskool Duvhapark byeengekom. In 1985 het die GKSA se orgaan, Die Kerkblad, nog berig dat die gemeente hard werk om geld in te samel vir kerkbou deur onder meer koeksisters te verkoop, maar in 1989 het Witbank-Oos ontbind sonder dat hy ooit sy kerk gehad het en met die Suid-gemeente saamgesmelt as Witbank-Suidoos wat op sy beurt in 2010 met die Gereformeerde kerk Witbank saamgesmelt het as Hoëveld.
| afr_Latn_479 |
Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos
Die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos was een van twee samesmeltings van Afrikaanse gemeentes van die GKSA op Witbank waardeur die drie gemeentes wat tussen 1931 en 1983 hier gestig is, eindelik net een geword het.
| afr_Latn_480 |
Gereformeerde kerk Witbank
Die Gereformeerde kerk Witbank was die oudste van die drie gemeentes van die GKSA wat tussen 1931 en op Witbank gestig is, hoewel nog deur, onderskeidelik in 1989 en 2010, deur samesmeltings tot stand sou kom sodat die dorp eindelik net een Gereformeerde kerk oorhet.
Die Gereformeerde kerk Witbank is op 12 Desember 1931 op Clewer, suidwes van die huidige Witbank, gestig onder leiding van ds. W.J. Postma. As bruidskat het die gemeente die plaas Blauwbank van die Middelburg, Tvl., ontvang. Op 19 Augustus 1936 is ''n klein kerkgebou op Clewer in gebruik geneem. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Witbank sodanig gegroei dat die kern van die gemeente daarheen verskuif het. Op 11 Januarie 1947 is die gemeente se naam amptelik verander na die Gereformeerde kerk Witbank en is die ou kerkgebou verkoop.
'n Nuwe kerk is toe op Witbank opgerig waarvan die argitek Hendrik Vermooten was en die bouaannemer M. Buys. Op 17 Junie 1950 is die hoeksteen gelê en ses maande later, op 20 Januarie 1951, is die nuwe gebou van rooi bakstene in gebruik geneem. Die stene vir die bouwerk het per trein van Pretoria af gekom, maar om oornagkoste te bespaar, moes die stene dadelik per hand van die trein afgelaai word. Die leiklip buiteom die kerk is eiehandig naby Kendal met 'n skerpgemaakte motorkar-staalveer uitgehaal.
Die Gereformeerde kerk Witbank-Suid het in November 1969 van Witbank afgestig en Witbank-Oos in 1983 van die Suid-gemeente. Oos het net ses jaar bestaan toe dit in 1989 ontbind en met Suid saamsmelt as die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos. Dié gemeente het in 2001 376 belydende lidmate gehad en Witbank onderskeidelik 326 en 130. In 2011, 'n jaar nadat Suidoos en Witbank saamgesmelt het as die Gereformeerde kerk Hoëveld het die enigste oorblywende gemeente op Witbank se belydende lidmate 609 getel en die dooplidmate 135. Die jongste syfers (2015) is onderskeidelik 361 en 70. Anders as die Gereformeerde Kerk se lidmaattal het dié van die NG Kerk hier bestendiger gebly: In 2001 was hier 6 763 belydende lidmate en in 2014 was dit 5 433. Ook die Nederduitsch Hervormde Kerk, waarvan drie gemeentes in 2016 op Witbank bestaan het, het meer sukses met die handhawing van sy lidmaattal gehad: In 2000 (toe daar vier gemeentes was) was hier 2 374 belydende lidmate en in 2014 was dit 1 588. So het die belydende lidmate van die Gereformeerde Kerk op Witbank van 2001 tot 2015 met amper 49 persent afgeneem, die belydende NG lidmate met amper 20 persent en die belydende Hervormde lidmate met net meer as 33 persent.
| afr_Latn_481 |
Gereformeerde kerk Hoëveld
Die Gereformeerde kerk Hoëveld is die enigste oorblywende Afrikaanse gemeente van die GKSA in Witbank, Mpumalanga.
Die gemeente is die gevolg van twee samesmeltings waardeur die oorspronklike drie Gereformeerde gemeentes op Witbank eindelik net een geword het. Die oorspronklik Gereformeerde kerk Witbank is in 1931 op Clewer, suidwes van die dorp, gestig, maar toe Witbank ná die Tweede Wêreldoorlog sterk begin uitbrei, het die kern van die gemeente hierheen verskuif. In die sestigerjare het die dorp sterk uitgebrei sodat dit nodig geword het om die Gereformeerde kerk Witbank-Suid in November 1969 van die moedergemeente af te stig. Van dié dogtergemeente het ook nog die Gereformeerde kerk Witbank-Oos in 1983 afgestig, maar dié gemeente is net 'n kortstondige bestaan gegun, want in 1989 ontbind Suid en Oos en smelt saam as die Gereformeerde kerk Witbank-Suidoos.
Eindelik, in 2010, het ook die moedergemeente ontbind toe dit met Suidoos saamsmelt as Hoëveld. Dié gemeente se getal belydende lidmate het in 2011 nog 609 getel en die dooplidmate 135, maar intussen was daar 'n afname van sowat 40 persent in die belydende lidmate tot net 361, terwyl die dooplidmate amper met die helfte afgeneem het tot 70. In min of meer dieselfde tyd het die NGK se belydende lidmate hier met sowat 20 persent afgeneem en die Hervormde Kerk s'n met sowat 33 persent.
| afr_Latn_482 |
P.R. Anderson
P.R. Anderson is 'n Suid-Afrikaanse digter en akademikus wat aan die Engels-departement van die Universiteit van Kaapstad verbonde is. Sy werk, Foundling's Island, wat op die vernietiging van die natuur fokus, is in 2003 met die Sanlam Literêre Prys bekroon. Hy deel die prys met Finuala Dowling.
| afr_Latn_483 |
Afrikaanse coris
Die Afrikaanse coris (Coris cuvieri) is vis wat voorkom in die Rooisee, Oman en die ooskus van Afrika tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die African coris.
Die wetenskaplike naam van die spesie is die eerste keer in 1831 deur Bennett gepubliseer. Volgens die IUCN Rooilys word dit as 'n veilige, nie-bedreigde spesie gelys.
| afr_Latn_484 |
Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid
Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Suid is een van 10 gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die universiteitstad Potchefstroom. Die gemeente het einde 2015 165 belydende en 42 dooplidmate gehad vergeleke met 191 en 29 vyf jaar vantevore.
Hoewel dit met sy stigting reeds die vyfde Gereformeerde gemeente op Potchefstroom was, is dit sedert 2011 die derde Afrikaanse weens die samesmelting van Potchefstroom-Noord (gestig in 1949) en Noordbrug (1957) in daardie jaar as die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult. Die Gereformeerde kerk Potchefstroom het al in 1859, die stigtingsjaar van die kerkband, tot stand gekom en die Gereformeerde kerk Ikageng in 1954.
Potchefstroom-Suid het op 8 Oktober 1961 van die moedergemeente afgestig. Laasgenoemde het in die vorige jaar 'n sieletal van 1 030 gehad, Potchefstroom-Noord 811 en Noordbrug 651. Aan die begin is eredienste in die M.L. Fick-skoolsaal gehou, maar 'n lidmaat, Willie Kotze, het namens die gemeente 'n aanbod van R65 000 gemaak vir die NG gemeente Potchefstroom-Suid se ou kerkgebou. Die NG kerkraad het die aanbod aanvaar en met die bruidskat wat die dogter van die ou moeder ontvang het, kon sy die perseel aankoop.
Byna 10 jaar lank is dié gebou gebruik, maar later het die gemeente beplan vir 'n groter gebou. Die vrouelidmate het geld vir 'n orrel ingesamel en dis aangekoop selfs nog voor die kerkgebou gebou is. Die orrel is toe voorlopig in die ou gebou, 'n tipies eenvoudige saalkerk, geïnstalleer.
Op 28 April 1973 is die nuwe kerkgebou plegtig in gebruik geneem. Die gebou se ontwerp is uitsonderlik deurdat die dak soos 'n tentdoek oor die struktuur span. Die steenwerk, staalkonstruksie en houtwerk smelt saam om die gebou akoesties uitstekend, temperatuurgewys gematig en ligsensitief te maak. Die ou gebou is toe omskep in 'n saal met 'n moderne kombuis en koelkamer. 'n Pastorie is ook op die perseel gebou. Die Pastorie is verkoop (jaar onbekend) en die Konsistorie en Katkisasie lokale is omskep in 'n nuwe pastorie in.
| afr_Latn_485 |
Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos
Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos is die derde grootste gemeente van die GKSA in die universiteitstad Potchefstroom. Einde 2015 was hier 568 belydende en 130 dooplidmate vergeleke met onderskeidelik 519 en 133 vyf jaar vantevore.Terwyl die Klassis Potchefstroom se sieletal dus met 151 van 3 706 einde 2011 afgeneem het tot 3 555 vyf jaar later, het Potchefstroom-Oos se sieletal toegeneem met 46.
Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos het in April 1970 van die Gereformeerde kerk Potchefstroom afgestig. Die nuwe gemeente het grond met geboue daarop van ene Petersen gekoop, onder meer 'n skuur. Bannie Britz is as argitek aangewys met die opdrag dat die skuur ingesluit moes word by die plan vir die kerkgebou. Die bouaannemer was W.P. Huysamen. Potchefstroom Grafsteenmakers het die hoeksteen aan die gemeente geskenk en oudl. At Erasmus het vir die graveerwerk betaal.
Ds. J.J. De Wet Krüger het die kerk se hoeksteen op 17 Maart 1973 gelê en op 17 Oktober 1973 is die gebou in gebruik geneem. Prof. P.W. Buys het tydens dié geleenthede 'n feesrede gelewer. Hierdie gebou bied sitplek aan 460 kerkgangers. Die hoofingang het 'n groot afdak en 'n geplaveide binnehof met 'n toring is aaneengeskakel met die skuur.
| afr_Latn_486 |
Jane Fonda
Jane Fonda (geb. Jayne Seymour Fonda op 21 Desember 1937) is 'n Amerikaanse aktrise, skryfster en politieke aktivis, asook 'n fiksheidsghoeroe en voormalige model. Sy het die Oscar al twee keer gewen en in 2014 het sy 'n prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf van die Amerikaanse Filminstituut ontvang.
Fonda het in 1960 haar verhoogdebuut gemaak in There Was a Little Girl, en vir haar spel is sy vir die eerste van twee Tony-pryse benoem. Later in dié jaar het sy haar rolprentdebuut gemaak in Tall Story. Sy het in die 1960's bekend geword danksy rolle in prente soos Period of Adjustment (1962), Sunday in New York (1963), Cat Ballou (1965), Barefoot in the Park (1967) en Barbarella (1968). Haar eerste benoeming vir 'n Oscar was vir die prent They Shoot Horses, Don't They? (1969), en daarna het nog ses benoemings gevolg. Sy het twee Oscars gewen: vir Klute (1971) en Coming Home (1978).
| afr_Latn_487 |
Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte
Die Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte was 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt in die militêre sentrum Voortrekkerhoogte.
Voortrekkerhoogte het met die jare 'n militêre tuiste gebied aas die duisende dienspligtiges wat van oor die hele land hierheen gekom het. So het Die Kerkblad, mondstuk van die Gereformeerde Kerk, tereg in 1973 opgemerk: "Op (die) een of ander tydstip was of is daar 'n verbinding van hierdie gemeente met feitlik elke ander kerke." Gewese lidmate van hierdie gemeente is dus oor die hele land en elders versprei, ook as predikante.
Voortrekkerhoogte was eers 'n wyk van die Gereformeerde kerk Pretoria. Met die stigting van Pretoria-Suid in 1953 het Voortrekkerhoogte saam afgestig en in Mei 1957 op sy beurt van dié gemeente afgestig. In die jare wat gevolg het, het die Suid-Afrikaanse Weermag sterk gegroei en het voorstede soos Valhalla en Eldoraigne ook tot hul reg gekom. So het die gemeente uit militêre sowel as siviele lidmate bestaan.
Gedurende 1959 is drie erwe in Valhalla aangekoop vir die oprigting van 'n pastorie en kerkgebou wanneer Valhalla en Eldorainge tot selfstandigheid ontwikkel het. Die owerheid self het die kerkgebou op die hoek van Stephanus- en Schoemanstraat in 1966 op staatsgrond opgerig en deur die destydse minister van verdediging, P.W. Botha, in gebruik geneem op 18 Junie 1966. Dit is taamlik uniek in die 20ste-eeuse kerkgeskiedenis dat die owerheid betrokke is by die oprigting van 'n kerkgebou, maar die staat het ook die NG gemeente Voortrekkerhoogte se kerkgebou geskenk.
Vanweë die snelle ontwikkeling van Verwoerdburg (Centurion) is besluit om liewer 'n gemeente te stig verder suid en in 1973 het die Gereformeerde kerk Wierdapark afgestig van Voortrekkerhoogte. Lidmaattalle, insluitende dienspligtiges, het vinnig vermeerder in Voortrekkerhoogte en in 1977 het die kerkraad 'n besluit geneem om katkisasielokale te bou en die kombuis en onthaalgedeelte te vergroot. Die oorspronklike pyporrel se kapasiteit was onvoldoende en het die sustersaksie van die gemeente geld ingesamel vir die oprigting van 'n nuwe, aansienlik groter pyporrel, wat in 1979 in gebruik geneem is.
Weens die politieke veranderinge sedert 1994 en die uitwerking daarvan op die bevolkingsamestelling van Voortrekkerhoogte, het die gemeente in 1997 ontbind, soos trouens ook die NG gemeentes Voortrekkerhoogte, -Oos en -Wes, Skanskop en Lugmaggimnasium. Ook die Hervormde gemeente Voortrekkerhoogte, gestig in 1954, het ontbind en wel in 1996 nadat daar drie jaar vantevore nog 327 belydende lede hier was.
Van die lidmate het die meeste ingeskakel by Wierdapark en Verwoerdburg–Noord (Centurion). Die pastorie is verkoop, maar die kerkgebou, orrel en banke is as staatseiendom geklassifiseer en is oorgeneem deur die Volle Evangelie-kerk.
| afr_Latn_488 |
Gereformeerde kerk Standerton
Die Gereformeerde kerk Standerton is op 6 Mei 1905 gestig en die vierde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief. Met 160 belydende en 34 dooplidmate einde 2015 was dit toe die derde grootste gemeente in dié Klassis. Vyf jaar vantevore was hier ook 160 belydende en 34 dooplidmate, maar in 1997 was dit onderskeidelik 239 en 138.
Die Standertonse wyke van die Gereformeerde kerk Heidelberg het op 8 Oktober 1904 'n eie kerkgebou op Standerton in gebruik geneem. Ds. Martinus Postma het die hoeksteen gelê en agt maande later is die Gereformeerde kerk Standerton gestig. Hierdie kerkgebou het ná 65 jaar soveel opknapping gekort dat die kerkraad besluit het om dit te sloop en 'n nuwe gebou dieselfde plek op te rig.
Die nuwe kerk is, soos die oue, op een van die hoogste punte op Standerton gebou sodat dit van ver af sigbaar is. Ds. W. Venter het die hoeksteen op 21 Februarie 1970 gelê. Tydens die ingebruikneming op 15 Mei 1971 het prof. S. du Toit die diens gelei en ds. C.N. van der Merwe is terselfdertyd as predikant van die gemeente bevestig.
| afr_Latn_489 |
Anaheim
Anaheim is 'n stad naby Los Angeles in die suide van Kalifornië in die Verenigde State van Amerika. Dit is in 1857 deur Duitse immigrante gestig. Anaheim is die tuiste van Disneyland en twee professionele sportspanne: Die "Los Angeles Angels of Anaheim" (bofbal) en die "Anaheim Ducks" (yshokkie). Die stad word deur baie mense op pad na Disneyland besoek. In 2012 het onluste hier uitgebreek nadat die polisie twee mans doodgeskiet het.
| afr_Latn_490 |
Gereformeerde kerk Reitz
Die Gereformeerde kerk Reitz is die sewende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat. Die gemeente het in 1941 afgestig van die Gereformeerde kerk Bethlehem. GK Reitz het 56 belydende en 13 dooplidmate einde 2019 die vierde kleinste van die nege gemeentes in Klassis Oos-Vrystaat. Buiten die hoofdorp, Reitz, sluit die gemeente ook Daniëlsrus, Petrus Steyn en Tweeling in. Tans deel GK Reitz en GK Lindley die beroepe predikant, wat in die pastorie in Reitz woon. Die predikant lei die erediens om 8:00 en vertrek daarna na Reitz om die erediens om 10:00 te lei.
| afr_Latn_491 |
Balk-dikbek
Die balk-dikbek (Hemigymnus fasciatus) is 'n vis wat voorkom in die Indo-Pasifiese gebied, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Barred thicklip wrasse.
| afr_Latn_492 |
Boorgroep
Die boorgroep bestaan uit die chemiese elemente boor (B), aluminium (Al), gallium (Ga), indium (In) en tallium (Tl).
Dit is die dertiende kolom van die periodieke tabel wat ook met IIIA aangegee word, die derde hoofgroepkolom. Die elemente word gekenmerk deur die vorming van M³⁺-ione vir die bokant van die kolom en M¹⁺-ione vir die benedekant. Daar is 'n oorgang van metaalachtig (B) na metaal (Al ens.). Die elemente het hoë kookpunte, maar veral In en Ga het verrassend lae smeltpunte.
| afr_Latn_493 |
Vormingsentalpie
Die standaard vormingsentalpie ΔfHo van 'n stof is die standaard reaksie-entalpie vir die reaksie waarin die stof gevorm word uit die elemente in hulle standaardtoestand.
| afr_Latn_494 |
Al Pacino
Alfredo James "Al" Pacino (geb. 25 April 1940) is 'n Amerikaanse rolprent- en verhoogakteur asook 'n regisseur en draaiboekskrywer. Hy word dikwels beskou as een van die beste akteurs van alle tye. Sy loopbaan strek oor meer as 50 jaar waarin hy talle pryse en erepryse ontvang het, onder meer 'n Oscar, twee Tonys, twee Emmys, vier Golden Globes en pryse vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf. Hy is een van min akteurs wat al minstens een Oscar, Emmy en Tony ontvang het.
Pacino is 'n metode-akteur en voormalige student van die Herbert Berghof Studio en die Actors Studio in New York-stad. Hy het sy rolprentdebuut in 1969 gemaak met 'n klein rol in Me, Natalie en in 1971 het hy lof gekry vir sy hoofrol as 'n heroïenverslaafde in The Panic in Needle Park. Hy het internasionaal beroemd geraak vir veral sy rol as Michael Corleone in Francis Ford Coppola se The Godfather (1972). Hy het sy eerste Oscar-benoeming daarvoor gekry en sou die rol ook in die opvolgprente Part II (1974) en Part III (1990) vertolk. Sy spel as Corleone word nou beskou as een van die beste vertolkings ooit op die silwerdoek.
Pacino het sy eerste Oscar-benoeming vir beste akteur vir Serpico (1973) ontvang; hy is ook benoem vir The Godfather Part II, Dog Day Afternoon (1975) en ...And Justice for All (1979), en het die prys gewen vir sy rol in Scent of a Woman (1992). Vir sy spel in The Godfather, Dick Tracy (1990) en Glengarry Glen Ross (1992) is hy benoem vir 'n Oscar vir beste manlike byspeler. Ander noemenswaardige rolle was in onder meer Scarface (1983), Carlito's Way (1993), Heat (1995), Donnie Brasco (1997), The Insider (1999) en Insomnia (2002). Hy was op TV in verskeie reekse, soos die minireeks Angels in America (2003), en die fliek You Don't Know Jack (2010) – vir albei het hy 'n Emmy gewen vir uitmuntende akteur in 'n hoofrol in 'n minireeks of TV-fliek.
Pacino het ook 'n lang lys rolle op die verhoog agter die rug en het twee Tonys gewen, in 1969 en 1977, vir onderskeidelik Does a Tiger Wear a Necktie? en The Basic Training of Pavlo Hummel. Hy is 'n groot aanhanger van Shakespeare en was die regisseur van Looking for Richard (1996), 'n dokumentêr oor die toneelstuk Richard III, 'n rol wat hy in 1977 op die verhoog vertolk het. Hy het ook self in die dokumentêr gespeel. Hy was ook te sien in 'n 2004-rolprentweergawe en 2010-verhoogproduksie van The Merchant of Venice.
| afr_Latn_495 |
SAS Queen Modjadji
SAS Queen Modjadji is 'n Heldin-klas duikboot, 'n variant van die tipe 209 diesel-elektriese aanvalsduikboot wat ontwikkel is deur Howaldtswerke-Deutsche Werft (HDW) van Duitsland, tans in diens van die Suid-Afrikaanse Vloot. Dit is op 14 Maart 2007 na die Suid-Afrikaanse Reënkoningin vernoem deur die skip se borg, mev. Rita Ndzanga, tydens 'n seremonie in Emden, Duitsland.
Suid-Afrika het in Julie 2000 'n kontrak vir drie Type 209/1400-duikbote op Howaldtswerke-Deutsche Werft (HDW) en Thyssen Nordseewerke geplaas. Die Tipe 209/1400 duikbote vervang die Frans-geboude Daphné-klas duikbote, SAS Spear, SAS Assegaai en SAS Umkhonto wat in 2003 uit diens gestel is. Die Heldinklas word soms as Suid-Afrika se eerste "ware" duikbote beskou, aangesien hulle meer geskik was om onder water te wees as die Daphné-modelle.
| afr_Latn_496 |
Grewia
Grewia is 'n genus van plante wat behoort tot die familie Malvaceae. Die genus is inheems aan Afrika, die Arabiese Skiereiland, Asië en Australië.
| afr_Latn_497 |
Delosperma wiumii
Delosperma wiumii is 'n meerjarige sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Vrystaat.
| afr_Latn_498 |
Hu Jinqiu
Hu Jinqiu (* 24 September 1997, Xinjiang) is 'n Chinese basketbalspeler. Hy het aan die Olimpiese Somerspele van 2020 deelgeneem.
| afr_Latn_499 |